document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
127
Budget Peoples guide afr 2008.txt
6,928
voortgaan om te belê vir die toekoms.
127
Budget Peoples guide afr 2008.txt
6,929
Oor die volgende drie jaar ken die 2008 Begroting meer geld toe aan die uitbreiding van maatskap-like toelaes vir mans tussen die ouderdomme van 60 en 64, verhoog die dekking van die skoolvoe-dingsprogram, verbeter die toestande van skole en hospitale, versnel die voorsiening van water en sanitasie, belê in openbare vervoer, verhoog salarisse van onderwysers en verpleegsters, ver-meerder die aantal aanklaers en magistrate, brei die kapasiteit van gevangenisse uit, moedig per-sone aan om elektrisiteit te bespaar, en verstewig ons handel en uitvoere. Ons neem ook stappe om die regering beter te laat werk vir die publiek en om meer waarde toe te voeg vir elke rand wat spandeer word.
127
Budget Peoples guide afr 2008.txt
6,930
Deur beter resultate te verkry van openbare beste-ding en deur hoër vlakke van investering kan ons die groeikoers van ons ekonomie verhoog na 6%. Ons het baie werk om te doen. Die basis van ons ekonomie is sterk en sal getoets word oor die vol-gende jaar of twee. Met die regte beleid en harde werk deur alle Suid-Afrikaners kan ons selfs vin-niger groei en 'n groter verskil maak aan die lewens van alle mense.
127
Budget Peoples guide afr 2008.txt
6,931
reldwye ekonomiese groei is aan die af neem met gepaardgaande onsekerheid in die globale markte. Hierdie jaar gaan die wêreldekonomie waarskynlik stadiger groei as enige tyd sedert 2001. Suid-Afrika se ekonomie sal geaffekteer word deur dié afname, maar ons ekonomie het 'n sterk basis, openbare finansies is gesond, belegging neem toe en die langtermyn vooruitsigte vir groei is gesond. Ons sal moet skouer aan die wiel sit.
127
Budget Peoples guide afr 2008.txt
6,932
Ons ekonomie het die langste periode van ekonomiese uitbreiding in meer as 50 jaar beleef deur gemiddelde groei van 5 persent 'n jaar oor die laaste vyf jaar. Sedert 2001 het ons ongeveer miljoen werksgeleenthede geskep.
127
Budget Peoples guide afr 2008.txt
6,933
As gevolg van vinnige ekonomiese groei en deeg-like bestuur van openbare finansies, het regerings-besteding aansienlik versnel sedert 2001, baie vin-niger as die ekonomie. As gevolg daarvan was ons in staat om meer hulpbronne vir onderwys, gesondheid, maatskaplike toelaes, behuising, polisieëring, openbare vervoer, stadions, paaie en gevangenisse te voorsien.
127
Budget Peoples guide afr 2008.txt
6,934
Aangesien die ekonomie vinniger gegroei het, het ons voor sekere beperkinge te staan gekom. Die tekort aan bekwame persone, onvol-doende elektrisiteit, verkeersopeenho-pings en sement tekorte is alles tekens dat die ekonomie sy spoedbeperking bereik het. Om vinniger te groei sal ons selfs meer moet belê in vaardighede, in infrastruktuur, in masjinerie en toerust-ing, in paaie en openbare vervoer.
127
Budget Peoples guide afr 2008.txt
6,935
As gevolg van hierdie beperkinge en as gevolg van die verswakte globale omgewing, sal ons ekonomie waarskyn-lik afneem tot omtrent 4% tot 4½% 'n jaar vir die volgende drie jaar. Dit is stadiger as die vorige vyf jaar maar is steeds gesonde groei vir 'n land soos Suid-Afrika.
127
Budget Peoples guide afr 2008.txt
6,936
Die 2010 FIFA Wêreldbeker: Afskopvoorbereiding uid Afrika se planne vir die 2010 FIFA Wêreldbeker word tans vinnig uitgerol. Ons bou stadions, opleidingsfasiliteite, bewon-deraarsparke en publieke besigtigingsuitkykpunte en ons verbeter die openbare vervoer infrastruktu-ur. Ons beplan vir elke aspek van die geleentheid -van elektrisiteitsvoorsiening tot uitsending en telekommunikasie, besoekersakkommodasie, toerisme en bevordering en voorkomsverbetering van stede. Ons beplan gesondheids- en ramp-noodlenigingsbestuur, gebeurlikheidsbediening, beveiligings - en beskermingsdienste, vrywillige opleiding en werwing, omgewingsrehabibitasie en afvalbestuur, geleentheidskommunikasie, erfenis en kuturele bedrywighede.
127
Budget Peoples guide afr 2008.txt
6,937
Konstruksiewerk van die nuwe stadions skep nage-noeg 170 000 tydelike werksgeleenthede.
127
Budget Peoples guide afr 2008.txt
6,938
Die staat het aanvanklik R8.4 miljard toegeken vir die bou en opgradering van hierdie stadions. Knap spertye was egter daargestel. Stadions wat vir die Konfederasiebeker benodig word moet klaar wees teen Desember 2008 en die 2010 stadions moet klaar wees teen Desember 2009.
127
Budget Peoples guide afr 2008.txt
6,939
Om hierdie knap sperdatums na te kom, wat vereis het dat kontrakteurs vinniger moes werk en op koste toenames te reageer, is R1.2 miljard addi-sioneel toegeken, wat die totale bedrag wat vir sta-dions voorsien is op R9.6 miljard te staan bring. Bykomend daartoe is 'n totaal van R9 miljard toegeken aan openbare vervoerprojekte verwant aan die Wêreldbeker.
127
Budget Peoples guide afr 2008.txt
6,940
Toenames in maatskaplike toelaes en uitbereiding van ons toelae stelsel eer as 12 miljoen mense in Suid-Afrika ont-vang 'n maatskaplike toelaag. Toelaes is deel van 'n veiligheidsnet wat deur die regringdaargestel word om mense te beskerm gedurendekwesbare tye, soos bejaardheid en kinderdae, of ashulle ongeskik of gestremd is en nie kan werk nie. Die beskikbare toelaes is die ouderdomspensioen, ongeskikheidstoelaag (gestremdheidstoelaag), kinder-ondersteuningstoelaag, pleegkindtoelaag en sorgaf-hanklikheidstoelaag.
127
Budget Peoples guide afr 2008.txt
6,941
Die afgelope 10 jaar het die regering die dekking vankinders deur die sorgafhanklikheids-, kinderonder-houds- en pleegkindtoelaes geleidelik laat toeneem. Die kinderonderhoudstoelaag was sentraal tot hierdiepoging. In hierdie begroting maak ons voorsiening vir'n verhoging in die dekking van die kinderonderhouds-toelaag van kinders tot en met hul 15de verjaardag.
127
Budget Peoples guide afr 2008.txt
6,942
Die ouderdomspensioen is een van die hoof pilare vanons maatskaplike stelsel. Vir 'n toenemende aantal ont-vangers van die ouderdomspensioen is die maandelikseoorplasing hul enigste bron van inkomste waarop hulstaatmaak om kos en ander basiese benodigdhede tekoop. Die 2008 Begroting maak ook voorsiening omdie verlaging van die kwalifiserende ouderdom virmans van 65 na 60 jaar in te faseer, wat dieselfde is asvir vroue.
127
Budget Peoples guide afr 2008.txt
6,943
besteding is. Dit maak Suid-Afrika een van die wêreld se grootste spandeerders aan maatskaplike toelaes.
127
Budget Peoples guide afr 2008.txt
6,944
Pleegkindtoelaes groei van R620 tot R650 'n maand.
127
Budget Peoples guide afr 2008.txt
6,945
Baie ander regeringsprogramme ondersteun kwesbare huishoudings. Kinders wat maatskaplike ondersteun-ing ontvang, hoef nie skoolgelde te betaal nie. Kinders wat nie 'n toelaag ontvang nie kan ook vrygeskeld word van die betaling van skoolgelde afhangend van hul ouers se vlak van inkomste. Alle kinders onder die ouderdom van 6 is geregtig op vry primêre gesondheidssorg. Alle beginstigdes van maatskaplike toelaes wat nie lede van 'n private mediese fonds is nie, word ten volle gesubsidieer om gesondheidsdienste by openbare hositale te ontvang.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,947
Permitvoorwaardes 15 1.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,948
Hierdie is 'n konsepbeleid oor die toekenning en bestuur van kommersiële visvangregte in die stokvis-handlynvissery en word uitgereik deur die Departement van Omgewingsake en Toerisme: Tak Mariene en Kusbestuur ("die Departement") vir openbare kommentaar. Hierdie beleid moet saam gelees word met die Konsep van die Algemene Beleid oor die Toekenning en Bestuur van Langtermyn Kommersiële Visvangregte: 2005 ("die Algemene Beleid").
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,949
Soos gestel in die Algemene Beleid sal die Departement openbare vergaderings by kusdorpe hou om met die algemene publiek en in die besonder met belanghebbende en geaffekteerde partye oorleg te pleeg in verband met hierdie konsepbeleid. By hierdie openbare vergaderings sal kommentaar oor hierdie beleid aangevra word. Skriftelike opmerkings mag teen 11 April 2005 by die Departement ingedien word. Opmerkings wat na hierdie datum ingedien word, sal nie in aanmerking geneem word nie.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,950
Die doel van hierdie beleid is om die oorwegings van toepassing op die toekenning van langtermyn kommersiële visvangregte vir die stokvis-handlynvissery uiteen te sit. Baie van hierdie oorwegings is niks nuuts nie. Hulle is in die verlede toegepas deur die Departement by die toekenning van regte. Hierdie beleid bevat hierdie oorwegings maar 'n paar veranderings en toevoegings, word ingesluit.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,951
Bepaalde bestuursbeleidsrigtings verskyn ook in hierdie konsepbeleid.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,952
Stokvis-handlynvissery sal na oorleg met al die regtehouers in die loop van 2006 gefinaliseer word. Hierdie handboek sal in die fynste besonderhede die bestuursmetodes en prosedures vir die vissery uitstippel. Die Departement is veral van voorneme om hierdie vissery op 'n streeksbasis te bestuur nadat langtermyn kommersiële visvangregte toegeken is.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,953
Die stokvis-handlynvissery het langs die Kaapse suidelike kus ontwikkel, waar gedurende die laat 1980's tradisionele handlynvissers stokvis begin teiken het namate aanvraag vir prima gehalte ("PG") stokvis op die internasionale mark toegeneem het..
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,954
Aanvanklik het handlynvissers wat stokvis vang dekbote gebruik wat in staat was om oornag te opereer. Namate die vissery gegroei het, het sommige vissers skibote begin gebruik, wat oornag op die see kon uitbly en wat op 'n sleepwa gehys kon word en na gebiede gesleep kon word wat nader aan die stokvis se waters was. Die dekbote was tot hawens beperk. Deur skibote in te bring het vangspogings in die stokvis-handlynvissery aansienlik gegroei, veral omdat gebruik van hierdie vaartuie stokvis-handlynvissers in staat gestel het om die stokvis langs die Suid-Afrikaanse kuslyn te volg..
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,955
Gedurende die 1980's en 1990's was die visbedryf nie behoorlik gereguleer en bestuur nie. Die tekort aan 'n regulerende raamwerk, tesame met die verhoogde aanvraag na PG stokvis in die laat 1990's, het gelei daartoe dat 'n aantal persone, insluitende ontspannings-en kommersiële vissers wat by ander visserye betrokke was, hierdie vissery betree het om voordeel te trek uit die hoë pryse. Gedurende die laat 1980's is geskat dat stokvis wat per handlyn gevang is ongeveer 150 ton beloop het. Teen die 1990's het dit verhoog tot tussen 1 100 ton en 1 400 ton per jaar. Teen die jaar 2000 is ongeveer 5000 ton aan land gebring.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,956
In Desember 2000 het die Minister 'n biologiese noodtoestand in die tradisionele lynvis-vissery aangekondig. Die Minister het ook besluit om die bestuur van die handlynvissery in drie aparte visserye te verdeel - die tunapaal-, die stokvishandlyn-en die tradisionele lynvis-vissery. In daardie jaar het die Minister ook vir die eerste keer in die stokvis-handlynvissery 'n Totale Ontplooide Vangspoging (TOV) vir die vissery gestel. Die TOV beperk die aantal bemanning en vaartuie wat stokvis kan teiken deur middel van ' handlyn, tot 130 vaartuie en 785 bemanning. Verder is 'n voorkomende maksimum vangsperk (VMVP) van 5500 ton opsy gesit onder die globale totale toealaatbare vangs van stokvis.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,957
Die Departement bestuur die stokvis-langlynvissery as deel van 'n "stokvis-kollektief". Ingevolge die WLMH word 'n globale totale toelaatbare vangs (TTV) vir stokvis jaarliks deur die Minister van Omgewingsake en Toerisme bepaal. Die stokvis-handlyn-en -langlynvisserye deel 10 persent van die globale TTV. Die diepsee stokvis-treilervissery word 83 persent van die TTV toegeken en die res word gevang deur die stokvis-kustreilervissery. Tot 2004 is 1 000 ton opsy gesit vir buitelandse vissers. Hierdie toekenning word egter gestaak.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,958
Die stokvis-handlynvissery word is bedrywig uit klein visserhawens en vanaf glybane langs die Suid-Kaapse en Oos-Kaapse kus, so ver noord soos Port Alfred. Die handlynvissery, soos die stokvis-langlynvissery, vang PG-stokvis vir uitvoer na Europa. Die vissery is bedrywig in kuswaters waar vlakwater-stokvis, Merluccius capensis geteiken word.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,959
Stokvisvoorraad word tans bestuur ingevolge 'n herwinningstrategie en die TTV vir stokvis word jaarliks verminder sedert 2003. Huidige vangkoerse van vlakwater-stokvis is nie volhoubaar nie..
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,960
In 2003 het die Departement 86 kommersiële stokvis-handlynvisvangregte toegeken. Die regte het 86 vaartuie en meer as 700 bemanning gemagtig om stokvis te teiken volgens die handlynmetode. Dit was die eerste keer dat kommersiële visvangregte in hierdie vissery toegeken is en die eerste keer dat die stokvis-handlynvissery onderhewig was aan omvattende regulering.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,961
Die doel van die proses vir medium-termyn toekenning is om kommersiële stokvis-handlynvisvangregte aan vissers toe te ken wat van die vissery afhanklik is vir hulle bestaan. Alle moontlike pogings is gemaak om ontspannings-of deeltydse vissers, wat inkomste uit ander visvangbedrywe verkry of wat in ander sektore van die ekonomie in diens is, uit te sluit.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,962
Uit die regte toegeken is 26 persent aan swartes toegeken. Ongeveer 25 persent van die kapteins in hierdie vissery is swart terwyl 76 persent van die bemanning swart is.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,963
Die meeste regtehouers is individue. Wetlike entiteite soos beslote korporasies en maatskappye vorm 'n klein persentasie van die regtehouers. Al die regtehouers in die vissery kan as ondernemings van klein-of mediumgroote (KMO's) beskryf word.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,964
Die omgewingsvolhoubaarheid van die vissery te verseker.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,965
prestasiekriteria, insluitende die bereiking van ooreengekome transformasiedoelwitte (sien paragraaf 12 hier onder).
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,966
Die stokvis-handlynvissery het tans te veel deelnemers. Daar is veel meer handlynvissers as wat die bron kan ondersteun. Die swak transformasieprofiel van hierdie vissery tesame met die feit dat baie stokvis-handlynvissers, veral swart kapteins, nie in 2001 aansoek gedoen het om kommersiële regte nie, beteken egter dat regte toegeken sal word aan 'n aansienlike aantal nuwe inkomeling-aansoekers.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,967
Aansoeke sal gesif word ingevolge 'n stel "uitsluitingskriteria". Aansoekers wat regte hou en nuwe inkomeling-aansoekers sal dan apart oorweeg word volgens 'n stel gelaaide "vergelykende balanseringskriteria". 'n Afsnypunt telling of rang sal dan bepaal word om die suksesvolle aansoekers te selekteer. 'n Gedeelte van die TOV sal aan elk van die suksesvolle aansoekers ingevolge 'n stel "kwantumkriteria" toegeken word.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,968
Vorm van die aansoeker: Aansoeke sal slegs oorweeg word van entiteite wat geïnkorporeer is ingevolge die Wet op Beslote Korporasies van 1984 en van individue (d w s eenmansake of natuurlike persone). Aansoeke van trusts en maatskappye sal nie in aanmerking kom nie.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,969
Voldoening: Voldoening aan die bepalings van die WLMH, insluitende die regulasies daarby, word beskou as van uiterste belang. Aansoekers, insluitende hulle lede, wat skuldig bevind is aan 'n oortreding ingevolge die WLMH (sonder die opsie om 'n boete te betaal) sal nie 'n stokvis-handlynvisvangreg ontvang nie. Aaansoekers, insluitende hulle lede, wie se visvangregte gekanselleer of ingetrek is ingevolge die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne sal ook nie 'n stokvis-handlynvisvangreg toegeken word nie. Ander oortredings van die WLMH sal evaluering van die aansoeke negatief beïnvloed.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,970
c Papierkwota's: Papierkwota's soos omskryf in die Algemene Beleid sal uitgesluit word. Ongeag die meriete van die individuele aansoeke sal groot groepe identiese of substansieel soortgelyke aansoeke wat deur konsultante of kommersiële visvangmaatskappye en ander entiteite geborg word, uitgesluit word as fronte vir papierkwota's,.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,971
Nie-gebruik: Daardie regte-houers wat versuim het om hulle medium-termyn kommersiële stokvis-handlynregte tussen 2003 en 2004 te gebruik, sal nie weer 'n reg toegeken word nie.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,972
Persoonlike betrokkenheid by die oes van die hulpbron: Aansoekers sal moet demonstreer dat hulle op voltydse basis in die stokvis-handlynvissery betrokke is. Van hulle sal verwag word om aan te toon dat hulle aktiewe vissers is en deelneem aan die bedryf van besighede in die stokvis-handlynvissery.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,973
Afhanklikheid van die bron: Bestaande regtehouer aansoekers wat nie afhanklik is van die stokvis-handlynvissery vir minstens 75 persent van hulle bruto-inkomste per jaar nie, sal uitgesluit word. Potensiële nuwe inkomelinge sal hulle historiese afhanklikheid van die stokvis-handlynvissery vir hulle bestaan moet kana aantoon. Aansoekers wat enige inkomste uit bronne buite die visvangbedryf verkry sal uitgesluit word.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,974
Toegang tot vaartuig: Aansoekers sal 'n reg van toegang tot 'n geskikte vaartuig moet aantoon (sien paragraaf 8 hier onder).
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,975
Tans is slegs 26 persent van die regtehouers in hierdie vissery in swart besit. Ongeveer 25 persent is onder swart bestuur.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,976
Aansoekers wat individue is sal punte behaal op die feit of hulle swart is al dan nie.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,977
Korporatiewe sosiale belegging.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,978
Aansoekers sal evalueer word met inagneming van beleggings gemaak in die stokvis-handlynvissery.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,979
Belegging in vaartuie teen 31 Desember 2004 sal erken word, solank die belegging demonstreer dat daar 'n werklike toewyding is om in die sektor deel te neem. Aansoekers wat regte hou sal nie beloon word omdat hulle vragooreenkomste of vangste-of koopooreenkomste aangegaan het nie.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,980
Belegging in bemarkingsinisiatiewe sal in aanmerking kom. Die Departement sal in aanmerking neem of die aansoeker in staat is om stokvis te bemark.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,981
Nuwe inkomeling-aansoekers sal moet aantoon dat hulle in 'n vaartuig belê het en op watter wyse. Verder moet nuwe inkomeling-aansoekers wys of hulle toegang tot markte het..
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,982
Aansoekers wat regte hou sal evalueer word met inagneming van hulle prestasie in die stokvis-handlynvissery gedurende die proses van medium-termyn regtetoekenning. Aansoekers wat regte hou en wat tradisionele lynvis geteiken het eerder as stokvis, sal gepenaliseer word.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,983
Nuwe inkomeling-aansoekers sal evalueer word met inagneming van hulle vermoë, kennis en vaardigheid om stokvis te teiken volgens die handlynmetode..
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,984
Regtehouer aansoekers, wat kan demonstreer dat hulle tydelike of permanente werk gedurende die medium-termyn tydperk verskaf het, sal beloon word.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,985
Belegging in 'n aantal kleiner kusdorpies in Suid-Afrika is nodig vir ekonomiese groei. Gevolglik sal die Departement daardie aansoekers verkies wat hulle vangste aan land bring in die hawens langs die Kaapse suidkus en die Oos-Kaapse kus wat histories met stokvis-handlynvissery geassosieer is.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,986
Aansoekers wat regte hou en potensiële nuwe inkomelinge sal beloon word vir historiese betrokkenheid by die vissery. 'n Voorbeeld van historiese betrokkenheid is 'n kaptein of 'n lid van die bemanning wat tevore in die handlyn-vissery gewerk het.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,987
Geringe oortredings van die WLMH, die Regulasies en permitvoorwaardes sal negatief aangeteken word. Regtehouer aansoekers, wat nie kan bewys dat hulle voldoen aan die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 97 van 1998, die Wet op Heffings van Vaardigheidsontwikkeling, 9 van 1999 en die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 85 van 1993 nie, 'n negatiewe puntetoekenning kry.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,988
Die Departement sal van alle visvangbemanning wat van voorneme is om op stokvis-handlynbote te werk, verwag om by die Departement te registreer op die Stokvis-handlynbemanningslys. Daardie aansoekers wat suksesvol is in hulle aansoek om 'n stokvis-handlynvisvangreg sal hulle bemanningslede moet kies uit diegene wat op die Stokvis-handlynbemanninglys voorkom.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,989
In 2003 is een vaartuig per suksesvolle aansoeker toegeken. Die Departement is van voorneme om die allokasie van vangspoging in die stokvis-handlynvissery te hersien.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,990
Ten eerste sal die Departement bemanning toeken, gebaseer op die maksimum bemanningstal wat gemagtig word deur die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheids Vereniging (SAMVV). Die Departement sal 'n poel van ongeveer 15 vaartuie reserveer om toe te ken aan suksesvolle aansoekers wat getransformeer is en wat in stokvis-handlynvaartuie belê het. Die Departement sal een vaartuig aan elke suksesvolle aansoeker toeken. Die poel gereserveerde vaartuie sal toegeken word aan daardie suksesvolle aansoekers wat die hoogste telling in die transformasiekriteria ontvang het en wat meer as een vaartuig aangevra het.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,991
Tweedens, hoewel hierdie vissery bestuur word ingevolge 'n TTV (130 vaartuie en 785 bemanningslede) word 'n voorsorgsmaksimum TTV van 5 500 ton ook gebruik om die vissery te bestuur. Rekords wys dat gedurende die medium-termyn tydperk hierdie voorsorgmaksimum TTV nie bereik is nie. Gevolglik kan die Departement in die toekoms effe meer visvangregte toeken, met dien verstande dat sodra die vissery 5 500 ton aan land gebring het, alle stokvis-handlynvissery gestaak word vir daardie seisoen.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,992
n minimum SAMVV-gesertifiseerde lengte van ongeveer vyf meter en 'n maksimum SAMVV-gesertifiseerde lengte van ongeveer 12 meter het.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,993
Regtehouers in die stokvis-handlynvissery (insluitende hulle lede) sal nie toegelaat word om kommersiële visvangregte in enige ander vissery te hou nie. Regtehouers in die stokvis-handlynvissery sal egter by magte wees om snoek te teiken..
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,994
die koste van die hele regtetoekenningsproses, insluitende konsultasie, ontvangs, evaluering van aansoeke, kontrolering, appèlle en hersiening. In hierdie verband sal die koste wat aangegaan is tydens die medium-termyn proses as riglyn dien; en die waarde van die vis wat gedurende die duur van die reg toegeken word.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,995
Die jaarlikse heffings wat betaalbaar is met ingang van 1 Januarie 2006 sal hersien word na oorlegpleging met geaffekteerde en belanghebbende partye.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,996
Die bestuursmaatreëls wat hier onder bespreek word wys op 'n paar van die Departement se hoofdoelstellings met die bestuur van die vissery, na die toekenning van regte.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,997
Hierdie vissery sal bestuur word ooreenkomstig die ekosisteembenadering tot die vissery (EBV). 'n Ekosisteembenadering tot die bestuur van visserye is 'n holistiese en geïntegreerde beleid wat erken dat visvang en aanverwante aktiwiteite 'n impak het op die groter mariene omgewing. Die EBV sal verder uiteen gesit word in die Bestuurshandboek van die Stokvis-handlynvisvangbedryf. Suid-Afrika bly verbind tot die teikendatum van 2010 om 'n EBV in die kommersiële visserye in werking te stel.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,998
Die Departement is voornemens om die bestuurstrategie van hierdie vissery te verander na afloop van die toekenning van langtermyn visvangregte. Dit is die voorneme van die Departement om hierdie vissery op streeksgrondslag te bestuur, wat die beweging van vaartuie binne bepaalde streke beperk..
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
6,999
Stokvis-handlynvissers sal nie toegelaat word om tradisionele lynvisvoorraad soos kabeljou (Argyrosomus spp.) en geelbek (Atractoscion aquidens) te vang nie. Stokvis-handlynvissers sal egter toegelaat word om snoek te teiken wanneer dit beskikbaar word..
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
7,000
Die Departement sal prestasiemeting toepas vir die duur van die kommersiële visvangregte. Daar word beoog dat die eerste prestasiemeting na 'n jaar en daarna na elke drie jaar sal plaasvind.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
7,001
voldoening aan toepaslike wette en regulasies.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
7,002
Die Departement se huidige moniteringsprogram sal na hierdie vissery uitgebrei word. Van regtehouers sal vereis word om die koste van die waarnemer-en moniteringsprogramme te dra..
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
7,003
Voordat die Departement finaal besluit aan wie regte toegeken sal word om deel te neem aan die stokvis-handlynvissery, sal 'n voorlopige lys van suksesvolle aansoekers uitgereik word. Die voorlopige lys sal na alle visvanggebiede gesirkuleer word. Belanghebbende en geaffekteerde partye in hierdie gebiede kan dan die Departement inlig of enige persone wat histories stokvis gevang het met die handlynmetode, weggelaat is uit die voorlopige lys.
128
C - Hake Handline Afrikaans.txt
7,004
Permitvoorwaardes vir hierdie vissery sal jaarliks uitgereik word. Die permitvoorwaardes van toepassing op hierdie visseryf vir die 2005-seisoen word as Bylae A aangeheg. Belanghebbende en geaffekteerde partye word uitgenooi om op hierdie permitvoorwaardes kommentaar te lewer.
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,006
Hierdie is 'n konsep beleid oor die toekenning en bestuur van visvangregte in die kommersiële vissery van die Weskus-kreef (kuslyn) soos uitgereik deur die Departement van Omgewingsake en Toerisme: Tak Mariene en Kusbestuur ("die Departement") vir openbare kommentaar. Na hierdie sektor sal verwys word as "WKK (kuslyn)". Hierdie beleid moet saam gelees word met die Konsep van die Algemene Beleid oor Toekenning en Bestuur van Langtermyn Kommersiële Visvangregte: 2005 ("die Algemene Beleid").
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,007
Soos in die Algemene Beleid verklaar sal die Departement openbare vergaderings op plekke langs die kus hou om met die algemene publiek, en veral belanghebbende en geaffekteerde partye, oorleg te pleeg met betrekking tot hierdie konsepbeleid van die WKK (kuslyn). By hierdie openbare vergaderings sal kommentaar oor die beleid gevra word. Skriftelike kommentaar moet teen 11 April 2005 by die Departement ingedien word. Kommentaar wat na hierdie datum ingedien word sal nie in aanmerking kom nie.
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,008
Die doel van hierdie beleid is om die oorwegings van toepassing op die toekenning van langtermyn kommersiële visvangregte vir WKK (kuslyn) uiteen te sit. Min van hierdie oorwegings is nuut. Hulle is in die verlede deur die Departement gebruik by die toekenning van regte. Hierdie beleid weerspieel tewens sodanige beleid.
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,009
Sekere voorgenome betuursbeleidsrigtings in verband met die toekenning van regte verskyn ook in hierdie konsepbeleid. 'n Bestuurshandboek vir die Weskus-kreef (kuslyn) sal in die loop van 2006 gefinaliseer word. Hierdie handboek sal in die fyn besonderhede die toepaslike bestuursmetodes en -prosedures vir die bedryf uitstippel. Die Minister van Omgewingsake en Toerisme is voornemens om artikel 18-magte, in terme waarvan kommersiële visvangregte van die WKK (kuslyn) toegeken word, ingevolge artikel 79 van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne, 18 van 1998 ("die WLMH") aan 'n senior beampte van die Departement te delegeer.
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,010
Weskus-kreef (Jasus lalandii) is diere wat stadig groei en lank leef. Die vroulike grootte by volwassenheid wissel en strek tussen 57 millimeter oor die lengte van die rugdop (CL) tot 66 millimeter CL. Manlike kreef word groter en groei vinniger as die vroulikes. As gevolg van die beperking op die grootte van 75 mm CL vir kommersiële visserye geld, maak manlike kreef 90 tot 99 persent van die vangste uit.
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,011
Weskus-kreef kom naby die kus voor (op 200 m diepte) vanaf net noord van Walvisbaai in Namibië tot by Oos-London. Kommersiële uitbuiting vind egter van ongeveer 25°S in Namibië tot by Gansbaai plaas. Ontspanningsvangste strek egter verder oos tot by Mosselbaai.
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,012
Die huidige biomassa wat oesbaar is, word geskat op ongeveer agt persent van die vlakke voor ontginning en broeiende biomassa op ongeveer 21 persent. Hierdie afname is grootliks veroorsaak deur twee faktore: groot nie-volhoubare vangste wat veral gedurende die eerste helfte van die 20ste eeu plaasgevind het en 'n aansienlike vermindering in die somatiese groeikoers gedurende die 1990's.
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,013
Kommersiële visvang het in die 1880's 'n aanvang geneem. Die kommersiële vissery het vroeg in die 20ste eeu met rasse skrede uitgebrei. Hoewel rekords oor vangste voor 1940 skaars is, lyk dit asof vangste in die tydperk 1950 tot 1965 hulle toppunt bereik het, toe tussen 13 000 en 16 000 ton jaarliks aan land gebring is.
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,014
Voor 1946 was die kommersiële vissery nie gereguleerd nie. In daardie jaar is 'n produksiekwota op die stertgrootte ingestel om uitvoere te beheer. Dit het die basis gevorm van die "opbrengsbeheerde" bestuursfilosofie wat nog steeds in die bestuur van die Weskus-kreefbron toegepas word.
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,015
Na 1946 is jaarlikse kwota's toegestaan wat hoofsaaklik gebaseer is op die prestasie van die vissery in die voorafgaande seisoen. Tot middel 1960's is vangste regstreeks deur hierdie kwota's beheer. In die visvangseisoen van 1967/68 het vangskoerse begin afneem en kwota's kon nie gevul word nie. Vermindering in die Totale Toelaatbare Vangste (TTV) tot tussen 4 000 en 6 000 ton het 'n mate van balans in die tydperk 1970/71 tot 1989/90 herstel.
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,016
Die produksiekwota van stertmassa is vervang deur 'n kwota van die hele kreef (gelande massa) en bestuur deur middel van 'n TTV is in die vroeë 1980's ingebring. Terselfdertyd is toekennings op grond van gebiede of sonerings ingestel. Ander bestuursmaatreëls wat vroeg afgedwing is, was perke op groottes en 'n geslote seisoen. Vangste van dragtige of sagtedopkreef is verbied. Gedurende die vangseisoen van 1990/91 het die vangskoers weer gedaal en in die daaropvolgende jare is die kommersiële TTV geleidelik verminder tot 1 500 ton in die 1995/96-seisoen. Sedertdien was daar 'n geleidelike herstel en is die kommersiële TTV op 3 527 ton vir die 2004/2005-seisoen gestel.
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,017
Voordat kreefvanghokke in die 1960's ingebring is, het die kommersiële vangbedryf feitlik uitsluitlik staat gemaak op fuike wat met die hand ingetrek is. Hierdie fuike is lig en kan maklik van klein bootjies af, in vlak water ontplooi word. Fuike word selde op dieptes van meer as 30 meter gebruik. Dinghies met fuike kan deur middel van 'n buiteboordmotor of roeispane onafhanklik van die kus af werk, of dit kan na die viswaters vervoer word deur 'n gemotoriseerde moedervaartuig (dekboot).
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,018
Die Weskus-kreefvangsbedryf bestaan uit twee afsonderlike sektore: 'n kommersiële vangsbedryf en 'n ontspanningsvangsbedryf. Ontspanningsgebruikers mag slegs met fuike van 'n boot of teen die kus af vang, of asem-ophou duik of pale van die kus gebruik. Ontspanningsvangers mag nie hulle vangste verkoop nie.
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,019
Die kommersiële sektor bestaan uit grootskaalse aflandige operateurs regtetoekennings wat ton oorskry) en 'n meer beperkte komponent naby die kus (regtetoekenning van minder as ton. In die sektor naby die kus mag die regtehouers slegs fuike gebruik en mag hulle nie tussen gebiede beweeg nie.
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,020
Die kommersiële sektor naby die kus (of beperkte kommersiële vissery) het die bestaansvissery in 2001 vervang, as gevolg van bevindings en aanbevelings van 'n onafhanklike oorsig oor bestaansvisvang in Suid-Afrika. Die oorsig het aanbeveel dat bestaansvissery van hoë waarde soos weskus-kreef, tradisionele lynvis en perlemoen gekommersialiseer moet word. Die kommersialisering van hierdie visserye het vissers instaat gestel om hulle produkte te verkoop en bemark.
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,021
Die Departement ken 20 persent van die weskus-kreef-TTV toe aan die kuslyn vissery en ongeveer 80 persent aan die diepsee vissery. Die rede vir hierdie verdeling is dat ongeveer 20 persent van die bron in die gebied naby die kus geleë is, terwyl 80 persent in dieper waters gevind word.
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,022
Die diepsee vissery onderhou ongeveer 5 500 werknemers waarvan 95 persent swart persone is. Hiervan is meer as 2 500 personeel seevarend en die res is werksaam in prosesserings-en bemarkingsoperasies aan land. Vangste van weskus-kreef vind plaas tussen November en Julie en die gemiddelde jaarlikse inkomste gedurende hierdie tydperk is R26 500. Die jaarlikse waarde van weskus-kreefvangste is ongeveer R200 miljoen. Die benaderde waarde van vaartuie in hierdie bedryf is R130 miljoen.
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,023
In 2001 het die Departement 234 volle kommersiële visvangregte vir weskus-kreef toegeken. 'n Verdere 511 beperkte kommersiële visvangregte is toegeken aan voormalige bestaansvissers. Van die regte toegeken in die volle kommersiële bedryf, is 66 persent toegeken aan swart persone en entiteite in swart besit. Verteenwoordiging van swart persone op senior bestuurvlak in die volle kommersiële vissery is egter slegs 34 persent.
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,024
Van hierdie regte in die beperkte vissery, is 91.5 persent aan swart persone toegeken; hoofsaaklik mikro-ondernemings in swart besit. Dit beteken dat ongeveer 70 persent van die weskus-kreefvangsbedryf onder swart beheer is.
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,025
In 2003 het die Departement 'n verdere 230 ton weskus-kreef aan 274 beperkte kommersiële regtehouers in die gebied oos van Kaap Hangklip toegeken. Uit hierdie regte toegeken, is meer as 90 persent aan swart persone toegeken.
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,026
In 1992 het 39 hoofsaaklik wit regtehouers die weskus-kreef-TTV beheer. Hierteenoor het die Departement teen die einde van 2003 1 019 kommersiële kreefvangregte toegeken. Hiervan is meer as 785 aan voormalige bestaansvissers toegeken. Om voorsiening te maak vir die groter aantal regtehouers was die gemiddelde toekenning in 2002 6.8 ton, in vergelyking met 'n gemiddelde toekenning van 56 ton in 1992. Die verskil tussen die grootste en die kleinste regtehouers het ook aansienlik gekrimp gedurende die afgelope 10 jaar. In 1992 was daar 'n 200-voudige verskil tussen die hoogste (199 ton) en die laagste (1 ton) toekennings; in 2002 was daar 'n 66-voudige verskil tussen die hoogste (95.6 ton) en die laagste (1.5 ton) toekennings.
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,027
Die omgewingsvolhoubaarheid van die vissery te verseker.
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,028
Is die Departement voornemens om kommersiële regte vir 'n tydperk van 10 jaar (1 Januarie 2006 tot en met 31 Desember 2015) toe te ken, onderworpe aan hersiening op gereelde grondslag teenoor voorafbepaalde prestasiekriteria, soos die bereiking van ooreengekome transformasiedoelwitte (sien paragraaf 12 hier onder).
129
C - WCRL Inshore Afrikaans.txt
7,029
Hoewel die weskus-kreefvangsbedryf optimaal ontgin word en daar nie plek is vir addisionele deelnemers nie, sal nuwe inkomeling-aansoekers tog oorweeg word. Huidige regtehouers wat nog nie die transformasiedoelwitte in werking gestel het waartoe hulle hulself verbind het in hulle onderskeie medium-termyn regte-aansoeke nie, mag vervang word deur geskikte nuwe inkomelinge. Verder sal daardie regtehouers wat nie van hulle regte gebruik gemaak het nie, of hulle nie doeltreffend aangewend het nie, nie weer 'n reg ontvang nie en mag hulle deur nuwe inkomelinge vervang word.