document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,727
Die voorgestelde OBA behoort 'n rol te speel in die besluitneming oor die oordrag van water, in terme van die Nasionale Waterhulpbronstrategie, vanuit sy WBG. Die WBG waarheen water oorgedra word, moet 'n bydrae lewer tot die bestuurskoste van die OBA wat die water oordra, asook die nodige infrastruktuur vir die oordrag finansier. Die ekologiese gevolge van sulke oordragte moet in ag geneem word aangesien die oprigting van tussen-opvanggebied oordragskemas 'n aktiwiteit is wat in die Wet op Omgewingsbewaring gelys word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,728
Strategieë vir waterbewaring en -aanvraagbestuur moet geformuleer en geïmplementeer word. Meganismes wat waterbesparing aanmoedig behoort hierby ingesluit te word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,729
Die provinsiale regering, plaaslike owerhede en WGVs se insette is noodsaaklik vir die doeltreffende bestuur van hulpbronne.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,730
Die voorgestelde OBA sal daadwerklik moet poog om doeltreffende samewerkende bestuur ten op sigte van water-en grondgebruiksbeplanning te ontwikkel.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,731
Dit is noodsaaklik dat 'n analise van al die voorgestelde funksies, met hul verwante koste beskikbaar is. $ Die funksies van die nuwe OBA moet geleidelik in gefaseer word. $ Die voorgestelde OBA sal tegniese bestuur op 'n gevorderde vlak vereis.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,732
vaardighede insluit, sal besonder belangrik wees in die operasionele struktuur van die OBA.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,733
Die kantore en sekretariaat van die OBA moet binne die WBG gesetel wees. Dit sal werksgeleenthede in hierdie gebied skep, waar mense dikwels in posisies staan waar hulle vermoë nie benut is nie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,734
Die OBA Verwysingsgroep moet die aanvanklike funksies en personeelvereistes vir dié doel as deel van die ontwikkeling van hierdie Voorstel, identifiseer. Na die stigting van die OBA, sal die funksies en personeelvereistes in konsultasie met die DWW&B verder ondersoek word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,735
Daar bestaan 'n vraag rondom wie van die OBA, WGVs, waterrade, plaaslike owerhede of waterdienste-instellings in die toekoms vir die ontwikkeling van waterskemas verantwoordelik sal wees. Daar is beduidende meriete in om, waar moontlik, bestaande instansies en kapasiteit te benut. Die OBA behoort op die bestuur van water eerder as die ontwikkeling van infrastruktuur te konsentreer.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,736
Die rol van die OBA ten opsigte van operasionele kwessies moet uitgeklaar word, byvoorbeeld die mate waartoe die OBA by die daaglikse bestuur van infrastruktuur soos die bestuur van damme betrokke sal wees. Dit is onwaarskynlik dat die OBA direk by die bestuur van damme betrokke sal wees, maar dit sal wel oor die nodige operasionele kapasiteit moet beskik om daardie bestuursfunksies wat aan die OBA gedelegeer of toegewys word, te kan uitvoer.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,737
Meer inligting is nodig oor die omvang van waterhulpbron bestuursvorderings in die besproeiingsektor. Hierdie inligting is by die Voorstel ingesluit.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,738
Omstandighede waaronder water gratis verskaf moet word, moet uitgestippel word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,739
n Kommunikasiestrategie moet ontwikkel word om inligting oor waterhulpbron bestuursvorderings, asook wanneer vorderings uiteindelik geïmplementeer sal word, oor te dra. Die datum waarop betalings vir die eerste keer gemaak moet word, sowel as die redes daarvoor en die voordele verbonde aan die betaling van hierdie vorderings, moet deur middel van 'n doelgerigte kommunikasieveldtog bekend gemaak word. So 'n kommunikasie veldtog is uitgevoer.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,740
Vorderings ten opsigte van waterhulpbron-ontwikkeling sal slegs gebruikers wat direk by die spesifieke ontwikkeling baat, affekteer. Ontwikkelaars van nuwe infrastruktuur sal die aanvangskapitaal moet vind en toepaslike strategieë moet ontwikkel om die koste te verhaal. Die totale koste vir die ontwikkeling van water-infrastruktuur, bestuurskoste ingesluit, sal van watergebruikers verhaal moet word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,741
Boere het in die verlede self vir hulle infrastruktuur betaal.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,742
aandui dat watergebruiksvorderings nie vir die betaling van water is nie, maar wel vir die oprigting van infrastruktuur.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,743
Die DWW&B behoort 'n sosio-ekonomiese ondersoek na die potensiële invloed van verhoogde watergebruiksvorderings te loods.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,744
Meer inligting is nodig oor die voorgestelde ekonomiese vordering en tot wie se voordeel hierdie vordering aangewend sal word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,745
Overberg OBA oorgeneem word, moet die implikasies vir die befondsing van die uitroei van indringerplante, sowel as die monitering daarvan, in ag geneem word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,746
Waterprojekte gevind word. Die potensiaal van finansiële ondersteuning deur die plaaslike owerheid moet byvoorbeeld ondersoek word. 'n Verdere beskrywing van finansiële kwessies word later gegee.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,747
Die DWW&B en/of die voorstelde OBA behoort met munisipaliteite saam te werk om te verseker dat die gevolge van groot infrastruktuur-ontwikkelings in waterskaars gebiede, veral langs die kus, begryp word en dat alternatiewe waterbronne ondersoek word. Watergebruikslisensies wat deur munisipaliteite uitgereik word, behoort aan waterdienste ontwikkelingsplanne gekoppel te word en laasgenoemde moet die nodige aandag aan waterbewaring-en wateraanvraag bestuurskwessies wy.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,748
Regering gestel sal word en nie die OBA nie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,749
Die manier waarop rekeninge tans uiteengesit en gehanteer word is geweldig gebruiker-onvriendelik en veroorsaak baie negatiewe gevoelens.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,750
Verseker deurlopende kommunikasie met die breër publiek.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,751
Hierdie fase is op die aanvanklike funksies van die OBA gerig, wat waterhulpbronstrategie, institusionele koördinering, samewerkende bestuur, kommunikasie met belanghebbendes en administratiewe aktiwiteite behels.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,752
Hierdie fase is daarop gerig om verantwoordelikheid vir die verrekening en invordering van watergebruiksvorderings te neem en vereis finansiële vaardigheid, die registrasie van watergebruikers en 'n gevorderde gebruikerregister.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,753
Hierdie fase is daarop gefokus om verantwoordelikheid vir monitering-en inligtingstelsels te neem, sowel as om waterhulpbronne en die bestuur van waterhulpbronne te ouditeer. Tegniese kapasiteit ten opsigte van waterhulpbronne en inligtingstegnologie, asook organisatoriese en finansiële vaardighede om waterbestuurs-instellings te kan ouditeer, word hier vereis.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,754
Hierdie fase is daarop gefokus om verantwoordelikheid te neem vir die fisiese bestuursaktwiteite ten opsigte van waterhulpbronne, soos uiteengesit in Skedule 3 van die Nasionale Waterwet, en vereis multi-dissiplinêre tegniese vaardigheid in alle aspekte van waterhulpbronbestuur.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,755
Gedurende hierdie fase word verantwoordelikheid geneem vir die magtiging (lisensiëring, ens) en beheer van watergebruik en word spesifieke wetlik-tegniese vaardighede vereis wat ondersteun word deur die tegniese, finansiële en organisatoriese ontwikkeling en die administratiewe vordering van die ander fases.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,756
Die OBA Verwysingsgroep is van mening dat die OBA hierdie fases oor 'n tydperk van 10 jaar kan infaseer. Die eerste drie fases sal gedurende die eerste vyf jaar van die OBA se bestaan onderneem word; waar die aanvangsfase in jaar een sal begin en in jaar twee voortgesit sal word. Die finansiële fase sal waarskynlik nie voor die helfte van jaar twee bereik word nie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,757
Daar word verwag dat die implementeringsfase teen jaar vyf 'n aanvang sal neem, maar gedurende jare ses en sewe sal voortduur. Die "verantwoordelike owerheid" fase kan in realiteit nie voor jaar ses aangepak word nie. Die OBA Verwysingsgroep verwag dat hierdie fase teen jaar tien voltooiing sal bereik. Die voorgestelde OBA behoort teen daardie tyd al sy gedelegeerde en toegewysde waterhulpbron bestuursmagte en -funksies te kan verrig.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,758
Die voorgestelde institusionele ontwikkeling word meer breedvoerig in afdeling 3.3 hieronder beskryf.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,759
Daar word voorgestel dat die Breede-Overberg OBA die aanvanklike funksies, soos omskryf in Artikel 80 van die Nasionale Waterwet, reeds by die stigting daarvan begin uitvoer. Om hierdie doel te bereik, moet die verteenwoordigings (oftewel bestuurs-) strukture van die OBA in plek wees sodra die Minister die OBA formeel tot stand bring. 'n Koördinerende operasionele struktuur, wat direk met die DWW&B: Wes-Kaap skakel en aanvanklik die meeste operasionele ondersteuning sal lewer, moet in plek gestel word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,760
Die delegering en toewysing van funksies soos aangedui in hoofstuk 2 en Artikels 72 en 73 van die Nasionale Waterwet, sal waarskynlik oor 'n tydperk van tien jaar plaasvind. Die operasionele kapasiteit van die OBA sal ter voorbereiding van die voorgenome delegering of toewysing van funksies ontwikkel moet word en gebaseer word op implementeringsprogramme wat deur die voorgestelde bestuursraad van die OBA goedgekeur word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,761
Daar word voorgestel dat die Breede-Overberg OBA ten minste twee Opvanggebied Bestuurskomitees (OBKs) stig, naamlik een vir die Breederiviervallei en een vir die Overberg. Dié komitees sal as beheerliggame optree vir die doel van opvanggebied bestuursbeplanning en die implementering en monitering van hierdie bestuursplanne. Al die geïdentifiseerde watergebruiker-en belangegroepe, asook die geografiese sub-streke, behoort op hierdie OBKs verteenwoordiging te geniet. Sodoende word daar verseker dat al die relevante perspektiewe in ag geneem word wanneer eerste-orde beplanning vir elke hoof sub-streek in die Breede WBG gedoen word. Die toekomstige bestuursraad van die Breede-Overberg OBA mag versoek dat genoeg bestuursraadslede op die OBKs dien om die komitees in staat te stel om gedelegeerde magte en funksies waar te neem. Hierdie faktor kan dalk die aantal OBKs wat gestig sal word, beperk.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,762
n Afsonderlike voorlegging waarin die lidmaatskap van die toekomstige Breede-Overberg OBA Bestuursraad bespreek word, sal deur die Adviserende Komitee vir die Bestuursraad ingedien word. Hierdie Adviserende Komitee moet nog in ooreenstemming met artikel 81 en hoofstuk 9 van die Nasionale Waterwet saamgestel word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,763
en 81 van die Nasionale Waterwet). $ Twee of meer OBKs (saamgestel soos voorgeskryf in artikel 82 van die Nasionale Waterwet). $ Spesialis bestuurskomitees (saamgestel soos voorgeskryf in artikel 82 van die Nasionale Waterwet. $ Breede-Overberg Belangekomitee 'n nie-statutêre, adviserende forum. $ Watergebruiker-en belangegroepe in die Breederiviervallei en die Overberg volgens sektore en geografiese streke georganiseer: (Geografiese streke en sommige sektore kan moontlik met verloop van tyd in die vorm van watergebruikerverenigings georganiseer word, soos in hoofstuk 8 van die Nasionale Waterwet beskryf).
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,764
Die OBA Bestuursraad sal verantwoordelik wees vir al die aktiwiteite van die Breede-Overberg OBA, maardat al die liggame wat hierbo genoem is aktief aan die beplanning en monitering van die beplande OBA se aktiwiteite deelneem.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,765
Vir die doel van kosteberekening is drie moontlike benaderings tot operasionele en tegniese ondersteuning ontwikkel. Hierdie opsies is op 'n hipotetiese ontwikkelingsproses wat oor 'n tydperk van tien jaar sou plaasvind, getoets. Ander opsies, permutasies en ontwikkelingstempo's, wat nie noodwendig hier oorweeg is nie, kan op die drie opsies toegepas word. 'n Verandering in omstandighede kan die OBA motiveer om tussen opsies te skuif.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,766
Geen oorplasing van funksies sal plaasvind sonder die moontlikheid dat personeel wat spesifiek by die funksie betrokke is, oorgeplaas kan word nie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,767
Personeel van die DWW&B wat reeds daardie funksies vervul wat oorgeplaas gaan word, moet voorkeur geniet vir oorplasing na die OBA. Eksterne werwing mag slegs plaasvind nadat bestaande personeel ten volle aangewend is.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,768
Daar is heelwat praktiese probleme aan die implementering van sulke beleidsbeginsels verbonde. Die moontlike indiensneming van die DWW&B se personeel sal dus per geval deur die DWW&B en die voorgestelde OBA Bestuursraad bespreek moet word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,769
Die OBA kan sekere magte en gepaardgaande funksies aan ander waterbestuurs-instellings met bewese tegniese en administratiewe kapasiteit, soos bv WGVs, herdelegeer.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,770
Sekere nie-kern funksies kan deur middel van die inkontraktering van diensteverskaffers en tegniese spesialiste of die uitkontraktering van dienste aan bestaande organisasies sonder winsbejag uitgevoer word. In sulke gevalle doen die OBA nie van sy magte of pligte afstand nie, maar wend die OBA eksterne vaardighede en hulpbronne aan soos wat dit nodig is.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,771
Die samestelling van spesifieke gedeeltes van die opvanggebied bestuurstrategie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,772
Spesifieke take verbonde aan die implementering van die opvanggebied bestuurstrategie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,773
Die samestelling en onderhoud van 'n GIS databasis vir die WBG, gebaseer op inligting oor die status van die opvanggebied wat in gewin is ter voorbereiding van die strategiese ontwikkelsproses.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,774
Die samestelling en onderhoud van toepaslike hidrologiese modelle vir die opvanggebied en vir rivierstelsels in die WBG.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,775
Die neem van roetine stroomvloeimetings en watermonsters. Die evaluering van monsters behoort intern deur die OBA of die DWW&B gedoen te word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,776
Sekere nie-kern funksies, soos openbare deelname en deurlopende opvoeding van die publiek oor waterhulpbronbestuur, kan ook uitgekontrakteer word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,777
Potensiële uitkontraktering moet aan 'n koste-voordeel analise, wat finansiële, maatskaplike en organisatoriese kriteria in ag neem, onderwerp word om te verseker dat dit meer waarde tot die WBG toevoeg as om interne personeel aan te stel. $ 'n Aangrensende OBA, soos die Berg OBA, kan sekere funksies namens die voorgestelde Breede-Overberg OBA, sonder herdelegering van magte tussen die twee OBAs, waarneem.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,778
Verskeie kombinasies vir die aanwending van bogenoemde hulpbronne is moontlik.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,779
Die DWW&B: Wes-Kaap sal as die de facto OBA optree totdat die Breede-Overberg OBA gestig is en sal voortgaan om funksies te vervul en magte uit te oefen totdat hierdie magte en pligte amptelik aan die voorgestelde OBA gedelegeer of toegewys is. Gedurende die eerste paar bestaansjare sal die OBA die operasionele ondersteuning van die DWW&B: Wes-Kaap vir selfs sy aanvanklike funksies nodig hê. 'n Voorstel vir die sekondering van daardie personeel wat tans by die Breede WBG betrokke is vanaf die DWW&B: Wes-Kaap na die OBA, is reeds voorgelê. Gesêkondeerde personeel kan heel waarskynlik hulle bestaande aktiwiteite ten opsigte van daardie magte en funksies wat nog nie aan die OBA gedelegeer of toegewys is nie, met hul ondersteuning aan die nuwe OBA kombineer. Hoewel so 'n reëling voordelig kan lyk, sal die struktuur waarbinne verantwoording gedoen word sorgvuldig saamgestel moet word, aangesien sulke personeel streng gesproke steeds direk aan die DWW&B moet verslag doen oor magte en funksies wat nog nie oorgedra is nie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,780
Daar kan ook oorweeg word om eerder dadelik personeel oor te plaas en bykomende personeel slegs aan te stel wanneer die bestaande personeel nie meer die kapasiteit het om die toenemende delegering van funksies te hanteer nie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,781
Drie verskillende benaderings tot operasionele en tegniese ondersteuning vir jare 2, 5 en 10 word hieronder uiteengesit. Twee potensiële scenarios wat as wegspringblok vir enige van die drie benaderings gebruik kan word, word op een diagram aangedui. Hierdie benaderings tot operasionele en tegniese ondersteuning is ontwikkel om die finansiële lewensvatbaarheid van die voorgestelde Breede-Overberg OBA te bepaal.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,782
Daar is 'n verskeidenheid van organisasies en instellings, insluitende regeringsliggame, wat reeds aktief by verskillende aspekte van waterhulpbronbestuur betrokke is. Die gekompliseerde wyse waarop die funksies van hierdie instellings en organisasies met mekaar verweef is, word deur 'n tabel in Bylae 4 van Besprekingsdokument 2 geillustreer. Verwys na Bylae E van hierdie Voorstel.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,783
Die nuwe bestel vir plaaslike owerhede maak dit moontlik dat waterdienste meer rasioneel bestuur kan word, maar daar is nog onsekerheid oor die verdeling van plaaslike regeringsfunksies en toegang tot die inkomste wat deur spesifieke funksies gegenereer word. Distriks-en plaaslike munisipaliteite is nog besig om te transformeer en daar bestaan 'n mate van onsekerheid by personeel oor hul toekomstige rolle en verantwoordelikhede - en selfs oor werksversekering. Die voorgangers van die Boland, Overberg en Tuinroete/Klein Karoo Distriks-munisipaliteite was sterk instellings wat heelwat aandag aan beplanning gegee het. Daar is huidiglik nie enige aanduiding dat die nuwe distriksmunisipaliteite swakker organisasies as hulle voorgangers sal wees nie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,784
Konsepbeleid vir die Stigting van Landbouhoewes aan die Buitewyke van Dorpe in.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,785
Ruimtelike ontwikkelingsplanne word ook tans vir die meeste van die plaaslike munisipaliteite saamgestel. As gevolg van die GOP-prosedures wat in elke plaaslike en distriksmunisipaliteit gevolg word, is daar besig om 'n groeiende sinergie ten opsigte van beplanningsaktiwiteite tussen die plaaslike en provinsiale regerings in die Breede WBG te ontstaan.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,786
Besprekingsdokument 2 in Bylae E bevat meer inligting oor die spesifiekebesproeiingsrade wat by elk van hierdie WGVs ingesluit is. Die groter WGVs is besigom kapasiteit te bou wat van groot nut vir waterhulpbronbestuur in die Breede WBGkan wees. Die Sentraal-Breede WGV kan byvoorbeeld data-insameling eninvorderingsdienste lewer, asook potensieel die verantwoordelikheid vir 'nverskeidenheid bestuursaktiwiteite namens die voorgestelde OBA dra. Daar is 'naantal geografiese gebiede wat in nuttige waterhulpbron-bestuursvennote kanontwikkel, afhangende van hoe hulle oorskakeling na WGVs verloop. Voorbeeldehiervan is die Hexrivier Opvanggebied (die Hexrivier Besproeiingsraad bestaanreeds) en die Palmietrivier Opvanggebied.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,787
Overberg Water is die enigste waterraad wat in die Breede WBG werksaam is. Die aanduiding is dat hierdie waterraad die volgende dienste kan lewer: waterhulpbronbestuur, grondwaterbestuur, watersuiwering, waterverspreiding (groot-en kleinmaat), vordering van gelde (rekeninge), netwerkbestuur, netwerk-optimisering en bestuursdienste ten opsigte van waternetwerke, finansiële bestuur, menslike hulpbronne, kommunikasie en openbare betrekkinge, waterverwante konsultasie-dienste, telemetrie-dienste en aanvraagbestuursdienste.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,788
Verskeie ervare ingenieurs, landboukundiges, geohidroloë, ekoloë en omgewingskundiges is in die Breede WBG en die aangrensende Berg WBG werksaam. Heelwat van hierdie diensteverskaffers was reeds betrokke by studies wat deur die DWW&B onderneem is en waarvan die inligting as basis gedien het vir die beplanning in verskeie opvanggebiede en wat in hierdie Voorstel opgeneem is.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,789
Die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad (WKNBR) is die owerheid verantwoordelik vir die bewaring van die natuur-erfenis in die Wes-Kaap. Die doelwitte van die WKNBR is om ekologiese stelsels en prosesse te behou, genetiese diversiteit te bewaar en die potensiële invloed van ontwikkeling op die omgewing te bestuur. In die Breede WBG is die WKNBR verantwoordelik vir die bestuur van nagenoeg 252 470 hektaar staatsgrond in bergagtige opvanggebiede en ander bewaringsgebiede, asook 254 760 ha verklaarde bewaringsgebiede op privaatgrond in bergagtige opvanggebiede. Dit sluit bergagtige streke soos die Kogelberg en Riviersonderend bergreekse, sowel as dele van die Hottentots-Holland, Groot Winterhoek, Matroosberg, Witzenberg en Langeberg bergreekse in. Die primêre bestuursdoelwit in hierdie opvanggebiede is om dit as geïntegreerde stelses te bestuur wat die handhawing van biodiversiteit en ekologiese prosesse betref. Dit impliseer die handhawing van 'n dinamiese stelsel deur 'n beperking te plaas op onomkeerbare mensgemaakte veranderinge en sodoende te verseker dat soveel moontlik volhoubare, skoon en slikvrye water beskikbaar is.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,790
Die WKNBR is die vernaamste implementeringsagent van die Werk-vir-Waterprogram in die Breede WBG en bestuur sestien projekte ter waarde van nagenoeg R20 miljoen per jaar. Hierdie gebiede val beide binne en buite verklaarde bewaringsgebiede. Die WKNBR speel verder 'n belangrike rol om die algemene publiek, grondeienaars en plaaslike owerhede oor indringerplante en die beheer daarvan in te lig.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,791
Buiten die formele WKNBR-bewaringsgebiede, is daar ook ander bewaringsgebiede wat deur rolspelers in die WBG bestuur word. Dit sluit die Kogelberg Biosfeer-reservaat en die talle bewareas wat besig is om in die Overberggebied te ontstaan in.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,792
Daar is drie universiteite in die nabye omgewing van die Breede WBG, naamlik die Universiteit van die Wes-Kaap, Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Kaapstad. Hierdie universiteite beskik oor heelwat kennis wat vir verskillende beplannings-en ondersteuningsaktiwiteite aangewend kan word. Hierdie spesialiskennis is reeds tydens waterhulpbronstudies in die Breede WBG aangewend. Nasionale wetenskaplike organisasies soos die Wetenskaplike en Nywerheid Navorsingsraad (WNNR), die Landbou Navorsingsraad (LNR) en die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) het ook kantore in die omgewing van die Breede WBG en kan moontlik ondersteuning bied. Sommige van hierdie instansies het reeds aan waterhulpbronstudies in die Breede WBG deelgeneem.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,793
Die DWW&B: Wes-Kaap is herstruktureer om die toedeling van personeel aan die verskillende WBGs moontlik te maak. So is daar nou 'n personeelspan by die DWW&B: Wes-Kaap wat spesifiek aan die Breede WBG toegewys is vir die implementering van die Nasionale Waterwet en die Wet op Waterdienste.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,794
As gevolg van die groot hoeveelheid kundigheid wat reeds binne of naby die Breede WBG bestaan, behoort dit nie moeilik te wees om personeel met die geskikte kwalifikasies te werf nie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,795
Die Breede en Berg WBGs bevat ook sommige van die mees gesogte woongebiede in die land, wat 'n belangrike trekpleister kan wees wanneer die voorgestelde OBA poog om werknemers van buite die Wes-Kaap te werf.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,796
Laastens kan die Breede WBG staat maak op die kennis oor waterhulpbronbestuur wat deur 'n wye verskeidenheid van rolspelers opgedoen is na aanleiding van hul deelname aan die verskillende waterhulpbronstudies en die proses waarvolgens hierdie Voorstel ontwikkel is.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,797
Daar word voorgestel dat 'n buigsame proses vir die institusionele ontwikkeling van die OBA gevolg word. Dit beteken dat daar onderhandeling tussen deelnemende partye moet plaasvind en dat kapasiteit bepaal moet word voor die delegering of toewysing van magte en funksies na die OBA en ander waterbestuurs-instellings. Alle uitkontraktering sal aan 'n tenderproses onderwerp word sodat vermoëns bepaal kan word en deursigtige en regverdige aanstellingspraktyke gevolg word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,798
Die aanstelling van personeel is onderworpe aan die nasionale arbeidswetgewing en toekomstige wysigings daarvan. Dit sluit die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, die Wet op Arbeidsverhoudinge, die Wet op Vaardigheidsontwikkeling en die Wet op Gelyke Werksgeleenthede in. Hierdie wette het nie net die grondslag vir regverdige arbeidspraktyke gelê nie, maar spreek ook die ongelykhede van die verlede aan. Dit bied ook 'n raamwerk vir die ontwikkeling van die vaardighede en kapasiteit vir die personeel van die voorgestelde OBA.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,799
Dit is noodsaaklik dat die Bestuursraad van die Breede-Overberg OBA 'n grondwet aanvaar wat gebou is op die beginsels wat in die Handves vir Menseregte (Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet Nr. 108 van 1996) en in die Nasionale Waterwet (Wet Nr. 36 van 1998) vervat is. Hierdie grondwet sal as raamwerk dien vir deelname deur alle watergebruikers en belangegroepe om sodoende gelyke ontwikkeling te bevorder terwyl voorsorg getref word dat die omgewing en maatskaplike stelsels behoue bly.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,800
Daar sal baie noue samewerking tussen die OBA en die DWW&B: Wes-Kaap moet wees. Hierdie samewerking sal gereelde vergaderings tussen die OBA se Bestuursraadslede, personeel van die OBA en personeel van die DWW&B behels. Vergaderings kan geformaliseer word deur 'n Uitvoerende Komitee saam te stel wat uit beamptes van die DWW&B, die hoof uitvoerende beampte van die OBA en senior OBA-personeel bestaan. Een of twee lede van die OBA Bestuursraad behoort op grond van die strategiese rol wat die raad speel, ook op die Uitvoerende Komitee te dien. 'n Uitvoerende Komitee sal 'n handige forum skep vir die ontwikkeling van programme vir kapasiteitsbou en die beplanning vir die verdere uitbouing van die OBA se operasionele kapasiteit. Dit sal die OBA in staat stel om sy aanvanklike funksies beter te verrig en die OBA voorberei op die delegering of toewysing van verdere magte en funksies.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,801
Die sekondering van daardie personeel by die DWW&B: Wes-Kaap wat tans aan die Breede WBG toegewys is na die voorgestelde OBA, sal help om beter samewerking te verseker, maar daar moet sorgvuldig na die lynfunksie van hierdie personeel gekyk word, veral ten opsigte van funksies wat nog nie aan die OBA gedelegeer of toegewys is nie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,802
Wanneer aanwending van eksterne diensteverskaffers oorweeg word, sal die voorgestelde OBA moet verseker dat al die koördinerende funksies by die OBA bly.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,803
Finansiële lewensvatbaarheid n Finansiële model wat in opdrag van die Waternavorsingskommissie deur die Palmer Ontwikkelingsgroep ontwikkel is, is gebruik om die finansiële implikasies van die drie finansiële opsies, wat by die vierde vergadering van die OBA Verwysingsgroep geformuleer is, te bereken. Hierdie model is spesifiek vir die berekening van waterhulpbron bestuursvorderings ontwerp en kan na gelang van enige kombinasie van aannames en prysbeleid aangepas word. 'n Voorbeeld van die finansiële model is in Bylaag G opgeneem.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,804
Sedert die aanvanklike voorlegging van die Voorstel is die waterhulpbron bestuursvorderings, wat in 2002/03 van krag geword het, deur die DWW&B ingestel. Hierdie vorderings is by vergaderings van opvanggebied forums en watergebruikerverenigings, sowel as by die openbare vergadering oor die NWHS wat gedurende Oktober 2002 in Goudini gehou is, bespreek. Die metode waarop hierdie vorderings vasgestel is, het heelwat verskil van die wyse waarop die Palmer Ontwikkelsgroep die vorderings bereken het. Dit het tot gevolg gehad dat die wyse waarop die vorderings aanvanklik in hierdie Voorstel bereken is, aangepas moes word en dat die finansiële implikasies en finansiële lewensvatbaarheid van die OBA herbereken moes word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,805
Artikel 5 van die Nasionale Waterwet, asook die Prysstrategie vir Vorderings op Rouwater (Staatskennisgewing nr. 1353 van 12 November 1990) voorsien riglyne ten opsigte van die prysbenaderings wat gevolg moet word en beïnvloed dus sommige van die aannames wat gemaak is.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,806
Die onkoste van hidrologiese studies en monitering is nie by die model ingesluit nie. Daar word aanvaar dat die hidrologiese funksie nie na die OBA oorgedra sal word nie. Daardie gedeelte van die hidrologiese aktiwiteite se koste wat direk verband hou met die operasionele bestuur van skemas in die opvanggebiede van die Breede WBG, is tans ingesluit by die water-ontwikkelingsvorderings wat op hierdie skemas van toepassings is.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,807
Die amptelike hoeveelheid toedeelbare water wat beskikbaar is moet nog vasgestel word, met in agneming van die toepaslike vlakke vir versekering van lewering. Hierdie sal die hoeveelheid water wees wat in die berekening van die waterhulpbron bestuursvorderings gebruik word. Die mees onlangse inligting wat deur die Breederivierkomstudie (BRBS) beskikbaar gestel is, is gebruik om 'n beraming te maak van die hoeveelheid water wat beskikbaar is. Hoewel hierdie hoeveelhede aansienlik verskil van die hoeveelhede wat in die NWHS aangedui word, word dit deur die DWW&B as die mees betroubare getalle beskou. Daar is intussen 'n versoek gerig dat die NWHS se hoeveelhede aangepas moet word om die inligting wat deur die BRBS bereken is, te weerspieël. Aangesien die hoeveelheid geregistreerde watergebruik nog steeds die volume beskikbare water oorskrei, word daar aanvaar dat geen subsidie vir ontoegedeelde water deur die DWW&B aan die OBA betaalbaar sal wees nie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,808
Daar word aanvaar dat 90% van die bydrae deur die besproeiingsektor tot die Werk-vir-Waterprogram nog steeds gedurende die eerste 10 jaar van die OBA se bestaan deur die DWW&B gesubsidieer sal word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,809
Daar word aangeneem dat die huidige vlak van uitgawes aan die Werk-vir-Waterprogram in die Breede WBG dieselfde sal bly gedurende die eerste 10 jaar van die OBA se bestaan.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,810
DWW&B se beleid bepaal dat 'n WBG wat water van 'n ander WBG ontvang, die volle koste van die water wat deur daardie WBG beskikbaar gestel word, sal betaal. Die volume water wat vir die doel van besproeiïng en munisipale gebruik oorgedra word, sal as gevolg van die verskil in vorderings vir hierdie twee gebruikskategorieë, afsonderlik verreken word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,811
Nywerhede word as munisipale waterverbruikers beskou, aangesien hierdie gebruikers meestal hulle water vanaf munisipale verspreidingsnetwerke ontvang.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,812
Die finansiële model het aanvanklik afsonderlike vorderings vir onttrekking en terugvloei toegelaat. Hierdie differensiasie in vorderings sal van nut wees sodra 'n prysstrategie vir die storting van afvalwater bepaal is, asook vir die berekening van watergebruik wat nie terugvloei insluit nie (bv tussen-bekken oordragskemas).
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,813
Daar word aangeneem dat die implementering van die OBA oor 'n periode van tien jaar sal strek.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,814
Wanneer projeksies vir die toekoms gemaak word, moet daar noodwendig aannames gemaak word ten opsigte van die koers waarteen registrasie plaas sal vind, asook die koers waarteen goedgekeurde nuwe verbruik sal groei. In hierdie gevalle is die aannames genaseer op die bevindings van die BRBS. Laasgenoemde maak voorsiening vir 'n aansienlike potensiaal vir uitbreiding van watergebruik in die Breederiviervallei, selfs nadat voorsiening vir die Reserwe gemaak is. Desnieteenstaande word 'n laer groeikoers as gevolg van ekonomiese en markstoestande voorsien, asook as gevolg van die gebiede waar water beskikbaar is. Die jaarlikse groei in wateraanvraag, soos aangedui in tabel 6 hieronder, is dus op 'n konserwatiewe groei van 2% in die bespoeiïngsektor gebaseer. Die DWW&B het om hierdie rede geen beperkings op die ontwikkeling van watergebruik geplaas nie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,815
Droogte-en vloedverligting sal deur die sentrale regering beskikbaar gestel word en nie deur die OBA nie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,816
Laastens is daar, vir die doel van hierdie finansiële ondersoek, aangeneem dat die huidige koers van wateroordrag na die Berg WBG sal voortduur. Die aanname word gemaak met inbegrip van die wete dat daar heelwat onsekerheid oor die langtermyn tendense van sulke oordragooreenkomste bestaan.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,817
Munisipaal 1.0% 1.0% 1.0% 1.0% 1.0% 1.0% 1.0% 1.0% 1.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,818
Opgaring en ander ekonomiese gebruikers 2.5% 2.5% 2.5% 2.5% 2.5% 2.5% 2.5% 2.5% 2.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,819
Funksies wat onderneem word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,820
Omvang van interne personeelkorps.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,821
Omvang van in-kontraktering.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,822
Reëlings met die DWW&B wat die oordrag van funksies betref.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,823
Kostes verbonde aan Werk-vir-Water.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,824
Soos hierbo aangedui is, word daar voorsien dat die OBA al die funksies van toepassing op 'n OBA binne 'n tydperk van 10 jaar sal oorneem.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,825
Die koste-implikasies van opsie 1, die duurste opsie, is gebruik by die beoordeling van die voorgestelde Breede-Overberg OBA se finansiële lewensvatbaarheid. Indien die OBA finansiëel kan oorleef met opsie 1, sal dit ook werkbaar wees met die goedkoper opsies.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,826
Die presiese personeelkorps wat benodig sal word, asook hul vergoedingspakkette, sal deur die OBA Bestuursraad bepaal word sodra meer gedetailleerde ondersoeke gedoen is en posbeskrywings, prestasie-ooreenkomste, ens geformuleer is. Dit sal verder beïnvloed word deur die omvang van die gedelegeerde funksies en die OBA se vermoë om met ander instellings en implementeringsagente te skakel.