document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,838
Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,839
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,840
Hierdie instellings is onafhanklik, en slegs aan die Grondwet en die reg onderworpe, en moet onpartydig wees en hul bevoegdhede en funksies sonder vrees, begunstiging of vooroordeel uitoefen en verrig.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,841
Ander staatsorgane moet hierdie instellings deur middel van wetgewende en ander maatreëls bystaan en beskerm ten einde die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid en doeltreffendheid van hierdie instellings te verseker.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,842
Geen persoon of staatsorgaan mag op die funksionering van hierdie instellings inbreuk maak nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,843
Hierdie instellings is teenoor die Nasionale Vergadering verantwoordingspligtig, en moet minstens een keer per jaar oor hul bedrywighede en die verrigting van hul funksies aan die Vergadering verslag doen.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,844
om oor dié optrede verslag te doen; en (c) om gepaste regstellende stappe te doen.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,845
Die Openbare Beskermer het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,846
Die Openbare Beskermer mag nie hofbeslissings ondersoek nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,847
Die Openbare Beskermer moet vir alle persone en gemeenskappe toeganklik wees.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,848
Enige verslag deur die Openbare Beskermer uitgereik, moet vir die publiek toeganklik wees, tensy buitengewone omstandighede, wat ingevolge nasionale wetgewing bepaal moet word, vereis dat 'n verslag vertroulik gehou word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,849
Die Openbare Beskermer word vir 'n nie-herhaalbare termyn van sewe jaar aangestel.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,850
die handhawing van menseregte in die Republiek monitor en die stand daarvan bepaal.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,851
om op te voed.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,852
Die Menseregtekommissie moet jaarliks van enige betrokke staatsorgane vereis om die Kommissie te voorsien van inligting oor die maatreëls wat hulle getref het ter verwesenliking van die regte in die Handves van Regte betreffende behuising, gesondheidsorg, voedsel, water, maatskaplike sekerheid, die onderwys en die omgewing.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,853
Die Menseregtekommissie het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,854
om die instelling of erkenning, ooreenkomstig nasionale wetgewing, van 'n kultuur- of ander raad of rade vir 'n gemeenskap of gemeenskappe in Suid-Afrika aan te beveel.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,855
Die Kommissie het die bevoegdheid, soos deur nasionale wetgewing gereguleer, wat nodig is om sy hoofoogmerke te bereik, met inbegrip van die bevoegdheid om kwessies betreffende die regte van kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe te monitor, te ondersoek, na te vors, opvoeding daaroor te voorsien, steun daarvoor te werf, daaroor te adviseer en verslag daaroor te doen.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,856
Die Kommissie kan enige aangeleentheid wat binne sy bevoegdhede en funksies val aan die Menseregtekommissie vir ondersoek rapporteer.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,857
Die Kommissie het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,858
Die getal lede van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe en hul aanstelling en ampstermyne moet deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,859
in die breë die geslagsamestelling van Suid -Afrika weerspieël.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,860
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid moet respek vir geslagsgelykheid en die ontwikkeling, beskerming en verwesenliking van geslagsgelykheid bevorder.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,861
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het die bevoegdheid, soos deur nasionale wetgewing gereguleer, wat nodig is om sy funksies te verrig, met inbegrip van die bevoegdheid om aangeleenthede betreffende geslagsgelykheid te monitor, te ondersoek, na te vors, opvoeding daaroor te voorsien, steun daarvoor te werf, daaroor te adviseer en verslag daaroor te doen.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,862
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,863
enige ander instelling of rekenpligtige instansie wat ingevolge nasionale of provinsiale wetgewing deur die Ouditeur-generaal geouditeer moet word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,864
enige instelling wat ingevolge enige wet gemagtig is om geld vir 'n openbare doel te ontvang.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,865
Die Ouditeur-generaal moet ouditverslae voorlê aan enige wetgewer wat 'n regstreekse belang in die oudit het, en aan enige ander gesag wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word. Alle verslae moet openbaar gemaak word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,866
Die Ouditeur-generaal het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,867
Die Ouditeur-generaal word vir 'n vaste, nie-herhaalbare termyn van tussen vyf en tien jaar aangestel.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,868
die uitslae van dié verkiesings bekend maak binne 'n tydperk wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf moet word en so kort as redelikerwys moontlik moet wees.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,869
Die Verkiesingskommissie het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,870
Die Verkiesingskommissie bestaan uit minstens drie persone. Die getal lede en hul ampstermyne moet deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,871
'n Onafhanklike owerheid moet deur nasionale wetgewing ingestel word om die uitsaaiwese in die openbare belang te reguleer en om toe te sien dat regverdigheid geskied en 'n verskeidenheid van sienswyses aangebied word wat in die breë verteenwoordigend van die Suid-Afrikaanse samelewing is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,872
voldoen aan enige ander vereistes wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,873
Die behoefte dat 'n Kommissie wat deur hierdie Hoofstuk ingestel word, in die breë die rasse- en geslagsamestelling van Suid-Afrika weerspieël, moet by die aanstelling van lede in aanmerking geneem word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,874
Die Ouditeur-generaal moet 'n vrou of 'n man wees wat 'n Suid-Afrikaanse burger en 'n geskikte en gepaste persoon is om dié amp te beklee. By die aanstelling van die Ouditeur -generaal moet gespesialiseerde kennis of ervaring van ouditering, staatsfinansies en die openbare administrasie behoorlik in aanmerking geneem word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,875
op aanbeveling van die Nasionale Vergadering aanstel.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,876
'n meerderheid van die lede van die Vergadering, indien die aanbeveling betrekking het op die aanstelling van 'n lid van 'n Kommissie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,877
Daar kan vir die betrokkenheid van die burgerlike gemeenskap in die aanbevelingsproses voorsiening gemaak word soos in artikel 59(1)(a) beoog.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,878
n besluit van die Vergadering waarin gevra word dat dié persoon van die amp onthef word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,879
'n lid van 'n Kommissie, moet aangeneem word met 'n ondersteunende stem van 'n meerderheid van die lede van die Vergadering.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,880
moet 'n persoon van die amp onthef by aanname deur die Vergadering van die besluit waarin gevra word dat dié persoon van die amp onthef word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,881
n Hoë standaard van beroepsetiek moet bevorder en ge handhaaf word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,882
Die voordelige, ekonomiese en doeltreffende aanwending van hulpbronne moet bevorder word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,883
Openbare administrasie moet ontwikkelingsgerig wees.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,884
Dienste moet onpartydig, regverdig, op billike grondslag en sonder vooroordeel gelewer word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,885
Aandag moet aan mense se behoeftes gegee word, en die publiek moet aangemoedig word om aan beleidsvorming deel te neem.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,886
Openbare administrasie moet verantwoordingspligtig wees.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,887
Deursigtigheid moet bevorder word deur die publiek van tydige, toeganklike en korrekte inligting te voorsien.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,888
moet ontwikkel word ten einde menslike potensiaal tot die maksimum te ontsluit.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,889
Openbare administrasie moet in die breë verteenwoordigend wees van die Suid -Afrikaanse bevolking, met indiensnemings- en personeelbestuurspraktyke wat gebaseer is op vermoë, objektiwiteit, billikheid en die behoefte om die wanbalanse van die verlede reg te stel ten einde breë verteenwoordiging te bewerkstellig.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,890
Nasionale wetgewing moet die bevordering verseker van die waardes en beginsels wat in subartikel (1) vermeld word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,891
Die aanstelling in die openbare administrasie van 'n aantal persone op grond van beleidsoorwegings word nie uitgesluit nie, maar nasionale wetgewing moet dié aanstellings in die staatsdiens reguleer.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,892
Wetgewing wat die openbare administrasie reguleer, kan 'n onderskeid maak tussen verskillende sektore, administrasies of instellings.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,893
Die aard en funksies van verskillende sektore, administrasies of instellings van die openbare administrasie is tersaaklike faktore wat in aanmerking geneem moet word in wetgewing wat die openbare administrasie reël.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,894
Daar is 'n enkele Staatsdienskommissie vir die Republiek.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,895
begunstiging of vooroordeel sy bevoegdhede uitoefen en sy funksies verrig in die belang van die handhawing van 'n doeltreffende en bevoegde openbare administrasie en 'n hoë standaard van beroepsetiek in die staatsdiens. Die Kommissie moet deur nasionale wetgewing gereguleer word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,896
Ander staatsorgane moet deur middel van wetgewende en ander maatreë ls die Kommissie bystaan en beskerm ten einde die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid en doeltreffendheid van die Kommissie te verseker. Geen persoon of staatsorgaan mag op die funksionering van die Kommissie inbreuk maak nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,897
nasionale en provinsiale staatsorgane van advies te dien oor personeelpraktyke in die staatsdiens, met inbegrip van dié met betrekking tot die werwing, aanstelling, oorplasing, uitdienstreding en ander aspekte van die loopbane van werknemers in die staatsdiens.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,898
Die Kommissie is teenoor die Nasionale Vergadering verantwoordingspligtig.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,899
ten opsigte van sy bedrywighede in 'n provinsie, aan die wetgewer van daardie provinsie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,900
een kommissaris vir elke provinsie ooreenkomstig subartikel (8)(b) deur die Premier van die provinsie benoem.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,901
deur die Vergadering goedgekeur word by 'n besluit aangeneem met 'n ondersteunende stem van 'n meerderheid van die lede van die Vergadering.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,902
deur die wetgewer goedgekeur word by 'n besluit aangeneem met 'n ondersteunende stem van 'n meerderheid van die lede van die wetgewer.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,903
Die prosedure vir die aanstelling van kommissarisse word deur 'n Parlementswet gereguleer.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,904
n geskikte en gepaste persoon is met kennis of ervaring van administrasie, bestuur of die verskaffing van openbare dienste.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,905
'n besluit van die Vergadering of die betrokke provinsiale wetgewer wat aangeneem is met 'n ondersteunende stem van 'n meerderheid van sy lede en waarin gevra word dat die kommissaris van die amp onthef word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,906
skriftelike verwittiging deur die Premier dat die provinsiale wetgewer 'n besluit aangeneem het waarin gevra word dat daardie kommissaris van die amp onthef word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,907
Kommissarisse in subartikel (7)(b) bedoel, kan die bevoegdhede en funksies van die Kommissie in hul provinsies uitoefen en verrig soos deur nasionale wetgewing voorgeskryf.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,908
beleid van die regering aan die bewind getrou moet uitvoer.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,909
Die bedinge en voorwaardes van indiensneming in die staatsdiens moet deur nasionale wetgewing gereël word. Werknemers is geregtig op 'n billike pensioen soos deur nasionale wetgewing gereël.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,910
Geen werknemer van die staatsdiens mag begunstig of benadeel word slegs omdat dié persoon 'n bepaalde politieke party of saak steun nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,911
Provinsiale regerings is verantwoordelik vir die werwing, aanstelling, bevordering, oorplasing en ontslag van lede van die staatsdiens in hul administrasies binne 'n raamwerk van eenvormige norme en standaarde wat op die staatsdiens van toepassing is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,912
Nasionale veiligheid moet die vasberadenheid weerspieël va n Suid-Afrikaners, as individue en as nasie, om as gelykes te leef, in vrede en harmonie te leef, vry te wees van vrees en gebrek, en 'n beter bestaan na te streef.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,913
Hierdie vasberadenheid om in vrede en harmonie te leef, belet elke Suid-Afrikaanse burger om deel te neem aan gewapende stryd, nasionaal of internasionaal, behalwe waar ingevolge die Grondwet of nasionale wetgewing daarvoor voorsiening gemaak word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,914
Nasionale veiligheid moet nagestreef word in ooreenstemming met die reg, met inbegrip van die volkereg.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,915
Nasionale veiligheid is onderworpe aan die gesag van die Parlement en die nasionale uitvoerende gesag.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,916
Die veiligheidsdienste van die Republiek bestaan uit 'n enkele weermag, 'n enkele polisiediens en enige intelligensiedienste wat ingevolge die Grondwet ingestel word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,917
Die weermag is die enigste wettige militêre mag in die Republiek.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,918
Benewens die veiligheidsdienste ingevolge die Grondwet ingestel, kan gewapende organisasies of dienste slegs ingevolge nasionale wetgewing ingestel word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,919
Die veiligheidsdienste moet deur nasionale wetgewing gestruktureer en gereguleer word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,920
Die veiligheidsdienste moet optree, en moet hul lede oplei en van hulle vereis om op te tree, ooreenkomstig die Grondwet en die reg, met inbegrip van die volkeregtelike gewoontereg en van internasionale ooreenkomste wat die Republiek bind.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,921
Geen lid van enige veiligheidsdiens mag 'n klaarblyklik onwettige bevel gehoorsaam nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,922
enige partypolitieke belang wat ingevolge die Grondwet wettig is, benadeel; of (b) op partydige wyse enige belang van 'n politieke party bevorder.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,923
Ten einde uitvoering te gee aan die beginsels van deursigtigheid en verantwoordingspligtigheid, moet veelpartykomitees van die Parlement toesig hou oor alle veiligheidsdienste op 'n wyse wat deur nasionale wetgewing of die reëls en orders van die Parlement bepaal word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,924
Die hoofdoel van die weermag is om die Republiek, sy territoriale integriteit en sy mense te verdedig en te beskerm, in ooreenstemming met die Grondwet en die volkeregtelike beginsels met betrekking tot die aanwending van mag.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,925
n Lid van die Kabinet moet vir verdediging verantwoordelik wees.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,926
ter nakoming van 'n internasionale verpligting.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,927
die tydperk waarvoor die mag na verwagting aangewend sal word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,928
Indien die Parlement nie sit gedurende die eerste sewe dae nadat die weermag aangewend is soos in subartikel (2) beoog nie, moet die President die inligting wat in subartikel (3) vereis word, aan die toepaslike toesighoudende komitee verskaf.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,929
Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag is die Opperbevelhebber van die weermag, en moet die militêre bevelvoerders van die weermag aanstel.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,930
Daar moet ooreenkomstig die opdragte van die Kabinetslid wat vir verdediging verantwoordelik is, oor die weermag bevel gevoer word onder die gesag van die President.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,931
enige plek waar die weermag aangewend word; en (c) die getal mense wat daarby betrokke is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,932
Indien die Parlement nie sit wanneer 'n staat van nasionale verdediging verklaar word nie, moet die President die Parlement binne sewe dae vanaf die verklaring vir 'n buitengewone sitting byeenroep.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,933
'n Verklaring van 'n staat van nasionale verdediging verval tensy dit binne sewe dae vanaf die verklaring deur die Parlement goedgekeur word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,934
n Burgerlike sekretariaat vir verdediging moet deur nasionale wetgewing ingestel word om te funksioneer in opdrag van die Kabinetslid wat vir verdediging verantwoordelik is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,935
Die nasionale polisiediens moet gestruktureer word om in die nasionale, die provinsiale en, waar gepas, die plaaslike regeringsfere te funksioneer.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,936
Nasionale wetgewing moet die bevoegdhede en funksies van die polisiediens bepaal en moet die polisiediens in staat stel om sy verantwoordelikhede doeltreffend na te kom, met inagneming van die behoeftes van die provinsies.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,937
Die doelstellings van die polisiediens is om misdaad te voorkom, te bestry en te ondersoek, die openbare orde te handhaaf, die inwoners van die Republiek en hul eiendom te beskerm en te beveilig, en die reg te handhaaf en toe te pas.