document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 910 | Geen hooflid of afhanklike mag aan meer as een geregistreerde mediese skema behoort nie. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 911 | Algemene en toestandspesifieke (voorafbestaande toestande) wagperiodes sal toegepas word in ooreenstemming met die Wet op Mediese Skemas. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 912 | Verskaf asseblief lidmaatskapsertifikate van al die bogenoemde vorige mediese skemas. Indien lidmaatskapsertifikate nie aangeheg is nie, sal 'n boete van laat aansluiting en wagperiodes ingestel word in ooreenstemming met die Wet op Mediese Skemas. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 913 | Sou u na 1 Januarie van 'n jaar aansluit, sal u voordeelperke op 'n pro rata basis in die eerste jaar van lidmaatskap toegepas word. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 914 | Verskaf asseblief 'n gesertifiseerde afskrif van u of u afhanklikes se identiteitsdokument/e of paspoort/e saam met hierdie aansoek sodat NIMAS u identiteit kan bevestig asook vir oudit vereistes. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 915 | Alle afdelings hieronder moet deur die aansoeker voltooi word. Die vrae het betrekking op almal vir wie daar om lidmaatskap aansoek gedoen word. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 916 | Het u of u afhanklikes in die afgelope 12 maande mediese advies, diagnose, behandeling of sorg vir enige van die onderstaande toestande ontvang? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 917 | KARDIO VASKuLêRE STELSEL Borspyn/angina; hartaanval; hartklep gebrek; rumatiekkoors; hoë bloeddruk hipertensie; hoë cholesterol; hartgeruis; bloedomloop of sirkulatoriese probleme/versteurings; spatare; diep veneuse trombose DVT of enige ander hart- of sirkulatoriese probleme? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 918 | RESPIRATORIESE STELSEL Asma; moeilike asemhaling; brongospasma; tuberkulose TB; uithoes van bloed; emfiseem; pneumonie/ longontsteking; sistiese fibrose; phthisis; chroniese brongitis; kortasem of ander asemhalings probleme? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 919 | BLAAS EN NIERE Bloed in urine; nierversaking; polysistiese niere; nier of blaasinfeksies; nierverwydering nefrektomie; nierstene; abnormale nier of uriene toetse; urinêre inkontinensie of enige ander blaas of nier probleme? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 920 | REPRODuKTIEwE STELSEL Endometriose; infertiliteit; ovariële siste; histerektomie; abnormale menstruele bloeding; abnormale pap smeer; laserbehandeling;servikale en/of bors biopsies; bors fibro-adenose;laparoskopië;hormoon-vervangingsterapie HVT; prostaatinfeksies of chirurgie; prostaat vergroting of enige ander voortplantings probleme? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 921 | SPySVERTERING STELSEL Duodenale ulkusse; gastriese ulkusse; peptiese ulkusse; hiatus hernia diafragma breuk; kolon probleme; Crohn se siekte; ulseratiewe kolitis; galblaas probleme; lewer probleme of enige ander probleme van die spysverteringstelsel? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 922 | OOR, NEuS EN KEEL Doofheid; oorinfeksies; sinus probleme; neus chirurgie; keel chirurgie; ortodontiese behandeling; tandheelkundige chirurgie; spraak probleme; haaslip; gesplete verhemelte, slaapapnee of enige ander oor, neus of keel probleme? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 923 | OË Blindheid gedeeltelik of algeheel; oogchirurgie; lensinplanting; katarakte; gloukoom; retinitis pigmentosa; retinale loslating; visuele probleme of enige ander oog probleme? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 924 | ENDOKRIENE STELSEL Diabetes mellitus, diabetes insipidus "suiker in die bloed"; onderaktiewe skildklier; ooraktiewe skildlier; skildklierchirurgie; Cushing sindroom; Addison se siekte; pituitêre klier probleme of enige ander klier probleme? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 925 | NEuROLOGIES Epilepsie; beroerte CVO; migraine; breinbeserings; spinale koord beserings; verlamming; serebrale verlamming; veelvuldige sklerose MS; verstandelike vertraging; narkolepsie; motorneuron siekte; Parkinson se siekte; Alzheimer se siekte of enige ander neurologiese probleme? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 926 | TuMORE EN GROEISELS Benigne of maligne groeisels of tumore, insluitend melanoom; limfklierkanker; leukemie en borskanker of enige ander tumor, groeisels of kanker? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 927 | BLOED Bloedkwale of bloedafwykings, bv. bloedarmoede; hemofilie; stollingsfaktor gebreke; plaatjie- of enige ander bloedstollingsprobleme? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 928 | BEPLANDE TANDHEELKuNDIGE BEHANDELING Het u of enige van u afhanklikes gedurende die afgelope 12 maande enige gespesialiseerde tandheelkundige werk, insluitend ortodonsie onder algemene narkose ondergaan, of beplan u of enige van u afhanklikes om binne die volgende 12 maande enige gespesialiseerde tandheelkundige werk insluitend ortodonsie onder algemene narkose te ondergaan? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 929 | GEVAARLIKE TyDVERDRywE Beoefen u of enige van u afhanklikes 'n gevaarlike sport of beroepe, bv. renjaag, brugspring, lugduik, mikroligte vlieg of enige ander gevaarlike tydverdrywe? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 930 | SwANGERSKAP Is u of enige van u afhanklikes huidiglik swanger Indien "ja", wat is die verwagte geboortedatum? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 931 | MOTORVOERTuIG ONGELuKKE Was u of enige van u afhanklikes ooit in 'n motorvoerrtuigongeluk MVO betrokke dit sluit ook kleiner beserings in? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 932 | FAMILIE GESKIEDENIS Is u ouers of u broers/susters ooit behandel vir diabetes, kanker, beroerte, hartkwale of enige ander ernstige of oorerflike siekte? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 933 | HOSPITALISASIE Is u of enige van u afhanklikes gedurende die afgelope 12 maande in die hospitaal opgeneem? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 934 | BEHANDELING EN CHIRuRGIE Is u of enige van u afhanklikes bewus van, of ondervind u enige ander toestande/simptome wat dalk mediese/ tandheelkundige ondersoeke, advies of behandeling vereis? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 935 | MEDIKASIE Gebruik u of u afhanklikes huidiglik enige medikasie wat nie op die aansoekvorm verskyn nie? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 936 | PSIGIATRIE/SIELKuNDE Het u of enige van u afhanklikes behandeling ondergaan asook huidiglik vir depressie, bipolêre gemoedsversteuring, skisofrenie, angs, paniek- of eetversteuring? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 937 | LW: U MIV-status moet nie op hierdie vorm aangedui word nie. Skakel 0861 888 300 om by die MIV/VIGS-program aan te sluit. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 938 | Indien u versuim om mediese toestande aan te dui, sal dit lei tot die kansellasie van die gesin se NIMAS lidmaatskap, of geen voordele sal toegestaan word vir enige kostes wat verband hou met hierdie toestande nie. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 939 | Indien u "ja" op enige van die vrae op bladsy 2 en 3 geantwoord het, moet u asseblief volledige besonderhede hieronder verskaf. Die vrae het betrekking op die aansoeker en alle afhankikes. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 940 | NIMAS behou die reg voor om mediese verslae te versoek wat hierdie aansoek mag beinvloed. Die koste van hierdie mediese verslae sal deur NIMAS gedek word. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 941 | Dui asseblief u rekeningbesonderhede hieronder aan om elektroniese terugbetalings te ontvang. U kan enige tyd u besonderhede verander. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 942 | Ek magtig NIMAS hiermee om die bydraes verskuldig ten opsigte van my lidmaatskap met NIMAS uit my bankrekening by bogenoemde instansie te onttrek. Dit sal plaasvind op die eerste werksdag van en elke maand totdat ek die lidmaatskap kanselleer deur 30 dae skriftelike kennisgewing te gee, of totdat ek geen bedrae meer verskuldig is aan NIMAS deur my voorafgaande bedanking as 'n lid van NIMAS nie. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 943 | Ek verstaan dat geen voordele toegeken sal word totdat die eerste maand se bydrae deur NIMAS ontvang is nie. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 944 | Ek verstaan dat in die geval waar een maand se bydrae nie ontvang word nie, voordele tydelik opgeskort sal word. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 945 | Ek verstaan dat ek nie geregtig is op enige terugbetaling van bedrae wat deur NIMAS van my rekening verhaal is terwyl hierdie magtiging in plek is nie, indien sodanige bedrae wetlik aan NIMAS verskuldig is. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 946 | Ek aanvaar en verstaan hiermee dat indien ek vrywilliglik my lidmaatskap beëindig, ek verantwoordelik sal wees vir enige pro-rata betalings. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 947 | Ek aanvaar om enige bankkostes gekoppel aan hierdie debietorder instruksie te betaal. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 948 | Ek aanvaar dat die party wat hierdeur gemagtig word om fondse uit my rekening te onttrek nie sy regte aan 'n derde party mag sedeer of oorgee sonder dat ek nie vooraf skriftelik toestemming daartoe gegee het nie. Ek mag ook nie sonder skriftelike toestemming van die gemagtigde party, enige van my verpligtinge kragtens hierdie kontrak/magtiging aan 'n derde party delegeer nie. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 949 | Indien ek hierdie instruksie namens 'n vennootskap/trust/geslote korporasie/openbare of publieke maatskapy teken, waarborg ek dat ek gemagtig is om namens die instansie te teken, en dat bewys van sodanige magtigting versoek mag word. Indien ek die magtiging nie onderteken namens 'n instansie nie, doen ek dit in my persoonlike kapasiteit. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 950 | Ek benoem hiermee die volgende persoon as my makelaar/tussenganger vir my NIMAS lidmaatskap. Ek verstaan dat hierdie aansoek om lidmaatskap aan NIMAS nie onderworpe is aan makelaar/tussenganger dienste nie en dat ek die reg het om hierdie dienste enige tyd te beëindig. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 951 | Ek verstaan dat die aansoeker vir my as die makelaar aangestel het, en ek bewus is dat die aansoeker hierdie dienste enige tyd kan beëindig. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 952 | Ek verklaar dat ek 'n geldige kontrak met NIMAS het, dat ek 'n geldige akkreditering met die Raad vir Mediese Skemas het en dat ek geregistreer is met die RFD volgens die FAIS-Wet ten tyde hierdie dokument geteken is. Indien ek nie voldoen aan enige van bogenoemde nie, verstaan ek dat ek geen kommisiebetalings sal ontvang en dat ek nie deur NIMAS erken sal word as 'n geldige makelaar/tussenganger nie. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 953 | Ek verklaar dat ek my kontakbesonderhede aan die aansoeker verskaf het, insluitend maar nie beperk tot my naam, fisiese adres, posadres en telefoonnommers nie. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 954 | Ek verklaar dat daar aan die aansoeker geen wesenlike wanvoorstelling van enige feite is nie. In die geval van wesenlike wanvoorstelling of onwettige optrede, onderneem ek om alle gelde wat aan my betaal is terug te betaal as gevolg van die wanvoorstelling of optrede. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 955 | Ek verklaar dat die aansoeker vertroud is met die inligting versoek in die aansoekvorm en dat alle toepaslike inligting aan die aansoeker voorsien is. Ek verklaar verder dat enige advies of hulp aan die aansoeker onpartydig en in die belang van die aansoeker is. Ek verstaan dat die Skema kommissie betaal, soos uiteengesit in die kontrak tussen myself en NIMAS. Ek verklaar dat hierdie vorm deur die hoofaansoeker geteken is. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 956 | Die betaling van kommisie is onderhewig aan 'n geldige kontrak tussen die makelaar en die Skema, sowel as geldige akkreditasie by die Raad vir Mediese Skemas. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 957 | Ons sertifiseer hiermee dat hierdie aansoeker 'n bona fide werknemer van die werkgewer is en erken ons aanspreeklikheid vir alle bedrae verskuldig aan NIMAS met betrekking tot hierdie aansoek. Ons bevestig verder dat die werknemer nie betrokke is by aktiwiteite met 'n abnormale hoë risiko vir beserings nie (bv. vlieënier, ens.). |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 958 | Ek doen hiermee aansoek om lidmaatskap van NIMAS, en onderneem om myself vertroud te maak met die Reëls van die Skema wat van tyd tot tyd sal verander,'n afskrif daarvan, asook wysigings, sal op versoek van NIMAS se kantore beskikbaar wees. Ek verklaar dat die inligting verskaf op hierdie dokument na die beste van my kennis in alle opsigte korrek en volledig is. Indien enige van die besonderhede doelbewus verkeerd of onvolledig is, stem ek in om alle voordele van NIMAS te verbeur en om alle bedrae wat deur NIMAS namens my betaal is, terug te betaal. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 959 | Ek verstaan dat, met voorafbestaande toestande, 'n toestand-spesifieke wagperiode opgelê mag word. Boonop mag 'n algemene wagperiode vir ander toestande/ prosedures opgelê word. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 960 | Ek magtig enige diensverskaffer om die mediese geskiedenis en die aard van enige behandeling wat in die verlede of huidiglik deur my of my afhanklikes ontvang is aan NIMAS bekend te maak indien die Skema dit versoek. Ek stel die Skema vry van enige verantwoordelikheid wat betref die voorsiening van vertroulike inligting wat betrekking het op my en my afhanklikes, aan 'n gekontrakteerde derde party vir enige rede wat die Skema as voldoende beskou. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 961 | Ek aanvaar dat ek ten alle tye persoonlik aanspreeklik sal wees vir alle bedrae wat NIMAS namens my uitbetaal, wat dan van my verhaal sal word kragtens die Grondwet en Reëls van NIMAS. Ek aanvaar verder my borgstelling vir bydraes betaalbaar met betrekking tot my lidmaatskap deur my werkgewer volgens my diensvoorwaardes. Ek aanvaar ook volle aanspreeklikheid vir bydraes betaalbaar waar my werkgewer nie verantwoordelikheid aanvaar het vir sodanige kondisies volgens my diensvoorwaardes nie. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 962 | Ek magtig NIMAS om enige kredietverwysings met betrekking tot hierdie aansoek te bekom, waar nodig. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 963 | Ek onderneem om NIMAS persoonlik skriftelik in kennis te stel van enige verandering in my woon- en posadres terwyl ek 'n lid is en na die beëindiging van my lidmaatskap, solank ek geld aan NIMAS verskuldig mag wees as gevolg van eise wat verwerk is na die beëindiging van my diens/lidmaatskap. Ek onderneem ook om my lidmaatskapkaart/e onmiddellik na die beëindiging van my lidmaatskap vir kansellasie terug te besorg. Indien ek enige bedrae verskuldig aan NIMAS nie betaal nie, aanvaar ek dat NIMAS my aan hul Kredietburo kan oorhandig. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 964 | Ek onderneem hiermee om binne 30 dae vir NIMAS in kennis te stel oor enige veranderinge in die stand van my gesin of hul gesondheid. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 965 | Ek gee hiermee toestemming dat alle gesprekke met die Skema opgeneem mag word vir oudit doeleindes. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 966 | Indien ek bygestaan is in die voltooiing van hierdie aansoekvorm, vrywaar ek deur my handtekening enige sodanige persoon van enige gevolge wat uit hul bystand mag ontstaan, behalwe in die geval van kwaadwillige optrede en op voorwaarde dat indien die hulp deur 'n geakkrediteerde gesondheidsorgmakelaar voorsien is, die makelaar voldoen aan alle statutêre vereistes. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 967 | Ek, die ondergetekende, erken hiermee dat in my keuse om 'n lid van NIMAS te word en in die kies van die toepaslike voordeelopsie, dat ek uitsluitlik staatgemaak het op feitelike en objektiewe inligting wat deur die toepaslike werknemer/s van NIMAS aan my voorsien is en dat ek my eie onafhanklike keuse gemaak het om 'n lid van NIMAS te word en nie deur aanbevelings, leiding of voorstelle van enige werknemer van NIMAS beïnvloed is nie. Ek verklaar hiermee dat ek myself vertroud gemaak het met die voordele van elke opsie en dat ek my opsie keuse dienooreenkomstig uitgeoefen het. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 968 | Indien ek nie 'n privaataansoeker is nie, stem ek in dat alle bedrae wat ek aan NIMAS verskuldig is, kragtens die Reëls, deur NIMAS deur my werkgewer verhaal mag word en ek magtig hiermee my werkgewer om sodanige bedrae van my besoldiging of enige ander geldbedrae wat deur die werkgewer aan my verskuldig is, af te trek. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 969 | b aanvaar ek dat my lidmaatskap tydelik opgeskort mag word tot die eerste betaling ontvang word. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 970 | NIMAS verklaar dat lede se persoonlike besonderhede en mediese inligting (ontvang van gesondheidssorg verskaffers met uitdruklike toestemming van die lid) vertroulik gehou sal word. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 971 | Lede se persoonlike- en gesondheidsinligting sal nie gebruik word vir die doel van verwante maatskaplike besigheid, of vir handelverkopings nie. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 972 | NIMAS se inligting word op 'n beveiligde databasis gehou. Alle data word van die administrateur na die gekontrakteerde derde partye oorgedra met beveiligde FTPtegnologie, wat die vertroulikheid van enige persoonlike- en gesondheidsinligting verseker. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 973 | NIMAS het aan sy personeel en gekontrakteerde derde partye toegang gegee tot begunstigdes se persoonlike- en gesondheidsinligting, met die doel om alle NIMAS begunstigdes se mediese toestande en gesondheid effektief te kan bestuur. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 974 | NIMAS en gekontrakteerde derde partye sal die mediese/gesondheids/diagnose/prosedure inligting gebruik vir die volgende: verwerking en onderhoud van lidmaatskapbesonderhede; terugbetaling van eise; bepaling van lid se reg aan voordele en risikobestuur praktyk. Risikobestuur praktyke sluit die volgende in: MIV/VIGS, siekte, medisyne, hospitaal en kliniese risikobestuur. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 975 | NIMAS verseker enige aansoeker en hul begunstigdes dat alle personeel en gekontrakteerde derde partye gebind is deur vertroulikheidsooreenkomste. In die geval van 'n vertroulikheidsbreuk, neem NIMAS verantwoordelikheid en die breuk sal behandel word volgens die Skema se interne protokol. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 977 | Lees asseblief die aansoekgids sorgvuldig deur, want dit bevat belangrike inligting wat jou sal help om die aansoekvorm korrek in te vul. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 978 | Vul die aansoekvorm op die agterkant in en maak seker dat jy alle tersaaklike dokumentasie, sowel as jou handtekening, waar nodig verskaf het. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 979 | Streeks- instapsentrums: Raadpleeg die aansoekgids vir meer besonderhede. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 980 | As jou aansoek suksesvol is, sal GEMS binne 5 dae van ontvangs van jou aansoek 'n verwelkomingspak aan jou pos. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 981 | Jou aansoek sal vertraag word as jy GEMS nie van al die nodige dokumentasie voorsien nie. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 982 | As jou aansoek nie verwerk kon word nie, sal GEMS jou binne 5 dae van ontvangs van jou aansoek kontak. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 983 | Skakel gerus ons oproepsentrum by 0860 00 4367, of stuur 'n e-pos aan [email protected] as jy enige verdere bystand met die invul van jou aansoekvorm verlang. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 984 | Maak seker dat jy al die nodige aanvullende dokumentasie voorsien. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 985 | raadpleeg asseblief afdeling B van die aansoekgids om seker te maak dat diegene wat jy as afhanklikes wil benoem, wel daarvoor kwalifiseer. Ons kan nie jou vorm verwerk as ID besonderhede nie voorsien word nie. Dit is dus verpligtend om hierdie afdeling volledig te voltooi. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 986 | Kies asseblief SLEGS EEN VOORDEELOPSIE uit die lys hieronder, en merk die toepaslike blokkie met 'n X. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 987 | Werkende aansoekers: Dui asseblief jou basiese maandelikse salaris aan. As jy op middel- of senior bestuursvlak is, dui asseblief jou bruto maandelikse pakket aan. sluit jongste salarisstrokie of aanstellingsbrief in as jy 'n nuwe werknemer is. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 988 | Gepensioeneerde aansoekers: Dui asseblief jou basiese maandelikse pensioen aan. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 989 | Is jy 'n lid of afhanklike van 'n geregistreerde mediese skema? |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 990 | Indien ja, is jy die hooflid of 'n afhanklike? |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 991 | As jy 'n lid/afhanklike is, heg asseblief die lidmaatskapsertifikaat aan van jou vorige mediese skema wat jou einddatum bevestig. (Lidmaatskapkaarte is nie voldoende nie.) Jy moet verseker dat die lidmaatskap van jou vorige mediese skema gekanselleer word. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 992 | Tydperk van lidmaatskap aktiewe werknemers se maandelikse bydraes word, waar toepaslik, outomaties van hul salarisse afgetrek. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 993 | Ek sal my maandelikse bydraes op die volgende wyse betaal: n Debietorder n kontant as jy verkies om via debietorder te betaal, moet jy Bankbesonderhede van Lid (afdeling H) hieronder invul. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 994 | Bankrekeningbesonderhede: Word vereis vir die direkte kreditering van terugbetalings aan lid, asook die direkte debitering van bedrae wat deur my aan die skema verskuldig is. Ons kan nie terugbetalings aan jou maak indien ons nie jou bankbesonderhede op rekord het nie. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 995 | Enige inligting aan GEMs en/of hul agente se saakbestuurder wat die saakbestuurder mag benodig om my saak of dié van my afhanklike(s) te behartig. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 996 | Enige inligting, op 'n anonieme grondslag, aan die gesondheidsorgbestuur, wat vir administratiewe en statistiese doeleindes benodig mag word, mits sodanige inligting te alle tye as vertroulik beskou sal word. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 997 | Dit is belangrik om GEMS en/of hul agente jou toestemming te verleen om met jou dokter(s), hospitaal of enige ander gesondheidsorgvoorsiener te onderhandel om te verseker dat jy die beste sorg geniet. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 998 | E Die inhoud van hierdie vorm is waar, korrek en volledig. Ek verstaan dat indien daar enige verswyging of wesenlike wanvoorstelling is, my lidmaatskap beëindig kan word, en dat ek verplig kan word om enige bedrag aan die skema terug te betaal wat, indien dit nie vir my misbruik van die voordele of voorregte van die skema was nie, nie namens my uitbetaal sou word nie, onderhewig aan appèlprosedures. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 999 | E Ek het my opsiekeuse gemaak en ek het myself van die voordelestruktuur ingevolge hierdie opsie vergewis. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,000 | E Ek kom ooreen om myself met die reëls van die skema vertroud te maak. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,001 | E My begunstigdes, met die uitsondering van my gade/lewensmaat, is volledig of gedeeltelik van my afhanklik, en in soverre hulle gedeeltelik van my afhanklik is, ontvang hulle nie 'n jaarlikse inkomste wat meer is as die toepaslike maksimum maatskaplike pensioenbedrag nie, of hulle is nie voltyds in diens op die datum van die ondertekening van hierdie vorm nie. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,002 | E Ek is bewus daarvan dat GEMS algemene en/of voorwaarde-spesifieke wagtydperke kan instel, soos voorsien in die Wet op Mediese Skemas (131 van 1998). |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,003 | E Ek verstaan dat my persoonlike besonderhede en mediese inligting (van gesondheidsorgvoorsieners met my uitdruklike toestemming verkry) as vertroulik beskou sal word. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,004 | E Ek is bewus daarvan dat my en my afhanklikes se vertroulike gesondheids- en persoonlike inligting vir die doeleindes van navorsing, statistiese data, bestuurde sorg en verslaggewing gebruik kan word en dat enige afwyking hiervan op 'n verbreking van vertroulikheid sal neerkom. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,005 | E Ek verstaan dat indien GEMs my of my afhanklikes se vertroulike inligting vir ander doeleindes as dié wat in hierdie verklaring omskryf word, sou wou gebruik, daar van GEMs vereis sal word om verdere toestemming van my en my afhanklikes te verkry. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,006 | E Ek verstaan dat my persoonlike en gesondheidsverwante inligting nie vir verwante besigheidsdoeleindes gebruik sal word óf vir kommersiële doeleindes verkoop sal word nie. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,007 | E Ek verstaan dat GEMs aan sekere persone binne die organisasie en hul gekontrakteerde derde partye toegang tot lede se persoonlike en gesondheidsverwante inligting verleen het. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,008 | E Ek verstaan dat GEMS en hul gekontrakteerde derde partye die mediese/gesondheids-/diagnose-/prosedure inligting wat voorsien is, vir die volgende doeleindes sal gebruik - die verwerking van die aansoek om lidmaatskap, terugbetaling van eise, vasstelling van lid se geregtigheid op voordele en risikobestuurspraktyk. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,009 | E Ek verstaan dat GEMs vertroulikheidsooreenkomste aangegaan het met alle gekontrakteerde derde partye wat toegang het tot begunstigde-inligting met die oog op data-oordrag en -bestuur, skema-administrasie en bestuurde sorg-reëlings. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,010 | E Ek verstaan dat alle personeellede van GEMs en hul gekontrakteerde derde partye deur interne vertroulikheidsooreenkomste gebind word. E Ek verstaan dat GEMs sal verseker dat genoegsame datasekuriteitsmaatreëls geïmplementeer word. E Ek verstaan dat GEMS in geval van 'n vertroulikheidskending verantwoordelikheid sal aanvaar en dat die skending in ooreenstemming met GEMs se interne protokolle behartig sal word. E Ek onderneem om myself en my afhanklike(s) aan GEMs se reëls en protokolle te onderwerp. E Ek magtig GEMs hiermee onherroeplik om die betaling van maandelikse bydraes met onmiddellike ingang van my aansluitingsdatum te implementeer. E Ek, as lid van GEMs, is aanspreeklik vir betaling van maandelikse bydraes aan GEMs. E Ek magtig my werkgewer/GEMs hiermee onherroeplik om enige bedrag wat ek GEMs wetlik skuld van my salaris/bankrekening te verhaal en om aan GEMs of hul agente alle sodanig verhaalde bedrae oor te betaal. E nóg ek nóg enige van my afhanklikes is begunstigdes van enige ander geregistreerde mediese skema. E Ek sal die Skema, soos vereis deur die reëls van die Skema, binne 30 dae van die verandering in omstandighede van enige veranderings in my afhanklike(s) se gesondheid of persoonlike status verwittig. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.