document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,638 | 'n Regter deur die President van die Konstitusionele Hof aangewys, moet by die verkiesing van 'n Speaker voorsit. Die Speaker sit by die verkiesing van 'n Adjunkspeaker voor. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,639 | Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die verkiesing van Speakers en Adjunkspeakers van toepassing. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,640 | 'n Provinsiale wetgewer kan sy Speaker of Adjunkspeaker by besluit van die amp onthef. 'n Meerderheid van die lede van die wetgewer moet teenwoordig wees wanneer dié besluit aangeneem word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,641 | n Provinsiale wetgewer kan ingevolge sy reëls en orders uit sy geledere ander voorsittende beamptes kies om die Speaker en Adjunkspeaker behulpsaam te wees. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,642 | word alle vrae wat voor 'n provinsiale wetgewer dien, beslis deur 'n meerderheid van die stemme wat uitgebring word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,643 | kan 'n beraadslagende stem uitbring wanneer 'n vraag beslis moet word met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes van die lede van die wetgewer. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,644 | 'n Provinsie se vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies kan in hulle provinsiale wetgewer en sy komitees sitting neem en daarin praat, maar mag nie stem nie. Die wetgewer kan van 'n vaste afgevaardigde vereis om in die wetgewer of sy komitees sitting te neem. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,645 | wetgewing, behalwe Geldwetsontwerpe, inisieer of opstel. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,646 | enige provinsiale staatsorgaan. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,647 | van enige belanghebbende persone of instellings petisies, vertoë of voorleggings ontvang. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,648 | Interne reëlings, verrigtinge en prosedures van provinsiale wetgewers 116. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,649 | van die Opposisie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,650 | enigiets wat aan die lig gebring is as gevolg van enigiets wat hulle in of voor of aan die wetgewer of enige van sy komitees gesê, blootgelê of voorgelê het nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,651 | Ander voorregte en immuniteite van 'n provinsiale wetgewer en sy lede kan deur nasionale wetgewing voorgeskryf word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,652 | n regstreekse las teen die Provinsiale Inkomstefonds. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,653 | Publieke toegang tot en betrokkenheid in provinsiale wetgewers 118. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,654 | voorsiening te maak vir die deursoeking van en, waar dit gepas is, die weiering van toegang aan of die verwydering van enige persoon. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,655 | 'n Provinsiale wetgewer mag nie die publiek, met inbegrip van die media, van 'n sitting van 'n komitee uitsluit nie tensy dit in 'n oop en demokratiese gemeenskap redelik en regverdigbaar is om dit te doen. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,656 | Slegs lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie of 'n komitee of lid van 'n provinsiale wetgewer kan 'n Wetsontwerp by die wetgewer indien; maar slegs die lid van die Uitvoerende Raad wat vir finansiële sake in die provinsie verantwoordelik is, kan 'n Geldwetsontwerp by die wetgewer indien. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,657 | 'n Wetsontwerp wat geld bewillig of belastings, heffings of regte oplê, is 'n Geldwetsontwerp. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,658 | n ondergeskikte aangeleentheid wat verband hou met die bewilliging van geld of die oplegging van belastings, heffings of regte. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,659 | 'n Provinsiale Wet moet voorsiening maak vir 'n prosedure waarvolgens die provinsie se wetgewer 'n Geldwetsontwerp kan wysig. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,660 | Die Premier van 'n provinsie moet 'n Wetsontwerp wat ingevolge hierdie Hoofstuk deur die provinsiale wetgewer aangeneem is óf bekragtig en onderteken óf, indien die Premier voorbehoude omtrent die grondwetlikheid van die Wetsontwerp het, dit na die wetgewer vir heroorweging terugverwys. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,661 | óf dit na die Konstitusionele Hof vir 'n beslissing oor die grondwetlikheid daarvan verwys. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,662 | Indien die Konstitusionele Hof beslis dat die Wetsontwerp grondwetlik is, moet die Premier dit bekragtig en onderteken. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,663 | Lede van 'n provinsiale wetgewer kan by die Konstitusionele Hof aansoek doen om 'n bevel wat verklaar dat 'n provinsiale Wet in die geheel of ten dele ongrondwetlik is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,664 | moet gedoen word binne 30 dae vanaf die datum waarop die Premier die Wet bekragtig en onderteken het. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,665 | die aansoek 'n redelike vooruitsig het om te slaag. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,666 | Indien 'n aansoek nie slaag nie, en nie 'n redelike vooruitsig gehad het om te slaag nie, kan die Konstitusionele Hof die aansoekers gelas om die koste te betaal. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,667 | 'n Wetsontwerp wat deur die Premier van 'n provinsie bekragtig en onderteken is, word 'n provinsiale Wet, moet onverwyld gepubliseer word en tree in werking by die publikasie daarvan of op 'n datum ingevolge die Wet bepaal. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,668 | Die ondertekende eksemplaar van 'n provinsiale Wet is afdoende bewys van die bepalings van daardie Wet en moet na die publikasie daarvan vir veilige bewaring aan die Konstitusionele Hof toevertrou word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,669 | Die uitvoerende gesag van 'n provinsie berus by die Premier van daardie provinsie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,670 | enige ander funksie te verrig wat ingevolge die Grondwet of 'n Parlementswet aan die provinsiale uitvoerende gesag opgedra is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,671 | n Provinsie het ingevolge subartikel (2)(b) uitvoerende gesag slegs in die mate waarin die provinsie die administratiewe vermoë het om doeltreffende verantwoordelikheid te aanvaar. Die nasionale regering moet deur middel van wetgewende en ander maatreëls provinsies help om die administratiewe vermoë te ontwikkel wat nodig is vir die doeltreffende uitoefening van hul bevoegdhede en verrigting aan hul funksies in subartikel (2) genoem. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,672 | 'n Geskil betreffende die administratiewe vermoë van 'n provinsie met betrekking tot enige funksie moet verwys word na die Nasionale Raad van Provinsies vir beslegting binne 30 dae vanaf die datum van die verwysing na die Raad. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,673 | Behoudens artikel 100 is die uitvoering van provinsiale wetgewing in 'n provinsie 'n eksklusiewe provinsiale uitvoerende bevoegdheid. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,674 | die provinsiale grondwet, indien 'n grondwet vir die provinsie aangeneem is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,675 | 'n Lid van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie kan enige bevoegdheid of funksie wat ingevolge 'n Parlementswet of 'n provinsiale Wet uitgeoefen of verrig moet word, aan 'n Munisipale Raad opdra. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,676 | tree by proklamering deur die Premier in werking. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,677 | Die Premier van 'n provinsie het die bevoegdhede en funksies wat deur die Grondwet en enige wetgewing aan dié amp opgedra word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,678 | die uitroep van 'n referendum in die provinsie ooreenkomstig nasionale wetgewing. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,679 | By sy eerste sitting na sy verkiesing, en wanneer dit ook al nodig is om 'n vakature te vul, moet 'n provinsiale wetgewer 'n vrou of 'n man uit sy geledere as die Premier van die provinsie verkies. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,680 | n Regter wat deur die President van die Konstitusionele Hof aangewys is, moet by die verkiesing van die Premier voorsit. Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die verkiesing van die Premier van toepassing. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,681 | en datum deur die President van die Konstitusionele Hof bepaal, maar nie later nie as 30 dae nadat die vakature ontstaan. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,682 | 'n Aangewese Premier aanvaar die amp binne vyf dae na die Premiersverkiesing, deur ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet af te lê. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,683 | 'n Premier se ampstermyn begin wanneer die Premier die amp aanvaar en eindig wanneer 'n vakature ontstaan of wanneer die persoon wat volgende as Premier verkies word die amp aanvaar. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,684 | Niemand mag die amp van Premier vir meer as twee ampstermyne beklee nie, maar wanneer iemand verkies word om 'n vakature in die amp van Premier te vul, word die tydperk tussen daardie verkiesing en die volgende verkiesing van 'n Premier nie as 'n ampstermyn beskou nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,685 | onvermoë om die funksies van die amp te verrig. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,686 | Iemand wat ingevolge subartikel (3)(a) of (b) van die amp van Premier onthef is, mag geen voordele van daardie amp ontvang nie, en mag in geen openbare amp dien nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,687 | n Lid van die Uitvoerende Raad deur die Premier aangewys. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,688 | n Lid van die Uitvoerende Raad deur die ander lede van die Uitvoerende Raad aangewys. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,689 | Die Speaker, totdat die wetgewer een van sy ander lede aanwys. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,690 | n Waarnemende Premier het die verantwoordelikhede, bevoegdhede en funksies van die Premier. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,691 | Voordat die Waarnemende Premier die verantwoordelikhede, bevoegdhede en funksies van die Premier aanvaar, moet die Waarnemende Premier ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,692 | Die Uitvoerende Raad van 'n provinsie bestaan uit die Premier, as hoof van die Raad, en minstens vyf en hoogstens tien lede deur die Premier uit die geledere van die provinsiale wetgewer aangestel. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,693 | Die Premier van 'n provinsie stel die lede van die Uitvoerende Raad aan, dra hulle bevoegdhede en funksies aan hulle op, en kan hulle ontslaan. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,694 | Die lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie is verantwoordelik vir die funksies van die uitvoerende gesag wat deur die Premier aan hulle opgedra word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,695 | Lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie is gesamentlik en afsonderlik teenoor die wetgewer aanspreeklik vir die uitoefening van hul bevoegdhede en die verrigting van hul funksies. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,696 | Wanneer 'n verkiesing van 'n provinsiale wetgewer gehou word, bly die Uitvoerende Raad en sy lede bevoeg om te funksioneer totdat die persoon wat deur die volgende wetgewer as Premier verkies word die amp aanvaar. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,697 | Voordat lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie begin om hul funksies te verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,698 | Lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie moet optree ooreenkomstig 'n etiese kode deur nasionale wetgewing voorgeskryf. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,699 | hul posisie of enige inligting aan hulle toevertrou, gebruik om hulself te verryk of enige ander persoon onbehoorlik te bevoordeel nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,700 | enige bevoegdheid of funksie oordra wat by wetgewing aan 'n ander lid opgedra is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,701 | te oefen of daardie funksie te verrig nie, opdra. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,702 | ekonomiese eenheid te handhaaf. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,703 | die Raad die ingryping gereeld in hersiening neem en enige gepaste aanbevelings aan die provinsiale uitvoerende gesag doen. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,704 | Nasionale wetgewing kan die proses ingestel deur hierdie artikel reguleer. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,705 | ingevolge wetgewing geneem word; of (b) regsgevolge het. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,706 | 'n Skriftelike besluit van die Premier moet deur 'n ander lid van die Uitvoerende Raad mede-onderteken word indien daardie besluit 'n funksie raak wat aan daardie ander lid opgedra is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,707 | Proklamasies, regulasies en ander instrumente van ondergeskikte wetgewing van 'n provinsie moet vir die publiek toeganklik wees. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,708 | in die provinsiale wetgewer ter tafel gelê moet word, spesifi seer; en (b) deur die provinsiale wetgewer goedgekeur moet word, spesifiseer. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,709 | Indien 'n provinsiale wetgewer by 'n besluit ten gunste waarvan 'n meerderheid van sy lede stem 'n voorstel van wantroue in die Uitvoerende Raad van die provinsie, uitgesonderd die Premier, aanneem, moet die Premier die Raad hersaamstel. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,710 | Indien 'n provinsiale wetgewer by 'n besluit ten gunste waarvan 'n meerderheid van sy lede stem 'n voorstel van wantroue in die Premier aanneem, moet die Premier en die ander lede van die Uitvoerende Raad bedank. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,711 | 'n Provinsiale wetgewer kan 'n grondwet vir die provinsie aanneem of, waar toepaslik, sy grondwet wysig, indien minstens twee derdes van sy lede ten gunste van die Wetsontwerp stem. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,712 | die instelling, rol, gesag en status van 'n tradisionele monarg waar dit gepas is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,713 | buite die bevoegdhede en funksies val wat deur ander artikels van die Grondwet aan die provinsie opgedra word nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,714 | Konstitusionele Hof vir sertifisering voorlê. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,715 | in sy geheel aan artikel 143 voldoen nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,716 | Die Premier van 'n provinsie moet 'n provinsiale grondwet of grondwetwysiging wat deur die Konstitusionele Hof gesertifiseer is, bekragtig en onderteken. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,717 | Die teks wat die Premier bekragtig en onderteken het, moet in die nasionale Staatskoerant gepubliseer word en tree in werking by die publikasie daarvan of op 'n latere datum ingevolge daardie grondwet of wysiging bepaal. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,718 | Die ondertekende teks van 'n provinsiale grondwet of grondwetwysiging is afdoende bewys van die bepalings daarvan en moet na die publikasie daarvan aan die Konstitusionele Hof vir veilige bewaring toevertrou word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,719 | Hierdie artikel is van toepassing op 'n teenstrydigheid tussen nasionale wetgewing en provinsiale wetgewing wat binne 'n funksionele gebied vermeld in Bylae 4 val. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,720 | Die nasionale wetgewing handel met 'n aangeleentheid wat nie doeltreffend gereël kan word deur wetgewing wat deur die onderskeie provinsies afsonderlik verorden word nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,721 | nasionale beleid te bepaal. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,722 | die bevordering van gelyke geleenthede of gelyke toegang tot regeringsdienste; of (vi) die beskerming van die omgewing. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,723 | die uitvoering van nasionale ekonomiese beleid belemmer. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,724 | Wanneer daar 'n geskil is oor die vraag of nasionale wetgewing nodig is vir 'n doel in subartikel (2)(c) uiteengesit en daardie geskil voor 'n hof kom om besleg te word, moet die hof die goedkeuring of die verwerping van die wetgewing deur die Nasionale Raad van Provinsies behoorlik in aanmerking neem. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,725 | Provinsiale wetgewing geniet voorrang bo nasionale wetgewing indien subartikel (2) of (3) nie van toepassing is nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,726 | geniet slegs indien daardie wet deur die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,727 | Indien die Nasionale Raad van Provinsies nie binne 30 dae vanaf sy eerste sitting nadat 'n wet na die Raad verwys is, tot 'n besluit kom nie, word daardie wet vir alle doeleindes beskou as deur die Raad goedgekeur te wees. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,728 | Indien die Nasionale Raad van Provinsies 'n wet bedoel in subartikel (6) nie goedkeur nie, moet die Raad binne 30 dae vanaf sy besluit redes waarom hy die wet nie goedgekeur het nie, stuur aan die gesag wat die wet na die Raad verwys het. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,729 | 'n aangeleentheid wat val binne 'n funksionele gebied in Bylae 4 vermeld, is artikel 146 van toepassing asof die betrokke bepaling van die provinsiale grondwet provinsiale wetgewing is wat in daardie artikel genoem word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,730 | Nasionale wetgewing in artikel 44(2) genoem, geniet voorrang bo provinsiale wetgewing ten opsigte van aangeleenthede binne die funksionele gebiede wat in Bylae 5 vermeld word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,731 | Indien 'n geskil oor 'n wetsteenstrydigheid nie deur 'n hof besleg kan word nie, geniet die nasionale wetgewing voorrang bo die provinsiale wetgewing of provinsiale grondwet. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,732 | 'n Beslissing deur 'n hof dat wetgewing voorrang bo ander wetgewing geniet, maak nie daardie ander wetgewing ongeldig nie, maar daardie ander wetgewing is nie van krag solank die teenstrydigheid voortduur nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,733 | By die oorweging van 'n skynbare teenstrydigheid tussen nasionale en provinsiale wetgewing, of tussen nasionale wetgewing en 'n provinsiale grondwet, moet elke hof voorkeur gee aan enige redelike uitleg van die wetgewing of grondwet wat 'n teenstrydigheid uitskakel, bo enige alternatiewe uitleg wat 'n teenstrydigheid tot gevolg het. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,734 | Die plaaslike regeringsfeer bestaan uit munisipaliteite, wat vir die hele grondgebied van die Republiek ingestel moet word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,735 | Die uitvoerende en wetgewende gesag van 'n munisipaliteit berus by sy Munisipale Raad. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,736 | n Munisipaliteit het die reg om op eie inisiatief die plaaslike regeringsaangeleenthede van sy gemeenskap te bestuur, behoudens nasionale en provinsiale wetgewing, soos in die Grondwet bepaal. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,737 | Die nasionale of 'n provinsiale regering mag nie 'n munisipaliteit se vermoë of reg om sy bevoegdhede uit te oefen of sy funksies te verrig, kompromitteer of belemmer nie. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.