document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,338
Die staat mag nie regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimineer op een of meer gronde nie, met inbegrip van ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georiënteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,339
Geen persoon mag regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand op een of meer gronde ingevolge subartikel (3) diskrimineer nie. Nasionale wetgewing moet verorden word om onbillike diskriminasie te voorkom of te belet.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,340
Diskriminasie op een of meer van die gronde in subartikel (3) vermeld, is onbillik, tensy daar vasgestel word dat die diskriminasie billik is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,341
Elkeen het ingebore waardigheid en die reg dat daardie waardigheid gerespekteer en beskerm word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,342
Elkeen het die reg op lewe.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,343
nie op 'n wrede, onmenslike of vernederende wyse behandel of gestraf te word nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,344
om nie sonder hul ingeligte toestemming aan mediese of wetenskaplike eksperimente onderwerp te word nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,345
Niemand mag aan slawerny, knegskap of dwangarbeid onderwerp word nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,346
daar nie op die privaatheid van hul kommunikasies inbreuk gemaak word nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,347
Elkeen het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,348
bywoning daarvan vry en vrywillig is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,349
stelsels van persone- en familiereg kragtens enige tradisie, of wat nagevolg word deur persone wat 'n besondere godsdiens aanhang nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,350
Erkenning ingevolge paragraaf (a) moet met hierdie artikel en die ander bepalings van die Grondwet bestaanbaar wees.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,351
akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,352
die verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed te veroorsaak, uitmaak nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,353
Elkeen het die reg om vreedsaam en ongewapen te vergader, te betoog, 'n betooglinie te vorm en petisies voor te lê.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,354
Elkeen het die reg op vryheid van assosiasie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,355
deel te neem aan die bedrywighede van, of lede te werf vir, 'n politieke party; en (c) hulle vir 'n politieke party of saak te beywer.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,356
Elke burger het die reg op vrye, regverdige en gereelde verkiesings vir enige wetgewende liggaam wat ingevolge die Grondwet ingestel is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,357
'n kandidaat vir 'n openbare amp te wees en, indien verkies, die amp te beklee.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,358
Geen burger mag burgerskap ontneem word nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,359
Elkeen het die reg op vryheid van beweging.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,360
Elkeen het die reg om die Republiek te verlaat.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,361
Elke burger het die reg om die Republiek binne te kom, daarin aan te bly, en op enige plek daarin verblyf te neem.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,362
Elke burger het die reg op 'n paspoort.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,363
Elke burger het die reg om vrylik 'n bedryf, beroep of professie te kies. Die beoefening van 'n bedryf, beroep of professie kan deur die reg gereguleer word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,364
Elkeen het die reg op billike arbeidspraktyke.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,365
aan die bedrywighede en programme van 'n vakbond deel te neem; en (c) te staak.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,366
aan die bedrywighede en programme van 'n werkgewersorganisasie deel te neem.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,367
n federasie te stig en daarby aan te sluit.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,368
Elke vakbond, werkgewersorganisasie en werkgewer het die reg om aan kollektiewe bedinging mee te doen. Nasionale wetgewing kan verorden word om kollektiewe bedinging te reguleer. In die mate waarin die wetgewing 'n reg in hierdie Hoofstuk beperk, moet die beperking aan artikel 36(1) voldoen.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,369
Nasionale wetgewing kan erkenning verleen aan vakbondsekerheidsreëlings wat in kollektiewe ooreenkomste vervat is. In die mate waarin die wetgewing 'n reg in hierdie Hoofstuk beperk, moet die beperking aan artikel 36(1) voldoen.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,370
terwyl dit regverdigbare ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling bevorder.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,371
Niemand mag eiendom ontneem word nie behalwe ingevolge 'n algemeen geldende regsvoorskrif, en geen regsvoorskrif mag arbitrêre ontneming van eiendom veroorloof nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,372
onderworpe aan vergoeding waarvan die bedrag en die tyd en wyse van betaling óf deur diegene wat geraak word, aanvaar is óf deur 'n hof bepaal of goedgekeur is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,373
die doel van die onteiening.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,374
is eiendom nie tot grond beperk nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,375
middele, toestande te skep wat burgers in staat stel om op 'n billike grondslag toegang tot grond te verkry.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,376
'n Persoon of gemeenskap wie se besitreg van grond regsonseker is as gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, is geregtig, in die mate wat deur 'n Parlementswet bepaal word, op óf besitreg wat regseker is óf gelykwaardige vergoeding.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,377
'n Persoon of gemeenskap wat na 19 Junie 1913 die besit van eiendom ontneem is as gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, is geregtig, in die mate wat deur 'n Parlementswet bepaal word, op óf teruggawe van daardie eiendom óf billike vergoeding.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,378
Geen bepaling van hierdie artikel verhinder die staat om wetgewende en ander maatreëls te tref om grond-, water- en verbandhoudende hervorming te bewerkstellig ten einde die gevolge van rassediskriminasie van die verlede reg te stel nie, op voorwaarde dat enige afwyking van die bepalings van hierdie artikel in ooreenstemming met die bepalings van artikel 36(1) is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,379
Die Parlement moet die wetgewing genoem in subartikel (6) aanneem.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,380
Elkeen het die reg op toegang tot geskikte behuising.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,381
Die staat moet redelike wetgewende en ander maatreëls tref om binne sy beskikbare middele hierdie reg in toenemende mate te verwesenlik.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,382
Sonder 'n hofbevel wat na oorweging van al die tersaaklike omstandighede toegestaan is, mag niemand uit hul woning gesit word en mag niemand se woning gesloop word nie. Geen wetgewing mag arbitrêre uitsettings veroorloof nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,383
maatskaplike sekerheid, met inbegrip van gepaste maatskaplike bystand indien hulle nie in staat is om hulself en hul afhanklikes te onderhou nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,384
Die staat moet redelike wetgewende en ander maatreëls tref om binne sy beskikbare middele elk van hierdie regte in toenemende mate te verwesenlik.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,385
Niemand mag mediese noodbehandeling geweier word nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,386
om nie regstreeks in gewapende stryd gebruik te word nie, en om in tye van gewapende stryd beskerm te word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,387
In hierdie artikel beteken "kind" iemand onder die ouderdom van 18 jaar.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,388
op verdere onderwys, wat die staat, deur middel van redelike maatreëls, in toenemen de mate beskikbaar en toeganklik moet maak.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,389
Elkeen het die reg om in openbare onderwysinstellings onderwys te ontvang in die amptelike taal of tale van eie keuse waar daardie onderwys redelikerwys doenlik is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,390
die behoefte om die gevolge van wette en praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, reg te stel.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,391
standaarde handhaaf wat nie minderwaardig is vergeleke met standaarde by vergelykbare openbare onderwysinstellings nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,392
Subartikel (3) sluit nie staatsubsidies aan onafhanklike onderwysinstellings uit nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,393
Elkeen het die reg om die taal van eie keuse te gebruik en om aan die kulturele lewe van eie keuse deel te neem, maar niemand wat hierdie regte uitoefen, mag dit doen op 'n wyse wat met enige bepaling van die Handves van Regte onbestaanbaar is nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,394
kultuur-, godsdiens- en taalverenigings en ander organe van die burgerlike gemeenskap te vorm, in stand te hou en daarby aan te sluit nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,395
Die regte in subartikel (1) mag nie uitgeoefen word op 'n wyse wat met enige bepaling van die Handves van Regte onbestaanbaar is nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,396
enige inligting wat deur 'n ander persoon gehou word en wat vir die uitoefening of beskerming van enige regte benodig word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,397
Elkeen wie se regte nadelig geraak is deur administratiewe optrede het die reg op die verskaffing van skriftelike redes.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,398
die staat verplig om aan die regte in subartikels (1) en (2) gevolg te gee; en (c) 'n doeltreffende administrasie bevorder.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,399
Elkeen het die reg dat 'n geskil wat deur die toepassing van die reg besleg kan word, in 'n billike openbare verhoor beslis word voor 'n hof of, waar dit gepas is, 'n ander onafhanklike en onpartydige tribunaal of forum.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,400
behoudens redelike voorwaardes, uit aanhouding vrygelaat te word indien die belang van geregtigheid dit toelaat.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,401
mediese praktisyn van eie keuse.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,402
op appèl na, of hersiening deur, 'n hoër hof.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,403
Wanneer hierdie artikel vereis dat inligting aan 'n persoon verstrek word, moet die inligting verstrek word in 'n taal wat die persoon verstaan.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,404
Getuienis wat verkry is op 'n wyse wat enige reg in die Handves van Regte skend, moet uitgesluit word indien toelating van daardie getuienis die verhoor onbillik sou maak of andersins vir die regspleging nadelig sou wees.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,405
die verband tussen die beperking en die doel daarvan; en (e) 'n minder beperkende wyse om die doel te bereik.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,406
Behalwe soos in subartikel (1) of in enige ander bepaling van die Grondwet bepaal, mag geen regsvoorskrif enige reg wat in die Handves van Regte verskans is, beperk nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,407
die verklaring nodig is om die vrede en orde te herstel.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,408
vir hoogstens 21 dae vanaf die datum van die verklaring, tensy die Nasionale Vergadering besluit om die verklaring te verleng.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,409
hoogstens drie maande op 'n keer verleng. Die eerste verlenging van die noodtoestand moet geskied by wyse van 'n besluit wat aangeneem word met 'n ondersteunende stem van 'n meerderheid van die lede van die Vergadering. Enige daaropvolgende verlenging moet geskied by wyse van 'n besluit wat aangeneem word met 'n ondersteunende stem van minstens 60 persent van die lede van die Vergadering. 'n Besluit ingevolge hierdie paragraaf kan slegs na 'n openbare debat in die Vergadering aangeneem word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,410
enige wetgewing verorden, of ander stappe gedoen, na aanleiding van 'n verklaring van 'n noodtoestand.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,411
so gou as wat na die verordening daarvan redelikerwys moontlik is, in die nasionale Staatskoerant gepubliseer word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,412
enige aantasting van 'n artikel genoem in kolom 1 van die Tabel van Nie-aantasbare Regte, in die mate teenoor daardie artikel in kolom 3 van die Tabel aangedui nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,413
Daar moet so gou as wat redelikerwys moontlik is met 'n volwasse gesinslid of vriend van die aangehoudene in aanraking gekom word, en daardie gesinslid of vriend moet verwittig word dat die persoon aangehou word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,414
n Kennisgewing moet binne vyf dae nadat die persoon in aanhouding geneem is in die nasionale Staatskoerant gepubliseer word met vermelding van die aangehoudene se naam en plek van aanhouding en die noodmaatreël waarkragtens daardie persoon aangehou word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,415
Die aangehoudene moet toegelaat word om 'n mediese praktisyn te kies en te eniger redelike tyd deur daardie mediese praktisyn besoek te word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,416
Die aangehoudene moet toegelaat word om 'n regsverteenwoordiger te kies en te eniger redelike tyd deur daardie regsverteenwoordiger besoek te word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,417
n Hof moet die aanhouding so gou as wat redelikerwys moontlik is, maar nie later nie as 10 dae na die datum waarop die persoon in aanhouding geneem is, hersien, en die hof moet die aangehoudene vrylaat tensy dit noodsaaklik is om die aanhouding voort te sit ten einde die vrede en orde te herstel.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,418
'n Aangehoudene wat nie ingevolge 'n hersiening kragtens paragraaf (e) of ingevolge 'n hersiening kragtens hierdie paragraaf vrygelaat word nie, kan te eniger tyd na verstryking van 10 dae na die vorige hersiening by 'n hof aansoek doen om 'n verdere hersiening van die aanhouding, en die hof moet die aangehoudene vrylaat tensy dit steeds noodsaaklik is om die aanhouding voort te sit ten einde die vrede en orde te herstel.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,419
Die aangehoudene moet toegelaat word om persoonlik te verskyn voor enige hof wat die aanhouding oorweeg, om by daardie verrigtinge deur 'n regspraktisyn verteenwoordig te word, en om vertoë teen voortgesette aanhouding te rig.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,420
Die staat moet skriftelike redes om die voortgesette aanhouding van die aangehoudene te regverdig aan die hof voorlê, en moet minstens twee dae voordat die hof die aanhouding hersien, 'n afskrif van daardie redes aan die aangehoudene verskaf.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,421
Indien 'n hof 'n aangehoudene vrylaat, mag daardie persoon nie weer op dieselfde gronde aangehou word nie tensy die staat voor die heraanhouding goeie redes daarvoor voor 'n hof aantoon.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,422
Subartikels (6) en (7) is nie van toepassing op persone wat nie Suid-Afrikaanse burgers is nie en wat na aanleiding van 'n internasionale gewapende stryd aangehou word. In plaas daarvan moet die staat voldoen aan die standaarde wat die Republiek bind kragtens die internasionale humanitêre reg wat op die aanhouding van sodanige persone betrekking het.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,423
Iemand in hierdie artikel genoem, het die reg om 'n bevoegde hof te nader en aan te voer dat daar op 'n reg in die Handves van Regte inbreuk gemaak is of dat so 'n inbreukmaking dreig, en die hof kan gepaste regshulp verleen, met inbegrip van 'n verklaring van regte.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,424
n vereniging wat in die belang van sy lede optree.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,425
kan 'n hof, tribunaal of forum buitelandse reg in ag neem.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,426
By die uitleg van enige wetgewing, en by die ontwikkeling van die gemene reg of gewoontereg, moet elke hof, tribunaal of forum die gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte bevorder.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,427
Die Handves van Regte ontken nie die bestaan van ander regte of vryhede wat deur die gemene reg, gewoontereg of wetgewing erken of verleen word nie, in die mate waarin daardie regte of vryhede met die Handves bestaanbaar is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,428
Regering in die Republiek bestaan uit nasionale, provinsiale en plaaslike sfere van regering wat onderskeidend, onderling afhanklik en onderling verbonde is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,429
Alle regeringsfere moet die beginsels in hierdie Hoofstuk handhaaf en nakom en moet hul werksaamhede binne die perke wat deur die Hoofstuk bepaal word, verrig.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,430
regsverrigtinge teen mekaar te vermy.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,431
voorsiening maak vir gepaste meganismes en prosedures om die beslegting van inter-regeringsgeskille te vergemaklik.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,432
aanwend om die geskil te besleg deur middel van meganismes en prosedures wat vir dié doel voorsien is, en moet alle ander middele uitput voordat hy 'n hof nader om die geskil te besleg.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,433
Indien 'n hof nie tevrede is dat daar aan die voorskrifte van subartikel (3) voldoen is nie, kan hy 'n geskil na die betrokke staatsorgane terugverwys.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,434
die Nasionale Raad van Provinsies.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,435
Die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies neem aan die wetgewende proses deel op die wyse wat in die Grondwet uiteengesit word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,436
Die Nasionale Vergadering word verkies om die mense te verteenwoordig en om regering deur die mense kragtens die Grondwet te verseker. Hy doen dit deur die President te kies, deur as 'n nasionale forum vir die openbare oorweging van sake te dien, deur wetgewing aan te neem en deur optrede van die uitvoerende gesag na te gaan en toesig daaroor uit te oefen.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,437
Die Nasionale Raad van Provinsies verteenwoordig die provinsies ten einde te verseker dat provinsiale belange in die nasionale regeringsfeer in ag geneem word. Hy doen dit hoofsaaklik deur aan die nasionale wetgewende proses deel te neem en deur as 'n nasionale forum te dien vir die openbare oorweging van sake wat die provinsies raak.