document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,827
In-kontraktering van spesialiste (items soos drukwerk en gespesialiseerde regsadvies) wat nie deur die OBA gelewer sal kan word nie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,828
Doelgerigte in-kontraktering van nie-kern funksies na private firmas (bv die gebruik van kontrakteurs / konsultante om van die werk te doen wanneer hulle dit meer koste-doeltreffend as die OBA self kan doen).
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,829
Kontraktering van ander waterbestuurs-instellings (WBI's) eendersyds omdat hulle nader aan die gebruikers geleë is, of omdat hulle die aktiwiteite meer koste-doeltreffend kan uitvoer.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,830
Bogenoemde drie items is vir die doel van hierdie analise saam gegroepeer. Die rol van die DWW&B word afsonderlik behandel.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,831
n Paar breë aannames word gemaak ten opsigte van aktiwiteite wat vir die onderskeie funksies in-gekontrakteer kan word. Na verwagting sal die begroting vir in-kontraktering teen jaar 10 ongeveer die helfte van die interne begroting, personeelkoste en bedryfskoste ingesluit, beloop.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,832
Daar word aangeneem dat die funksies van die DWW&B, buiten die Werk-vir-Waterprogram, gedurende die eerste 10 jaar progressief na die OBA oorgedra sal word. Die DWW&B sal die koste vir waterhulpbron bestuursaktiwiteite wat deur die departement onderneem word, vanaf die OBA verhaal. (Die volle inkomste vanaf waterhulpbron bestuursvorderings sal aan die OBA beskikbaar wees sodra alle funksies en magte daaraan gedelegeer of oorgedra is.) Die koste verbonde aan die bestuur van terugvloei, sal uiteindelik verhaal word wanneer die Vorderingstelsel vir die Storting van Uitvloeisel (oftewel Waste Disposal Charge System, WDCS) in werking tree. Hierdie kostes sal intussen deur die DWW&B gedra word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,833
Die koste van die Werk-vir-Waterprogram (WvW) word afsonderlik behandel. Dit word gedoen om te verseker dat die aanwending van die DWW&B se subsidiëringsbeleid en uitgawes gekontroleer kan word. Dit bied verder die geleentheid om vas te stel watter invloed die uitsluiting van die Werk-vir-Waterkostes op die berekening van waterhulpbron bestuursvorderings sal hê.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,834
Kapitaalkoste verteenwoordig geleentheidsuitgawes wat deur die OBA vir geboue, toerusting en masjienerie aangegaan word, terwyl bedryfskoste die lopende uitgawes, wat deur die OBA aangegaan word om sy funksionering te onderhou, verteenwoordig.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,835
Stigtings-en lopende koste: Daar kan eenmalige uitgawes wees met die stigting van die OBA, terwyl herhaalde kapitale en bedryfskoste verbonde aan die uitvoer van funksies as lopende koste beskou word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,836
Vaste koste is daardie koste wat elke jaar konstant bly, ongeag hoeveel water gebruik is, terwyl veranderlike koste verwant is aan die hoeveelheid water wat gebruik is. Uiteraard is die veranderlike komponent van die OBA se koste nie noemenswaardig nie, hoewel kostes oor die algemeen gedurende droogtes toeneem.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,837
Personeelkoste: Verteenwoordig die OBA se totale personeeluitgawes In-kontraktering: Aan ander organisasies of ingekontrakteerde dienste Bedryfskoste: Deur die OBA aangegaan vir bedryf van die organisasie Kapitaal: Direkte uitgawes of terugbetaling van lenings, ens.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,838
Personeelkoste word bereken deur die aantal personeellede in elk van 5 kategorieë (HUB, bestuurder, senior, junior en administratiewe personeel) te vermenigvuldig met die totale vergoedingspakket van elke kategorie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,839
Personeel Bedrag Rand p.j.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,840
Bogenoemde beraming (wat salaris, pensioen en mediese fonds insluit) vergelyk goed met die Riglyne vir Finansiering van OBAs in Suid-Afrika wat op die Suid -Afrikaanse Personeelopname gebaseer is.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,841
Vir die doel van hierdie Voorstel, is die aanname gemaak dat daar 'n reglynige toename in personeel en begroting sal wees totdat volle funksionering bereik word. Die werklike aantal personeellede en die werklike toename in begroting sal afhang van die funksies wat deur die OBS uitgevoer moet word, die tydvak waarbinne funksies gedelegeer word en die ontwikkeling van die organisasie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,842
Die totale beraamde koste van waterhulpbronbestuur (uitgesluit die koste verbonde aan hidrologiese dienste) en die verwante vorderings vir jaar 10 (m.a.w. wanneer die OBA volle funksionaliteit behoort te bereik) word in tabel 10 beskryf. Huidige waardes word vir die doel van vergelykbaarheid gebruik.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,843
Veiligheidsbeheer van damme 46 46 35 0.01 0.01 0.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,844
Besoedelingsbeheer 1 654 1 241 1 329 0.214 0.21 0.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,845
Watergebruiksbestuur 1 292 1 292 986 0.15 0.15 0.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,846
Werk-vir-Water 19 000 15 500 11 797 1.83 1.83 0.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,847
Inkomste 4 663 Sektorale vordering 2.29 0.64 0.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,848
Die uitgawes van die Werk-vir-Waterprogram in die Breede WBG beloop tans R19 miljoen, waarvan R15,5 miljoen uit die DWW&B se bedryfsrekening verhaal word. Sommige van hierdie uitgawes word egter vanaf ander opvanggebiede, wat 'n gedeelte van hul kostes deur middel van tussen-bekken oordragskemas vanaf die Breede WBG ontvang, verhaal. Die direkte koste van die Werk-vir-Waterkomponent vir die Breede WBG word dus op R11,8 miljoen gereken.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,849
Daar moet kennis geneem word dat hierdie uitgawes 'n groot las op die toekomstige vorderings wat op watergebruik gehef gaan word plaas, aangesien WvW koste vir die Breede WBG uit die DWW&B se bedryfsrekening verhaal word, in teenstelling met die res van die land (buiten die drie ander Wes-Kaapse WBGs). Dit is dus inderwaarheid die Werk-vir-Waterbydrae - en nie die koste van opvanggebiedbestuur nie - wat die eenheidskoste vir huishoudelike en nywerheidswater in die vier WBGs in die Wes-Kaap die duurste in die land maak.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,850
Die volgende berekenings is gemaak op die aanname dat 50% van die koste verbonde aan die Werk-vir-Waterprogram in die Breede-Overberg WBG in die toekoms deur die Armoede Verligtingsfonds gedra sal word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,851
Bedryfsuitgawes van jaar 1, 5 en 10 word hieronder aangedui: Daar word aangeneem dat die ongedelegeerde funksies meestal verband sal hou met die terugvloei van water. Hierdie koste sal verhaal word deur die instelling van die Vorderingstelsel vir die Storting van Uitvloeisel (WDCS). Hierdie koste sal deur die DWW&B gedra word totdat die WDCS ingestel is.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,852
van die water word na die Berg WBG oorgedra en sal deur die Berg WBG betaalbaar wees.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,853
Aanname dat Werk-vir-Water met 50% uit Armoede Verligtingsfonds befonds word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,854
Die vorderings op water word as redelik en bekostigbaar beskou. The voorgestelde koste van die OBA sal lei tot vorderings in die omgewing van 1 sent per kubieke meter water vir die landbousektor sonder die Werk vir Water bydrae en 1, 09 sent per kubieke meter water, ingesluit die Werk vir Water bydrae. Hierdie riglyn was as algemeen anvaarbaar beskou. Indien die bydrae tot Werk vir Water befondsing uit die Armoedeverligtingsfonds verhoog kan word relatief tot die totale koste, kan die vordering verder verminder word, of die OBA kan meer verpligtings daarmee dek.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,855
Daar moet onderskeid getref word tussen die koste verbonde aan onttrekking en dié verbonde aan terugvloei. Die DWW&B verrig tans al die funksies verbonde aan terugvloei sonder enige koste aan die OBA en sal so voortgaan totdat die WDCS in plek is, wat waarskynlik in 2005 sal gebeur.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,856
Soos hierbo aangedui, is die Breede WBG geregtig op die verhaling van waterhulpbron bestuurskoste vanaf ander WBGs waarna water oorgedra word. Projeksies op huidige watergebruik dui daarop dat 31% van die water in die Breede WBG na die Berg WBG oorgedra sal word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,857
Bedryfskoste word vandie volgende verhaal:$ Waterhulpbron bestuursvorderings.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,858
Subsidies van die DWW&B vir funksies verrig (Werk-vir-Water uitgesluit).
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,859
o 'n Dalende subsidiëring, oor 'n tydperk van 5 jaar, van die waterhulpbron bestuursvorderings aan opkomende boere. Dit begin sodra hierdie vorderings in werking tree, ongeag dit voor of na die stigting van die OBA is. Hierdie subsidie sal nie by huidige berekenings in ag geneem word nie, maar sal slegs die waterhulpbron bestuursvorderings van opkomende boere wat hul water vanaf staatswaterskemas ontvang, beïnvloed.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,860
Befondsing van die "nie-toegedeelde toedeelbare water" met in agnemenig van die betrokke vlak waarop watervoorsiening gewaarborg moet word, soos aangedui in die Prysstrategie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,861
Subsidiëring van die Werk-vir-Waterkoste aan die besproeiïngsektor deur die DWW&B. Daar word weer eens aangeneem dat die huidige subsidies vir die eerste tien jaar van die OBA se bestaan van toepassing sal wees.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,862
Waterhulpbron bestuursvorderings word afsonderlik vir elke gebruikergroep bereken.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,863
Daaris 'n aantal belangrike faktore wat in gedagte gehou moet word wanneer waterhulpbron bestuursvorderings oorweeg word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,864
oMunisipaal wat die gebruik van water deur nywerhede in die Breede WBG insluit, aangesien water vanaf munisipaliteite verkry word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,865
oOpgaring en ander ekonomiese gebruikers; wat vorderings op die verdamping uit damme en die ekonomiese benutting van die wateroppervlakte vir ontspanningsdoeleindeindes insluit. Hierdie tipe inkomste is nog nie in ag geneem nie, maar sal wel deur die voorgestelde OBA in bereking gebring moet word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,866
Hierdie analise neem nie waterhulpbron ontwikkelingsvorderings in ag nie, aangesien dit nie vir die verhaling van waterhulpbron bestuurskostes aangewend kan word nie. Waterhulpbron ontwikkelingsvorderings sal nie aan die OBA oorbetaal word nie, aangesien geen staatswatervoorsieningskemas na die OBA oorgeplaas word nie. Dit sal dus 'n bykoemde koste vir watergebruikers wees.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,867
Vorderings wat van watergebruikers verhaal word, sal deur subsidies vanaf die DWW&B beïnvloed word (befondsing van "ontoegedeelde toedeelbare" water). Op hierdie stadium is geen subsidie in aanmerking geneem nie, wat die vorderings konserwatief-hoog maak. Die moontlike instelling van 'n subsidie op ontoegedeelde toedeelbare water sal die finansiële lewensvatbaarheid verhoog.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,868
Waterhulpbron bestuursvorderings word op die volume van water wat gebruik word (uitgedruk in kubieke meter) gebaseer en nie op die aantal hektaar grond wat gemagtig is om water te ontvang nie. Die gemiddelde kwotas vir besproeiers sal bepaal hoeveel hulle per hektaar betaal.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,869
Werk-vir-Waterkostes word oor die hele WBG versprei. Die aanname hier is dat Werk-vir-Waterprojekte mettertyd in al die sub-opvanggebiede onderneem sal word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,870
Dieselfde vorderings is op gebruik van oppervlak-en grondwater van toepassing.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,871
Vorderings word nie in terme van die versekering van lewering gedifferensiëer nie. Die versekering van lewering moet reeds in ag geneem word by die registrasie van watergebruik.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,872
Betalings wat een of twee keer per jaar gedoen word, kan 'n las op die kontantvloei van sommige gebruikers plaas. Die moontlikheid van meer gereelde betalings vir waterhulpbron bestuursvorderings (bv maandeliks) behoort ondersoek te word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,873
Die berekening van waterhulpbron bestuursvorderings ten opsigte van oordragte na ander WBGs, tref geen onderskeid tussen die oordrag van water vir besproeiïngsdoeleindes of munisipale gebruik (wat nywerheidsgebruik insluit) nie. Die aanname is gemaak dat die Breede-Overberg OBA daardie OBA waarheen water oorgedra word met 'n enkele vordering sal aanslaan, sonder in agneming van hoe die water aangewend gaan word. Die ontvanger OBA sal dan vorderings op elke sektor binne sy WBG vorder volgens sy eie vorderingskedule vir daardie gebruike.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,874
In tabel 13 word die verwagte ondersteuning aangedui, wat deur die DWW&B gedurende stigting en aanvangsaktiwiteite aan die OBA sal verleen . Die bedrae is volgens bestaande generiese riglyne bereken.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,875
Ander projekte met bykomende hulpbronne en befondsing kan ook bydra tot die stigting en organisatoriese samestelling van die Breede-Overberg OBA.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,876
Water-verwante sake van tegniese aard, soos watergehalte en wateronttrekking, en die verhouding tussen waterbestuur en ruimtelike ontwikkelingsbeplanning.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,877
Finansiële en bestuursake, soos die ontwikkeling van instellings, opvanggebied bestuurstrategieë en opvanggebied bestuursplanne.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,878
Institusionele versterking (ondersteuning van inter-agentskap samewerking en strategiese beplanning wat bewaringsbestuur betref).
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,879
Integrasie van aangeleenthede wat van belang is vir biodiversiteit met die beginsels van opvanggebiedsbestuur.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,880
Dit is belangrik dat die Breede-Overberg OBA binne dieselfde tydvak gestig word as wat hierdie projekte plaasvind, aangesien die proses dan die maksimum voordeel uit hierdie eksterne bronne kan trek.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,881
Die finansiële lewensvatbaarheid van die voorgestelde OBA is afhanklik van twee faktore wat die vermoë daarvan om inkomste te genereer, beïnvloed: $ Die bereidwilligheid van gebruikers om die waterhulpbron bestuursvorderings te betaal.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,882
Die mate waartoe die DWW&B susidies aan die OBA toeken. Die enigste subsidie wat in die Nasionale Prysstrategie uitgespel word, is die befondsing van "ontoegedeelde toedeelbare" water.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,883
Indien Werk-vir-Water uitgesluit word, dui die analise aan dat waterhulpbron bestuursvorderings ongeveer een sent per kubieke meter vir landbougebruikers, wat die grootste gebruikersgroep is, sal beloop. Daar word verwag dat hierdie vordering vir die meeste gebruikers bekostigbaar sal wees.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,884
Indien Werk-vir-Water ingesluit word (soos wat die prysstrategie vereis), sal die waterhulpbron bestuursvordering vir landbougebruikers moet styg na 1,09 sent per kubieke meter (a.g.v. die DWW&B subsidie) en na 1,89 sent per kubieke meter vir huishoudelike gebruik. Hierdie berekening is gebaseer op die aanname dat die uitgawes vir Werk-vir-Water waarvoor die OBA aanspreeklik is, op nagenoeg R19 miljoen gehou word en dat 50% daarvan deur die Armoede Verligtingsfonds gedra sal word. Die vorderings behoort dus oor die algemeen steeds bekostigbaar te wees.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,885
Opvanggebied bestuursvorderings word reeds betaal deur gebruikers wat hul water uit staatswaterskemas ontvang. Hierdie konsep word oor die algemeen positief ervaar. Toe die vorderings gedurende 2002/03 vir alle watergebruikers ingestel is, is spesiale werkwinkels en vergaderings met belanghebbende forums gehou. Die konsep van betaling vir opvanggebied bestuursvorderings behoort dus goed gevestig te wees teen die tyd wat die OBA begin funksioneer. Dringende aandag moet egter daaraan gegee word om die rekeninge meer gebruiker-vriendelik te maak. Verskeie klagtes is ontvang oor die manier waarop die eerste rekeninge uitgemaak is en die feit dat geen verduideliking die rekening vergesel het nie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,886
Laastens behoort die registrasieproses van watergebruik klaar te wees wanneer die OBA gestig word. Dit sal beteken dat die meeste navrae oor die hoeveelheid waterverbruik wat gebruik is om die waterhulpbron bestuursvorderings vas te stel, opgeklaar sal wees wanneer die OBA formeel gestig word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,887
Afdeling 2 hierbo verduidelik hoe hierdie Voorstel deur middel van konsensus gedurende 'n reeks vergaderings van die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep saamgestel is. Die tweede konsepweergawe van die Voorstel is op 20 November 2000 tydens 'n vergadering van die Breede-Overberg Belangekomitee bespreek. Gedurende hierdie vergadering is daar ooreenstemming bereik oor die inhoud van die finale weergawe wat aan die DWW&B se Direktoraat vir Opvanggebiedbestuur voorgelê sou word, waarna die ministeriële goedkeuringsproses sal begin.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,888
Die tweede konsepweergawe van die Voorstel is ook tydens die vergaderings wat in die sub-streke van die Breederiviervallei en die Overberg gehou is, bespreek. 'n Brosjure oor die Voorstel is in Engels, Afrikaans en Xhosa voorberei en in die WBG versprei. Laastens is spesiale besprekingsessies met geselekteerde belangegroepe gereël om vrae en probleme te bespreek en om sleutelkonsepte en terminologie te verduidelik.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,889
Die veranderings aan die berekening van die OBA se finansiële lewensvatbaarheid wat versoek is nadat die Voorstel aan die DWW&B voorgelê is, is by 'n vergadering van die OBA Verwysingsgroep op 3 Desember 2003 bespreek en aanvaar.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,890
Die momentum van deelname deur belanghebbendes moet gedurende die goedkeuringsproses van die Voorstel volgehou word. Dit kan gedoen word deur elke opvanggebied forum te versoek om 'n verslag oor die huidige stand van sake in die opvanggebied saam te stel, of om deel te neem aan die samestelling van die opvanggebied bestuurstrategie vir die OBA. Verdere deelname sal ook dié voordeel hê dat dit deelnemers se kapasiteit ten opsigte van waterhulpbronbestuur uitbrei. Die geografiese en streekopvanggebied forums is ook by die bekendstelling van die konsepweergawes van die Nasionale Waterhulpbronstrategie betrek. Indien rolspelers nie aktief betrokke bly by sake wat op waterhulpbronbestuur betrekking het nie, sal deelname neig om slegs plaas te vind wanneer waterhulpbronne op die een of ander wyse bedreig word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,891
Openbare deelname moet voortgaan selfs nadat die OBA gestig is. Daar word nie net 'n nuwe instelling gestig nie, maar rolspelers betree ook 'n arena waarin hulle ondersteuning moet verkry wat ontwikkelende beleidsraamwerke betref. Hierdie feit is veral van toepassing op groepe wat voorheen beperkte blootstelling aan die bestuursaktiwiteite rondom waterhulpbronne gehad het. Die OBA sal daaraan aandag moet skenk om alle komitees en forums, sowel as spesifieke watergebruikers en belangegroepe by openbare deelnemingsprosesse te betrek. Die OBA moet vanuit die staanspoor hiervoor verantwoordelikheid aanvaar en plaaslike kundiges gebruik om hulle hiermee by te staan. Die belangrikheid van openbare deelname behoort voortdurend beklemtoon te word sodat hierdie aktiwiteit nie die eerste slagoffer word wanneer die OBA kostes wil bespaar nie. Doeltreffende openbare deelname is die ruggraat van geïntegreerde waterhulpbronbestuur soos deur die Nasionale Waterwet beoog. Met ander woorde, die ingeligte verwoording van die behoeftes en begeertes van watergebruikers en belangegroepe binne 'n ontvanklike omgewing, behoort die lewensbloed van die OBA se werksaamhede te wees.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,892
Een van die grootste uitdagings wat volgehoue belanghebbende deelname betref, is voldoende ondersteuning aan die geografiese en opvanggebied forums sodat hierdie forums 'n rasionaal en momentum van hul eie kan ontwikkel. Die uiteindelike, hoewel moeilike doel, sou wees om die forums op so 'n wyse by te staan dat hulle aktief belangstel in alle aspekte van waterhulpbronbestuur in hulle gebied en sodoende kan bydra tot die beplannings-en bestuursaktiwiteite van die voorgestelde OBA. Die deelname by sommige forums, soos dié in die Palmiet-, Onrus-en Kleinrivier, het reeds 'n momentum van hul eie ontwikkel en is 'n voorbeeld dat hierdie oogmerk wel bereikbaar is.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,893
Die feit dat water van strategiese belang is vir alle nuwe ontwikkelings wat in die Breede WBG en omliggende WBGs beplan word, beteken dat die OBA altyd op hoogte van beplanningsinisiatiewe sal moet bly. Die leidende rol wat plaaslike owerhede in ontwikkelingsbeplanning en -implementering speel, beteken dat daar 'n noue verbintenis moet wees tussen die werksaamhede van die OBA en die geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning wat op plaaslike regeringsvlak (munisipaliteite en distriksmunisipaliteite) uitgevoer word. Die OBA se doel is om die beplanningsaktiwiteite van staatsliggame te ondersteun en daarby in te skakel en nie om dit te dupliseer of daarmee te kompeteer nie. Geïntegreerde waterhulpbronbestuur verwys na die deurlopende proses waardeur 'n balans tussen maatskaplike, ekonomiese en omgewingsprosesse gehandhaaf word. Dit beteken nie dat geïntegreerde waterhulpbronbestuur bo ander beplanningsaktiwiteite voorkeur moet geniet nie, maar eerder dat waterbestuursinstellings moet fokus op die doeltreffende bestuur van daardie hulpbronne waarvoor hulle verantwoordelik is, terwyl hulle ook saamwerk met alle groepe en regeringstrukture wie se aktiwiteite beïnvloed word deur die manier waarop waterhulpbronne bestuur word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,894
Dit is die verantwoordelikheid van die DWW&B om die deelname deur rolspelers te verseker totdat die OBA in plek is. Tensy daar egter fondse beskikbaar gestel word om hierdie deelname te bevorder, werkwinkels te hou en die deelname aan water-verwante aktiwiteite soos Waterweek aan te wakker, sal openbare deelname waarsakynlik doodloop.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,895
Die vereistes vir 'n lewensvatbare OBA word in afdelings 3.3 tot 3.6 hierbo beskryf. Hier volg 'n kort opsomming van sommige van die sleutelpunte wat in afdeling 3 aangeteken is.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,896
Hierdie Voorstel neem in ag dat die ontwikkeling van die OBA op 'n plooibare en verantwoordelike wyse sal plaasvind, veral wat die institusionele en organisatoriese ontwikkeling van die OBA betref. Dit word genoodsaak deur die onsekerhede binne sekere beleidsraamwerke (soos byvoorbeeld faktore wat die prysbeleid vir die vordering op die storting van afvalwater beïnvloed), die komplekse herstrukturering van die DWW&B, die stigting van WGVs en die versekering dat die OBAs en WGVs bevoeg is om sekere bestuursfunksies van waterhulpbronne oor te neem. Hierdie Voorstel laat genoeg buigsaamheid toe en bied ruimte vir deelname deur alle sleutel rolspelers sodat verantwoordelike organisatoriese ontwikkeling kan plaasvind.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,897
Die werk wat tot dusver deur die DWW&B: Wes-Kaap onderneem is om die funksionele organisering van waterhulpbron bestuursaktiwiteite binne die grense van die WBG te vestig, asook die deurlopende berekening van die koste verbonde aan die betrokke aktiwiteite, sal tot die voorgestelde OBA se voordeel strek. Die oorplasing van funksies, die sekondering en oorplasing van personeel, operasionele bystand aan die OBA en die bestuur van die finansiële vloei tussen die OBA en die DWW&B sal reeds deur hierdie aanvoorwerk aangehelp word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,898
Skedule 4 van die Nasionale Waterwet gee breë riglyne ten opsigte van die funksionering van die voorgestelde OBA Bestuursraad, sowel as riglyne vir goeie finansiële bestuur en verslaglewering. Die OBA Bestuursraad sal hierdie riglyne in die grondwet moet vervat sodat die doelwitte van die Nasionale Waterwet daarin weerspieël word. 'n Praktiese operasionele beleid en prosedurestelsels, wat 'n menslike hulpbronbeleid en 'n finansiële en inligting-bestuurstelsel insluit, moet ontwikkel word. Die OBA sal moontlik eksterne kundiges moet inkontrakteer om te help met die ontwikkeling van hierdie beleid en stelsels. Dit sal nie moontlik wees om die bestaande stelsels van die DWW&B te gebruik nie, aangesien dit met die oog op ander doelwitte ontwerp is. Die operasionele stelsels van die OBA, veral die inligtings-en finansiële bestuurstelsels, moet op so 'n wyse ontwerp word dat dit die uitsette lewer wat die DWW&B vir doeleindes van monitering en ouditering benodig. Bestaande DWW&B operasionele praktyke en die vereistes van die Nasionale Waterwet moet in ag geneem word wanneer sulke nuwe stelsels ontwerp word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,899
Laastens kan genoem word dat daar voldoende kennis en vaardighede binne of naby aan die Breede WBG bestaan om die OBA gedurende sy tydperk van ontwikkeling by te staan. Daar is gevestigde organisasies en instellings wat die nodige tegniese ondersteuning kan bied wanneer die OBA daardie bedryfsaktiwiteite uitvoer waaarvoor verantwoordelikheid aanvaar is. Verdere inligting in hierdie verband word in die voorafgaande afdeling 3.4.1 gegee.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,900
Die verifiëring van die registrasie van watergebruik behoort teen die tyd wat die OBA gestig word, afgehandel te wees. Die Nasionale Waterhulpbronstrategie behoort ook dan in plek te wees, wat regsgeldigheid sal verleen aan die amptelike beraming van toedeelbare water in die Breede WBG. Hierdie beraming sal aan die OBA 'n goeie aanduiding van sy inkomstebasis gee.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,901
Die OBA sal deurgaans sensitief teenoor die behoeftes van watergebruikers moet bly om sodoende te verseker dat watergebruikers gewillig is om die vorderings vir waterhulpbronbestuur te betaal. Die voorgestelde verteenwoordigende bestuurstruktuur moet ruimte laat vir alle watergebruikers om 'n aandeel te hê aan die werksaamhede van die OBA, asook om die hulle in te lig oor die noodsaaklikheid van die aktiwiteite waarvoor hulle betaal.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,902
n Differensiële vorderingstelsel moet so gou as moontlik ingestel word. Gedifferensiëerde vorderings, wat op gemiddelde waterverbruik gebaseer is en deur middel van die registrasie-en faktureringsproses bestuur word, word reeds vir besproeiing toegepas. Die moontlike onderskeid tussen die vorderings op grondwater en oppervlakwater moet verder ondersoek word. Die infasering van waterhulpbron bestuursvorderings vir alle opkomende boere - en nie slegs dié wat aan staatswaterskemas behoort nie - moet ook aandag geniet.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,903
Die begroting vir die OBA se tiende bestaansjaar lyk oor die algemeen haalbaar en vergelyk goed met die jaarlikse omset van 'n groot plaaslike WGV soos die Sentraal-Breede WGV. Daar moet egter gesorg word dat water vir individuele gebruikers bekostigbaar bly. Die invloed van gedifferensieerde vorderingstelsels, asook die gesamentlike uitwerking van waterhulpbron bestuursvorderings en waterhulpbron ontwikkelingsvorderings op watergebruikers, moet egter noukeurig gemonior word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,904
Openbare deelname en ondersteuning van kapasiteitsbou moet na die voorlegging van die finale Voorstel en die stigting van die OBA voortgesit word. Die OBA behoort, na stigting, verantwoordelikheid vir hierdie prosesse te aanvaar. Deur hierdie aktiwiteite aan beplanningsinisiatiewe soos opvanggebied bestuursbeplanning te koppel, sal die entoesiasme van deelnemers versterk word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,905
Die bou van doeltreffende verhoudings ten opsigte van samewerkende bestuur sal van kritiese belang vir die werksaamhede van die OBA wees. Goeie verhoudings met plaaslike en distriksmunisipaliteite binne die Breede WBG is veral belangrik as gevolg van die toenemende mandaat van plaaslike owerhede om ontwikkelings goed te keur. Provinsiale en nasionale staatsdepartemente ondersoek tans ook maniere om die implementering van hulle mandate op plaaslike owerheidsvlak binne goed-deurdagte ontwikkelingsraamwerke te fasiliteer. Geïntegreerde ontwikkelings-beplanning op plaaslike owerheidsvlak sal waarskynlik al hoe meer belangrik word, veral aangesien plaaslike owerhede die verantwoordelikheid het om waterdienste ontwikkelingsplanne, waarin plaaslike waterbehoeftes aangespreek word, saam te stel. Die plaaslike en provinsiale beplanningsprosesse sal juis aangewend word om strategiese hulpbronnewat maatskaplike en ekonomiese ontwikkelingsbehoeftes aanspreek, soos water, te bestuur.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,906
Die OBA moet nie probeer om die verantwoordelikheid vir sosio-ekonomiese beplanning te aanvaar nie, maar eerder saam met die betrokke staatsliggame werk wat daarvoor verantwoordelik is. Die OBA sal 'n duidelike mandaat ontvang om waterhulpbronne volgens die definisies van die Nasionale Waterwet te bestuur, en sal aktief met 'n wye verskeidenheid van staatsdepartemente en -liggame moet skakel. Deur al die watergebruikers en belangegroepe by die OBA se werksaamhede te betrek, kan 'n bydrae gelewer word tot die bestaande proses wat poog om hulpbronne, behoeftes en beplanning in die belang van al die mense van die Wes-Kaap, veral dié van die Breede WBG, te bestuur en aan te spreek.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,907
Na die indiening van die finale Voorstel aan die DWW&B se Direktoraat: Opvanggebiedsbestuur vir die goedkeuring daarvan, ontstaan daar 'n wagtydperk van 'n aantal maande. Alle tekens dui daarop 'n minimum van 9 maande vir die goedkeuringsproses toegelaat moet word. Hierdie wagtydperk en die verskillende stappe wat die goedkeuringsproses volg, word in die implementeringsprogram hieronder ingesluit.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,908
Die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep sal gedurende die wagtydperk met die Adviserende Komitee (wat nog saamgestel moet word) oor die samestelling van die OBA Bestuursraad skakel. 'n Afsonderlike voorlegging sal vir hierdie doel opgestel word en die lede van die OBA Verwysingsgroep sal die geleentheid gegun word om hul opinie oor die ledesamestelling van die OBA Bestuursraad te formuleer.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,909
Gedurende hierdie tydperk kan daar voortgegaan word om die kapasiteit van waterhulpbronkomitees en forums in die Breede WBG uit te bou deur hierdie prosesse byvoorbeeld te laat aansluit by aktiwiteite soos opvanggebied bestuursbeplanning of die lewering van kommentaar op die Nasionale Waterhulpbronstrategie. Die DWW&B: Wes-Kaap sal, totdat die OBA gestig is, die verantwoordelikheid vir hierdie aktwiteite in die Breede WBG moet aanvaar.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,910
Die OBA sal formeel gestig word sodra die Minister van Waterwese en Bosbou die Adviserende Komitee se voorstel vir die samestelling van die OBA Bestuursraad ontvang het en sodra die finale Voorstel vir die Stigting van 'n Opvanggebied Bestuursagentskap vir die Breede Waterbestuursgebied goedgekeur is.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,911
Die eerste en mees belangrikste stap in die stigtingsproses, is die aanstelling van 'n Bestuursraad. Een van die eerste take van die nuwe OBA Bestuursraad sal die verkiesing van 'n voorsitter wees, wie die verantwoordelikhede wat in skedule 4 van die Nasionale Waterwet omskryf is, moet aanneem. Die nuutverkose voorsitter sal 'n vergadering tussen die Bestuursraad en senior beamptes van die DWW&B: Wes-Kaap uitroep sodat 'n werksverhouding tussen die twee partye gevestig kan word. Dit sal ook wenslik wees om 'n Uitvoerende Bestuurskomitee, wat uit sommige of al die lede van die Bestuursraad en senior beamptes van die DWW&B bestaan, saam te stel. Dit sal sin maak om aanvanklik eers die volle Bestuursraad te betrek sodat die lede kennis kan opdoen oor die DWW&B se werkswyse en van die praktiese uitdagings wat waterhulpbronbestuur bied.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,912
Die verteenwoordiging deur die DWW&B behoort ten minste die Opvanggebiedsbestuurder vir die Breede WBG in te sluit. Die OBA Bestuursraad en die Uitvoerende Bestuurskomitee kan verdere verteenwoordiging deur individue of organisasies aanvra wanneer nodig.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,913
Die aanvanklike take van die OBA Bestuursraad, na verkiesing van 'n voorsitter, sal die volgende insluit: $ Ontwikkeling van 'n grondwet wat op skedule 4 van die Nasionale Waterwet en die algemende doelwitte van die Wet geskoei is.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,914
Ontwikkeling van 'n menslike hulpbronbeleid. Hierdie beleid kan aanvanklik in breë terme gestel word, maar moet posbeskrywings vir die eerste beoogde aanstellings of oorplasings insluit. Die dienste van 'n kenner op die gebied van menslike hulpbronne sal moontlik benodig word om te verseker dat die beleid aan nasionale arbeidswetgewing en die beste praktyke ten opsigte van menslike hulpbronbestuur, voldoen.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,915
Aktivering van kommunikasiekanale tussen die OBA, die DWW&B, OBKs, Opvanggebied/Geografiese Loodskomitees, Forums, WGVs en staatsliggame. Insette van die DWW&B sal in hierdie opsig van groot waarde wees, aangesien sulke kommunikasiekanale reeds bestaan. Die bestaande kanale sal aangepas moet word om in die behoeftes van die OBA, as 'n nuwe en ontwikkelende statutêre liggaam, te voorsien, terwyl die doelwitte van die DWW&B: Wes-Kaap steeds nagekom moet word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,916
Ontwikkeling van die eerste besigheidsplan vir die Breede-Overberg OBA. Hierdie plan moet binne die eerste ses maande na die verkiesing van die OBA Bestuursraad voltooi word. Die besigheidsplan moet verkieslik ook in plek wees voordat die eerste personeelaanstellings gemaak word, aangesien 'n tydperk van 6 maande nodig sal wees om deeglike voorbereidings te tref vir die eerste aanstellings en sekonderings.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,917
Aanstelling van 'n Hoof Uitvoerende Beampte (HUB) of 'n Bestuurder: Tegniese Dienste. Voordat hierdie aanstelling gemaak word, moet tyd ingeruim word vir die voorbereiding van 'n minimum netwerk van stelsels en prosedures. Die OBA Bestuursraad sal moet besluit of 'n HUB onmiddellik aangestel moet word en of daar eers 'n laer vlak aanstelling gedoen moet word, sodat voorbereidings getref kan word vir die uiteindelike aanstellling van die HUB binne 12 tot 18 maande nadat die OBA gestig is. Die onmiddellike aanstelling van 'n HUB kan die posbekleër miskien die geleentheid bied om sy/haar stempel vanuit die staanspoor op die organisasie af te druk, maar daar bestaan ook goeie motivering om eers 'n Bestuurder: Tegniese Dienste aan te stel.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,918
Meer tyd word toegelaat vir die werwing van 'n HUB met wye ondervinding.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,919
Die Bestuurder: Tegniese Dienste kan die geleentheid gegee word om die huidige personeel van die DWW&B te leer ken en sy/haar vermoë in die uitvoer van 'n verskeidenheid bestuursaktitwiteite bewys.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,920
So 'n aanstelling sal die DWW&B die geleentheid bied om personeel wat tans aan die Breede WBG toegewys is, na die OBA te sekondeer, met die huidige Opvanggebiedbestuurder as waarnemende HUB. Hierdie rëeling sal noue samewerking tussen die OBA en DWW&B op operasionele gebied tot gevolg hê. Soos voorheen aangedui sal die kanale van verslagdoeni ning tussen gesekondeerde personeel aan die een kant en die DWW&B en OBA Bestuursraad aan die ander kant, sorgvuldig deurdink moet word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,921
Aanstelling van sekretariële personeel. Sekretariële personeel sal veral van hulp wees met die neem van notules by vergaderings van die OBA Bestuursraad en die vergaderings van die Uitvoerende Bestuurskomitee, sowel as met die voer van korrespondensie en die uitvoer van logistieke take soos die reël van vergaderings. Sekretariële personeel kan ook as skakel tussen die OBA, watergebruikers en belangegroepe dien.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,922
Deurlopende onderhandeling wat die oorplasing en sekondering van personeel betref. Hierdie aanbevelings sal weereens deur die DWW&B en die OBA Bestuursraad goedgekeur moet word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,923
Koördinering van operasionele ondersteuning aan die nuwe OBA. $ Formulering van aanbevelings oor die posbeskrywings van die eerste aanstellings en sekonderings na die OBA. $ Maak van aanbevelings vir die eerste besigheidsplan van die OBA.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,924
Die eerste aanstelling tot die OBA, ongeag dit dié van 'n HUB of 'n tegniese dienste bestuurderis, moet verkieslik 'n kantoor binne die Breede WBG (by 'n plek wat deur die OBA Bestuursraad aangewys is) betrek. Die noue samewerking tussen hierdie persoon en die DWW&B sal help om hom/haar te vergewis van die DWW&B se aktiwiteite en om operasionele uitdagings te identifiseer.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,925
Indien daar aanvanklik 'n tegniese dienste bestuurdeaangestel word, sal die aanstelling van 'n HUB waarskynlik hoogstens een jaar later gefinaliseer word. Dit sal beteken dat 'n HUB nie later as 18 maande na die stigting van die OBA Bestuursraad aangestel word nie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,926
Daar word voorgestel dat vorderings vir waterhulpbronbestuur gedurende die eerste jaar deur die DWW&B: Wes-Kaap ingevorder word. Van jaar twee af kan reëlings getref word dat die OBA hierdie verantwoordelikheid oorneem. Vorderings kan ook moontlik deur agente soos WGVs of Overberg Water ingevorder word. Na die eerste bedryfsjaar behoort die personeel van die OBA instaat te wees om die invordering van gelde te koördineer. Wanneer die OBA verantwoordelikheid aanvaar vir invordering van gelde, sal die toepaslike fondse na die DWW&B oorgeplaas word om die koste verbonde aan die departement se waterhulpbron bestuursaktiwiteite in die Breede WBG te verhaal.