document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,138
Artikel 198(b) van die nuwe Grondwet mag nie toegepas word voordat die wetgewing beoog in daardie artikel verorden is nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,139
Artikel 199(3)(a) van die nuwe Grondwet mag nie toegepas word voor die verstryking van drie maande nadat die wetgewing beoog in daardie artikel verorden is nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,140
Nasionale wetgewing beoog in artikel 217(3) van die nuwe Grondwet moet verorden word binne drie jaar vanaf die datum waarop die nuwe Grondwet in werking getree het, maar die afwesigheid van hierdie wetgewing gedurende hierdie tydperk belet nie die inwerkingstelling van die beleid in artikel 217(2) bedoel nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,141
Totdat die Parlementswet genoem in artikel 65(2) van die nuwe Grondwet verorden word, kan elke provinsiale wetgewer sy eie prosedure bepaal waarvolgens magtiging aan sy afvaardiging verleen word om namens hom stemme in die Nasionale Raad van Provinsies uit te bring.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,142
Totdat die wetgewing beoog in artikel 229(1)(b) van die nuwe Grondwet verorden word, bly 'n munisipaliteit bevoeg om enige belasting, heffing of reg op te lê wat hy gemagtig was om op te lê toe die Grondwet in werking getree het.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,143
Ondanks die ander bepalings van die nuwe Grondwet en ondanks die herroeping van die vorige Grondwet, word al die bepalings met betrekking tot amnestie wat in die vorige Grondwet onder die opskrif "Nasionale Eenheid en Versoening" vervat is, geag deel van die nuwe Grondwet uit te maak vir die doeleindes van die Wet op die Bevordering van Nasionale Eenheid en Versoening, 1995 (Wet 34 van 1995), soos gewysig, asook vir die doeleindes van die geldigheid daarvan.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,144
Nasionale wetgewing beoog in artikels 9(4), 32(2) en 33(3) van die nuwe Grondwet moet binne drie jaar vanaf die datum waarop die nuwe Grondwet in werking getree het, verorden word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,145
uitoefening of beskerming van enige van hul regte.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,146
op administratiewe optrede wat regverdigbaar is met betrekking tot die redes wat daarvoor gegee word, waar enige van hul regte geraak of bedreig word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,147
Grondwet in werking getree het, verorden word nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,148
bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,149
Die Staatsdienskommissie en die provinsiale dienskommissies bedoel in Hoofstuk 13 van die vorige Grondwet gaan voort om te funksioneer ingevolge daardie Hoofstuk en die wetgewing wat daarop van toepassing is asof daardie Hoofstuk nie herroep is nie, totdat die Kommissie en die provinsiale dienskommissies by Parlementswet ingevolge artikel 75 van die nuwe Grondwet aangeneem, afgeskaf word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,150
bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,151
Enigiemand wat, toe die nuwe Grondwet in werking getree het, besig was om 'n vonnis van meer as 12 maande gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete in die Republiek uit te dien, is onbevoeg om 'n lid van die Nasionale Vergadering of 'n provinsiale wetgewer te word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,152
eindig vyf jaar nadat die vonnis voltooi is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,153
verteenwoordigende oorgangsraad in die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993, genoem en wat geïdentifiseer is soos in artikel 182 van die vorige Grondwet uiteengesit, ampshalwe daarop geregtig om 'n lid van daardie raad te wees tot 30 April 1999 of totdat 'n Parlementswet anders bepaal.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,154
Artikel 245(4) van die vorige Grondwet bly van krag totdat die toepassing van daardie artikel verval. Artikel 16(5) en (6) van die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993, mag nie voor 30 April 1999 herroep word nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,155
Artikels 82 en 124 van die nuwe Grondwet raak nie die veilige bewaring van Parlementswette of provinsiale Wette wat aangeneem is voordat die nuwe Grondwet in werking getree het nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,156
By die voorlegging van 'n sertifikaat deur 'n bevoegde gesag dat onroerende eiendom van die staat ingevolge artikel 239 van die vorige Grondwet in 'n bepaalde regering setel, moet 'n registrateur van aktes die aantekeninge of endossemente in of op enige betrokke register, transportakte of ander dokument aanbring ten einde daardie onroerende eiendom in die naam van daardie regering te registreer.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,157
Geen belasting, gelde of ander vordering is ten opsigte van 'n registrasie ingevolge subitem (1) betaalbaar nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,158
"1. Partye wat ingevolge nasionale wetgewing geregistreer is en wat aan 'n verkiesing van die Nasionale Vergadering deelneem, moet kandidate vir sodanige verkiesing benoem op kandidaatlyste wat ooreenkomstig hierdie Bylae en nasionale wetgewing opgestel is.".
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,159
Een helfte van die setels uit streeklyste deur die onderskeie partye voorgelê, met ' n vaste getal setels vir elke streek voorbehou soos deur die Kommissie bepaal vir die volgende verkiesing van die Vergadering, met inagneming van beskikbare wetenskaplik gebaseerde gegewens met betrekking tot kiesers, en vertoë deur belanghebbende partye.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,160
Die ander helfte van die setels uit nasionale lyste deur die onderskeie partye voorgelê, of uit streeklyste waar nasionale lyste nie voorgelê is nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,161
"3. Die kandidaatlyste wat deur 'n party voorgelê word, moet gesamentlik die name van hoogstens 'n getal kandidate gelyk aan die getal setels in die Nasionale Vergadering bevat, en elke sodanige lys moet daardie name in die vaste rangorde van voorkeur wat die party bepaal, aandui.". 4.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,162
"5. Die setels bedoel in item 2(a) word per streek toegewys aan die partye wat aan 'n verkiesing deelneem, soos volg:".
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,163
deur die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang: 6.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,164
plus een, met weglating van breukdele, is die kwota stemme per setel.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,165
Die wysiging van item 7(3) deur paragraaf (b) deur die volgende paragraaf te vervang: "(b) 'n Gewysigde kwota stemme per setel word bepaal deur die totale getal stemme wat landswyd uitgebring is, minus die getal stemme wat landswyd ten gunste van die party bedoel in paragraaf (a) uitgebring is, te deel deur die getal setels in die Vergadering plus een, minus die getal setels wat finaal aan bedoelde party ingevolge paragraaf (a) toegewys is.".
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,166
"10. Die getal setels in elke provinsiale wetgewer is soos ingevolge artikel 105 van die nuwe Grondwet bepaal.".
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,167
"11. Partye wat ingevolge nasionale wetgewing geregistreer is en wat aan 'n verkiesing van 'n provinsiale wetgewer deelneem, moet kandidate vir verkiesing tot so 'n provinsiale wetgewer benoem op provinsiale lyste wat ooreenkomstig hierdie Bylae en nasionale wetgewing opgestel is.".
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,168
Nadat die telling van stemme afgehandel is, die getal verteenwoordigers van elke party bepaal is en die verkiesingsuitslag ingevolge artikel 190 van die nuwe Grondwet bekend gemaak is, moet die Kommissie, binne twee dae na sodanige bekendmaking, uit elke kandidaatlys wat ingevolge nasionale wetgewing gepubliseer is, die verteenwoordigers van elke party in die wetgewende liggaam aanwys.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,169
In opvolging van die aanwysing ingevolge subitem (1), indien 'n kandidaat se naam op meer as een lys vir die Nasionale Vergadering of lyste vir sowel die Nasionale Vergadering as 'n provinsiale wetgewer verskyn (indien 'n verkiesing van die Vergadering en 'n provinsiale wetgewer tegelyk plaasvind), en so 'n kandidaat geregtig is op aanwysing as 'n verteenwoordiger in meer as een geval, moet die party wat daardie lyste voorgelê het, binne twee dae na bedoelde bekendmaking, aan die Kommissie aandui uit watter lys daardie kandidaat aangewys gaan word of in watter wetgewende liggaam die kandidaat gaan dien, na gelang van die geval, in welke geval die kandidaat se naam van die ander lyste geskrap moet word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,170
Die Kommissie moet onverwyld die lys van name van verteenwoordigers in die wetgewende liggaam of liggame publiseer.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,171
Die wysiging van item 18 deur paragraaf (b) deur die volgende paragraaf te vervang: "(b) 'n verteenwoordiger as 'n vaste afgevaardigde na die Nasionale Raad van Provinsies aangestel word;".
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,172
"19. Kandidaatlyste van 'n party bedoel in item 16(1) kan slegs by een geleentheid te eniger tyd gedurende die eerste 12 maande wat volg op die datum waarop die aanwysing van verteenwoordigers ingevolge item 16 afgehandel is, aangevul word ten einde toevallige vakatures te vul: Met dien verstande dat so 'n aanvulling aan die einde van die lys gemaak moet word.".
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,173
wat die volgende bevoegde en beskikbare persoon op die lys is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,174
'n Benoeming om 'n vakature te vul, moet skriftelik aan die Speaker voorgelê word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,175
te bestaan en die betrokke lede hul setels ontruim uit hoofde van items 23A(1), word die betrokke setels aan die oorblywende partye toegewys mutatis mutandis asof daardie setels ingevolge item 7 of 14, na gelang van die geval, verbeur is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,176
23A. (1) 'n Persoon verbeur lidmaatskap van 'n wetgewende liggaam waarop hierdie Bylae van toepassing is indien daardie persoon ophou om 'n lid te wees van die party wat daardie persoon as 'n lid van die wetgewende liggaam benoem het.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,177
Ondanks subitem (1) kan 'n bestaande politieke party te eniger tyd sy naam verander.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,178
Binne 'n redelike tyd nadat die nuwe Grondwet in werking getree het, kan 'n Parlementswet ooreenkomstig artikel 76(1) van die nuwe Grondwet aangeneem word om hierdie item en item 23 te wysig om voorsiening te maak vir die wyse waarop dit vir 'n lid van 'n wetgewende liggaam wat ophou om 'n lid te wees van die party wat daardie lid benoem het, moontlik sal wees om lidmaatskap van dié wetgewende liggaam te behou.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,179
n party om in meer as een party te onderverdeel.. 14. Die skrapping van item 24.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,180
deur die volgende omskrywing na die omskrywing van "nasionale lys" in te voeg: " 'nuwe Grondwet' die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996;".
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,181
Die skrapping van item 26.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,182
voordat die President oortreders begenadig of grasie aan hulle verleen.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,183
"(3) Subartikels (1) en (2) is ook op 'n Uitvoerende Adjunkpresident van toepassing.".
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,184
Paragraaf (a) van artikel 90(1) van die nuwe Grondwet word geag soos volg te lui: "(a) 'n Uitvoerende Adjunkpresident wat deur die President aangewys is;".
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,185
hoogstens een Minister wat nie 'n lid van die Nasionale Vergadering is nie en wat ingevolge subartikel (13) aangestel is, mits die President, handelende in oorleg met die Uitvoerende Adjunkpresidente en die leiers van die deelnemende partye, die aanstelling van so 'n Minister dienstig ag.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,186
Elke party wat minstens 80 setels in die Nasionale Vergadering het, is daarop geregtig om 'n Uitvoerende Adjunkpresident uit die geledere van die Vergadering aan te wys.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,187
Indien geen party nie of slegs een party 80 of meer setels in die Vergadering het, is die party wat die grootste getal setels het en die party wat die tweede grootste getal setels het, elk daarop geregtig om een Uitvoerende Adjunkpresident uit die geledere van die Vergadering aan te wys.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,188
By sy of haar aanwysing kan 'n Uitvoerende Adjunkpresident kies om as lid van die Vergadering aan te bly of om op te hou om lid van die Vergadering te wees.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,189
n Uitvoerende Adjunkpresident kan die bevoegdhede uitoefen en moet die werksaamhede verrig wat kragtens die Grondwet by die amp van Uitvoerende Adjunkpresident berus of wat deur die President aan daardie amp toegewys is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,190
totdat die persoon wat na 'n verkiesing van die Nasionale Vergadering wat voor 30 April 1999 gehou word, as President verkies word, die amp aanvaar.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,191
n Vakature in die amp van Uitvoerende Adjunkpresident kan gevul word deur die party wat daardie Adjunkpresident aangewys het.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,192
n Party wat minstens 20 setels in die Nasionale Vergadering het en wat besluit het om aan die regering van nasionale eenheid deel te neem, is geregtig op die toekenning aan hom van een of meer van die Kabinetsportefeuljes ten opsigte waarvan Ministers bedoel in subartikel (1)(a) aangestel staan te word, in verhouding tot die getal setels wat die party in die Vergadering het teenoor die getal setels wat die ander deelnemende partye het.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,193
n Kwota setels per portefeulje word bepaal deur die totale getal setels in die Nasionale Vergadering wat die deelnemende partye gesamentlik het, te deel deur die getal portefeuljes ten opsigte waarvan Ministers bedoel in subartikel (1)(a) aangestel staan te word, plus een.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,194
Die resultaat, met weglating van derde en daaropvolgende desimale breuke, as daar is, is die kwota setels per portefeulje.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,195
Die getal portefeuljes wat aan 'n deelnemende party toegeken moet word, word bepaal deur die totale getal setels wat daardie party in die Nasionale Vergadering het, te deel deur die kwota in paragraaf (b) bedoel.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,196
Die resultaat dui, behoudens paragraaf (e), die getal portefeuljes aan wat aan daardie party toegeken moet word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,197
Waar die toepassing van bogenoemde formule 'n surplus oplewer wat nie opgeneem word deur die getal portefeuljes wat aan 'n party toegeken is nie, ding so 'n surplus mee met ander soortgelyke surplusse wat aan 'n ander party of partye toeval, en 'n portefeulje of portefeuljes wat nog nie toegeken is nie, word in volgorde van die hoogste surplus aan die betrokke party of partye toegeken.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,198
wanneer nodig, behoudens paragraaf (b) 'n vakature in die amp van Minister vul.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,199
die uitoefening van 'n bevoegdheid in paragraaf (b) of (e) van daardie subartikel bedoel wat 'n persoon raak wat 'n lid van die President se party is, die President se besluit die deurslag gee.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,200
Indien 'n bepaling van portefeuljetoekennings kragtens subartikel (10)(c) gewysig word, ontruim die betrokke Ministers hul portefeuljes, maar kan hulle, waar toepaslik, weer aangestel word in ander portefeuljes wat ingevolge die gewysigde bepaling aan hulle onderskeie partye toegeken word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,201
na oorleg met die Uitvoerende Adjunkpresidente en die leiers van die deelnemende partye 'n aanstelling kragtens paragraaf (a) beëindig indien dit vir die doeleindes van die Grondwet of in die belang van goeie regering nodig word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,202
Die President of, indien die President so 'n opdrag gee, 'n Uitvoerende Adjunkpresident sit op vergaderings van die Kabinet voor: Met dien verstande dat die Uitvoerende Adjunkpresidente om die beurt op vergaderings van die Kabinet voorsit tensy die behoeftes van regering en die gees wat in die begrip van 'n regering van nasionale eenheid beliggaam is, 'n ander reëling verg.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,203
Die Kabinet funksioneer met inagneming van die konsensus-soekende gees wat in die begrip van 'n regering van nasionale eenheid beliggaam is, asook van die behoefte aan doeltreffende regering.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,204
van die partye wat aan die Kabinet deelneem. adjunkministersposte instel.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,205
n Party is geregtig op die toekenning aan hom van een of meer adjunkministersposte in dieselfde verhouding as dié waarin en volgens dieselfde formule as dié waarvolgens portefeuljes in die Kabinet toegeken word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,206
Die bepalings van artikel 91(10) tot (12) is met die nodige veranderings ten opsigte van Adjunkministers van toepassing, en by sodanige toepassing word 'n verwysing in daardie artikel na 'n Minister of 'n portefeulje uitgelê as 'n verwysing na onderskeidelik 'n Adjunkminister of 'n adjunkministerspos.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,207
word 'n verwysing in enige wetgewing na daardie Minister, uitgelê ook as 'n verwysing na die Adjunkminister handelende uit hoofde van 'n opdrag kragtens paragraaf (a) deur die Minister namens wie daardie Adjunkminister optree.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,208
Wanneer 'n Adjunkminister afwesig is of om die een of ander rede nie in staat is om enige van die bevoegdhede of werksaamhede van die amp uit te oefen of te verrig nie, kan die President 'n ander Adjunkminister of enige ander persoon aanstel om in die plek van genoemde Adjunkminister op te tree, hetsy in die algemeen hetsy om 'n bepaalde bevoegdheid uit te oefen of werksaamheid te verrig.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,209
(3) Ministers is afsonderlik teenoor die President en teenoor die Nasionale Vergadering aanspreeklik vir die administrasie van hul portefeuljes, en al die lede van die Kabinet is dienooreenkomstig gesamentlik aanspreeklik vir die verrigting van die werksaamhede van die nasionale regering en vir die beleid daarvan.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,210
Indien 'n Minister versuim om die portefeulje ooreenkomstig die beleid van die Kabinet te administreer, kan die President die betrokke Minister aansê om die administrasie van die portefeulje met daardie beleid in ooreenstemming te bring.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,211
in die geval van 'n Minister in artikel 91(1)(b) bedoel, na oorleg met die Uitvoerende Adjunkpresidente en die leiers van die deelnemende partye.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,212
lede ooreenkomstig hierdie artikel deur die Premier aangestel.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,213
aan hom van een of meer van die portefeuljes in die Uitvoerende Raad in verhouding tot die getal setels wat die party in die wetgewer het teenoor die getal setels wat die ander deelnemende partye het.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,214
die Nasionale Vergadering, as 'n verwysing na die provinsiale wetgewer uitgelê.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,215
wanneer nodig, behoudens paragraaf (b) 'n vakature in die amp van 'n lid van die Uitvoerende Raad vul.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,216
die uitoefening van 'n bevoegdheid in paragraaf (b) of (e) van daardie subartikel bedoel wat 'n persoon raak wat 'n lid van die Premier se party is, die Premier se besluit die deurslag gee.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,217
Indien 'n bepaling van portefeuljetoekennings kragtens subartikel (4)(c) gewysig word, ontruim die betrokke lede hul portefeuljes, maar kan hulle, waar toepaslik, weer aangestel word in ander portefeuljes wat ingevolge die gewysigde bepaling aan hulle onderskeie partye toegeken word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,218
Die Premier van die provinsie moet op vergaderings van 'n Uitvoerende Raad voorsit.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,219
'n Uitvoerende Raad moet funksioneer met inagneming van die konsensus-soekende gees wat in die begrip van 'n regering van nasionale eenheid beliggaam is, asook van die behoefte aan doeltreffende regering.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,220
is dienooreenkomstig gesamentlik aanspreeklik vir die verrigting van die werksaamhede van die provinsiale regering en vir die beleid daarvan.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,221
Lede van Uitvoerende Rade moet hulle portefeuljes administreer ooreenkomstig die beleid deur die Raad bepaal.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,222
Indien 'n lid van 'n Uitvoerende Raad versuim om die portefeulje ooreenkomstig die beleid van die Raad te administreer, kan die Premier die betrokke lid aansê om die administrasie van die portefeulje met daardie beleid in ooreenstemming te bring.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,223
te voldoen, kan die Premier die lid van sy of haar amp onthef na oorleg met die lid, en indien die lid nie 'n lid van die Premier se party is nie of nie die leier van 'n deelnemende party is nie, ook na oorleg met die leier van daardie lid se party.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,224
Staatsadministrasie en veiligheidsdienste: Wysigings van artikels van die vorige Grondwet 1.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,225
"(k) die instelling en instandhouding van 'n nasionale polisie-eenheid vir openbare orde, wat ter ondersteuning en op versoek van die Provinsiale Kommissaris ontplooi kan word;".
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,226
"(1) Behoudens artikel 218(1) is 'n Provinsiale Kommissaris verantwoordelik vir -".
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,227
"Met dien verstande dat hierdie subartikel ook van toepassing is op lede van enige gewapende mag wat sy personeellys voorgelê het na die inwerkingtreding van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993 (Wet 200 van 1993), maar voor die aanname van die nuwe grondwetlike teks soos in artikel 73 van daardie Grondwet beoog, indien die politieke organisasie onder wie se gesag en beheer so 'n mag is of waarmee hy geassosieer is en wie se oogmerke hy bevorder wel aan die Uitvoerende Oorgangsraad of wel aan die eerste verkiesing van die Nasionale Vergadering en die provinsiale wetgewers kragtens genoemde Grondwet deelgeneem het.".
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,228
"(2) Die Nasionale Weermag moet sy bevoegdhede uitoefen en sy werksaamhede verrig uitsluitlik in die nasionale belang ingevolge Hoofstuk 11 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.".
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,229
daarop van toepassing is, funksioneer totdat dit afgeskaf word of geïnkorporeer word in of geïntegreer word met enige toepaslike instelling of gerasionaliseer of gekonsolideer word met enige ander instelling.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,230
(6) (a) Die President kan 'n kommissie aanstel om die sluiting of wysiging van 'n kontrak, die aanstelling of bevordering, of die toekenning van 'n beding of voorwaarde van diens of ander voordeel, wat tussen 27 April 1993 en 30 September 1994 geskied het ten opsigte van 'n persoon bedoel in subartikel (2) of 'n klas van sodanige persone, te hersien.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,231
Die kommissie kan 'n kontrak, aanstelling, bevordering of toekenning tersyde stel of wysig indien dit in die omstandighede van die geval nie behoorlik geskied het nie of nie geregverdig kan word nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,232
deur "hierdie Grondwet", waar dit ook al in artikel 236 voorkom, deur "die nuwe Grondwet" te vervang.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,233
n doeltreffende administrasie vir elke provinsie in te stel om met aangeleenthede binne die regsbevoegdheid van elke provinsiale regering te handel.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,234
deur subparagraaf (i) van subartikel (2)(a) deur die volgende subparagraaf te vervang: "(i) instellings bedoel in artikel 236(1), uitgesonderd militêre magte, berus by die nasionale regering, wat daardie verantwoordelikheid in samewerking met die provinsiale regerings uitoefen;".
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,235
"(4) Behoudens en ooreenkomstig enige toepaslike wet, gaan die bates, regte, pligte en verpligtinge van alle magte bedoel in artikel 224(2) oor op die Nasionale Weermag ooreenkomstig die voorskrifte van die Minister van Verdediging.".
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,236
Let wel: Die syfers na die inskrywings verwys na artikelnommers.
138
DAC-NLS. ApplicationProvisionsChemicalWeaponsC.2009-10-12.af.txt
9,238
Die Minister van Handel en Nywerheid het, kragtens artikel 24(1)(l) van die Wet op die Nie-proliferasie van Wapens van Grootskaalse Vernietiging, 1993 (Wet No. 87 van 1993), die regulasies in die Bylae uitgevaardig.