document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,236 | KZN strand-treknetvissery van sardiens is sedert die 1970's gereguleer. Voor die Wet of Lewende Mariene Hulpbronne, 18 van 1998 (die WLMH) is permitte deur die lisensiëringsraad van die KZN-visvangbedryf uitgereik. 'n Maksimum van 35 permitte is jaarliks toegeken. Permitte, en huidiglik regte, is uitgereik uitsluitlik vir die vangs van sardiens; alle ander vissoorte moes lewend in die water teruggeplaas word. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,237 | Die kommersiële KZN strand-treknetvissery van sardiens word tot KwaZulu-Natal beperk. Aangesien dit 'n kort, seisoenale visvangbedryf is, wat slegs gedurende die sardienloop geaktiveer word, is die meeste van die deelnemers in diens van ander visvangsektore vir die res van die jaar. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,238 | Hoewel sardiens 'n TTV-beheerde spesie is, wat hoofsaaklik deur die diepsee-visvangbedryf geteiken word, word die KZN strand-treknetvissery van sardiens op die grondslag van Totale Toegepaste Poging (TTP) bestuur. Die rede hiervoor is dat die totale biomassa wat deur strand-treknette in KZN uitgetrek word minder as 0.1 persent van die totale nasionale vangste beslaan. Die poging word nie beperk tot enige bepaalde strande of gebiede nie, wat toelaat dat die vissers die sardiens langs die kus kan volg en die vis kan vang soos wat hulle nader aan die kuslyn beweeg. Beperking op toerusting is van toepassing en visvangbedrywighede binne mariene beskermde gebiede word verbied. Die TAE (die aantal nette wat gebruik mag word) word elke jaar deur die Minister bepaal. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,239 | Die strand-reknette vir sardiens word uitgelê met die gebruik van omskepte skibote. Spanne vissers - ongeveer 20 per net - trek dan die net per hand na die kus. Sardiens word plaaslik deur die regtehouer verkoop, of kopers koop die inhoud van die net terwyl dit nog op die strand is. Die oorgrote meerderheid van die vangs word as aas gebruik, maar 'n beperkte hoeveelheid sardiens word deur die plaaslike bevolking verbruik. In jare wanneer die sardienloop wel plaasvind, word 'n gemiddeld van 20 000 kratte of 500 ton uitgetrek, met 'n vangswaarde van tussen R1.5 en R2 miljoen. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,240 | Die huidige regtehouers is hoofsaaklik kommersiële vissers wat eweredig tussen swartes persone en blankes verdeel is. Gedurende die afgelope paar jaar, is twee regte deur regtehouers van pylinkvis van die Oos-Kaap gebruik. Hierdie vissers het meer gevorderde tegniese prosedures na die visvangbedryf gebring. Die gebruik van 'n opspoorvliegtuig en voortreflike visvangtoerusting, het tot gevolg gehad dat hulle beter as al die ander vissers gevaar het. Al die spanne gebruik tydelike arbeid gedurende die seisoen. Gevolglik word ongeveer 700 werkers vir een of twee maande jaarliks per seisoen in diens geneem. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,241 | Die strand-treknetvissery van sardiens het nie veel verander sedert voor hersiening van die TAE en die toekenning van regte in 2001 nie. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,242 | na die visvangbedryf gebring, waar permithouers voorheen die die vangbedryf jaarliks toegetree of verlaat het. In 2001 is die TAE is op 35 regtehouers vasgestel. Slegs 27 aansoeke is ontvang waarvan 26 toegeken is. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,243 | Hierdie visvangbedryf is redelik kapitaal-intensief as gevolg van die kapitaal-uitleg wat nodig is om 'n kragtige skiboot, strand-trekent en 4X4-voertuig te koop, asook die risiko wat gepaard gaan met die kort, onvoorspelbare sardienseisoen. Die visvangbedryf word tans deur 50 persent swart persone besit en bestuur. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,244 | Die omgewingsvolhoubaarheid van die visvangbedryf te verseker. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,245 | Met inagneming van bogenoemde doelwitte sal die Departement kommersiële visvangregte vir 'n tydperk van tien jaar toeken (01 Januarie 2006 tot en met 31 Desember 2015). Elke regtehouer sal egter met gereelde tussenposes getoets word teen voorafbepaalde prestasiekriteria. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,246 | Surpluspoging is vir toekenning in hierdie visvangbedryf beskikbaar. Die Departement is voornemens om regte aan nuwe inkomelinge toe te ken. Regtehouers wat nie presteer nie en ongetransformeerde entiteite sal ook vervang word. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,247 | Aansoeke sal volgens 'n stel "uitsluitings kriteria" gesif word. Nuwe aansoekers and bestaande regtehouers wat aansoek doen sal daarna apart evalueer word in terme van 'n stel "vergelykende balanseringskriteria". 'n Afsnypunt, sal dan bepaal word om die suksesvolle aansoekers te kies. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,248 | Vorm van regtehouer: Hoewel die Departement maatskappye en beslote korporasies verbied om aansoek te doen om enige van die Groep D-visvangbedrywe is die KZN strand-treknetvissery van sardiens 'n uitsondering. Die Departement sal in hierdie visvangbedryf (en slegs in hierdie Groep D-visvangbedryf) individue en beslote korporasies (nie maatskappye nie) toelaat om aansoek te doen om 'n visvangreg vir die KZN strand-treknetvissery van sardiens. Meer as een reg sal nie aan 'n familie toegeken word nie. Verder sal 'n reg nie aan 'n beslote korporasie en lede of werknemers daarvan apart toegeken word nie. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,249 | Tradisionele strand-treknetvissery van sardiens: Regte sal net toegeken word aan tradisionele strand-treknetsardienvissers. Die Departement beskou 'n tradisionele strand-treknetsardienvisser as iemand wat die afgelope tien jaar aktief in die visvangbedryf aktief was. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,250 | Toegang tot nette en bote: Aansoekers sal versoek word om te bewys dat hulle toegang het tot die geskikte nette en 'n gepaste boot, wat nodig is om in hierdie visvangbedryf te opereer. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,251 | Papierkwota's: Papierkwota's soos uiteengesit in die Algemene Beleid sal uitgesluit word. Groot groepe identiese of heelwat soortgelyke aansoeke wat deur konsultante of kommersiële visvangmaatskappye of ander entiteite geborg word, sal uitgesluit word as fronte vir papierkwota's, ongeag die meriete van die individuele aansoeke. Die onus berus by die aansoekers om voldoende bewys te lewer dat hulle nie fronte vir papierkwota's is nie. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,252 | Nie-gebruik: Regtehouers wat nie gereeld hulle regte gedurende die tydperk 2002 tot 2004 gebruik het nie, sal uitgesluit word. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,253 | Multi-sektorale betrokkenheid: Aansoekers wat regte in ander kommersiële visvangbedrywe hou of wat belange het - insluitende aandele en lidmaatskapsbelange - in regtehouers in ander kommersiële visvangbedrywe, sal uitgesluit word. Begunstigdes in trusts wat ook aansoek doen, sal uitgesluit word. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,254 | Persoonlike betrokkenheid by die oes van die hulpbron: Aansoekers moet kan bewys dat hulle voorheen reeds gedurende die visvangseisoen by die strand-treknetvissery van sardiens betrokke was, en deelgeneem het aan die sakebedrywighede. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,255 | Afhanklikheid van die bron: Hoewel die Departement die beperkte seisoen, onvoorspelbaarheid van, en die risiko betrokke by hierdie visvangbedryf erken, sal aansoekers hulle historiese afhanklikheid van die strand-treknetvissery van sardiens vir hulle inkomste moet kan bewys.. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,256 | a Transformasie: Ten einde die transformasieprofiel van die KZN strand-treknetvissery van sardiens te verbeter, sal aansoekers per telling aangeteken word of hulle swart persone is, al dan nie insluitende Afrikane, Kleurlinge en Indiërs. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,257 | Korporatiewe maatskaplike belegging. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,258 | Werksgeleenthede: Aansoekers wat regte hoe wat kan bewys dat hulle werksgeleenthede - tydelik of permanent - verskaf het sal positief evalueer word. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,259 | Historiese betrokkenheid: Die Departement sal in aanmerking neem hoe lank 'n aansoeker in die strand-treknetvissery van sardiens betrokke was. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,260 | Prestasie: Regtehouer-aansoekers sal geevalueer word op grond van hul prestasie op die gebied van visvangs gedurende die medium-termyn tydperk. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,261 | Nuew inkomeling-aansoekers sal getakseer word deur in ag te neem of hulle vermoë, kennis en vaardighede het om vis te vang met nette. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,262 | Voldoening: Aansoekers wat geringe oortredings van die WLMH, die Regulasies daarby en die permitvoorwaardes began het, sal gepenaliseer word. Regtehouer-aansoekers wat nie kan bewys dat hulle voldoen aan die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 97 van 1998 en die Wet op die Heffings van Vaardigheidsontwikkeling, 9 van 1999 en die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 en die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes, 1993, nie sal gepenaliseer word, waar hierdie wette van toepassing mag wees.. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,263 | Voordat die Departement finaal besluit aan watter aansoekers kommersiële strand-treknetsardienregte toegeken sal word, sal 'n voorlopige lys van suksesvolle aansoekers uitgereik word. Persone in KwaZulu-Natal kan dan die Departement verwittig, indien enige kommersiële strand-treknetsardienvissers nie op die voorlopige lys voorkom nie, of dat daar van aansoekers voorkom wat nie daar behoort nie. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,264 | Die kommersiële strand-treknetvissery van sardiens sal bestuur word in terme van die ekolstelselbenadering van visvangbedryf (EAF). 'n Ekostelselbenadering tot die bestuur van visvangbedrywe is 'n holistiese en geïntegreerde beleid wat erken dat visvang en verwante aktiwiteite die breë mariene omgewing kan beinvloed. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,265 | n Nuwe Operasionele Bestuursplan vir die visvangbedryf sal binne die volgende twee tot drie jaar in werking gestel word. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,266 | Aansoekgelde vir hierdie sektor sal nie meer as R500 beloop nie. Die Departement is besig om die koste van die toekenningsproses vir hierdie sektor vas te stel. Die Departement sal regtehouers en belanghebbende partye in kennis stel sodra 'n aansoekgeld vasgestel is. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,267 | Baie regtehouers van die KZN strand-treknetvissery van sardiens het toestemming gevra om voertuie te gebruik binne die kussone, nadat ongereguleerde voertuiggebruik op strande in 2002 verbied is. In 2004 het die Minister van Omgewingsake en Toerisme die regulasies wat voertuiggebruik in die kussone beheer, gewysig (sien www.mcm-deat.gov.za vir die Regulasies en die Riglyne vir implementasie). |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,268 | Regtehouers in die KZN strand-treknetvissery van sardiens moet by die Adjunk-direkteur-generaal van Mariene en Kusbestuur aansoek doen om 'n permit om 'n voertuig in die kussone te gebruik indien 'n voertuig nodig is vir visvangste. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,269 | Aansoekvorms vir die gebruik van voertuie in die kussone sal beskikbaar gestel word, tesame met die aansoekvorms vir regte in die KZN strand-treknetvissery van sardiens . Hierdie aansoekvorms is ook beskikbaar by www.mcm-deat.gov.za. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,270 | Permitvoorwaardes vir hierdie visvangbedryf sal jaarliks uitgereik word. Die permitvoorwaardes van toepassing op hierdie visvangbedryf vir die 2005-seisoen word as Bylae A aangeheg. Regtehouers en belanghebbende partye word genooi om kommentaar te lewer oor hierdie permitvoorwaardes.. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,272 | Wat is die Huurbehuisingtribunaal? |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,273 | Dit is die onafhanklike liggaam wat ingevolge die Wet op Huurbehuising, 1999 (Wet No. 50 van 1999), deur die LUR ingestel is om geskille tussen verhuurders en huurders van wonings te bereg. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,274 | Dit is dus 'n aangewese alternatief vir duur hofgedinge. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,275 | Wat is die bevoegdhede van die Tribunaal? |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,276 | Dit kan 'n verhuurder of 'n huurder dagvaar om vir beregting of bemiddeling te verskyn. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,277 | Die kan 'n verhuurder of 'n huurder opdrag gee om enige deel van die Wet op Huurbehuising, 1999, of die regulasies na te kom. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,278 | Sy beslissing het dieselfde regskrag as 'n uitspraak van 'n Landdroshof. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,279 | Dit kan 'n boete en/of gevangenisstraf oplê. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,280 | Wie mag 'n klagte indien en hoe word dit ingedien? |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,281 | 'n Huurder of 'n verhuurder of 'n groep huurders of verhuurders, of 'n groep belanghebbendes, kan klagtes indien. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,282 | Die klaer vul die voorgeskrewe vorm in. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,283 | Op enige ander wyse soos deur die Huurbehuisingtribunaal bepaal. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,284 | Watter proses word gevolg wanneer 'n klagte ingedien is? |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,285 | 'n Lêer word vir elke klagte geopen en die besonderhede van die klaer(s) en die respondent(e) word in 'n register aangeteken. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,286 | n Brief word aan al die partye gestuur wat hulle inlig oor die besonderhede van die klagte wat ingedien is. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,287 | Die Tribunaal doen 'n voorlopige ondersoek. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,288 | Die partye word by wyse van dagvaardigings skriftelik verwittig van die datum en tyd, en die plek, waar die saak bemiddel of bereg gaan word. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,289 | Afskrifte van die klagte en alle stawende dokumente word verskaf aan al die partye by die bemiddeling of beregting. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,290 | Enige persoon (getuie) wat moontlik betrokke is of moontlik oor inligting beskik wat benodig word, sal gedagvaar word. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,291 | Die respondent kan ook óf voor óf tydens 'n beregting 'n klagte teen die klaer ("teeneis") indien. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,292 | Wat is sommige van die aangeleenthede waarmee die Tribunaal handel? |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,293 | Moet die partye enige geld betaal? |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,294 | Nee, daar is vir beide die verhuurder en die huurder vanaf die oomblik van indiening van 'n klagte tot by afhandeling van die bemiddeling of beregting geen koste aan verbonde nie. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,295 | Is die Wet op Huurbehuising, 1999, van toepassing op sake- of kommersiële eiendomme? |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,296 | Is die Wet op Huurbehuising, 1999, van toepassing op alle wonings? |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,297 | Dit is van toepassing op alle wonings wat vir huurbehuisingdoeleindes gebruik word, ongeag wie die eienaar of verhuurder is. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,298 | Wat is 'n woning? |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,299 | 'n Woning is ook 'n huis, hostelkamer, hut, krot, woonstel, kamer, buitegebou, motorhuis of soortgelyke struktuur, wat 'n verhuurder aan 'n huurder verhuur om in te woon. 'n Stoorkamer, buitegebou, motorhuis of afgebakende parkeerruimte kan deel vorm van die verhuurde woning indien die verhuurder en huurder daaroor ooreengekom het. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,300 | Dat sy/haar persoon nie deursoek word nie. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,301 | Dat sy/haar eiendom nie deursoek word nie. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,302 | Dat daar nie sonder 'n lasbrief op sy/haar besittings beslag gelê word nie. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,303 | Op privaat kommunikasie. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,304 | Op onmiddellike en gereelde betaling van alle huur- en ander bedrae ooreenkomstig die huurkontrak. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,305 | Om onbetaalde huurbedrae en ander bedrae wat verskuldig is, te verhaal nadat 'n beslissing van die Tribunaal of 'n hofbevel verkry is. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,306 | Om die huurkontrak te beëindig op gronde wat nie 'n onbillike praktyk uitmaak nie en wat in die huurkontrak uiteengesit is. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,307 | Om, by beëindiging van die huurkontrak, die eiendom in goeie orde terug te ontvang en om die eiendom nadat 'n bevel verkry is, weer in besit te neem. |
136 | DAC-NLS.09-DHO-174.2009-10-12.af.txt | 8,308 | Op 'n skadevergoedingseis vir skade aangerig aan die eiendom. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,310 | Glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,311 | Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te ontsluit; en 'n Verenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as 'n soewereine staat in die gemeenskap van nasies kan inneem. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,312 | Mag God ons mense beskerm. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,313 | Nkosi Sikelel' iAfrika. Morena boloka setjhaba sa heso. God seën Suid -Afrika. God bless South Africa. Mudzimu fhatutshedza Afurika. Hosi katekisa Afrika. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,314 | Menswaardigheid, die bereiking van gelykheid en die uitbou van menseregte en vryhede. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,315 | Nie-rassigheid en nie-seksisme. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,316 | Die oppergesag van die grondwet en die heerskappy van die reg. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,317 | Algemene stemreg vir volwassenes, 'n nasionale gemeenskaplike kieserslys, gereelde verkiesings en 'n veelparty-stelsel van demokratiese regering, om verantwoordingspligtigheid, 'n responsiewe ingesteldheid, en openheid te verseker. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,318 | Hierdie Grondwet is die hoogste reg van die Republiek; enige regsvoorskrif of optrede daarmee onbestaanbaar, is ongeldig, en die verpligtinge daardeur opgelê, moet nagekom word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,319 | Daar is 'n gemeenskaplike Suid-Afrikaanse burgerskap. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,320 | geregtig op die regte, voorregte en voordele van burgerskap; en (b) onderworpe aan die pligte en verantwoordelikhede van burgerskap. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,321 | Nasionale wetgewing moet voorsiening maak vir die verkryging, verlies en herverlening van burgerskap. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,322 | Die nasionale lied van die Republiek word deur die President by proklamasie bepaal. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,323 | Bylae 1 beskryf en geskets. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,324 | Die amptelike tale van die Republiek is Sesotho sa Leboa, Sesotho, Setswana, siSwati, Tshivenda, Xitsonga, Afrikaans, English, isiNdebele, isiXhosa en isiZulu. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,325 | Gesien die historiese inkorting van die gebruik en status van die inheemse tale van ons mense, moet die staat praktiese en daadwerklike maatreëls tref om die status van dié tale te verhoog en hul gebruik te bevorder. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,326 | Die nasionale regering en provinsiale regerings kan enige bepaalde amptelike tale vir regeringsdoeleindes aanwend, met inagneming van gebruik, doenlikheid, koste, streeksomstandighede en die ewewig van die behoeftes en voorkeure van die bevolking as geheel of in die betrokke provinsie; maar die nasionale regering en elke provinsiale regering moet minstens twee amptelike tale gebruik. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,327 | Munisipaliteite moet die taalgebruike en -voorkeure van hul inwoners in aanmerking neem. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,328 | Die nasionale regering en provinsiale regerings moet deur wetgewende en ander maatreëls hul gebruik van amptelike tale reël en monitor. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,329 | moet alle amptelike tale gelykheid van aansien geniet en billik behandel word. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,330 | Hierdie Handves van Regte is 'n hoeksteen van die demokrasie in Suid-Afrika. Dit verskans die regte van alle mense in ons land en bevestig die demokratiese waardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,331 | Die Staat moet die regte in die Handves van Regte eerbiedig, beskerm, bevorder en verwesenlik. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,332 | Die regte in die Handves van Regte is onderworpe aan die beperkings in artikel 36 of elders in die Handves vervat of genoem. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,333 | Die Handves van Regte is van toepassing op die totale reg en bind die wetgewende, die uitvoerende en die regsprekende gesag en alle staatsorgane. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,334 | 'n Bepaling van die Handves van Regte bind 'n natuurlike of 'n regspersoon indien, en in die mate waarin, dit toepasbaar is met inagneming van die aard van die reg en die aard van enige plig deur die reg opgelê. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,335 | in ooreenstemming met artikel 36(1) is. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,336 | n Regspersoon is geregtig op die regte in die Handves van Regte in die mate waarin die aard van die regte en die aard van daardie regspersoon dit vereis. |
137 | DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt | 8,337 | Gelykheid sluit die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede in. Ten einde die bereiking van gelykheid te bevorder, kan wetgewende en ander maatreëls getref word wat ontwerp is vir die beskerming of ontwikkeling van persone, of kategorieë persone, wat deur onbillike diskriminasie benadeel is. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.