document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,538
n ander weergawe van die Wetsontwerp.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,539
Indien die Bemiddelingskomitee nie kan ooreenkom binne 30 dae nadat die Wetsontwerp na hom verwys is nie, verval die Wetsontwerp tensy die Vergadering die Wetsontwerp weer aanneem, maar met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes van sy lede.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,540
Indien die Bemiddelingskomitee ooreenkom ten gunste van die Wetsontwerp soos deur die Vergadering aangeneem, moet die Wetsontwerp na die Raad verwys word, en indien die Raad die Wetsontwerp aanneem, moet die Wetsontwerp aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,541
Indien die Bemiddelingskomitee ooreenkom ten gunste van die gewysigde Wetsontwerp soos deur die Raad aangeneem, moet die Wetsontwerp na die Vergadering verwys word, en indien die Vergadering die Wetsontwerp aanneem, moet die Wetsontwerp aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,542
Indien die Bemiddelingskomitee ten gunste van 'n ander weergawe van die Wetsontwerp ooreenkom, moet dié weergawe van die Wetsontwerp na sowel die Vergadering as die Raad verwys word, en indien dié weergawe deur die Vergadering en die Raad aangeneem word, moet dit aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,543
Indien 'n Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (f) of (h) na die Raad verwys is, nie deur die Raad aangeneem word nie, verval die Wetsontwerp, tensy die Vergadering die Wetsontwerp aanneem met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes van sy lede.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,544
Indien 'n Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (g) of (h) na die Vergadering verwys is, nie deur die Vergadering aangeneem word nie, verval die Wetsontwerp, maar die Wetsontwerp soos oorspronklik deur die Vergadering aangeneem, kan weer deur die Vergadering aangeneem word, maar met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes van sy lede.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,545
n Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (e), (i) of (j) deur die Vergadering aangeneem is, moet aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,546
n gewysigde Wetsontwerp aanneem; of (iii) die Wetsontwerp verwerp.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,547
n Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (a)(i) deur die Vergadering aangeneem is, moet aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,548
Indien die Vergadering 'n gewysigde Wetsontwerp aanneem, moet die gewysigde Wetsontwerp na die Raad verwys word, en indien die Raad die gewysigde Wetsontwerp aanneem, moet dit aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,549
die gewysigde Wetsontwerp soos deur die Vergadering aangeneem; of (iii) 'n ander weergawe van die Wetsontwerp.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,550
Indien die Bemiddelingskomitee nie kan ooreenkom binne 30 dae nadat die Wetsontwerp na hom verwys is nie, verval die Wetsontwerp.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,551
Indien die Bemiddelingskomitee ooreenkom ten gunste van die Wetsontwerp soos deur die Raad aangeneem, moet die Wetsontwerp na die Vergadering verwys word, en indien die Vergadering die Wetsontwerp aanneem, moet dit aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,552
Indien die Bemiddelingskomitee ooreenkom ten gunste van die gewysigde Wetsontwerp soos deur die Vergadering aangeneem, moet die Wetsontwerp na die Raad verwys word, en indien dit deur die Raad aangeneem word, moet dit aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,553
Indien die Bemiddelingskomitee ten gunste van 'n ander weergawe van die Wetsontwerp ooreenkom, moet dié weergawe van die Wetsontwerp na sowel die Raad as die Vergadering verwys word, en indien dit deur die Raad en die Vergadering aangeneem word, moet dit aan die President vir bekragtiging voorgelê word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,554
Indien 'n Wetsontwerp wat ingevolge paragraaf (f) of (h) na die Vergadering verwys is, nie deur die Vergadering aangeneem word nie, verval die Wetsontwerp.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,555
Indien die Nasionale Vergadering 'n Wetsontwerp beoog in subartikel (1)(g) of (h) oorweeg, kan daardie Wetsontwerp aangeneem word slegs indien 'n meerderheid van die lede van die Vergadering ten gunste daarvan stem.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,556
Indien die Nasionale Vergadering 'n Wetsontwerp beoog in subartikel (1)(e), (i) of (j) oorweeg of heroorweeg, kan daardie Wetsontwerp aangeneem word slegs indien minstens twee derdes van die lede van die Vergadering ten gunste daarvan stem.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,557
Hierdie artikel is nie op Geldwetsontwerpe van toepassing nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,558
'n Wetsontwerp wat geld bewillig of belastings, heffings of regte oplê, is 'n Geldwetsontwerp. 'n Geldwetsontwerp mag met geen ander aangeleentheid handel nie, behalwe 'n ondergeskikte aangeleentheid wat verband hou met die bewilliging van geld of die oplegging van belastings, heffings of regte.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,559
voorgeskryf word. 'n Parlementswet moet voorsiening maak vir 'n prosedure vir die wysiging van Geldwetsontwerpe voor die Parlement.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,560
een afgevaardigde uit elke provinsiale afvaardiging in die Nasionale Raad van Provinsies, deur die afvaardiging aangewys.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,561
minstens vyf van die verteenwoordigers van die Nasionale Raad van Provinsies.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,562
Die President moet 'n Wetsontwerp wat ingevolge hierdie Hoofstuk aangeneem is óf bekragtig en onderteken óf, indien die President voorbehoude omtrent die grondwetlikheid van die Wetsontwerp het, dit na die Nasionale Vergadering vir heroorweging terugverwys.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,563
Die gesamentlike reëls en orders moet voorsiening maak vir die prosedure vir die heroorweging van 'n Wetsontwerp deur die Nasionale Vergadering en die deelname van die Nasionale Raad van Provinsies aan die proses.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,564
artikel 74(1), (2) of (3)(b) of 76 by die aanname van die Wetsontwerp van toepassing was.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,565
óf dit na die Konstitusionele Hof vir 'n beslissing oor die grondwetlikheid daarvan verwys.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,566
Indien die Konstitusionele Hof beslis dat die Wetsontwerp grondwetlik is, moet die President dit bekragtig en onderteken.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,567
Lede van die Nasionale Vergadering kan by die Konstitusionele Hof aansoek doen om 'n bevel wat verklaar dat 'n Parlementswet in die geheel of ten dele ongrondwetlik is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,568
moet gedoen word binne 30 dae vanaf die datum waarop die President die Wet bekragtig en onderteken het.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,569
die aansoek 'n redelike vooruitsig het om te slaag.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,570
Indien 'n aansoek nie slaag nie, en nie 'n redelike vooruitsig gehad het om te slaag nie, kan die Konstitusionele Hof die aansoekers gelas om die koste te betaal.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,571
'n Wetsontwerp wat deur die President bekragtig en onderteken is, word 'n Wet van die Parlement, moet onverwyld gepubliseer word, en tree in werking by die publikasie daarvan of op 'n datum ingevolge die Wet bepaal.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,572
Die ondertekende eksemplaar van 'n Parlementswet is afdoende bewys van die bepalings van daardie Wet en moet na die publikasie daarvan vir veilige bewaring aan die Konstitusionele Hof toevertrou word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,573
bevorder die eenheid van die nasie en alles wat die Republiek sal laat vooruitgaan.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,574
Die President het die bevoegdhede wat deur die Grondwet en wetgewing verleen word, met inbegrip van dié bevoegdhede wat nodig is om die funksies van Staatshoof en hoof van die nasionale uitvoerende gesag te verrig.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,575
die toekenning van eerbewyse.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,576
Die uitvoerende gesag van die Republiek berus by die President.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,577
enige ander uitvoerende funksie te verrig waarvoor in die Grondwet of in nasionale wetgewing voorsiening gemaak word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,578
By sy eerste sitting na sy verkiesing, en wanneer dit ook al nodig is om 'n vakature te vul, moet die Nasionale Vergadering 'n vrou of 'n man uit sy geledere as die President verkies.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,579
Die President van die Konstitusionele Hof moet by die verkiesing van die President voorsit, of 'n ander regter aanwys om dit te doen. Die prosedure in Deel A van Bylae 3 uiteengesit, is op die verkiesing van die President van toepassing.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,580
'n Verkiesing om 'n vakature in die amp van President te vul, moet gehou word op 'n tyd en datum deur die President van die Konstitusionele Hof bepaal, maar nie later nie as 30 dae nadat die vakature ontstaan.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,581
Wanneer iemand as President verkies word, hou so iemand op om 'n lid van die Nasionale Vergadering te wees, en moet so iemand die amp van President binne vyf dae aanvaar deur ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet af te lê.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,582
Die President se ampstermyn begin by ampsaanvaarding en eindig wanneer 'n vakature ontstaan of wanneer die persoon wat volgende as President verkies word die amp aanvaar.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,583
Niemand mag die amp van President vir meer as twee ampstermyne beklee nie, maar wanneer iemand verkies word om 'n vakature in die amp van President te vul, word die tydperk tussen daardie verkiesing en die volgende verkiesing van 'n President nie as 'n ampstermyn beskou nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,584
onvermoë om die funksies van die amp te verrig.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,585
Iemand wat ingevolge subartikel (1)(a) of (b) van die amp van President onthef is, mag geen voordele van daardie amp ontvang nie, en mag in geen openbare amp dien nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,586
n Minister deur die President aangewys.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,587
n Minister deur die ander lede van die Kabinet aangewys.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,588
Die Speaker, totdat die Nasionale Vergadering een van sy ander lede aanwys.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,589
n Waarnemende President het die verantwoordelikhede, bevoegdhede en funksies van die President.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,590
Voordat die Waarnemende President die verantwoordelikhede, bevoegdhede en funksies van die President aanvaar, moet die Waarnemende President ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,591
Die Kabinet bestaan uit die President, as hoof van die Kabinet, 'n Adjunkpresident en Ministers.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,592
Die President stel die Adjunkpresident en Ministers aan, dra hulle bevoegdhede en funksies aan hulle op, en kan hulle ontslaan.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,593
kan hoogstens twee Ministers van buite die Vergadering kies.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,594
Die President moet 'n lid van die Kabinet as die leier van regeringswerksaamhede in die Nasionale Vergadering aanstel.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,595
Die Adjunkpresident moet die President in die verrigting van regeringsfunksies bystaan.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,596
Die Adjunkpresident en Ministers is verantwoordelik vir die bevoegdhede en funksies van die uitvoerende gesag wat deur die President aan hulle opgedra word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,597
Lede van die Kabinet is gesamentlik en afsonderlik teenoor die Parlement aanspreeklik vir die uitoefening van hul bevoegdhede en die verrigting van hul funksies.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,598
die Parlement voorsien van volledige en gereelde verslae oor aangeleenthede onder hulle beheer.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,599
Die President kan Adjunkministers uit die geledere van die Nasionale Vergadering aanstel om die lede van die Kabinet behulpsaam te wees, en kan hulle ontslaan.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,600
Wanneer 'n verkiesing van die Nasionale Vergadering gehou word, bly die Kabinet, die Adjunkpresident, Ministers en enige Adjunkministers bevoeg om te funksioneer totdat die persoon wat deur die volgende Vergadering as President verkies word die amp aanvaar.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,601
Voordat die Adjunkpresident, Ministers en enige Adjunkministers begin om hul funksies te verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,602
Lede van die Kabinet en Adjunkministers moet optree ooreenkomstig 'n etiese kode deur nasionale wetgewing voorgeskryf.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,603
hul posisie of enige inligting aan hulle toevertrou, gebruik om hulself te verryk of enige ander persoon onbehoorlik te bevoordeel nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,604
enige bevoegdheid of funksie oordra wat by wetgewing aan 'n ander lid opgedra is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,605
Die President kan aan 'n Kabinetslid enige bevoegdheid of funksie van 'n ander lid wat uit die amp afwesig is of nie in staat is om daardie bevoegdheid uit te oefen of daardie funksie te verrig nie, opdra.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,606
'n Lid van die Kabinet kan enige bevoegdheid of funksie wat ingevolge 'n Parlementswet uitgeoefen of verrig moet word, aan 'n lid van 'n provinsiale Uitvoerende Raad of 'n Munisipale Raad opdra.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,607
tree by proklamering deur die President in werking.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,608
te voorkom dat daardie provinsie onredelike stappe doen wat nadelig is vir die belange van 'n ander provinsie of van die land as geheel.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,609
die Raad die ingryping gereeld in hersiening neem en enige gepaste aanbevelings aan die nasionale uitvoerende gesag doen.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,610
Nasionale wetgewing kan die proses ingestel deur hierdie artikel reguleer.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,611
'n Skriftelike besluit van die President moet deur 'n ander Kabinetslid mede-onderteken word indien daardie besluit 'n funksie raak wat aan daardie ander Kabinetslid opgedra is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,612
Proklamasies, regulasies en ander instrumente van ondergeskikte wetgewing moet vir die publiek toeganklik wees.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,613
in die Parlement ter tafel gelê moet word, spesifiseer; en (b) deur die Parlement goedgekeur moet word, spesifiseer.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,614
Indien die Nasionale Vergadering by 'n besluit ten gunste waarvan 'n meerderheid van sy lede stem 'n voorstel van wantroue in die Kabinet, uitgesonderd die President, aanneem, moet die President die Kabinet hersaamstel.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,615
Indien die Nasionale Vergadering by 'n besluit ten gunste waarvan 'n meerderheid van sy lede stem 'n voorstel van wantroue in die President aanneem, moet die President en die ander lede van die Kabinet en enige Adjunkministers bedank.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,616
Die grense van die provinsies is dié wat bestaan het toe die Grondwet in werking getree het.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,617
om enige van sy wetgewende bevoegdhede aan 'n Munisipale Raad in daardie provinsie op te dra.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,618
Die wetgewer van 'n provinsie kan by 'n besluit aangeneem met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes van sy lede, die Parlement versoek om die naam van daardie provinsie te verander.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,619
'n Provinsiale wetgewer word slegs deur die Grondwet en, indien hy 'n grondwet vir sy provinsie aangeneem het, ook deur daardie grondwet gebind, en moet in ooreenstemming met, en binne die perke van, die Grondwet en daardie provinsiale grondwet optree.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,620
Provinsiale wetgewing met betrekking tot 'n aangeleentheid wat redelikerwys nodig is vir, of verband hou met, die doeltreffende uitoefening van 'n bevoegdheid betreffende enige aangeleentheid in Bylae 4 vermeld, is vir alle doeleindes wetgewing met betrekking tot 'n aangeleentheid in Bylae 4 vermeld.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,621
'n Provinsiale wetgewer kan by die Nasionale Vergadering wetgewing aanbeveel betreffende enige aangeleentheid buite die gesag van daardie wetgewer, of ten opsigte waarvan 'n Parlementswet voorrang bo 'n provinsiale Wet geniet.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,622
in die algemeen, proporsionele verteenwoordiging tot gevolg het.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,623
'n Provinsiale wetgewer bestaan uit tussen 30 en 80 lede. Die getal lede, wat van provinsie tot provinsie kan verskil, moet bepaal word ooreenkomstig 'n formule wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,624
iemand wat na die inwerkingtreding van hierdie artikel, binne die Republiek aan 'n misdryf skuldig bevind word, of buite die Republiek aldus skuldig bevind word indien die optrede wat die misdryf uitmaak binne die Republiek 'n misdryf sou uitgemaak het, en tot meer as 12 maande gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete gevonnis is, maar niemand word beskou as gevonnis te wees voordat 'n appèl teen die skuldigbevinding of vonnis beslis is, of voordat die tyd om appèl aan te teken, verstryk het nie. 'n Onbevoegdheid ingevolge hierdie paragraaf verstryk vyf jaar nadat die vonnis voltooi is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,625
wetgewer te wees, kan 'n kandidaat vir die wetgewer wees behoudens enige beperkings of voorwaardes wat deur nasionale wetgewing voorgeskryf word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,626
sonder toestemming afwesig is van die wetgewer in omstandighede waarvoor die reëls en orders van die wetgewer verlies van lidmaatskap voorskryf.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,627
Voordat lede van 'n provinsiale wetgewer begin om hul funksies in die wetgewer te verrig, moet hulle ooreenkomstig Bylae 2 'n eed of plegtige verklaring van getrouheid aan die Republiek en gehoorsaamheid aan die Grondwet aflê.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,628
'n Provinsiale wetgewer word vir 'n termyn van vyf jaar verkies.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,629
Indien 'n provinsiale wetgewer ingevolge artikel 109 ontbind word, of wanneer sy termyn verstryk, moet die Premier van die provinsie by proklamasie 'n verkiesing uitskryf en datums daarvoor bepaal, en dié verkiesing moet gehou word binne 90 dae vanaf die datum waarop die wetgewer ontbind is of sy termyn verstryk het.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,630
Indien die uitslag van 'n verkiesing van 'n provinsiale wetgewer nie binne die tydperk in artikel 190 genoem, bekend gemaak word nie, of indien 'n verkiesing deur 'n hof tersyde gestel word, moet die President by proklamasie 'n ander verkiesing uitskryf en datums daarvoor bepaal, en dié verkiesing moet gehou word binne 90 dae vanaf die verstryking van daardie tydperk of vanaf die datum waarop die verkiesing tersyde gestel is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,631
n Provinsiale wetgewer bly bevoeg om te funksioneer vanaf sy ontbinding of die verstryking van sy termyn tot op die dag voor die eerste dag waarop die stemming vir die volgende wetgewer plaasvind.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,632
drie jaar verstryk het sedert die wetgewer verkies is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,633
die wetgewer in gebreke bly om binne 30 dae nadat die vakature ontstaan het 'n nuwe Premier te kies.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,634
Die eerste sitting van 'n provinsiale wetgewer na 'n verkiesing vind plaas op 'n tyd en datum wat bepaal word deur 'n regter wat deur die President van die Konstitusionele Hof aangewys word, maar nie later nie as 14 dae nadat die uitslag van die verkiesing bekend gemaak is. 'n Provinsiale wetgewer kan die tyd en duur van sy ander sittings en sy resesse bepaal.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,635
Die Premier van 'n provinsie kan die provinsiale wetgewer te eniger tyd vir 'n buitengewone sitting byeenroep om spesiale werksaamhede te verrig.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,636
n Provinsiale wetgewer kan bepaal waar hy normaalweg sy sittings sal hou.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
8,637
By die eerste sitting na sy verkiesing, of wanneer dit nodig is om 'n vakature te vul, moet 'n provinsiale wetgewer uit sy geledere 'n Speaker en 'n Adjunkspeaker kies.