document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,938 | prioriteite van die provinsies soos deur die provinsiale uitvoerende gesagte bepaal, die nasionale polisiëringsbeleid bepaal. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,939 | Die nasionale polisiëringsbeleid kan voorsiening maak vir 'n verskillende beleid ten opsigte van verskillende provinsies na inagneming van die polisiëringsbehoeftes en -prioriteite van daardie provinsies. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,940 | om met die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is, te sk akel met betrekking tot misdaad en polisiëring in die provinsie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,941 | in die nasionale polisiëringsbeleid aan hom toegewys is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,942 | moet 'n provinsie aanbevelings doen aan die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,943 | By ontvangs van 'n klagte wat deur 'n provinsiale uitvoerende gesag ingedien is, moet 'n onafhanklike klagteliggaam vir die polisie deur nasionale wetgewing ingestel, ondersoek instel na enige beweerde wangedrag van, of oortreding begaan deur, 'n lid van die polisiediens in die provinsie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,944 | Nasionale wetgewing moet 'n raamwerk voorsien vir die instelling, bevoegdhede, funksies en beheer van munisipale polisiedienste. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,945 | n Komitee bestaande uit die Kabinetslid en die lede van die Uitvoerende Rade wat vir polisiëring verantwoordelik is, moet ingestel word om doeltreffende koördinering van die polisiediens en doeltreffende samewerking tussen die regeringsfere te verseker. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,946 | voor hom of enige van sy komitees te verskyn om vrae te beantwoord. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,947 | Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag moet 'n vrou of 'n man as die Nasionale Kommissaris van die polisiediens aanstel om die polisiediens te beheer en te bestuur. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,948 | Die Nasionale Kommissaris moet beheer oor die polisiediens uitoefen en dit bestuur ooreenkomstig die nasionale polisiëringsbeleid en die opdragte van die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,949 | Die Nasionale Kommissaris moet met die instemming van die provinsiale uitvoerende gesag 'n vrou of 'n man as die provinsiale kommissaris vir daardie provinsie aanstel, maar indien die Nasionale Kommissaris en die provinsiale uitvoerende gesag nie oor die aanstelling kan ooreenkom nie, moet die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is, tussen die partye bemiddel. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,950 | behoudens die bevoegdheid van die Nasionale Kommissaris om ingevolge subartikel (2) beheer oor die polisiediens uit te oefen en dit te bestuur. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,951 | Die provinsiale kommissaris moet jaarliks aan die provinsiale wetgewer oor polisiëring in die provinsie verslag doen, en moet 'n afskrif van die verslag aan die Nasionale Kommissaris stuur. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,952 | Indien die provinsiale kommissaris die vertroue van die provinsiale uitvoerende gesag verloor het, kan daardie gesag ooreenkomstig nasionale wetgewing gepaste verrigtinge vir die verwydering of oorplasing van, of tugstappe teen, daardie kommissaris instel. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,953 | n Burgerlike sekretariaat vir die polisiediens moet deur nasionale wetgewing ingestel word om te funksioneer in opdrag van die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,954 | Enige intelligensiediens, behalwe enige intelligensieafdeling van die weermag of die polisiediens, kan slegs deur die President, as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, en slegs ingevolge nasionale wetgewing ingestel word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,955 | Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag moet 'n vrou of 'n man aanstel as hoof van elke intelligensiediens wat ingevolge subartikel (1) ingestel word, en moet óf politieke verantwoordelikheid vir die beheer oor en bestuur van enige van dié dienste aanvaar, óf 'n lid van die Kabinet aanwys om dié verantwoordelikheid te aanvaar. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,956 | burgerlike monitering van die bedrywighede van dié dienste deur 'n inspekteur wat deur die President, as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, aangestel word en wat goedgekeur is by 'n besluit van die Nasionale Vergadering aangeneem met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes van die lede van die Vergadering. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,957 | Die instelling, status en rol van tradisionele leierskap, volgens die gewoontereg, word behoudens die Grondwet erken. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,958 | 'n Tradisionele owerheid wat 'n stelsel van gewoontereg naleef, kan funksioneer behoudens enige toepaslike wetgewing en gebruike, waarby ingesluit is enige wysiging of herroeping van daardie wetgewing of gebruike. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,959 | Die howe moet die gewoontereg toepas wanneer dié reg toepasbaar is, behoudens die Grondwet en enige wetgewing wat spesifiek oor gewoontereg handel. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,960 | Nasionale wetgewing kan voorsiening maak vir 'n rol vir tradisionele leierskap as 'n instelling op plaaslike vlak betreffende aangeleenthede wat plaaslike gemeenskappe raak. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,961 | nasionale wetgewing 'n raad van tradisionele leiers instel. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,962 | Daar is 'n Nasionale Inkomstefonds, waarin alle geld gestort word wat deur die nasionale regering ontvang word, behalwe geld wat redelikerwys deur 'n Parlementswet uitgesluit word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,963 | as 'n regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds, wanneer in die Grondwet of 'n Parlementswet daarvoor voorsiening gemaak word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,964 | 'n Provinsie se billike deel van die inkomste wat nasionaal ingevorder word, is 'n regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,965 | enige ander toekennings aan provinsies, plaaslike regering of munisipaliteite uit die nasionale regering se deel van daardie inkomste, en voorwaardes waarop daardie toekennings gedoen kan word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,966 | die behoefte aan buigsaamheid in die hantering van noodgevalle of ander tydelike behoeftes, en ander faktore wat op soortgelyke objektiewe maatstawwe gebaseer is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,967 | Nasionale, provinsiale en munisipale begrotings en begrotingsprosesse moet deursigtigheid, verantwoordingspligtigheid en die doeltreffende finansiële bestuur van die ekonomie, skuld en die openbare sektor bevorder. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,968 | dat begrotings in elke regeringsfeer die bronne van inkomste en die wyse waarop voorgestelde uitgawes aan nasionale wetgewing sal voldoen, moet aantoon. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,969 | aanspreeklikheid wat in die daaropvolgende jaar die staatskuld sal verhoog. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,970 | eenvormige toesourienorme en -standaarde. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,971 | Die nasionale tesourie kan met die instemming van die Kabinetslid wat vir nasionale finansiële sake verantwoordelik is, slegs weens ernstige of volgehoue wesenlike oortreding van die maatreëls ingevolge subartikel (1) voorgeskryf die oordrag van fondse aan 'n staatsorgaan staak. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,972 | kan onmiddellik afgedwing word, maar sal terugwerkend verval tensy die Parlement dit goedkeur ooreenkomstig 'n proses wat wesenlik dieselfde is as dié ingevolge artikel 76(1) ingestel en deur die gesamentlike reëls en orders van die Parlement voorgeskryf. Hierdie proses moet binne 30 dae vanaf die nasionale tesourie se besluit afgehandel word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,973 | Die Parlement kan ooreenkomstig die proses ingevolge subartikel (3) ingestel 'n besluit om die oordrag van fondse te staak, vir hoogstens 120 dae op 'n keer hernu. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,974 | moet die provinsie 'n geleentheid gebied word om voor 'n komitee te antwoord op die aantygings teen hom en sy saak te stel. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,975 | Wanneer 'n staatsorgaan in die nasionale, provinsiale of plaaslike regeringsfeer, of enige ander instelling in nasionale wetgewing geïdentifiseer, vir goedere of dienste kontrakteer, moet hy dit doen ooreenkomstig 'n stelsel wat regverdig, billik, deursigtig, mededingend en kostedoeltreffend is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,976 | die beskerming of vooruitgang van persone, of kategorieë persone, wat deur onbillike diskriminasie benadeel is nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,977 | Nasionale wetgewing moet 'n raamwerk voorskryf waarbinne die beleid genoem in subartikel (2) toegepas kan word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,978 | Die nasionale regering, 'n provinsiale regering of 'n munisipaliteit kan 'n lening waarborg slegs indien die waarborg voldoen aan voorwaardes wat in nasionale wetgewing uiteengesit word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,979 | Nasionale wetgewing bedoel in subartikel (1) kan verorden word slegs nadat aanbevelings van die Finansiële en Fiskale Kommissie oorweeg is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,980 | Elke regering moet elke jaar 'n verslag publiseer oor die waarborge wat hy verstrek het. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,981 | die boonste perke van die salarisse, toelaes of voordele van lede van provinsiale wetgewers, lede van Uitvoerende Rade en lede van Munisipale Rade van die verskillende kategorieë. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,982 | Nasionale wetgewing moet 'n onafhanklike kommissie instel om aanbevelings te doen oor die salarisse, toelaes en voordele in subartikel (1) genoem. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,983 | Die Parlement kan die wetgewing genoem in subartikel (1) aanneem slegs na oorweging van enige aanbevelings van die kommissie ingevolge subartikel (2) ingestel. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,984 | Die nasionale uitvoerende gesag, 'n provinsiale uitvoerende gesag, 'n munisipaliteit of enige ander tersaaklike gesag kan die nasionale wetgewing genoem in subartikel (1) toepas slegs na oorweging van enige aanbevelings van die kommissie ingevolge subartikel (2) ingestel. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,985 | Nasionale wetgewing moet raamwerke voorskryf vir die bepaling van die salarisse, toelaes en voordele van regters, die Openbare Beskermer, die Ouditeur-generaal en lede van enige kommissie waarvoor die Grondwet voorsiening maak, met inbegrip van die uitsaai-owerheid in artikel 192 genoem. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,986 | Daar is 'n Finansiële en Fiskale Kommissi e vir die Republiek, wat aan die Parlement, provinsiale wetgewers en enige ander gesag deur nasionale wetgewing bepaal, aanbevelings doen wat in hierdie Hoofstuk of in nasionale wetgewing beoog word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,987 | Die Kommissie is onafhanklik en slegs aan die Grondwet en die reg onderworpe, en moet onpartydig wees. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,988 | Die Kommissie funksioneer ingevolge 'n Parlementswet en moet by die verrigting van sy funksies alle tersaaklike faktore in aanmerking neem, met inbegrip van dié in artikel 214(2) vermeld. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,989 | twee persone benoem deur georganiseerde plaaslike regering ingevolge artikel 163; en (d) nege ander persone. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,990 | Lede van die Kommissie moet toepaslike kundigheid besit. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,991 | Lede dien vir 'n termyn ingevolge nasionale wetgewing bepaal. Die President kan 'n lid van die amp onthef op grond van wangedrag, onvermoë of onbevoegdheid. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,992 | Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is die sentrale bank van die Republiek en word ingevolge 'n Parlementswet gereguleer. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,993 | gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei in die Republiek die waarde van die geldeenheid te beskerm. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,994 | Die Suid-Afrikaanse Reserwebank moet in die nastrewing van sy hoofoogmerk sy funksies onafhanklik en sonder vrees, begunstiging of vooroordeel verrig, maar daar moet gereelde oorlegpleging wees tussen die Bank en die Kabinetslid wat vir nasionale finansiële sake verantwoordelik is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,995 | Die bevoegdhede en funksies van die Suid-Afrikaanse Reserwebank is dié wat gebruiklikerwys deur sentrale banke uitgeoefen en verrig word, moet deur 'n Parlementswet bepaal word en moet uitgeoefen of verrig word behoudens die voorwaardes ingevolge dié Wet voorgeskryf. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,996 | Daar is 'n Provinsiale Inkomstefonds vir elke provinsie, waarin alle geld gestort word wat deur die provinsiale regering ontvang word, behalwe geld wat redelikerwys deur 'n Parlementswet uitgesluit word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,997 | as 'n regstreekse las teen die Provinsiale Inkomstefonds, wanneer in die Grondwet of 'n provinsiale Wet daarvoor voorsiening gemaak word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,998 | Inkomste wat ingevolge artikel 214(1) deur bemiddeling van 'n provinsie aan plaaslike regering in daardie provinsie toegeken word, is 'n regstreekse las teen daardie provinsie se Inkomstefonds. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,999 | kan hetsy voorwaardelik hetsy onvoorwaardelik ander toekennings uit nasionale regeringsinkomste ontvang. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,000 | Bykomende inkomste wat deur provinsies of munisipaliteite ingevorder word, mag nie afgetrek word van hul deel van die inkomste wat nasionaal ingevorder word, of van enige ander toekennings wat uit die nasionale regeringsinkomste aan hulle gedoen word nie. Insgelyks rus daar geen verpligting op die nasionale regering om provinsies of munisipaliteite te vergoed wat nie inkomste in ooreenstemming met hul fiskale vermoë en belastingbasis invorder nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,001 | n Provinsie se billike deel van inkomste wat nasionaal ingevorder word, moet onverwyld en sonder vermindering aan die provinsie oorgedra word, behalwe wanneer die oordrag ingevolge artikel 216 gestaak is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,002 | 'n Provinsie moet vir homself enige geldmiddele voorsien wat hy ingevolge 'n bepaling van sy provinsiale grondwet bykomend by sy behoeftes in die Grondwet beoog, nodig het. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,003 | uniforme bobelasting hef op die belastingbasisse van enige belasting, heffing of reg wat deur nasionale wetgewing opgelê word, uitgesonderd die belastingbasisse van korporatiewe inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde, eiendomsbelasting of doeaneregte. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,004 | moet gereguleer word ingevolge 'n Parlementswet, wat verorden kan word slegs nadat enige aanbevelings van die Finansiële en Fiskale Kommissie oorweeg is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,005 | indien deur nasionale wetgewing daartoe gemagtig, ander belastings, heffings en regte oplê wat gepas is vir plaaslike regering of vir die kategorie plaaslike regering waarin daardie munisipaliteit val, maar geen munisipaliteit mag inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde, algemene verkoopbelasting of doeaneregte oplê nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,006 | kan deur nasionale wetgewing gereguleer word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,007 | Wanneer twee munisipaliteite dieselfde fiskale bevoegdhede en funksies met betrekking tot dieselfde gebied het, moet 'n gepaste verdeling van daardie bevoegdhede en funksies ingevolge nasionale wetgewing gedoen word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,008 | Die behoefte om aan gesonde belastingbeginsels te voldoen. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,009 | Die bevoegdhede wat uitgeoefen word en funksies wat verrig word deur elke munisipaliteit. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,010 | Die fiskale vermoë van elke munisipaliteit. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,011 | Niks in hierdie artikel belet dat inkomste wat ingevolge hierdie artikel ingevorder word, gedeel word tussen munisipaliteite wat in dieselfde gebied fiskale bevoegdheid en funksies het nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,012 | Nasionale wetgewing in hierdie artikel beoog, kan verorden word slegs nadat georganiseerde plaaslike regering en die Finansiële en Fiskale Kommissie geraadpleeg is en enige aanbevelings van die Kommissie oorweeg is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,013 | moet binne twaalf maande terugbetaal word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,014 | Nasionale wetgewing bedoel in subartikel (1) kan verorden word slegs nadat enige aanbevelings van die Finansiële en Fiskale Kommissie oorweeg is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,015 | Die onderhandeling en ondertekening van alle internasionale ooreenkomste is die verantwoordelikheid van die nasionale uitvoerende gesag. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,016 | 'n Internasionale ooreenkoms bind die Republiek slegs nadat dit in sowel die Nasionale Vergadering as die Nasionale Raad van Provinsies by besluit goedgekeur is, tensy dit 'n ooreenkoms genoem in subartikel (3) is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,017 | 'n Internasionale ooreenkoms van tegniese, administratiewe of uitvoerende aard, of 'n ooreenkoms wat nie bekragtiging of toetrede vereis nie, en wat deur die nasionale uitvoerende gesag aangegaan is, bind die Republiek sonder goedkeuring deur die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies, maar moet binne 'n redelike tyd in die Vergadering en die Raad ter tafel gelê word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,018 | 'n Internasionale ooreenkoms verkry regskrag in die Republiek wanneer dit by nasionale wetgewing as wet verorden word; maar 'n direk uitvoerbare bepaling van 'n ooreenkoms wat deur die Parlement goedgekeur is, verkry regskrag in die Republiek tensy die ooreenkoms met die Grondwet of 'n Parlementswet onbestaanbaar is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,019 | Die Republiek word gebind deur internasionale ooreenkomste wat die Republiek by die inwerkingtreding van hierdie Grondwet gebind het. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,020 | Volkeregtelike gewoontereg het regskrag in die Republiek tensy dit met die Grondwet of 'n Parlementswet onbestaanbaar is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,021 | By die uitleg van wetgewing moet elke hof aan enige redelike uitleg van die wetgewing wat met die volkereg bestaanbaar is, voorkeur gee bo enige alternatiewe uitleg wat met die volkereg onbestaanbaar is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,022 | Ten einde die kultuur van demokrasie deur die Grondwet ingestel, te versterk, kan die Parlement Handveste van Regte aanneem wat met die bepalings van die Grondwet bestaanbaar is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,023 | Die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking soos in hierdie Grondwet vergestalt, belet nie, binne die raamwerk van dié reg, die erkenning nie van die konsep van die reg van enige gemeenskap wat 'n gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, op selfbeskikking binne 'n territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse, soos deur nasionale wetgewing bepaal. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,024 | Ten einde veelparty-demokrasie te bevorder, moet nasionale wetgewing voorsiening maak vir die befondsing, op 'n billike en proporsionele grondslag, van politieke partye wat aan nasionale en provinsiale wetgewers meedoen. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,025 | Alle grondwetlike verpligtinge moet getrou en sonder versuim nagekom word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,026 | enige bevoegdheid of funksie vir enige ander uitvoerende staatsorgaan op 'n agentskaps-of delegeringsgrondslag uitoefen of verrig. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,027 | wetgewing wat van krag was toe die Grondwet in werking getree het en wat deur 'n provinsiale regering geadministreer word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,028 | Engelse teks die deurslag. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,029 | Bylae 6 is van toepassing op die oorgang na die nuwe grondwetlike bestel wat deur hierdie Grondwet ingestel word en op enige aangeleentheid wat met dié oorgang in verband staan. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,030 | Die wette vermeld in Bylae 7 word herroep, behoudens artikel 243 en Bylae 6. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,031 | Hierdie Wet heet die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, en tree so gou as moontlik in werking op 'n datum wat die President by proklamasie bepaal, wat nie 'n datum later as 1 Julie 1997 mag wees nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,032 | Die President kan verskillende datums wat voor die datum vermeld in subartikel (1) is ten opsigte van verskillende bepalings van die Grondwet bepaal. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,033 | Tensy uit die samehang anders blyk, word 'n verwysing in 'n bepaling van die Grondwet na 'n tydstip waarop die Grondwet in werking getree het, uitgelê as 'n verwysing na die tydstip waarop daardie bepaling in werking getree het. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,034 | Indien daar ingevolge subartikel (2) 'n verskillende datum ten opsigte van enige besondere bepaling van die Grondwet bepaal word, word enige ooreenstemmende bepaling van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993 (Wet 200 van 1993), wat in die proklamasie vermeld word, met ingang van dieselfde datum herroep. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,035 | Artikels 213, 214, 215, 216, 218, 226, 227, 228, 229 en 230 tree op 1 Januarie 1998 in werking, maar dit belet nie die verordening ingevolge hierdie Grondwet voor daardie datum van wetgewing wat in enige van hierdie bepalings beoog word nie. Tot daardie datum bly enige ooreenstemmende en verbandhoudende bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993, van krag. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,036 | Die nasionale vlag is reghoekig, en is een en 'n half maal langer as die wydte daarvan. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 9,037 | Dit is swart, goud, groen, wit, rissierooi en blou. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.