document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,438 | Die President kan die Parlement te eniger tyd vir 'n buitengewone sitting byeenroep om spesiale werksaamhede te verrig. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,439 | Die setel van die Parlement is Kaapstad, maar 'n Parlementswet wat ooreenkomstig artikel 76(1) en (5) verorden is, kan bepaal dat die setel van die Parlement elders is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,440 | van die plaaslike regeringsfeer by die Munisipale Rade, soos in artikel 156 uiteengesit. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,441 | om ooreenkomstig artikel 75 enige ander wetgewing te oorweeg wat deur die Nasionale Vergadering aangeneem is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,442 | onredelike optrede deur 'n provinsie wat nadelig is vir die belange van 'n ander provinsie of van die land as geheel, te voorkom. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,443 | Wetgewing met betrekking tot 'n aangeleentheid wat redelikerwys nodig is vir, of verband hou met, die doeltreffende uitoefening van 'n bevoegdheid betreffende 'n aangeleentheid in Bylae 4 vermeld, is vir alle doeleindes wetgewing met betrekking tot 'n aangeleentheid in Bylae 4 vermeld. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,444 | In die uitoefening van sy wetgewende gesag word die Parlement slegs deur die Grondwet gebind, en moet hy ooreenkomstig, en binne die perke van, die Grondwet optree. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,445 | enige gesamentlike komitees ingevolge paragraaf (b) ingestel. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,446 | Lede van die Kabinet, lede van die Nasionale Vergadering en afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies het dieselfde voorregte en immuniteite voor 'n gesamentlike komitee van die Vergadering en die Raad as dié wat hulle voor die Vergadering of die Raad het. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,447 | vir 'n minimum stemouderdom van 18 jaar voorsiening maak; en (d) in die algemeen, proporsionele verteenwoordiging tot gevolg het. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,448 | 'n Parlementswet moet 'n formule voorsien om die getal lede van die Nasionale Vergadering te bepaal. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,449 | iemand wat na die inwerkingtreding van hierdie artikel, binne die Republiek aan 'n misdryf skuldig bevind word, of buite die Republiek aldus skuldig bevind word indien die optrede wat die misdryf uitmaak binne die Republiek 'n misdryf sou uitgemaak het, en tot meer as 12 maande gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete gevonnis is, maar niemand word beskou as gevonnis te wees voordat 'n appèl teen die skuldigbevinding of vonnis beslis is, of voordat die tyd om appèl aan te teken, verstryk het nie. 'n Onbevoegdheid ingevolge hierdie paragraaf verstryk vyf jaar nadat die vonnis voltooi is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,450 | Iemand wat ingevolge subartikel (1)(a) of (b) onbevoeg is om 'n lid van die Nasionale Vergadering te wees, kan 'n kandidaat vir die Vergadering wees behoudens enige beperkings of voorwaardes wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,451 | sonder toestemming afwesig is van die Vergadering in omstandighede waarvoor die reëls en orders van die Vergadering verlies van lidmaatskap voorskryf. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,452 | Vakatures in die Nasionale Vergadering moet ooreenkomstig nasionale wetgewing gevul word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,453 | Voordat lede van die Nasionale Vergadering begin om hul funksies in die Vergadering te verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,454 | Die Nasionale Vergadering word vir 'n termyn van vyf jaar verkies. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,455 | Indien die Nasionale Vergadering ingevolge artikel 50 ontbind word, of wanneer sy termyn verstryk, moet die President by proklamasie 'n verkiesing uitskryf en datums daarvoor bepaal, en dié verkiesing moet gehou word binne 90 dae vanaf die datum waarop die Vergadering ontbind is of sy termyn verstryk het. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,456 | Indien die uitslag van 'n verkiesing van die Nasionale Vergadering nie binne die tydperk ingevolge artikel 190 vasgestel, bekend gemaak word nie of indien 'n verkiesing deur 'n hof tersyde gestel word, moet die President by proklamasie 'n ander verkiesing uitskryf en datums daarvoor bepaal, en dié verkiesing moet gehou word binne 90 dae vanaf die verstryking van daardie tydperk of vanaf die datum waarop die verkiesing tersyde gestel is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,457 | Die Nasionale Vergadering bly bevoeg om te funksioneer vanaf sy ontbinding of die verstryking van sy termyn tot op die dag voor die eerste dag waarop die stemming vir die volgende Vergadering plaasvind. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,458 | drie jaar verstryk het sedert die Vergadering verkies is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,459 | President te kies. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,460 | tyd en datum wat die President van die Konstitusionele Hof bepaal, maar nie later nie as 14 dae nadat die uitslag van die verkiesing bekend gemaak is. Die Vergadering kan die tyd en duur van sy ander sittings en sy resesse bepaal. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,461 | Die President kan die Nasionale Vergadering te eniger tyd vir 'n buitengewone sitting byeenroep om spesiale werksaamhede te verrig. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,462 | Sittings van die Nasionale Vergadering op ander plekke as die setel van die Parlement word veroorloof slegs op grond van die openbare belang, veiligheid of gerief, en indien daar in die reëls en orders van die Vergadering daarvoor voorsiening gemaak word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,463 | By die eerste sitting na sy verkiesing, of wanneer dit nodig is om 'n vakature te vul, moet die Nasionale Vergadering uit sy geledere 'n Speaker en 'n Adjunkspeaker kies. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,464 | Die President van die Konstitusionele Hof moet by die verkiesing van 'n Speaker voorsit, of 'n ander regter aanwys om dit te doen. Die Speaker sit by die verkiesing van 'n Adjunkspeaker voor. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,465 | Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die verkiesing van die Speaker en die Adjunkspeaker van toepassing. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,466 | Die Nasionale Vergadering kan die Speaker of Adjunkspeaker by besluit van die amp onthef. 'n Meerderheid van die lede van die Vergadering moet teenwoordig wees wanneer dié besluit aangeneem word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,467 | Die Nasionale Vergadering kan ingevolge sy reëls en orders uit sy geledere ander voorsittende beamptes kies om die Speaker en die Adjunkspeaker behulpsaam te wees. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,468 | word alle vrae wat voor die Vergadering dien, beslis deur 'n meerderheid van die stemme wat uitgebring word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,469 | kan 'n beraadslagende stem uitbring wanneer 'n vraag beslis moet word met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes van die lede van die Vergadering. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,470 | Die President en enige lid van die Kabinet wat nie 'n lid van die Nasionale Vergadering is nie, kan in die Vergadering sitting neem en daarin praat, maar mag nie stem nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,471 | wetgewing, behalwe Geldwetsontwerpe, inisieer of opstel. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,472 | van enige belanghebbende persone of instellings petisies, vertoë of voorleggings ontvang. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,473 | Interne reëlings, verrigtinge en prosedures van Nasionale Vergadering 57. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,474 | reëls en orders betreffende sy werksaamhede maak, met behoorlike inagneming van verteenwoordigende en deelnemende demokrasie, verantwoordingspligtigheid, deursigtigheid en publieke betrokkenheid. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,475 | die erkenning van die leier van die grootste opposisieparty in die Vergadering as die Leier van die Opposisie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,476 | enigiets wat aan die lig gebring is as gevolg van enigiets wat hulle in of voor of aan die Vergadering of enige van sy komitees gesê, blootgelê of voorgelê het nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,477 | die Vergadering kan deur nasionale wetgewing voorgeskryf word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,478 | is 'n regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,479 | toegang aan of die verwydering van enige persoon. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,480 | Die Nasionale Vergadering mag nie die publiek, met inbegrip van die media, van 'n sitting van 'n komitee uitsluit nie tensy dit in 'n oop en demokratiese gemeenskap redelik en regverdigbaar is om dit te doen. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,481 | Die Nasionale Raad van Provinsies word saamgestel uit 'n enkele afvaardiging uit elke provinsie bestaande uit tien afgevaardigdes. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,482 | ses vaste afgevaardigdes wat ingevolge artikel 61(2) aangestel is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,483 | Die Premier van 'n provinsie of, indien die Premier nie beskikbaar is nie, 'n lid van die provinsie se afvaardiging wat deur die Premier aangewys word, staan aan die hoof van die afvaardiging. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,484 | die vaste afgevaardigdes ooreenkomstig die partye se benoemings aanstel. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,485 | Die nasionale wetgewing in subartikel (2)(a) beoog, moet die deelname van minderheidspartye in sowel die vaste as die spesiale afgevaardigdes se komponente van die afvaardiging op 'n wyse wat met die demokrasie bestaanbaar is, verseker. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,486 | Die wetgewer, met die instemming van die Premier en die leiers van die partye wat op spesiale afgevaardigdes in die provinsie se afvaardiging geregtig is, moet, soos dit van tyd tot tyd nodig mag wees, spesiale afgevaardigdes uit die geledere van die wetgewer aanwys. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,487 | Iemand wat as 'n vaste afgevaardigde benoem word, moet bevoeg wees om 'n lid van die provinsiale wetgewer te wees. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,488 | Indien iemand wat 'n lid van 'n provinsiale wetgewer is, as 'n vaste afgevaardigde aangestel word, hou so iemand op om 'n lid van die wetgewer te wees. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,489 | Vaste afgevaardigdes word aangestel vir 'n termyn wat onmiddellik voor die eerste sitting van die provinsiale wetgewer na sy volgende verkiesing verstryk. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,490 | waarvoor die reëls en orders van die Raad verlies van die amp van vaste afgevaardigde voorskryf. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,491 | Voordat vaste afgevaardigdes begin om hul funksies in die Nasionale Raad van Provinsies te verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,492 | Die President kan die Nasionale Raad van Provinsies te eniger tyd vir 'n buitengewone sitting byeenroep om spesiale werksaamhede te verrig. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,493 | Sittings van die Nasionale Raad van Provinsies op ander plekke as die setel van die Parlement word veroorloof slegs op grond van die openbare belang, veiligheid of gerief, en indien daar in die reëls en orders van die Raad daarvoor voorsiening gemaak word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,494 | Die Nasionale Raad van Provinsies moet uit die afgevaardigdes 'n Voorsitter en twee Adjunkvoorsitters kies. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,495 | Die Voorsitter en een van die Adjunkvoorsitters word uit die vaste afgevaardigdes verkies vir 'n termyn van vyf jaar, tensy hul termyne as afgevaardigdes vroeër verstryk. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,496 | Die ander Adjunkvoorsitter word vir 'n termyn van een jaar verkies, en moet opgevolg word deur 'n afgevaardigde uit 'n ander provinsie, sodat elke provinsie om die beurt verteenwoordig word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,497 | Die President van die Konstitusionele Hof moet by die verkiesing van die Voorsitter voorsit, of 'n ander regter aanwys om dit te doen. Die Voorsitter sit by die verkiesing van die Adjunkvoorsitters voor. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,498 | Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die verkiesing van die Voorsitter en die Adjunkvoorsitters van toepassing. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,499 | Die Nasionale Raad van Provinsies kan die Voorsitter of 'n Adjunkvoorsitter van die amp onthef. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,500 | Die Nasionale Raad van Provinsies kan ingevolge sy reëls en orders uit die afgevaardigdes ander voorsittende beamptes kies om die Voorsitter en Adjunkvoorsitters behulpsaam te wees. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,501 | word alle vrae voor die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur wanneer minstens vyf provinsies ten gunste van die vraag stem. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,502 | 'n Parlementswet wat verorden is ooreenkomstig die prosedure wat deur hetsy subartikel (1) hetsy subartikel (2) van artikel 76 voorgeskryf is, moet voorsiening maak vir 'n eenvormige prosedure waarvolgens provinsiale wetgewers magtiging aan hul afvaardigings verleen om namens hulle stemme uit te bring. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,503 | Kabinetslede en Adjunkministers kan in die Nasionale Raad van Provinsies sitting neem en daarin praat, maar mag nie stem nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,504 | Die Nasionale Raad van Provinsies kan van 'n Kabinetslid, 'n Adjunkminister of 'n amptenaar in die nasionale of 'n provinsiale uitvoerende gesag vereis om 'n vergadering van die Raad of 'n komitee van die Raad by te woon. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,505 | georganiseerde plaaslike regering aangewys word om die verkillende kategorieë munisipaliteite te verteenwoordig, kan, wanneer nodig, aan die verrigtinge van die Nasionale Raad van Provinsies deelneem, maar mag nie stem nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,506 | wetgewing wat val binne 'n funksionele gebied in Bylae 4 vermeld of ander wetgewing wat in artikel 76(3) genoem word, inisieer of opstel, maar die Raad mag nie Geldwetsontwerpe inisieer of opstel nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,507 | van enige belanghebbende persone of instellings petisies, vertoë of voorleggings ontvang. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,508 | reë ls en orders betreffende sy werksaamhede maak, met behoorlike inagneming van verteenwoordigende en deelnemende demokrasie, verantwoordingspligtigheid, deursigtigheid en publieke betrokkenheid. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,509 | die deelname van minderheidspartye wat in die Raad verteenwoordig is, aan die verrigtinge van die Raad en sy komitees op 'n wyse wat met die demokrasie bestaanbaar is, wanneer daar ooreenkomstig artikel 75 oor 'n aangeleentheid beslis moet word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,510 | enigiets wat aan die lig gebring is as gevolg van enigiets wat hulle in of voor of aan die Raad of enige van sy komitees gesê, blootgelê of voorgelê het nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,511 | Ander voorregte en immuniteite van die Nasionale Raad van Provinsies, afgevaardigdes na die Raad en persone in artikels 66 en 67 bedoel, kan deur nasionale wetgewing voorgeskryf word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,512 | Salarisse, toelaes en voordele wat aan vaste lede van die Nasionale Raad van Provinsies betaalbaar is, is 'n regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,513 | Publieke toegang tot en betrokkenheid in Nasionale Raad 72. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,514 | voorsiening te maak vir die deursoeking van en, waar dit gepas is, die weiering van toegang aan of die verwydering van enige persoon. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,515 | Die Nasionale Raad van Provinsies mag nie die publiek, met inbegrip van die media, van 'n sitting van 'n komitee uitsluit nie tensy dit in 'n oop en demokratiese gemeenskap redelik en regverdigbaar is om dit te doen. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,516 | Enige Wetsontwerp kan by die Nasionale Vergadering ingedien word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,517 | Slegs 'n Kabinetslid of 'n Adjunkminister, of 'n lid of komitee van die Nasionale Vergadering, kan 'n Wetsontwerp by die Vergadering indien; maar slegs die Kabinetslid wat vir nasionale finansiële sake verantwoordelik is, kan 'n Geldwetsontwerp by die Vergadering indien. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,518 | 'n Wetsontwerp in artikel 76(3) genoem, uitgesonderd 'n Geldwetsontwerp, kan by die Nasionale Raad van Provinsies ingedien word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,519 | Slegs 'n lid of komitee van die Nasionale Raad van Provinsies kan 'n Wetsontwerp by die Raad indien. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,520 | 'n Wetsontwerp wat deur die Nasionale Vergadering aangeneem is, moet na die Nasionale Raad van Provinsies verwys word indien dit deur die Raad oorweeg moet word. 'n Wetsontwerp wat deur die Raad aangeneem is, moet na die Vergadering verwys word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,521 | die Nasionale Raad van Provinsies, met 'n ondersteunende stem van minstens ses provinsies. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,522 | die Nasionale Raad van Provinsies, met 'n ondersteunende stem van minstens ses provinsies. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,523 | 'n bepaling wat spesifiek met 'n provinsiale aangeleentheid handel, wysig. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,524 | n Wetsontwerp wat die Grondwet wysig, mag nie ander bepalings insluit as grondwetlike wysigings en aangeleenthede wat met die wysigings in verband staan nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,525 | dié besonderhede ooreenkomstig die reëls en orders van die Nasionale Raad van Provinsies aan die Raad voorlê vir 'n openbare debat, indien die beoogde wysiging nie 'n wysiging is wat deur die Raad aangeneem moet word nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,526 | ten opsigte van wysigings in subartikel (1), (2) of (3)(b) genoem, aan die Voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies voorlê vir tertafellegging in die Raad. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,527 | die tertafellegging daarvan in die Vergadering, indien die Vergadering in reses is wanneer die Wetsontwerp ingedien word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,528 | Indien 'n Wetsontwerp in subartikel (3)(b) genoem, of enige gedeelte van die Wetsontwerp, slegs 'n bepaalde provinsie of provinsies raak, mag die Nasionale Raad van Provinsies die Wetsontwerp, of die tersaaklike gedeelte daarvan, nie aanneem nie tensy dit deur die wetgewer of wetgewers van die betrokke provinsie of provinsies goedgekeur is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,529 | n Wetsontwerp wat die Grondwet wysig en wat deur die Nasionale Vergadering en, waar van toepassing, deur die Nasionale Raad van Provinsies aangeneem is, moet na die President vir bekragtiging verwys word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,530 | die Wetsontwerp verwerp. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,531 | Indien die Raad die Wetsontwerp aanneem sonder om wysigings voor te stel, moet die Wetsontwerp aan die President vir bekragtiging voorgelê word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,532 | besluit om nie met die Wetsontwerp voort te gaan nie. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,533 | n Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (c) deur die Vergadering aangeneem is, moet aan die President vir bekragtiging voorgelê word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,534 | word die vraag beslis deur 'n meerderheid van die stemme wat uitgebring word, maar by staking van stemme oor die vraag moet die voorsittende afgevaardigde 'n beslissende stem uitbring. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,535 | die Wetsontwerp verwerp. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,536 | Indien die Raad die Wetsontwerp sonder wysiging aanneem, moet die Wetsontwerp aan die President vir bekragtiging voorgelê word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,537 | Indien die Raad 'n gewysigde Wetsontwerp aanneem, moet die gewysigde Wetsontwerp na die Vergadering verwys word, en indien die Vergadering die gewysigde Wetsontwerp aanneem, moet dit aan die President vir bekragtiging voorgelê word. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.