document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,734
die voorgestelde verordening vir openbare kommentaar gepubliseer is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,735
die grootte van die uitvoerende komitee of enige ander komitee van 'n Munisipale Raad te bepaal.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,736
die instelling, samestelling, prosedures, bevoegdhede en funksies van sy komitees. (7) 'n Munisipale Raad moet sy funksies op 'n oop wyse verrig, en kan sy sittings of dié van sy komitees sluit slegs wanneer dit, met inagneming van die aard van die werksaamhede wat verrig word, redelik is om dit te doen.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,737
deur nasionale wetgewing gereël kan word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,738
Provinsiale wetgewing kan binne die raamwerk van nasionale wetgewing voorsiening maak vir voorregte en immuniteite van Munisipale Rade en hul lede.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,739
n Munisipale verordening kan toegepas word slegs nadat dit in die offisiële koerant van die betrokke provinsie gepubliseer is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,740
'n Provinsiale offisiële koerant moet 'n munisipale v erordening op versoek van die munisipaliteit publiseer.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,741
Munisipale verordeninge moet vir die publiek toeganklik wees.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,742
persone in die Finansiële en Fiskale Kommissie kan benoem.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,743
Enige aangeleentheid rakende plaaslike regering waarmee nie in die Grondwet gehandel word nie, kan deur nasionale wetgewing, of deur provinsiale wetgewing binne die raamwerk van nasionale wetgewing, voorgeskryf word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,744
Die regsprekende gesag van die Republiek berus by die howe.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,745
Die howe is onafhanklik en onderworpe slegs aan die Grondwet en die reg, wat hulle onpartydig en sonder vrees, begunstiging of vooroordeel moet toepas.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,746
Geen persoon of staatsorgaan mag op die funksionering van die howe inbreuk maak nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,747
Staatsorgane moet die howe deur middel van wetgewende en ander maatreëls bystaan en beskerm ten einde die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid, toeganklikheid en doeltreffendheid van die howe te verseker.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,748
'n Bevel of beslissing deur 'n hof uitgereik, bind alle persone op wie en staatsorgane waarop dit van toepassing is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,749
enige ander hof ingevolge 'n Parlementswet ingestel of erken, met inbegrip van 'n hof met 'n status soortgelyk aan dié van hetsy die Hoë Howe hetsy die landdroshowe.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,750
gee die finale beslissing oor die vraag of 'n aangeleentheid 'n grondwetlike aangeleentheid is en of 'n kwessie met 'n beslissing oor 'n grondwetlike aangeleentheid in verband staan.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,751
n provinsiale grondwet ingevolge artikel 144 sertifiseer.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,752
Die Konstitusionele Hof vel die finale beslissing oor die vraag of 'n Parlementswet, 'n provinsiale Wet of optrede van die President grondwetlik is, en geen bevel van ongeldigheid wat deur die Hoogste Hof van Appèl, 'n Hoë Hof of 'n hof met soortgelyke status gegee is, is van krag voordat daardie bevel deur die Konstitusionele Hof bevestig is nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,753
Nasionale wetgewing of die reë ls van die Konstitusionele Hof moet 'n persoon toelaat om, wanneer dit in die belang van geregtigheid is en met verlof van die Konstitusionele Hof - (a) 'n aangeleentheid regstreeks by die Konstitusionele Hof aanhangig te maak; of (b) regstreeks vanaf enige ander hof na die Konstitusionele Hof te appelleer.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,754
n Grondwetlike aangeleentheid sluit enige kwessie in waarby die uitleg, beskerming of afdwinging van die Grondwet betrokke is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,755
Die Hoogste Hof van Appèl bestaan uit 'n Hoofregter, 'n Adjunkhoofregter en die getal appèlregters wat deur 'n Parlementswet bepaal word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,756
'n Aangeleentheid voor die Hoogste Hof van Appèl moet beslis word deur die getal regters wat deur 'n Parlementswet bepaal word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,757
Die Hoogste Hof van Appèl kan appèlle in enige aangeleentheid beslis.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,758
enige ander aangeleentheid wat na hom verwys mag word in omstandighede wat deur 'n Parlementswet omskryf word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,759
Landdroshowe en alle ander howe kan enige aangeleentheid beslis wat deur 'n Parlementswet bepaal word, maar 'n hof met 'n laer status as 'n Hoë Hof mag nie ondersoek instel na of beslis oor die grondwetlikheid van enige wetgewing of enige optrede van die President nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,760
Alle howe funksioneer ingevolge nasionale wetgewing, en daar moet ingevolge nasionale wetgewing vir hulle reëls en prosedures voorsiening gemaak word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,761
n bevel wat die ongeldigverklaring vir enige tydperk en op enige voorwaardes opskort ten einde die bevoegde gesag toe te laat om die gebrek reg te stel.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,762
(a) Die Hoogste Hof van Appèl, 'n Hoë Hof of 'n hof met soortgelyke status kan 'n bevel gee oor die grondwetlike geldigheid van 'n Parlementswet, 'n provinsiale Wet of enige optrede van die President, maar 'n bevel van grondwetlike ongeldigheid is nie van krag tensy dit deur die Konstitusionele Hof bevestig word nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,763
'n Hof wat 'n bevel van grondwetlike ongeldigheid gee, kan 'n tydelike interdik of ander tydelike verligting aan 'n party verleen, of kan die verrigtinge verdaag, hangende 'n beslissing van die Konstitusionele Hof oor die geldigheid van genoemde Wet of optrede.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,764
Nasionale wetgewing moet voorsiening maak vir die verwysing van 'n bevel van grondwetlike ongeldigheid na die Konstitusionele Hof.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,765
Enige persoon of staatsorgaan met 'n voldoende belang kan regstreeks appelleer na, of regstreeks aansoek doen by, die Konstitusionele Hof om 'n bevel van grondwetlike ongeldigheid deur 'n hof ingevolge hierdie subartikel, te bevestig of te verander.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,766
Die Konstitusionele Hof, die Hoogste Hof van Appèl en die Hoë Howe het die inherente bevoegdheid om, met inagneming van die belang van geregtigheid, hul eie proses te beskerm en te reël en die gemene reg te ontwikkel.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,767
Enige toepaslik gekwalifiseerde vrou of man wat 'n geskikte en gepaste persoon is, kan as 'n regterlike beampte aangestel word. Iemand wat in die Konstitusionele Hof aangestel staan te word, moet daarbenewens 'n Suid-Afrikaanse burger wees.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,768
Die behoefte dat die regbank in die breë die rasse - en geslagsamestelling van Suid-Afrika weerspieël, moet in aanmerking geneem word wanneer regterlike beamptes aangestel word. (3) Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag stel, na oorleg met die Regterlike Dienskommissie en die leiers van partye wat in die Nasionale Vergadering verteenwoordig is, die President en Adjunkpresident van die Konstitusionele Hof en, na oorleg met die Regterlike Dienskommissie, die Hoofregter en Adjunkhoofregter aan.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,769
Die Regterlike Dienskommissie moet 'n lys van benoemdes opstel met drie name meer as die getal aanstellings wat gedoen moet word, en die lys aan die President voorlê.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,770
Die President kan aanstellings uit die lys doen, en moet die Regterlike Dienskommissie in kennis stel, met vermelding van redes, indien enige van die benoemdes onaanvaarbaar is en enige aanstelling nog gedoen moet word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,771
Die Regterlike Dienskommissie moet die lys met verdere benoemdes aanvul en die President moet die oorblywende aanstellings uit die aangevulde lys doen.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,772
Te alle tye moet minstens vier lede van die Konstitusionele Hof persone wees wat regters was op die tydstip waarop hulle in die Konstitusionele Hof aangestel is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,773
Die President moet die regters van alle ander howe op advies van die Regterlike Dienskommissie aanstel.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,774
Ander regterlike beamptes word aangestel ingevolge 'n Parlementswet, wat moet verseker dat die aanstelling, bevordering, oorplasing of ontslag van, of tugstappe teen, hierdie regterlike beamptes sonder begunstiging of vooroordeel geskied.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,775
Voordat regterlike beamptes begin om hulle funksies te verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring aflê dat hulle die Grondwet sal handhaaf en beskerm.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,776
Die President kan 'n vrou of 'n man as 'n waarnemende regter in die Konstitusionele Hof aanstel indien daar 'n vakature is of indien 'n regter afwesig is. Die aanstelling moet geskied op aanbeveling van die Kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is, handelende met die instemming van die President van die Konstitusionele Hof en die Hoofregter.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,777
Die Kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is, moet waarnemende regters in ander howe aanstel na oorleg met die senior regter van die hof waarin die waarnemende regter sal dien.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,778
'n Regter van die Konstitusionele Hof word vir 'n nie-herhaalbare termyn van 12 jaar aangestel, maar moet by bereiking van die ouderdom van 70 jaar uittree.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,779
Ander regters beklee die amp totdat hulle ingevolge 'n Parlementswet van aktiewe diens onthef word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,780
Die salarisse, toelaes en voordele van regters mag nie verminder word nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,781
die Nasionale Vergadering die ontheffing van daardie regter aanvra by 'n besluit aangeneem met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes van die lede van die Vergadering.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,782
Die President moet 'n regter van die amp onthef indien 'n besluit aangeneem word waarin die ontslag van daardie regter aangevra word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,783
Die President kan op advies van die Regterlike Dienskommissie 'n regter skors wat die onderwerp is van verrigtinge ingevolge subartikel (1).
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,784
wanneer aangeleenthede oorweeg word wat spesifiek op 'n provinsiale of plaaslike afdeling van die Hoë Hof betrekking het, die Regter -president van daardie afdeling en die Premier, of 'n plaasvervanger deur die Premier aangewys, van die betrokke provinsie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,785
Indien die getal persone wat ingevolge subartikel (1)(e) of (f) uit die geledere van die advokate- of prokureursprofessie benoem is gelyk is aan die getal vakatures wat gevul moet word, moet die President hulle aanstel. Indien die getal persone wat benoem is meer is as die getal vakatures wat gevul moet word, moet die President, na oorleg met die betrokke professie, genoeg van die benoemdes aanstel om die vakatures te vul, met inagneming van die behoefte om te verseker dat diegene wat aangestel word die professie as geheel verteenwoordig.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,786
Lede van die Kommissie deur die Nasionale Raad van Provinsies aangewys, dien totdat hulle as 'n groep vervang word, of totdat 'n vakature in hulle geledere ontstaan. Ander lede wat in die Kommissie aangewys of benoem is, dien totdat hulle vervang word deur diegene wat hulle aangewys of benoem het.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,787
Die Regterlike Dienskommissie het die bevoegdhede en funksies in die Grondwet en nasionale wetgewing aan hom opgedra.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,788
Die Regterlike Dienskommissie kan die nasionale regering oor enige aangeleentheid met betrekking tot die regbank of die regspleging adviseer, maar wanneer hy enige aangeleentheid behalwe die aanstelling van 'n regter oorweeg, moet hy sonder die lede wat ingevolge subartikel (1)(h) en (i) aangewys is, vergader.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,789
Kommissie moet deur 'n meerderheid van sy lede gesteun word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,790
'n Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, wat die hoof van die vervolgingsgesag is en deur die President, as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, aangestel word; en (b) Direkteure van Openbare Vervolgings en aanklaers soos deur 'n Parlementswet bepaal. (2) Die vervolgingsgesag het die bevoegdheid om strafregtelike verrigtinge namens die staat in te stel en om enige funksies te verrig wat in verband met die instel van strafregtelike verrigtinge nodig is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,791
verantwoordelik is vir vervolgings in spesifieke jurisdiksies, behoudens subartikel (5). (4) Nasionale wetgewing moet verseker dat die vervolgingsgesag sy funksies sonder vrees, begunstiging of vooroordeel verrig.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,792
Die beskuldigde. (ii) Die klaer.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,793
Enige ander persoon of party wat deur die Nasionale Direkteur as betrokke beskou word. (6) Die Kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is, oefen finale verantwoordelikheid oor die vervolgingsgesag uit.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,794
Alle ander aangeleenthede betreffende die vervolgingsgesag moet deur nasionale wetgewing bepaal word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,795
die deelname van ander persone as regterlike beamptes aan die beslissings van howe.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,796
Die Openbare Beskermer. (b) Die Menseregtekommissie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,797
Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,798
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid. (e) Die Ouditeur-generaal.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,799
Hierdie instellings is onafhanklik, en slegs aan die Grondwet en die reg onderworpe, en moet onpartydig wees en hul bevoegdhede en funksies sonder vrees, begunstiging of vooroordeel uitoefen en verrig.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,800
Ander staatsorgane moet hierdie instellings deur middel van wetgewende en ander maatreëls bystaan en beskerm ten einde die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid en doeltreffendheid van hierdie instellings te verseker.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,801
Geen persoon of staatsorgaan mag op die funksionering van hierdie instellings inbreuk maak nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,802
Hierdie instellings is teenoor die Nasionale Vergadering verantwoordingspligtig, en moet minstens een keer per jaar oor hul bedrywighede en die verrigting van hul funksies aan die Vergadering verslag doen.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,803
om oor dié optrede verslag te doen; en (c) om gepaste regstellende stappe te doen.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,804
Die Openbare Beskermer het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,805
Die Openbare Beskermer mag nie hofbeslissings ondersoek nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,806
Die Openbare Beskermer moet vir alle persone en gemeenskappe toeganklik wees.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,807
Enige verslag deur die Openbare Beskermer uitgereik, moet vir die publiek toeganklik wees, tensy buitengewone omstandighede, wat ingevolge nasionale wetgewing bepaal moet word, vereis dat 'n verslag vertroulik gehou word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,808
Die Openbare Beskermer word vir 'n nie-herhaalbare termyn van sewe jaar aangestel.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,809
die handhawing van menseregte in die Republiek monitor en die stand daarvan bepaal.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,810
om op te voed.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,811
Die Menseregtekommissie moet jaarliks van enige betrokke staatsorgane vereis om die Kommissie te voorsien van inligting oor die maatreëls wat hulle getref het ter verwesenliking van die regte in die Handves van Regte betreffende behuising, gesondheidsorg, voedsel, water, maatskaplike sekerheid, die onderwys en die omgewing.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,812
Die Menseregtekommissie het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,813
om die instelling of erkenning, ooreenkomstig nasionale wetgewing, van 'n kultuur- of ander raad of rade vir 'n gemeenskap of gemeenskappe in Suid-Afrika aan te beveel. (2) Die Kommissie het die bevoegdheid, soos deur nasionale wetgewing gereguleer, wat nodig is om sy hoofoogmerke te bereik, met inbegrip van die bevoegdheid om kwessies betreffende die regte van kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe te monitor, te ondersoek, na te vors, opvoeding daaroor te voorsien, steun daarvoor te werf, daaroor te adviseer en verslag daaroor te doen.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,814
Die Kommissie kan enige aangeleentheid wat binne sy bevoegdhede en funksies val aan die Menseregtekommissie vir ondersoek rapporteer.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,815
Die Kommissie het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,816
Die getal lede van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe en hul aanstelling en ampstermyne moet deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,817
in die breë die geslagsamestelling van Suid -Afrika weerspieël.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,818
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid moet respek vir geslagsgelykheid en die ontwikkeling, beskerming en verwesenliking van geslagsgelykheid bevorder.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,819
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het die bevoegdheid, soos deur nasionale wetgewing gereguleer, wat nodig is om sy funksies te verrig, met inbegrip van die bevoegdheid om aangeleenthede betreffende geslagsgelykheid te monitor, te ondersoek, na te vors, opvoeding daaroor te voorsien, steun daarvoor te werf, daaroor te adviseer en verslag daaroor te doen.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,820
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,821
enige ander instelling of rekenpligtige instansie wat ingevolge nasionale of provinsiale wetgewing deur die Ouditeur-generaal geouditeer moet word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,822
enige instelling wat ingevolge enige wet gemagtig is om geld vir 'n openbare doel te ontvang.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,823
Die Ouditeur-generaal moet ouditverslae voorlê aan enige wetgewer wat 'n regstreekse belang in die oudit het, en aan enige ander gesag wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word. Alle verslae moet openbaar gemaak word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,824
Die Ouditeur-generaal het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,825
Die Ouditeur-generaal word vir 'n vaste, nie-herhaalbare termyn van tussen vyf en tien jaar aangestel.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,826
die uitslae van dié verkiesings bekend maak binne 'n tydperk wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf moet word en so kort as redelikerwys moontlik moet wees. (2) Die Verkiesingskommissie het die bykomende bevoegdhede en funksies wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,827
Die Verkiesingskommissie bestaan uit minstens drie persone. Die getal lede en hul ampstermyne moet deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,828
'n Onafhanklike owerheid moet deur nasionale wetgewing ingestel word om die uitsaaiwese in die openbare belang te reguleer en om toe te sien dat regverdigheid geskied en 'n verskeidenheid van sienswyses aangebied word wat in die breë verteenwoordigend van die Suid-Afrikaanse samelewing is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,829
voldoen aan enige ander vereistes wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word. (2) Die behoefte dat 'n Kommissie wat deur hierdie Hoofstuk ingestel word, in die breë die rasse- en geslagsamestelling van Suid-Afrika weerspieël, moet by die aanstelling van lede in aanmerking geneem word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,830
Die Ouditeur-generaal moet 'n vrou of 'n man wees wat 'n Suid-Afrikaanse burger en 'n geskikte en gepaste persoon is om dié amp te beklee. By die aanstelling van die Ouditeur -generaal moet gespesialiseerde kennis of ervaring van ouditering, staatsfinansies en die openbare administrasie behoorlik in aanmerking geneem word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,831
op aanbeveling van die Nasionale Vergadering aanstel.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,832
'n meerderheid van die lede van die Vergadering, indien die aanbeveling betrekking het op die aanstelling van 'n lid van 'n Kommissie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,833
Daar kan vir die betrokkenheid van die burgerlike gemeenskap in die aanbevelingsproses voorsiening gemaak word soos in artikel 59(1)(a) beoog.