document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 708 | Verseker asseblief dat al u geregistreerde afhanklikes bewus is van hierdie diens. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 709 | Stel u kind se skool in kennis dat hy/sy 'n lid van GEMS is. Maak seker dat u kind en die skool die mediese nooddiensnommer ken. Skakel 0800 44 4367 indien 'n mediese noodgeval plaasvind. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 710 | Lede moet 0800 44 4367 skakel in alle mediese noodgevalle. In gevalle waar 'n lid onwillekeurig deur 'n ander diensverskaffer (as Netcare 911) vervoer word, moet die lid verseker dat die diensverskaffer binne 10 dae na die diensdatum 'n faktuur aan Netcare 911 lewer om betaling van hierdie rekening te verseker. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 711 | U moet die hospitaal waar u opgeneem word, in kennis stel dat u 'n GEMS-lid is, en dat enige hospitaaloorplasings gemagtig moet word deur Netcare 911 te bel. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 712 | Die eerste stap om te verseker dat u eis suksesvol verwerk en betaal word, is om die eisebetalingsproses te verstaan. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 713 | Wie kan eise indien? |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 714 | Die lid (uself) of die gesondheidsorgdiensverskaffer (u dokter) kan eise indien. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 715 | Hoe word die eis verwerk? |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 716 | Die Eisedepartement ontvang, takseer en keur betaling van geldige eise goed in ooreenstemming met Fondsreëls en beskikbare voordele. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 717 | Dit beteken dat u apteek medisyne-eise elektronies by die verkoopspunt kan indien, waar al die reëls binne sekondes beslis word. Dit beteken dat u onmiddellik sal weet wat u voordelestatus is en dat u in staat sal wees om u medisyne te kry sonder dat enigiemand vra dat u kontant daarvoor moet betaal. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 718 | Wanneer word eise betaal? |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 719 | Twee keer per maand tydens elke betalinglopie. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 720 | Dit is belangrik dat die Fonds die jongste lidmaatskapinligting ontvang ten einde u eise te verwerk. Ons het hierdie inligting nodig om seker te maak dat ons eise korrek uitbetaal, en dat ons lidmaatskaprekords altyd volledig en op datum is. Dit is ook belangrik dat lede hul afhanklikes se ID-besonderhede aan die Fonds verskaf. Wanneer u eise vir afhanklikes indien, verseker dat hulle geregistreer is en dat hul besonderhede op die eisvorm verskyn. Die Fonds benodig ook 'n afskrif van u afhanklikes se geboortesertifikaat(e) of ID-dokument(e) om te verseker dat premies ten volle betaal is. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 721 | Stuur die dokumentasie per pos na: Premiebestuur, Privaatsak X782, Kaapstad 8000 of per faks na 0861 00 4367 of deur e-pos te stuur na [email protected]. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 722 | Dit is belangrik om voorafmagtiging te kry vir behandeling soos onkologie en hospitalisasie. Ná die magtiging moet u dokter GEMS steeds in kennis stel van enige verandering in u behandeling, aangesien u magtiging geëvalueer en bygewerk moet word. As dit nie gedoen word nie, kan u eise afgekeur word of uit die verkeerde voordeel betaal word, aangesien daar nie 'n ooreenstemmende magtiging is nie. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 723 | Om voorafmagtiging te verkry of om 'n bestaande voorafmagtiging te wysig, bel GEMS by 0860 00 4367 voor behandeling ontvang word. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 724 | Wanneer u voordele uitgeput is, weens eise vir kostes wat hoër of meer is as die jaarlikse voordeleperke waarop u ingevolge die bepalings van die Fondsreëls geregtig is, sal hierdie eise nie betaal word nie. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 725 | Wanneer 'n lid of 'n afhanklike versuim om 'n doktersafspraak na te kom, sal eise vir daardie doktersbesoek nie betaal word nie. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 726 | Eise vir dienste wat deur 'n gesondheidsorgverskaffer gelewer is wat nie kragtens 'n toepaslike wet geregistreer is nie, sal nie betaal word nie. Maak seker dat u eise aan die nodige vereistes voldoen voor dit na die Fonds toe gestuur word. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 727 | Eise moet die Fonds binne vier maande ná die behandelingsdatum bereik. 'n Eis wat later as die afsnydatum ontvang word, sal kragtens die Wet op Mediese Skemas as "verouderd" geklassifiseer word en nie betaal word nie. Die lid is in sulke gevalle aanspreeklik vir die koste. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 728 | Eise wat ingedien word nadat 'n GEMS-lid uitgetree het, sal nie betaal word nie. GEMS is 'n beperkte mediesefonds wat ontwerp is vir staatsdienswerknemers. Slegs persone wat lede is van die staatsdiens mag aan GEMS behoort. Wanneer u uit die staatsdiens tree, moet asseblief nie probeer om u GEMS-lidmaatskapkaart vir gesondheidsorgdienste te gebruik nie. Enige eise wat aan u of aan 'n gesondheidsorg-diensverskaffer betaal word ná u uittrede uit die staatsdiens, moet aan GEMS terugbetaal word. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 729 | Kontak GEMS by 0860 00 4367 indien u onseker is hoekom u eis geweier is. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 730 | Watter inligting moet op my eise verskyn? |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 731 | U kan nou voordeel trek uit die geleentheid om professioneel by u werkplek getoets te word vir bestaande en potensiële gesondheidsrisiko's. Ons doel is om u en werknemers in u departement in staat te stel om gesondheidsrisiko's vroeg op te spoor, sodat die ontwikkeling van siektes voorkom of beperk kan word. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 732 | Gesondheidsorg-beroepslui is beskikbaar om u gesondheidsrekord persoonlik met u te bespreek en om mediese siftingstoetse uit te voer. Die uitslae van die toetse sal individueel met u bespreek word, en u sal advies ontvang oor watter stappe om verder te doen. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 733 | Boonop word kop- en nekmasserings verskaf as 'n heerlike toegif! |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 734 | Watter gesondheidstoetse sal gedoen word? |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 735 | U sal 'n eenvoudige mediese geskiedenis-vraelys moet invul wat aan die mediese beroepslid insig sal gee in u gesondheidsrisikoprofiel voordat daar toetse gedoen word. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 736 | Die volgende vrywillige toetse word by die toetssessies uitgevoer:o Bloeddruktoetse;o Bloedsuiker en cholesterol (een prik op die vinger nodig);o Gewig en lengte, met liggaamsmassa-indeks; eno Middellyf-omtrek. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 737 | Indien die vraelys of toetse wys dat u die risiko loop om gesondheidsprobleme te ontwikkel, sal die mediese beroepslid berading en advies verskaf oor stappe wat gedoen moet word om toekomstige risiko te beperk of te vermy. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 738 | Inligtingsbrosjures oor onderwerpe soos rook, oefening en gewigbeheer word ook voorsien. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 739 | Alle inligting en toetsuitslae is vertroulik en sal nie aan enige Regeringsdepartement of sy amptenare verskaf word nie. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 740 | Hoe om 'n Welwees-toetsdag te bespreek n GEMS-welwees-toetsdag kan bespreek word deur die bestaande versoekprosedure vir GEMS-aanbiedings te volg, naamlik deur ons via die GEMS-inbelsentrum by 0800 00 4367 te skakel en die opsie te kies om by GEMS aan te sluit; so nie, kan u e-pos stuur na [email protected] en 'n versoek via e-pos rig. U kan ook een van ons bemarkingsverteenwoordigers vra wanneer hulle u departement besoek. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 741 | Indien die versoek binne ons standaard bestek vir welwees-siftingstoetse val, sal dit binne 24 uur deur GEMS bevestig word, en kan ons uitsien na 'n genotvolle dag. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 742 | Bedrog is 'n ernstige saak wat u mediesefonds-voordele raak. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 743 | Wat behels bedrog? |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 744 | Bedrog word beskryf as 'n onwettige, doelbewuste wanvoorstelling wat lei tot bewese of potensiële skade aan die mediesefonds (GEMS). Ons het 'n anonieme, tolvrye Bedroglyn, 0800 21 22 02, in werking gestel. Indien u weet van enige onderduimse aktiwiteit deur lede of gesondheidsorg-diensverskaffers, laat ons asseblief weet! |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 745 | Voorbeelde van bedrog sluit in: Om u lidmaatskapkaart vir 'n vriend te leen of om 'n dokter toe te laat om 'n rekening uit te reik vir dienste wat hy/sy nie gelewer het nie. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 746 | Die GEMS-bedroglyn word bestuur deur KPMG, 'n onafhanklike firma wat seker maak dat lede wat bedrog rapporteer anoniem bly; dit waarborg dat die gebruik van hierdie diens veilig is. Die ligging van die veilige Inbelsentrum en webwerf word nie bekend gemaak nie, om inbellers en rekords te beskerm. Almal wat bel, bly anoniem, tensy hulle verkies om hul identiteit bekend te maak. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 747 | Indien u weet van enige bedrog wat plaasvind of wat beplan word, steek onmiddellik 'n stokkie daarvoor deur die 24-uur- tolvrye GEMS-bedroglyn by 0800 21 22 02 te skakel. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 748 | Buiten die Fonds se Raad van Trustees (RVT) en die Bestuurspan, is daar vyf Raadskomitees wat die werk wat in verskeie areas gedoen word, monitor. Hulle voer hul pligte uit met u belang op die hart; u kan rus in die wete dat u mediesefonds in bekwame hande is. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 749 | Help die RVT met die uitvoering van hul pligte wat verband hou met die Fonds se boekhoudingbeleidstukke, interne kontrolestelsels, finansiële verslagdoening en risikobestuurspraktyke. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 750 | Help die RVT om doeltreffende bedryf van die Fonds te verseker, byvoorbeeld die invordering van bydraes, eisebetalings en bestuur van lederekords. Die Komitee help ook die RVT met bemarking en kommunikasie. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 751 | Takseer, besluit en doen verslag oor die goedkeuring van Ex Gratia-betalings, m.a.w. betaling van lede-eise waar normale voordele nie beskikbaar is nie. Streng kriteria word konsekwent toegepas wanneer die Komitee maandeliks bymekaarkom om versoeke om Ex Gratia-betalings te oorweeg. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 752 | Verseker dat gesonde korporatiewe beheer in die Fonds se sake toegepas word deur seker te maak dat die Fonds nie enige wet of reël wat sy besigheid beïnvloed, oortree nie. Dit moet ook seker maak dat risiko's vir die Fonds se sake geïdentifiseer en behoorlik bestuur word, en dat die belange van al die belanghebbers in die Fonds behoorlik beskerm word. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 753 | Oorweeg en besleg, onafhanklik, enige dispuut wat die Hoofbeampte na hulle mag verwys vir beoordeling. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 754 | Akute medikasie: Medisyne wat vir 'n tydelike siekte of toestand voorgeskryf is om simptome van infeksies, verstuitings, ens. te verlig, of 'n homeopatiese middel. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 755 | Aanvullende Chroniese Siektelys (ACSL): Dit is chroniese siektes wat bykomend is tot dié wat verskyn in die gepromulgeerde lys van 26 siektes waarvoor die Fonds chroniese medikasie-voordele verskaf. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 756 | Begunstigde: 'n Begunstigde is óf die GEMS-hooflid of een van sy/haar geregistreerde afhanklikes. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 757 | Chroniese Siektelys (CSL): 'n Gepromulgeerde lys van 26 chroniese toestande waarvoor 'n verpligte minimum behandelingsvlak bestaan. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 758 | Konsultasie: 'n Besoek aan u dokter, chirurg of ander diensverskaffer om 'n diagnose en/of behandeling te kry. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 759 | CT- en MRI-skanderings: Spesiale X-strale wat van die binnekant van die liggaam geneem word om die oorsaak van 'n siekte op te spoor. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 760 | Aangewese Diensverskaffer (ADV): 'n ADV is 'n gesondheidsorgverskaffer wat deur die fonds aangewys is om spesifieke dienste aan lede te bied. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 761 | Algemene Praktisyns (AP's): Dokters wat algemene kundigheid het en nie net 'n spesialisdiens lewer nie. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 762 | Generiese medikasie: Generiese medikasie het dieselfde chemiese bestanddeel, sterkte en formulering (m.a.w. tablet, stroop) as die oorspronklike handelsmerknaam-produk. Die Medisynebeheerraad (MBR) gaan die gehalte van alle generiese en handelsmerknaam-medikasie na voor dit geregistreer word. Generiese medikasie is net so veilig en doeltreffend soos die oorspronklike handelsmerknaam-produk, maar gewoonlik meer bekostigbaar. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 763 | Medisyne-voorskriflys: 'n Medisyne-voorskriflys is 'n lys kostedoeltreffende medisynes wat 'n dokter lei in die behandeling van spesifieke mediese toestande. Medisyne-voorskriflyste word voortdurend deur mediese spesialiste nagegaan en bygewerk om te verseker dat dit strook met die jongste behandelingsriglyne. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 764 | Of skakel die Inbelsentrum by 0860 00 4367 om met 'n verteenwoordiger oor GEMS te praat. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 766 | Lees asseblief die aansoekgids sorgvuldig deur, want dit bevat belangrike inligting wat jou sal help om die aansoekvorm korrek in te vul. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 767 | Vul die aansoekvorm op die agterkant in en maak seker dat jy alle tersaaklike dokumentasie, sowel as jou handtekening, waar nodig verskaf het. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 768 | Streeks-instapsentrums: Raadpleeg die aansoekgids vir meer besonderhede. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 769 | As jou aansoek suksesvol is, sal GEMS binne 7 dae van ontvangs van jou aansoek 'n verwelkomingspak aan jou pos. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 770 | Jou aansoek sal vertraag word as jy GEMS nie van al die nodige dokumentasie voorsien nie. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 771 | As jou aansoek nie verwerk kon word nie, sal GEMS jou binne 5 dae van ontvangs van jou aansoek kontak. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 772 | Skakel gerus ons oproepsentrum by 0860 00 4367, of stuur 'n e-pos aan [email protected] as jy enige verdere bystand met die invul van jou aansoekvorm verlang. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 773 | RAADPLEEG GERUS DIE GIDS OM jOU MET DIE INVUL VAN HIERDIE VORM TE HELP. MOET EGTER NIE HIERDIE GIDS SAAM MET jOU INGEVULDE AANSOEKVORM INDIEN NIE. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 774 | Maak seker dat jy al die nodige aanvullende dokumentasie voorsien. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 775 | Voorletters Titel (Mnr., Mev., Me., of Ander) |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 776 | Raadpleeg asseblief Afdeling B van die aansoekgids om seker te maak dat diegene wat jy as afhanklikes wil benoem, wel daarvoor kwalifiseer. Ons kan nie jou vorm verwerk as ID besonderhede nie voorsien word nie. Dit is dus verpligtend om hierdie afdeling volledig te voltooi. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 777 | Dui asseblief jou basiese maandelikse salaris aan. As jy op middel-of senior bestuursvlak is, dui asseblief jou bruto maandelikse pakket aan. Sluit jongste salarisstrokie of aanstellingsbrief in as jy 'n nuwe werknemer is. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 778 | Dui asseblief jou basiese maandelikse pensioen aan. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 779 | Is jy 'n lid of afhanklike van 'n geregistreerde mediese skema Indien ja, is jy die hooflid of 'n afhanklike? |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 780 | As jy 'n lid/afhanklike is op 'n ander skema, heg asseblief die lidmaatskapsertifikaat aan van jou vorige me-diese skema wat jou einddatum bevestig (lidmaatskapkaarte is nie voldoende nie). jy moet verseker dat die lidmaatskap van jou vorige mediese skema gekanselleer word, voordat jy deur GEMS gedek kan word. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 781 | Aktiewe werknemers se maandelikse bydraes word, waar toepaslik, outomaties van hul salarisse afgetrek. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 782 | As jy verkies om via debietorder te betaal, moet jy Bankbesonderhede van Lid (Afdeling H) hieronder invul. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 783 | Bankrekeningbesonderhede: Word vereis vir die direkte kreditering van terugbetalings aan lid, asook die direkte debitering van bedrae wat deur my aan die Skema verskuldig is. Ons kan nie terugbetalings aan jou maak indien ons nie jou bankbesonderhede op rekord het nie. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 784 | Enige inligting aan GEMS en/of hul agente se saakbestuurder wat die saakbestuurder mag benodig om my saak of dié van my afhanklike(s) te behartig. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 785 | Enige inligting, op 'n anonieme grondslag, aan die gesondheidsorgbestuur, wat vir administratiewe en statistiese doeleindes benodig mag word, mits sodanige inligting te alle tye as vertroulik beskou sal word. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 786 | Dit is belangrik om GEMS en/of hul agente jou toestemming te verleen om met jou dokter(s), hospitaal of enige ander gesondheidsorgvoorsiener te onderhandel om te verseker dat jy die beste sorg geniet. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 787 | Die inhoud van hierdie vorm is waar, korrek en volledig. Ek verstaan dat indien daar enige verswyging of wesenlike wanvoorstelling is, my lidmaatskap beëindig kan word, en dat ek verplig kan word om enige bedrag aan die Skema terug te betaal wat, indien dit nie vir my misbruik van die voordele of voorregte van die Skema was nie, nie namens my uitbetaal sou word nie, onderhewig aan appèlprosedures. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 788 | Ek het my opsiekeuse gemaak en ek het myself van die voordelestruktuur ingevolge hierdie opsie vergewis. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 789 | Ek kom ooreen om myself met die reëls van die Skema vertroud te maak. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 790 | My begunstigdes, met die uitsondering van my gade/lewensmaat, is volledig of gedeeltelik van my afhanklik, en in soverre hulle gedeeltelik van my afhanklik is, ontvang hulle nie 'n jaarlikse inkomste wat meer is as die toepaslike maksimum maatskaplike pensioenbedrag nie, of hulle is nie voltyds in diens op die datum van die ondertekening van hierdie vorm nie. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 791 | Ek is bewus daarvan dat GEMS algemene en/of voorwaarde-spesifieke wagtydperke kan instel, soos voorsien in die Wet op Mediese Skemas (131 van 1998). |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 792 | Ek verstaan dat my persoonlike besonderhede en mediese inligting (van gesondheidsorgvoorsieners met my uitdruklike toestemming verkry) as vertroulik beskou sal word. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 793 | Ek is bewus daarvan dat my en my afhanklikes se vertroulike gesondheids- en persoonlike inligting vir die doeleindes van navorsing, statistiese data, bestuurde sorg en verslaggewing gebruik kan word en dat enige afwyking hiervan op 'n verbreking van vertroulikheid sal neerkom. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 794 | Ek verstaan dat indien GEMS my of my afhanklikes se vertroulike inligting vir ander doeleindes as dié wat in hierdie verklaring omskryf word, sou wou gebruik, daar van GEMS vereis sal word om verdere toestemming van my en my afhanklikes te verkry. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 795 | Ek verstaan dat my persoonlike en gesondheidsverwante inligting nie vir verwante besigheidsdoeleindes gebruik sal word óf vir kommersiële doeleindes verkoop sal word nie. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 796 | Ek verstaan dat GEMS aan sekere persone binne die organisasie en hul gekontrakteerde derde partye toegang tot lede se persoonlike en gesondheidsverwante inligting verleen het. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 797 | Ek verstaan dat GEMS en hul gekontrakteerde derde partye die mediese/gesondheids-/diagnose-prosedureinligting wat voorsien is, vir die volgende doeleindes sal gebruik - die verwerking van die aansoek om lidmaatskap, terugbetaling van eise, vasstelling van lid se geregtigheid op voordele en risikobestuurspraktyk. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 798 | Ek verstaan dat GEMS vertroulikheidsooreenkomste aangegaan het met alle gekontrakteerde derde partye wat toegang het tot begunstigde-inligting met die oog op data-oordrag en -bestuur, skema-administrasie en bestuurde sorg-reëlings. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 799 | Ek verstaan dat alle personeellede van GEMS en hul gekontrakteerde derde partye deur interne vertroulikheidsooreenkomste gebind word. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 800 | Ek verstaan dat GEMS sal verseker dat genoegsame datasekuriteitsmaatreëls geïmplementeer word. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 801 | Ek verstaan dat GEMS in geval van 'n vertroulikheidskending verantwoordelikheid sal aanvaar en dat die skending in ooreenstemming met GEMS se interne protokolle behartig sal word. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 802 | Ek onderneem om myself en my afhanklike(s) aan GEMS se reëls en protokolle te onderwerp. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 803 | Ek magtig GEMS hiermee onherroeplik om die betaling van maandelikse bydraes met onmiddellike ingang van my aansluitingsdatum te implementeer. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 804 | Ek, as lid van GEMS, is aanspreeklik vir betaling van maandelikse bydraes aan GEMS. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 805 | Ek magtig my werkgewer/GEMS hiermee onherroeplik om enige bedrag wat ek GEMS wetlik skuld van my salaris/bankrekening te verhaal en om aan GEMS of hul agente alle sodanig verhaalde bedrae oor te betaal. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 806 | Ek verklaar dat ek bewus is dat GEMS skuldverhalingstappe teen my kan neem in ooreenstemming met die reëls van die Skema, indien ek nie my bydraes of enige gelde verskuldig aan GEMS betaal nie. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 807 | Nóg ek nóg enige van my afhanklikes is begunstigdes van enige ander geregistreerde mediese skema. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 808 | Ek sal die Skema, soos vereis deur die reëls van die Skema, binne 30 dae van die verandering in omstandighede van enige veranderings in my afhanklike(s) se gesondheid of persoonlike status verwittig. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.