document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,030 | Alle aansoeke sal ingevolge 'n stel "uitsluitingskriteria" gesif word. Nuwe aansoekers en vorige regtehouers se aansoeke sal daarna apart nagegaan word volgens 'n stel gelaaide "vergelykende balanseringskriteria". 'n Afsnypunt vir die telling of rang sal dan vasgestel word ten einde die suksesvolle aansoekers te kies. 'n Gedeelte van die TVV sal dan aan elk van die suksesvolle aansoekers toegeken word ingevolge 'n stel "kwantumkriteria". |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,031 | Vorm van die aansoeker: Slegs natuurlike persone sal in aanmerking geneem word. Regtehouers wat voorheen opereer het in die vorm van juridiese persone (d w s Beslote Korporasies, trust of maatskappye) sal in hulle individuele hoedanighede moet aansoek doen, maar sal as "regtehouers" beskou word vir die doel van die toekenningsproses. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,032 | n Kerngesin (bestaande uit 'n egpaar, hulle ouers en hulle kinders) mag nie meer as een reg ontvang nie, ten einde monopolië te vermy en om toegang tot die weskus-kreefbron te versprei. Aansoekers mag versoek word om hulle verwantskap aan aansoekers in ander kommersiële visvangbedrywe te verklaar. Indien meer as een lid van 'n huishouding aansoek doen om 'n reg, is dit moontlik dat al die aansoeke van die familie uitgesluit sal word, tensy die aansoekers duidelik en oortuigend kan aantoon dat hulle aparte klein kommersiële ondernemings gestig het.. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,033 | Wetsnakoming: Aansoekers wat 'n ernstige oortreding ingevolge die WLMH begaan het sal uitgesluit word. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,034 | Papierkwota's: Papierkwota's (soos in die Algemene Beleid omskryf) sal uitgesluit word. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,035 | Nie-gebruik: Geen kommersiele regte toegeken word aan regtehouers wat versuim het om hulle medium-termyn kommersiële weskus-kreefreg te gebruik, tussen 2002 en 2004. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,036 | Multi-sektorale betrokkenheid: Aansoekers wat regte in 'n kommersiële vissery hou, behalwe in die perlemoenbedryf, of wat belange het - insluitende aandele en lidmaatskapsbelange - in regtehouers in ander kommersiële visserye, sal uitgesluit word. Aansoekers wat die begunstigdes is van regtehouers-trusts sal uitgesluit word. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,037 | Persoonlike betrokkenheid by die oes van die hulpbron: Aansoekers sal moet aantoon dat hulle tydens die visvangseisoen op 'n voltydse basis betrokke is by die vangste van WKK. Hulle moet aktief besig wees op visvangvaartuie en deelneem aan die bedryf van die besigheid. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,038 | Afhanklikheid van die bron: Regtehouer-aansoekers wat nie afhanklik is van die oes van WKK vir minstens 75 persent van hulle jaarlikse bruto-inkomste nie, sal uitgesluit word. Potensiële nuwe inkomelinge sal versoek word om te bewys dat hulle histories afhanklik is van WKK-vangste vir hulle bestaan. Aansoekers wat enige deel van hulle inkomste uit bronne buite die vissery verhaal, sal uitgesluit word. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,039 | Woonagtig in visvangarea: Aansoekers wat nie langs die visvangarea woon, waarvoor hulle om regte aansoek gedoen het nie, sal uitgesluit word. Aansoekers moet kan bewys dat hulle minstens vier jaar lank langs die visvangarea gewoon het. Vangsteregte vir WKK (kuslyn) sal slegs aan inwoners gegee word wat langs 'n visvangsarea of gebied woon. Suksesvolle regtehouers in die WKK (kuslyn) vissery sal beperk word tot 'n bepaalde visvangsone of gebied. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,040 | Toegang tot vaartuig: Aansoekers moet bewys lewer van 'n reg tot toegang tot 'n geskikte vaartuig (sien paragraaf 9 hier onder). |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,041 | Vergelykende balanseringskriteria Aansoekers wat regte hou asook, potensiële nuwe inkomelinge, sal geëvalueer word ingevolge die volgende balanseringskriteria, wat gelaai sal word ten einde die sterkte van elke aansoek te bepaal. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,042 | Ten einde die transformasieprofiel van die WKK (kuslyn) vissery in stand te hou, sal swart aansoekers positief evalueer word. Geslag mag gebruik word, as 'n valbyl-faktor, d w s waar meer as een aansoeker dieselfde telling aangeteken het, sal 'n vroulike aansoeker bo 'n man verkies word.. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,043 | Korporatiewe maatskaplike belegging. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,044 | Belegging in vaartuie teen 31 Desember 2004 sal erken word, solank die belegging bewys lewer van 'n ware verbintenis tot deelname in die WKK visvangsbedryf. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,045 | Regtehouer-aansoekers wat kan bewys dat hulle tydelike of permanente werk verskaf het gedurende die medium-termyn tydperk, sal beloon word. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,046 | Regtehouer-aansoekers sal versoek word om prosesserings-en bemarkingsrekords in te dien en mag op prestasie in hierdie verband evalueer word. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,047 | Regtehouer-aansoekers sal evalueer word met inagneming van hulle prestasie in die WKK vissery gedurende die medium-termyn tydperk. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,048 | Nuwe aansoekers moet aantoon dat hulle die vermoë, kennis en vaardighede het om aan die WKK (kuslyn) deel te neem. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,049 | Regtehouer-aansoekers en potensiële nuwe inkomelinge mag beloon word vir historiese betrokkenheid in die vissery. Sodanige betrokkenheid mag insluit of hy/sy 'n bemanningslid in die beperkte kommersiële vangstebedryf van WKK (kuslyn) vissery of 'n bemanningslid in enige ander kommersiële vissery was. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,050 | Geringe oortredings van WLMH, die regulasies en permitvoorwaardes, soos om te veel vis te vang of om onder-grootte WKK uit te haal, sal gepenaliseer word. Regtehouer-aansoekers wat nie kan bewys dat hulle voldoen aan die vereistes van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling 97 van 1998, of die Wet op die Heffings van Vaardigheidsontwikkeling, 9 van 1999, en die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid 85 van 1993 nie, sal gepenaliseer word. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,051 | Toekennings aan suksesvolle regtehouers in die vangstebedryf van WKK (kuslyn) sal vasgestel word op tussen 750 kilogram en 1.5 ton. Die talrykheid van die bron in die gebied of sone waarvoor aansoek gedoen word, asook belegging in die vangstebedryf en werkskepping sal in aanmerking geneem word. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,052 | Toegerus is om slegs met fuike WKK te vang. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,053 | Die WKK-vissery sal bestuur word ooreenkomstig die ekosisteembenadering van visvangbedrywe (EBV). 'n Ekosisteembenadering tot visserysbestuur is 'n holistiese en geïntegreerde beleid wat erkenning daaraan gee dat visvangste en aanverwante die breë mariene omgewing kan beinvloed. Hierdie deel van die beleid vir WKK (kuslyn) is egter nie daarop gerig om om 'n beleidsverklaring te maak oor EBV in die WKK (kuslyn) nie. Die EBV in die vangstebedryf van WKK sal verder uiteen gesit word in die Bestuurshandboek vir die WKK (kuslyn). Suid-Afrika bly verbind tot 'n teikendatum van 2010 vir die inwerkingstelling van 'n EBV in die kommersiële vissery. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,054 | Die WKK (kuslyn) vissery sal bestuur word deur gebruik te maak van 'n aantal kontroleringsmeganismes, insluitende minimum-grootte beperkings, geslote seisoene, toerustingbeperkings, gebieds-en tydsbeperkings, mariene bewaringsgebiede en beperkings op die vang van dragtige vroulikes en sagtedop kreef. Hierdie beperkings word in die permitvoorwaardes vervat. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,055 | die koste van die hele regtetoekenningsproses, met inbegrip van konsultasie, ontvangs, evaluering van aansoeke, appèlle en hersienings. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,056 | die waarde van die vis wat toegeken word oor die duur van die reg. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,057 | Die jaarlikse heffings wat betaalbaar is met ingang van 1 Januarie 2006 sal hersien word, na oorlegpleging met belanghebbende en geaffekteerde partye. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,058 | Die Departement sal 'n aantal formele ondersoeke instel om prestasie in die gebruik van regte te meet. Daar word beoog om die eerste prestasiebepalings na een jaar uit te voer and daarna elke drie jaar. Versuim om te presteer volgens voorskrifte mag tot gevolg hê dat die reg opgeskort, gekanselleer of ingetrek word. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,059 | Die vaartuie wat gebruik word in die WKK (kuslyn) vissery is nie toegerus om waarnemers aan boord te neem nie. Regtehouers sal egter verplig word om hulle volle samewerking te gee aan waarnemers op land, of aan waarnemers wat na die viswaters in ander vaartuie vervoer word. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,060 | Voordat die Departement finaal besluit oor die toekenning van regte in die WKK (kuslyn) vissery, sal 'n voorlopige lys van suksesvolle aansoekers uitgereik word. Hierdie voorlopige lys sal na al die areas gestuur word. Belanghebbende en geaffekteerde partye in hierdie areas kan dan die Departement inlig of enige persone wat histories WKK uitgehaal het in die kuslyngebied, uit die voorlopige lys gelaat is. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,061 | Permitvoorwaardes vir hierdie vangstebedryf sal jaarliks uitgereik word. Die permitvoorwaardes van toepassing op hierdie vangstebedryf vir die 2005-seisoen word as Bylae A aangeheg. |
129 | C - WCRL Inshore Afrikaans.txt | 7,062 | Belanghebbende en geaffekteerde partye word uitgenooi om op hierdie permitvoorwaardes kommentaar te lewer. |
130 | Capegateway. HeritageAwards.2009-02.af.txt | 7,064 | Die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport wil uitstaande prestasies en bydraes op die gebied van Kuns en Kultuur, Taal, Museums, Erfenis, Biblioteke en Argiefdienste in die Wes-Kaap huldig. Hierdie toekennings is gemik op enige individu, organisasie of groep wie se bydrae 'n verskil gemaak het in Wes-Kaapse gemeenskappe. |
130 | Capegateway. HeritageAwards.2009-02.af.txt | 7,065 | Die genomineerde kandidate moet Suid-Afrikaanse burgers wees. Die toekennings wil ook diegene vereer wie se werk bygedra het tot die Wes-Kaap se posisie as die kreatiewe bakermat van Afrika en die wêreld. |
130 | Capegateway. HeritageAwards.2009-02.af.txt | 7,066 | Toekenning vir lewenslange bydrae tot die bewaring, dokumentasie en/of interpretasie van erfenisbronne in die Wes-Kaap. |
130 | Capegateway. HeritageAwards.2009-02.af.txt | 7,067 | Uitstaande prestasie van Vroue op die gebied van Kuns, Kultuur, Erfenis, Taal, Biblioteke en Argiewe. |
130 | Capegateway. HeritageAwards.2009-02.af.txt | 7,068 | Uitstaande prestasie van Jeug op die gebied van Kuns, Kultuur, Erfenis, Taal, Biblioteke en Argiewe. |
130 | Capegateway. HeritageAwards.2009-02.af.txt | 7,069 | Beste werkverrigtende departement/munisipaliteit/private instansie in rekordbestuurspraktyke. |
130 | Capegateway. HeritageAwards.2009-02.af.txt | 7,070 | Beste individue/instansies wat die Argiefdiens in die publiek bevorder het deur die publikasie van artikels of fisieke besoeke. |
130 | Capegateway. HeritageAwards.2009-02.af.txt | 7,071 | Toewyding tot die ontwikkeling van behoeftes in die gemeenskap. Moet beskik oor vorige prestasie van minstens 2 jaar in die kulturele sfeer. |
130 | Capegateway. HeritageAwards.2009-02.af.txt | 7,072 | Projekte moet gefokus wees op nasiebou, jeug en jeugontwikkeling en bemagtiging van vroue in Kuns, Kultuur, Erfenis, Taal, Biblioteke en Argiewe. |
130 | Capegateway. HeritageAwards.2009-02.af.txt | 7,073 | Genomineerde kandidate moet oor 'n breë kennis en kundigheid wat betref Kuns, Kultuur, Erfenis, Taal en Biblioteke beskik. |
130 | Capegateway. HeritageAwards.2009-02.af.txt | 7,074 | Tel: 021-4839714, Faks: 021- 4839711 E-pos: [email protected]. |
130 | Capegateway. HeritageAwards.2009-02.af.txt | 7,075 | Verhouding tot die genomineerde kandidaat:. |
130 | Capegateway. HeritageAwards.2009-02.af.txt | 7,076 | Het die genomineerde kandidaat al voorheen 'n toekenning van die Departement van Kultuursake en Sport ontvang Indien wel, in watter kategorie? |
130 | Capegateway. HeritageAwards.2009-02.af.txt | 7,077 | Dui die kategorie aan vir die kandidaat:. |
130 | Capegateway. HeritageAwards.2009-02.af.txt | 7,078 | Skryf 'n kort motivering met die redes daarin vervat waarom u hierdie persoon nomineer. Gebruik asseblief die aangehegte kriteria vir die spesifieke kategorie. |
130 | Capegateway. HeritageAwards.2009-02.af.txt | 7,079 | Tel: 021-4839714/ 9727 Faks: 021-4839711 E-pos: [email protected]. |
131 | Capegateway. Nomination.2009-02.af.txt | 7,081 | Die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport wil graag erkenning gee aan bogemiddelde prestasies en bydraes op die gebiede van Kuns, Kultuur, Erfenis, Biblioteekwese en Argiefdienste in die Wes-Kaap. Hierdie toekennings word gemaak aan enige individu, organisasie of groep wie se pogings 'n verskil gemaak het aan die gemeenskappe binne die Wes-Kaap. |
131 | Capegateway. Nomination.2009-02.af.txt | 7,082 | Bydrae tot Taalontwikkeling. |
131 | Capegateway. Nomination.2009-02.af.txt | 7,083 | Bogemiddelde prestasie van Jeug op die gebied van Kunste, Kultuur, Erfenis, Tale, Biblioteke of Argiewe. |
131 | Capegateway. Nomination.2009-02.af.txt | 7,084 | Verbintenis tot die ontwikkeling van die behoeftes van die gemeenskap. |
131 | Capegateway. Nomination.2009-02.af.txt | 7,085 | Moet bewys kan lewer van ten minste twee jaar ervaring in die kultuuromgewing. |
131 | Capegateway. Nomination.2009-02.af.txt | 7,086 | Projekte moet gefokus en gerig wees op nasiebou, jeugontwikkeling en vroulike bemagtiging op die gebied van Kuns, Kultuur, Erfenis, Biblioteke en Argiewe. |
131 | Capegateway. Nomination.2009-02.af.txt | 7,087 | Genomineerdes moet oor uitgebreide kennis en kundigheid van Kunste, Kultuur, Erfenis, Biblioteek- wese of Argiewe beskik. |
131 | Capegateway. Nomination.2009-02.af.txt | 7,088 | Nominasievorms is beskikbaar van en moet gestuur word aan: Lizahn Claasen, Departement van Kultuursake en Sport, Privaatsak X9067, Kaapstad 8000. Telefoon: (021) 483-9688; Faks (021) 483-9711; E-pos [email protected]. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,090 | Gewelddadige misdade en die vrees vir gewelddadige misdade het 'n sterk negatiewe impak op individue en gemeenskappe. Wanneer misdaad eskaleer, neem die kwaliteit van die lewe af en word gemeenskappe omskep in slagvelde waarin inwoners gevangenes is en maar te dikwels die slagoffers van gewelddadige misdade word. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,091 | Die Minister van Onderwys het skoolveiligheid as een van die prioriteite in Tirisano verklaar. Die strategiese doelwit is om 'n veilige en verdraagsame leeromgewing te skep wat onskuld aanprys en menslike waardigheid hoog ag (Implementeringsplan vir Tirisano: 2000). |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,092 | Die hoë misdaad en geweld in die Wes-Kaap het 'n sterk invloed op die gehalte van leer en onderrig. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,093 | Hierdie handleiding is voorberei as deel van die Wes-kaap Onderwysdepartement (WKOD) se verbintenis om misdaad en geweld in ons skole aan te spreek. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,094 | Die effektiewe bestuur van veiligheid by inrigtings van die WKOD sal 'n bydrae lewer tot hoë gehalte basiese onderwys vir almal. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,095 | Die handleiding stel die probleem, identifiseer sommige van die onderliggende oorsake en verskaf 'n stap-vir-stap prosedure vir veiligheidsbestuur. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,096 | Ek wil graag erkenning verleen aan werknemersverenigings soos SADOU, NAPTOSA, die SAOU, kringbestuurders, skoolhoofde, opvoeders sowel as die Veilige Skole-afdeling en hulle bedank vir die bydraes wat hulle gelewer het tot die samestelling van die handleiding. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,097 | Die WKOD besef dat ons 'n holistiese, geïntegreerde plan benodig om misdaad en geweld te beveg. Skole word aangemoedig om hulle veiligheidskomitees te ontwikkel en saam te groepeer sodat 'n volhoubare en geïntegreerde veiligheidsplan op skoolvlak verseker kan word. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,098 | Mag ons almal daarna strewe om 'n rol te speel in die opbou van vrede en 'n bydrae lewer tot die transformasie van ons gemeenskappe. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,099 | R.B. SWARTZ HOOF: ONDERWYS Ons veiligheid is 'n prioriteit. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,100 | het op skole in die Wes-Kaap. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,101 | landsburgers te word. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,102 | waar daar gereeld voorvalle van skietgevegte voorkom. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,103 | Skool met 'n hoë gevaarvlak 'n Skool wat geografies geleë is in 'n bendegeteisterde gebied waar voorvalle van bendebedrywighede, geweld, vandalisme en misdaad voorkom. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,104 | 'n Skool wat geografies geleë is in 'n bendegeteisterde gebied waar daar 'n hoë voorkoms van eiendomsverwante misdaad en misbruik is. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,105 | 'n Skool wat geografies geleë is in 'n gebied waar voorvalle van misdaad sporadies aangemeld word. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,106 | prinsipaal geïdentifiseer is. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,107 | n voorwerp vir opvoedkundige doeleindes gebruik word. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,108 | Die Afdeling: Veilige Skole strewe daarna om sentrums van voortreflikheid te skep met sterk gemeenskapsbande, gehalteonderrig en -leer, en doeltreffende bestuur en beheer, om sodoende die grondliggende oorsake van misdaad en geweld te beveg. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,109 | Veilige Skole se strategie fokus oor die algemeen op die veiligheid van mense - die opvoeders, leerders en ondersteuningspersoneel. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,110 | Omgewingsprogramme waar die fisiese struktuur van die skool beveilig word deur middel van veiligheidsomheinings, maas- en lemmetjiesdraad, asook alarms wat gekoppel is aan gewapende reaksie. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,111 | Programme wat daargestel word om ouer-, opvoeder- en leerdergedrag op skool te ondersteun, te verander of te beïnvloed. Waar moontlik word die gemeenskap ook betrek. Programme soos konflikhantering, traumaberading, portuurgroepberading en menseregteopvoeding word aangewend om gedrag te verander. Daarbenewens word aandag ook gegee aan sport- en kulturele aktiwiteite en entrepreneursopleiding. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,112 | Stelselprogramme wat 'n holistiese benadering tot die verandering van die wyse waarop die hele skool tans funksioneer, behels. Hierdie programme sluit in opleiding in leierskap en bestuur, organisatoriese ontwikkeling, gemeenskapsverhoudinge en doeltreffende beheer. Hulle sluit ook in die ontwikkeling van 'n relevante kurrikulum en aktiwiteite om leerders wat in gevaar verkeer te identifiseer en hulp aan hulle te verleen. Vennootskappe wat ander staatsdepartemente asook nie- regeringsorganisasies (NRO's) en gemeenskapsgebaseerde organisasies (GBO's) betrek, word gestig om aangeleenthede rakende veiligheid en sekuriteit aan te spreek. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,113 | Die Negepunt-veiligeskolebeplanningsproses is aan skole beskikbaar gestel as 'n riglyn om hulle te help om 'n gemeenskapsgeoriënteerde probleemoplossingsbenadering daar te stel. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,114 | Stig 'n Veiligheidskomitee. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,115 | Maak veiligheid deel van die skool se visie. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,116 | Onderneem 'n veiligheidsoudit. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,117 | Ontwikkel 'n veiligheidsplan. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,118 | Kies en implementeer strategieë. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,119 | Onderneem 'n oudit van diensverskaffers in die gebied. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,120 | Evalueer en bepaal vordering. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,121 | Verwys na Bylae A vir 'n breedvoerige beskrywing van die Negepunt- veiligeskolebeplanningsproses. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,122 | Die regulasies rakende veiligheidsmaatreëls by openbare skole soos vervat in Regeringskennisgewing 22754 (nr. 1040), die Suid-Afrikaanse Skolewet (SASW) en die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (WBVG) bepaal dat daar by elke skool een veiligheidsverteenwoordiger moet wees. Die skoolgebaseerde veiligheidsbeampte sal hierdie mandaat vervul. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,123 | Skole sal op versoek dwarsdeur die bogenoemde beplanningsproses deur die Veiligeskolekoördineerder bygestaan word. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,124 | Alhoewel die WKOD proaktiewe maatreëls daargestel het, is dit noodsaaklik dat skole in die geval van 'n krisis ondersteun word. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,125 | Om toegang tot hierdie ondersteuning te verkry, moet skole in verbinding tree met die Veiligeskole-inbelsentrum. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,126 | Die doel van hierdie programme is om toegang tot skooleiendom te beheer en te beperk. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,127 | Die WKOD se Afdeling: Veilige Skole sal hom beywer vir die oprigting van sigbare kennisgewingsborde om die publiek daarvan bewus te maak dat die eiendom wat hulle betree, privaateiendom is. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,128 | "Oortreders sal vervolg word. Meld asseblief by ONTVANGS aan." |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,129 | Die bogenoemde verklaring word uitgereik kragtens die regulasies vir veiligheidsmaatreëls by openbare skole soos vervat in Regeringskennisgewing 22754 (nr. 1040). |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,130 | Die Afdeling Veilge Skole sal die kennisgewingborde aan skole verskaf. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,131 | Die verspreiding van die kennisgewingborde sal deur die Veiligeskolekoördineerder behartig word. |
132 | Capegateway. Sekuriteit.2009-02.af.txt | 7,132 | Die WKOD sal strukture daarstel om te verseker dat die kennisgewingborde ten toon gestel word. Die skool se veiligheidskomitee moet toesien dat die "Geen oortreding"-borde sigbaar bly. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.