document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,034 | Die reëls en orders van die Nasionale Vergadering wat van krag was toe die nuwe Grondwet in werking getree het, bly van krag behoudens enige wysiging of herroeping. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,035 | Daar word met enige onafgehandelde werk voor die Nasionale Vergadering wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, ingevolge die nuwe Grondwet voortgegaan. (2) Enige onafgehandelde werk voor die Senaat wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, moet na die Nasionale Raad van Provinsies verwys word, en die Raad moet ingevolge die nuwe Grondwet met daardie werk voortgaan. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,036 | Geen verkiesing van die Nasionale Vergadering mag voor 30 April 1999 gehou word nie tensy die Vergadering ontbind word ingevolge artikel 50(2) na 'n voorstel van wantroue in die President ingevolge artikel 102(2) van die nuwe Grondwet. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,037 | Artikel 50(1) van die nuwe Grondwet word opgeskort tot 30 April 1999. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,038 | op die vul van vakatures in die Vergadering, en die aanvulling, hersiening en aanwending van partylyste vir die vul van vakatures, tot die tweede verkiesing van die Vergadering kragtens die nuwe Grondwet. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,039 | Artikel 47(4) van die nuwe Grondwet word opgeskort tot die tweede verkiesing van die Nasionale Vergadering kragtens die nuwe Grondwet. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,040 | kan ander persone as vaste afgevaardigdes benoem slegs indien daar geen of 'n onvoldoende getal van sy voormalige senatore beskikbaar is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,041 | die partye aanstel. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,042 | Subitems (2) en (3) is van toepassing slegs op die eerste aanstelling van vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,043 | Artikel 62(1) van die nuwe Grondwet is nie van toepassing op die benoeming en aanstelling van voormalige senatore as vaste afgevaardigdes ingevolge hierdie item nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,044 | Die reëls en orders van die Senaat wat van krag was toe die nuwe Grondwet in werking getree het, moet ten opsigte van die werk van die Nasionale Raad toegepas word in die mate waarin dit toegepas kan word, behoudens enige wysiging of herroeping. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,045 | 'n Voormalige senator wat nie as 'n vaste afgevaardigde na die Nasionale Raad van Provinsies aangestel word nie, is geregtig om 'n ten volle stemgeregtigde lid te word van die wetgewer van die provinsie waaruit daardie persoon ingevolge artikel 48 van die vorige Grondwet as 'n senator benoem is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,046 | Indien 'n voormalige senator kies om nie 'n lid van 'n provinsiale wetgewer te word nie, word daar beskou dat daardie persoon as senator bedank het op die dag voordat die nuwe Grondwet in werking getree het. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,047 | Die salaris, toelaes en voordele van 'n voormalige senator wat as 'n vaste afgevaardigde of as 'n lid van 'n provinsiale wetgewer aangestel is, mag nie slegs vanweë daardie aanstelling verminder word nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,048 | Enigiemand wat kragtens die vorige Grondwet die President, 'n Uitvoerende Adjunkpresident, 'n Minister of 'n Adjunkminister was toe die nuwe Grondwet in werking getree het, bly aan in en beklee daardie amp ingevolge die nuwe Grondwet, maar behoudens subitem (2). (2) Tot 30 April 1999 word artikels 84, 89, 90, 91, 93 en 96 van die nuwe Grondwet geag te lui soos in Aanhangsel B by hierdie Bylae uiteengesit. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,049 | Subitem (2) belet nie 'n Minister wat 'n senator was toe die nuwe Grondwet in werking getree het, om aan te bly nie as 'n Minister genoem in artikel 91(1)(a) van die nuwe Grondwet, soos dié artikel in Aanhangsel B lui. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,050 | provinsie kragtens die nuwe Grondwet, en beklee die amp van lid of ampsdraer ingevolge die nuwe Grondwet en 'n provinsiale grondwet wat verorden mag word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,051 | 'n Provinsiale wetgewer soos ingevolge subitem (1) saamgestel, word beskou as kragtens die nuwe Grondwet verkies te wees vir 'n termyn wat op 30 April 1999 verstryk. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,052 | Vir die duur van sy termyn wat op 30 April 1999 verstryk, en behoudens artikel 108(4), bestaan 'n provinsiale wetgewer uit die getal lede kragtens die vorige Grondwet vir daardie wetgewer bepaal sowel as die getal voormalige senatore wat ingevolge item 8 van hierdie Bylae lede van die wetgewer geword het. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,053 | Die reëls en orders van 'n provinsiale wetgewer wat van krag was toe die nuwe Grondwet in werking getree het, bly van krag behoudens enige wysiging of herroeping. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,054 | op die vul van vakatures in 'n wetgewer, en die aanvulling, hersiening en aanwending van partylyste vir die vul van vakatures, tot die tweede verkiesing van die wetgewer kragtens die nuwe Grondwet. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,055 | Artikel 106(4) van die nuwe Grondwet word ten opsigte van 'n provinsiale wetgewer opgeskort tot die tweede verkiesing van die wetgewer kragtens die nuwe Grondwet. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,056 | Enigiemand wat die Premier of 'n lid van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie was toe die nuwe Grondwet in werking getree het, bly aan in en beklee daardie amp ingevolge die nuwe Grondwet en 'n provinsiale grondwet wat verorden mag word, maar behoudens subitem (2). |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,057 | Totdat die Premier wat na die eerste verkiesing van 'n provinsie se wetgewer kragtens die nuwe Grondwet verkies word die amp aanvaar, of die provinsie sy grondwet verorden, wat ook al eerste plaasvind, word artikels 132 en 136 van die nuwe Grondwet geag te lui soos in Aanhangsel C by hierdie Bylae uiteengesit. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,058 | n Provinsiale grondwet wat aangeneem is voordat die nuwe Grondwet in werking getree het, moet aan artikel 143 van die nuwe Grondwet voldoen. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,059 | Wetgewing met betrekking tot 'n aangeleentheid binne 'n funksionele gebied in Bylae 4 of 5 by die nuwe Grondwet vermeld en wat, toe die nuwe Grondwet in werking getree het, deur 'n gesag binne die nasionale uitvoerende gesag geadministreer is, kan deur die President by proklamasie opgedra word aan 'n gesag binne 'n provinsiale uitvoerende gesag wat deur die Uitvoerende Raad van die provinsie aangewys word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,060 | veiligheidsdiens of ander instelling. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,061 | n Afskrif van elke proklamasie wat ingevolge subitem (1) of (2) uitgereik is, moet binne 10 dae na die publisering van die proklamasie aan die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies voorgelê word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,062 | n reg of voorreg verkry of verpligting of aanspreeklikheid opgeloop voordat dit verval het nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,063 | Wanneer wetgewing kragtens subitem (1) opgedra word, word 'n verwysing in die wetgewing na 'n gesag wat dit administreer, uitgelê as 'n verwysing na die gesag aan wie dit opgedra is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,064 | 'n Opdrag van wetgewing kragtens artikel 235(8) van die vorige Grondwet, met inbegrip van 'n wysiging, aanpassing of herroeping en herverordening van enige wetgewing en enige ander stappe wat kragtens daardie artikel gedoen is, moet beskou word as kragtens hierdie item gedoen te gewees het. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,065 | 'n Gesag binne die nasionale uitvoerende gesag wat, wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, enige wetgewing administreer wat buite die Parlement se wetgewende bevoegdheid val, bly bevoeg om daardie wetgewing te administreer totdat dit ingevolge item 14 van hierdie Bylae aan 'n gesag binne 'n provinsiale uitvoerende gesag opgedra word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,066 | Subitem (1) verval twee jaar nadat die nuwe Grondwet in werking getree het. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,067 | enige wysiging of herroeping van daardie wetgewing; en (b) bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,068 | Die Konstitusionele Hof wat deur die vorige Grondwet ingestel is, word die Konstitusionele Hof kragtens die nuwe Grondwet. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,069 | Enigiemand wat die amp van President, Adjunkpresident of regter van die Konstitusionele Hof beklee wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, word die President, die Adjunkpresident of 'n regter van die Konstitusionele Hof kragtens die nuwe Grondwet, en behou die amp vir die onverstreke gedeelte van hul termyne soos deur artikel 176(1) van die nuwe Grondwet bepaal. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,070 | Die Appèlafdeling van die Hooggeregshof van Suid -Afrika word die Hoogste Hof van Appèl kragtens die nuwe Grondwet. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,071 | Enigiemand wat die amp van Hoofregter, Adjunkhoofregter of regter van die Appèlafdeling beklee wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, word die Hoofregter, die Adjunkhoofregter of 'n regter van die Hoogste Hof van Appèl kragtens die nuwe Grondwet. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,072 | 'n Provinsiale of plaaslike afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika of 'n hooggeregshof van 'n tuisland of 'n algemene afdeling van so 'n hof, word 'n Hoë Hof kragtens die nuwe Grondwet sonder verandering van sy regsgebied, behoudens enige rasionalisering in subitem (6) beoog. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,073 | kragtens die nuwe Grondwet, behoudens enige rasionalisering in subitem (6) beoog. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,074 | 'n provinsiale of plaaslike afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika of 'n hooggeregshof van 'n tuisland of algemene afdeling van so 'n hof, uitgelê as 'n verwysing na 'n Hoë Hof. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,075 | Sodra dit doenlik is nadat die nuwe Grondwet in werking getree het, moet alle howe, asook hulle struktuur, samestelling, funksionering en jurisdiksie, en alle tersaaklike wetgewing, gerasionaliseer word met die oog daarop om 'n regstelsel in te stel wat aan die voorskrifte van die nuwe Grondwet voldoen. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,076 | Die Kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is, handelende na oorleg met die Regterlike Dienskommissie, moet die rasionalisering beoog in paragraaf (a), bestuur. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,077 | Alle verrigtinge wat voor 'n hof hangende is wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, moet afgehandel word asof die nuwe Grondwet nie verorden is nie, tensy die belang van geregtigheid anders vereis. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,078 | Artikel 108 van die vorige Grondwet bly van krag totdat die Parlementswet beoog in artikel 179 van die nuwe Grondwet in werking tree. Hierdie subitem raak nie die aanstelling van die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings ingevolge artikel 179 nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,079 | n Prokureur-generaal wat die amp beklee wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, bly funksioneer ingevolge die wetgewing wat op daardie amp van toepassing is, behoudens subitem (1). |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,080 | 'n Persoon wat ingevolge hierdie Bylae in 'n amp aanbly en wat kragtens die vorige Grondwet 'n ampseed of 'n plegtige verklaring afgelê het, is nie verplig om die ampseed of plegtige verklaring kragtens die nuwe Grondwet te herhaal nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,081 | die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,082 | bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,083 | Artikels 199(1), 200(1), (3) en (5) tot (11) en 201 tot 206 van die vorige Grondwet bly van krag totdat dit herroep word deur 'n Parlementswet wat ingevolge artikel 75 van die nuwe Grondwet aangeneem word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,084 | Die lede van die Regterlike Dienskommissie genoem in artikel 105(1)(h) van die vorige Grondwet hou op om lede van die Kommissie te wees wanneer die lede genoem in artikel 178(1)(i) van die nuwe Grondwet aangestel word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,085 | bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,086 | Artikels 184A en 184B(1)(a), (b) en (d) van die vorige Grondwet bly van krag totdat dit herroep word deur 'n Parlementswet wat ingevolge artikel 75 van die nuwe Grondwet aangeneem word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,087 | Waar die nuwe Grondwet die verordening van nasionale of provinsiale wetgewing vereis, moet daardie wetgewing binne 'n redelike tydperk vanaf die datum waarop die nuwe Grondwet in werking getree het deur die tersaaklike gesag verorden word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,088 | Artikel 198(b) van die nuwe Grondwet mag nie toegepas word voordat die wetgewing beoog in daardie artikel verorden is nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,089 | Artikel 199(3)(a) van die nuwe Grondwet mag nie toegepas word voor die verstryking van drie maande nadat die wetgewing beoog in daardie artikel verorden is nie. (4) Nasionale wetgewing beoog in artikel 217(3) van die nuwe Grondwet moet verorden word binne drie jaar vanaf die datum waarop die nuwe Grondwet in werking getree het, maar die afwesigheid van hierdie wetgewing gedurende hierdie tydperk belet nie die inwerkingstelling van die beleid in artikel 217(2) bedoel nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,090 | Totdat die Parlementswet genoem in artikel 65(2) van die nuwe Grondwet verorden word, kan elke provinsiale wetgewer sy eie prosedure bepaal waarvolgens magtiging aan sy afvaardiging verleen word om namens hom stemme in die Nasionale Raad van Provinsies uit te bring. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,091 | Totdat die wetgewing beoog in artikel 229(1)(b) van die nuwe Grondwet verorden word, bly 'n munisipaliteit bevoeg om enige belasting, heffing of reg op te lê wat hy gemagtig was om op te lê toe die Grondwet in werking getree het. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,092 | Ondanks die ander bepalings van die nuwe Grondwet en ondanks die herroeping van die vorige Grondwet, word al die bepalings met betrekking tot amnestie wat in die vorige Grondwet onder die opskrif "Nasionale Eenheid en Versoening" vervat is, geag deel van die nuwe Grondwet uit te maak vir die doeleindes van die Wet op die Bevordering van Nasionale Eenheid en Versoening, 1995 (Wet 34 van 1995), soos gewysig, asook vir die doeleindes van die geldigheid daarvan. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,093 | Nasionale wetgewing beoog in artikels 9(4), 32(2) en 33(3) van die nuwe Grondwet moet binne drie jaar vanaf die datum waarop die nuwe Grondwet in werking getree het, verorden word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,094 | uitoefening of beskerming van enige van hul regte. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,095 | op administratiewe optrede wat regverdigbaar is met betrekking tot die redes wat daarvoor gegee word, waar enige van hul regte geraak of bedreig word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,096 | Grondwet in werking getree het, verorden word nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,097 | bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,098 | Die Staatsdienskommissie en die provinsiale dienskommissies bedoel in Hoofstuk 13 van die vorige Grondwet gaan voort om te funksioneer ingevolge daardie Hoofstuk en die wetgewing wat daarop van toepassing is asof daardie Hoofstuk nie herroep is nie, totdat die Kommissie en die provinsiale dienskommissies by Parlementswet ingevolge artikel 75 van die nuwe Grondwet aangeneem, afgeskaf word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,099 | enige wysiging of herroeping; en (b) bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,100 | Enigiemand wat, toe die nuwe Grondwet in werking getree het, besig was om 'n vonnis van meer as 12 maande gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete in die Republiek uit te dien, is onbevoeg om 'n lid van die Nasionale Vergadering of 'n provinsiale wetgewer te word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,101 | eindig vyf jaar nadat die vonnis voltooi is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,102 | verteenwoordigende oorgangsraad in die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993, genoem en wat geïdentifiseer is soos in artikel 182 van die vorige Grondwet uiteengesit, ampshalwe daarop geregtig om 'n lid van daardie raad te wees tot 30 April 1999 of totdat 'n Parlementswet anders bepaal. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,103 | Artikel 245(4) van die vorige Grondwet bly van krag totdat die toepassing van daardie artikel verval. Artikel 16(5) en (6) van die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993, mag nie voor 30 April 1999 herroep word nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,104 | Artikels 82 en 124 van die nuwe Grondwet raak nie die veilige bewaring van Parlementswette of provinsiale Wette wat aangeneem is voordat die nuwe Grondwet in werking getree het nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,105 | By die voorlegging van 'n sertifikaat deur 'n bevoegde gesag dat onroerende eiendom van die staat ingevolge artikel 239 van die vorige Grondwet in 'n bepaalde regering setel, moet 'n registrateur van aktes die aantekeninge of endossemente in of op enige betrokke register, transportakte of ander dokument aanbring ten einde daardie onroerende eiendom in die naam van daardie regering te registreer. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,106 | Geen belasting, gelde of ander vordering is ten opsigte van 'n registrasie ingevolge subitem (1) betaalbaar nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,107 | "1. Partye wat ingevolge nasionale wetgewing geregistreer is en wat aan 'n verkiesing van die Nasionale Vergadering deelneem, moet kandidate vir sodanige verkiesing benoem op kandidaatlyste wat ooreenkomstig hierdie Bylae en nasionale wetgewing opgestel is.". |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,108 | Een helfte van die setels uit streeklyste deur die onderskeie partye voorgelê, met ' n vaste getal setels vir elke streek voorbehou soos deur die Kommissie bepaal vir die volgende verkiesing van die Vergadering, met inagneming van beskikbare wetenskaplik gebaseerde gegewens met betrekking tot kiesers, en vertoë deur belanghebbende partye. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,109 | Die ander helfte van die setels uit nasionale lyste deur die onderskeie partye voorgelê, of uit streeklyste waar nasionale lyste nie voorgelê is nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,110 | "3. Die kandidaatlyste wat deur 'n party voorgelê word, moet gesamentlik die name van hoogstens 'n getal kandidate gelyk aan die getal setels in die Nasionale Vergadering bevat, en elke sodanige lys moet daardie name in die vaste rangorde van voorkeur wat die party bepaal, aandui.". |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,111 | "5. Die setels bedoel in item 2(a) word per streek toegewys aan die partye wat aan 'n verkiesing deelneem, soos volg:". |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,112 | deur die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang: 6. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,113 | plus een, met weglating van breukdele, is die kwota stemme per setel. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,114 | Die wysiging van item 7(3) deur paragraaf (b) deur die volgende paragraaf te vervang: "(b) 'n Gewysigde kwota stemme per setel word bepaal deur die totale getal stemme wat landswyd uitgebring is, minus die getal stemme wat landswyd ten gunste van die party bedoel in paragraaf (a) uitgebring is, te deel deur die getal setels in die Vergadering plus een, minus die getal setels wat finaal aan bedoelde party ingevolge paragraaf (a) toegewys is.". |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,115 | "10. Die getal setels in elke provinsiale wetgewer is soos ingevolge artikel 105 van die nuwe Grondwet bepaal.". |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,116 | "11. Partye wat ingevolge nasionale wetgewing geregistreer is en wat aan 'n verkiesing van 'n provinsiale wetgewer deelneem, moet kandidate vir verkiesing tot so 'n provinsiale wetgewer benoem op provinsiale lyste wat ooreenkomstig hierdie Bylae en nasionale wetgewing opgestel is.". |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,117 | Nadat die telling van stemme afgehandel is, die getal verteenwoordigers van elke party bepaal is en die verkiesingsuitslag ingevolge artikel 190 van die nuwe Grondwet bekend gemaak is, moet die Kommissie, binne twee dae na sodanige bekendmaking, uit elke kandidaatlys wat ingevolge nasionale wetgewing gepubliseer is, die verteenwoordigers van elke party in die wetgewende liggaam aanwys. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,118 | In opvolging van die aanwysing ingevolge subitem (1), indien 'n kandidaat se naam op meer as een lys vir die Nasionale Vergadering of lyste vir sowel die Nasionale Vergadering as 'n provinsiale wetgewer verskyn (indien 'n verkiesing van die Vergadering en 'n provinsiale wetgewer tegelyk plaasvind), en so 'n kandidaat geregtig is op aanwysing as 'n verteenwoordiger in meer as een geval, moet die party wat daardie lyste voorgelê het, binne twee dae na bedoelde bekendmaking, aan die Kommissie aandui uit watter lys daardie kandidaat aangewys gaan word of in watter wetgewende liggaam die kandidaat gaan dien, na gelang van die geval, in welke geval die kandidaat se naam van die ander lyste geskrap moet word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,119 | Die Kommissie moet onverwyld die lys van name van verteenwoordigers in die wetgewende liggaam of liggame publiseer. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,120 | Die wysiging van item 18 deur paragraaf (b) deur die volgende paragraaf te vervang: "(b) 'n verteenwoordiger as 'n vaste afgevaardigde na die Nasionale Raad van Provinsies aangestel word;". |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,121 | "19. Kandidaatlyste van 'n party bedoel in item 16(1) kan slegs by een geleentheid te eniger tyd gedurende die eerste 12 maande wat volg op die datum waarop die aanwysing van verteenwoordigers ingevolge item 16 afgehandel is, aangevul word ten einde toevallige vakatures te vul: Met dien verstande dat so 'n aanvulling aan die einde van die lys gemaak moet word.". |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,122 | wat die volgende bevoegde en beskikbare persoon op die lys is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,123 | 'n Benoeming om 'n vakature te vul, moet skriftelik aan die Speaker voorgelê word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,124 | te bestaan en die betrokke lede hul setels ontruim uit hoofde van items 23A(1), word die betrokke setels aan die oorblywende partye toegewys mutatis mutandis asof daardie setels ingevolge item 7 of 14, na gelang van die geval, verbeur is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,125 | 23A. (1) 'n Persoon verbeur lidmaatskap van 'n wetgewende liggaam waarop hierdie Bylae van toepassing is indien daardie persoon ophou om 'n lid te wees van die party wat daardie persoon as 'n lid van die wetgewende liggaam benoem het. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,126 | Ondanks subitem (1) kan 'n bestaande politieke party te eniger tyd sy naam verander. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,127 | Binne 'n redelike tyd nadat die nuwe Grondwet in werking getree het, kan 'n Parlementswet ooreenkomstig artikel 76(1) van die nuwe Grondwet aangeneem word om hierdie item en item 23 te wysig om voorsiening te maak vir die wyse waarop dit vir 'n lid van 'n wetgewende liggaam wat ophou om 'n lid te wees van die party wat daardie lid benoem het, moontlik sal wees om lidmaatskap van dié wetgewende liggaam te behou. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,128 | n party om in meer as een party te onderverdeel.. 14. Die skrapping van item 24. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,129 | deur die volgende omskrywing na die omskrywing van "nasionale lys" in te voeg: " 'nuwe Grondwet' die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996;". 16. Die skrapping van item 26. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,130 | voordat die President oortreders begenadig of grasie aan hulle verleen. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,131 | "(3) Subartikels (1) en (2) is ook op 'n Uitvoerende Adjunkpresident van toepassing.". |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,132 | Paragraaf (a) van artikel 90(1) van die nuwe Grondwet word geag soos volg te lui: "(a) 'n Uitvoerende Adjunkpresident wat deur die President aangewys is;". |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,133 | hoogstens een Minister wat nie 'n lid van die Nasionale Vergadering is nie en wat ingevolge subartikel (13) aangestel is, mits die President, handelende in oorleg met die Uitvoerende Adjunkpresidente en die leiers van die deelnemende partye, die aanstelling van so 'n Minister dienstig ag. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.