document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,434
President te kies.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,435
tyd en datum wat die President van die Konstitusionele Hof bepaal, maar nie later nie as 14 dae nadat die uitslag van die verkiesing bekend gemaak is. Die Vergadering kan die tyd en duur van sy ander sittings en sy resesse bepaal.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,436
Die President kan die Nasionale Vergadering te eniger tyd vir 'n buitengewone sitting byeenroep om spesiale werksaamhede te verrig.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,437
Sittings van die Nasionale Vergadering op ander plekke as die setel van die Parlement word veroorloof slegs op grond van die openbare belang, veiligheid of gerief, en indien daar in die reëls en orders van die Vergadering daarvoor voorsiening gemaak word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,438
By die eerste sitting na sy verkiesing, of wanneer dit nodig is om 'n vakature te vul, moet die Nasionale Vergadering uit sy geledere 'n Speaker en 'n Adjunkspeaker kies. (2) Die President van die Konstitusionele Hof moet by die verkiesing van 'n Speaker voorsit, of 'n ander regter aanwys om dit te doen. Die Speaker sit by die verkiesing van 'n Adjunkspeaker voor.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,439
Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die verkiesing van die Speaker en die Adjunkspeaker van toepassing.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,440
Die Nasionale Vergadering kan die Speaker of Adjunkspeaker by besluit van die amp onthef. 'n Meerderheid van die lede van die Vergadering moet teenwoordig wees wanneer dié besluit aangeneem word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,441
Die Nasionale Vergadering kan ingevolge sy reëls en orders uit sy geledere ander voorsittende beamptes kies om die Speaker en die Adjunkspeaker behulpsaam te wees.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,442
word alle vrae wat voor die Vergadering dien, beslis deur 'n meerderheid van die stemme wat uitgebring word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,443
kan 'n beraadslagende stem uitbring wanneer 'n vraag beslis moet word met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes van die lede van die Vergadering.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,444
Die President en enige lid van die Kabinet wat nie 'n lid van die Nasionale Vergadering is nie, kan in die Vergadering sitting neem en daarin praat, maar mag nie stem nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,445
wetgewing, behalwe Geldwetsontwerpe, inisieer of opstel.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,446
van enige belanghebbende persone of instellings petisies, vertoë of voorleggings ontvang.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,447
Interne reëlings, verrigtinge en prosedures van Nasionale Vergadering 57.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,448
reëls en orders betreffende sy werksaamhede maak, met behoorlike inagneming van verteenwoordigende en deelnemende demokrasie, verantwoordingspligtigheid, deursigtigheid en publieke betrokkenheid.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,449
die erkenning van die leier van die grootste opposisieparty in die Vergadering as die Leier van die Opposisie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,450
enigiets wat aan die lig gebring is as gevolg van enigiets wat hulle in of voor of aan die Vergadering of enige van sy komitees gesê, blootgelê of voorgelê het nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,451
die Vergadering kan deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,452
is 'n regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,453
toegang aan of die verwydering van enige persoon.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,454
Die Nasionale Vergadering mag nie die publiek, met inbegrip van die media, van 'n sitting van 'n komitee uitsluit nie tensy dit in 'n oop en demokratiese gemeenskap redelik en regverdigbaar is om dit te doen.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,455
Die Nasionale Raad van Provinsies word saamgestel uit 'n enkele afvaardiging uit elke provinsie bestaande uit tien afgevaardigdes.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,456
ses vaste afgevaardigdes wat ingevolge artikel 61(2) aangestel is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,457
Die Premier van 'n provinsie of, indien die Premier nie beskikbaar is nie, 'n lid van die provinsie se afvaardiging wat deur die Premier aangewys word, staan aan die hoof van die afvaardiging.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,458
die vaste afgevaardigdes ooreenkomstig die partye se benoemings aanstel.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,459
Die nasionale wetgewing in subartikel (2)(a) beoog, moet die deelname van minderheidspartye in sowel die vaste as die spesiale afgevaardigdes se komponente van die afvaardiging op 'n wyse wat met die demokrasie bestaanbaar is, verseker.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,460
Die wetgewer, met die instemming van die Premier en die leiers van die partye wat op spesiale afgevaardigdes in die provinsie se afvaardiging geregtig is, moet, soos dit van tyd tot tyd nodig mag wees, spesiale afgevaardigdes uit die geledere van die wetgewer aanwys.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,461
Iemand wat as 'n vaste afgevaardigde benoem word, moet bevoeg wees om 'n lid van die provinsiale wetgewer te wees.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,462
Indien iemand wat 'n lid van 'n provinsiale wetgewer is, as 'n vaste afgevaardigde aangestel word, hou so iemand op om 'n lid van die wetgewer te wees.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,463
Vaste afgevaardigdes word aangestel vir 'n termyn wat onmiddellik voor die eerste sitting van die provinsiale wetgewer na sy volgende verkiesing verstryk.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,464
waarvoor die reëls en orders van die Raad verlies van die amp van vaste afgevaardigde voorskryf.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,465
Voordat vaste afgevaardigdes begin om hul funksies in die Nasionale Raad van Provinsies te verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,466
Die President kan die Nasionale Raad van Provinsies te eniger tyd vir 'n buitengewone sitting byeenroep om spesiale werksaamhede te verrig.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,467
Sittings van die Nasionale Raad van Provinsies op ander plekke as die setel van die Parlement word veroorloof slegs op grond van die openbare belang, veiligheid of gerief, en indien daar in die reëls en orders van die Raad daarvoor voorsiening gemaak word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,468
Die Nasionale Raad van Provinsies moet uit die afgevaardigdes 'n Voorsitter en twee Adjunkvoorsitters kies.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,469
Die Voorsitter en een van die Adjunkvoorsitters word uit die vaste afgevaardigdes verkies vir 'n termyn van vyf jaar, tensy hul termyne as afgevaardigdes vroeër verstryk.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,470
Die ander Adjunkvoorsitter word vir 'n termyn van een jaar verkies, en moet opgevolg word deur 'n afgevaardigde uit 'n ander provinsie, sodat elke provinsie om die beurt verteenwoordig word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,471
Die President van die Konstitusionele Hof moet by die verkiesing van die Voorsitter voorsit, of 'n ander regter aanwys om dit te doen. Die Voorsitter sit by die verkiesing van die Adjunkvoorsitters voor.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,472
Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die verkiesing van die Voorsitter en die Adjunkvoorsitters van toepassing.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,473
Die Nasionale Raad van Provinsies kan die Voorsitter of 'n Adjunkvoorsitter van die amp onthef.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,474
Die Nasionale Raad van Provinsies kan ingevolge sy reëls en orders uit die afgevaardigdes ander voorsittende beamptes kies om die Voorsitter en Adjunkvoorsitters behulpsaam te wees.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,475
word alle vrae voor die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur wanneer minstens vyf provinsies ten gunste van die vraag stem.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,476
'n Parlementswet wat verorden is ooreenkomstig die prosedure wat deur hetsy subartikel (1) hetsy subartikel (2) van artikel 76 voorgeskryf is, moet voorsiening maak vir 'n eenvormige prosedure waarvolgens provinsiale wetgewers magtiging aan hul afvaardigings verleen om namens hulle stemme uit te bring.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,477
Kabinetslede en Adjunkministers kan in die Nasionale Raad van Provinsies sitting neem en daarin praat, maar mag nie stem nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,478
Die Nasionale Raad van Provinsies kan van 'n Kabinetslid, 'n Adjunkminister of 'n amptenaar in die nasionale of 'n provinsiale uitvoerende gesag vereis om 'n vergadering van die Raad of 'n komitee van die Raad by te woon.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,479
georganiseerde plaaslike regering aangewys word om die verkillende kategorieë munisipaliteite te verteenwoordig, kan, wanneer nodig, aan die verrigtinge van die Nasionale Raad van Provinsies deelneem, maar mag nie stem nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,480
wetgewing wat val binne 'n funksionele gebied in Bylae 4 vermeld of ander wetgewing wat in artikel 76(3) genoem word, inisieer of opstel, maar die Raad mag nie Geldwetsontwerpe inisieer of opstel nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,481
van enige belanghebbende persone of instellings petisies, vertoë of voorleggings ontvang.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,482
reë ls en orders betreffende sy werksaamhede maak, met behoorlike inagneming van verteenwoordigende en deelnemende demokrasie, verantwoordingspligtigheid, deursigtigheid en publieke betrokkenheid.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,483
die deelname van minderheidspartye wat in die Raad verteenwoordig is, aan die verrigtinge van die Raad en sy komitees op 'n wyse wat met die demokrasie bestaanbaar is, wanneer daar ooreenkomstig artikel 75 oor 'n aangeleentheid beslis moet word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,484
enigiets wat aan die lig gebring is as gevolg van enigiets wat hulle in of voor of aan die Raad of enige van sy komitees gesê, blootgelê of voorgelê het nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,485
Ander voorregte en immuniteite van die Nasionale Raad van Provinsies, afgevaardigdes na die Raad en persone in artikels 66 en 67 bedoel, kan deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,486
Salarisse, toelaes en voordele wat aan vaste lede van die Nasionale Raad van Provinsies betaalbaar is, is 'n regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,487
Publieke toegang tot en betrokkenheid in Nasionale Raad 72.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,488
voorsiening te maak vir die deursoeking van en, waar dit gepas is, die weiering van toegang aan of die verwydering van enige persoon.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,489
Die Nasionale Raad van Provinsies mag nie die publiek, met inbegrip van die media, van 'n sitting van 'n komitee uitsluit nie tensy dit in 'n oop en demokratiese gemeenskap redelik en regverdigbaar is om dit te doen.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,490
Enige Wetsontwerp kan by die Nasionale Vergadering ingedien word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,491
Slegs 'n Kabinetslid of 'n Adjunkminister, of 'n lid of komitee van die Nasionale Vergadering, kan 'n Wetsontwerp by die Vergadering indien; maar slegs die Kabinetslid wat vir nasionale finansiële sake verantwoordelik is, kan 'n Geldwetsontwerp by die Vergadering indien.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,492
'n Wetsontwerp in artikel 76(3) genoem, uitgesonderd 'n Geldwetsontwerp, kan by die Nasionale Raad van Provinsies ingedien word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,493
Slegs 'n lid of komitee van die Nasionale Raad van Provinsies kan 'n Wetsontwerp by die Raad indien.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,494
'n Wetsontwerp wat deur die Nasionale Vergadering aangeneem is, moet na die Nasionale Raad van Provinsies verwys word indien dit deur die Raad oorweeg moet word. 'n Wetsontwerp wat deur die Raad aangeneem is, moet na die Vergadering verwys word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,495
die Nasionale Raad van Provinsies, met 'n ondersteunende stem van minstens ses provinsies.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,496
die Nasionale Raad van Provinsies, met 'n ondersteunende stem van minstens ses provinsies.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,497
betrekking het op 'n aangeleentheid wat die Raad raak; (ii) provinsiale grense, bevoegdhede, funksies of instellings verander; of (iii) 'n bepaling wat spesifiek met 'n provinsiale aangeleentheid handel, wysig.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,498
n Wetsontwerp wat die Grondwet wysig, mag nie ander bepalings insluit as grondwetlike wysigings en aangeleenthede wat met die wysigings in verband staan nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,499
dié besonderhede ooreenkomstig die reëls en orders van die Nasionale Raad van Provinsies aan die Raad voorlê vir 'n openbare debat, indien die beoogde wysiging nie 'n wysiging is wat deur die Raad aangeneem moet word nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,500
ten opsigte van wysigings in subartikel (1), (2) of (3)(b) genoem, aan die Voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies voorlê vir tertafellegging in die Raad.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,501
die tertafellegging daarvan in die Vergadering, indien die Vergadering in reses is wanneer die Wetsontwerp ingedien word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,502
Indien 'n Wetsontwerp in subartikel (3)(b) genoem, of enige gedeelte van die Wetsontwerp, slegs 'n bepaalde provinsie of provinsies raak, mag die Nasionale Raad van Provinsies die Wetsontwerp, of die tersaaklike gedeelte daarvan, nie aanneem nie tensy dit deur die wetgewer of wetgewers van die betrokke provinsie of provinsies goedgekeur is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,503
n Wetsontwerp wat die Grondwet wysig en wat deur die Nasionale Vergadering en, waar van toepassing, deur die Nasionale Raad van Provinsies aangeneem is, moet na die President vir bekragtiging verwys word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,504
die Wetsontwerp verwerp.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,505
Indien die Raad die Wetsontwerp aanneem sonder om wysigings voor te stel, moet die Wetsontwerp aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,506
besluit om nie met die Wetsontwerp voort te gaan nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,507
n Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (c) deur die Vergadering aangeneem is, moet aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,508
word die vraag beslis deur 'n meerderheid van die stemme wat uitgebring word, maar by staking van stemme oor die vraag moet die voorsittende afgevaardigde 'n beslissende stem uitbring.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,509
die Wetsontwerp verwerp.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,510
Indien die Raad die Wetsontwerp sonder wysiging aanneem, moet die Wetsontwerp aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,511
Indien die Raad 'n gewysigde Wetsontwerp aanneem, moet die gewysigde Wetsontwerp na die Vergadering verwys word, en indien die Vergadering die gewysigde Wetsontwerp aanneem, moet dit aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,512
n ander weergawe van die Wetsontwerp.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,513
Indien die Bemiddelingskomitee nie kan ooreenkom binne 30 dae nadat die Wetsontwerp na hom verwys is nie, verval die Wetsontwerp tensy die Vergadering die Wetsontwerp weer aanneem, maar met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes van sy lede.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,514
Indien die Bemiddelingskomitee ooreenkom ten gunste van die Wetsontwerp soos deur die Vergadering aangeneem, moet die Wetsontwerp na die Raad verwys word, en indien die Raad die Wetsontwerp aanneem, moet die Wetsontwerp aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,515
Indien die Bemiddelingskomitee ooreenkom ten gunste van die gewysigde Wetsontwerp soos deur die Raad aangeneem, moet die Wetsontwerp na die Vergadering verwys word, en indien die Vergadering die Wetsontwerp aanneem, moet die Wetsontwerp aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,516
Indien die Bemiddelingskomitee ten gunste van 'n ander weergawe van die Wetsontwerp ooreenkom, moet dié weergawe van die Wetsontwerp na sowel die Vergadering as die Raad verwys word, en indien dié weergawe deur die Vergadering en die Raad aangeneem word, moet dit aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,517
Indien 'n Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (f) of (h) na die Raad verwys is, nie deur die Raad aangeneem word nie, verval die Wetsontwerp, tensy die Vergadering die Wetsontwerp aanneem met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes van sy lede.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,518
Indien 'n Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (g) of (h) na die Vergadering verwys is, nie deur die Vergadering aangeneem word nie, verval die Wetsontwerp, maar die Wetsontwerp soos oorspronklik deur die Vergadering aangeneem, kan weer deur die Vergadering aangeneem word, maar met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes van sy lede.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,519
n Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (e), (i) of (j) deur die Vergadering aangeneem is, moet aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,520
n gewysigde Wetsontwerp aanneem; of (iii) die Wetsontwerp verwerp.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,521
n Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (a)(i) deur die Vergadering aangeneem is, moet aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,522
Indien die Vergadering 'n gewysigde Wetsontwerp aanneem, moet die gewysigde Wetsontwerp na die Raad verwys word, en indien die Raad die gewysigde Wetsontwerp aanneem, moet dit aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,523
die gewysigde Wetsontwerp soos deur die Vergadering aangeneem; of (iii) 'n ander weergawe van die Wetsontwerp.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,524
Indien die Bemiddelingskomitee nie kan ooreenkom binne 30 dae nadat die Wetsontwerp na hom verwys is nie, verval die Wetsontwerp.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,525
Indien die Bemiddelingskomitee ooreenkom ten gunste van die Wetsontwerp soos deur die Raad aangeneem, moet die Wetsontwerp na die Vergadering verwys word, en indien die Vergadering die Wetsontwerp aanneem, moet dit aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,526
Indien die Bemiddelingskomitee ooreenkom ten gunste van die gewysigde Wetsontwerp soos deur die Vergadering aangeneem, moet die Wetsontwerp na die Raad verwys word, en indien dit deur die Raad aangeneem word, moet dit aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,527
Indien die Bemiddelingskomitee ten gunste van 'n ander weergawe van die Wetsontwerp ooreenkom, moet dié weergawe van die Wetsontwerp na sowel die Raad as die Vergadering verwys word, en indien dit deur die Raad en die Vergadering aangeneem word, moet dit aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,528
Indien 'n Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (f) of (h) na die Vergadering verwys is, nie deur die Vergadering aangeneem word nie, verval die Wetsontwerp.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,529
Artikel 65(2); (b) artikel 163; (c) artikel 182; (d) artikel 195(3) en (4); (e) artikel 196; en (f) artikel 197.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,530
Indien die Nasionale Vergadering 'n Wetsontwerp beoog in subartikel (1)(g) of (h) oorweeg, kan daardie Wetsontwerp aangeneem word slegs indien 'n meerderheid van die lede van die Vergadering ten gunste daarvan stem.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,531
Indien die Nasionale Vergadering 'n Wetsontwerp beoog in subartikel (1)(e), (i) of (j) oorweeg of heroorweeg, kan daardie Wetsontwerp aangeneem word slegs indien minstens twee derdes van die lede van die Vergadering ten gunste daarvan stem.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,532
Hierdie artikel is nie op Geldwetsontwerpe van toepassing nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,533
'n Wetsontwerp wat geld bewillig of belastings, heffings of regte oplê, is 'n Geldwetsontwerp. 'n Geldwetsontwerp mag met geen ander aangeleentheid handel nie, behalwe 'n ondergeskikte aangeleentheid wat verband hou met die bewilliging van geld of die oplegging van belastings, heffings of regte.