document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
138 | DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt | 9,239 | "Chemiesewapenskonvensie" die Convention on the Prohibition of the Development, Production, Stockpiling and Use of Chemical Weapons and on their Destruction (ook sy aanhangsels) wat op 14 Januarie 1993 deur die regering van die Republiek van Suid-Afrika onderteken en op 14 September 1995 deur Suid-Afrika deur die indiening van sy bekragtigingsinstrument bekragtig is, en wat vir algemene kennisgewing as Goewermentskennisgewing No. |
138 | DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt | 9,240 | "die Kennisgewing" Goewermentskennisgewing No. R. van wat in Staatskoerant No? |
138 | DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt | 9,241 | "die Wet" die Wet op die Nie-proliferasie van Wapens van Grootskaalse Vernietiging, 1993 Wet No. |
138 | DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt | 9,242 | "Verifikasieaanhangsel" die Annex on Implementation and Verification van die Chemiesewapenskonvensie. |
138 | DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt | 9,243 | Die Raad word hierby aangewys as Suid-Afrika se nasionale owerheid soos in paragraaf 4 van Artikel VII van die Chemiesewapenskonvensie vereis word. |
138 | DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt | 9,244 | Die jaarlikse verklarings betreffende beheerde goedere vermeld in subregulasie (2) word aan die Raad voorgelê deur die eienaars of persone in beheer van sodanige beheerde goedere en die persone wat die aktiwiteite uitvoer wat in subregulasie (2) uiteengesit word. |
138 | DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt | 9,245 | die toksiese chemikalie risien vermeld in Aanhangsel A by die Kennisgewing, wanneer dit geëkstraheer word uit die plantmateriaal (ru-ekstrak). Risien moet verklaar word solank die A-S-S-B-binding nie verbreek is nie, ongeag die isovorm(e) aanwesig, en dit is ook van toepassing op die toksiese mutante van risien. |
138 | DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt | 9,246 | die beheerde goedere gelys in Deel A van Aanhangsel E by die Kennisgewing, met betrekking tot die besit, produksie, invoer, uitvoer, heruitvoer of deurvoer van sodanige goedere. |
138 | DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt | 9,247 | Die verklarings beoog in subregulasie (2)(a) tot (d) word, met betrekking tot beide vorige en verwagte toekomstige aktiwiteite, vereis vir elke kalenderjaar wat strek van 1 Januarie tot 31 Desember. |
138 | DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt | 9,248 | Die beheerde goedere gelys in Aanhangsel E by die Kennisgewing, hetsy in stoflik suiwer vorm of in 'n mengsel met 'n ander stof, word, wanneer dit as verbruikersgoedere geïdentifiseer word wat verpak is vir kleinhandelsverkoop vir persoonlike gebruik of verpak is vir individuele gebruik, vrygestel van die vereiste van 'n jaarlikse verklaring soos in subregulasie (1) bedoel. |
138 | DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt | 9,249 | Die Raad, as die nasionale owerheid, moet 'n fasiliteitsooreenkoms met die Organisasie aangaan vir elke fasiliteit in subregulasie (2)(d) bedoel. |
138 | DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt | 9,250 | enige fasiliteit of plek in die grondgebied of op enige ander plek onder die jurisdiksie of beheer van die Republiek wat besig is met die produksie van diskrete organiese chemikalieë, met inbegrip van daardie wat die elemente fosfor, swael of fluoor bevat, ten opsigte waarvan daar tussen die Raad en die eienaar of persoon in beheer van die fasiliteit ooreengekom word dat 'n fasiliteitsooreenkoms met die Organisasie aangevra moet word ingevolge paragraaf 16 van Afdeling B van Deel IX van die Verifikasieaanhangsel. |
138 | DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt | 9,251 | Die eienaar of die persoon in beheer van die fasiliteit moet alle redelike stappe doen om met die Raad saam te werk wanneer die fasiliteitsooreenkoms aangegaan word. |
138 | DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt | 9,252 | Ooreenkomstig Deel II van die Verifikasieaanhangsel, saamgelees met die tersaaklike bepalings van die Wet op Diplomatieke Immuniteite en Voorregte, 2001 (Wet No. 37 van 2001), word aan inspekteurs en inspeksieassistente al die immuniteite en voorregte verleen wat in Afdeling B van Deel II van die Verifikasieaanhangsel uiteengesit is en word hulle onderwerp aan die verpligtinge wat in Afdeling E van Deel II van die Verifikasieaanhangsel uiteengesit is. |
138 | DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt | 9,253 | 'n Gekwalifiseerde deskundige wat ingevolge paragraaf 7 van Afdeling B van Deel XI van die Verifikasieaanhangsel aangewys is as deel van 'n span gedurende 'n ondersoek van 'n saak van beweerde gebruik van chemiese wapens, geniet dieselfde immuniteite en voorregte as 'n aangewese inspekteur of inspeksieassistent wat in diens van die Organisasie is. |
138 | DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt | 9,254 | ten einde te voldoen aan die tydraamwerke wat in die Chemiesewapenskonvensie uiteengesit is, ooreenkomstig paragraaf 31 van Afdeling D van Deel II van die Verifikasieaanhangsel onverwyld in kennis gestel van die ontvangs deur die Raad vanaf die Organisasie van 'n inspeksiekennisgewing betreffende die verklaarde fasiliteit en van die beskikbare besonderhede van sodanige beoogde inspeksie. |
138 | DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt | 9,255 | Die Raad moet, ten einde te voldoen aan die tydraamwerke wat in die Chemiesewapenskonvensie uiteengesit is, die toepaslike getal paslik gekwalifiseerde persone aanstel, met inbegrip van, waar nodig, amptenare van ander toepaslike Staatsdepartemente as lede van die binnelandse begeleidingspan om die inspeksiespan gedurende die binnelandse tydperk te vergesel en by te staan. |
138 | DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt | 9,256 | Die Raad moet die nodige magtiging uitreik aan alle lede van die binnelandse begeleidingspan om hulle in staat te stel om die inspeksie op 'n tydige en doeltreffende wyse te fasiliteer soos in die Verifikasieaanhangsel uiteengesit word. |
138 | DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt | 9,257 | 'n Persoon in beheer van 'n verklaarde fasiliteit wat deur die Organisasie aan inspeksie onderwerp word, wat deur die Raad in kennis gestel is dat die verklaarde fasiliteit deur inspekteurs van die Organisasie geïnspekteer gaan word, moet ooreenkomstig die bepalings van die Verifikasieaanhangsel die nodige stappe doen om met die Raad saam te werk in die uitvoering van die inspeksie. |
138 | DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt | 9,258 | Goewermentskennisgewing No. R. 705 van 23 Mei 1997, soos gewysig by Goewermentskennisgewing No. R. 77 van 29 Januarie 2004, word hierby herroep. |
138 | DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt | 9,259 | Hierdie regulasies heet die Chemiesewapensregulasies en tree op in werking. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,261 | Ek, Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, kragtens artikel 13(1) van die Wet op die Nie-proliferasie van Wapens van Grootskaalse Vernietiging, 1993 (Wet No. 87 van 1993), en op aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Raad vir die Nie-proliferasie van Wapens van Grootskaalse Vernietiging, verklaar hierby mikrobiese of ander biologiese agense, toksiene en verwante toerusting en tegnologie wat in die vervaardiging van biologiese en toksienwapens gebruik kan word, soos gelys in Aanhangsels A en B in Engels aangehaal by hierdie kennisgewing, tot beheerde goedere. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,262 | ingevolge artikel 13(2)(d) van die Wet, bepaal dat alle vervoer van beheerde goedere binne die Republiek van Suid-Afrika binne 21 kalenderdae na sodanige vervoer aan die Raad verklaar moet word. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,263 | "die Wet" die Wet op die Nie-proliferasie van Wapens van Grootskaalse Vernietiging, 1993 Wet No. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,264 | "oordrag" die verandering van besit of bewaring, of verandering in die ligging, van beheerde goedere, of dit 'n internasionale grens kruis al dan nie. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,265 | 'transit' is defined in the Act and should not be included here. Ed. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,266 | Goewermentskennisgewing No. 712 van 8 Junie 2004 word hierby herroep. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,267 | Any goods specified in (I.c) in the form of a vaccine or toxoid. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,268 | i. Type A viruses with an IVPI (intravenous pathogenicity index) in six-week-old chickens of greater than 1. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,269 | Lumpy skin disease. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,270 | Mycoplasma mycoides subspecies mycoides SC (small colony), whether natural, enhanced or modified, either in the form of isolated live cultures or as material, including living material which has been deliberately inoculated or contaminated with such Mycoplasma mycoides (mycoides SC). |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,271 | Any goods specified in (II) in the form of a vaccine. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,272 | Genetically modified micro-organisms or genetic elements that contain nucleic acid sequences associated with pathogenicity of organisms specified in (I.a) to (I.c) or (II) or (IV). |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,273 | Genetically modified micro-organisms or genetic elements that contain nucleic acid sequences coding for any of the toxins specified in (I.d) or subunits of toxins thereof. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,274 | Xanthomonas campestris pv. citri, including strains referred to as Xanthomonas campestris pv. citri types A, B, C, D, E or otherwise classified as Xanthomonas citri, Xanthomonas campestris pv. aurantifolia, Xanthomonas campestris pv. citrumelo, Xanthomonas axonopodis pv. citri, Xanthomonas axonopodis pv. citrumelo, Xanthomonas axonopodis pv. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,275 | Xanthomonas oryzae pv. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,276 | Ralstonia solanacearum races 2 and 3 (Pseudomonas solanacearum races 2 and 3 or Burholderia solanacearum races 2 and 3). |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,277 | Colletotrichum kahawae Colletotrichum coffeanum var. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,278 | Deuterophomonas tracheiphila syn. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,279 | Microcyclus ulei syn. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,280 | Monilia rorei syn. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,281 | Puccinia graminis syn. Puccinia graminis f. sp. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,282 | Puccinia striiformis syn. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,283 | Magnaporthe grisea (Pyricularia grisea/Pyricularia oryzae). |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,284 | Potato spindle tuber viroid. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,285 | a. Complete biological containment facilities at P3, P4 containment level. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,286 | P3 or P4 (BL3, BL4, L3, L4) containment levels are as specified in the WHO Laboratory Biosafety Manual (Geneva, 1983). |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,287 | b. Fermenters capable of cultivation of pathogenic micro-organisms, viruses or capable of toxin production, without the propagation of aerosols, and having a total capacity of 100 litres or more. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,288 | c. Fermenters of less than 100-litre capacity with special emphasis on aggregate orders or designs for use in combined systems. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,289 | Fermenters include bioreactors, chemostats and continuous-flow systems. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,290 | capable of in-situ steam sterilisation in a closed state. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,291 | Centrifugal separators include decanters. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,292 | using disposable or single-use filtration components. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,293 | f. Steam sterilisable freeze-drying equipment with a condenser capacity exceeding 50 kg of ice in 24 hours and less than 1 000 kg of ice in 24 hours. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,294 | This does not include suits designed to be worn with self-contained breathing apparatus. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,295 | Biological safety cabinets or isolators, which allow manual operations to be performed within, whilst providing an environment equivalent to Class III biological protection. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,296 | Isolators include flexible isolators, drying boxes, anaerobic chambers, glove boxes, or laminar flow hoods. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,297 | h. Chambers designed for aerosol challenge testing with micro-organisms or toxins and having a capacity of 1 m3 or greater. |
139 | DAC-NLS. BiolTechControlledgoods.2009-10-12.af.txt | 9,298 | j. Conventional or turbulent air-flow clean-air rooms and self-contained fan-HEPA filter units that may be used for P3 or P4 containment facilities. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,300 | Die Minister van Omgewingsake en Toerisme het kragtens artikel 97(1)(d), (e), (f), (g) en (h) van die "National Environmental Management: Biodiversity Act", 2004 (Wet 10 van 2004), die regulasies in die Bylae uitgevaardig. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,301 | "voordeel-deelooreenkoms" 'n ooreenkoms in die vorm van Aanhangsel 8, aangegaan tussen 'n aansoeker om 'n permit en 'n belanghebber, wat daarvoor voorsiening maak dat 'n belanghebber deel in enige toekomstige voordele wat kan spruit uit die bioprospektering waarop die aansoek betrekking het. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,302 | die inhoud van, en die vereistes en maatstawwe vir, voordeel-deelooreenkomste en materiaaloordragooreenkomste uiteen te sit. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,303 | die uitvoer vanuit die Republiek van enige inheemse biologiese hulpbronne vir die doeleindes van enige ander soort navorsing. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,304 | Die ontdekkingsfase en/of kommersialiseringsfase van 'n bioprospekteerprojek kan slegs onderneem word met 'n bioprospekteerpermit wat deur die Minister uitgereik is. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,305 | Indien die aansoeker om 'n bioprospekteerpermit voornemens is om die inheemse biologiese hulpbronne waarop die aansoek betrekking het, uit te voer, moet die aansoeker by die Minister aansoek doen om 'n geïntegreerde uitvoer-en-bioprospekteerpermit. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,306 | Die Minister kan 'n bioprospekteerpermit of 'n geïntegreerde uitvoer-en-bioprospekteerpermit slegs uitreik nadat daar aan die vereistes van regulasies 8(1) en 9(1) voldoen is. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,307 | Inheemse biologiese hulpbronne kan slegs uitgevoer word vir 'n ander navorsingsdoel as bioprospektering met 'n uitvoerpermit wat uitgereik is deur die uitreikingsowerheid wat in Regulasie 6 omskryf is. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,308 | 'n Uitvoerpermit vir ander navorsing as bioprospektering kan as deel van 'n geïntegreerde permit uitgereik word, mits die uitreikingsowerheid voldoen aan artikel 92 van die Wet. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,309 | Voordat 'n uitvoerpermit uitgereik word vir ander navorsing as bioprospektering moet die uitreikingsowerheid aan regulasies 9(1) en 13(1) voldoen. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,310 | geïntegreerde uitvoer-en-bioprospekteerpermitte, indien die inheemse biologiese hulpbronne vir die doeleindes van bioprospektering uitgevoer word. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,311 | Die LUR is aangewys as die uitreikingsowerheid vir uitvoerpermitte, indien die inheemse biologiese hulpbronne vir ander navorsingsdoeleindes as bioprospektering uitgevoer word, en die inheemse biologiese hulpbronne wat uitgevoer gaan word in daardie provinsie versamel, geoes of beheer word. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,312 | Delegering van bevoegdhede en pligte deur 'n uitreikingsowerheid kan slegs geskied ooreenkomstig artikels 42 en 42A van die NEMA. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,313 | 'n Uitreikingsowerheid moet alle aansoeke binne 'n redelike tyd verwerk. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,314 | die tersaaklike bedrywigheid 'n inheemse biologiese hulpbron nie sal uitput of uitdun verby 'n vlak wat die ongeskondenheid daarvan op die spel plaas nie. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,315 | kan die uitreikingsowerheid ooreenkomstig artikel 89 van die Wet of ingevolge enige ander regulasies uitgevaardig kragtens die Wet, van 'n aansoeker vereis om 'n risikobeoordeling te onderneem. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,316 | die aansoeker verwittig van sy of haar reg op appèl teen die besluit ingevolge artikel 94 van die Wet en regulasie 16. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,317 | n Uitreikingsowerheid moet alle permithouers moniteer om voldoening aan permitvoorwaardes te verseker. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,318 | die aansoeker die vooraftoestemming verkry het van inheemse gemeenskappe wat deur die aansoek geraak word, en voordeel-deelooreenkomste met sodanige gemeenskappe aangegaan is. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,319 | bewys te lewer dat die vooraftoestemming van geïdentifiseerde belanghebbers verkry is. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,320 | 'n regspersoon wat nie ingevolge die Suid-Afrikaanse reg geregistreer is nie of 'n natuurlike persoon wat nie 'n Suid-Afrikaanse burger is of permanente verblyfreg in Suid-Afrika het nie, indien daardie regspersoon of buitelandse burger aansoek doen saam met 'n regspersoon of natuurlike persoon genoem in paragraaf (a) of (b) hierbo. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,321 | indien die bioprospektering voorafgegaan is deur ander navorsing as bioprospektering betreffende die inheemse biologiese hulpbronne waarop die aansoek betrekking het, die aard van die navorsing en die bedrywighede openbaar maak wat tot die aansoek om 'n bioprospekteerpermit gelei het. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,322 | bevat voldoende inligting om die Minister in staat te stel om die tersaaklike beoordeling te onderneem. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,323 | bevat voldoende inligting om die Minister in staat te stel om die tersaaklike beoordeling te onderneem. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,324 | indien dit nie moontlik was om sodanige ooreenkomste aan te gaan nie, 'n versoek om ingryping deur die Minister aanheg vir die doeleindes van onderhandeling van sodanige ooreenkomste, ooreenkomstig artikel 82(4)(b) van die Wet. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,325 | bevat voldoende inligting om die LUR in staat te stel om die tersaaklike beoordeling te onderneem. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,326 | die nieterugbetaalbare geld in Aanhangsel 1 vermeld, betaal is. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,327 | die inheemse biologiese hulpbronne waarop die permit betrekking het, nie sonder die skriftelike toestemming van die Minister verkoop, geskenk of aan 'n derde party oorgedra mag word nie. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,328 | die vermeerdering van wetenskaplike kennis en die vergroting van die tegniese vermoë van Suid-Afrikaners en Suid-Afrikaanse instellings. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,329 | die inheemse biologiese hulpbronne waarop die permit betrekking het, nie sonder die skriftelike toestemming van die Minister verkoop, geskenk of aan 'n derde party oorgedra mag word nie. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,330 | die vermeerdering van die wetenskaplike kennis en die vergroting van die tegniese vermoë van Suid-Afrikaners en Suid-Afrikaanse instellings. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,331 | die permithouer moet op 'n jaarlikse grondslag of binne tydraamwerke soos deur die uitreikingsowerheid bepaal, 'n statusverslag by die uitreikingsowerheid indien in 'n formaat deur die uitreikingsowerheid bepaal. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,332 | n permit terug te trek. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,333 | 'n Appèl word by die Minister ingedien binne 30 dae nadat die aansoeker 'n kennisgewing ontvang het van die besluit waarteen geappelleer word. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,334 | Belanghebbers wat 'n belang het by die appèl word voorsien van 'n afskrif van die appèl en word in kennis gestel dat hulle 15 dae het vanaf die datum van kennisgewing om voorleggings met betrekking tot die appèl by die Minister in te dien. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,335 | vergesel gaan van die nieterugbetaalbare geld uiteengesit in Aanhangsel 1 by hierdie regulasies. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,336 | Die partye by 'n materiaaloordragooreenkoms is die aansoeker en die belanghebber soos in subartikel 82(1)(a) en (b) van die Wet beskryf, wat toegang verskaf of verleen tot die inheemse biologiese hulpbronne waarop die aansoek betrekking het. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,337 | Die Minister moet ooreenkomstig artikel 84(2) van die Wet alle materiaaloordragooreenkomste of enige wysiging aan sodanige ooreenkomste goedkeur. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,338 | n Materiaaloordragooreenkoms is in die vorm van Aanhangsel 7 by hierdie regulasies en bevat die inligting in artikel 84(1)(b) van die Wet uiteengesit. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,339 | Die partye by 'n voordeel-deelooreenkoms is die aansoeker en die belanghebbers genoem in subartikel 82(1)(a) en (b) van die Wet. |
140 | DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt | 9,340 | n Voordeel-deelooreenkoms is in die vorm van Aanhangsel 8 by hierdie regulasies en moet voldoen aan subartikels 83(1) en (2) van die Wet. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.