document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,038
Dit het 'n groen Y-vormige baan wat een vyfde van die wydte van die vlag is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,039
Die groen baan is bo en onder wit gesoom en na die vlagpaal goud gesoom. Elke soom is een vyftiende van die wydte van die vlag.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,040
Die driehoek naas die vlagpaal is swart.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,041
Die boonste horisontale baan is rissierooi en die onderste horisontale baan is blou. Hierdie bane is elk een derde van die wydte van die vlag.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,042
In die teenwoordigheid van almal hier vergader en in die volle besef van die hoë roeping wat ek as President/Waarnemende President van die Republiek van Suid-Afrika aanvaar, sweer ek, A.B./verklaar ek, A.B.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,043
s my aan die welsyn van die Republiek en al sy mense sal wy.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,044
In die geval van 'n eed: So help my God.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,045
wat ek as Adjunkpresident van die Republiek van Suid-Afrika aanvaar, sweer ek, A.B./ verklaar ek, A.B.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,046
s my aan die welsyn van die Republiek en al sy mense sal wy.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,047
In die geval van 'n eed: So help my God.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,048
vermoë uit te voer.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,049
In die geval van 'n eed: So help my God.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,050
Ek, A.B., sweer/verklaar plegtig trou aan die Republiek van Suid-Afrika en dat ek die Grondwet en die ander reg van die Republiek sal gehoorsaam, eerbiedig en onderhou; en ek belowe plegtig om my funksies as lid van die Nasionale Vergadering/vaste afgevaardigde na die Nasionale Raad van Provinsies/lid van die wetgewer van die provinsie C.D. na my beste vermoë uit te voer.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,051
In die geval van 'n eed: So help my God.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,052
Persone wat 'n vakature in die Nasionale Vergadering, 'n vaste afvaardiging na die Nasionale Raad van Provinsies of 'n provinsiale wetgewer vul, kan ingevolge subitem (1) voor die voorsittende beampte van die Vergadering, Raad of wetgewer, na gelang van die geval, 'n eed of plegtige verklaring aflê.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,053
Ek, A.B., sweer/verklaar plegtig trou aan die Republiek van Suid-Afrika en dat ek die Grondwet en die ander reg van die Republiek sal gehoorsaam, eerbiedig en onderhou; en ek belowe om my amp as Premier/ Waarnemende Premier/lid van die Uitvoerende Raad van die provinsie C.D. met eer en waardigheid te beklee; 'n opregte en getroue raadgewer te wees; geen sake wat aan my vir geheimhouding toevertrou word, regstreeks of onregstreeks te openbaar nie; en die funksies van my amp met nougesetheid en na my beste vermoë uit te voer.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,054
In die geval van 'n eed: So help my God.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,055
Ek, A.B., sweer/verklaar plegtig trou, as 'n Regter van die Konstitusionele Hof/Hoogste Hof van Appèl/Hoë Hof/E.F. -hof, aan die Republiek van Suid-Afrika, en dat ek die Grondwet en die menseregte wat daarin verskans is, sal handhaaf en beskerm; en aan alle persone op gelyke voet reg sal laat geskied sonder vrees, begunstiging of vooroordeel, ooreenkomstig die Grondwet en die reg.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,056
In die geval van 'n eed: So help my God.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,057
Iemand wat in die amp van Hoofregter van die Hoogste Hof van Appèl aangestel is en wat ten tyde van daardie aanstelling nie reeds 'n regter is nie, moet voor die President van die Konstitusionele Hof 'n eed of plegtige verklaring aflê.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,058
Regterlike beamptes en waarnemende regterlike beamptes, buiten regters, moet ingevolge nasionale wetgewing 'n eed/plegtige verklaring aflê.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,059
n provinsiale wetgewer vergader om die Premier van die Provinsie of die Speaker of Adjunkspeaker van die wetgewer te verkies.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,060
op die vergadering vir die nominasie van kandidate vra.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,061
n Nominasie moet voorgelê word op die vorm wat voorgeskryf word deur die reëls in item 9 vermeld.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,062
deur twee lede van die betrokke provinsiale wetgewer, indien die Premier van die provinsie of die Speaker of Adjunkspeaker van die wetgewer verkies moet word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,063
n Persoon wat genomineer word, moet aanname van die nominasie te kenne gee deur óf die nominasievorm óf enige ander vorm van skriftelike bevestiging te teken.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,064
Op 'n vergadering waarop hierdie Bylae van toepassing is, moet die voorsittende persoon die name aankondig van die persone wat as kandidate genomineer is, maar mag die voorsittende persoon geen debat toelaat nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,065
Indien slegs een kandidaat genomineer word, moet die voorsittende persoon verklaar dat daardie kandidaat verkies is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,066
moet die voorsittende persoon die kandidaat wat 'n meerderheid van die stemme kry, verkies verklaar.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,067
Indien geen kandidaat 'n meerderheid van die stemme kry nie, word die kandidaat wat die laagste getal stemme gekry het, uitgeskakel en moet 'n verdere stemming oor die oorblywende kandidate ooreenkomstig item 6 plaasvind. Hierdie prosedure moet herhaal word totdat 'n kandidaat 'n meerderheid van die stemme kry.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,068
oorbly nadat 'n uitskakelingsprosedure toegepas is, en daardie twee kandidate dieselfde getal stemme kry, moet 'n verdere vergadering binne sewe dae gehou word op 'n tyd wat deur die voorsittende persoon bepaal word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,069
Indien 'n verdere vergadering ingevolge subitem (1) gehou word, moet die prosedure in hierdie Bylae voorgeskryf by daardie vergadering toegepas word asof dit die eerste vergadering vir die betrokke verkiesing is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,070
die wyse waarop die stemming moet geskied.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,071
Hierdie reëls moet bekend gemaak word op die wy se wat die President van die Konstitusionele Hof bepaal.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,072
Die getal afgevaardigdes in 'n provinsiale afvaardiging na die Nasionale Raad van Provinsies waarop 'n party geregtig is, word bepaal deur die getal setels wat die party in die provinsiale wetgewer het met tien te vermenigvuldig en die resultaat te deel deur die getal setels in die wetgewer, plus een.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,073
Indien 'n berekening ingevolge item 1 'n surplus oplewer wat nie opgeneem word deur die afgevaardigdes wat ingevolge daardie item aan 'n party toegewys word nie, moet die surplus meeding met soortgelyke surplusse wat enige ander party of partye toekom, en enige afgevaardigdes in die afvaardiging wat nie toegeken is nie, moet aan die party of partye in volgorde van die hoogste surplus toegeken word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,074
"oubedeling-wetgewing" wetgewing verorden voordat die vorige Grondwet in werking getree het; "tuisland" 'n deel van die Republiek waarmee, voordat die vorige Grondwet in werking getree het, in Suid-Afrikaanse wetgewing gehandel is as 'n onafhanklike of selfregerende gebied; "vorige Grondwet" die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993 (Wet 200 van 1993).
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,075
bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,076
word, behoudens die nuwe Grondwet, steeds geadministreer deur die gesag wat dit geadministreer het toe die nuwe Grondwet in werking getree het.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,077
na 'n amptelike taal of tale, uitgelê as 'n verwysing na enige van die amptelike tale kragtens die nuwe Grondwet.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,078
die Premier van 'n provinsie kragtens die nuwe Grondwet, indien die administrasie van daardie wetgewing ingevolge die vorige Grondwet of hierdie Bylae aan 'n provinsiale uitvoerende gesag toegewys of opgedra is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,079
Enigiemand wat 'n lid of ampsdraer van die Nasionale Vergadering was toe die nuwe Grondwet in werking getree het, word 'n lid of ampsdraer van die Nasionale Vergadering kragtens die nuwe Grondwet, en beklee die amp as lid of ampsdraer ingevolge die nuwe Grondwet.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,080
Die Nasionale Vergadering soos ingevolge subitem (1) saamgestel, word beskou as verkies te wees kragtens die nuwe Grondwet vir 'n termyn wat op 30 April 1999 verstryk.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,081
Vir die duur van die Nasionale Vergadering se termyn wat behoudens artikel 49(4) van die nuwe Grondwet op 30 April 1999 verstryk, bestaan die Vergadering uit 400 lede.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,082
Die reëls en orders van die Nasionale Vergadering wat van krag was toe die nuwe Grondwet in werking getree het, bly van krag behoudens enige wysiging of herroeping.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,083
Daar word met enige onafgehandelde werk voor die Nasionale Vergadering wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, ingevolge die nuwe Grondwet voortgegaan.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,084
Enige onafgehandelde werk voor die Senaat wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, moet na die Nasionale Raad van Provinsies verwys word, en die Raad moet ingevolge die nuwe Grondwet met daardie werk voortgaan.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,085
Geen verkiesing van die Nasionale Vergadering mag voor 30 April 1999 gehou word nie tensy die Vergadering ontbind word ingevolge artikel 50(2) na 'n voorstel van wantroue in die President ingevolge artikel 102(2) van die nuwe Grondwet.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,086
Artikel 50(1) van die nuwe Grondwet word opgeskort tot 30 April 1999.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,087
op die vul van vakatures in die Vergadering, en die aanvulling, hersiening en aanwending van partylyste vir die vul van vakatures, tot die tweede verkiesing van die Vergadering kragtens die nuwe Grondwet.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,088
Artikel 47(4) van die nuwe Grondwet word opgeskort tot die tweede verkiesing van die Nasionale Vergadering kragtens die nuwe Grondwet.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,089
kan ander persone as vaste afgevaardigdes benoem slegs indien daar geen of 'n onvoldoende getal van sy voormalige senatore beskikbaar is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,090
die partye aanstel.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,091
Subitems (2) en (3) is van toepassing slegs op die eerste aanstelling van vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,092
Artikel 62(1) van die nuwe Grondwet is nie van toepassing op die benoeming en aanstelling van voormalige senatore as vaste afgevaardigdes ingevolge hierdie item nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,093
Die reëls en orders van die Senaat wat van krag was toe die nuwe Grondwet in werking getree het, moet ten opsigte van die werk van die Nasionale Raad toegepas word in die mate waarin dit toegepas kan word, behoudens enige wysiging of herroeping.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,094
'n Voormalige senator wat nie as 'n vaste afgevaardigde na die Nasionale Raad van Provinsies aangestel word nie, is geregtig om 'n ten volle stemgeregtigde lid te word van die wetgewer van die provinsie waaruit daardie persoon ingevolge artikel 48 van die vorige Grondwet as 'n senator benoem is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,095
Indien 'n voormalige senator kies om nie 'n lid van 'n provinsiale wetgewer te word nie, word daar beskou dat daardie persoon as senator bedank het op die dag voordat die nuwe Grondwet in werking getree het.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,096
Die salaris, toelaes en voordele van 'n voormalige senator wat as 'n vaste afgevaardigde of as 'n lid van 'n provinsiale wetgewer aangestel is, mag nie slegs vanweë daardie aanstelling verminder word nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,097
Enigiemand wat kragtens die vorige Grondwet die President, 'n Uitvoerende Adjunkpresident, 'n Minister of 'n Adjunkminister was toe die nuwe Grondwet in werking getree het, bly aan in en beklee daardie amp ingevolge die nuwe Grondwet, maar behoudens subitem (2).
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,098
Tot 30 April 1999 word artikels 84, 89, 90, 91, 93 en 96 van die nuwe Grondwet geag te lui soos in Aanhangsel B by hierdie Bylae uiteengesit.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,099
Subitem (2) belet nie 'n Minister wat 'n senator was toe die nuwe Grondwet in werking getree het, om aan te bly nie as 'n Minister genoem in artikel 91(1)(a) van die nuwe Grondwet, soos dié artikel in Aanhangsel B lui.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,100
provinsie kragtens die nuwe Grondwet, en beklee die amp van lid of ampsdraer ingevolge die nuwe Grondwet en 'n provinsiale grondwet wat verorden mag word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,101
'n Provinsiale wetgewer soos ingevolge subitem (1) saamgestel, word beskou as kragtens die nuwe Grondwet verkies te wees vir 'n termyn wat op 30 April 1999 verstryk.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,102
Vir die duur van sy termyn wat op 30 April 1999 verstryk, en behoudens artikel 108(4), bestaan 'n provinsiale wetgewer uit die getal lede kragtens die vorige Grondwet vir daardie wetgewer bepaal sowel as die getal voormalige senatore wat ingevolge item 8 van hierdie Bylae lede van die wetgewer geword het.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,103
Die reëls en orders van 'n provinsiale wetgewer wat van krag was toe die nuwe Grondwet in werking getree het, bly van krag behoudens enige wysiging of herroeping.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,104
op die vul van vakatures in 'n wetgewer, en die aanvulling, hersiening en aanwending van partylyste vir die vul van vakatures, tot die tweede verkiesing van die wetgewer kragtens die nuwe Grondwet.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,105
Artikel 106(4) van die nuwe Grondwet word ten opsigte van 'n provinsiale wetgewer opgeskort tot die tweede verkiesing van die wetgewer kragtens die nuwe Grondwet.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,106
Enigiemand wat die Premier of 'n lid van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie was toe die nuwe Grondwet in werking getree het, bly aan in en beklee daardie amp ingevolge die nuwe Grondwet en 'n provinsiale grondwet wat verorden mag word, maar behoudens subitem (2).
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,107
Totdat die Premier wat na die eerste verkiesing van 'n provinsie se wetgewer kragtens die nuwe Grondwet verkies word die amp aanvaar, of die provinsie sy grondwet verorden, wat ook al eerste plaasvind, word artikels 132 en 136 van die nuwe Grondwet geag te lui soos in Aanhangsel C by hierdie Bylae uiteengesit.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,108
n Provinsiale grondwet wat aangeneem is voordat die nuwe Grondwet in werking getree het, moet aan artikel 143 van die nuwe Grondwet voldoen.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,109
Wetgewing met betrekking tot 'n aangeleentheid binne 'n funksionele gebied in Bylae 4 of 5 by die nuwe Grondwet vermeld en wat, toe die nuwe Grondwet in werking getree het, deur 'n gesag binne die nasionale uitvoerende gesag geadministreer is, kan deur die President by proklamasie opgedra word aan 'n gesag binne 'n provinsiale uitvoerende gesag wat deur die Uitvoerende Raad van die provinsie aangewys word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,110
veiligheidsdiens of ander instelling.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,111
n Afskrif van elke proklamasie wat ingevolge subitem (1) of (2) uitgereik is, moet binne 10 dae na die publisering van die proklamasie aan die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies voorgelê word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,112
n reg of voorreg verkry of verpligting of aanspreeklikheid opgeloop voordat dit verval het nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,113
Wanneer wetgewing kragtens subitem (1) opgedra word, word 'n verwysing in die wetgewing na 'n gesag wat dit administreer, uitgelê as 'n verwysing na die gesag aan wie dit opgedra is.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,114
'n Opdrag van wetgewing kragtens artikel 235(8) van die vorige Grondwet, met inbegrip van 'n wysiging, aanpassing of herroeping en herverordening van enige wetgewing en enige ander stappe wat kragtens daardie artikel gedoen is, moet beskou word as kragtens hierdie item gedoen te gewees het.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,115
'n Gesag binne die nasionale uitvoerende gesag wat, wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, enige wetgewing administreer wat buite die Parlement se wetgewende bevoegdheid val, bly bevoeg om daardie wetgewing te administreer totdat dit ingevolge item 14 van hierdie Bylae aan 'n gesag binne 'n provinsiale uitvoerende gesag opgedra word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,116
Subitem (1) verval twee jaar nadat die nuwe Grondwet in werking getree het.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,117
enige wysiging of herroeping van daardie wetgewing; en (b) bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,118
Die Konstitusionele Hof wat deur die vorige Grondwet ingestel is, word die Konstitusionele Hof kragtens die nuwe Grondwet.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,119
Enigiemand wat die amp van President, Adjunkpresident of regter van die Konstitusionele Hof beklee wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, word die President, die Adjunkpresident of 'n regter van die Konstitusionele Hof kragtens die nuwe Grondwet, en behou die amp vir die onverstreke gedeelte van hul termyne soos deur artikel 176(1) van die nuwe Grondwet bepaal.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,120
Die Appèlafdeling van die Hooggeregshof van Suid -Afrika word die Hoogste Hof van Appèl kragtens die nuwe Grondwet.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,121
Enigiemand wat die amp van Hoofregter, Adjunkhoofregter of regter van die Appèlafdeling beklee wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, word die Hoofregter, die Adjunkhoofregter of 'n regter van die Hoogste Hof van Appèl kragtens die nuwe Grondwet.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,122
'n Provinsiale of plaaslike afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika of 'n hooggeregshof van 'n tuisland of 'n algemene afdeling van so 'n hof, word 'n Hoë Hof kragtens die nuwe Grondwet sonder verandering van sy regsgebied, behoudens enige rasionalisering in subitem (6) beoog.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,123
kragtens die nuwe Grondwet, behoudens enige rasionalisering in subitem (6) beoog.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,124
'n provinsiale of plaaslike afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika of 'n hooggeregshof van 'n tuisland of algemene afdeling van so 'n hof, uitgelê as 'n verwysing na 'n Hoë Hof.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,125
Sodra dit doenlik is nadat die nuwe Grondwet in werking getree het, moet alle howe, asook hulle struktuur, samestelling, funksionering en jurisdiksie, en alle tersaaklike wetgewing, gerasionaliseer word met die oog daarop om 'n regstelsel in te stel wat aan die voorskrifte van die nuwe Grondwet voldoen.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,126
Die Kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is, handelende na oorleg met die Regterlike Dienskommissie, moet die rasionalisering beoog in paragraaf (a), bestuur.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,127
Alle verrigtinge wat voor 'n hof hangende is wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, moet afgehandel word asof die nuwe Grondwet nie verorden is nie, tensy die belang van geregtigheid anders vereis.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,128
Artikel 108 van die vorige Grondwet bly van krag totdat die Parlementswet beoog in artikel 179 van die nuwe Grondwet in werking tree. Hierdie subitem raak nie die aanstelling van die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings ingevolge artikel 179 nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,129
n Prokureur-generaal wat die amp beklee wanneer die nuwe Grondwet in werking tree, bly funksioneer ingevolge die wetgewing wat op daardie amp van toepassing is, behoudens subitem (1).
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,130
'n Persoon wat ingevolge hierdie Bylae in 'n amp aanbly en wat kragtens die vorige Grondwet 'n ampseed of 'n plegtige verklaring afgelê het, is nie verplig om die ampseed of plegtige verklaring kragtens die nuwe Grondwet te herhaal nie.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,131
die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,132
bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,133
Artikels 199(1), 200(1), (3) en (5) tot (11) en 201 tot 206 van die vorige Grondwet bly van krag totdat dit herroep word deur 'n Parlementswet wat ingevolge artikel 75 van die nuwe Grondwet aangeneem word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,134
Die lede van die Regterlike Dienskommissie genoem in artikel 105(1)(h) van die vorige Grondwet hou op om lede van die Kommissie te wees wanneer die lede genoem in artikel 178(1)(i) van die nuwe Grondwet aangestel word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,135
enige wysiging of herroeping van daardie wetgewing; en (ii) bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,136
Artikels 184A en 184B(1)(a), (b) en (d) van die vorige Grondwet bly van krag totdat dit herroep word deur 'n Parlementswet wat ingevolge artikel 75 van die nuwe Grondwet aangeneem word.
137
DAC-NLS. Aanhef.2009-03.af.txt
9,137
Waar die nuwe Grondwet die verordening van nasionale of provinsiale wetgewing vereis, moet daardie wetgewing binne 'n redelike tydperk vanaf die datum waarop die nuwe Grondwet in werking getree het deur die tersaaklike gesag verorden word.