document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,341
kan die Minister openbare kommentaar versoek oor die ooreenkoms met dien verstande dat geen vertroulike inligting openbaar gemaak word nie.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,342
enige ander bedrywigheid wat die bewaring, volhoubare gebruik en ontwikkeling van die tersaaklike inheemse biologiese hulpbronne bevorder.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,343
Permithouers moet binne een maand nadat 'n ooreenkoms aangegaan is of binne een maand nadat enige wysigings van sodanige ooreenkoms aangegaan is, 'n afskrif van alle voordeel-deelooreenkomste by die Direkteur-generaal indien.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,344
die belanghebbers wat ingevolge 'n voordeel-deelooreenkoms op 'n monetêre voordeel geregtig is, in kennis stel dat geld aan die Bioprospektering-trustfonds oorgedra of daarin gestort is.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,345
Alle geld wat uit voordeel-deelooreenkomste voortvloei en aan belanghebbers verskuldig is, moet ingevolge artikel 85(1) van die Wet in die Bioprospektering-trustfonds gestort word.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,346
Die Bioprospektering-trustfonds word ooreenkomstig die Tesourieregulasies bestuur wat ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (Wet 1 van 1999), uitgevaardig is.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,347
kan die Direkteur-generaal 'n redelike fooi hef vir die bestuur van geld wat ingevolge 'n voordeel-deelooreenkoms ontvang is.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,348
alle gelde wat ontvang is ooreenkomstig die tersaaklike voordeel-deelooreenkoms versprei.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,349
die Direkteur-generaal en die partye by die voordeel-deelooreenkoms oor 'n ander tydperk ooreenkom.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,350
vir enige ander bedrywigheid wat die bewaring, volhoubare gebruik en ontwikkeling van inheemse biologiese hulpbronne tot voordeel van Suid-Afrika bevorder.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,351
indien daar geen ander belanghebbers is nie, die geld ooreenkomstig subregulasie (6) versprei.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,352
aan enige ander persoon toestemming gee of hom of haar toelaat om te handel of om te versuim om te handel, welke handeling of versuim ingevolge hierdie regulasies 'n misdryf is.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,353
beide 'n boete en sodanige gevangenisstraf.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,354
'n Boete ingevolge subregulasie (1) mag nie 'n bedrag voorgeskryf ingevolge die Wet op die Aanpassing van Boetes, 1991 (Wet 101 van 1991), te bowe gaan nie.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,355
Behoudens subregulasies (2) en (3), kan 'n persoon wat by die inwerkingtreding van hierdie regulasies by 'n bioprospekteerprojek betrokke is, hangende die uitreiking van 'n bioprospekteerpermit voortgaan met daardie projek.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,356
'n Persoon wat betrokke is by 'n bioprospekteerprojek wat reeds 'n aanvang geneem het, moet binne ses maande van die inwerkingtreding van hierdie regulasies, 'n aansoek om 'n bioprospekteerpermit by die Minister indien ooreenkomstig Hoofstuk 2 van hierdie regulasies.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,357
n skriftelike versoek aanheg om die ingryping van die Minister vir die doeleindes van die bedinging van sodanige ooreenkomste, ooreenkomstig artikel 82(4)(b) van die Wet, indien dit nie moontlik was om voordeel-deelooreenkomste binne die ses maande in subregulasie (2) bedoel, aan te gaan nie.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,358
kan voortgesit word indien 'n bioprospekteerpermit uitgereik word, behoudens enige voorwaardes vervat in daardie permit.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,359
Hierdie regulasies heet die Regulasies oor Bioprospektering, Toegang en Voordeel-deling, 2008, en tree in werking op 'n datum deur die Minister by kennisgewing in die Staatskoerant bepaal.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,360
1 Indien u om 'n bioprospekteerpermit aansoek doen en u is nie voornemens om die tersaaklike inheemse biologiese hulpbronne uit te voer nie, hoef u slegs Deel 1 van hierdie vorm in te vul.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,361
2 Indien u om 'n geïntegreerde uitvoer-en-bioprospekteerpermit aansoek doen, moet u Deel 1 en Deel 2 van hierdie vorm invul.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,362
3 Indien die spasie op hierdie vorm onvoldoende is, kan bykomende inligting by wyse van Aanhangsels ingesluit word.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,363
2 Is die regspersoon in Suid-Afrika geregistreer?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,364
4 Indien nie, in watter land is die regspersoon geregistreer?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,365
11 Is die aansoeker lid van 'n liggaam met regspersoonlikheid?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,366
17 Is daar enige internasionale borge wat hierdie projek finansier?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,367
19 Is daar enige Suid-Afrikaanse borge wat die projek finansier?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,368
21 Meld die tipes inheemse biologiese hulpbronne waarvoor 'n permit verlang word, die familie, genus of spesie, die deel van die organisme wat versamel gaan word, die hoeveelheid hulpbronne wat versamel of verkry gaan word en die bepaalde gebied of bron waar elke hulpbron versamel of verkry gaan word.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,369
22 Ten opsigte van die inheemse biologiese hulpbronne hierbo uiteengesit, is enige ander aansoek om 'n permit ingevolge die Wet of ingevolge enige ander wetgewing voorheen of gelyktydig met hierdie aansoek ingedien?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,370
23 Indien Ja, is die aansoek goedgekeur, geweier of steeds hangend?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,371
24 Indien die aansoek goedgekeur is, verskaf die volgende besonderhede en heg 'n afskrif van die permit aan.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,372
26 Is alle wesenlike inligting openbaar gemaak aan enige persoon, staatsorgaan of gemeenskap wat toegang verskaf of verleen tot die inheemse biologiese hulpbronne en aan enige geïdentifiseerde inheemse gemeenskappe met tradisionele kennis of gebruik van die inheemse biologiese hulpbronne?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,373
27 Ter stawing van u antwoord op bogenoemde vraag, sit al die inligting uiteen wat openbaar gemaak is.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,374
LET WEL: Indien daar van enige persoon, staatsorgaan of gemeenskap vereis word om toegang tot die inheemse biologiese hulpbronne te verskaf of te verleen, moet hulle toestemming verkry word, en 'n materiaaloordragooreenkoms in die vorm van Aanhangsel 4 en 'n voordeel-deelooreenkoms in die vorm van Aanhangsel 5 moet by hierdie aansoek aangeheg word.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,375
28 Identifiseer die persoon, staatsorgaan of gemeenskap wie se toestemming nodig is en dui in elke geval aan of 'n materiaaloordragooreenkoms en 'n voordeel-deelooreenkoms met hulle aangegaan is. Hierdie ooreenkomste moet by hierdie aansoek aangeheg word.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,376
Materiaaloordragooreenkoms aangegaan en aangeheg?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,377
Voordeel-deelooreenkoms aangegaan en aangeheg?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,378
LET WEL: Indien enige inheemse gemeenskap/pe geïdentifiseer is, moet 'n voordeel-deelooreenkoms in die vorm van Aanhangsel 5 met daardie gemeenskap/pe aangegaan en by hierdie aansoek aangeheg word.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,379
29 Watter stappe is gedoen om enige inheemse gemeenskappe te identifiseer wie se gebruik of kennis van die inheemse biologiese hulpbronne waarop hierdie aansoek betrekking het, aanleiding gegee het tot die beoogde bioprospektering of daartoe bygedra het?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,380
31 Beskryf enige inheemse gemeenskappe wat geïdentifiseer is en dui in elke geval aan of 'n voordeel-deelooreenkoms met hulle aangegaan is en of die ooreenkoms by hierdie aansoek aangeheg is.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,381
32 Is enige ooreenkomste in verband met die inheemse biologiese hulpbronne aangegaan met samewerkende partye wat nie ingevolge die Wet belanghebbers is nie?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,382
33.1 enige persoon, staatsorgaan of gemeenskap/pe wat toegang verskaf tot die inheemse biologiese hulpbronne?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,383
33.2 enige inheemse gemeenskap/pe met tradisionele kennis of gebruik van die inheemse biologiese hulpbronne?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,384
34 Word die bystand van die uitreikingsowerheid benodig om die nodige ooreenkomste aan te gaan?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,385
35 Indien Ja, vermeld die aard van die bystand wat benodig word en hoekom hierdie bystand benodig word.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,386
36.4 die beoogde tydraamwerke d.i.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,387
36.8 wat aan die einde van die studie met die oortollige/ongebruikte eksemplare gedoen gaan word.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,388
37 Is die bedrag van R5 000,00 betaal Heg 'n afskrif van die kwitansie aan?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,389
3 Het u voldoen aan of het u stappe gedoen om te voldoen aan ander wetgewende vereistes vir die versameling en uitvoer van die inheemse biologiese hulpbronne?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,390
5.1 die bewaring van die biodiversiteit in Suid-Afrika?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,391
5.2 die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,392
5.3 enige ander saak wat in die openbare belang is?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,393
7 Is die bedrag van R5 200,00 betaal Heg 'n afskrif van die kwitansie aan?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,394
Indien die spasie verskaf op hierdie vorm onvoldoende is, kan bykomende inligting by wyse van Aanhangsels ingesluit word.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,395
2 Is die regspersoon in Suid-Afrika geregistreer?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,396
11 Is die aansoeker lid van 'n regspersoon?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,397
Is daar enige internasionale borge wat hierdie projek finansier?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,398
19 Is daar enige Suid-Afrikaanse borge wat hierdie projek finansier?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,399
23 Meld die tipe inheemse biologiese hulpbronne waarvoor 'n permit verlang word, die familie, genus en spesie, die deel van die organisme wat versamel gaan word, die hoeveelheid hulpbronne wat versamel of verkry gaan word en die bepaalde gebied of bron waar elke hulpbron versamel of verkry gaan word.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,400
24 Ten opsigte van die inheemse biologiese hulpbronne hierbo uiteengesit, is daar voorheen of gelyktydig met hierdie aansoek enige ander aansoek om 'n permit ingevolge die Wet of ingevolge enige ander wetgewing ingedien?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,401
25 Indien Ja, is die aansoek goedgekeur, geweier of is dit steeds hangend?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,402
26 Indien die aansoek goedgekeur is, verskaf die volgende besonderhede en heg 'n afskrif van die permit aan.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,403
27 Het u voldoen aan of het u stappe gedoen om te voldoen aan ander wetgewende vereistes vir die versameling en uitvoer van die inheemse biologiese hulpbronne Verskaf besonderhede, ook verwysingsnommers en vragbriefnommers, waar toepaslik?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,404
28.4 die voorgestelde tydraamwerke d.i.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,405
28.8 wat aan die einde van die studie met die oortollige/ongebruikte eksemplare gedoen gaan word.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,406
30.1 die bewaring van die biodiversiteit in Suid-Afrika?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,407
30.2 die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,408
30.3 enige ander saak wat in die openbare belang is?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,409
32 Is die bedrag van R200,00 betaal Heg 'n afskrif van die kwitansie aan?
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,410
10 Voordeel-deelooreenkomste en materiaaloordragooreenkomste: Hierdie permit moet gelees word met die volgende voordeel-deelooreenkomste en materiaaloordragooreenkomste wat aangegaan is met die belanghebbers beoog in artikel 82(1) van die "National Environmental Management: Biodiversity Act", 2004.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,411
8 Aard van permit: Hierdie permit magtig die permithouer om in die hoeveelhede vermeld, die volgende inheemse biologiese hulpbronne uit te voer vir die doeleindes van die doen van ander navorsing as bioprospektering.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,412
9 Geldigheidsduur van permit: Hierdie permit is geldig tot -.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,413
10.5 die permithouer mag die inheemse biologiese hulpbronne nie sonder die skriftelike, ingeligte vooraftoestemming van die uitreikingsowerheid ten opsigte van hierdie uitvoerpermit aan 'n derde party oordra nie en dan slegs kragtens 'n skriftelike ooreenkoms wat voorwaardes bevat wat nie minder beperkend is nie as daardie wat ingevolge hierdie permit op die permithouer van toepassing is.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,414
10.6 die permithouer moet teen of alternatiewelik binne een jaar na die datum van uitreiking van hierdie permit (skrap wat nie van toepassing is nie) 'n vorderingsverslag by die uitreikingsowerheid indien.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,415
1 'n Aansoeker om 'n permit moet hierdie ooreenkoms aangaan met enige belanghebbers wat ingevolge die regulasies geïdentifiseer is wat toegang tot die inheemse biologiese hulpbronne verskaf of verleen.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,416
2 Indien daar meer as een belanghebber is, moet 'n afsonderlike ooreenkoms met elke belanghebber aangegaan word.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,417
3 Indien die spasie voorsien op hierdie vorm onvoldoende is, kan bykomende inligting by wyse van aanhangsels ingesluit word. Alternatiewelik kan die partye kies om hulle eie vorms te gebruik, met voldoende spasie wat vir elke regulasie voorsien word, mits daardie vorms die algemene formaat van hierdie vorm volg.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,418
4 Die partye by hierdie ooreenkoms moet die ooreenkoms in die spasie aangedui teken en moet elke ander bladsy van daardie ooreenkoms, met inbegrip van enige aanhangsels, parafeer.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,419
Die ontvanger stem daartoe in om elke redelike voorsorg te tref om te verhoed dat die geïdentifiseerde inheemse biologiese hulpbronne in besit kom van 'n ongemagtigde derde party.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,420
Hierdie ooreenkoms is die volledige ooreenkoms tussen die partye met betrekking tot die onderwerp van hierdie ooreenkoms en geen byvoeging tot, variasie of kansellasie van hierdie ooreenkoms of afstanddoening van enige regte kragtens hierdie ooreenkoms sal van krag wees of in werking tree nie, tensy dit skriftelik is en deur die partye by hierdie ooreenkoms onderteken word.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,421
1 Hierdie ooreenkoms word aangegaan deur 'n aansoeker om 'n permit en enige belanghebbers wat ingevolge die Wet en die Regulasies geïdentifiseer is.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,422
2 Indien daar meer as een belanghebber is, word 'n afsonderlike ooreenkoms met elke belanghebber aangegaan.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,423
3 Indien die spasie voorsien op hierdie vorm onvoldoende is, kan bykomende inligting by wyse van aanhangsels ingesluit word. Alternatiewelik kan die partye kies om hulle eie vorms te gebruik, met voldoende spasie wat vir elke regulasie voorsien word, mits daardie vorms die algemene formaat van hierdie vorm volg.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,424
4 Die partye by hierdie ooreenkoms moet die ooreenkoms in die spasie aangedui teken en moet elke ander bladsy van daardie ooreenkoms, met inbegrip van enige aanhangsels, parafeer.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,425
n Resolusie wat deur die inheemse gemeenskap aanvaar is, moet by hierdie vorm aangeheg word. Die resolusie moet bevestig dat die verteenwoordiger van die inheemse gemeenskap hierbo aangedui, gemagtig is om hierdie ooreenkoms namens die inheemse gemeenskap aan te gaan; dat die inheemse gemeenskap volle kennis dra van die bioprospekteerprojek; en dat hulle toegestem het tot die aangaan van hierdie voordeel-deelooreenkoms.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,426
Voordele sal aansienlik wissel van geval tot geval en sal veral wissel afhangende of die belanghebber toegang verleen tot die inheemse biologiese hulpbronne of 'n inheemse gemeenskap is. Die lyste hieronder gee voorbeelde van monetêre en niemonetêre voordele wat uit bioprospekteerprojekte kan voortvloei. Die eerste lys is toepasliker indien die belanghebber by hierdie ooreenkoms toegang tot die inheemse biologiese hulpbronne verskaf of verleen terwyl die tweede lys toepasliker is indien die belanghebber by hierdie ooreenkoms 'n inheemse gemeenskap is. Merk elke blokkie wat op hierdie ooreenkoms van toepassing is en identifiseer hieronder wie die begunstigde ten opsigte van elke voordeel is en wat die omvang van die voordeel is (verskaf stawende dokumentasie waar nodig).
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,427
Gelde (bv. vir oorlegpleging, helpers, gidse, die gebruik van fasiliteite en infrastruktuur)
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,428
Alle gelde wat uit hierdie ooreenkoms voortvloei en aan 'n party by hierdie ooreenkoms verskuldig is, moet in die Bioprospektering-trustfonds gestort word.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,429
Hierdie ooreenkoms word elke (vul in die ooreengekome tydraamwerk) hersien met die doel om die ooreenkoms, indien nodig, te wysig. Die permithouer moet 'n maand voor elke hersiening enige nuwe wesenlike inligting met betrekking tot die bioprospektering aan alle belanghebbers openbaar maak om die belanghebbers in staat te stel om vanuit 'n ingeligte grondslag aan die hersiening deel te neem.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,430
Enige ander aangeleenthede of voorwaardes wat die partye by hierdie ooreenkoms wil opteken, kan as 'n aanhangsel by hierdie ooreenkoms aangeheg word.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,431
'n Afskrif van hierdie ooreenkoms moet binne 'n maand nadat die ooreenkoms aangegaan is by die Direkteur-generaal van die Departement van Omgewingsake en Toerisme ingedien word.
140
DAC-NLS. BioprospectingAccessandBenefitSharing.2009-10-12.af.txt
9,432
Hierdie ooreenkoms is die volledige ooreenkoms tussen die partye met betrekking tot die onderwerp van hierdie ooreenkoms en geen byvoeging tot, variasie of kansellasie van hierdie ooreenkoms of afstanddoening van enige regte kragtens hierdie ooreenkoms sal van krag wees of in werking tree nie, tensy dit skriftelik is en deur die partye by hierdie ooreenkoms geteken word.
141
DAC-NLS. Briefs.2009-03.af.txt
9,434
SAVI Bestuur se jongste vergadering is op 27 September 2008 gehou. Hieronder volg 'n opsomming van die vernaamste besprekingspunte.
141
DAC-NLS. Briefs.2009-03.af.txt
9,435
Heelwat van die besprekings by die vergadering het gehandel oor die grondwet en die toekomstige struktuur van Instituut. Lede sal weldra van die beoogde wysigings tot die grondwet in kennis gestel word en 'n versoek om nominasies tot die bestuur en die komitees vir die volgende twee jaar sal binnekort gedoen word.
141
DAC-NLS. Briefs.2009-03.af.txt
9,436
Die kategorieë en reëls vir die prys is gefinaliseer en die versoek om benoemings in elk van die kategorieë sal in Maart uitgestuur word. Onthou dat die algehele prys afgeskaf is en dat individuele pryse nou toegeken sal word in die volgende kategorieë: literatuur, niefiksie, kinderliteratuur, diensvertaling en woordeboeke. Lede word aangemoedig om die prys en die versoek om benoemings bekend te maak onder kliënte en ander belangstellendes.
141
DAC-NLS. Briefs.2009-03.af.txt
9,437
Die toekenningsplegtigheid sal in September 2009 (naby Internasionale Vertaaldag) plaasvind.
141
DAC-NLS. Briefs.2009-03.af.txt
9,438
SAVI-beurse van altesaam R25 000 is aan vyf studente toegeken vir die 2009 akademiese jaar. Bydraes van lede tot die Ontwikkelingsfonds word gebruik om studente te help wat andersins moontlik nie in staat sou wees om vertaalstudies te onderneem nie. Daar is besluit dat aansoeke van eerstejaarstudente van volgende jaar af aanvaar sal word.
141
DAC-NLS. Briefs.2009-03.af.txt
9,439
Lede word daaraan herinner dat aansoeke om beurse vir kortkursusse ook oorweeg sal word.
141
DAC-NLS. Briefs.2009-03.af.txt
9,440
Die Opleidingskomitee werk aan 'n opname om die opleidingsbehoeftes van lede te bepaal, veral in verband met vertalingsverwante kortkursusse. Dit sal binnekort aan die lede gestuur word.
141
DAC-NLS. Briefs.2009-03.af.txt
9,441
Die Webwerfkomitee het berig dat die volle Afrikaanse weergawe van die SAVI-webwerf teen die middel van April beskikbaar sal wees. Vertalings in Tswana en Xhosa is ook onderweg, maar vorder stadiger. Lede wat in die ander amptelike tale werk, word gevra om hulle dienste aan te bied om te help verseker dat die webwerf verteenwoordigend is van al die tale.