document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,834
'n bevinding te dien effekte deur 'n komitee van die Nasionale Vergadering; en (c) 'n besluit van die Vergadering waarin gevra word dat dié persoon van die amp onthef word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,835
'n lid van 'n Kommissie, moet aangeneem word met 'n ondersteunende stem van 'n meerderheid van die lede van die Vergadering.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,836
kan te eniger tyd na die aanvang van die verrigtinge van 'n komitee van die Nasionale Vergadering vir die ontheffing van 'n persoon, daardie persoon in die amp skors; en (b) moet 'n persoon van die amp onthef by aanname deur die Vergadering van die besluit waarin gevra word dat dié persoon van die amp onthef word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,837
n Hoë standaard van beroepsetiek moet bevorder en ge handhaaf word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,838
Die voordelige, ekonomiese en doeltreffende aanwending van hulpbronne moet bevorder word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,839
Openbare administrasie moet ontwikkelingsgerig wees.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,840
Dienste moet onpartydig, regverdig, op billike grondslag en sonder vooroordeel gelewer word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,841
Aandag moet aan mense se behoeftes gegee word, en die publiek moet aangemoedig word om aan beleidsvorming deel te neem.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,842
Openbare administrasie moet verantwoordingspligtig wees.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,843
Deursigtigheid moet bevorder word deur die publiek van tydige, toeganklike en korrekte inligting te voorsien.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,844
moet ontwikkel word ten einde menslike potensiaal tot die maksimum te ontsluit. (i) Openbare administrasie moet in die breë verteenwoordigend wees van die Suid -Afrikaanse bevolking, met indiensnemings- en personeelbestuurspraktyke wat gebaseer is op vermoë, objektiwiteit, billikheid en die behoefte om die wanbalanse van die verlede reg te stel ten einde breë verteenwoordiging te bewerkstellig.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,845
Nasionale wetgewing moet die bevordering verseker van die waardes en beginsels wat in subartikel (1) vermeld word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,846
Die aanstelling in die openbare administrasie van 'n aantal persone op grond van beleidsoorwegings word nie uitgesluit nie, maar nasionale wetgewing moet dié aanstellings in die staatsdiens reguleer.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,847
Wetgewing wat die openbare administrasie reguleer, kan 'n onderskeid maak tussen verskillende sektore, administrasies of instellings.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,848
Die aard en funksies van verskillende sektore, administrasies of instellings van die openbare administrasie is tersaaklike faktore wat in aanmerking geneem moet word in wetgewing wat die openbare administrasie reël.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,849
Daar is 'n enkele Staatsdienskommissie vir die Republiek.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,850
Die Kommissie is onafhanklik en moet onpartydig wees, en moet sonder vrees, begunstiging of vooroordeel sy bevoegdhede uitoefen en sy funksies verrig in die belang van die handhawing van 'n doeltreffende en bevoegde openbare administrasie en 'n hoë standaard van beroepsetiek in die staatsdiens. Die Kommissie moet deur nasionale wetgewing gereguleer word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,851
Ander staatsorgane moet deur middel van wetgewende en ander maatreë ls die Kommissie bystaan en beskerm ten einde die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid en doeltreffendheid van die Kommissie te verseker. Geen persoon of staatsorgaan mag op die funksionering van die Kommissie inbreuk maak nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,852
nasionale en provinsiale staatsorgane van advies te dien oor personeelpraktyke in die staatsdiens, met inbegrip van dié met betrekking tot die werwing, aanstelling, oorplasing, uitdienstreding en ander aspekte van die loopbane van werknemers in die staatsdiens.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,853
Die Kommissie is teenoor die Nasionale Vergadering verantwoordingspligtig.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,854
ten opsigte van sy bedrywighede in 'n provinsie, aan die wetgewer van daardie provinsie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,855
een kommissaris vir elke provinsie ooreenkomstig subartikel (8)(b) deur die Premier van die provinsie benoem.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,856
deur die Vergadering goedgekeur word by 'n besluit aangeneem met 'n ondersteunende stem van 'n meerderheid van die lede van die Vergadering.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,857
deur die wetgewer goedgekeur word by 'n besluit aangeneem met 'n ondersteunende stem van 'n meerderheid van die lede van die wetgewer.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,858
Die prosedure vir die aanstelling van kommissarisse word deur 'n Parlementswet gereguleer.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,859
n geskikte en gepaste persoon is met kennis of ervaring van administrasie, bestuur of die verskaffing van openbare dienste.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,860
'n besluit van die Vergadering of die betrokke provinsiale wetgewer wat aangeneem is met 'n ondersteunende stem van 'n meerderheid van sy lede en waarin gevra word dat die kommissaris van die amp onthef word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,861
skriftelike verwittiging deur die Premier dat die provinsiale wetgewer 'n besluit aangeneem het waarin gevra word dat daardie kommissaris van die amp onthef word. (13) Kommissarisse in subartikel (7)(b) bedoel, kan die bevoegdhede en funksies van die Kommissie in hul provinsies uitoefen en verrig soos deur nasionale wetgewing voorgeskryf.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,862
beleid van die regering aan die bewind getrou moet uitvoer.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,863
Die bedinge en voorwaardes van indiensneming in die staatsdiens moet deur nasionale wetgewing gereël word. Werknemers is geregtig op 'n billike pensioen soos deur nasionale wetgewing gereël.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,864
Geen werknemer van die staatsdiens mag begunstig of benadeel word slegs omdat dié persoon 'n bepaalde politieke party of saak steun nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,865
Provinsiale regerings is verantwoordelik vir die werwing, aanstelling, bevordering, oorplasing en ontslag van lede van die staatsdiens in hul administrasies binne 'n raamwerk van eenvormige norme en standaarde wat op die staatsdiens van toepassing is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,866
Nasionale veiligheid in die Republiek word deur die volgende beginsels beheers: (a) Nasionale veiligheid moet die vasberadenheid weerspieël va n Suid-Afrikaners, as individue en as nasie, om as gelykes te leef, in vrede en harmonie te leef, vry te wees van vrees en gebrek, en 'n beter bestaan na te streef.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,867
Hierdie vasberadenheid om in vrede en harmonie te leef, belet elke Suid-Afrikaanse burger om deel te neem aan gewapende stryd, nasionaal of internasionaal, behalwe waar ingevolge die Grondwet of nasionale wetgewing daarvoor voorsiening gemaak word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,868
Nasionale veiligheid moet nagestreef word in ooreenstemming met die reg, met inbegrip van die volkereg.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,869
Nasionale veiligheid is onderworpe aan die gesag van die Parlement en die nasionale uitvoerende gesag.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,870
Die veiligheidsdienste van die Republiek bestaan uit 'n enkele weermag, 'n enkele polisiediens en enige intelligensiedienste wat ingevolge die Grondwet ingestel word. (2) Die weermag is die enigste wettige militêre mag in die Republiek.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,871
Benewens die veiligheidsdienste ingevolge die Grondwet ingestel, kan gewapende organisasies of dienste slegs ingevolge nasionale wetgewing ingestel word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,872
Die veiligheidsdienste moet deur nasionale wetgewing gestruktureer en gereguleer word. (5) Die veiligheidsdienste moet optree, en moet hul lede oplei en van hulle vereis om op te tree, ooreenkomstig die Grondwet en die reg, met inbegrip van die volkeregtelike gewoontereg en van internasionale ooreenkomste wat die Republiek bind.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,873
Geen lid van enige veiligheidsdiens mag 'n klaarblyklik onwettige bevel gehoorsaam nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,874
enige partypolitieke belang wat ingevolge die Grondwet wettig is, benadeel; of (b) op partydige wyse enige belang van 'n politieke party bevorder.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,875
Ten einde uitvoering te gee aan die beginsels van deursigtigheid en verantwoordingspligtigheid, moet veelpartykomitees van die Parlement toesig hou oor alle veiligheidsdienste op 'n wyse wat deur nasionale wetgewing of die reëls en orders van die Parlement bepaal word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,876
Die hoofdoel van die weermag is om die Republiek, sy territoriale integriteit en sy mense te verdedig en te beskerm, in ooreenstemming met die Grondwet en die volkeregtelike beginsels met betrekking tot die aanwending van mag.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,877
n Lid van die Kabinet moet vir verdediging verantwoordelik wees.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,878
in samewerking met die polisiediens; (b) ter verdediging van die Republiek; of (c) ter nakoming van 'n internasionale verpligting.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,879
die tydperk waarvoor die mag na verwagting aangewend sal word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,880
Indien die Parlement nie sit gedurende die eerste sewe dae nadat die weermag aangewend is soos in subartikel (2) beoog nie, moet die President die inligting wat in subartikel (3) vereis word, aan die toepaslike toesighoudende komitee verskaf.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,881
Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag is die Opperbevelhebber van die weermag, en moet die militêre bevelvoerders van die weermag aanstel.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,882
Daar moet ooreenkomstig die opdragte van die Kabinetslid wat vir verdediging verantwoordelik is, oor die weermag bevel gevoer word onder die gesag van die President.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,883
enige plek waar die weermag aangewend word; en (c) die getal mense wat daarby betrokke is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,884
Indien die Parlement nie sit wanneer 'n staat van nasionale verdediging verklaar word nie, moet die President die Parlement binne sewe dae vanaf die verklaring vir 'n buitengewone sitting byeenroep.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,885
'n Verklaring van 'n staat van nasionale verdediging verval tensy dit binne sewe dae vanaf die verklaring deur die Parlement goedgekeur word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,886
n Burgerlike sekretariaat vir verdediging moet deur nasionale wetgewing ingestel word om te funksioneer in opdrag van die Kabinetslid wat vir verdediging verantwoordelik is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,887
Die nasionale polisiediens moet gestruktureer word om in die nasionale, die provinsiale en, waar gepas, die plaaslike regeringsfere te funksioneer.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,888
Nasionale wetgewing moet die bevoegdhede en funksies van die polisiediens bepaal en moet die polisiediens in staat stel om sy verantwoordelikhede doeltreffend na te kom, met inagneming van die behoeftes van die provinsies.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,889
Die doelstellings van die polisiediens is om misdaad te voorkom, te bestry en te ondersoek, die openbare orde te handhaaf, die inwoners van die Republiek en hul eiendom te beskerm en te beveilig, en die reg te handhaaf en toe te pas.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,890
prioriteite van die provinsies soos deur die provinsiale uitvoerende gesagte bepaal, die nasionale polisiëringsbeleid bepaal.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,891
Die nasionale polisiëringsbeleid kan voorsiening maak vir 'n verskillende beleid ten opsigte van verskillende provinsies na inagneming van die polisiëringsbehoeftes en -prioriteite van daardie provinsies.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,892
om met die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is, te sk akel met betrekking tot misdaad en polisiëring in die provinsie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,893
in die nasionale polisiëringsbeleid aan hom toegewys is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,894
moet 'n provinsie aanbevelings doen aan die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,895
By ontvangs van 'n klagte wat deur 'n provinsiale uitvoerende gesag ingedien is, moet 'n onafhanklike klagteliggaam vir die polisie deur nasionale wetgewing ingestel, ondersoek instel na enige beweerde wangedrag van, of oortreding begaan deur, 'n lid van die polisiediens in die provinsie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,896
Nasionale wetgewing moet 'n raamwerk voorsien vir die instelling, bevoegdhede, funksies en beheer van munisipale polisiedienste.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,897
n Komitee bestaande uit die Kabinetslid en die lede van die Uitvoerende Rade wat vir polisiëring verantwoordelik is, moet ingestel word om doeltreffende koördinering van die polisiediens en doeltreffende samewerking tussen die regeringsfere te verseker.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,898
voor hom of enige van sy komitees te verskyn om vrae te beantwoord.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,899
Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag moet 'n vrou of 'n man as die Nasionale Kommissaris van die polisiediens aanstel om die polisiediens te beheer en te bestuur.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,900
Die Nasionale Kommissaris moet beheer oor die polisiediens uitoefen en dit bestuur ooreenkomstig die nasionale polisiëringsbeleid en die opdragte van die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,901
Die Nasionale Kommissaris moet met die instemming van die provinsiale uitvoerende gesag 'n vrou of 'n man as die provinsiale kommissaris vir daardie provinsie aanstel, maar indien die Nasionale Kommissaris en die provinsiale uitvoerende gesag nie oor die aanstelling kan ooreenkom nie, moet die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is, tussen die partye bemiddel.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,902
behoudens die bevoegdheid van die Nasionale Kommissaris om ingevolge subartikel (2) beheer oor die polisiediens uit te oefen en dit te bestuur.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,903
Die provinsiale kommissaris moet jaarliks aan die provinsiale wetgewer oor polisiëring in die provinsie verslag doen, en moet 'n afskrif van die verslag aan die Nasionale Kommissaris stuur.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,904
Indien die provinsiale kommissaris die vertroue van die provinsiale uitvoerende gesag verloor het, kan daardie gesag ooreenkomstig nasionale wetgewing gepaste verrigtinge vir die verwydering of oorplasing van, of tugstappe teen, daardie kommissaris instel.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,905
n Burgerlike sekretariaat vir die polisiediens moet deur nasionale wetgewing ingestel word om te funksioneer in opdrag van die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,906
Enige intelligensiediens, behalwe enige intelligensieafdeling van die weermag of die polisiediens, kan slegs deur die President, as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, en slegs ingevolge nasionale wetgewing ingestel word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,907
Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag moet 'n vrou of 'n man aanstel as hoof van elke intelligensiediens wat ingevolge subartikel (1) ingestel word, en moet óf politieke verantwoordelikheid vir die beheer oor en bestuur van enige van dié dienste aanvaar, óf 'n lid van die Kabinet aanwys om dié verantwoordelikheid te aanvaar.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,908
burgerlike monitering van die bedrywighede van dié dienste deur 'n inspekteur wat deur die President, as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, aangestel word en wat goedgekeur is by 'n besluit van die Nasionale Vergadering aangeneem met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes van die lede van die Vergadering.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,909
Die instelling, status en rol van tradisionele leierskap, volgens die gewoontereg, word behoudens die Grondwet erken.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,910
'n Tradisionele owerheid wat 'n stelsel van gewoontereg naleef, kan funksioneer behoudens enige toepaslike wetgewing en gebruike, waarby ingesluit is enige wysiging of herroeping van daardie wetgewing of gebruike.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,911
Die howe moet die gewoontereg toepas wanneer dié reg toepasbaar is, behoudens die Grondwet en enige wetgewing wat spesifiek oor gewoontereg handel.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,912
Nasionale wetgewing kan voorsiening maak vir 'n rol vir tradisionele leierskap as 'n instelling op plaaslike vlak betreffende aangeleenthede wat plaaslike gemeenskappe raak.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,913
nasionale wetgewing 'n raad van tradisionele leiers instel.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,914
Daar is 'n Nasionale Inkomstefonds, waarin alle geld gestort word wat deur die nasionale regering ontvang word, behalwe geld wat redelikerwys deur 'n Parlementswet uitgesluit word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,915
as 'n regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds, wanneer in die Grondwet of 'n Parlementswet daarvoor voorsiening gemaak word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,916
'n Provinsie se billike deel van die inkomste wat nasionaal ingevorder word, is 'n regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,917
enige ander toekennings aan provinsies, plaaslike regering of munisipaliteite uit die nasionale regering se deel van daardie inkomste, en voorwaardes waarop daardie toekennings gedoen kan word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,918
die behoefte aan buigsaamheid in die hantering van noodgevalle of ander tydelike behoeftes, en ander faktore wat op soortgelyke objektiewe maatstawwe gebaseer is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,919
Nasionale, provinsiale en munisipale begrotings en begrotingsprosesse moet deursigtigheid, verantwoordingspligtigheid en die doeltreffende finansiële bestuur van die ekonomie, skuld en die openbare sektor bevorder.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,920
dat begrotings in elke regeringsfeer die bronne van inkomste en die wyse waarop voorgestelde uitgawes aan nasionale wetgewing sal voldoen, moet aantoon.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,921
aanspreeklikheid wat in die daaropvolgende jaar die staatskuld sal verhoog.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,922
algemeen erkende rekeningkundige praktyk; (b) eenvormige uitgaweklassifikasies; en (c) eenvormige toesourienorme en -standaarde.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,923
Die nasionale tesourie kan met die instemming van die Kabinetslid wat vir nasionale finansiële sake verantwoordelik is, slegs weens ernstige of volgehoue wesenlike oortreding van die maatreëls ingevolge subartikel (1) voorgeskryf die oordrag van fondse aan 'n staatsorgaan staak.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,924
kan onmiddellik afgedwing word, maar sal terugwerkend verval tensy die Parlement dit goedkeur ooreenkomstig 'n proses wat wesenlik dieselfde is as dié ingevolge artikel 76(1) ingestel en deur die gesamentlike reëls en orders van die Parlement voorgeskryf. Hierdie proses moet binne 30 dae vanaf die nasionale tesourie se besluit afgehandel word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,925
Die Parlement kan ooreenkomstig die proses ingevolge subartikel (3) ingestel 'n besluit om die oordrag van fondse te staak, vir hoogstens 120 dae op 'n keer hernu.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,926
moet die provinsie 'n geleentheid gebied word om voor 'n komitee te antwoord op die aantygings teen hom en sy saak te stel.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,927
Wanneer 'n staatsorgaan in die nasionale, provinsiale of plaaslike regeringsfeer, of enige ander instelling in nasionale wetgewing geïdentifiseer, vir goedere of dienste kontrakteer, moet hy dit doen ooreenkomstig 'n stelsel wat regverdig, billik, deursigtig, mededingend en kostedoeltreffend is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,928
die beskerming of vooruitgang van persone, of kategorieë persone, wat deur onbillike diskriminasie benadeel is nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,929
Nasionale wetgewing moet 'n raamwerk voorskryf waarbinne die beleid genoem in subartikel (2) toegepas kan word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,930
Die nasionale regering, 'n provinsiale regering of 'n munisipaliteit kan 'n lening waarborg slegs indien die waarborg voldoen aan voorwaardes wat in nasionale wetgewing uiteengesit word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,931
Nasionale wetgewing bedoel in subartikel (1) kan verorden word slegs nadat aanbevelings van die Finansiële en Fiskale Kommissie oorweeg is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,932
Elke regering moet elke jaar 'n verslag publiseer oor die waarborge wat hy verstrek het.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,933
die boonste perke van die salarisse, toelaes of voordele van lede van provinsiale wetgewers, lede van Uitvoerende Rade en lede van Munisipale Rade van die verskillende kategorieë.