document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,334
'n kandidaat vir 'n openbare amp te wees en, indien verkies, die amp te beklee.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,335
Geen burger mag burgerskap ontneem word nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,336
Elkeen het die reg op vryheid van beweging. (2) Elkeen het die reg om die Republiek te verlaat.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,337
Elke burger het die reg om die Republiek binne te kom, daarin aan te bly, en op enige plek daarin verblyf te neem.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,338
Elke burger het die reg op 'n paspoort.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,339
Elke burger het die reg om vrylik 'n bedryf, beroep of professie te kies. Die beoefening van 'n bedryf, beroep of professie kan deur die reg gereguleer word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,340
Elkeen het die reg op billike arbeidspraktyke.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,341
aan die bedrywighede en programme van 'n vakbond deel te neem; en (c) te staak.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,342
aan die bedrywighede en programme van 'n werkgewersorganisasie deel te neem.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,343
n federasie te stig en daarby aan te sluit.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,344
Elke vakbond, werkgewersorganisasie en werkgewer het die reg om aan kollektiewe bedinging mee te doen. Nasionale wetgewing kan verorden word om kollektiewe bedinging te reguleer. In die mate waarin die wetgewing 'n reg in hierdie Hoofstuk beperk, moet die beperking aan artikel 36(1) voldoen.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,345
Nasionale wetgewing kan erkenning verleen aan vakbondsekerheidsreëlings wat in kollektiewe ooreenkomste vervat is. In die mate waarin die wetgewing 'n reg in hierdie Hoofstuk beperk, moet die beperking aan artikel 36(1) voldoen.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,346
terwyl dit regverdigbare ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling bevorder.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,347
Niemand mag eiendom ontneem word nie behalwe ingevolge 'n algemeen geldende regsvoorskrif, en geen regsvoorskrif mag arbitrêre ontneming van eiendom veroorloof nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,348
onderworpe aan vergoeding waarvan die bedrag en die tyd en wyse van betaling óf deur diegene wat geraak word, aanvaar is óf deur 'n hof bepaal of goedgekeur is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,349
die doel van die onteiening.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,350
is eiendom nie tot grond beperk nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,351
middele, toestande te skep wat burgers in staat stel om op 'n billike grondslag toegang tot grond te verkry.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,352
'n Persoon of gemeenskap wie se besitreg van grond regsonseker is as gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, is geregtig, in die mate wat deur 'n Parlementswet bepaal word, op óf besitreg wat regseker is óf gelykwaardige vergoeding.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,353
'n Persoon of gemeenskap wat na 19 Junie 1913 die besit van eiendom ontneem is as gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, is geregtig, in die mate wat deur 'n Parlementswet bepaal word, op óf teruggawe van daardie eiendom óf billike vergoeding.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,354
Geen bepaling van hierdie artikel verhinder die staat om wetgewende en ander maatreëls te tref om grond-, water- en verbandhoudende hervorming te bewerkstellig ten einde die gevolge van rassediskriminasie van die verlede reg te stel nie, op voorwaarde dat enige afwyking van die bepalings van hierdie artikel in ooreenstemming met die bepalings van artikel 36(1) is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,355
Die Parlement moet die wetgewing genoem in subartikel (6) aanneem.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,356
Elkeen het die reg op toegang tot geskikte behuising.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,357
Die staat moet redelike wetgewende en ander maatreëls tref om binne sy beskikbare middele hierdie reg in toenemende mate te verwesenlik.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,358
Sonder 'n hofbevel wat na oorweging van al die tersaaklike omstandighede toegestaan is, mag niemand uit hul woning gesit word en mag niemand se woning gesloop word nie. Geen wetgewing mag arbitrêre uitsettings veroorloof nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,359
maatskaplike sekerheid, met inbegrip van gepaste maatskaplike bystand indien hulle nie in staat is om hulself en hul afhanklikes te onderhou nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,360
Die staat moet redelike wetgewende en ander maatreëls tref om binne sy beskikbare middele elk van hierdie regte in toenemende mate te verwesenlik.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,361
Niemand mag mediese noodbehandeling geweier word nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,362
om nie regstreeks in gewapende stryd gebruik te word nie, en om in tye van gewapende stryd beskerm te word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,363
In hierdie artikel beteken "kind" iemand onder die ouderdom van 18 jaar.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,364
op verdere onderwys, wat die staat, deur middel van redelike maatreëls, in toenemen de mate beskikbaar en toeganklik moet maak.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,365
Elkeen het die reg om in openbare onderwysinstellings onderwys te ontvang in die amptelike taal of tale van eie keuse waar daardie onderwys redelikerwys doenlik is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,366
die behoefte om die gevolge van wette en praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, reg te stel.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,367
standaarde handhaaf wat nie minderwaardig is vergeleke met standaarde by vergelykbare openbare onderwysinstellings nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,368
Subartikel (3) sluit nie staatsubsidies aan onafhanklike onderwysinstellings uit nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,369
Elkeen het die reg om die taal van eie keuse te gebruik en om aan die kulturele lewe van eie keuse deel te neem, maar niemand wat hierdie regte uitoefen, mag dit doen op 'n wyse wat met enige bepaling van die Handves van Regte onbestaanbaar is nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,370
hul kultuur te geniet, hul godsdiens te beoefen en hul taal te gebruik nie; en (b) kultuur-, godsdiens- en taalverenigings en ander organe van die burgerlike gemeenskap te vorm, in stand te hou en daarby aan te sluit nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,371
Die regte in subartikel (1) mag nie uitgeoefen word op 'n wyse wat met enige bepaling van die Handves van Regte onbestaanbaar is nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,372
enige inligting wat deur 'n ander persoon gehou word en wat vir die uitoefening of beskerming van enige regte benodig word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,373
Elkeen wie se regte nadelig geraak is deur administratiewe optrede het die reg op die verskaffing van skriftelike redes.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,374
die staat verplig om aan die regte in subartikels (1) en (2) gevolg te gee; en (c) 'n doeltreffende administrasie bevorder.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,375
Elkeen het die reg dat 'n geskil wat deur die toepassing van die reg besleg kan word, in 'n billike openbare verhoor beslis word voor 'n hof of, waar dit gepas is, 'n ander onafhanklike en onpartydige tribunaal of forum.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,376
behoudens redelike voorwaardes, uit aanhouding vrygelaat te word indien die belang van geregtigheid dit toelaat.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,377
godsdiensraadgewer van eie keuse; en (iv) mediese praktisyn van eie keuse.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,378
op appèl na, of hersiening deur, 'n hoër hof.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,379
Wanneer hierdie artikel vereis dat inligting aan 'n persoon verstrek word, moet die inligting verstrek word in 'n taal wat die persoon verstaan.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,380
Getuienis wat verkry is op 'n wyse wat enige reg in die Handves van Regte skend, moet uitgesluit word indien toelating van daardie getuienis die verhoor onbillik sou maak of andersins vir die regspleging nadelig sou wees.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,381
die verband tussen die beperking en die doel daarvan; en (e) 'n minder beperkende wyse om die doel te bereik.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,382
Behalwe soos in subartikel (1) of in enige ander bepaling van die Grondwet bepaal, mag geen regsvoorskrif enige reg wat in die Handves van Regte verskans is, beperk nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,383
die verklaring nodig is om die vrede en orde te herstel.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,384
vir hoogstens 21 dae vanaf die datum van die verklaring, tensy die Nasionale Vergadering besluit om die verklaring te verleng.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,385
hoogstens drie maande op 'n keer verleng. Die eerste verlenging van die noodtoestand moet geskied by wyse van 'n besluit wat aangeneem word met 'n ondersteunende stem van 'n meerderheid van die lede van die Vergadering. Enige daaropvolgende verlenging moet geskied by wyse van 'n besluit wat aangeneem word met 'n ondersteunende stem van minstens 60 persent van die lede van die Vergadering. 'n Besluit ingevolge hierdie paragraaf kan slegs na 'n openbare debat in die Vergadering aangeneem word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,386
enige wetgewing verorden, of ander stappe gedoen, na aanleiding van 'n verklaring van 'n noodtoestand.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,387
so gou as wat na die verordening daarvan redelikerwys moontlik is, in die nasionale Staatskoerant gepubliseer word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,388
enige aantasting van 'n artikel genoem in kolom 1 van die Tabel van Nie-aantasbare Regte, in die mate teenoor daardie artikel in kolom 3 van die Tabel aangedui nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,389
Daar moet so gou as wat redelikerwys moontlik is met 'n volwasse gesinslid of vriend van die aangehoudene in aanraking gekom word, en daardie gesinslid of vriend moet verwittig word dat die persoon aangehou word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,390
n Kennisgewing moet binne vyf dae nadat die persoon in aanhouding geneem is in die nasionale Staatskoerant gepubliseer word met vermelding van die aangehoudene se naam en plek van aanhouding en die noodmaatreël waarkragtens daardie persoon aangehou word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,391
Die aangehoudene moet toegelaat word om 'n mediese praktisyn te kies en te eniger redelike tyd deur daardie mediese praktisyn besoek te word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,392
Die aangehoudene moet toegelaat word om 'n regsverteenwoordiger te kies en te eniger redelike tyd deur daardie regsverteenwoordiger besoek te word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,393
n Hof moet die aanhouding so gou as wat redelikerwys moontlik is, maar nie later nie as 10 dae na die datum waarop die persoon in aanhouding geneem is, hersien, en die hof moet die aangehoudene vrylaat tensy dit noodsaaklik is om die aanhouding voort te sit ten einde die vrede en orde te herstel.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,394
'n Aangehoudene wat nie ingevolge 'n hersiening kragtens paragraaf (e) of ingevolge 'n hersiening kragtens hierdie paragraaf vrygelaat word nie, kan te eniger tyd na verstryking van 10 dae na die vorige hersiening by 'n hof aansoek doen om 'n verdere hersiening van die aanhouding, en die hof moet die aangehoudene vrylaat tensy dit steeds noodsaaklik is om die aanhouding voort te sit ten einde die vrede en orde te herstel.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,395
Die aangehoudene moet toegelaat word om persoonlik te verskyn voor enige hof wat die aanhouding oorweeg, om by daardie verrigtinge deur 'n regspraktisyn verteenwoordig te word, en om vertoë teen voortgesette aanhouding te rig.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,396
Die staat moet skriftelike redes om die voortgesette aanhouding van die aangehoudene te regverdig aan die hof voorlê, en moet minstens twee dae voordat die hof die aanhouding hersien, 'n afskrif van daardie redes aan die aangehoudene verskaf.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,397
Indien 'n hof 'n aangehoudene vrylaat, mag daardie persoon nie weer op dieselfde gronde aangehou word nie tensy die staat voor die heraanhouding goeie redes daarvoor voor 'n hof aantoon.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,398
Subartikels (6) en (7) is nie van toepassing op persone wat nie Suid-Afrikaanse burgers is nie en wat na aanleiding van 'n internasionale gewapende stryd aangehou word. In plaas daarvan moet die staat voldoen aan die standaarde wat die Republiek bind kragtens die internasionale humanitêre reg wat op die aanhouding van sodanige persone betrekking het.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,399
Iemand in hierdie artikel genoem, het die reg om 'n bevoegde hof te nader en aan te voer dat daar op 'n reg in die Handves van Regte inbreuk gemaak is of dat so 'n inbreukmaking dreig, en die hof kan gepaste regshulp verleen, met inbegrip van 'n verklaring van regte.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,400
n vereniging wat in die belang van sy lede optree.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,401
kan 'n hof, tribunaal of forum buitelandse reg in ag neem.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,402
By die uitleg van enige wetgewing, en by die ontwikkeling van die gemene reg of gewoontereg, moet elke hof, tribunaal of forum die gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte bevorder.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,403
Die Handves van Regte ontken nie die bestaan van ander regte of vryhede wat deur die gemene reg, gewoontereg of wetgewing erken of verleen word nie, in die mate waarin daardie regte of vryhede met die Handves bestaanbaar is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,404
Regering in die Republiek bestaan uit nasionale, provinsiale en plaaslike sfere van regering wat onderskeidend, onderling afhanklik en onderling verbonde is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,405
Alle regeringsfere moet die beginsels in hierdie Hoofstuk handhaaf en nakom en moet hul werksaamhede binne die perke wat deur die Hoofstuk bepaal word, verrig.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,406
regsverrigtinge teen mekaar te vermy.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,407
voorsiening maak vir gepaste meganismes en prosedures om die beslegting van inter-regeringsgeskille te vergemaklik.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,408
aanwend om die geskil te besleg deur middel van meganismes en prosedures wat vir dié doel voorsien is, en moet alle ander middele uitput voordat hy 'n hof nader om die geskil te besleg. (4) Indien 'n hof nie tevrede is dat daar aan die voorskrifte van subartikel (3) voldoen is nie, kan hy 'n geskil na die betrokke staatsorgane terugverwys.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,409
Die Parlement bestaan uit - (a) die Nasionale Vergadering; en (b) die Nasionale Raad van Provinsies.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,410
Die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies neem aan die wetgewende proses deel op die wyse wat in die Grondwet uiteengesit word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,411
Die Nasionale Vergadering word verkies om die mense te verteenwoordig en om regering deur die mense kragtens die Grondwet te verseker. Hy doen dit deur die President te kies, deur as 'n nasionale forum vir die openbare oorweging van sake te dien, deur wetgewing aan te neem en deur optrede van die uitvoerende gesag na te gaan en toesig daaroor uit te oefen.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,412
Die Nasionale Raad van Provinsies verteenwoordig die provinsies ten einde te verseker dat provinsiale belange in die nasionale regeringsfeer in ag geneem word. Hy doen dit hoofsaaklik deur aan die nasionale wetgewende proses deel te neem en deur as 'n nasionale forum te dien vir die openbare oorweging van sake wat die provinsies raak.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,413
Die President kan die Parlement te eniger tyd vir 'n buitengewone sitting byeenroep om spesiale werksaamhede te verrig.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,414
Die setel van die Parlement is Kaapstad, maar 'n Parlementswet wat ooreenkomstig artikel 76(1) en (5) verorden is, kan bepaal dat die setel van die Parlement elders is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,415
van die plaaslike regeringsfeer by die Munisipale Rade, soos in artikel 156 uiteengesit.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,416
om ooreenkomstig artikel 75 enige ander wetgewing te oorweeg wat deur die Nasionale Vergadering aangeneem is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,417
onredelike optrede deur 'n provinsie wat nadelig is vir die belange van 'n ander provinsie of van die land as geheel, te voorkom.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,418
Wetgewing met betrekking tot 'n aangeleentheid wat redelikerwys nodig is vir, of verband hou met, die doeltreffende uitoefening van 'n bevoegdheid betreffende 'n aangeleentheid in Bylae 4 vermeld, is vir alle doeleindes wetgewing met betrekking tot 'n aangeleentheid in Bylae 4 vermeld.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,419
In die uitoefening van sy wetgewende gesag word die Parlement slegs deur die Grondwet gebind, en moet hy ooreenkomstig, en binne die perke van, die Grondwet optree.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,420
enige gesamentlike komitees ingevolge paragraaf (b) ingestel.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,421
Lede van die Kabinet, lede van die Nasionale Vergadering en afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies het dieselfde voorregte en immuniteite voor 'n gesamentlike komitee van die Vergadering en die Raad as dié wat hulle voor die Vergadering of die Raad het.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,422
vir 'n minimum stemouderdom van 18 jaar voorsiening maak; en (d) in die algemeen, proporsionele verteenwoordiging tot gevolg het.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,423
'n Parlementswet moet 'n formule voorsien om die getal lede van die Nasionale Vergadering te bepaal.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,424
iemand wat na die inwerkingtreding van hierdie artikel, binne die Republiek aan 'n misdryf skuldig bevind word, of buite die Republiek aldus skuldig bevind word indien die optrede wat die misdryf uitmaak binne die Republiek 'n misdryf sou uitgemaak het, en tot meer as 12 maande gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete gevonnis is, maar niemand word beskou as gevonnis te wees voordat 'n appèl teen die skuldigbevinding of vonnis beslis is, of voordat die tyd om appèl aan te teken, verstryk het nie. 'n Onbevoegdheid ingevolge hierdie paragraaf verstryk vyf jaar nadat die vonnis voltooi is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,425
Iemand wat ingevolge subartikel (1)(a) of (b) onbevoeg is om 'n lid van die Nasionale Vergadering te wees, kan 'n kandidaat vir die Vergadering wees behoudens enige beperkings of voorwaardes wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,426
sonder toestemming afwesig is van die Vergadering in omstandighede waarvoor die reëls en orders van die Vergadering verlies van lidmaatskap voorskryf.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,427
Vakatures in die Nasionale Vergadering moet ooreenkomstig nasionale wetgewing gevul word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,428
Voordat lede van die Nasionale Vergadering begin om hul funksies in die Vergadering te verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,429
Die Nasionale Vergadering word vir 'n termyn van vyf jaar verkies.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,430
Indien die Nasionale Vergadering ingevolge artikel 50 ontbind word, of wanneer sy termyn verstryk, moet die President by proklamasie 'n verkiesing uitskryf en datums daarvoor bepaal, en dié verkiesing moet gehou word binne 90 dae vanaf die datum waarop die Vergadering ontbind is of sy termyn verstryk het.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,431
Indien die uitslag van 'n verkiesing van die Nasionale Vergadering nie binne die tydperk ingevolge artikel 190 vasgestel, bekend gemaak word nie of indien 'n verkiesing deur 'n hof tersyde gestel word, moet die President by proklamasie 'n ander verkiesing uitskryf en datums daarvoor bepaal, en dié verkiesing moet gehou word binne 90 dae vanaf die verstryking van daardie tydperk of vanaf die datum waarop die verkiesing tersyde gestel is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,432
Die Nasionale Vergadering bly bevoeg om te funksioneer vanaf sy ontbinding of die verstryking van sy termyn tot op die dag voor die eerste dag waarop die stemming vir die volgende Vergadering plaasvind.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,433
drie jaar verstryk het sedert die Vergadering verkies is.