document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,134 | Elke party wat minstens 80 setels in die Nasionale Vergadering het, is daarop geregtig om 'n Uitvoerende Adjunkpresident uit die geledere van die Vergadering aan te wys. (3) Indien geen party nie of slegs een party 80 of meer setels in die Vergadering het, is die party wat die grootste getal setels het en die party wat die tweede grootste getal setels het, elk daarop geregtig om een Uitvoerende Adjunkpresident uit die geledere van die Vergadering aan te wys. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,135 | By sy of haar aanwysing kan 'n Uitvoerende Adjunkpresident kies om as lid van die Vergadering aan te bly of om op te hou om lid van die Vergadering te wees. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,136 | n Uitvoerende Adjunkpresident kan die bevoegdhede uitoefen en moet die werksaamhede verrig wat kragtens die Grondwet by die amp van Uitvoerende Adjunkpresident berus of wat deur die President aan daardie amp toegewys is. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,137 | totdat die persoon wat na 'n verkiesing van die Nasionale Vergadering wat voor 30 April 1999 gehou word, as President verkies word, die amp aanvaar. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,138 | n Vakature in die amp van Uitvoerende Adjunkpresident kan gevul word deur die party wat daardie Adjunkpresident aangewys het. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,139 | n Party wat minstens 20 setels in die Nasionale Vergadering het en wat besluit het om aan die regering van nasionale eenheid deel te neem, is geregtig op die toekenning aan hom van een of meer van die Kabinetsportefeuljes ten opsigte waarvan Ministers bedoel in subartikel (1)(a) aangestel staan te word, in verhouding tot die getal setels wat die party in die Vergadering het teenoor die getal setels wat die ander deelnemende partye het. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,140 | n Kwota setels per portefeulje word bepaal deur die totale getal setels in die Nasionale Vergadering wat die deelnemende partye gesamentlik het, te deel deur die getal portefeuljes ten opsigte waarvan Ministers bedoel in subartikel (1)(a) aangestel staan te word, plus een. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,141 | Die resultaat, met weglating van derde en daaropvolgende desimale breuke, as daar is, is die kwota setels per portefeulje. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,142 | Die getal portefeuljes wat aan 'n deelnemende party toegeken moet word, word bepaal deur die totale getal setels wat daardie party in die Nasionale Vergadering het, te deel deur die kwota in paragraaf (b) bedoel. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,143 | Die resultaat dui, behoudens paragraaf (e), die getal portefeuljes aan wat aan daardie party toegeken moet word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,144 | Waar die toepassing van bogenoemde formule 'n surplus oplewer wat nie opgeneem word deur die getal portefeuljes wat aan 'n party toegeken is nie, ding so 'n surplus mee met ander soortgelyke surplusse wat aan 'n ander party of partye toeval, en 'n portefeulje of portefeuljes wat nog nie toegeken is nie, word in volgorde van die hoogste surplus aan die betrokke party of partye toegeken. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,145 | wanneer nodig, behoudens paragraaf (b) 'n vakature in die amp van Minister vul. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,146 | die uitoefening van 'n bevoegdheid in paragraaf (b) of (e) van daardie subartikel bedoel wat 'n persoon raak wat 'n lid van die President se party is, die President se besluit die deurslag gee. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,147 | Indien 'n bepaling van portefeuljetoekennings kragtens subartikel (10)(c) gewysig word, ontruim die betrokke Ministers hul portefeuljes, maar kan hulle, waar toepaslik, weer aangestel word in ander portefeuljes wat ingevolge die gewysigde bepaling aan hulle onderskeie partye toegeken word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,148 | na oorleg met die Uitvoerende Adjunkpresidente en die leiers van die deelnemende partye 'n aanstelling kragtens paragraaf (a) beëindig indien dit vir die doeleindes van die Grondwet of in die belang van goeie regering nodig word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,149 | Die President of, indien die President so 'n opdrag gee, 'n Uitvoerende Adjunkpresident sit op vergaderings van die Kabinet voor: Met dien verstande dat die Uitvoerende Adjunkpresidente om die beurt op vergaderings van die Kabinet voorsit tensy die behoeftes van regering en die gees wat in die begrip van 'n regering van nasionale eenheid beliggaam is, 'n ander reëling verg. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,150 | Die Kabinet funksioneer met inagneming van die konsensus-soekende gees wat in die begrip van 'n regering van nasionale eenheid beliggaam is, asook van die behoefte aan doeltreffende regering. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,151 | van die partye wat aan die Kabinet deelneem. adjunkministersposte instel. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,152 | n Party is geregtig op die toekenning aan hom van een of meer adjunkministersposte in dieselfde verhouding as dié waarin en volgens dieselfde formule as dié waarvolgens portefeuljes in die Kabinet toegeken word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,153 | Die bepalings van artikel 91(10) tot (12) is met die nodige veranderings ten opsigte van Adjunkministers van toepassing, en by sodanige toepassing word 'n verwysing in daardie artikel na 'n Minister of 'n portefeulje uitgelê as 'n verwysing na onderskeidelik 'n Adjunkminister of 'n adjunkministerspos. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,154 | word 'n verwysing in enige wetgewing na daardie Minister, uitgelê ook as 'n verwysing na die Adjunkminister handelende uit hoofde van 'n opdrag kragtens paragraaf (a) deur die Minister namens wie daardie Adjunkminister optree. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,155 | Wanneer 'n Adjunkminister afwesig is of om die een of ander rede nie in staat is om enige van die bevoegdhede of werksaamhede van die amp uit te oefen of te verrig nie, kan die President 'n ander Adjunkminister of enige ander persoon aanstel om in die plek van genoemde Adjunkminister op te tree, hetsy in die algemeen hetsy om 'n bepaalde bevoegdheid uit te oefen of werksaamheid te verrig. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,156 | (3) Ministers is afsonderlik teenoor die President en teenoor die Nasionale Vergadering aanspreeklik vir die administrasie van hul portefeuljes, en al die lede van die Kabinet is dienooreenkomstig gesamentlik aanspreeklik vir die verrigting van die werksaamhede van die nasionale regering en vir die beleid daarvan. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,157 | Indien 'n Minister versuim om die portefeulje ooreenkomstig die beleid van die Kabinet te administreer, kan die President die betrokke Minister aansê om die administrasie van die portefeulje met daardie beleid in ooreenstemming te bring. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,158 | in die geval van 'n Minister in artikel 91(1)(b) bedoel, na oorleg met die Uitvoerende Adjunkpresidente en die leiers van die deelnemende partye. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,159 | lede ooreenkomstig hierdie artikel deur die Premier aangestel. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,160 | aan hom van een of meer van die portefeuljes in die Uitvoerende Raad in verhouding tot die getal setels wat die party in die wetgewer het teenoor die getal setels wat die ander deelnemende partye het. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,161 | 'n Minister, as 'n verwysing na 'n lid van 'n Uitvoerende Raad uitgelê; en (c) die Nasionale Vergadering, as 'n verwysing na die provinsiale wetgewer uitgelê. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,162 | wanneer nodig, behoudens paragraaf (b) 'n vakature in die amp van 'n lid van die Uitvoerende Raad vul. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,163 | die uitoefening van 'n bevoegdheid in paragraaf (b) of (e) van daardie subartikel bedoel wat 'n persoon raak wat 'n lid van die Premier se party is, die Premier se besluit die deurslag gee. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,164 | Indien 'n bepaling van portefeuljetoekennings kragtens subartikel (4)(c) gewysig word, ontruim die betrokke lede hul portefeuljes, maar kan hulle, waar toepaslik, weer aangestel word in ander portefeuljes wat ingevolge die gewysigde bepaling aan hulle onderskeie partye toegeken word. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,165 | Die Premier van die provinsie moet op vergaderings van 'n Uitvoerende Raad voorsit. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,166 | 'n Uitvoerende Raad moet funksioneer met inagneming van die konsensus-soekende gees wat in die begrip van 'n regering van nasionale eenheid beliggaam is, asook van die behoefte aan doeltreffende regering. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,167 | is dienooreenkomstig gesamentlik aanspreeklik vir die verrigting van die werksaamhede van die provinsiale regering en vir die beleid daarvan. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,168 | Lede van Uitvoerende Rade moet hulle portefeuljes administreer ooreenkomstig die beleid deur die Raad bepaal. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,169 | Indien 'n lid van 'n Uitvoerende Raad versuim om die portefeulje ooreenkomstig die beleid van die Raad te administreer, kan die Premier die betrokke lid aansê om die administrasie van die portefeulje met daardie beleid in ooreenstemming te bring. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,170 | te voldoen, kan die Premier die lid van sy of haar amp onthef na oorleg met die lid, en indien die lid nie 'n lid van die Premier se party is nie of nie die leier van 'n deelnemende party is nie, ook na oorleg met die leier van daardie lid se party. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,171 | Staatsadministrasie en veiligheidsdienste: Wysigings van artikels van die vorige Grondwet 1. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,172 | deur paragraaf (k) van subartikel (1) deur die volgende paragraaf te vervang: "(k) die instelling en instandhouding van 'n nasionale polisie-eenheid vir openbare orde, wat ter ondersteuning en op versoek van die Provinsiale Kommissaris ontplooi kan word;". 2. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,173 | "(1) Behoudens artikel 218(1) is 'n Provinsiale Kommissaris verantwoordelik vir -". 3. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,174 | "Met dien verstande dat hierdie subartikel ook van toepassing is op lede van enige gewapende mag wat sy personeellys voorgelê het na die inwerkingtreding van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993 (Wet 200 van 1993), maar voor die aanname van die nuwe grondwetlike teks soos in artikel 73 van daardie Grondwet beoog, indien die politieke organisasie onder wie se gesag en beheer so 'n mag is of waarmee hy geassosieer is en wie se oogmerke hy bevorder wel aan die Uitvoerende Oorgangsraad of wel aan die eerste verkiesing van die Nasionale Vergadering en die provinsiale wetgewers kragtens genoemde Grondwet deelgeneem het.". |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,175 | "(2) Die Nasionale Weermag moet sy bevoegdhede uitoefen en sy werksaamhede verrig uitsluitlik in die nasionale belang ingevolge Hoofstuk 11 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.". |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,176 | daarop van toepassing is, funksioneer totdat dit afgeskaf word of geïnkorporeer word in of geïntegreer word met enige toepaslike instelling of gerasionaliseer of gekonsolideer word met enige ander instelling. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,177 | (6) (a) Die President kan 'n kommissie aanstel om die sluiting of wysiging van 'n kontrak, die aanstelling of bevordering, of die toekenning van 'n beding of voorwaarde van diens of ander voordeel, wat tussen 27 April 1993 en 30 September 1994 geskied het ten opsigte van 'n persoon bedoel in subartikel (2) of 'n klas van sodanige persone, te hersien. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,178 | Die kommissie kan 'n kontrak, aanstelling, bevordering of toekenning tersyde stel of wysig indien dit in die omstandighede van die geval nie behoorlik geskied het nie of nie geregverdig kan word nie. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,179 | deur "hierdie Grondwet", waar dit ook al in artikel 236 voorkom, deur "die nuwe Grondwet" te vervang. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,180 | n doeltreffende administrasie vir elke provinsie in te stel om met aangeleenthede binne die regsbevoegdheid van elke provinsiale regering te handel. |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,181 | deur subparagraaf (i) van subartikel (2)(a) deur die volgende subparagraaf te vervang: "(i) instellings bedoel in artikel 236(1), uitgesonderd militêre magte, berus by die nasionale regering, wat daardie verantwoordelikheid in samewerking met die provinsiale regerings uitoefen;". |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,182 | "(4) Behoudens en ooreenkomstig enige toepaslike wet, gaan die bates, regte, pligte en verpligtinge van alle magte bedoel in artikel 224(2) oor op die Nasionale Weermag ooreenkomstig die voorskrifte van die Minister van Verdediging.". |
133 | Constitionalcourt. Constitution.2009-02.af.txt | 8,183 | Let wel: Die syfers na die inskrywings verwys na artikelnommers. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,185 | Hierdie beleid vir openbare kommentaar handel oor die toekenning en bestuur van visvangregte in die kommersiële oestervissery en word deur die Departement van Omgewingsake en Toerisme: Tak Mariene-en Kusbestuur ("die departement") uitgereik. Hierdie beleid moet saamgelees word met die Konsep van die Algemene Beleid aangaande die Toekenning en Bestuur van Langtermyn Kommersiële Visvangregte: 2005 ("die Algemene Visvangbeleid"). |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,186 | Soos in die Algemene Beleid verklaar, sal die Departement openbare vergaderings en rondgaande plaaslike besprekings hou om met die algemene publiek, en veral die belanghebbende en geaffekteerde partye, oorleg te pleeg oor hierdie beleid. Skriftelike of mondelinge kommentaar sal op hierdie vergaderings gevra word en indien nodig sal hulp verleen word. Skriftelike kommentaar moet die Departement teen 11 April 2005 bereik. Kommentaar na hierdie datum ingedien sal nie oorweeg word nie. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,187 | Die doel van hierdie beleid is om die oorwegings van toepassing op die toekenning van kommersiële oesregte vir oesters uiteen te sit. Min van hierdie oorwegings is nuut. Hulle is in die verlede deur die Departement gebruik om regte toe te ken en om hierdie bedryf te bestuur. Hierdie beleid vervat sodanige oorwegings. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,188 | Sekere voorgenome bestuursbeleidsrigtings in verband met die toekenning van regte, word breedvoerig in hierdie beleid uiteengesit. 'n Bestuurshandboek vir die Oestervissery sal met al die regtehouers in die loop van 2006 gefinaliseer word. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,189 | Die Minister van Omgewingsake en Toerisme is voornemens om artikel 18-magte om kommersiële oesregte vir die oestervissery toe te ken, ingevolge artikel 79 van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne 18 van 1998 ("die WLMH") aan 'n senior beampte van die Departement te delegeer. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,190 | Die Kaapse Rotsoester wat in hierdie bedryf geteiken word, kom voor op rotsriwwe in 'n uitgebreide geografiese gebied vanaf Kaap Agulhas tot by Mosambiek. Hierdie oesters word in die tussentyse sone gevind in dieptes van ongeveer 6m. Die Kaapse Rotsoester word natuurlik gevind en word as "wilde oesters" in Suid-Afrikaanse restaurante verkoop.'n Goedkoper oester is die sogenaamde "Pacific Oyster" wat ingevoer word en heelwat in marikultuur benut word. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,191 | Daar is gevind dat oesters langs die KwaZulu-Natalse kus 33 maande (feitlik 3 jaar) neem om bemarkbare grootte (lengte van 60 mm vir die regterskulp) te bereik. Oesters versprei eiers oor 'n uitgebreide gebied. Oesters langs die KwaZulu-Natalse kus broei dwarsdeur die jaar met hoogtepunte gedurende lente en somer. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,192 | Oes vind plaas gedurende lae springgetye en is tradisioneel beperk tot die tussentyse sone, maar gedurende die afgelope paar jaar het die oesdieptes geleidelik uitgebrei na die rande van die subgety-sone, dit is omdat oesterdigtheid in die tussentyse sone afgeneem en toerustingdoeltreffendheid geleidelik toegeneem het. Oesters word met 'n skerp staalkoevoet van die rotse losgemaak. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,193 | Die oestervissery is vantevore bestuur as twee aparte visserye as gevolg van die gebiede waar hulle voorkom, naamlik die KwaZulu-Natalse kus en die Suid-Kaapse kus. Sedert 2002 is die oestervissery as enkele nasionale vissery bestuur. Volgens die nuwe bestuurstelsel is vier kommersiële oesgebiede amptelik erken, naamlik KZN-Noord, KZN-Suid, Port Elizabeth en die Suid-Kaap. Daar bestaan steeds verskille tussen die regulasies en oespatrone van die gebiede. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,194 | In KwaZulu-Natal (Noord-en Suidkus) is die bestuursbenadering van die KwaZulu-Natalse Provinsiale Regering steeds van krag. Dit werk deur middel van 'n beperking van die ontplooide vangpoging waarvolgens die aantal plukkers beperk word en 'n daaglikse sakperk van 190 oesters per plukker per dag afgedwing word. Verder is die KZN Noord-en Suidkus in vyf sones elk onderverdeel, wat op rotasiebasis geoes word. Dit verg dat sones vir minstens drie jaar op 'n slag braak lê (die optimale tydperk vir jong oesters om bemarkbare grootte te bereik) wat verseker dat oestervoorraad herstel. Hierdie stelsel word deur kommersiële en ontspanningsektore toegepas. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,195 | Die oestervissery langs die Suid-Kaapse kus word nie volgens rotasie-oeste bestuur nie, maar deur die aantal plukkers te beperk sonder daaglikse sakperke. Verder is die ontplooing van die vangpoging oor gebiede verdeel na aanleiding van die hoeveelheid toeganklike oester riwwe. Die Suid-Kaapse bedryf word beheer deur middle van 'n geslote seisoen vanaf 15 Desember tot en met 05 Januarie. Die geslote seisoen is ingestel om konflik tussen vakansiegangers en kommersiële oestersektore in te kort. In Port Ellizabeth word die oesterbed nie geoes nie. Slegs uitgespoelde oesters word opgetel. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,196 | Die Totale Ontplooide Vangpoging (TOV) vir die oestervissery word tans glad nie beinvloed deur wetenskaplike oorwegings of die status van die bron nie, maar word gebaseer op vangpogings vlakke voor 2002. Vordering in navorsing en voorradebepalings is nodig om volhoubare oesvlakke na behore te bepaal. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,197 | Beperkte kommersiële oesterregte is in 2002 toegeken om 'n paar voormalige bestaansgrondslagvissers te bemagtig wat vantevore verhoed is hulle bestaans-oeste te verkoop. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,198 | In 2002 is kommersiële regte om oesters te oes aan 34 aansoekers, met altesaam 114 plukkers in hulle diens, toegeken. Hiervan was 88% beperkte kommersiële regte. Regte is hoofsaaklik aan individue toegeken. Individue hou 91%, beslote korporasies 3% en maatskappye 6% van die regte. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,199 | Swart persone hou slegs 25,8% van die individuele regte, wat uiters swak is vir 'n bedryf wat maklik toeganklik, min toerusting en 'n klein kapitale basis nodig het. Verder is slegs 25,8% van die individuele regtehouers vroue. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,200 | Hoewel die TOV vasgestel is op145 plukkers, oes slegs 114 plukkers tans oesters. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,201 | Die doel van hierdie beleid, saamgelees met die Algemene Visserye Beleid, is om kriteria te bepaal waarvolgens oester-oesregte toegeken sal word. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,202 | Die ekonomiese lewensvatbaarheid en omgewingsvolhoubaarheid van die bedryf te ondersteun. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,203 | Die Departement is bewus van, en bekommerd oor sekere monopolistiese neigings in hierdie sektor (sien verder paragraaf 9 hier onder). |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,204 | Kommersiële visvangregte sal vir 'n tydperk van maksimum drie jaar toegeken word. Langtermyn regte sal oorweeg word slegs wanneer voldoende inligting oor die status van die bron bekend is en die transformasieprofiel van die sektor aansienlik verbeter het. Die Departement sal 'n sosio-ekonomiese studie tydens die drie-jaar tydperk doen in 'n poging om die huidige wanbalanse in die sektor reg te stel. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,205 | Alhoewel die bedryf tans oorontgin word is daar steeds oesgebiede wat glad nie ontgin word nie. Die Departement vereis dat hierdie gebiede ontgin word om waardevolle inligting oor oesters in daardie gebiede in te win. Verder is die sektor ongetransformeerd en word deur 'n paar persone oorheers tot nadeel van ander wat in die sektor werk. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,206 | Die Departement sal dus probeer om regte aan nuwe aansoekers toe te ken in die gebiede waar geen medium-termyn kommersiële oesterregte toegeken is nie (en 'n TOV vir hierdie gebiede vasgestel was) en waar nuwe inkomelinge die transformasieprofiel van die sektor sal verbeter. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,207 | Aansoekers om kommersiële oesterregte sal volgens 'n aantal uitsluitings-en balanseringskriteria evalueer word. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,208 | Vorm van die aansoeker: Slegs natuurlike persone (d w s individue), mag om regte aansoek doen. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,209 | Aansoeke van families: Oor die algemeen sal slegs een reg per familie toegeken word. Wanneer meer as een aansoek van familielede wat by dieselfde adres woon ontvang word, mag dit wees dat al die aansoeke uitgesluit sal word. Meer as een reg mag per familie toegeken word, wanneer aansoekers duidelik en oortuigend kan bewys dat hulle aparte klein kommersiële ondernemings gestig het. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,210 | Wetsnakoming: Aansoekers wat skuldig bevind is aan 'n ernstige oortreding van die WLMH, (wat byvoorbeeld gelei het tot tronkstraf sonder die opsie om 'n boete te betaal) sal nie 'n reg toegeken word nie. Aansoekers wie se visvangreg enigsins ingevolge die WLMH gekanselleer of ingetrek is, sal ook nie 'n reg toegeken word nie. Ander oortredings van die WLMH sal evaluering van die aansoeke negatief beïnvloed soos hier onder uiteengesit. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,211 | Papierkwota's: 'n Papierkwota soos in die Algemene Beleid bepaal, word uitgesluit. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,212 | Nie-gebruik: Regtehouers wat versuim het om hulle medium-termyn kommersiële oesterregte tussen 2002 en 2004 te gebruik sal nie weer 'n reg toegeken word nie. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,213 | Nie-afhanklikes: Persone (soos prokureurs, onderwysers, polisiebeamptes, ondernemers en so meer) wat enige deel van hulle inkomste uit bronne buite die visserybedryf verkry word uitgesluit. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,214 | Persoonlike betrokkenheid: Aansoekers sal voltyds betrokke moet wees by die oes van oesters. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,215 | Hoewel die volgende kriteria op regtehouers en nuwe aansoekers toegepas word, sal die gewig wat aan elke kategorie geheg word verskil. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,216 | Die Departement sal swart aansoekers ondersteun, omdat die transformasieprofiel van hierdie bedryf besonder swak is. Verder sal die Departement probeer om vroue ook te ondersteun deur geslag as valbyl-faktor toe te pas waar nodig. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,217 | Die Departement sal aansoekers se beleggings, indien enige in die sektor, in aanmerking neem hetsy in die vorm van prosessering of bemarking, sowel plaaslik as internasionaal. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,218 | Bestaande Regtehouer aansoekers sal evalueer word met inagneming van hulle oesprestasie en rekord gedurende die proses van medium-termyn regtetoekenning. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,219 | Nuwe aansoekers sal evalueer word volgens hulle vermoë, kennis en vaardigheid om oesters te oes. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,220 | Die Departement sal voorkeur gee aan aansoekers wat afhanklik is van die oes van oesters vir minstens 75% vir hulle jaarlikse bruto-inkomste. Soos hierbo genome, sal enige aansoeker wat inkomste verdien uit bronne buite die visserybedryf uitgesluit word. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,221 | Die Departement verkies om regte toe te ken aan aansoekers wat naby die oesvelde woon. In hierdie verband vereis die Departement dat die aansoeker al minstens vier jaar lank in daardie gebied woon. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,222 | Regtehouers wat tans ondersoek word vir oortredings van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne, sal nie 'n oesterreg toegeken word voordat die resultate van die ondersoek bekend is nie. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,223 | Geringe oortredings deur die aansoeker van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne en die regulasies daarby, sal negatiewe punte behaal. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,224 | Die Departement is van mening dat die potensiaal van hierdie sektor nog nie ten volle ontgin is nie, omdat een of twee groeperings die sektor monopoliseer. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,225 | Die groei van hierdie sektor is benadeel, as gevolg van die monopolieë en plukkers is uitgebuit. Monopolieë in hierdie sektor is onaanvaarbaar en sal nie toegelaat word om voort te gaan nie. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,226 | Gevolglik moet almal wat oesters van regtehouers (plukkers) wil koop by die Departement registreer. Die Departement sal niemand registreer wie se regte of permitte gekanselleer of ingetrek is ingevolge die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne, of wat skuldig bevind is op 'n oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne nie. Indien die Departement bevind dat kopers onderhands saamwerk om pryse vir oesters vas te stel sal die Departement tussenbeide tree en as alleen-koper van die oesters optree. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,227 | Aansoekgeld vir hierdie sektor sal nie R500 oorskry nie. Die Departement is besig om die koste van die toekenningsproses vir hierdie sektor te bepaal. Die Departement sal regtehouers en belanghebbende partye in kennis stel sodra die aansoekgeld vasgestel is. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,228 | Voordat die Departement 'n finale besluit neem oor aan wie oesterregte toegeken word, sal 'n voorlopige lys van suksesvolle aansoekers per gebied na elk van die gebiede gestuur word. |
134 | D - Oyster Afrikaans.txt | 8,229 | Permitvoorwaardes vir hierdie bedryf word jaarliks uitgereik. Die permitvoorwaardes van toepassing op hierdie bedryf vir die 2005-seisoen word as Bylae A aangeheg. Die voorwaardes mag jaarliks gewysig word na oorlegpleging met die regtehouers in die bedryf. Regtehouers en belanghebbende partye word uitgenooi om kommentaar oor hierdie permitvoorwaardes te lewer. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,231 | Hierdie document is 'n konsepbeleid vir openbare kommentaar oor die toekenning en bestuur van visvangregte in die KwaZulu-Natalse (KZN) kommersiële strand-treknetvissery van sardiens word uitgereik deur die Departement van Omgewingsake en Toerisme: Tak Mariene en Kusbestuur ("die Departement"). Na hierdie visvangbedryf word ook verwys as die KwaZulu-Natalse strand-treknetvissery van sardiens. Die konsepbeleid moet saam-gelees word met die Konsep van die Algemene Beleid vir die Toekenning en Bestuur van Langtermyn Kommersiële Visvangregte: 2005 ("die Algemene Visvangbeleid"). Belenghebbende en affekteerde partye mag skirftelik kommentaar lewer by die Department teen 11 April 2005. Kommentaar wat na hierdie datum ontvang word, sal nie in aanmerking kom nie. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,232 | Die doel van hierdie beleid is om die oorwegings van toepassing op die toekenning van langtermyn kommersiële visvangregte vir die KZN strand-treknetvissery van sardiens uiteen te sit. Min van hierdie oorwegings is nuut. Hulle is in die verlede deur die Departement gebruik by die toekenning van regte. Hierdie beleid verteenwoordig tewens 'n dokumentasie van sodanige beleid. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,233 | Sekere voorgenome bestuursbeleidsrigtings in verband met die toekenning van regte verskyn ook in hierdie konsepbeleid. 'n Bestuurshandboek vir die KZN strand-treknetvissery van sardiens sal in die loop van 2006 gefinaliseer word. Hierdie handboek sal in die fynste besonderhede die toepaslike bestuursmetodes en -prosedures vir die bedryf uitstippel. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,234 | Die jaarlikse sardienloop kom ooreen met 'n aflandige beweging van die warm Augulhas-stroom in die omgewing van die Wilde Kus, gedurende herfs tot en met winter en die vervanging daarvan deur 'n koel, smal strokie water by die kus. Hierdie gebeurtenis verskaf 'n gang vir die sardiens wat koeler water verkies om noordwaarts te migreer in groot skole wat tot 15 meter lank, drie kilometer wyd en 40 meter diep kan wees. Die skole trek die aandag van baie roofvisse soos malgasse, dolfyne en haaie. |
135 | D - KZN Beach-Seine Afrikaans.txt | 8,235 | Die KZN strand-treknetvissery van sardiens vertrou volkome op die sardienloop. Boonop is KwaZulu-Natal se toerisme-bedryf daarop ingestel om op die skouspel van die sardienloop met inbegrip van die opwinding van die strand-treknetoperasies te kapitaliseer. Daar kom egter jare voor wanneer die koue water nie opstoot nie, of wanneer sardiens nie by die kus te bespeur is nie. Sommige jare was die vangste in KwaZulu-Natalse strand-treknetvissery van sardiens feitlik nul. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.