document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,133
Die skool moet 'n klag aanhangig maak teen enige persoon of persone wat die skoolterrein onregmatig betree. Indien die skool intimidasie deur bendelede vrees, kan die skool die WKOD versoek om die klag aanhangig te maak, met dien verstande dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) kragtens die Strafproseswet verplig sal wees om dit op te volg met die opvoeder/skool om die ondersoekproses van stapel te stuur.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,134
om bystand aan die veiligheidsbestuurspan te bied deur die nodige infrastruktuur vir die uitvoering van hulle veiligheidsplanne te voorsien. Die WKOD se Afdeling Veilige Skole kies op 'n jaarlikse basis skole wat kernbystand ten opsigte van infrastruktuur en misdaadvoorkoming ontvang.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,135
Alle voorvalle van skoolmisdaad en -geweld moet by die Veiligeskole-inbelsentrum en, indien nodig, by die SAPD aangemeld word.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,136
Die skool moet skriftelik aansoek doen by die direkteur of Veiligeskolekoördineerder van sy relevante OBOS.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,137
Die Veiligeskolekoördineerder sal 'n terplaatse besoek aan die skool bring om die omvang van die gevaar te bepaal.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,138
'n Skool wat as hoë risiko-skool of 'n skool met 'n hoë gevaarvlak beskou word, kan besluit om die omheining rondom die parkeergebied as deel van hulle sakeplan te beveilig.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,139
'n Skool in 'n hoë risiko-gebied of 'n gebied met 'n hoë gevaarvlak wat nie as hoë-risiko skool gekeur is nie, sal in 'n noodgeval van beperkte bystand voorsien word.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,140
'n Skool wat nie gekeur is nie, kan skriftelik aansoek doen by die direkteur of Veiligeskolekoördineerder by die OBOS. Die aansoek moet 'n grondige motivering vir sy behoefte aan infrastruktuurbystand bevat.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,141
Enige navrae moet aan die relevante Veiligeskolekoördineerder gerig word.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,142
Daar is bewys dat 'n alarmstelsel wat behoorlik geïnstalleer is en in stand gehou word en gerugsteun word deur effektiewe gewapende reaksie, die voordeligste afskrikmiddel is teen vandalisme, geweld, diefstal, brandstigting, bendebedrywighede en indringers.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,143
Die Afdeling: Veilige Skole kan beperkte bystand binne die omvang van die "Bridge the Fence"-projek vir die installering van alarmstelsels voorsien. Skole sal 'n gesubsideerde bedrag per jaar ontvang.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,144
Die hele skool moet deur die alarmstelsel gedek word; nie slegs die administrasieblok en sekere klaskamers nie.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,145
Daar moet onderhandel word vir 'n dienskontrak wat beide gereelde diens en herstelwerk aan die alarmstelsel insluit.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,146
'n Noodknoppie moet in elke klaskamer aangebring word of elke opvoeder moet voorsien word van 'n noodknoppie wat hy of sy op sy of haar persoon moet dra, om sodoende bendebedrywighede, roof, aanranding, afknouery en mishandeling die hoof bied.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,147
n Bewegingsensor moet in elke lokaal van die skool aangebring word.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,148
'n Eenheid wat 'n bewegingsverklikker en pepersproei bevat, moet in lokale waarin daar waardevolle toerusting gehou word, soos die administrasieblok, rekenaarlokale en gespesialiseerde klaskamers, aangebring word.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,149
Die skool moet verseker dat die maatskappy die installering van die alarmstelsel asook die voorsiening van dienste ten opsigte van beide monitering en gewapende reaksie in die kontrak insluit. Die maatskappy hoef nie aan die "South African Intruders' Detection Service Association" (SAIDSA) te behoort nie, maar moet voldoen aan die SAIDSA-spesifikasies ten opsigte van die installering en gehalte van die alarmtoerusting.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,150
Skole moet minstens een radioverbinding met die moniteringsdiens installeer. Die ideaal is dat elke blok van die skool via 'n radioverbinding gekoppel moet word.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,151
Die maatskappy wat gekies word, moet die versekering gee dat gewapende reaksie verskaf sal word.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,152
Die kontrak van die maatskappy moet noukeurig nagegaan word om te verseker dat dit oor 'n onttrekkingsklousule beskik indien die skool ongelukkig sou voel oor die gehalte van die diens.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,153
bendelede, oortreders en indringers aan te keer.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,154
Ideaal gesien moet die maatskappy 'n aantal skole in dieselfde gebied bedien en 'n voertuig op 'n gereedheidsgrondslag binne 20 km van die skool hou.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,155
Maatskappye moet sorgvuldig geëvalueer word en hulle baan- en diensrekords moet nagegaan word.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,156
n Skriftelike waarborg met betrekking tot SAIDSA moet van die maatskappy verkry word.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,157
Die stelsel moet standaard wees in die sin dat dit versoenbaar moet wees met dié van enige ander maatskappye wat mag volg.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,158
Die moniteringsdiens moet met die skool verbind wees deur middel van beide 'n telefoon- en 'n radioverbinding. Ideaal gesien, moet die radioverbinding in elke blok van die skool geïnstalleer word. Rookverklikkers moet ook in elke sleutellokaal aangebring word.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,159
Ideaal gesien, moet 'n videokamera geïnstalleer word om die toegangshek te monitor en sodoende toegang te beheer.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,160
Skole kan met die maatskappy onderhandel vir 'n dienskontrak ten opsigte van herstelwerk en instandhouding van die alarmstelsel. Die koste moet deur die skool gedra word.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,161
Skole moet 'n beleid van gemeenskapseienaarskap ontwikkel waar die gemeenskappe hulleself bereid verklaar om misdaad en geweld te identifiseer en as getuies in hierdie verband te dien.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,162
Skole kan 'n program implementeer om die skoolgemeenskap bewus te maak van die noodsaaklikheid van 'n alarmstelsel vir die beskerming van lewe en eiendom.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,163
Die Afdeling Veilige Skole is bewus van gevalle waar opvoeders dreigemente ontvang het en fisies en verbaal mishandel is.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,164
Die klaer moet die gebrekkige oordeelsvermoë van die leerder by die skoolhoof aanmeld.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,165
Die OBOS moet programme vir opvoeders in die hantering van alternatiewe strafmetodes in die plek van lyfstraf binne die multi-funksionele spanbenadering reël.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,166
Leerders met ernstige gedragsprobleme moet verwys word na die OBOS vir individuele ontwikkelingsprogramme voordat hulle weer in skole geïntegreer word.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,167
Waar 'n leerder se optrede 'n fisiese gevaar vir die lewe van 'n opvoeder inhou, kan die prinsipaal, die voorsitter van die SBL en die kringbestuurder besluit op onmiddellike uitsetting. So 'n besluit kan deur die prinsipaal en voorsitter van die SBL geneem word as bewyse gelewer kan word dat 'n poging aangewend is om die kringbestuurder te kontak.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,168
n Dissiplinêre verhoor moet kragtens die prosedures vir ernstige wangedrag gereël word.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,169
Skole moet kragtens Staatskennisgewing 22754, (nr. 1040) en die Wet op Beroepsgesondheid en -Veiligheid, oor 'n veiligheidsplan beskik.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,170
Prosedures vir die hantering van dreigemente teen opvoeders deur buitestaanders.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,171
Prosedures vir die hantering van opvoeders wat in gevaar verkeer in die uitvoering van buitemuurse bedrywighede.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,172
Die prosedures wat in die veiligheidsplan bepaal word, moet geïmplementeer word.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,173
Alle voorvalle moet by die SAPD aangemeld word en 'n saaknommer moet verkry word.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,174
Alle sake moet aangemeld word by die WKOD se Veiligeskole-inbelsentrum wat bystand en 'n verwysingsnommer sal voorsien.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,175
In die geval waar 'n werknemer in die loop van amptelike skoolaktiwiteite beseer word, tree die Wet op Beroepsbeserings en -Siektes in werking.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,176
Hoofstuk iv van hierdie wet bepaal die reg van werknemers op vergoeding. Artikel 22(1) bepaal die volgende: "As 'n werknemer 'n ongeluk oorkom wat lei tot ongeskiktheid of dood, sal so 'n werknemer of sy afhanklikes, onderworpe aan die bepalings van die Wet, geregtig wees op die voordele wat in die Wet voorsien en voorgeskryf word."
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,177
Verwys na Bylae B vir die prosedures wat van toepassing is wanneer aansoek om vergoeding ingevolge die Wet op Beroepsbeserings en -siektes, gedoen word.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,178
Die WKOD sal aansoekers met hulle eise behulpsaam wees.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,179
Die WKOD is bewus van gevalle waar opvoeders verliese gely het vanweë diefstal en vandalisme terwyl hulle amptelik aan diens was.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,180
Kragtens die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, is dit die plig van die werkgewer, in soverre dit prakties moontlik is, om veilige werkomgewings te skep. Die Program vir die Bemagtiging van Slagoffers as deel van die Nasionale Misdaadvoorkomingstrategie (NMVS) verleen 'n holistiese en effektiewe bystanddiens vir slagoffers van geweld en misdaad.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,181
Alle voorvalle moet by die SAPD aangemeld word en 'n saaknommer moet verkry word.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,182
Alle voorvalle moet aangemeld word by die WKOD se Veiligeskole-inbelsentrum wat bystand sal verleen en 'n verwysingsnommer sal voorsien.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,183
Veiligeskolekoördineerders sal skole behulpsaam wees met die kursusinhoud van die bogenoemde kursusse.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,184
Klusterskole kan fondse aanvra van die klusterfondse. Enige skool kan sy versoek skriftelik tot die OBOS-direkteur rig.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,185
Suid-Afrika ervaar baie uitdagings. Een van die land se grootste uitdagings is die hoë voorkoms van misdaad en geweld wat vererger word deur hoë werkloosheid, armoede en maatskaplike verwaarlosing tesame met die geredelike beskikbaarheid van dwelms en alkohol wat gelei het tot wydverspreide dwelmmisbruik.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,186
Dit is duidelik dat toenemende endemiese bendebedrywighede besig is om op 'n sistematiese wyse die morele struktuur van groot gedeeltes van die Wes-Kaapse samelewing te vernietig. Berigte oor hoë vlakke van geweld, liggaamlike mishandeling, seksuele teistering en bendebedrywighede verskyn daagliks in die geskrewe en elektroniese media. Dit het 'n negatiewe impak op onderwys in die algemeen en op wat in die skool in die besonder plaasvind.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,187
Bendebedrywighede buite sowel as binne skole het 'n negatiewe impak op onderrig en leer.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,188
Bedrywighede buite die skool het op verskeie maniere 'n ontwrigtende uitwerking op wat binne die skool gebeur.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,189
Dit skyn asof bendes opsetlik die aankoms- en vertrektye van opvoeders en leerders uitsonder om met hul skietgevegte te begin. Dit bring 'n skrikaanjaende "vreesfaktor" mee wat opvoeders, leerders en ouers traumatiseer.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,190
Waarneembare getrouheid aan 'n bepaalde bende word gewoonlik bepaal deur waar 'n mens woon. Dit kan 'n negatiewe impak op onskuldige inwoners in sekere gebiede hê.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,191
Bedreigings, intimidasie en teistering veroorsaak vrees en gee aanleiding tot die afwesigheid van beide opvoeders en leerders. Dit het 'n ernstige impak op onderrig en leer.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,192
Opvoeders is dikwels afwesig omdat hulle aftyd benodig vir traumaberading- en ondervraging.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,193
Verwys na Bylae C vir 'n breedvoerige lys van die verantwoordelikhede van die onderskeie rolspelers tydens die nadraai van 'n krisis.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,194
Dit is raadsaam om nie 'n skool te sluit nie, maar om eerder te poog om die skoolopset so spoedig doenlik te normaliseer en te stabiliseer.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,195
Indien dit noodsaaklik geag word om die skool te sluit, moet die skoolhoof en die skool se Veiligheidskomitee na die volgende oorsiglys verwys en 'n aanbeveling maak aan die OBOS-direkteur of sy gemagtigde wat toestemming vir die sluiting van die skool kan verleen.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,196
Hoeveel leerders wat in geweldgeteisterde gebiede woon, sal tuis sonder toesig wees?
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,197
Is daar 'n meganisme beskikbaar om ouers te verwittig van 'n vroeë sluiting?
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,198
Kan ouers alternatiewe reëlings vir leerders tref?
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,199
Waar het die skietery plaasgevind?
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,200
Is die SAPD ingelig?
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,201
Is daar voldoende patrollering deur die SAPD?
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,202
Sal die skietery in alle waarskynlikheid dwarsdeur die dag voortgaan (intelligensie- inligting)?
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,203
Wat is die graad van trauma?
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,204
Wat het plaasgevind Moord, bendegeweld, selfmoord, skietery?
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,205
Waar het die dood, besering of trauma plaasgevind ('n sterfte, besering of trauma wat op die skoolterrein plaasvind, is moeiliker om te hanteer)?
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,206
Wie is getuies van die dood, besering of trauma Dit is belangrik om dit te weet om berading te kan voorsien?
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,207
Watter ander tragedies het onlangs by hierdie skool plaasgevind?
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,208
Wie is die skuldiges?
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,209
Indien daar besluit sou word om die skool te sluit en die leerders huistoe te stuur, wat sal 'n paslike veilige tyd daarvoor wees?
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,210
Sal dit nodig wees vir die SAPD om die leerders na hul tuistes te vergesel en sal hulle personeel daarvoor beskikbaar hê?
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,211
Alhoewel alle skole ingevolge Staatskennisgewing 22754 (nr. 1040) tot sones vry van gevaarlike voorwerpe verklaar is, moet skole dit 'n stap verder voer deur die skool tot 'n vuurwapenvryesone (VVS) te verklaar.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,212
In April 2001 is die Wet op Vuurwapenbeheer (Wet 60/2000) deur die Parlement uitgevaardig. Hierdie wet maak voorsiening vir vuurwapenvrye sones (VVS'e).
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,213
Ingevolge hierdie wet kan die Minister van Veiligheid en Sekuriteit enige plek tot 'n VVS verklaar. Dit kan 'n skool, hospitaal, werkplek of enige ander gebied wees. Niemand word toegelaat om vuurwapens of ammunisie in 'n VVS in te neem of daar te berg nie. Enige persoon of persone wat dit doen, kan in die hof aangekla word van 'n misdaad en kan 'n swaar gevangenisstraf opgelê word.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,214
Raadpleeg alle belanghebbendes (leerderverteenwoordigerraad, opvoeders, ouers, leerders, SBL'e en NRO's, godsdienstige en sportliggame, gemeenskapveiligheidsforums en gemeenskaps-polisiëringsforums).
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,215
Die skoolgemeenskap moet ooreenkom dat die skool 'n vuurwapenvrye sone gemaak word.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,216
Die Veiligheidskomitee moet die VVS by die skool implementeer.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,217
Geen vuurwapens of ammunisie mag na die skoolterrein gebring word nie. Geen vuurwapens of ammunisie mag op die skoolperseel geberg word nie.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,218
Die skool moet as VVS geregistreer word en dan amptelik tot 'n VVS deur die Minister van Veiligheid en Sekuriteit verklaar word. Die plaaslike SAPD- verteenwoordiger sal met hierdie proses behulpsaam wees.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,219
Kennisgewingsborde wat duidelik aandui dat die skool 'n VVS is, moet by die ingange van die skool aangebring word.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,220
Nooi alle belanghebbendes na 'n vergadering en vra hulle steun vir die nuwe beleid oor vuurwapenvrye sones.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,221
Lig die gemeenskap in oor wat dit beteken om 'n vuurwapenvrye sone te wees.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,222
Die Veiligheidskomitee moet hierdie beleid implementeer. Handhaaf die skool as 'n VVS.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,223
Lig nuwelinge in oor die VVS.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,224
Skakel met ander VVS-skole en deel ervarings. Verken alternatiewe vir geweld.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,225
'n Handvuurwapenvrye sone word geskep deur 'n vrywillige verklaring van 'n perseel tot 'n handvuurwapenvrye gebied deur die gemeenskap of eienaars daarvan. Dit het geen status ingevolge die Wet op Vuurwapenbeheer nie en kan slegs afgedwing word deur die toepassing van die gemenereg en wette rakende onregmatige betreding of oortreding.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,226
Prosedures vir die verklaring tot handvuurwapenvrye sones is soortgelyk aan dié vir die verklaring van vuurwapenvrye sones. Die enigste verskil is die boetes wat daaraan verbind is.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,227
Om na willekeur te deursoek of op iets beslag te lê is verbode.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,228
In ooreenstemming met die algemene toepassing van die volgende Wette, die Kriminele Prosedure Wet, Wet 51 van 1977, die Dwelm en Dwelmhandel Wet, Wet 140 van 1992, en die Vuurwapenbeheer Wet van 2000, mag 'n polisieamptenaar sonder 'n lasbrief enige skool of persoon op die skoolperseel deursoek indien hy of sy redelike vermoede/suspisie het dat onwettige dwelms of gevaarlike voorwerpe teenwoordig mag wees op 'n skoolterrein.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,229
beslag lê op enige gevaarlike voorwerp of onwettige dwelms teenwoordig op die openbare skoolterrein of op die persoon in oortreding van hierdie regulasies.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,230
Deursoekings en beslagleggings moet ingesluit word in die skool se Gedragskode en Veiligheidsplan.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,231
Skoolbeheerliggame en Veiligheidskomitees moet in kennis gestel word.
132
Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt
7,232
Amptelike briewe moet na ouers gestuur word om hulle in te lig aangaande die prosedures vir deursoekings en beslagleggings.