document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,934
Nasionale wetgewing moet 'n onafhanklike kommissie instel om aanbevelings te doen oor die salarisse, toelaes en voordele in subartikel (1) genoem.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,935
Die Parlement kan die wetgewing genoem in subartikel (1) aanneem slegs na oorweging van enige aanbevelings van die kommissie ingevolge subartikel (2) ingestel.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,936
Die nasionale uitvoerende gesag, 'n provinsiale uitvoerende gesag, 'n munisipaliteit of enige ander tersaaklike gesag kan die nasionale wetgewing genoem in subartikel (1) toepas slegs na oorweging van enige aanbevelings van die kommissie ingevolge subartikel (2) ingestel.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,937
Nasionale wetgewing moet raamwerke voorskryf vir die bepaling van die salarisse, toelaes en voordele van regters, die Openbare Beskermer, die Ouditeur-generaal en lede van enige kommissie waarvoor die Grondwet voorsiening maak, met inbegrip van die uitsaai-owerheid in artikel 192 genoem.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,938
Daar is 'n Finansiële en Fiskale Kommissi e vir die Republiek, wat aan die Parlement, provinsiale wetgewers en enige ander gesag deur nasionale wetgewing bepaal, aanbevelings doen wat in hierdie Hoofstuk of in nasionale wetgewing beoog word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,939
Die Kommissie is onafhanklik en slegs aan die Grondwet en die reg onderworpe, en moet onpartydig wees.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,940
funksies alle tersaaklike faktore in aanmerking neem, met inbegrip van dié in artikel 214(2) vermeld.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,941
twee persone benoem deur georganiseerde plaaslike regering ingevolge artikel 163; en (d) nege ander persone.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,942
Lede van die Kommissie moet toepaslike kundigheid besit.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,943
Lede dien vir 'n termyn ingevolge nasionale wetgewing bepaal. Die President kan 'n lid van die amp onthef op grond van wangedrag, onvermoë of onbevoegdheid.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,944
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is die sentrale bank van die Republiek en word ingevolge 'n Parlementswet gereguleer.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,945
gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei in die Republiek die waarde van die geldeenheid te beskerm.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,946
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank moet in die nastrewing van sy hoofoogmerk sy funksies onafhanklik en sonder vrees, begunstiging of vooroordeel verrig, maar daar moet gereelde oorlegpleging wees tussen die Bank en die Kabinetslid wat vir nasionale finansiële sake verantwoordelik is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,947
Die bevoegdhede en funksies van die Suid-Afrikaanse Reserwebank is dié wat gebruiklikerwys deur sentrale banke uitgeoefen en verrig word, moet deur 'n Parlementswet bepaal word en moet uitgeoefen of verrig word behoudens die voorwaardes ingevolge dié Wet voorgeskryf.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,948
Daar is 'n Provinsiale Inkomstefonds vir elke provinsie, waarin alle geld gestort word wat deur die provinsiale regering ontvang word, behalwe geld wat redelikerwys deur 'n Parlementswet uitgesluit word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,949
as 'n regstreekse las teen die Provinsiale Inkomstefonds, wanneer in die Grondwet of 'n provinsiale Wet daarvoor voorsiening gemaak word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,950
Inkomste wat ingevolge artikel 214(1) deur bemiddeling van 'n provinsie aan plaaslike regering in daardie provinsie toegeken word, is 'n regstreekse las teen daardie provinsie se Inkomstefonds.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,951
kan hetsy voorwaardelik hetsy onvoorwaardelik ander toekennings uit nasionale regeringsinkomste ontvang.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,952
Bykomende inkomste wat deur provinsies of munisipaliteite ingevorder word, mag nie afgetrek word van hul deel van die inkomste wat nasionaal ingevorder word, of van enige ander toekennings wat uit die nasionale regeringsinkomste aan hulle gedoen word nie. Insgelyks rus daar geen verpligting op die nasionale regering om provinsies of munisipaliteite te vergoed wat nie inkomste in ooreenstemming met hul fiskale vermoë en belastingbasis invorder nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,953
n Provinsie se billike deel van inkomste wat nasionaal ingevorder word, moet onverwyld en sonder vermindering aan die provinsie oorgedra word, behalwe wanneer die oordrag ingevolge artikel 216 gestaak is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,954
'n Provinsie moet vir homself enige geldmiddele voorsien wat hy ingevolge 'n bepaling van sy provinsiale grondwet bykomend by sy behoeftes in die Grondwet beoog, nodig het.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,955
uniforme bobelasting hef op die belastingbasisse van enige belasting, heffing of reg wat deur nasionale wetgewing opgelê word, uitgesonderd die belastingbasisse van korporatiewe inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde, eiendomsbelasting of doeaneregte.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,956
moet gereguleer word ingevolge 'n Parlementswet, wat verorden kan word slegs nadat enige aanbevelings van die Finansiële en Fiskale Kommissie oorweeg is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,957
indien deur nasionale wetgewing daartoe gemagtig, ander belastings, heffings en regte oplê wat gepas is vir plaaslike regering of vir die kategorie plaaslike regering waarin daardie munisipaliteit val, maar geen munisipaliteit mag inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde, algemene verkoopbelasting of doeaneregte oplê nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,958
kan deur nasionale wetgewing gereguleer word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,959
Wanneer twee munisipaliteite dieselfde fiskale bevoegdhede en funksies met betrekking tot dieselfde gebied het, moet 'n gepaste verdeling van daardie bevoegdhede en funksies ingevolge nasionale wetgewing gedoen word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,960
Die behoefte om aan gesonde belastingbeginsels te voldoen.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,961
Die bevoegdhede wat uitgeoefen word en funksies wat verrig word deur elke munisipaliteit.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,962
Die fiskale vermoë van elke munisipaliteit.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,963
Niks in hierdie artikel belet dat inkomste wat ingevolge hierdie artikel ingevorder word, gedeel word tussen munisipaliteite wat in dieselfde gebied fiskale bevoegdheid en funksies het nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,964
Nasionale wetgewing in hierdie artikel beoog, kan verorden word slegs nadat georganiseerde plaaslike regering en die Finansiële en Fiskale Kommissie geraadpleeg is en enige aanbevelings van die Kommissie oorweeg is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,965
moet binne twaalf maande terugbetaal word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,966
Nasionale wetgewing bedoel in subartikel (1) kan verorden word slegs nadat enige aanbevelings van die Finansiële en Fiskale Kommissie oorweeg is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,967
Die onderhandeling en ondertekening van alle internasionale ooreenkomste is die verantwoordelikheid van die nasionale uitvoerende gesag.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,968
'n Internasionale ooreenkoms bind die Republiek slegs nadat dit in sowel die Nasionale Vergadering as die Nasionale Raad van Provinsies by besluit goedgekeur is, tensy dit 'n ooreenkoms genoem in subartikel (3) is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,969
'n Internasionale ooreenkoms van tegniese, administratiewe of uitvoerende aard, of 'n ooreenkoms wat nie bekragtiging of toetrede vereis nie, en wat deur die nasionale uitvoerende gesag aangegaan is, bind die Republiek sonder goedkeuring deur die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies, maar moet binne 'n redelike tyd in die Vergadering en die Raad ter tafel gelê word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,970
'n Internasionale ooreenkoms verkry regskrag in die Republiek wanneer dit by nasionale wetgewing as wet verorden word; maar 'n direk uitvoerbare bepaling van 'n ooreenkoms wat deur die Parlement goedgekeur is, verkry regskrag in die Republiek tensy die ooreenkoms met die Grondwet of 'n Parlementswet onbestaanbaar is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,971
Die Republiek word gebind deur internasionale ooreenkomste wat die Republiek by die inwerkingtreding van hierdie Grondwet gebind het.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,972
Volkeregtelike gewoontereg het regskrag in die Republiek tensy dit met die Grondwet of 'n Parlementswet onbestaanbaar is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,973
By die uitleg van wetgewing moet elke hof aan enige redelike uitleg van die wetgewing wat met die volkereg bestaanbaar is, voorkeur gee bo enige alternatiewe uitleg wat met die volkereg onbestaanbaar is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,974
Ten einde die kultuur van demokrasie deur die Grondwet ingestel, te versterk, kan die Parlement Handveste van Regte aanneem wat met die bepalings van die Grondwet bestaanbaar is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,975
Die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking soos in hierdie Grondwet vergestalt, belet nie, binne die raamwerk van dié reg, die erkenning nie van die konsep van die reg van enige gemeenskap wat 'n gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, op selfbeskikking binne 'n territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse, soos deur nasionale wetgewing bepaal.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,976
Ten einde veelparty-demokrasie te bevorder, moet nasionale wetgewing voorsiening maak vir die befondsing, op 'n billike en proporsionele grondslag, van politieke partye wat aan nasionale en provinsiale wetgewers meedoen.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,977
Alle grondwetlike verpligtinge moet getrou en sonder versuim nagekom word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,978
enige bevoegdheid of funksie vir enige ander uitvoerende staatsorgaan op 'n agentskaps- of delegeringsgrondslag uitoefen of verrig.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,979
wetgewing wat van krag was toe die Grondwet in werking getree het en wat deur 'n provinsiale regering geadministreer word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,980
Engelse teks die deurslag.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,981
Bylae 6 is van toepassing op die oorgang na die nuwe grondwetlike bestel wat deur hierdie Grondwet ingestel word en op enige aangeleentheid wat met dié oorgang in verband staan.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,982
Die wette vermeld in Bylae 7 word herroep, behoudens artikel 243 en Bylae 6.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,983
Hierdie Wet heet die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, en tree so gou as moontlik in werking op 'n datum wat die President by proklamasie bepaal, wat nie 'n datum later as 1 Julie 1997 mag wees nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,984
Die President kan verskillende datums wat voor die datum vermeld in subartikel (1) is ten opsigte van verskillende bepalings van die Grondwet bepaal.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,985
Tensy uit die samehang anders blyk, word 'n verwysing in 'n bepaling van die Grondwet na 'n tydstip waarop die Grondwet in werking getree het, uitgelê as 'n verwysing na die tydstip waarop daardie bepaling in werking getree het.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,986
Indien daar ingevolge subartikel (2) 'n verskillende datum ten opsigte van enige besondere bepaling van die Grondwet bepaal word, word enige ooreenstemmende bepaling van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993 (Wet 200 van 1993), wat in die proklamasie vermeld word, met ingang van dieselfde datum herroep.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,987
Artikels 213, 214, 215, 216, 218, 226, 227, 228, 229 en 230 tree op 1 Januarie 1998 in werking, maar dit belet nie die verordening ingevolge hierdie Grondwet voor daardie datum van wetgewing wat in enige van hierdie bepalings beoog word nie. Tot daardie datum bly enige ooreenstemmende en verbandhoudende bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993, van krag.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,988
Die nasionale vlag is reghoekig, en is een en 'n half maal langer as die wydte daarvan.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,989
Dit is swart, goud, groen, wit, rissierooi en blou.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,990
Dit het 'n groen Y-vormige baan wat een vyfde van die wydte van die vlag is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,991
Die groen baan is bo en onder wit gesoom en na die vlagpaal goud gesoom. Elke soom is een vyftiende van die wydte van die vlag.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,992
Die driehoek naas die vlagpaal is swart.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,993
Die boonste horisontale baan is rissierooi en die onderste horisontale baan is blou. Hierdie bane is elk een derde van die wydte van die vlag.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,994
In die teenwoordigheid van almal hier vergader en in die volle besef van die hoë roeping wat ek as President/Waarnemende President van die Republiek van Suid-Afrika aanvaar, sweer ek, A.B./verklaar ek, A.B.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,995
s my aan die welsyn van die Republiek en al sy mense sal wy.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,996
In die geval van 'n eed: So help my God.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,997
wat ek as Adjunkpresident van die Republiek van Suid-Afrika aanvaar, sweer ek, A.B./ verklaar ek, A.B.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,998
s my aan die welsyn van die Republiek en al sy mense sal wy.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
7,999
In die geval van 'n eed: So help my God.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,000
vermoë uit te voer.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,001
In die geval van 'n eed: So help my God.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,002
Ek, A.B., sweer/verklaar plegtig trou aan die Republiek van Suid-Afrika en dat ek die Grondwet en die ander reg van die Republiek sal gehoorsaam, eerbiedig en onderhou; en ek belowe plegtig om my funksies as lid van die Nasionale Vergadering/vaste afgevaardigde na die Nasionale Raad van Provinsies/lid van die wetgewer van die provinsie C.D. na my beste vermoë uit te voer.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,003
In die geval van 'n eed: So help my God.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,004
Persone wat 'n vakature in die Nasionale Vergadering, 'n vaste afvaardiging na die Nasionale Raad van Provinsies of 'n provinsiale wetgewer vul, kan ingevolge subitem (1) voor die voorsittende beampte van die Vergadering, Raad of wetgewer, na gelang van die geval, 'n eed of plegtige verklaring aflê.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,005
Ek, A.B., sweer/verklaar plegtig trou aan die Republiek van Suid-Afrika en dat ek die Grondwet en die ander reg van die Republiek sal gehoorsaam, eerbiedig en onderhou; en ek belowe om my amp as Premier/ Waarnemende Premier/lid van die Uitvoerende Raad van die provinsie C.D. met eer en waardigheid te beklee; 'n opregte en getroue raadgewer te wees; geen sake wat aan my vir geheimhouding toevertrou word, regstreeks of onregstreeks te openbaar nie; en die funksies van my amp met nougesetheid en na my beste vermoë uit te voer.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,006
In die geval van 'n eed: So help my God.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,007
Ek, A.B., sweer/verklaar plegtig trou, as 'n Regter van die Konstitusionele Hof/Hoogste Hof van Appèl/Hoë Hof/E.F. -hof, aan die Republiek van Suid-Afrika, en dat ek die Grondwet en die menseregte wat daarin verskans is, sal handhaaf en beskerm; en aan alle persone op gelyke voet reg sal laat geskied sonder vrees, begunstiging of vooroordeel, ooreenkomstig die Grondwet en die reg.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,008
In die geval van 'n eed: So help my God.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,009
Iemand wat in die amp van Hoofregter van die Hoogste Hof van Appèl aangestel is en wat ten tyde van daardie aanstelling nie reeds 'n regter is nie, moet voor die President van die Konstitusionele Hof 'n eed of plegtige verklaring aflê.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,010
Regterlike beamptes en waarnemende regterlike beamptes, buiten regters, moet ingevolge nasionale wetgewing 'n eed/plegtige verklaring aflê.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,011
n provinsiale wetgewer vergader om die Premier van die Provinsie of die Speaker of Adjunkspeaker van die wetgewer te verkies.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,012
op die vergadering vir die nominasie van kandidate vra.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,013
n Nominasie moet voorgelê word op die vorm wat voorgeskryf word deur die reëls in item 9 vermeld.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,014
deur twee lede van die betrokke provinsiale wetgewer, indien die Premier van die provinsie of die Speaker of Adjunkspeaker van die wetgewer verkies moet word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,015
n Persoon wat genomineer word, moet aanname van die nominasie te kenne gee deur óf die nominasievorm óf enige ander vorm van skriftelike bevestiging te teken.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,016
Op 'n vergadering waarop hierdie Bylae van toepassing is, moet die voorsittende persoon die name aankondig van die persone wat as kandidate genomineer is, maar mag die voorsittende persoon geen debat toelaat nie.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,017
Indien slegs een kandidaat genomineer word, moet die voorsittende persoon verklaar dat daardie kandidaat verkies is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,018
moet die voorsittende persoon die kandidaat wat 'n meerderheid van die stemme kry, verkies verklaar.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,019
Indien geen kandidaat 'n meerderheid van die stemme kry nie, word die kandidaat wat die laagste getal stemme gekry het, uitgeskakel en moet 'n verdere stemming oor die oorblywende kandidate ooreenkomstig item 6 plaasvind. Hierdie prosedure moet herhaal word totdat 'n kandidaat 'n meerderheid van die stemme kry.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,020
oorbly nadat 'n uitskakelingsprosedure toegepas is, en daardie twee kandidate dieselfde getal stemme kry, moet 'n verdere vergadering binne sewe dae gehou word op 'n tyd wat deur die voorsittende persoon bepaal word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,021
Indien 'n verdere vergadering ingevolge subitem (1) gehou word, moet die prosedure in hierdie Bylae voorgeskryf by daardie vergadering toegepas word asof dit die eerste vergadering vir die betrokke verkiesing is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,022
die wyse waarop die stemming moet geskied.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,023
Hierdie reëls moet bekend gemaak word op die wy se wat die President van die Konstitusionele Hof bepaal.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,024
Die getal afgevaardigdes in 'n provinsiale afvaardiging na die Nasionale Raad van Provinsies waarop 'n party geregtig is, word bepaal deur die getal setels wat die party in die provinsiale wetgewer het met tien te vermenigvuldig en die resultaat te deel deur die getal setels in die wetgewer, plus een.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,025
Indien 'n berekening ingevolge item 1 'n surplus oplewer wat nie opgeneem word deur die afgevaardigdes wat ingevolge daardie item aan 'n party toegewys word nie, moet die surplus meeding met soortgelyke surplusse wat enige ander party of partye toekom, en enige afgevaardigdes in die afvaardiging wat nie toegeken is nie, moet aan die party of partye in volgorde van die hoogste surplus toegeken word.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,026
"oubedeling-wetgewing" wetgewing verorden voordat die vorige Grondwet in werking getree het; "tuisland" 'n deel van die Republiek waarmee, voordat die vorige Grondwet in werking getree het, in Suid-Afrikaanse wetgewing gehandel is as 'n onafhanklike of selfregerende gebied; "vorige Grondwet" die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993 (Wet 200 van 1993).
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,027
enige wysiging of herroeping; en (b) bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,028
word, behoudens die nuwe Grondwet, steeds geadministreer deur die gesag wat dit geadministreer het toe die nuwe Grondwet in werking getree het.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,029
na 'n amptelike taal of tale, uitgelê as 'n verwysing na enige van die amptelike tale kragtens die nuwe Grondwet.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,030
die Premier van 'n provinsie kragtens die nuwe Grondwet, indien die administrasie van daardie wetgewing ingevolge die vorige Grondwet of hierdie Bylae aan 'n provinsiale uitvoerende gesag toegewys of opgedra is.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,031
Enigiemand wat 'n lid of ampsdraer van die Nasionale Vergadering was toe die nuwe Grondwet in werking getree het, word 'n lid of ampsdraer van die Nasionale Vergadering kragtens die nuwe Grondwet, en beklee die amp as lid of ampsdraer ingevolge die nuwe Grondwet.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,032
Die Nasionale Vergadering soos ingevolge subitem (1) saamgestel, word beskou as verkies te wees kragtens die nuwe Grondwet vir 'n termyn wat op 30 April 1999 verstryk.
133
Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt
8,033
Vir die duur van die Nasionale Vergadering se termyn wat behoudens artikel 49(4) van die nuwe Grondwet op 30 April 1999 verstryk, bestaan die Vergadering uit 400 lede.