document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,534 | voorgeskryf word. 'n Parlementswet moet voorsiening maak vir 'n prosedure vir die wysiging van Geldwetsontwerpe voor die Parlement. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,535 | een afgevaardigde uit elke provinsiale afvaardiging in die Nasionale Raad van Provinsies, deur die afvaardiging aangewys. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,536 | minstens vyf van die verteenwoordigers van die Nasionale Raad van Provinsies. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,537 | Die President moet 'n Wetsontwerp wat ingevolge hierdie Hoofstuk aangeneem is óf bekragtig en onderteken óf, indien die President voorbehoude omtrent die grondwetlikheid van die Wetsontwerp het, dit na die Nasionale Vergadering vir heroorweging terugverwys. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,538 | Die gesamentlike reëls en orders moet voorsiening maak vir die prosedure vir die heroorweging van 'n Wetsontwerp deur die Nasionale Vergadering en die deelname van die Nasionale Raad van Provinsies aan die proses. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,539 | artikel 74(1), (2) of (3)(b) of 76 by die aanname van die Wetsontwerp van toepassing was. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,540 | óf dit na die Konstitusionele Hof vir 'n beslissing oor die grondwetlikheid daarvan verwys. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,541 | Indien die Konstitusionele Hof beslis dat die Wetsontwerp grondwetlik is, moet die President dit bekragtig en onderteken. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,542 | Lede van die Nasionale Vergadering kan by die Konstitusionele Hof aansoek doen om 'n bevel wat verklaar dat 'n Parlementswet in die geheel of ten dele ongrondwetlik is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,543 | moet gedoen word binne 30 dae vanaf die datum waarop die President die Wet bekragtig en onderteken het. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,544 | dit in die belang van geregtigheid is; en (b) die aansoek 'n redelike vooruitsig het om te slaag. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,545 | Indien 'n aansoek nie slaag nie, en nie 'n redelike vooruitsig gehad het om te slaag nie, kan die Konstitusionele Hof die aansoekers gelas om die koste te betaal. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,546 | 'n Wetsontwerp wat deur die President bekragtig en onderteken is, word 'n Wet van die Parlement, moet onverwyld gepubliseer word, en tree in werking by die publikasie daarvan of op 'n datum ingevolge die Wet bepaal. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,547 | Die ondertekende eksemplaar van 'n Parlementswet is afdoende bewys van die bepalings van daardie Wet en moet na die publikasie daarvan vir veilige bewaring aan die Konstitusionele Hof toevertrou word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,548 | bevorder die eenheid van die nasie en alles wat die Republiek sal laat vooruitgaan. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,549 | Die President het die bevoegdhede wat deur die Grondwet en wetgewing verleen word, met inbegrip van dié bevoegdhede wat nodig is om die funksies van Staatshoof en hoof van die nasionale uitvoerende gesag te verrig. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,550 | die toekenning van eerbewyse. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,551 | Die uitvoerende gesag van die Republiek berus by die President. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,552 | enige ander uitvoerende funksie te verrig waarvoor in die Grondwet of in nasionale wetgewing voorsiening gemaak word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,553 | By sy eerste sitting na sy verkiesing, en wanneer dit ook al nodig is om 'n vakature te vul, moet die Nasionale Vergadering 'n vrou of 'n man uit sy geledere as die President verkies. (2) Die President van die Konstitusionele Hof moet by die verkiesing van die President voorsit, of 'n ander regter aanwys om dit te doen. Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die verkiesing van die President van toepassing. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,554 | 'n Verkiesing om 'n vakature in die amp van President te vul, moet gehou word op 'n tyd en datum deur die President van die Konstitusionele Hof bepaal, maar nie later nie as 30 dae nadat die vakature ontstaan. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,555 | Wanneer iemand as President verkies word, hou so iemand op om 'n lid van die Nasionale Vergadering te wees, en moet so iemand die amp van President binne vyf dae aanvaar deur ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet af te lê. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,556 | Die President se ampstermyn begin by ampsaanvaarding en eindig wanneer 'n vakature ontstaan of wanneer die persoon wat volgende as President verkies word die amp aanvaar. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,557 | Niemand mag die amp van President vir meer as twee ampstermyne beklee nie, maar wanneer iemand verkies word om 'n vakature in die amp van President te vul, word die tydperk tussen daardie verkiesing en die volgende verkiesing van 'n President nie as 'n ampstermyn beskou nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,558 | onvermoë om die funksies van die amp te verrig. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,559 | Iemand wat ingevolge subartikel (1)(a) of (b) van die amp van President onthef is, mag geen voordele van daardie amp ontvang nie, en mag in geen openbare amp dien nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,560 | n Minister deur die President aangewys. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,561 | n Minister deur die ander lede van die Kabinet aangewys. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,562 | Die Speaker, totdat die Nasionale Vergadering een van sy ander lede aanwys. (2) 'n Waarnemende President het die verantwoordelikhede, bevoegdhede en funksies van die President. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,563 | Voordat die Waarnemende President die verantwoordelikhede, bevoegdhede en funksies van die President aanvaar, moet die Waarnemende President ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,564 | Die Kabinet bestaan uit die President, as hoof van die Kabinet, 'n Adjunkpresident en Ministers. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,565 | Die President stel die Adjunkpresident en Ministers aan, dra hulle bevoegdhede en funksies aan hulle op, en kan hulle ontslaan. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,566 | moet die Adjunkpresident uit die geledere van die Nasionale Vergadering kies; (b) kan enige getal Ministers uit die geledere van die Vergadering kies; en (c) kan hoogstens twee Ministers van buite die Vergadering kies. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,567 | Die President moet 'n lid van die Kabinet as die leier van regeringswerksaamhede in die Nasionale Vergadering aanstel. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,568 | Die Adjunkpresident moet die President in die verrigting van regeringsfunksies bystaan. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,569 | Die Adjunkpresident en Ministers is verantwoordelik vir die bevoegdhede en funksies van die uitvoerende gesag wat deur die President aan hulle opgedra word. (2) Lede van die Kabinet is gesamentlik en afsonderlik teenoor die Parlement aanspreeklik vir die uitoefening van hul bevoegdhede en die verrigting van hul funksies. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,570 | die Parlement voorsien van volledige en gereelde verslae oor aangeleenthede onder hulle beheer. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,571 | Die President kan Adjunkministers uit die geledere van die Nasionale Vergadering aanstel om die lede van die Kabinet behulpsaam te wees, en kan hulle ontslaan. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,572 | Wanneer 'n verkiesing van die Nasionale Vergadering gehou word, bly die Kabinet, die Adjunkpresident, Ministers en enige Adjunkministers bevoeg om te funksioneer totdat die persoon wat deur die volgende Vergadering as President verkies word die amp aanvaar. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,573 | Voordat die Adjunkpresident, Ministers en enige Adjunkministers begin om hul funksies te verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,574 | Lede van die Kabinet en Adjunkministers moet optree ooreenkomstig 'n etiese kode deur nasionale wetgewing voorgeskryf. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,575 | hul posisie of enige inligting aan hulle toevertrou, gebruik om hulself te verryk of enige ander persoon onbehoorlik te bevoordeel nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,576 | enige bevoegdheid of funksie oordra wat by wetgewing aan 'n ander lid opgedra is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,577 | Die President kan aan 'n Kabinetslid enige bevoegdheid of funksie van 'n ander lid wat uit die amp afwesig is of nie in staat is om daardie bevoegdheid uit te oefen of daardie funksie te verrig nie, opdra. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,578 | 'n Lid van die Kabinet kan enige bevoegdheid of funksie wat ingevolge 'n Parlementswet uitgeoefen of verrig moet word, aan 'n lid van 'n provinsiale Uitvoerende Raad of 'n Munisipale Raad opdra. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,579 | tree by proklamering deur die President in werking. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,580 | te voorkom dat daardie provinsie onredelike stappe doen wat nadelig is vir die belange van 'n ander provinsie of van die land as geheel. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,581 | die Raad die ingryping gereeld in hersiening neem en enige gepaste aanbevelings aan die nasionale uitvoerende gesag doen. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,582 | Nasionale wetgewing kan die proses ingestel deur hierdie artikel reguleer. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,583 | 'n Skriftelike besluit van die President moet deur 'n ander Kabinetslid mede-onderteken word indien daardie besluit 'n funksie raak wat aan daardie ander Kabinetslid opgedra is. (3) Proklamasies, regulasies en ander instrumente van ondergeskikte wetgewing moet vir die publiek toeganklik wees. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,584 | in die Parlement ter tafel gelê moet word, spesifiseer; en (b) deur die Parlement goedgekeur moet word, spesifiseer. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,585 | Indien die Nasionale Vergadering by 'n besluit ten gunste waarvan 'n meerderheid van sy lede stem 'n voorstel van wantroue in die Kabinet, uitgesonderd die President, aanneem, moet die President die Kabinet hersaamstel. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,586 | Indien die Nasionale Vergadering by 'n besluit ten gunste waarvan 'n meerderheid van sy lede stem 'n voorstel van wantroue in die President aanneem, moet die President en die ander lede van die Kabinet en enige Adjunkministers bedank. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,587 | Die grense van die provinsies is dié wat bestaan het toe die Grondwet in werking getree het. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,588 | om enige van sy wetgewende bevoegdhede aan 'n Munisipale Raad in daardie provinsie op te dra. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,589 | Die wetgewer van 'n provinsie kan by 'n besluit aangeneem met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes van sy lede, die Parlement versoek om die naam van daardie provinsie te verander. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,590 | 'n Provinsiale wetgewer word slegs deur die Grondwet en, indien hy 'n grondwet vir sy provinsie aangeneem het, ook deur daardie grondwet gebind, en moet in ooreenstemming met, en binne die perke van, die Grondwet en daardie provinsiale grondwet optree. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,591 | Provinsiale wetgewing met betrekking tot 'n aangeleentheid wat redelikerwys nodig is vir, of verband hou met, die doeltreffende uitoefening van 'n bevoegdheid betreffende enige aangeleentheid in Bylae 4 vermeld, is vir alle doeleindes wetgewing met betrekking tot 'n aangeleentheid in Bylae 4 vermeld. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,592 | 'n Provinsiale wetgewer kan by die Nasionale Vergadering wetgewing aanbeveel betreffende enige aangeleentheid buite die gesag van daardie wetgewer, of ten opsigte waarvan 'n Parlementswet voorrang bo 'n provinsiale Wet geniet. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,593 | in die algemeen, proporsionele verteenwoordiging tot gevolg het. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,594 | 'n Provinsiale wetgewer bestaan uit tussen 30 en 80 lede. Die getal lede, wat van provinsie tot provinsie kan verskil, moet bepaal word ooreenkomstig 'n formule wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,595 | iemand wat deur 'n hof van die Republiek as geestelik gekrenk verklaar is; of (e) iemand wat na die inwerkingtreding van hierdie artikel, binne die Republiek aan 'n misdryf skuldig bevind word, of buite die Republiek aldus skuldig bevind word indien die optrede wat die misdryf uitmaak binne die Republiek 'n misdryf sou uitgemaak het, en tot meer as 12 maande gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete gevonnis is, maar niemand word beskou as gevonnis te wees voordat 'n appèl teen die skuldigbevinding of vonnis beslis is, of voordat die tyd om appèl aan te teken, verstryk het nie. 'n Onbevoegdheid ingevolge hierdie paragraaf verstryk vyf jaar nadat die vonnis voltooi is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,596 | wetgewer te wees, kan 'n kandidaat vir die wetgewer wees behoudens enige beperkings of voorwaardes wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,597 | sonder toestemming afwesig is van die wetgewer in omstandighede waarvoor die reëls en orders van die wetgewer verlies van lidmaatskap voorskryf. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,598 | Voordat lede van 'n provinsiale wetgewer begin om hul funksies in die wetgewer te verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,599 | 'n Provinsiale wetgewer word vir 'n termyn van vyf jaar verkies. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,600 | Indien 'n provinsiale wetgewer ingevolge artikel 109 ontbind word, of wanneer sy termyn verstryk, moet die Premier van die provinsie by proklamasie 'n verkiesing uitskryf en datums daarvoor bepaal, en dié verkiesing moet gehou word binne 90 dae vanaf die datum waarop die wetgewer ontbind is of sy termyn verstryk het. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,601 | Indien die uitslag van 'n verkiesing van 'n provinsiale wetgewer nie binne die tydperk in artikel 190 genoem, bekend gemaak word nie, of indien 'n verkiesing deur 'n hof tersyde gestel word, moet die President by proklamasie 'n ander verkiesing uitskryf en datums daarvoor bepaal, en dié verkiesing moet gehou word binne 90 dae vanaf die verstryking van daardie tydperk of vanaf die datum waarop die verkiesing tersyde gestel is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,602 | n Provinsiale wetgewer bly bevoeg om te funksioneer vanaf sy ontbinding of die verstryking van sy termyn tot op die dag voor die eerste dag waarop die stemming vir die volgende wetgewer plaasvind. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,603 | drie jaar verstryk het sedert die wetgewer verkies is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,604 | die wetgewer in gebreke bly om binne 30 dae nadat die vakature ontstaan het 'n nuwe Premier te kies. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,605 | Die eerste sitting van 'n provinsiale wetgewer na 'n verkiesing vind plaas op 'n tyd en datum wat bepaal word deur 'n regter wat deur die President van die Konstitusionele Hof aangewys word, maar nie later nie as 14 dae nadat die uitslag van die verkiesing bekend gemaak is. 'n Provinsiale wetgewer kan die tyd en duur van sy ander sittings en sy resesse bepaal. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,606 | Die Premier van 'n provinsie kan die provinsiale wetgewer te eniger tyd vir 'n buitengewone sitting byeenroep om spesiale werksaamhede te verrig. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,607 | n Provinsiale wetgewer kan bepaal waar hy normaalweg sy sittings sal hou. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,608 | By die eerste sitting na sy verkiesing, of wanneer dit nodig is om 'n vakature te vul, moet 'n provinsiale wetgewer uit sy geledere 'n Speaker en 'n Adjunkspeaker kies. (2) 'n Regter deur die President van die Konstitusionele Hof aangewys, moet by die verkiesing van 'n Speaker voorsit. Die Speaker sit by die verkiesing van 'n Adjunkspeaker voor. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,609 | Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die verkiesing van Speakers en Adjunkspeakers van toepassing. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,610 | 'n Provinsiale wetgewer kan sy Speaker of Adjunkspeaker by besluit van die amp onthef. 'n Meerderheid van die lede van die wetgewer moet teenwoordig wees wanneer dié besluit aangeneem word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,611 | n Provinsiale wetgewer kan ingevolge sy reëls en orders uit sy geledere ander voorsittende beamptes kies om die Speaker en Adjunkspeaker behulpsaam te wees. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,612 | word alle vrae wat voor 'n provinsiale wetgewer dien, beslis deur 'n meerderheid van die stemme wat uitgebring word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,613 | kan 'n beraadslagende stem uitbring wanneer 'n vraag beslis moet word met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes van die lede van die wetgewer. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,614 | 'n Provinsie se vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies kan in hulle provinsiale wetgewer en sy komitees sitting neem en daarin praat, maar mag nie stem nie. Die wetgewer kan van 'n vaste afgevaardigde vereis om in die wetgewer of sy komitees sitting te neem. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,615 | wetgewing, behalwe Geldwetsontwerpe, inisieer of opstel. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,616 | enige provinsiale staatsorgaan. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,617 | van enige belanghebbende persone of instellings petisies, vertoë of voorleggings ontvang. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,618 | Interne reëlings, verrigtinge en prosedures van provinsiale wetgewers 116. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,619 | van die Opposisie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,620 | enigiets wat aan die lig gebring is as gevolg van enigiets wat hulle in of voor of aan die wetgewer of enige van sy komitees gesê, blootgelê of voorgelê het nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,621 | Ander voorregte en immuniteite van 'n provinsiale wetgewer en sy lede kan deur nasionale wetgewing voorgeskryf word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,622 | Salarisse, toelaes en voordele wat aan lede van 'n provinsiale wetgewer betaalbaar is, is 'n regstreekse las teen die Provinsiale Inkomstefonds. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,623 | voorsiening te maak vir die deursoeking van en, waar dit gepas is, die weiering van toegang aan of die verwydering van enige persoon. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,624 | 'n Provinsiale wetgewer mag nie die publiek, met inbegrip van die media, van 'n sitting van 'n komitee uitsluit nie tensy dit in 'n oop en demokratiese gemeenskap redelik en regverdigbaar is om dit te doen. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,625 | Slegs lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie of 'n komitee of lid van 'n provinsiale wetgewer kan 'n Wetsontwerp by die wetgewer indien; maar slegs die lid van die Uitvoerende Raad wat vir finansiële sake in die provinsie verantwoordelik is, kan 'n Geldwetsontwerp by die wetgewer indien. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,626 | 'n Wetsontwerp wat geld bewillig of belastings, heffings of regte oplê, is 'n Geldwetsontwerp. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,627 | n ondergeskikte aangeleentheid wat verband hou met die bewilliging van geld of die oplegging van belastings, heffings of regte. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,628 | 'n Provinsiale Wet moet voorsiening maak vir 'n prosedure waarvolgens die provinsie se wetgewer 'n Geldwetsontwerp kan wysig. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,629 | Die Premier van 'n provinsie moet 'n Wetsontwerp wat ingevolge hierdie Hoofstuk deur die provinsiale wetgewer aangeneem is óf bekragtig en onderteken óf, indien die Premier voorbehoude omtrent die grondwetlikheid van die Wetsontwerp het, dit na die wetgewer vir heroorweging terugverwys. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,630 | óf dit na die Konstitusionele Hof vir 'n beslissing oor die grondwetlikheid daarvan verwys. (3) Indien die Konstitusionele Hof beslis dat die Wetsontwerp grondwetlik is, moet die Premier dit bekragtig en onderteken. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,631 | Lede van 'n provinsiale wetgewer kan by die Konstitusionele Hof aansoek doen om 'n bevel wat verklaar dat 'n provinsiale Wet in die geheel of ten dele ongrondwetlik is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,632 | moet deur minstens 20 persent van die lede van die wetgewer gesteun word; en (b) moet gedoen word binne 30 dae vanaf die datum waarop die Premier die Wet bekragtig en onderteken het. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 7,633 | dit in die belang van geregtigheid is; en (b) die aansoek 'n redelike vooruitsig het om te slaag. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.