document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,527
Bylae A bevat nuusbriewe wat nuttige inligting verskaf het oor bestuurskwessies wat betrekking het op waterhulpbronne.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,528
Bylae B bevat 'n verslag oor die proses van openbare deelname wat in die Overberg onderneem is.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,529
Bylae C bevat 'n verslag oor proses van openbare deelname in die Breederiviervallei as deel van die Breede Rivierkom Studie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,530
Bylae E bevat al die besprekingsdokumente en voorbereidende aantekeninge wat deur die taakspan vir die vergaderings van die OBA Verwysingsgroep voorberei is.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,531
Bylae F bevat 'n tabel waarin die bestaande waterhulpbronne volgens munisipale gebiede en dorpe aangedui word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,532
Bylae G bevat 'n voorbeeld van die finansiële model waarop die finansiële lewensvatbaarheid van die OBA aanvanklik gebaseer is.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,533
Die deelname deur watergebruikers en belangegroepe was 'n sleutel-element in diesamestelling van hierdie Voorstel. Die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep wasdie vernaamste groep wat direkte deelname betref. Hierdie deelname is ondersteundeur die aktiwiteite rondom openbare deelname wat in die twee definitiewegeografiese gebiede in die Breede WBG, naamlik die Breederiviervallei (wat dieRiviersonderend opvanggebied insluit) en die Overberg (wat die hele gebied suid vandie Breederiviervallei insluit) plaasgevind het. Die kaart hierbo illustreer die verdelingvan die WBG in hierdie twee geografiese gebiede.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,534
Die volgende onderwerpe word in hierdie afdeling bespreek:$ Identifisering en mobilisering van belanghebbendes.$ Benadering wat gevolg is ten opsigte van die deelname deur belanghebbendes, kapasiteitsbou en bemagtiging. $ Verteenwoordiging. $ Opmerkings deur belanghebbendes wat die proses en hierdie Voorstel betref.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,535
Diewyse waarop belanghebbendes in die Overberg en die Breederiviervallei geidentifiseer en gemobiliseer is, word afsonderlik beskryf. Dit word gevolg deur 'n beskrywing van die proses in die Breede WBG as geheel.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,536
Deelname aan waterhulpbronbestuur het 'n relatiewe lang geskiedenis in dieOverberg. Dit het begin met die totstandkoming van die Palmiet Loodskomitee in1996. Hierdie komitee het baanbrekerswerk in die beplanning vanopvanggebiedsbestuur in Suid-Afrika gedoen en versprei sy eie nuusbrief, diePalmiet Bulletin. Sien voorbeelde ingesluit in Bylae A.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,537
Die proses om inligting oor OBAs en die breë proses wat gevolg is met diesamestelling van hierdie Voorstel om 'n OBA te stig, het gedurende Oktober 1999 'naanvang geneem. Die resultaat hiervan was 'n reeks van ses openbare vergaderingswat vanaf 10 tot 25 November 1999 gehou is. Verwys na Bylae B vir 'n meerbreedvoerige verslag oor die proses van openbare deelname in die Overberg.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,538
proses geraak word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,539
n Tweede rondte van ses openbare vergaderings is vanaf 9 Februarie tot 1 Maart 2000 gehou.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,540
Opvanggebied Loodskomitees te dien. (Een komitee in elk van die ses geografiese gebiede.) $ Verdere inligting oor die konsep van 'n OBA en die breër proses wat noodsaaklik is vir die stigting van 'n OBA.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,541
Finalisering van die verteenwoordiging deur verskillende organisasies op elke Loodskomitee.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,542
Uiteensetting van hoe belangrik dit vir elke tersiêre opvanggebied is om 'n formele liggaam, soos 'n Watergebruikervereniging, te stig.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,543
Aanmoediging om watergebruike te registreer.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,544
Voorsiening van inligting oor vorige en huidige studies oor waterhulpbronne in hule opvanggebied.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,545
Ontwikkeling van 'n struktuur vir die loodskomitees, verkiesing van voorsitters en verkiesing van afgevaardiges om elke loodskomitee op die Overberg Belangekomitee te verteenwoordig. (Verwys na afdeling 2.3 hieronder).
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,546
Die lede van die loodskomitees en alle ander belangstellendes is uitgenooi om 'n vergadering van belanghebbendes in die hele Overberg by te woon. By hierdie vergadering is die lede waaruit die Overberg Belangekomitee sou bestaan, gefinaliseer. (Sien afdeling 2.3 hieronder vir verdere inligting aangaande lede van die Overberg Belangekomitee.) Daar is ook 'n openbare vergadering in die Onrus/Klein Rivier opvanggebied gehou.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,547
Die volgende vergaderings is deur die loodskomitees gehou tot op die datum waarop die eerste weergawe van hierdie voorstel in April 2002 aan die DWW&B se hoofkantoor in Pretroia voorgelê is. Vergaderings word nog steeds in elke opvanggebied buiten die Botrivier gehou, en sal voortgaan totdat die OBA gestig is.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,548
Om ontwikkelings in elke opvanggebied te monitor.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,549
Om vraagstukke soos besoedeling, riviermondings, die uitroei van indringerplante en ander omgewingskwessies aan te spreek.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,550
Om 'n Verslag oor die Huidige Stand van die Opvanggebied vir elke opvanggebied saam te stel. 'n Generiese inhoudsopgawe hiervan word in Bylae B aangebied.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,551
Om voortgesette betrokkenheid deur belanghebbendes te verseker en spesifiek die kapasiteit van opkomende boere uit te bou. $ Om terugvoering en inligting oor die samestelling van die OBA Voorstel te verskaf.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,552
Om die kapasiteit van belanghebbendes uit te bou deur inligting oor kwessies soos waterbesparing, water-aanvraagbestuur en die beplanning van waterdienste-ontwikkelings te verskaf. $ Om bydraes te lewer ter ondersteuning van die DWW&B se Waterweek.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,553
Die eerste twee vergaderings van die Overberg Belangekomitee is voor die samestelling van die Verwysingsgroep vir die Breede-Overberg OBA gehou (verwys na afdeling 2.1.3 hieronder) en het ten doel gehad om verteenwoordiging op die Overberg Belangekomitee te finaliseer, om die verkiesing van lede tot die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep te bespreek en om lede voor te berei op die proses wat gevolg word met die samesteling van die Voorstel vir die stigting van die OBA. Verdere vergaderings is aangewend om terugvoer oor die proses te gee en om insette te bespreek.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,554
n Verdere ses openbare vergaderings, wat die finalisering van die Voorstel vooraf gegaan het, is in November 2001 gehou.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,555
Die Overberg Belangekomitee is na die eerste voorlegging van die Voorstel in April 2002 ontbind. Die meeste van die Loodskomitees het egter voortgegaan met hulle vergaderings, wat ten minste drie keer per jaar gehou word. Die name van die komitees is intussen van Loodskomitee na Opvanggebied Forum verander, om sodoende die terminologie wat in die Nasionale Waterwet gebruik word, te weerspieël.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,556
Die Palmietrivier Opvanggebied Forum konsentreer hoofsaaklik op kontroversiële ontwikkelings in die opvanggebied en verkry inligting oor die hoeveelheid water wat jaarliks vanaf die Palmietrivier na Kaapstad oorgeplaas word. Daar bestaan reeds 'n bestuurstrategie vir hierdie opvanggebied, wat geïmplementeer sal word na die stigting van die OBA.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,557
Die Botrivier Opvanggebied Forum het opgehou funksioneer, hoofsaaklik omdat 'n aantal meestersgraadstudente van Kaapstad besig is met studies oor die Botrivier en daar nie veel knelpunte met ontwikkeling in die gebied is nie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,558
Die Onrusrivier opvanggebied is dié opvanggebied in die Overberg wat die meeste waterstres ondervind. Hierdie opvanggebied forum se hoofdoel is om te verseker dat wateraanvraagbestuur deur beide die dorp, Hermanus, en boere wat water uit hierdie opvanggebied ontvang, as 'n prioriteit beskou word. Die forum oorweeg tans om 'n Watergebruikervereniging te stig om die voorsiening van water vanuit die Onrusrivier en die verskillende grondwaterbronne in die die gebied op 'n formele grondslag te bestuur.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,559
Die Kleinrivier is geïdentifiseer as 'n moontlike bron van water vir oorplasing na die opvanggebied van die Onrusrivier. Die plaaslike owerheid het om hierdie rede 'n "Verslag oor die Huidige Stand van die Kleinrivier Opvanggebied" aangevra. Hierdie verslag is deur konsultante met die entoesiastiese samewerking van die forumlede saamgestel. Die invloed wat 'n moontlike vermindering in vloei op die ekologies-sensitiewe monding van die Kleinrivier kan hê, het 'n hewige debat laat ontstaan. Hoewel die verslag aandui dat 'n dam in die bolope van die Kleinrivier, as gevolg van die topografie stroomaf, min verskil sal maak aan die hoeveelheid water wat die riviermond bereik, bly hierdie steeds 'n netelige kwessie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,560
Die Uilkraalsrivier Opvanggebied Forum het daadwerklik bygedra tot die voorsiening van water-en sanitasiedienste aan Baardskeerdersbos, 'n klein nedersetting wat op 'n plaas in die omgewing ontstaan het. Na voltooiing van hierdie taak, was die forum se fokus hoofsaaklik daarop gerig om die gebrek aan ondersteuning vanaf die DWW&B en die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad met die uitroei van indringerplante, aan te spreek.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,561
Die Overberg-Oos Opvanggebied Forum het 'n Verslag oor die Huidige Stand van die Overberg-Oos Opvanggebied saamgestel. Hierdie verslag sal terselftertyd as die Voorstel gefinaliseer word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,562
Die proses van openbare deelname in die Breederiviervallei het deel gevorm van die Studie van die Breede Rivierkom, wat in 1999 'n aanvang geneem het en teen Junie 2002 voltooi is. (Verwys na Bylae C vir 'n meer volledige verslag oor die aktiwiteite wat in die Breederiviervallei as deel van die Studie oor die Breede Rivierkom onderneem is.) Vervolgens sal die afkorting BRBS (afgelei van die Engelse benaming Breede River Basin Study) deurgaans gebruik word wanneer daar na hierdie studie verwys word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,563
Die BRBS is 'n multi-dissiplinêre studie wat onder die vaandel van die DWW&B uitgevoer is. Dit sluit die volgende elemente in: grondgebruik, waterbehoefte, wateraanvraagbestuur, oppervlakbronne, grondtipes, binnestroom vloeivereistes, vloeivereistes vir riviermondings, die ekonomie van die streek, maatskaplike elemente, grondwater, landbou-ekonomie, watergehalte, sediment, bepalings van opbrengste, ontwikkeling van waterskemas en omgewingsimpakstudies. Die BRBS is ontwerp om in twee fases plaas te vind, waar die eerste fase (Voorloperfase) die fondasie vir die tweede fase (Finale fase) sou lê. 'n Formele program van openbare deelname is ontwikkel om met die verloop van die BRBS saam te val. Dit het aan die verskillende taakspanne die geleentheid gebied om insette van die publiek te verkry en om hulle bevindings met belangstellende en betrokke partye te deel.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,564
Hierdie geleentheid om kennis oor verskeie elemente van waterhulpbronbestuur op te doen en terselfdertyd kapasiteit deur middel van deelname aan 'n studie soos die BRBS uit te bou, het verseker dat 'n nou skakeling tussen die BRBS gedurende die formuleringsprosesvan die OBA-Voorstel plaasgevind het. Hierdie skakeling het dit moontlik gemaak om die BRBS Belangekomitee as die verteenwoordigende liggaam vanuit die Breederiviervallei te benut. Lede van hierdie forum is gekies om op die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep te dien, tesame met lede van die Overberg Belangekomitee (sien Figuur 1 hieronder). Dieselfde taakspan wat verantwoordelik was vir die deelnemende aktiwiteite van die BRBS, is aangestel om die OBA-Voorstel te ontwikkel.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,565
Die eerste openbare vergadering vir die BRBS is op 8 November 1999 in Robertson gehou. Meer as 500 mense, wat gelys was op bestaande databasisse van die DWW&B, distriksmunisipaleite en konsultante, is uitgenooi om die vergadering by te woon. Die vergadering is wyd geadverteer en 1 000 eksemplare van 'n inligtingsdokument, getiteld Uitnodiging om deel te neem aan die Breede Rivierkom Studie, is voorberei en versprei. Die dokument is in Afrikaans, Engels en Xhosa beskikbaar gestel. Die doel van die eerste openbare vergadering was om die BRBS aan die publiek bekend te stel en om bykomende rolspelers te identifiseer.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,566
Die tweede openbare vergadering is op 4 Maart 2000 in Robertson gehou. Uitnodigings is aan 'n uitgebreide, opgedateerde databasis van belanghebbendes gestuur en die vergadering is weer wyd geadverteer. 'n Besprekingsdokument is ook versprei. Dié dokument het die rol van 'n BRBS Belangekomitee in die BRBS en in die samestelling van die OBA-Voorstel verduidelik. Die BRBS Belangekomitee is by hierdie openbare vergadering saamgestel. Meer inligting oor die lede van die BRBS Belangekomitee word in afdeling 2.3 hieronder gegee.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,567
Die BRBS Belangekomitee het vir die eerste keer op 13 April 2000 vergader. Die doel was om insette te lewer met betrekking tot die verkiesing van lede vir die onderskeie Tegniese Werkgroepe van die BRBS. Hierdie vergadering is ook gebruik om die verteenwoordiging op die BRBS Belangekomitee te ondersoek. Spesiale aandag is aan die verteenwoordiging van histories-benadeelde persone gegee om te verseker dat hulle perspektiewe ook aangeteken word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,568
Die BRBS Belangekomitee het weer op 5 September 2000 vergader om die resultate van die BRBS se eerste fase te bespreek. Tydens hierdie vergadering is insette verkry oor die proses wat gevolg moet word met die samestelling van die OBA-Voorstel en is lidmaatskap van die Breede-Overberg OBA-Verwysingsgroep bespreek.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,569
Hierdie vergadering is opgevolg deur ses openbare streekvergaderings binne die Breederiviervallei. Die streekvergaderings was daarop gemik om die resultate van die eerste fase van die BRBS aan die breë publiek oor te dra en om die geografiese verteenwoordiging op die BRBS Belangekomitee te verbeter.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,570
Op 21 Augustus 2001 is 'n ad hoc-vergadering van die BRBS Belangekomitee in Robertson gehou. Hierdie vergadering het plaasgevind na 'n vergadering van die Breede-Overberg OBA-Verwysingsgroep wat dieselfde oggend gehou is. Die sake wat aandag geniet het, was terugvoering oor die vordering met die OBA-Voorstel en 'n bespreking van wyses waarop die betrokkenheid en verteenwoordiging van histories-benadeelde groepe (en hul perspektiewe) by die BRBS Belangekomitee en die Breede-Overberg OBA-Verwysingsgroep verbeter kan word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,571
Die laaste twee vergaderings van die BRBS Belangekomitee het op 16 Oktober en 21 November 2001 plaasgevind - kort voor die indiening van hierdie Voorstel en die bekendstelling van die eerste konsep van die finale BRBS-verslag. Die vergadering in Oktober het gehandel oor die binnestroom vloeivereistes van die rivier en vloeivereistes by die riviermond. Die vergadering in November het gekyk na die ontwikkelingspotensiaal van waterhulpbronne en die invloed wat dit op die omgewing sal hê.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,572
Hierna is 'n reeks van ses openbare streekvergaderings en individuele ontmoetings met geselekteerde belanghebbendes gehou om hulle voor te berei vir die finale vergadering van die Breede WBG Belangekomitee (sien hieronder) waartydens die tweede konsep van die OBA-Voorstel bespreek sou word. Die individuele vergaderings het in Oktober en November 2001 plaasgevind. Tydens hierdie vergaderings het die volgende sake aandag geniet: verteenwoordiging van opkomende boere, die toerisme-sektor, plaaswerkers, besproeiingsrade, kommersiële boere, plaaslike regering, die Swellendam-/ Witsandstreek, die Robertson-/ Bonnievale-/ Ashtonstreek, die Worcester-/ De Doornsstreek en die Ceres-/ Rawsonvillestreek.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,573
Daar is beplan om die individuele ontmoetings gedurende 2002 voort te sit en sodoende te verseker dat histories-benadeelde groepe ten volle bemagtig en ingelig word en dat hul insette in aanmerking geneem word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,574
Die ses openbare streekvergaderings is in November 2001 gehou. Die individuele en streekvergaderings is gebruik om inligting oor die BRBS en die vordering met die samestelling van die OBA-Voorstel aan die publiek oor te dra. Gedurende hierdie vergaderings is 'n brosjure oor die Voorstel uitgedeel. 1 000 van hierdie brosjures, beskikbaar in Afrikaans en Engels, is tydens die streekvergaderings versprei.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,575
Die BRBS en Overberg Belangekomitees het op 15 November 2000 vir die eerste keer as die Breede WBG Belangekomitee vergader. By hierdie vergadering, wat in Worcester gehou is, is finaliteit bereik oor die proses vir die samestelling van die OBA-Voorstel. Voorlopige insette oor die waterhulpbronne in die Breede WBG en die huidige bestuursbestel, is gelewer. Hierdie komitee het 'n kleiner komitee, wat die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep genoem is, afgevaardig om die OBA-Voorstel in samewerking met die DWW&B en sy taakspan saam te stel.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,576
Hierdie vergadering het gefokus op die sleutelvraagstukke rondom waterhulpbronne wat die voorgestelde OBA die hoof sal moet bied.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,577
Hierdie vergadering het gehandel oor die huidige finansiële en logistieke bestuurskwessies wat in ag geneem moet word wanneer die institusionele en organisatoriese moontlikhede van die voorgestelde OBA bespreek word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,578
Gedurende hierdie vergadering is algemene funksionele, institusionele en organisatoriese opsies vir 'n OBA ondersoek.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,579
Tydens hierdie vergadering is daar meer spesifiek gekyk na die operasionele en tegniese ondersteuningsraamwerk wat 'n OBA sou nodig hê om sy werksaamhede uit te voer.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,580
Tydens hierdie vergadering is die finansiële implikasies van 'n aantal organisatoriese opsies vergelyk en is die raamwerk vir die eerste konsep van die Voorstel vir die Stigting van 'n OBA vir die Breede WBG voltooi.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,581
Tydens hierdie vergadering is die eerste konsep van die Voorstel bespreek. Ooreenstemming is bereik ten opsigte van die veranderings wat nodig sou wees om die tweede konsep te voltooi. 'n Voorlopige bespreking oor die samestelling van die voorgestelde OBA Bestuursraad het ook plaasgevind.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,582
Die volledige Breede WBG Belangekomitee se tweede vergadering het op 20 November 2001 in Worcester plaasgevind. Tydens hierdie vergadering is die tweede konsep van die Voorstel bespreek, asook die samestelling van die voorgestelde OBA Bestuursraad. Die bestuursraad se samestelling kon egter as gevolg van tydbeperkings nie in detail bespreek word nie en hierdie aangeleentheid sou by verdere vergaderings opgeneem word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,583
Die konsepvoorstel is gedurende 2003 aan die DWW&B hoofkantoor voorgelê, wat na bestudering versoek het dat sekere veranderings aangebring word. Die OBA Verwysingsgroep het vervolgens op 3 Desember 2003 in Robertson vergader. Gedurende hierdie vergadering is die voorgestelde veranderings bespreek. Spesifieke aandag is aan die metode waardeur die finansiële lewensvatbaarheid voorheen bereken is gegee. Die rol van die Advieskomitee is bespreek en drie lede van die Verwysingsgroep is verkies om op die Advieskomitee te dien.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,584
Twee verskillende benaderings is in die Breederiviervallei en die Overberg gevolg om betrokkenheid, kapasiteitsbou en bemagtiging te verseker. Die twee benaderings het egter tot die oorhoofse voordeel van die proses vir die samestelling van die OBA-Voorstel gestrek.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,585
In die Breederiviervallei het betrokkenheid, kapasiteitsbou en bemagtiging nou saamgeval met die vereistes van die BRBS, wat 'n omvattende ondersoek na die waterhulpbronne in die Breederiviervallei behels het.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,586
Openbare vergaderings is gebruik om die vordering met beide die BRBS en die samestelling van die OBA-Voorstel, asook 'n verskeidenheid sake wat verband hou met die implementering van die Nasionale Waterwet, te bespreek. Die vergaderings van die Belangekomitee was hoofsaaklik daarop gemik om insette ten opsigte van die volgende aspekte van die BRBS te verkry: die stigting van tegniese werkgroepe; die bevindings van die eerste fase van die BRBS; binnestroom vloeivereistes; die vloeivereiste by die riiviermond; en die ontwikkeling van waterhulpbronne en die potensiële impak daarvan op die omgewing. Notules is van alle vergaderings gehou.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,587
n Kantoor vir Openbare Deelname waar opmerkings, knelpunte en vraagstukke aangemeld kon word. Hierdie sake is na die spanleiers van die BRBS verwys aangesien hulle in die beste posisie was om daarop te reageer en terugvoering te gee. Beleidskwessies is na die DWW&B verwys. Alle interaksie met die Kantoor vir Openbare Deelname is in die BRBS se databasis aangeteken.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,588
Kontak met die algemene publiek is deur middel van persvrystellings, advertensies en aankondigings oor die radio gehandhaaf. Plaaslike media is veral benut.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,589
Voorbereiding van inligtingsdokumente.$ Verspreiding van dokumentasie oor die BRBS.$ Bespreking van inligting oor die BRBS en die vordering met die samestelling van die OBA-Voorstel by vergaderings van besproeiingsrade, watergebruiker-verenigings en plaaslike owerhede.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,590
Opvolging met belanghebbende groepe voor vergaderings. Spesifieke aandag is aan verteenwoordigers van plaaswerkers en opkomende boere gewy.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,591
Bykomende aktiwiteite is gedurende November 2002 onderneem om kapasiteitsbou en institusionele ontwikkeling te verseker. Dit is weer eens deur middel van individuele en streekvergaderings gedoen. Hierdie aktiwiteite was daarop gemik om watergebruiker-en belangegroepe voor te berei op die funksies wat die OBA sal verrig. Daar is ook gekyk na die formalisering van geografiese komitees, soos die Opvanggebied Loodskomitees wat in die Overberg gevorm is, en die lidmaatskap van sektorale komitees.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,592
Aktiwiteite wat kapasiteitsbou bevorder, soos vergaderings met individue en kleiner groepe; en die ontwikkeling en verspreiding van 'n inligtingspakket oor waterhulpbronbestuur, is gedurende 2002 voortgesit.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,593
Die proses van openbare deelname, kapasiteitsbou en bemagtiging vir die proses om hierdie Voorstel saam te stel, het voortgebou op die bestaande prosesse wat reeds gevestig was as gevolg van vorige studies deur die DWW&B in die Overberg, asook die bestuursbeplanning-inisiatief in die opvanggebied van die Palmietrivier. Vergaderings van die Opvanggebied Loodskomitees het hoofsaaklik gehandel oor die uitruil van inligting oor waterhulpbronstudies, biostreek beplanningsinisiatiewe, waterdienste ontwikkelingsbeplanning, die aktwiteite van omgewingsorganisasies en owerhede, die funksies van provinsiale staatsdepartemente en die funksies van besproeiingsrade.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,594
Verteenwoordigers van plaaslike owerhede, die provinsiale regering, DWW&B: Wes-Kaap, besproeiingsrade, omgewingsowerhede, omgewingsorganisasies en diensverskaffers wat direk by studies en sodanige aktwiteite betrokke was, het voorleggings by hierdie vergaderings gelewer.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,595
Inligtingsdokumentasie soos brosjures en verslae oor die huidige stand van die watersituasie in sub-opvanggebiede, is voorberei en versprei. Die Palmiet Bulletin, wat elke 6 maande uitgegee is, het as 'n belangrike bron van inligting vir belanghebbendes in die groter Overberg gedien. Artikels is ook in publikasies soos die Municipal Engineer geplaas.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,596
Openbare vergaderings is deur middel van advertensies in die plaaslike pers en radio aangekondig. Persvrystellings is voor en na openbare vergaderings versprei. Daar is noue kontak met die media behou om te verseker dat akkurate terugvoering oor vergaderings die breë publiek bereik. Openbare vergaderings het ook die geleentheid gebied om inligting wat op die Nasionale Waterwet betrekking het, soos die registrasie van watergebruik, te versprei.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,597
Kontak is met geïdentifiseerde belangegroepe behou en daar is gereeld met hulle geskakel om deelname aan vergaderings te verseker.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,598
n Hele aantal individuele vergaderings is met boereverenigings, wat beide opkomende en gevestigde kommersiële boere verteenwoordig, gehou, sowel as met arbeidsorganisasies en kleiner groepe histories-benadeelde persone wat lede van Opvanggebied Loodskomitees was. Laasgenoemde vergaderings is in die vorm van vraag-en-antwoordsessies aangebied en was daarop gemik om behoeftes te identifiseer en terminologie, wetsvereistes en prosedures duidelik te maak.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,599
Kapasiteitsbou-aktiwiteite, soos individuele en groepsvergaderings en die ontwikkeling en verspreiding van 'n inligtingspakket oor waterhulpbronbestuur, is gedurende 2002 voortgesit.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,600
Die sukses met openbare deelname in die Overberg kan toegeskryf word aan die feit dat die DWW&B: Wes-Kaap tot Maart 2003 die sekretariële dienste verskaf het en deurlopend finansiële steun aan die deelnemingsproses gebied het.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,601
Die aktiwiteite wat onderneem is om betrokkenheid, bemagtiging en kapasiteitsbou in die Breederiviervallei en die Overberg te verseker, het die vergaderings van die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep onderbou. Laasgenoemde vergaderings was hoofsaaklik daarop gerig om die samestelling van die Voorstel op 'n sistematiese en deelnemende wyse te bewerkstellig.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,602
Die eerste stap in die samestelling van die OBA Voorstel, was die identifisering van bestaande waterhulpbronne in die Breede WBG. Vir hierdie doeleindes is 'n besprekingsdokument as agtergrondinligting vir die eerste vergadering voorberei. (Alle besprekingsdokumente en voorbereidende aantekeninge is vervat in Bylae E.) Die eerste twee vergaderings van die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep is dus aan die identifisering van sleutelkwessies ten opsigte van waterhulpbronbestuur in die Breede WBG gewy.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,603
Die tweede stap was die bespreking van die bestaande bestuurs-en finansiële bestel in die Breede WBG. 'n Besprekingsdokument is weer eens vir die OBA Verwysingsgroep voorberei. Gedurende die tweede en derde vergaderings van die OBA Verwysingsgroep is die vernaamste bestuurs-en finansiële vraagstukke geïdentifiseer.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,604
Die derde en vierde stap in die proses wat die samestelling van die Voorstel voorafgegaan het, was daarop gerig om konsensus te verkry ten opsigte van die struktuur en die finansiering van die voorgestelde Breede-Overberg OBA. Twee besprekingsdokumente is voorgelê, waarvan die laaste op die model vir die finansiële bestuur van 'n opvanggebied (soos vir die Waternavorsingskommissie ontwikkel), gebaseer was.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,605
Hoewel beide Afrikaans en Engels tydens die vergaderings gebruik is, is daar 'n kompromie bereik dat Engels hoofsaaklik as voertaal gebruik sal word om sodoende te verhoed dat die hoofsaaklike gebruik van Afrikaans sommige deelnemers sou uitsluit. Deelnemers is egter aangemoedig om die taal van hulle keuse te gebruik, Xhosa ingesluit, en all insette is in Engels vertaal.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,606
Voor elke vergadering is uitnodigings, konsep-agendas en voorbereidende aantekeninge aan al die lede van die OBA Verwysingsgroep gestuur. Uitnodigings is telefonies opgevolg om bywoning te bevestig. Notules van vergaderings is gewoonlik as voorbereidende materiaal vir die volgende vergadering aan die lede gestuur.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,607
Die taakspanne wat vir die proses van openbare deelname in onderskeidelik die Breederiviervallei en die Overberg verantwoordelik was, het 'n bydrae tot die eerste WBG nuusbrief, die "Breede WBA", gelewer. Hierdie nuusbrief is in Afrikaans en Engels onder die vaandel van die DWW&B gepubliseer en is in Oktober 2000 vrygestel. Die volgende onderwerpe is hierin bespreek: die grense van die WBG; die definisie van 'n opvanggebied; die belangrikheid van riviermondings; aktiwiteite rondom openbare deelname in die Breederiviervallei en die Overberg; terugvoer oor die BRBS; waterhulpbronbestuur; bestuursbeplanning; en die registrasie van watergebruik. 'n Voorbeeld van die nuusbrief is in Bylae A opgeneem.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,608
Die taakspanne verantwoordelik vir openbare deelname het in Oktober 2001 'n brosjure voltooi wat 'n vereenvoudigde verduideliking van die Voorstel bevat het. Die brosjure het in Afrikaans en Engels verskyn en. afskrifte daarvan is tydens individuele en groepvergaderings wat in November 2001 met belanghebbendes gehou is, versprei. 'n Voorbeeld van hierdie brosjure is in Bylae E vervat.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,609
Die taakspanne verantwoordelik vir openbare deelname sal voortgaan om op 'n ad hoc-basis met belanghebbendes te vergader en sodoende te verseker dat knelpunte aangeteken en deelname aan waterhulpbronbestuur aangemoedig word. Die taakspanne moet ook verseker dat alle rolspelers in 'n posisie is om die finale Voorstel, ná die publikasie daarvan in die Staatskoerant, ten volle te begryp.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,610
Die DWW&B: Wes-Kaap het ook die rolspelers in die Breede WBG versoek om kommentaar te lewer op die Nasionale Waterhulpbronstrategie wat in Oktober 2002 aan die publiek bekend gestel is. Belanghebbendes sal, na die stigting van die OBA, by die ontwikkeling van die eerste formele opvanggebied bestuurstrategie vir die Breede WBG betrek word. Hierdie vlak van betrokkenheid sal belanghebbendes in staat stel om by te dra tot meer tasbare oplossings ten opsigte van probleme met waterhulpbronbestuur in hulle WBG, asook hulle kennis van die veranderende bestuursbestel vir waterhulpbronne verbeter. Spesiale pogings sal aangewend word om rolspelers vanuit histories-benadeelde gemeenskappe by die proses te betrek.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,611
Opvanggebied forums, soos wat opvanggebied loodskomitees deesdae bekend staan, is nodig om die voortgesette deelname van rolspelers te verseker, selfs nadat Opvanggebied Bestuurskomitees (OBKs) gestig is. Forumlede sal egter moet voel dat daar 'n rede is vir die voortbestaan van forums en sal dus werklike resultate wil sien.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,612
Opvanggebied forums moet dus nie net as die "oë en ore" van die OBA in die gemeenskap beskou word nie, maar behoort deurgaans oor water-verwante sake geraadpleeg, ingelig en bemagtig te word. Dit beteken dat gereelde werkwinkels oor watersake gehou moet word en dat meer aandag geskenk sal moet word om forums aktief by besluitneming te betrek. Sulke inisiatiewe sal slegs moontlik wees indien dit deur die OBA of die DWW&B geïnisieer en/of ondersteun word, soos wat in Hoofstuk 4 van die Nasionale Waterhulpbronstrategie beskryf word. Sonder bogenoemde inisiatiewe bestaan die gevaar dat forums tot niet sal gaan of slegs sal funksioneer wanneer hulle waterhulpbronne bedreig word deur bv oordragskemas, ontwikkelings, droogte ens.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,613
Doeltreffende verteenwoordiging deur rolspelers word gewoonlik deur middel van 'n proses eerder as 'n eenmalige aktiwiteit verseker. Dit is veral van toepassing in 'n land soos Suid-Afrika met sy geskiedenis van onteiening, politieke onderdrukking en ongelyke ekonomiese ontwikkeling en opleiding. Die enorme uitdaging wat Suid-Afrika in die gesig staar om alle aspekte van die samelewing te transformeer, soos beoog met die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Wet Nr. 108 van 1996), vereis dat die sienings van alle landsburgers ten opsigte van die vele elemente wat hulle lewens raak, doeltreffend aangewend word. Dit is veral 'n uitdaging om doeltreffende verteenwoordiging in nuwe instellings te verseker, aangesien dit ons geskiedenis in sy geheel in ag moet neem en heelwat eise aan mense stel wat tyd, persoonlike ontwikkeling en die ontwikkeling van instellings betref.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,614
Die proses waardeur verteenwoordiging op Opvanggebied Loodskomitees en Belangekomitees in die Breede WBG ontwikkel is, is voortgesit tot en met die beëindiging van die DWW&B se finansiële ondersteuning aan die Loodskomitees (forums) in Maart 2003. Hierdie proses was ten nouste verbind met die deurlopende bou van kapasiteit en die verspreiding van inligting. Dit het ook gesteun op die groeiende bewustheid van individuele watergebruikers en rolspelers dat hulle deel moet word van die instellings wat waterhulpbronne sal bestuur, soos wat dit deur die Nasionale Waterwet omskryf word.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,615
Die Opvanggebied Loodskomitees het oor die algemeen uit die volgende kategorieë van lede bestaan: Verwys na Bylae B vir 'n volledige beskrywing van individuele komitees.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,616
Ekotoerisme Forum). $ Gemeenskap-aksiekomitees (Sukkel om verteenwoordigers te kry) $ Belastingbetalerverenigings (Geen verdere verteenwoordiging nodig aangesien verteenwoordiging deur middel van lede op Opvanggebied Loodskomitees verseker is.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,617
Heropbou-en ontwikkelingsforum daar bestaan geen oorkoepelende forum vir die Overberg nie en 'n verteenwoordiger van die Groter Hermanus HOP-forum is uitgenooi.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,618
Kleinboere en opkomende boere verteenwoordig deur die Overbergkantoor van die Departement van Landbou: Wes-Kaap en ook deur verteenwoordigers van die gemeenskappe in Elim en Tesselaarsdal.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,619
Deurlopende kontak, bystand met vervoer (deel van vervoer en vergoeding van vervoerkoste), skakeling met gemeenskaps-en nie-regeringsorganisasies en bykomende kapasiteitsbou-aktiwiteite is ingespan om deelname van lede uit histories-benadeelde gemeenskappe aan te moedig.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,620
Die lede van die opvanggebied forums weerspieël die huidige demografiese en sosio-ekonomiese aard van die gemeenskap in die Overberg, wat hoofsaaklik 'n landelike gebied is en waar 'n lae vlak van opleiding onder veral die histories-benadeelde gemeenskappe voorkom. Daar is slegs 'n paar opkomende boere en swart entrepreneurs in die gebied wat ekonomies aktief is en wat in waterhulpbronbestuurs-kwessies belangstel. Die meeste van die histories-benadeelde persone is van mening dat waterhulpbronbestuur nie tans van groot belang vir hulle is nie. Hulle is bekommerd oor sake soos watervoorsiening en sanitasie wat direk op hul lewenskwaliteit betrekking het. Hulle het ook aangedui dat hulle gefrustreer is met die feit dat die OBA-proses meer te make het met die tegniese sy van waterhulpbronbestuur as wat dit hulle basiese behoeftes aanspreek.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,621
Die verteenwoordiging is tydens die openbare vergaderings wat in September 2000 in elkeen van hierdie gebiede gehou is, bevestig. 'n Klein ondersteuningskomitee wat informeel vergader het, is vir elk van die gebiede saamgestel om die verteenwoordigers op die BRBS Belangekomitee te ondersteun.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,622
Buiten die 6 geografiese gebiede, het die volgende watergebruiker-en belangegroepe direkte verteenwoordiging geniet: $ Plaaslike owerhede $ Besigheidsorganisasies $ Toerisme $ Omgewingsbelangegroepe $ Bosbou $ Gemeenskapsorganisasies $ Arbeid $ Die provinsiale regering $ Landbou een kommersiële en een opkomende verteenwoordiger is vir elke geografiese gebied gekies.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,623
Die lys van die BRBS Belangekomitee se lede word in Bylae C gegee.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,624
Deurlopende kontak, bystand met vervoer (deel van vervoer en vergoeding van vervoerkoste), akekling met gemeenskaps-en nie-regeringsorganisasies, asook bykomende kapasiteitsbou-aktiwiteite is ingespan om die deelname van lede uit histories-benadeelde groepe aan te moedig.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,625
Daar is verder ooreengekom dat verteenwoordigers van die volgende oorkoepelende liggame, hoofsaaklik staatsdepartemente, uitgenooi sou word om op die OBA Verwysingsgroep te dien: $ Departement van Grondsake $ Departement van Landbou: Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie.
126
BreedeCMAAug2004Afr.txt
6,626
Provinsiale Administrasie. $ Overberg Water (die enigste waterraad in die WBG).