document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
124 | Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt | 6,425 | Indien die werkgewer besluit om die werknemer te ontslaan of om die proeftydperk te verleng, moet die werkgewer die werknemer inlig oor sy of haar regte om die aangeleentheid na 'n raad met jurisdiksie of na die Kommissie te verwys. |
124 | Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt | 6,426 | Enige persoon wat 'n besluit neem oor die billikheid van 'n ontslag van 'n werknemer vir swak werkprestasie tydens of by verstryking van die proeftydperk, moet redes aanvaar vir ontslag wat moontlik minder dwingend kan wees as wat die geval sou wees by ontslag na voltooiing van die proeftydperk.''. |
124 | Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt | 6,427 | Ten einde die nakoming van 'n kollektiewe ooreenkoms wat in die bedingingsraad gesluit is, te moniteer of af te dwing, kan 'n aangewese agent sonder lasbrief of kennisgewing te eniger redelike tyd enige werkplek of enige ander plek waar 'n werkgewer sake doen of diensrekords hou wat nie 'n huis is nie, betree. |
124 | Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt | 6,428 | met die toestemming van die eienaar of okkupeerder; of indien hy ingevolge subitem deur die Arbeidshof gemagtig is om dit te doen. |
124 | Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt | 6,429 | Die Arbeidshof kan 'n magtiging in subitem (b) bedoel, uitreik slegs op skriftelike aansoek deur 'n aangewese agent wat onder eed of plegtige verklaring die redes vermeld vir die behoefte om 'n plek te betree ten einde die nakoming van 'n kollektiewe ooreenkoms wat in die bedingingsraad gesluit is, te moniteer of af te dwing. |
124 | Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt | 6,430 | Indien dit doenlik is, moet die werkgewer en 'n vakbondverteenwoordiger in kennis gestel word dat die aangewese agent teenwoordig is by 'n werkplek en van die rede vir die aangewese agent se teenwoordigheid. |
124 | Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt | 6,431 | n persoon ondervra oor enige werk wat verrig is; en enige ander voorgeskrewe werksaamheid verrig wat nodig is vir die monitering of afdwinging van die nakoming van 'n kollektiewe ooreenkoms. |
124 | Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt | 6,432 | n Aangewese agent mag vergesel word deur 'n tolk en enige ander persoon wat redelikerwys nodig is om te help met die doen van 'n inspeksie. |
124 | Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt | 6,433 | n kwitansie verskaf vir enige rekord of dokument wat ingevolge subitem (e) verwyder is; en enige verwyderde rekord, dokument of item binne 'n redelike tydperk terugbesorg. |
124 | Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt | 6,434 | Enige persoon wat ingevolge subitem deur 'n aangewese agent ondervra word, moet alle vrae wat wettig aan daardie persoon gestel is, eerlik en na sy beste vermoë beantwoord. |
124 | Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt | 6,435 | Geen antwoord deur enige persoon op 'n vraag deur 'n aangewese agent ingevolge hierdie item mag in enige strafregtelike verrigtinge, uitgesonderd verrigtinge ten opsigte van 'n klag van meineed of die a.ê van 'n vals verklaring, teen daardie persoon gebruik word nie. |
124 | Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt | 6,436 | Elke werkgewer en elke werknemer moet op 'n werkplek enige fasiliteit en bystand verskaf wat redelikerwys deur 'n aangewese agent verlang word om die aangewese agent se werksaamhede doeltreffend te verrig. |
124 | Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt | 6,437 | weier of versuim om enige vereiste van die aangewese agent ingevolge hierdie item na te kom; of die aangewese agent hinder in die verrigting van die agent se werksaamhede ingevolge hierdie item. |
124 | Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt | 6,438 | Vir die doeleindes van hierdie Bylae word 'n kollektiewe ooreenkoms geag enige basiese diensvoorwaarde in te sluit wat 'n bepaling van 'n dienskontrak ingevolge artikel 49 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes uitmaak.''. |
124 | Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt | 6,439 | Hierdie Wet heet die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge, 2002, en tree in werking op 'n datum wat die President by proklamasie in die Staatskoerant bepaal. |
124 | Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt | 6,440 | Artikel 27b van hierdie Wet tree in werking sodra die reëls uitgevaardig deur die Kommissie ingevolge artikel 1152Aj van die Hoofwet van krag word. |
124 | Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt | 6,441 | Voetnota 11 tot artikel 51 van die Hoofwet word gewysig deur in die eerste reëlna ''geskille'' in te voeg ''by subartikel bedoel''. |
124 | Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt | 6,442 | Voetnota 11 tot artikel 51 van die Hoofwet word gewysig deur in die tweede paragraaf, na die eerste ''geskille'', in te voeg ''by subartikel bedoel''. |
124 | Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt | 6,443 | Voeg voetnota 53A in by artikel 197 van die Hoofwet met die volgende teks: ''Artikel 14 (c) van die Wet op Pensioenfondse vereis dat die Registrateur tevrede moet wees dat enige skema om fondse te amalgameer of oor te dra, redelik en regverdig is, en volle erkenning gee aan die regte en redelike voordeel-verwagtinge van die persone ingevolge die fondsreëls, en vir addisionele voordele wat gevestigde praktyk is.''. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,445 | Hierdie is 'n konsep beleidskrif oor die toekenning en bestuur van kommersiële visvangregte in die stokvis langlyn vissery en word uitgereik deur die Departement van Omgewingsake en Toerisme: Tak Mariene en Kusbestuur ("die Departement") vir openbare kommentaar. Belanghebbende partye word aangeraai om hierdie konsepbeleidskrif te lees saam met die Algemene Konsep Beleid op die Toekenning en Bestuur van Langtermyn Kommersiële Visvangregte: 2005 ("die Algemene Visvangbeleid"). Belanghebbendes mag geskrewe kommentaar lewer aan die Departement tot en met 4 April 2005. Kommentaar wat gelewer word na hierdie datum, sal nie in ag geneem word nie. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,446 | Die oogmerk van hierdie beleidskrif is om die oorwegings uiteen te sit wat van toepassing sal wees by die toekenning van langtermyn kommersiële stokvis langlyn visvangregte. Baie van hierdie oorwegings bestaan reeds. Hulle is reeds in die verlede deur die Departement toegepas by die toekenning van regte en tot 'n mate weerspiëel hierdie beleidskrif daardie oorwegings. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,447 | Die bestuursbeleid rondom die tydperk na die toekenning van regte kom ook na vore in hierdie konsep beleidskrif. 'n Stokvis Langlyn Vissery Bestuur Handleiding sal saam met al die regtehouers saamgestel word gedurende 2006. Hierdie handleiding sal in fyn besonderhede die bestuursmetodologie en prosedures vir die vissery uiteensit. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,448 | Die Minister van Omgewingsake en Toerisme is van voorneme om die artikel 18 magte om kommersiële stokvis langlynregte toe te ken in terme van artikel 79 van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne ("die WLMH"), aan 'n senior beampte van die Departement te delegeer. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,449 | Wanneer dit vergelyk word met die Suid-Afrikaanse stokvistreilvangs vissery, is die stokvis langlyn vissery van redelike onlangse oorsprong. Langlynvangste het in 1982 begin. Tussen 1985 en 1990 was baie van die langlyn aktiwiteite weggelei van stokvis na koningklip ("kingklip"), aangesien laasgenoemde heelwat meer werd was. Stokvis langlynvangste is heringestel in 1994 as 'n eksperimentele vissery. Kommersiële visvangregte in terme van die WLMH is uitgereik in 1999 en 2000, maar hierdie toekennings is deur die howe tersyde gestel. Stabiliteit is verkry in 2001 met die toekenning van vierjaar kommersiële stokvis langlynregte. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,450 | Die stokvis langlyn vissery skep ongeveer 3 600 pemanente werksgeleenthede en 'n verdere 3 200 deeltydse werksgeleenthede. Meer as 90% van hierdie werksgeleenthede word gevul deur voorheen benadeelde indiwidue. Die gemiddelde jaarlikse inkomste vir bemanning is R38 500. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,451 | Die stokvis langlyn vissery is nie kapitaal intensief nie. Die stokvis langlyn vissery is toegespits op die vang van prima kwaliteit stokvis vir uitvoer na Europa en die waarde van prima kwaliteit stokvis is ongeveer 50% hoër as stokvis wat met treilnet gevang word. Die totale waarde van vis wat gevang word in die stokvis langlyn vissery word geskat in die omgewing van R 130 miljoen per jaar. Die markwaarde van vaartuie wat gebruik word in die vissery word geskat in die omgwing van R 750 miljoen. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,452 | Die Departement bestuur die stokvis langlyn vissery as deel van die kollektiewe stokvis vissery. In terme van die WLMH, word a "globale" totale toelaatbare vangs ("TTV") jaarliks vasgestel deur die Minister van Omgewingsake en Toerisme. Die langlyn en handlyn visserye deel saam 10% van die globale TTV. Die diepsee-treil stokvis vissery word 83% van die TTV toegeken en die oorblywende persentasie gaan na die kustreil stokvis vissery. Tot en met 2004 was 'n 1000 ton gereserveer vir buitelandse visserye. Hierdie toekenning sal nou gestaak word. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,453 | Die stokvis langlyn vissery vind plaas langs die Westelike en Suid-Westelike kuslyn. Die vissery word bedryf vanuit die hawens van Port Nolloth tot by Port Elizabeth. Dit vind plaas in diepwater en kuswater. Kusgebonde stokvis langlyn vangste word beperk tot 'n maksimum van 4000 vishoeke per lyn. Diepwater langlyn vangste mag slegs plaasvind op 'n diepte van meer as 110 meter en is beperk tot 'n maksimum van 20 000 vishoeke per lyn. Daar is 'n verskil tussen die soort vaartuie en die bedryfskoste in die kus-en diepsee sektore van die vissery. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,454 | Stokvisvoorrade word tans baie konserwatief bestuur. Die TTV vir stokvis is nog elke jaar sedert 2003 verminder en verdere verminderings mag dalk nodig wees. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,455 | Die prosedure vir die toekenning van medium termyn regte. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,456 | Die stokvis langlyn vissery is in 2001 geidentifiseer as ideaal geskik vir die bemagtiging van klein en medium grote ondernemings en van vissermanne uit voorheen benadeelde groepe. Gedurende 2001 en 2002 het die Departement 207 kommersiële stokvis langlynregte toegeken vir 'n vierjaar periode. Voorheen benadeelde indiwidue beheer nou 90% van die TTV en 80% van die regtehouers is klein en medium grote ondenemings. Deur hierdie toekenningsproses is die Departement se doelwitte met betrekking tot die bemagtiging van voorheen benadeelde indiwidue en die van klein-en medium grote ondernemings, bereik. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,457 | Die aanmoediging van verdere belegging in vaartuie, infrastruktuur en werksgeleenthede, in besonder deur voorheen benadeelde indiwidue. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,458 | Die ondersteuning van die ekonomiese lewensvatbaarheid en en omgewingsvolhoubaarheid van die vissery. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,459 | die feit dat stokvis hulpbronne goed bestuur word met gegewens wat betroubaar en op datum is, sal die Departement kommersiële regte toeken vir 'n periode van 15 jaar (01 Januarie 2006 tot en met 31 Desember 2020). Elke reghouer sal egter met gereelde tussenposes getoets word teen vooraf vasgestelde prestasie maatstawwe (verwys na Paragraaf 13 verder aan). |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,460 | Suid-Afrika se stokvis getalle word tans bestuur in terme van 'n konserwatiewe bestuursplan, omdat daar besorgdheid bestaan dat die huidige vlak van visvangpoging nie standhoubaar sal wees nie, weens 'n afname in vangste en toename in visvang doeltreffendheid. In die langlyn vissery het die toetrede van groot getalle nuwe deelnemers tot groot onsekerheid gelei en verder tot 'n tekort in wesentlike belegging in infrastruktuur en menslike hulpbronne. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,461 | Die Departement is van voorneme om die aantal regtehouers te verminder van die huidige 207 regtehouers en 104 vaartuie. Die vlak van transformasie in die vissery is bevredigend en 'n groot aantal KMO's is daarin werksaam. Nuwe deelnemers sal dus slegs aanvaar word in die plek van regtehouers wat swak presteer het. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,462 | Aansoeke sal gesif word volgens 'n stel "uitsluitingskriteria". Aansoeke van nuwe inkomelinge en bestaande regtehouers sal daarna afsonderlik oorweeg word in terme van 'n stel gelaaide "vergelykende balanseringskriteria". 'n Afsnypunt in terme van punte toekenning sal dan bepaal wie die suksesvolle aansoekers is. 'n Gedeelte van die TTV sal dan toegeken word aan elke suksesvolle aansoeker ooreenkomstig 'n stel "kwantumkriteria". |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,463 | Vorm van die aansoeker: Aansoeke sal slegs oorweeg word van entiteite wat ingelyf is in terme van die Wet op Beslote Korporasies, 69 van 1984 en die Maatskappyewet, 61 van 1973. Aansoeke van natuurlike persone (d.w.s indiwidue of eenmansake) en trusts sal nie oorweeg word nie. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,464 | Wetsnakoming: Aansoekers, insluitende direkteure of beherende aandeelhouers, wat gevonnis is vir 'n oortreding in terme van die WLMH (en gevonnis tot tronkstraf sonder die opsie van 'n boete) sal nie kwalifiseer vir die toekenning van stokvis langlynregte nie. Aansoekers, insluitende die direkteure of beherende aandeelhouers, wie se visvangregte al gekanselleer of herroep was in terme van die WLMH, sal ook nie stokvis langlynregte ontvang nie. Ander oortredings van die WLMH sal 'n nadelige invloed hê op die oorweging van die aansoek, soos hieronder uiteengesit sal word. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,465 | Papier kwotas: 'n papier kwota soos gedefinieer in die Algemene Beleid sal uitgesluit word. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,466 | Toegang tot 'n geskikte vaartuig: Aansoekers sal moet aantoon dat hulle toegang het tot 'n geskikte vaartuig (verwys na paragraaf 8 verder aan). |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,467 | Nie-gebruik: Regtehouers wat versuim het om hulle medium termyn kommersiële stokvis langlyn regte te gebruik tussen 2002 en 2004, sal nie weer regte ontvang nie. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,468 | Alhoewel die volgende kriteria oor die algemeen van toepassing sal wees op aansoeke van regtehouers sowel as nuwe deelnemers sal dit verskillende gewig dra by die twee groepe. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,469 | Tans word 89 persent van die regtehouers in hierdie vissery deur swart persone besit en bestuur. Hierdie regtehouers beheer gesamentlik 90 persent van die TTV en verder maak klein en medium grote ondernemings 80 persent van die regtehouers uit. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,470 | Die Departement se oogmerk in die toekenning van langtermyn visvangregte in hierdie vissery is, om die huidige vlak van transformasie te handhaaf of daarop te verbeter. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,471 | Korporatiewe sosiale belegging. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,472 | Aansoekers sal oorweeg word met inagneming van beleggings gemaak in die stokvis langlyn vissery. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,473 | Belegging in geskikte vaartuie. Met betrekking hiertoe sal belegging in die vorm van aandeelhouding oorweeg word. Aansoeke van regtehouers sal nie beloon word op grond daarvan dat aankoop-, skeepshuur-of vangsooreenkomste aangegaan is nie. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,474 | Belegging in bemarkingsinfrastruktuur. Die Departement sal aansoeke van regtehouers wat belê het in stokvis bemarkingsinisiatiewe, beloon. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,475 | Aansoeke van nuwe deelnemers sal moet aantoon of hulle in 'n vaartuig belê het, en in watter vorm. Hulle sal ook moet aantoon of hulle belê het in bemarkingsinisiatiewe en of hulle toegang het tot bemarkingsfasiliteite. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,476 | Aansoeke van regtehouers sal oorweeg word deur te kyk na hulle prestasie in die langlyn vissery en resultate getoon oor die medium-termyn regte periode. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,477 | Aansoeke van nuwe aansoekers sal oorweeg word deur te kyk of hulle die vermoë, kennis en vaardigheid het om stokvis te kan vang met die langlyn metode. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,478 | Die hoeveelheid by-vangs, spesifiek van koningklip (Genypterus capensis), wat gevang word deur deelnemers in die stokvis langlyn vissery, bly 'n bron van kommer vir die Department. Maatreëls om die by-vangs van hoë waarde vis soos koningklip te beperk is nodig, omdat dit onafwendbaar is dat hierdie spesies tot 'n mate geteiken sal word. Die huidige vlak van koningklip vangste blyk hoër te wees as standhoubare vlakke en die getalle daarvan is veral laag aan die Suidkus. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,479 | Om hierdie rede het die Departement 3 000 ton vasgestel as die maksimum toelaatbare jaarlikse by-vangs van koningklip, wat op die stokvis vissery as geheel van toepassing sal wees. Aansoeke van regtehouers sal moet aantoon watter maatreëls hulle getref het, of gaan tref, om te verseker dat hierdie beperkings op by-vangste nagekom sal kan word. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,480 | Die dompeling van vis is verbode en indien daar gevind word dat regtehouers vis dompel, kan die toekenning van regte weerhou word, of indien regte reeds toegeken is, kan die regte herroep word in terme van artikel 28 van die WLMH. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,481 | Dit is nodig dat daar belê moet word in van die kleiner Suid-Afrikaanse kusdorpe. Die Departement sal gevolglik voorkeur gee aan daardie aansoekers, veral die kleiner regtehouers, wat kies om hulle vangste aan land te bring en te laat verwerk buite die groot stedelike gebiede soos Kaapstad en Port Elizabeth. Groter stokvis langlyn regtehouers wat reeds belê het in fasiliteite in Kaapstad en Port Elizabeth, sal nie gepenaliseer word nie. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,482 | Die Departement sal gunstige oorweging skenk aan aansoeke van regtehouers wat onderneem om te belê in die kleiner vishawens soos Port Nolloth en Mosselbaai en hulle vangste daar aan land te bring. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,483 | Die stokvis langlynvissery verskaf ongeveer 6 800 werksgeleenthede. Werknemers ter see, verdien gemiddeld ongeveer R38 500 per jaar en in die algemeen heers daar billike arbeidspraktyke. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,484 | In die geval van bestaande regtehouers, sal werksgeleenthede geskep per ton vis gevang gedurende die medium termyn regstoekenningsproses, in berekening gebring word. Die Departement sal ook kyk na die loonverskille tussen die hoogs-en laagsbesoldigde werknemers. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,485 | Die Departement sal voorkeur verleen aan aansoekers wat staat maak op stokvis langlyn vangste vir 50 persent of meer van hulle bruto jaarlikse inkomste. Aansoekers of hulle beherende aandeelhouers wat enige inkomste verkry van bronne buite die visvangindustrie, sal gepenaliseer word. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,486 | Die Departement vereis dat elke regtehouer 'n heffing betaal op al die geteikende vis wat aan land gebring word. 'n Aantal regtehouers het, of nie hulle heffings betaal nie, of het vangste onderrapporteer, onder andere om die betaling van heffings vry te spring. Laasgenoemde groep sal heeltemal uitgesluit word. Die eersgenoemde groep (diegene wat glad nie heffings betaal het nie) sal gepenaliseer word in die vergelykende opwegingsproses, soos wat hieronder uiteengesit sal word. Maar in die geval van aansoeke van regtehouers wat steeds kwalifiseer vir regte, sal 'n visvangpermit nie uitgereik word nie, totdat die totale bedrag heffings betaalbaar (plus rente) aan die Departement betaal is nie. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,487 | Regtehouers, insluitende hulle direkteure en beherende aandeelhouers, wat ondersoek word vir oortredings van die WLMH, sal nie stokvis langlynregte toegeken word, totdat die uitslag van die ondersoek bekend is nie. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,488 | Geringe oortredings van die WLMH, insluitende van regulasies deur die aansoeker, sy direkteure of beherende aandeelhouers sal meebring dat die aansoeker 'n negatiewe puntetelling ontvang. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,489 | Wat aansoeke van regtehouers betref, sal die Departement die kwantum vir die 2005 seisoen as vertrekpunt neem en verder dié van regtehouers wie se aansoeke onsuksesvol was, of wat nie aansoek gedoen het nie, proporsioneel hiertoe byvoeg. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,490 | Veertig persent van die TTV sal herverdeel word op grond van punte tellings verkry, insluitende transformasie. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,491 | Suksesvolle nuwe deelnemers sal 'n basiese kwantum ontvang wat gelykstaande is aan die laagste kwota wat toegeken is vir 'n suksesvolle aansoek van 'n reghouer. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,492 | n goedgekeurde wimpellyn het "streamer" of "tori line" wat in plek moet wees wanneer ook al 'n langlyn gestel is. Die wimpellyn moet ontplooi wees reg bokant die hooflyn, met dien verstande dat as twee wimplellyne gebruik word, hulle ontplooi moet word aan beide kante van die hooflyn; en wat aangepas is om te verseker dat enige afval gedompel word aan die teenoorgestelde kant van waar die lyne ingetrek word. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,493 | Regtehouers in die stokvis langlyn vissery word nie verhoed om regte te hou in Groep A of Groep B visserye nie. Regtehouers in die stokvis langlyn vissery (insluitende hulle beherende aandeelhouers en lede van die uitvoerende bestuurspan) sal nie toegelaat word om kommersiële visvangregte in Groep C of Groep D visserye te hou nie. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,494 | Die koste van die hele regtetoekenningsproses, insluitende konsultasie, ontvangs, die evaluering van aansoeke, verifikasie, appèlle en hersienings. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,495 | Die waarde van die vis wat toegeken word gedeel oor die tydsduur van die regtetoekenning. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,496 | Die jaarlikse heffing wat betaalbaar is sal met ingang 01 Januarie 2006 hersien word na oorlegpleging met al die belanghebbendes. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,497 | Die bestuursmetodes wat hieronder uiteengesit word, weerspiëel sommige van die Departement se bedoelings vir die bestuur van die vissery in die tydperk na regte toekennings. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,498 | Die vissery sal bestuur word ooreenkomstig die ekosisteem benadering tot visserye ("EBV"). 'n Ekosisteem benadering tot vissery bestuur is 'n holistiese en geintegreerde beleid wat erkenning verleen aan die feit dat visvang en verwante land-gebaseerde aktiwiteite 'n invloed het op die breër mariene omgewing. Hierdie deel van die stokvis langlyn visvangbeleid poog nie om 'n beleidstandpunt te voorsien vir EBV in die stokvis vissery nie. Die EBV in die stokvis vissery sal in verdere besonderhede aandag geniet in die Vissery Bestuurs Handleiding vir die stokvis langlyn vissery. Suid-Afika bly steeds verbind tot die teiken datum van 2010 vir die implementering van 'n EBV in die kommersiële visserye, insluitende stokvis. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,499 | Die stokvis langlyn vissery spits hom toe op twee spesies stokvis oor 'n groot gedeelte van die kuslyn. Tans word 'n diepsee en kusgebonde komponent toegelaat om werksaam te wees aan die suidkus. Die uitgebreide gebied waarin hulle werksaam is, gepaardgaande met 'n daadwerklike afname in die vangs per pogingseenheid, het tot gevolg dat stokvis langlyners toenemend hulle gebied deel met stokvistreilers. Dit bring probleme mee. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,500 | Artikel 15 van die WLMH maak voorsiening vir die verklaring van vissery bestuursareas. Die Departement sal dit oorweeg om vissery bestuursareas verklaar om die druk wat op stokvis en koningklip getalle geplaas word te bestuur en om gebruikerskonflik tussen langlyners en treilers te verminder. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,501 | Na die afhandeling van die toekenning van die 15 jaar kommersiële visvangregte in hierdie vissery, sal die Departement die konsolidering van die aantal regtehouers wat steeds betrokke is in die vissery, fasiliteer. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,502 | Kleiner regtehouers besluit om hulle ondernemings te konsolideer. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,503 | Konsolidering van regtehouers is egter ondeworpe aan die Departement se benadering tot monopolieë. (verwys na paragraaf 11.5 hieronder). |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,504 | Daar is tans 104 stokvis langlyn vaartuie wat werksaam is in Suid-Afrikaanse waters. Met huidige gebruik voorsien die Departement dat baie regtehouers nog vaartuie sal wil aanskaf na die toekenning van langtermyn visvangregte. Die visbron is al reeds onderworpe aan onstandhoubare aanwendingsvlakke. Die Departement sal dus die kumulatiewe effek van nuwe of addisionele vaartuie in hierdie vissery versigtig bestudeer. Regtehouers sal nie toegelaat word om vaartuie aan te skaf wat tot veel groter pogings instaat is as hulle toegewysde kwantum nie. Verder sal die Departement ook met die Bydryfsliggaam van die Visvangsektor Visserye oorleg pleeg oor die toevoeging van verdere of nuwe vaartuie in die vissery. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,505 | Alhoewel die Departement die konsolidering van regtehouers in hierdie vissery sal aanmoedig, bly dit gekant teen monopolieë wat tot nadeel kan wees vir die kleiner regtehouers. Die Departement gaan nie op hierdie stadium 'n maksimum drumpelwaarde van die TTV wat een enkele reghouer oor mag beskik of beheer, vasstel nie, maar sal die situasie dophou om te verseker dat geen groter reghouer optree op 'n manier wat indruis teen billike mededingingspraktyke nie. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,506 | Die huidige treiler:langlyn TTV verhouding sal gehandhaaf word. Dit sal egter hersien word sodra verdere data beskikbaar word met betrekking tot die relatiewe impak van die treiler en langlyn metodes. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,507 | Die Departement sal formele prestasie meting onderneem vir die volle tydperk van die kommersiële visvangregte. Dit word voorsien dat die eerste stel metings sal plaasvind binne twee jaar na die toekenning van die regte en daarna elke vier jaar. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,508 | nakoming van die toepaslike wette en regulasies. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,509 | Die Departement se huidige waarnemersprogram sal uitgebrei word, om ook wetsnakoming in te sluit. Verder sal die Departement ook die waarnemersdekking in hierdie vissery toenemend vermeerder. Daar sal van regtehouers verwag word om die koste van die waarnemersprogram te dek. |
125 | B - Hake Longline Afrikaans.txt | 6,510 | Permit voorwaardes vir hierdie vissery sal jaarliks uitgereik word. Die permit voorwaardes wat van toepassing is op die vissery vir die 2005 seisoen word aangeheg as Bylae A. Belanghebbendes word genooi om kommentaar te lewer op hierdie permit voorwaardes. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,512 | Opgestel in terme van Afdeling 77 van die Nasionale Waterwet, 1998Wet Nr. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,513 | Hierdie Voorstel vir die Stigting van 'n Opvanggebied Bestuursagentskap vir die Breede Waterbestuursgebied is die eindproduk van die samesprekings wat deur die Verwysingsgroep vir die Breede Waterbestuursgebied onder leiding van die Departement van Waterwese en Bosbou: Wes-Kaap gehou is. Individue, organisasies en groepe wat aan die proses deelgeneem het, het heelwat van hul tyd afgestaan om inligting uit te ruil, om meer kennis oor geïntegreerde waterhulpbronbestuur op te doen, om 'n beter begrip te kry van die uitdagings waarvoor ander streke in die gebied te staan kom en om konsensus oor moeilike kwessies te bereik. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,514 | Net soos in elke ander waterbestuursgebied in Suid-Afrika, vereis die oorgang na die vestiging van nuwe waterbestuursinstellings - en veral die stigting van 'n opvanggebied bestuursagentskap - 'n radikale verandering in die wyse waarop watergebruikers en belangegroepe na waterhulpbronne kyk. Dit is nie net die rol van die Departement Waterwese en Bosbou wat verander nie. Watergebruikers en belangegroepe kom nou ook te staan voor nuwe uitdagings wat tyd, energie en kennis vereis. Lede van die Verwysingsgroep vir die samestelling van die Breede-Overberg Opvanggebied1 Bestuursagentskap het hierdie vraagstukke aangedurf en is verbind tot voortgesette groei en betrokkenheid, ook ná die stigting van die Opvanggebied Bestuursagentskap. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,515 | Taakspan n Taakspan wat deur die Departement van Waterwese en Bosbou aangestel is, het die Verwysingsgroepvan die Breede-Overberg Opvanggebied Bestuursagentskap gedurende die proses wat gevolg is om dievoorlegging te ontwikkel, bygestaan. Hierdie span het namens die Verwysingsgroep dokumentasiesaamgestel, vergaderings gefasiliteer en die deelname deur belanghebbendes ondersteun. Die taakspanhet onder leiding van die Departement van Waterwese en Bosbou: Wes-Kaap gefunksioneer. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,516 | Die Waterbestuursgebied staan amptelik as die "Breede" Waterbestuursgebied bekend, soos bepaal tydens die oorspronklike omskrywings van die negentien waterbestuursgebiede in Suid-Afrika. Lede van die OBA Verwysingsgroep het egter saamgestem dat "Breede-Overberg" meer beskrywend sou wees en dat dit die belangrikheid van die Overberg (wat 'n beduidende gedeelte van die gebied uitmaak) in aanmerking geneem moet word. Vir hierdie rede is daar besluit dat die Bestuuragenstkap bekend moet staan as die "Breede-Overberg" Opvanggebied Bestuursagentskap. Hierdie naam word ook deurgaans in hierdie Voorstel gebruik wanneer daar na die Bestuursagentskap, OBA Verwysingsgroep of die Belangekomitee verwys word. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,517 | TABEL 1 Waterverbruik in die Breede WBG 26TABEL 2 Potensiële toekomstige waterbehoefte ...27TABEL 3 Waterverbruiksyfers gebruik vir die finansiële model ...27TABEL 4 Vergelyking van huidige watervereistes en beskikbare hulpbronne...28TABEL 5 Moontlike OBA Funksies en Bestuursaktiwiteite volgens Bedryfsgebied ...33TABEL 6 Beraamde groei in watergebruik ...51TABEL 7 Aantal personeel vir die verskillende struktuur-opsies ...52TABEL 8 Vergoedingspakkette van Personeel ...53TABEL 9 Totale personeelkoste vir 'n ten volle funksionele OBA... |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,518 | Figuur 1 Breede Waterbestuursgebied 7Figuur 2 Bestaande struktuure wat die OBA voorstel ondersteum... 20Figuur 3 Voorgestelde proses vir die Breede-Overberg OBA OPvanggebiedsbestuur ... 36Figuur 4 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 1 ... 38Figuur 5 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 2 (Opsie 1)... 39Figuur 6 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 2 (Opsie 2)... 39Figuur 7 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 2 (Opsie 3)... 40Figuur 8 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 5 (Opsie 1)... 41Figuur 9 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 5 (Opsie 2)... 42Figuur 10 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 5 (Opsie 3) ... 43Figuur 11 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 10 (Opsie 1) ... 44Figuur 12 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 10 (Opsie 2) ... 45Figuur 13 Operasionele en tegniese ondersteuning: Jaar 10 (Opsie 3)... |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,519 | Die uitvaardiging van die Nasionale Waterwet, 1998 (Wet Nr. 36 van 1998) het 'n proses van fundamentele verandering in die wyse waarop waterhulpbronne in Suid-Afrika bestuur word, begin. Een van die belangrikste elemente van hierdie proses is die stigting van nuwe waterbestuurs-instellings wat watergebruikers en belangegroepe die geleentheid bied om deel te neem aan die bestuur van hulle waterhulpbronne. Die Opvanggebied Bestuursagentskap (OBA) is die vernaamste van hierdie instellings. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,520 | Die Nasionale Waterwet maak voorsiening vir die stigting van OBAs om die waterhulpbronne binne spesifieke waterbestuursgebiede te bestuur. Die Minister van Waterwese en Bosbou het in sy hoedanigheid as beskermheer van die land se waterhulpbronne en deur middel van die Departement van Waterwese en Bosbou (DWW&B), die land in 19 waterbestuursgebiede (WBGs) verdeel. Die Breede WBG is een van hierdie gebiede en watergebruikers en belangegroepe in die WBG het die uitdaging aanvaar om 'n Voorstel vir die Stigting van 'n Opvanggebied Bestuursagentskap vir die Breede Waterbestuurgesbied te ontwikkel. (Hierna "die Voorstel" genoem. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,521 | Die Voorstel is in terme van Artikel 77 van die Nasionale Waterwet saamgestel. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,522 | Die lewensvatbaarheid van die voorgestelde OBA wat die tegniese, finansiële en administratiewe take betref; en n Aanduiding of konsultasie gedurende die ontwikkeling van die Voorstel plaasgevind het en die uitkoms van sodanige konsultasie. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,523 | Die Voorstel is geskoei op die formaat wat deur die Hoofdirektoraat: Watergebruik en Bewaring voorgestel is. Hierdie formaat is gefinaliseer tydens 'n werkwinkel wat op 14 Mei 2001 in Pretoria gehou is. Die inhoud van die Voorstel is die resultaat van 'n reeks samesprekings wat deur die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep gehou is. Die OBA Verwysingsgroep is deur 'n taakspan, wat onder leiding van die DWW&B: Wes-Kaap gestaan het, ondersteun. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,524 | In Afdeling 2 van die Voorstel word 'n opsomming van die proses van deelname gegee. Hierdie afdeling dui aan hoe watergebruikers en belangegroepe by die ontwikkelingsproses betrek is, hoe die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep saamgestel is, hoe die proses plaasgevind het, watter kapasiteitsbou-en bemagtigingsaktiwiteite in die WBG onderneem is, watter groepe verteenwoordiging geniet en het en wat hul sienings is. Die afdeling sluit af met die kommentaar van rolspelers oor die proses van openbare deelname. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,525 | In Afdeling 3 word daar ondersoek ingestel na die lewensvatbaarheid van die voorgestelde OBA. In hierdie afdeling word die Breede Waterbestuursgebied, die voorgestelde delegering van funksies en die voorgestelde institusionele ontwikkeling beskryf. Afdeling 3 sluit ook 'n ondersoek na die organisatoriese, finansiële en maatskaplike lewensvatbaarheid en 'n opsomming van die vereistes vir 'n werkbare OBA, in. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,526 | Afdeling 4 bevat 'n implementeringsplan wat van toepassing sal wees op die stigting van die voorgestelde OBA. Dit sluit 'n beskrywing van die aktiwiteite, verantwoordelikhede, tydskedules en hulpbronne vir die eerste bestaansjaar van die OBA in. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.