document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,627 | Daar is ook besluit om die volgende liggame na die eerste vergadering van die OBAVerwysingsgroep uit te nooi, aangesien hulle insette van groot hulp kon wees om 'nholistiese beeld te vorm van die uitdagings wat die WBG ten opsigte vanwaterhulpbronbestuur in die gesig staar:$ Departement van Gesondheid: Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie.$ Nasionale Parkeraad van Suid-Afrika. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,628 | Die vergadering het saamgestem dat die OBA Verwysingsgroep moontlik mettertydsal moet uitbrei, veral om te verseker dat die belange van histories-benadeeldegroepe voldoende verteenwoordiging geniet. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,629 | Die lidmaatskap van die groep het met verloop van tyd as gevolg van verskeieomstandighede uitgebrei. Een so 'n voorbeeld is die herorganisasie van plaaslikeowerhede na afloop van die plaaslike verkiesings in November 2000. Hierdieveranderings is ook in die bywoningsregisters van die OBA Verwysingsgroep severgaderings te sien. Aangeheg aan die notules wat in Bylae D vervat is. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,630 | November 2000 by die eerste vergadering van die Breede WBG Belangeforum besluit is, ontwikkel. Die Voorstel is saamgestel na aanleiding van die besluite wat tydens die vyf vergaderings van die OBA Verwysingsgroep gedurende 2001 geneem is. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,631 | Belangeforum formeel goedgekeur. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,632 | Verwysingsgroep op 5 Desember 2003 gemaak. Die proses wat gevolg is om die OBA Voorstel saam te stel, asook die kwessie van verteenwoordiging, het spesiale aandag by die derde vergadering van die OBA Verwysingsgroep geniet. (Notule vorm deel van Bylae D.) Die volgende sleutelkwesssies is geopper: $ Aandag moet aan die verteenwoordiging deur plaaslike owerhede geskenk word, veral na afloop van die plaaslike verkiesing in November 2000. Daar is aangedui dat raadslede en munisipale beamptes uitgenooi moet word om deel te neem, wat dan ook gedoen is. $ Verteenwoordiging van histories-benadeelde gemeenskappe en hul standpunte moes deur die BRBS en die Overberg Belangekomitees hersien word. Hierdie hersiening het plaasgevind, maar was as gevolg van die landelike sosio-ekonomiese omstandighede nie heeltemal suksesvol nie. $ Plaaswerkers en munisipale werkers het deur middel van formele strukture voldoende verteenwoordig geniet. $ Logistieke probleme wat deur die verteenwoordigers van opkomende boere ondervind is, is met die DWW&B bespreek en oplossings is gevind. $ Die taakspanne verantwoordelik vir die proses van openbare deelname is gevra om lede van die OBA Verwysingsgroep behulpsaam te wees om toestemming vir afwesigheid van werk te kry indien daar probleme sou wees. Geen sulke versoeke is egter gemaak nie. $ Aangesien dit duur sou wees om al die dokumentasie wat gedurende die ontwikkeling van die Voorstel beskikbaar gestel is, behoort ten minste vertaalde opsommings beskikbaar gemaak word. $ Probleme is op verskillende vlakke van waterhulpbronbestuur geïdentifiseer, bv plaaslik, per opvanggebied en vir die hele WBG. Die OBA Verwysingsgroep kon nie al hierdie knelpunte oplos nie, aangesien sommige meer suksesvol binne Opvanggebied Forums of Belangekomitees opgelos kon word. Probleme is na die mees relevante instellings verwys. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,633 | Deelnemers het die proses wat gevolg is om die OBA Voorstel te ontwikkel gekomplimenteer en saamgestem dat hulle kennis en kapasiteit ten opsigte van waterhulpbronkwessies en openbare deelname heelwat toegeneem het. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,634 | Opkomende boere en verteenwoordigers van arbeidsorganisasies is aan inligting oor beskikbare hulpbronne blootgestel en kon 'n groter bydrae lewer tot bykomende prosesse, soos die stigting en bedryf van watergebruiker-verenigings. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,635 | Ses-en-sestig besproeiingsrade in die Breede WBG word tans na watergebruikerverenigings (met meer uitgebreide bedryfsgebiede en insluiting van alle watergebruikers) omgeskakel. Opkomende boere, plaaswerkers en plaaslike owerhede sal op die bestuurskomitees van alle watergebruiker-verenigings verteenwoordiging geniet. Die omvattende aard van die proses wat gevolg is met die samestellling van die OBA Voorstel het klem gelê op die beginsel dat alle watergebruikers, sonder aansien van die hoeveelheid water wat hulle gebruik en met spesiale verwysing na histories-benadeelde groepe, aan die bestuur van en besluitneming deur waterhulpbronbestuurs-instellings behoort deel te neem. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,636 | Lede van histories-benadeelde gemeenskappe het soms gevoel dat waterhulpbronbestuur op opvanggebiedvlak - en veral op WBG-vlak - nie vir hulle van groot belang is nie. Hierdie was veral die geval waar onmiddellike behoeftes soos watervoorsiening, sanitasie en toegang tot water watertoedeling die botoon gevoer het. Sommige belanghebbendes het hulle frustrasie uitgespreek oor hul deelname aan 'n prosess wat nie tasbare resultate lewer nie, maar eerder met tegniese kwessies soos omgewingsknelpunte, instutisionele ontwikkelling en finansiële lewensvatbaarheid te make het. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,637 | Dit is duidelik dat die twyfel by histories-benadeelde groepe oor hul aandeel in die proses slegs aangespreek kan word indien meer tyd aan die bespreking en oplossing van hulle probleme, die ontwikkeling van vaardighede en beskikbaarstelling van inligting gewy word. Dit vereis egter dat gereelde, doelgerigte vergaderings gehou word en dat die inligting wat beskikbaar gestel word, noukeurig saamgestel word. Die taakspanne vir openbare deelname het begin om sulke inligtingspakkette saam te stel wat by verdere interaksie met belanghebbendes gebruik kan word. Kapasiteitsbou is 'n deurlopende proses wat slegs suksesvol kan wees indien gereelde werkwinkels, vergaderings en ander programme aangebied word. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,638 | Sommige belanghebbendes se bywoning was ongereeld ten spyte van voorbereidende dokumentasie, persoonlike kontak kort voor die vergadering, die aanbod van hulp met vervoerkostes en werksverlof en selfs nadat hulle beloof het om vergaderings by te woon. Hierdie individue moet persoonlik verantwoordelikheid vir die nie-bywoning van vergaderings neem. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,639 | Gereelde vergaderings met belanghebbendes oor die meer onmiddellike kwessies op streek-of opvanggebiedvlak is noodsaaklik om probleme op te los en om lede voor te berei op vergaderings waar die klem op groter geografiese gebiede en stelsels rus. Meer hulpbronne behoort aan sulke vergaderings toegeken word. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,640 | Werkende deelnemers ondervind dikwels tyds-en werksdruk en kan dan nie die vergaderings bywoon nie. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,641 | Sommige deelnemers is by verskeie prosesse betrokke, insluitend plaaslike owerheid, provinsiale regering en die DWW&B, en vind dit dus moeilik om al die vergaderings waartoe hulle verbind is, by te woon. Sulke belanghebbendes verleen dikwels belangrike insigte aan elk van die prosesse en verskeie van hulle probeer om geskrewe kommentaar voor te lê indien hulle nie 'n vergadering kan bywoon nie. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,642 | Deelname aan die BRBS en aan die samestelling van die OBA Voorstel was nie altyd toereikend in die Villiersdorp-/ Riviersonderendgebied nie. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,643 | Verwarring het onder andere bestaan omdat afsonderlike funksies in die gebied geografies verskillend tussen die Overberg en die Breederiviervallei verdeel word. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,644 | ingesluit, terwyl hulle vir alle ander beplanningsaktwiteite en munisipale funksies onder die Overberg resorteer. Daar was ook kommer oor die beperkte aktwiteite wat deur die betrokke taakspan vir openbare deelname in die gebied onderneem is. Beamptes van die DWW&B het egter die vergaderings van die plaaslike besproeiingsraad en die munisipaliteit bygewoon om belanghebbendes in die gebied op hoogte van sake te hou. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,645 | Die voorgestelde Breede-Overberg OBA kan baat vind daarby om meer van elektroniese media soos video's gebruik maak om inligting te versprei, kapasiteit te bou en deelname te verbeter. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,646 | Sommige deelnemers het gevoel dat die oorheersende gebruik van Engels en die vlak van die besprekings hulle uitgesluit het. Dit het voorgekom ten spyte van die feit dat daar aan die begin van elke vergadering ooreengekom is dat beide Afrikaans en Engels gebruik sou word, met Engels as hoofvoertaal en dat deelnemers die taal van hul keuse, bv isiXhosa kon gebruik. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,647 | Die grootste probleem was waarskynlik die tegniese terminologie en konsepte wat betrekking het op waterhulpbronbestuur, eerder as die taal waarin die samesprekings gevoer is. Dit sou meer doeltreffend wees om hierdie konsepte te verduidelik (en/of te heraal) in die taal waarmee die deelnemer die gemaklikste is. Hierdie probleem beklemtoon weer eens die behoefte aan genoeg fondse om programme wat kapasiteitsbou ten doel het, bykomend tot die samestelling van die OBA Voorstel, te ontwikkel en aan te bied. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,648 | Ten spyte van 'n aantal spesifieke probleme, waarvan baie nie uniek tot die Breede WBG is nie, was deelnemers oor die algemeen tevrede met die manier waarop die samestelling van die OBA Voorstel gefasiliteer is en het hulle die finale weergawe van die Voorstel goedgekeur. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,649 | Sleutel bestuurs-en finansiële kwessies. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,650 | n Meer volledige beskrywing van die waterhulpbronne in die Breede WBG word in Besprekingsdokument 1 (Bylae E) gegee. 'n Beskrywing van die bestaande bestuurs-en finansiële bestel word in Besprekingsdokument 2 (Bylae E) gegee. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,651 | Hierdie naam gee gelyke erkenning aan al die gebiede binne die WBG en is deurgaans gebruik met die samestelling van die OBA Voorstel. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,652 | Die Groter Brandvleidam en die Theewaterskloofdam is die twee vernaamste opgaarfasiliteite in die Breederiviervallei. Die Brandvleidam is 'n buitebedding-dam wat sy water ontvang deur middel van afkeerwalle vanaf die Smalblaar-en Holslootriviere tot by 'n vlak van 207m bo seespieël gevoer word. Die dam beskik oor 'n kapasiteit van 342 miljoen m³. 'n Verdere opgaarkapasiteit van 133 miljoen m³ tot 'n maksimum van 210,5 m3 bo seespieël is beskikbaar, maar word nie tans benut nie. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,653 | Die Theewaterskloofdam het 'n kapasiteit van 480 miljoen m3 en is die hoofbron wat water aan die Riviersonderend Opvanggebied en die Riviersonderend-Berg-Eersterivier Staatswaterskema voorsien. Laasgenoemde skema is 'n tussen-opvanggebied oordragskema wat water vir huishoudelike doeleindes aan die Kaapstad Groter Metropool, wat Stellenbosch insluit, voorsien. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,654 | Bylae F bevat 'n tabel waarin waterhulpbronne volgens munisipale gebied en dorp aangedui word. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,655 | waterstelsels wat die Weskus bedien. Die dam word deur die Elands-, Du Toits-en Waterkloofriviere gevoed. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,656 | n Hele aantal plaasdamme kom in die Ceresvallei en die boonste gedeelte van die Breede Opvanggebied voor. In die nou valleie wat in die opvanggebiede van die Hexrivier en Riviersonderend voorkom, word plaasdamme gebruik om winterafloop uit bergstrome deur middel van buitebedding stuwalle op te dam. In die breë, plat, middelste gedeelte van die Breederiviervallei word plaasdamme gebruik om water op te gaar. Water word deur 'n uitgebreide stelsel van kanale en pompskemas uit die Brandvleidam geneem. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,657 | Die enigste noemenswaardige dam wat sedert 1995 opgerig is, is die nuwe Ceresdam in die Koekedouwrvier, nét stroomop van Ceres. Hierdie dam voorsien bykomende water aan die dorp en bestaande en nuwe besproeiingsboere. Die Ceresdam het 'n kapasiteit van 17 miljoen m3, in teenstelling met die vorige dam wat 'n kapasiteit van slegs 0,35 miljoen m3 gehad het. Heelwat opkomende boere kon deur middel van hierdie skema water ontvang. Hulle kapitale bydrae tot die bou van die dam is deur die DWW&B gesubsidieer. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,658 | Al die dorpe in die gebied kry hul water uit oppervlakbronne in sytakke van die Breederivier. Ceres (Ceresdam), Worcester (Stettynskloof-en Fairy Glendam), De Doorns (Roode-Elsbergdam) en Swellendam (Grootkloofdam) is die groter dorpe wat met water vanuit damme voorsien word. Die meeste van hierdie damme verskaf ook water vir besproeiingslandbou aan die omliggende gebiede. Dorpe in die Laer-Breederivier Opvanggebied, soos Ashton en Bonnievale, kry ook hul water uit oppervlakbronne. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,659 | In teenstelling met die Breederiviervallei en die Westelike Overberg, is dorpe en plase in die Oostelike Overberg hoofsaaklik afhanklik van grondwater om in hul waterbehoeftes te voorsien. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,660 | Die vernaamste voorsieningskemas van oppervlakwater is die Rûensveld-Wes en Rûensveld-Oos skemas. Hierdie skemas voorsien water uit die Riviersonderend aan die landelike gebiede vanaf Caledon in die weste (die dorpsgebied ingesluit) tot plase en gemeenskappe in die omgewing van Napier en Bredasdorp in die suide en so ver wes as gemeenskappe woonagtig in die laer lope van die Breederivier. Die plaaslike waterraad, Overberg Water, bedryf hierdie skemas. Die water word by die bron behandel en word deur middel van 'n hoofpyplyn (een vir elke skema) voorsien, waarna dit in kleiner verspreidingsnetwerke vertak. Die Rûensveld-Oos en Rûensveld-Wes netwerke is nie met mekaar verbind nie, hoewel die hooflyne na mekaar toe loop. Albei hierdie skemas funksioneer tans teen (of naby aan) hulle volle ontwerpkapasiteit. Daar word tans oorweeg om die skemas op te gradeer om aan die toenemende landelike behoeftes te voldoen en om bykomende water aan kusdorpe soos Waenhuiskrans te voorsien. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,661 | Dorpe in die oostelike Overberg verkry hul water hoofsaaklik vanaf grondwaterbronne met die uitsondering van Waenhuiskrans (Arniston) wat 65% van sy voorraad uit die Rûensveld-Oos skema ontvang en Bredasdorp, in 'n mindere mate, wat nagenoeg 27% van sy voorraad uit die nuwe Klein Sanddriftdam ontvang. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,662 | Waenhuiskrans ondervind tans watertekorte en daar is aanduidings dat Bredasdorp, Napier en Elim in die nabye toekoms bykomende water nodig sal hê. Waenhuiskrans ontvang kry ook water van Denel gedurende piekseisoen. Hoewel daar heelwat water van plaaslike boorgate beskikbaar is, is die water besonder brak. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,663 | Nagenoeg 85% van die totale watervoorraad wat aan dorpe en gemeenskappe in die westelike Overberg voorsien word, is van konvensionele oppervlakbronne afkomstig. Die meeste hiervan kom in Grabouw (Palmietrivier), Hermanus (De Bosdam in die Onrusrivier) en in die Hangklip-Kleinmondgebied (Palmiet-en Buffelsriviere) voor. Die Stanford dorpsgebied is geheel en al van 'n fontein vir hulle watervoorraad afhanklik. Gansbaai maak hoofsaaklik op grondwater en 'n toedeling uit die Kraaiboschdam (Uilkraalsrivier) staat. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,664 | Ten spyte van die aansienlike waterbesparings wat deur die implementering van wateraanvraag bestuurstrategieë in Hermanus bereik is, asook die onlangse aanvulling van grondwater uit die Hermanus akwifeer, word daar steeds verwag dat die wateraanvraag in dié omgewing die beskikbare watervoorraad mettertyd sal oorskrei. Watervoorsiening aan Pearly Beach (Gansbaai) en Stanford sal ook binne die volgende tien jaar aangevul moet word. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,665 | Die volgende ontwikkeling van waterhulpbronne is gedurende die laaste vyf jaar voltooi: $ Die Kraaiboschdam is in die Uilkraalsrivier gebou. Dit bedien tans plaaslike besproeiingsboere en die dorpsgebiede van Gansbaai, Franskraal en Kleinbaai. Die moontlikheid bestaan dat Pearly Beach se watervoorsiening ook hiervandaan aangevul kan word. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,666 | Hermanus se watervoorraad is deur twee boorgate aangevul. $ Die Eikenhofdam in die Palmietrivier se wal is deur middel van sluise verhoog om die kapasiteit met ongeveer 5 miljoen m3 na 30 miljoen m3 te verhoog. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,667 | Die Palmiet pomp-opgaarskema, wat water vanaf die Kogelbergdam via die Rockviewdam na die Steenbrasdam oordra, is in 1998 geïmplementeer. Die oordrag is beperk tot 'n gemiddeld van 22 miljoen m3 water per jaar, soos deur die binnestroom vloeivereistes bepaal word. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,668 | n Aantal kleiner plaasdamme is ook in die opvanggebied van die Palmietrivier gebou. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,669 | n Paar plaasdamme is in die opvanggebied van die Botrivier gebou. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,670 | Enkele plaasdamme is in die opvanggebied van die Kleinrivier gebou. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,671 | Indringerplante het 'n beduidende invloed op die watervoorraad in die Breede WBG. Volgens Tabel 1 hieronder, was indringerplante in 1995 verantwoordelik vir 14% van die totale volume water wat in die Breede-Overberg gebruik is, oordragte na die Berg WBG ingesluit. Indringerplante was die tweede grootste waterverbruiker in die Breede WBG en het meer water as die stedelike en landelike gebiede en bosbou saam gebruik. Die impak van indringerplante is veral ernstig in die Overberg. In die oostelike Overberg word 'n groot persentasie van die beskikbare water deur indringerplante verbruik, tewyl ongeveer 35% van die water in die westelike Overberg deur indringerplante opgeneem word - byna net soveel as wat die besproeiingsektor gebruik. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,672 | Bykomend tot die invloed wat indringerplante op die watervoorraad het, en die gevolglike ekonomiese en maatskaplike nadele, word indringerplante ook met 'n verlies aan bio-diversiteit, landbou-potensiaal a.g.v. 'n beperkte beskikbaarheid van water, verhoogde brandgevaar en meegaande gronderosie vereenselwig. Die verlies aan natuurlike plantegroei soos fynbos, die agteruitgang van die natuurlike landskap, en die nadele wat dit vir die toerismebedryf inhou, moet ook in ag geneem word. Die Agulhasvlakte in die oostelike Overberg word as een van die wêreld se ses blomkoninkryke beskou. Die behoud daarvan word egter ernstig deur die groeiende infestering deur indringerplante bedreig. In 1999 is die Agulhas Nasionale Park geproklameer om die ekologies sensitiewe dele van hierdie gebied te beskerm. Die Nasionale Parkeraad van Suid-Afrika speel 'n leidende rol in die uitroei van indringerplante op grond wat aan die nasionale park behoort of daaraan gekontrakteer is. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,673 | Die Werk-vir-Waterprojekte, befonds deur die DWW&B, wat in die Breede WBG onderneem word, is daarop gemik om die voorkoms van indringerplante te verminder en terselftertyd tot werkskepping en die ontwikkeling van vaardighede by te dra. Die meeste indringerplante word op openbare grond uitgeroei, maar privaat grondeienaars in gebiede wat waterstres ondervind (soos in die Onrusrivier opvanggebied) trek ook voordeel uit die Werk-vir-Waterprojekte. Die feit dat sommige opvanggebiede in die Overberg nie hierdie tipe befondsing en bystand ontvang nie, veroorsaak heelwat ontevredenheid by die opvanggebied forums. Die Uilkraalsrivier Opvanggebied is 'n tipiese voorbeeld hiervan. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,674 | Die herprioritisering van Werk-vir-Waterprojekte wat aan die begin van 2003 plaasgevind het, het verdere misnoeë veroorsaak. Die besluit om slegs nuwe projekte in die opvanggebied van die Onrusrivier (waar privaat grondeienaars geen finansiële bydrae tot die projek maak nie) te befonds, het baie teenstand gekry - veral in die Kleinrivier opvanggebied waar grondeienaars in die verlede tot 50% van die koste vir die uitroei van indringerplante gedra het. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,675 | Landbou is die belangrikste waterverbruiker in die opvanggebiede van die Breede-, Riviersonderend-en Palmietrivier. Al hierdie opvanggebiede het in die afgelope jare 'n afname in die hoeveelheid beskikbare water ondervind. Daar kom 'n beperkte hoeveelheid besproeiing in die kusgebied van die Overberg voor - hoofsaaklik in die opvanggebiede van die Bot-, Onrus-, Klein-en Uilkraalsriviere. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,676 | Water in die meeste kusdorpe is besig om al skaarser te word. Die bestaande statestieke oor huidige waterverbruik is nie volledig nie, maar die inligting wat wel beskikbaar is word in Tabel 1 hieronder aangedui: DWW&B 1995, tensy anders aangedui. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,677 | Die potensiële behoefte aan water vir 2030, nadat verskeie faktore in aanmerking geneem is, word in Besprekingsdokument 1 weergegee en in Tabel 2 gelys. Hierdie wateraanvraag is op die bevindings van die BRBS gebaseer. Die inligting in tabel 2 is meer resent as die getalle wat tans in die Nasionale Waterhulpbron Strategie (NWHS) vervat is en sal inderdaad gebruik word om die inligting in die NWHS mee op te dateer. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,678 | Moontlike toekomstige toename in oordragte uit die Breede WBG is nie in aanmerking geneem nie. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,679 | Die meer onlangse (BRBS) beraming van die hoeveelheid water wat in die Breede WBG verbruik word, is gebruik om die finansiële lewensvatbaarheid (verwys na afdeling 3.5) van die OBA te ondersoek. Hierdie syfers word in Tabel 3 weergegee en hierdie syfers (en nie dié van Tabel 1 nie) word gebruik en is verdeel in geregistreerde verbruik, ongeregistreerde verbruik en onregistreerbare verbruik (geskatte syfers). |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,680 | Huidige oordragte uit die Breede WBG is vir die doel van die finansiële analise op 224 miljoen m3/jaar geskat. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,681 | Tabel 4 hieronder dui 'n eerste-orde vergelyking tussen huidige waterverbruik en ekologiese vloeivereistes aan die een kant en die waterhulpbronne in die Breede WBG aan die ander kant (soos in Besprekingsdokument 1 opgeneem) aan. Daar moet kennis geneem word dat die vergelyking nie 'n ware waterbalans aandui nie, aangesien 'n groot gedeelte van die onontwikkelde waterhulpbronne wat in die laaste kolom aangedui word, nie ekonomies ontwikkel kan word nie. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,682 | Daar is baie potensiaal vir die verdere ontwikkeling van oppervlakbronne in die Bo-Breederivier en tot 'n mindere mate in die Riviersonderend. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,683 | Die oppervlakbronne in die oostelike Overberg vergelyk oor die algemeen swak met dié van die Breede WBG. Dit word weerspieël in die mate waartoe dorpe en plaasgemeenskappe in die Overberg-Oos afhanklik is van die oordrag van water vanaf die Riviersonderend as aanvulling tot bestaande grondwaterbronne. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,684 | Buiten die Palmietrivier, word die waterhulpbronne in die westelike Overberg hoofsaaklik ten volle aangewend. 'n Aantal akwifere wat ontwikkel kan word, is in die gebied geïdentifiseer. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,685 | Die volgende lys van sleutelkwessies is gedurende die loop van die eerste twee vergaderings van die OBA Verwysingsgroep saamgestel. Enkele byvoegings is gedurende die derde vergadering gedoen. Die eerste weergawe van dié lys is saamgestel na bespreking van die inligting in Besprekingsdokument 1. Bykomende kwessies wat tydens die openbare vergadering oor die voorgestelde Nasionale Waterhulpbronstrategie op 3 Oktober 2002 en die vergadering van die OBA Verwysingsgroep gedurende Desember 2003 geopper is, is ook in hierdie Voorstel opgeneem. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,686 | Meer omvattende Reserwebepalings moet vir elke rivierloop, asook die vleilande in die WBG gemaak word, maar veral in die Overberg. Die invloed wat hierdie Reserwes op die hoeveelheid water wat vir ekonomiese gebruik beskikbaar is sal hê, behoort in ag geneem te word. Die behoeftes van die omgewing moet dus nie as bykomend beskou word nie. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,687 | Verdere aandag moet aan die stigting van biosfeer-reservate geskenk word, aangesien die omgewing 'n bate is wat onderhou moet word. $ Geen nuwe landbou-aktiwiteite wat met vleilande of riviere sal inmeng behoort toegelaat te word nie. $ Die beskikbaarheid en gehalte van inligting oor grondgebruik verskil van gebied tot gebied in die Breede WBG. Nuwe behuisingskemas en dorpsuitbreidings, sowel as leë erwe wat nog ontwikkel moet word, moet in ag geneem word by die beplanning van waterhulpbronne. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,688 | Boland Distriksmunisipaliteite se gebiede gedoen word, moet ooreenstem. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,689 | Impact Assessments vir voorgestelde ontwikkkelings langs die kus moet ook ondersoek instel na die invloed wat hierdie ontwikkelings op bestaande waterhulpbronne sal hê. Veranderings in grondgebruikspraktyke moet by waterhulpbronbeplanning in ag geneem word en moet ook aan EIAs onderwerp word.. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,690 | Daar is 'n behoefte aan inligting oor die totale beskikbaarheid van grondwaterbronne in die Breede WBG, asook aan die deurlopende monitering van hierdie hulpbronne. Aandag moet aan die ontsouting van grondwater geskenk word. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,691 | In verskeie dele van die Breede WBG, veral die laer rivierlope, kan die byvoeging van fluoried tot oormatige fluoriedladings in die water lei. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,692 | Daar is 'n ernstige behoefte aan wateraanvraagbestuur in die landelike en dorpsgebiede. Die gebruik van brakwater vir riool en die hergebruik van grys en swartwater behoort ondersoek te word. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,693 | Industriële groei word in die streek benodig en sal ook 'n invloed op waterhulpbronne in die Breede WBG hê. Die invloed wat ekonomiese diversifisering op toerisme en eko-toerisme sal hê, moet aandag geniet. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,694 | Die implementering van vorderings vir waterhulpbronbestuur en die afskaffing van subsidies vir infrastruktuur, sal lei tot 'n verhoging in die koste van water vir die landbousektor. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,695 | Die huidige en toekomstige ontwikkeling van kleinboere moet in ag geneem word wanneer waterhulpbronbeplanning gedoen word. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,696 | Breede WBG uitgebrei word. Inligting oor die implementering van en vordering met Werk-vir-Water projekte, sowel as oor die soort indringerplante wat 'n probleem in die gebied is, moet meer doeltreffend gekommunikeer word. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,697 | Werk-vir-Water Bestuurskomitee verteenwoordiging geniet. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,698 | Aanvullende bronne van befondsing moet vir die Werk-vir-Water projekte gevind word bv deur potensiële finansiële ondersteuning van plaaslike owerhede - soos wat inderwaarheid deur die Overstrand Munisipaliteit gedoen word - te ondersoek. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,699 | Meer duidelikheid moet verkry word oor die huidige en moontlike toekomstige wateroordragte uit die opvanggebied. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,700 | voor. Teoretiese studies is nie voldoende om die Ekologiese Reserwe van hierdie riviermondings te bepaal nie. Aanvanklike Reserwebepalings moet ten minste uitgevoer word. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,701 | Die prosessering van aansoeke vir watergebruikslisensies moet vinniger geskied. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,702 | versekering van lewering vereis. Meer water kan dus aan die landbousektor beskikbaar gestel word. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,703 | Waterhulpbronstrategie geskep het, naamlik dat water maklik van die landbousektor weggeneem kan word. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,704 | Die water in die middel en laer lope van die Breederivier is besig om al hoe meer te verbrak. Meer inligting en oplossings is nodig. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,705 | Daar sal waarskynlik meer water in die medium tot langtermyn na die Groter Kaapstad Metropool oorgedra moet word. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,706 | Dit is noodsaaklik dat die uitroei van indringerplante in die Rviersonderend-en die Laer Breederivier deurlopend voortgesit word. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,707 | Montagu het ook aandag nodig. Die Keisies-en Kingnariviere droog gedurende sekere dele van die jaar feitlik heeltemal op. $ Die watervereistes van riviermondings sal die potensiële opbrengs van nuwe waterhulpbronne in die Riviersonderend en Laer Breederivier beperk. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,708 | Die ekologiese funksionering van verskeie riviere in die vallei sal gerehabiliteer moet word om aan die minimum aanvaarbare vereistes te voldoen. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,709 | Grondwaterbronne in die Hexrivier word nie doeltreffend bestuur nie. $ Meer inligting moet oor die Koo-, Montagu-en Barrydalegebiede ingesamel word. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,710 | Die wyse waarop natuurlike vloede plaasvind, is deur die konstruksie van die Theewaterskloofdam en verskeie keerwalle in die stelsel beïnvloed. Daar moet stappe geneem word om te verseker dat gereelde vloede op 'n seisoenale basis plaasvind. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,711 | Oppervlakbronne is beperk. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,712 | Watertekorte word in vinnig-ontwikkelende kusdorpe ondervind. Die waterhulpbronne in die omgewing van sekere dorpe word onder geweldige druk geplaas. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,713 | Die landelike watervoorsieningskemas in die Rûensveld word teen of na aan hulle ontwerpkapasiteit benut. $ Ernstige infestering deur indringerplante kom in die die opvanggebiede van die Nuwejaars-, Heuningnes-, Sout-en Karsrivier voor. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,714 | Die Zoetendalsvlei en die Heuningnes riviermonding word aan toenemende druk blootgestel as gevolg van swak bestuurspraktyke hoër op in die opvanggebied, veral as gevolg van die gebrek aan fondse vir die uitroei van indringerplante. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,715 | Daar is ruimte vir die verdere ontwikkeling van grondwaterbronne, wat metwetenskaplike bestuurs-en moniteringsprogramme sal moet saamval.$ Die moontlikheid om water vir veesuiping en besproeiing vanuit die Kleinrivier na die oostelike Overberg oor te dra, moet ondersoek te word. $ Reserwe bepalings is dringend nodig om die ekologies sensitiewe riviermondings en vleie te bewaar. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,716 | Die oppervlakbronne in die gebied is met uitsondering van die Palmietrivier reeds grootliks ontwikkel. Wateroordragte uit die opvanggebied van die Palmietrivier vereis aandag. Wateroordragte van die Kleinrivier vir veesuiping en besproeiing in die Tesselaarsdalvallei moet ondersoek word. 'n Verslag oor die Tesselaarsdalvallei, getiteld Beskrywing van die Tesselaarsdalvallei in die Suid-Wes Kaap, Republiek van Suid-Afrika; met spesiale verwysing na landbou en watervoorsiening, is by die notule van die Breede WBG Belangekomitee se tweede vergadering aangeheg. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,717 | Wateraanvraag in kusdorpe is besig om vinnig te styg. Ontwikkeling van onkonvensionele waterhulpbronne, soos die ontsouting van seewater, kan moontlik werkbare oplossings vir hierdie dorpe bied. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,718 | Daar is ruimte vir die verdere ontwikkeling van grondwaterbronne. $ Dit is dringend noodsaaklik om die akwafeer wat water aan Stanford en omgewing voorsien te moniteer. $ Reserwe bepalings is dringend nodig om die ekologies sensitiewe riviermondings te bewaar, veral dié van die Bot-en Kleinriviere. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,719 | Die Palmiet -en Uilkraalsriviere se riviermondings het ook aandag nodig. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,720 | Die uitroei van indringerplante moet voortgesit word. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,721 | Aandag moet gegee word aan die moontlikheid om die hoeveelheid water wat uit die Palmiet opvanggebied na die Berg WBG oorgedra word, te beperk. Hierdie water kan eerder plaaslik aangewend word. Die Palmietrivier lewer byvoorbeeld alreeds 'n belangrike bydrae tot landbou-aktiwiteite in die Elgin-en Grabouwgebiede. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,722 | Ontwikkeling vind steeds in sekere gebiede soos Hermanus plaas, ten spyte van beperkte hulpbronne. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,723 | Die volgende lys van sleutel bestuurs-en finansiële kwessies is gedurende die tweede en derde vergaderings van die Breede-Overberg OBA Verwysingsgroep, en na aanleiding van Besprekingsdokument 2, geïdentifiseer. Verdere kwessies is by die openbare vergadering oor die voorgestelde Nasionale Waterhulpbronstrategie op 3 Oktober 2002 en die OBA Verwysingsgroep se vergadering op 3 Desember 2003 geïdentifiseer en by hierdie Voorstel ingesluit: $ Die totale volume water wat toegewys kan word moet vasgestel word, m.a.w. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,724 | die Reserwe en die vlakke waarop watervoorsiening verseker moet word moet in ag geneem word. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,725 | Daar moet 'n duidelike beeld van die huidige en moontlike toekomstige gebruik gevorm word. Dit is byvoorbeeld nodig dat 'n analise gedoen word van die wyse waarop water aangewend word ; deur te kyk na die huidige en beplande ekonomiese ontwikkeling per sektor. Uitsluitsel moet verkry word oor die behoeftes van al die gebruiker-sektore aan wie die OBA water sal moet toedeel. |
126 | BreedeCMAAug2004Afr.txt | 6,726 | Sleutel hulpbronkwessies moet tydens die beplanning vir die bestuur van die opvanggebied in ag geneem word. Die verband tussen die ontwikkeling van 'n opvanggebied bestuurstrategie en die ontwikkeling van waterdienste moet uitgewys word. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.