document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,634 | Indien 'n aansoek nie slaag nie, en nie 'n redelike vooruitsig gehad het om te slaag nie, kan die Konstitusionele Hof die aansoekers gelas om die koste te betaal. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,635 | 'n Wetsontwerp wat deur die Premier van 'n provinsie bekragtig en onderteken is, word 'n provinsiale Wet, moet onverwyld gepubliseer word en tree in werking by die publikasie daarvan of op 'n datum ingevolge die Wet bepaal. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,636 | Die ondertekende eksemplaar van 'n provinsiale Wet is afdoende bewys van die bepalings van daardie Wet en moet na die publikasie daarvan vir veilige bewaring aan die Konstitusionele Hof toevertrou word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,637 | Die uitvoerende gesag van 'n provinsie berus by die Premier van daardie provinsie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,638 | enige ander funksie te verrig wat ingevolge die Grondwet of 'n Parlementswet aan die provinsiale uitvoerende gesag opgedra is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,639 | n Provinsie het ingevolge subartikel (2)(b) uitvoerende gesag slegs in die mate waarin die provinsie die administratiewe vermoë het om doeltreffende verantwoordelikheid te aanvaar. Die nasionale regering moet deur middel van wetgewende en ander maatreëls provinsies help om die administratiewe vermoë te ontwikkel wat nodig is vir die doeltreffende uitoefening van hul bevoegdhede en verrigting aan hul funksies in subartikel (2) genoem. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,640 | 'n Geskil betreffende die administratiewe vermoë van 'n provinsie met betrekking tot enige funksie moet verwys word na die Nasionale Raad van Provinsies vir beslegting binne 30 dae vanaf die datum van die verwysing na die Raad. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,641 | Behoudens artikel 100 is die uitvoering van provinsiale wetgewing in 'n provinsie 'n eksklusiewe provinsiale uitvoerende bevoegdheid. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,642 | die provinsiale grondwet, indien 'n grondwet vir die provinsie aangeneem is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,643 | 'n Lid van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie kan enige bevoegdheid of funksie wat ingevolge 'n Parlementswet of 'n provinsiale Wet uitgeoefen of verrig moet word, aan 'n Munisipale Raad opdra. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,644 | tree by proklamering deur die Premier in werking. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,645 | Die Premier van 'n provinsie het die bevoegdhede en funksies wat deur die Grondwet en enige wetgewing aan dié amp opgedra word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,646 | die uitroep van 'n referendum in die provinsie ooreenkomstig nasionale wetgewing. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,647 | By sy eerste sitting na sy verkiesing, en wanneer dit ook al nodig is om 'n vakature te vul, moet 'n provinsiale wetgewer 'n vrou of 'n man uit sy geledere as die Premier van die provinsie verkies. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,648 | n Regter wat deur die President van die Konstitusionele Hof aangewys is, moet by die verkiesing van die Premier voorsit. Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die verkiesing van die Premier van toepassing. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,649 | en datum deur die President van die Konstitusionele Hof bepaal, maar nie later nie as 30 dae nadat die vakature ontstaan. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,650 | 'n Aangewese Premier aanvaar die amp binne vyf dae na die Premiersverkiesing, deur ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet af te lê. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,651 | 'n Premier se ampstermyn begin wanneer die Premier die amp aanvaar en eindig wanneer 'n vakature ontstaan of wanneer die persoon wat volgende as Premier verkies word die amp aanvaar. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,652 | Niemand mag die amp van Premier vir meer as twee ampstermyne beklee nie, maar wanneer iemand verkies word om 'n vakature in die amp van Premier te vul, word die tydperk tussen daardie verkiesing en die volgende verkiesing van 'n Premier nie as 'n ampstermyn beskou nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,653 | onvermoë om die funksies van die amp te verrig. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,654 | Iemand wat ingevolge subartikel (3)(a) of (b) van die amp van Premier onthef is, mag geen voordele van daardie amp ontvang nie, en mag in geen openbare amp dien nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,655 | n Lid van die Uitvoerende Raad deur die Premier aangewys. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,656 | n Lid van die Uitvoerende Raad deur die ander lede van die Uitvoerende Raad aangewys. (c) Die Speaker, totdat die wetgewer een van sy ander lede aanwys. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,657 | n Waarnemende Premier het die verantwoordelikhede, bevoegdhede en funksies van die Premier. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,658 | Voordat die Waarnemende Premier die verantwoordelikhede, bevoegdhede en funksies van die Premier aanvaar, moet die Waarnemende Premier ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,659 | Die Uitvoerende Raad van 'n provinsie bestaan uit die Premier, as hoof van die Raad, en minstens vyf en hoogstens tien lede deur die Premier uit die geledere van die provinsiale wetgewer aangestel. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,660 | Die Premier van 'n provinsie stel die lede van die Uitvoerende Raad aan, dra hulle bevoegdhede en funksies aan hulle op, en kan hulle ontslaan. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,661 | Die lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie is verantwoordelik vir die funksies van die uitvoerende gesag wat deur die Premier aan hulle opgedra word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,662 | Lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie is gesamentlik en afsonderlik teenoor die wetgewer aanspreeklik vir die uitoefening van hul bevoegdhede en die verrigting van hul funksies. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,663 | Wanneer 'n verkiesing van 'n provinsiale wetgewer gehou word, bly die Uitvoerende Raad en sy lede bevoeg om te funksioneer totdat die persoon wat deur die volgende wetgewer as Premier verkies word die amp aanvaar. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,664 | Voordat lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie begin om hul funksies te verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,665 | Lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie moet optree ooreenkomstig 'n etiese kode deur nasionale wetgewing voorgeskryf. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,666 | hul posisie of enige inligting aan hulle toevertrou, gebruik om hulself te verryk of enige ander persoon onbehoorlik te bevoordeel nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,667 | enige bevoegdheid of funksie oordra wat by wetgewing aan 'n ander lid opgedra is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,668 | te oefen of daardie funksie te verrig nie, opdra. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,669 | ekonomiese eenheid te handhaaf. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,670 | die Raad die ingryping gereeld in hersiening neem en enige gepaste aanbevelings aan die provinsiale uitvoerende gesag doen. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,671 | Nasionale wetgewing kan die proses ingestel deur hierdie artikel reguleer. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,672 | ingevolge wetgewing geneem word; of (b) regsgevolge het. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,673 | 'n Skriftelike besluit van die Premier moet deur 'n ander lid van die Uitvoerende Raad mede-onderteken word indien daardie besluit 'n funksie raak wat aan daardie ander lid opgedra is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,674 | Proklamasies, regulasies en ander instrumente van ondergeskikte wetgewing van 'n provinsie moet vir die publiek toeganklik wees. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,675 | in die provinsiale wetgewer ter tafel gelê moet word, spesifi seer; en (b) deur die provinsiale wetgewer goedgekeur moet word, spesifiseer. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,676 | Indien 'n provinsiale wetgewer by 'n besluit ten gunste waarvan 'n meerderheid van sy lede stem 'n voorstel van wantroue in die Uitvoerende Raad van die provinsie, uitgesonderd die Premier, aanneem, moet die Premier die Raad hersaamstel. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,677 | Indien 'n provinsiale wetgewer by 'n besluit ten gunste waarvan 'n meerderheid van sy lede stem 'n voorstel van wantroue in die Premier aanneem, moet die Premier en die ander lede van die Uitvoerende Raad bedank. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,678 | 'n Provinsiale wetgewer kan 'n grondwet vir die provinsie aanneem of, waar toepaslik, sy grondwet wysig, indien minstens twee derdes van sy lede ten gunste van die Wetsontwerp stem. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,679 | die instelling, rol, gesag en status van 'n tradisionele monarg waar dit gepas is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,680 | buite die bestek van provinsiale bevoegdheid ingevolge Bylaes 4 en 5 val nie; of (ii) buite die bevoegdhede en funksies val wat deur ander artikels van die Grondwet aan die provinsie opgedra word nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,681 | Konstitusionele Hof vir sertifisering voorlê. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,682 | in sy geheel aan artikel 143 voldoen nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,683 | Die Premier van 'n provinsie moet 'n provinsiale grondwet of grondwetwysiging wat deur die Konstitusionele Hof gesertifiseer is, bekragtig en onderteken. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,684 | Die teks wat die Premier bekragtig en onderteken het, moet in die nasionale Staatskoerant gepubliseer word en tree in werking by die publikasie daarvan of op 'n latere datum ingevolge daardie grondwet of wysiging bepaal. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,685 | Die ondertekende teks van 'n provinsiale grondwet of grondwetwysiging is afdoende bewys van die bepalings daarvan en moet na die publikasie daarvan aan die Konstitusionele Hof vir veilige bewaring toevertrou word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,686 | Hierdie artikel is van toepassing op 'n teenstrydigheid tussen nasionale wetgewing en provinsiale wetgewing wat binne 'n funksionele gebied vermeld in Bylae 4 val. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,687 | Die nasionale wetgewing handel met 'n aangeleentheid wat nie doeltreffend gereël kan word deur wetgewing wat deur die onderskeie provinsies afsonderlik verorden word nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,688 | norme en standaarde te bepaal; (ii) raamwerke te bepaal; of (iii) nasionale beleid te bepaal. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,689 | die bevordering van ekonomiese bedrywighede oor provinsiale grense heen; (v) die bevordering van gelyke geleenthede of gelyke toegang tot regeringsdienste; of (vi) die beskerming van die omgewing. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,690 | die uitvoering van nasionale ekonomiese beleid belemmer. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,691 | Wanneer daar 'n geskil is oor die vraag of nasionale wetgewing nodig is vir 'n doel in subartikel (2)(c) uiteengesit en daardie geskil voor 'n hof kom om besleg te word, moet die hof die goedkeuring of die verwerping van die wetgewing deur die Nasionale Raad van Provinsies behoorlik in aanmerking neem. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,692 | Provinsiale wetgewing geniet voorrang bo nasionale wetgewing indien subartikel (2) of (3) nie van toepassing is nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,693 | geniet slegs indien daardie wet deur die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,694 | Indien die Nasionale Raad van Provinsies nie binne 30 dae vanaf sy eerste sitting nadat 'n wet na die Raad verwys is, tot 'n besluit kom nie, word daardie wet vir alle doeleindes beskou as deur die Raad goedgekeur te wees. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,695 | Indien die Nasionale Raad van Provinsies 'n wet bedoel in subartikel (6) nie goedkeur nie, moet die Raad binne 30 dae vanaf sy besluit redes waarom hy die wet nie goedgekeur het nie, stuur aan die gesag wat die wet na die Raad verwys het. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,696 | 'n aangeleentheid wat val binne 'n funksionele gebied in Bylae 4 vermeld, is artikel 146 van toepassing asof die betrokke bepaling van die provinsiale grondwet provinsiale wetgewing is wat in daardie artikel genoem word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,697 | Nasionale wetgewing in artikel 44(2) genoem, geniet voorrang bo provinsiale wetgewing ten opsigte van aangeleenthede binne die funksionele gebiede wat in Bylae 5 vermeld word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,698 | Indien 'n geskil oor 'n wetsteenstrydigheid nie deur 'n hof besleg kan word nie, geniet die nasionale wetgewing voorrang bo die provinsiale wetgewing of provinsiale grondwet. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,699 | 'n Beslissing deur 'n hof dat wetgewing voorrang bo ander wetgewing geniet, maak nie daardie ander wetgewing ongeldig nie, maar daardie ander wetgewing is nie van krag solank die teenstrydigheid voortduur nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,700 | By die oorweging van 'n skynbare teenstrydigheid tussen nasionale en provinsiale wetgewing, of tussen nasionale wetgewing en 'n provinsiale grondwet, moet elke hof voorkeur gee aan enige redelike uitleg van die wetgewing of grondwet wat 'n teenstrydigheid uitskakel, bo enige alternatiewe uitleg wat 'n teenstrydigheid tot gevolg het. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,701 | Die plaaslike regeringsfeer bestaan uit munisipaliteite, wat vir die hele grondgebied van die Republiek ingestel moet word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,702 | Die uitvoerende en wetgewende gesag van 'n munisipaliteit berus by sy Munisipale Raad. (3) 'n Munisipaliteit het die reg om op eie inisiatief die plaaslike regeringsaangeleenthede van sy gemeenskap te bestuur, behoudens nasionale en provinsiale wetgewing, soos in die Grondwet bepaal. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,703 | Die nasionale of 'n provinsiale regering mag nie 'n munisipaliteit se vermoë of reg om sy bevoegdhede uit te oefen of sy funksies te verrig, kompromitteer of belemmer nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,704 | om die betrokkenheid van gemeenskappe en gemeenskapsorganisasies in plaaslike regeringsaangeleenthede aan te moedig. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,705 | n Munisipaliteit moet daarna streef om binne sy finansiële en administratiewe vermoë die oogmerke in subartikel (1) uiteengesit, te verwesenlik. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,706 | Ontwikkelingspligte van munisipaliteite 153. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,707 | aan nasionale en provinsiale ontwikkelingsprogramme deelneem. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,708 | Die nasionale regering en provinsiale regerings moet deur wetgewende en ander maatreëls munisipaliteite se vermoë om hul eie sake te bestuur, hul bevoegdhede uit te oefen en hul funksies te verrig, steun en versterk. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,709 | Nasionale of provinsiale konsepwetgewing wat die status, instellings, bevoegdhede of funksies van plaaslike regering raak, moet voordat dit by die Parlement of 'n provinsiale wetgewer ingedien word, vir openbare kommentaar gepubliseer word op 'n wyse wat georganiseerde plaaslike regering, munisipaliteite en ander belanghebbende persone 'n geleentheid bied om vertoë met betrekking tot die konsepwetgewing te rig. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,710 | Kategorie A: 'n Munisipaliteit wat eksklusiewe munisipale uitvoerende en wetgewende gesag in sy gebied het. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,711 | Kategorie B: 'n Munisipaliteit wat munisipale uitvoerende en wetgewende gesag in sy gebied deel met 'n kategorie C-munisipaliteit binne wie se gebied hy val. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,712 | Kategorie C: 'n Munisipaliteit wat munisipale uitvoerende en wetgewende gesag het in 'n gebied wat meer as een munisipaliteit insluit. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,713 | Nasionale wetgewing moet die verskillende soorte munisipaliteite bepaal wat binne elke kategorie ingestel kan word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,714 | behoudens artikel 229, voorsiening maak vir 'n gepaste verdeling van bevoegdhede en funksies tussen munisipaliteite wanneer 'n gebied munisipaliteite van sowel kategorie B as kategorie C het. 'n Verdeling van bevoegdhede en funksies tussen 'n kategorie B-munisipaliteit en 'n kategorie C-munisipaliteit kan verskil van die verdeling van bevoegdhede en funksies tussen 'n ander kategorie B-munisipaliteit en daardie kategorie C-munisipaliteit. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,715 | Die wetgewing in subartikel (3) genoem, moet die behoefte om munisipale dienste op billike en volhoubare wyse te verskaf, in aanmerking neem. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,716 | Provinsiale wetgewing moet die verskillende soorte munisipaliteite wat in die provinsie ingestel moet word, bepaal. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,717 | die ontwikkeling van plaaslike regeringsvermoë bevorder ten einde munisipaliteite in staat te stel om hul funksies te verrig en hul eie sake te bestuur. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,718 | Die nasionale regering, behoudens artikel 44, en die provinsiale regerings het die wetgewende en uitvoerende gesag om toe te sien dat munisipaliteite hul funksies ten opsigte van aangeleenthede in Bylaes 4 en 5 vermeld doeltreffend verrig, deur die uitoefening van munisipaliteite se uitvoerende gesag genoem in artikel 156(1) te reguleer. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,719 | 'n Munisipaliteit kan verordeninge uitvaardig en administreer vir die doeltreffende administrasie van die aangeleenthede wat hy die reg het om te administreer. (3) Behoudens artikel 151(4) is 'n munisipale verordening wat met nasionale of provinsiale wetgewing strydig is, ongeldig. Indien daar 'n teenstrydigheid is tussen 'n munisipale verordening en nasionale of provinsiale wetgewing wat nie van krag is nie vanweë 'n teenstrydigheid in artikel 149 genoem, word die munisipale verordening as geldig beskou solank daardie wetgewing nie van krag is nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,720 | die munisipaliteit die vermoë het om dit te administreer. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,721 | 'n Munisipaliteit het die reg om enige bevoegdheid uit te oefen met betrekking tot 'n aangeleentheid wat redelikerwys nodig is vir, of verband hou met, die doeltreffende verrigting van sy funksies. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,722 | Samestelling en verkiesing van Munisipale Rade 157. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,723 | sowel lede wat ooreenkomstig paragraaf (a) verkies is as lede wat ooreenkomstig subparagraaf (i) van hierdie paragraaf aangestel is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,724 | van proporsionele verteenwoordiging wat op die betrokke munisipaliteit se segment van die nasionale gemeenskaplike kieserslys gebaseer is en wat voorsiening maak vir die verkiesing van lede uit lyste van partykandidate wat in 'n party se rangorde van voorkeur opgestel is; of (b) van proporsionele verteenwoordiging soos in paragraaf (a) beskryf wat gekombineer is met 'n stelsel van wyksverteenwoordiging wat op die betrokke munisipaliteit se segment van die nasionale gemeenskaplike kieserslys gebaseer is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,725 | Indien die kiesstelsel wyksverteenwoordiging insluit, moet die afbakening van wyke gedoen word deur 'n onafhanklike gesag wat aangestel word ingevolge, en wat funksioneer volgens, prosedures en maatstawwe wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,726 | 'n Persoon kan in 'n munisipaliteit stem slegs indien daardie persoon op daardie munisipaliteit se segment van die nasionale gemeenskaplike kieserslys geregistreer is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,727 | Die nasionale wetgewing in subartikel (1)(b) genoem, moet 'n stelsel voorskryf wat dit moontlik maak dat partye en belange wat weerspieël word in die Munisipale Raad wat die aanstelling doen, billik verteenwoordig word in die Munisipale Raad waarin die aanstelling gedoen word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,728 | 'n lid van die Nasionale Vergadering, 'n afgevaardigde na die Nasionale Raad van Provinsies of 'n lid van 'n provinsiale wetgewer; maar hierdie onbevoegdheid geld nie vir 'n lid van 'n Munisipale Raad wat plaaslike regering in die Nasionale Raad verteenwoordig nie; of (e) 'n lid van 'n ander Munisipale Raad; maar hierdie onbevoegdheid geld nie vir 'n lid van 'n Munisipale Raad wat daardie Raad in 'n ander Munisipale Raad van 'n ander kategorie verteenwoordig nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,729 | Iemand wat ingevolge subartikel (1)(a), (b), (d) of (e) onbevoeg is om 'n lid van 'n Munisipale Raad te wees, kan 'n kandidaat vir die Raad wees behoudens enige beperkings of voorwaardes deur nasionale wetgewing voorgeskryf. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,730 | kan personeel in diens neem wat vir die doeltreffende verrigting van sy funksies nodig is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,731 | die verkryging van lenings. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,732 | voordat daar oor enige aangeleentheid gestem kan word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,733 | deur 'n Munisipale Raad met 'n ondersteunende stem van 'n meerderheid van sy lede aangeneem. (c) Alle ander vrae voor 'n Munisipale Raad word beslis deur 'n meerderheid van die stemme wat uitgebring word. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.