document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 507 | Maak asseblief seker dat die volgende besonderhede korrek is: Ons het die volgende inligting nodig:o Verskaffertipe algemene praktisyn, apteek, tipe spesialis, ens. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 508 | Takkode; eno Uiteensetting van toetse wat uitgevoer is (bv. patologie en radiologie) |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 509 | Rekeningtipe (tjek/lopend of spaar)o Medikasie, individueel gelys en gepryso Bykomende items, gelys met volle naam en prys Faks asseblief hierdie inligting na 0861 00 4367 of stuur dit per e-pos na [email protected]. Indien bogenoemde dokumentasie in 'n vreemde taal is, maak asseblief seker dat 'n volledige Engelse vertaling aan GEMS gestuur word. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 510 | Eise: Wat het ons nodig om u terug te betaal? |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 511 | Om u sowel as u Fonds te beskerm, word terugbetalings aan lede elektronies gedoen. U moet derhalwe verseker dat die Fonds u korrekte bankbesonderhede het. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 512 | U kan u voordele-opsie slegs een keer per jaar wysig. As u besluit om u opsie te U hoef nie 'n opsiekeusevorm in te vul as u met die bestaande opsie wil wysig, sal die lidmaatskap van u nuwe opsie op 1 Januarie die volgende jaar begin. voortgaan nie. Indien enige van u persoonlike besonderhede egter verander het, GEMS sal elke jaar in November inligting oor nuwe voordele en 'n opsiekeusevorm is die opsiekeusevorm ook 'n handige manier om te verseker dat ons u mees vir die volgende jaar aan u stuur. onlangse kontakbesonderhede het. Enige ander versoeke om 'n opsie gedurende 'n voordeeljaar te wysig, moet aan die Raad van Trustees voorgelê word vir goedkeuring. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 513 | U kan nou voordeel trek uit die geleentheid om professioneel by u werkplek getoets te word vir bestaande en potensiële gesondheidsrisiko's. Ons doel is om u en werknemers in u departement in staat te stel om gesondheidsrisiko's vroeg op te spoor, sodat die ontwikkeling van siektes voorkom of beperk kan word. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 514 | Gesondheidsorg-beroepslui is beskikbaar om u gesondheidsrekord persoonlik met u te bespreek en om mediese siftingstoetse uit te voer. Die uitslae van die toetse sal individueel met u bespreek word. U sal raad ontvang oor stappe wat u kan doen om u gesondheid te verbeter. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 515 | Boonop word kop- en nekmasserings verskaf as 'n heerlike toegif! |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 516 | Watter gesondheidstoetse sal gedoen word? |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 517 | U sal 'n mediese geskiedenis-vraelys moet invul wat aan die mediese beroepslid insig sal gee in u gesondheidsrisikoprofiel voordat daar toetse gedoen word. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 518 | Indien die vraelys of toetse wys dat u die risiko loop om gesondheidsprobleme te ontwikkel, sal die mediese beroepslid berading en advies verskaf oor stappe wat gedoen moet word om toekomstige risiko te beperk of te vermy. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 519 | Inligtingsbrosjures oor onderwerpe soos rook, oefening en gewigbeheer word ook voorsien. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 520 | Alle inligting en toetsuitslae is vertroulik en sal nie aan enige Regeringsdepartement of sy amptenare verskaf word nie. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 521 | n GEMS-welwees-toetsdag kan bespreek word deur die bestaande versoekprosedure vir GEMS-aanbiedings te volg, naamlik via die GEMS-inbelsentrum en deur die opsie te kies om by GEMS aan te sluit; so nie, kan u e-pos stuur na [email protected] en 'n versoek via e-pos rig. U kan ook een van ons bemarkingsverteenwoordigers vra wanneer hulle u departement besoek. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 522 | Indien die versoek binne ons standaard bestek vir welwees-siftingstoetse val, sal dit binne 24 uur deur GEMS bevestig word, en kan ons uitsien na 'n genotvolle dag. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 523 | Wat beteken daardie akroniem? |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 524 | Akute medikasie: Medisyne wat vir 'n tydelike siekte of toestand voorgeskryf is om simptome van infeksies, verstuitings, ens. te verlig, of 'n homeopatiese middel. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 525 | Aanvullende Chroniese Siektelys (ACSL): Dit is chroniese siektes wat bykomend is tot dié wat verskyn in die gepromulgeerde lys van 26 siektes waarvoor die Fonds chroniese medikasie-voordele verskaf. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 526 | Begunstigde: 'n Begunstigde is óf die GEMS-hooflid of een van sy/haar geregistreerde afhanklikes. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 527 | Chroniese Siektelys (CSL): 'n Gepromulgeerde lys van 26 chroniese toestande waarvoor 'n verpligte minimum behandelingsvlak bestaan. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 528 | Konsultasie: 'n Besoek aan u dokter, chirurg of ander diensverskaffer om 'n diagnose en/of behandeling te kry. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 529 | CT-en MRI-skanderings: Spesiale X-strale wat van die binnekant van die liggaam geneem word om die oorsaak van 'n siekte op te spoor. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 530 | Aangewese Diensverskaffer (ADV): 'n ADV is 'n gesondheidsorgverskaffer wat deur die fonds aangewys is om spesifieke dienste aan lede te bied. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 531 | Algemene Praktisyns (AP's): Dokters wat algemene kundigheid het en nie net 'n spesialisdiens lewer nie. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 532 | Generiese medikasie: Generiese medikasie het dieselfde chemiese bestanddeel, sterkte en formulering (m.a.w. tablet, stroop) as die oorspronklike handelsmerknaam-produk. Die Medisynebeheerraad (MBR) gaan die gehalte van alle generiese en handelsmerknaam-medikasie na voor dit geregistreer word. Generiese medikasie is net so veilig en doeltreffend soos die oorspronklike handelsmerknaam-produk, maar gewoonlik meer bekostigbaar. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 533 | Medisyne-voorskriflys: 'n Medisyne-voorskriflys is 'n lys kostedoeltreffende medisynes wat 'n dokter lei in die behandeling van spesifieke mediese toestande. Medisyne-voorskriflyste word voortdurend deur mediese spesialiste nagegaan en bygewerk om te verseker dat dit strook met die jongste behandelingsriglyne. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 534 | Medisyne-uitsluitingslys (MUL): 'n Uitsluitingslys wat spesifiek is aan GEMS, wat betaling vir sekere medisynes om verskeie redes uit die Akute Voordeel uitsluit. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 535 | Medisyne-pryslys (MPL): MPL is 'n prysgewingstelsel vir verwysing wat geld vir sekere groepe medisyne wat generies soortgelyk is. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 536 | NGVPL: Nasionale Gesondheid Verwysingspryslys (NGVPL): Die mees onlangse verwysingspryslys vir gesondheidsdienste wat deur die Nasionale Departement van Gesondheid gepubliseer is. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 537 | Persoonlike Mediese Spaarrekening (PMSR): Die Fonds ken 'n gedeelte van u maandelikse bydrae aan 'n spaarrekening toe wat in u naam gehou word. Die geld in hierdie rekening word gebruik om te betaal vir u mediese onkostes buite die hospitaal. Wanneer die geld in u rekening opraak, raak hierdie voordele ook op. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 538 | Voorafmagtiging: Die proses om GEMS voor die tyd in te lig oor 'n beplande prosedure sodat goedkeuring verkry kan word. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 539 | Voorgeskrewe Minimum Voordele (VMV'e): Dit is basiese voordele wat vir sekere mediese toestande voorsien word, bv. Asma, Hipertensie, ens. wat volgens wet deur alle geregistreerde mediesefondse voorsien moet word. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 540 | Voorkomende Sorg: GEMS betaal deur die blokvoordeel, of PMSR in die geval van Ruby, vir hierdie dag-tot-dag voorkomende sorgvoordeel in alle opsies. In Ruby is daar egter bykomende dekking buiten die dag-tot-dag-voordele vir voorkomende toetse buite die hospitaal. Dit beteken dat die koste van voorkomende dienste vir Ruby-lede, soos beskryf in die voordeleskedule, deur die Fonds se risikopoel gedek word, en nie deur die lid se spaarrekening en/of blokvoordeel nie. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 541 | Hooflid: Dit is die hooflid wat by die Fonds geregistreer is. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 542 | Professionele Resepteringsfooi (PRF): 'n Gepromulgeerde maksimum fooi wat 'n apteker of resepterende dokter mag hef vir dienste gelewer. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 543 | Geregistreerde afhanklike: 'n Persoon of persone wat afhanklik is van die hooflid en wat deur die Fonds geregistreer is om te deel in die voordele wat aan die hooflid gebied word. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 544 | Beperkte mediesefonds: 'n Mediesefonds waaraan slegs werknemers van 'n spesifieke organisasie mag behoort. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 545 | Fondstarief: Die tarief wat deur die Fonds en sy diensverskaffers onderhandel is ten opsigte van betaling vir dienste wat die diensverskaffers aan lede van die Fonds gelewer het. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 546 | Gedeelde limiet: 'n Gedeelde limiet is 'n voordeelbedrag wat vir twee of meer voordelekategorieë geld. 'n Goeie voorbeeld is die Gevorderde Radiologievoordeel met sy buite-hospitaal- en binne-hospitaal- gedeelde limiet. Dit beteken dat, indien u die volle voordeelbedrag vir buite-hospitaal-voordele gebruik, die binne-hospitaal-voordele vir daardie spesifieke voordeelkategorie ook uitgeput sal wees. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 547 | Enkel-aanbevole Prys (EAP): Dit is 'n gepromulgeerde basiese prys wat aptekers of resepterende dokters vir medikasie hef. |
6 | (32201090225 AM) REO Afrikaans met benefit schedule.txt | 548 | Spesialiste: Dokters wat gespesialiseer het op 'n spesifieke mediese terrein soos onkologie, pediatrie of ginekologie. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 550 | Welkom U keuse. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 551 | Bestuur u lidmaatskap Hoekom is dit belangrik om u lidmaatskap te bestuur Wie kom in aanmerking om 'n GEMS-lid te wees? |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 552 | Alles oor AFHANKLIKES Hoe om u afhanklikes te registreer Het u geweet? |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 553 | U VOORDELE vir 2010 GEMS jaarlikse voordele 2010 Waarvoor betaal GEMS nie? |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 554 | Staan saam teen BEDROG! |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 555 | Welkom by GEMS, die voorkeur-mediesefonds wat gesondheid binne u bereik plaas. U is nou deel van 'n sterk, finansieel gesonde mediesefonds wat aan u 'n verskeidenheid gesondheidsorgvoordele bied wat nommerpas vir u en u gesin se behoeftes is. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 556 | U kan rus in die wete dat u die regte keuse gemaak het toe u 'n GEMS-lid geword het. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 557 | Ons is trots daarop dat GEMS se onverpoosde strewe na uitnemendheid, ons toewyding aan u en u gesondheidsorgbehoeftes ons steeds besiel om aan u die beste moontlike gesondheidsorgvoordele teen die bekostigbaarste tariewe te bied. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 558 | Met 2010 wat voorlê, het GEMS homself bewys as 'n gedugte fonds met 'n uitgebreide netwerk diensverskaffers wat gekontrakteer is om u toegang te gee tot die beste gesondheidsorgdienste teen bekostigbare tariewe. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 559 | GEMS se missie of doel is... |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 560 | Om alle staatsdienswerknemers van gelyke toegang tot bekostigbare, omvattende gesondheidsorgvoordele te voorsien. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 561 | Die Fonds se visie is... |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 562 | Om 'n uitnemende, bekwame en doeltreffende mediesefonds vir alle staatsdienswerknemers te wees. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 563 | U gesondheid is kosbaar! Elke beampte by GEMS lê die nodige sorg en ywer aan die dag om te verseker dat u dit goed oppas. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 564 | Hierdie omvattende pamflet sit die uitgebreide voordele en dienste wat tot u beskikking is, uiteen. Lees die gids sorgvuldig en bêre dit op 'n veilige plek om te verseker dat u dit weer kan raadpleeg indien u vrae het. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 565 | Hierdie gids bevat belangrike inligting oor dieBeryl- en Sapphire-opsies. Indien u graag u opsie wil wysig, raadpleeg asseblief bladsy 6vir meer inligting. U kan ons webwerf www.gems.gov.za besoek vir nader besonderhede oor GEMS se Ruby-, Emerald- en Onyx-opsies, of u kan die Fonds kontak by 0860 00 4367. Hierdie gids som verskeie aspekte van GEMS se voordele en die Fondsreëls op. Dit word slegs as 'n verwysing gebied en vervang nie die geregistreerde reëls van die Fonds nie. In geval van 'n dispuut, geniet die geregistreerde reëls voorkeur. Die geregistreerde reëls is op skriftelike versoek beskikbaar by: www.gems.gov.za, die Raad op Mediese Skemas en die Hoofbeampte. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 566 | Bewys van voltydse registrasie by 'n erkende tersiêre inrigting. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 567 | Verklaring deur lid wat finansiële afhanklikheid bevestig. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 568 | Bewys van gestremdheid deur mediese praktisyn (mediese praktisyn moet Evalueringsverslag voltooi). |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 569 | n Beëdigde verklaring deur die hooflid wat finansiële afhanklikheid bevestig, en dat die kind nie in 'n staatsinrigting is nie. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 570 | Die eggenoot moet geregistreer wees ten einde die stiefkind by te voeg. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 571 | Beëdigde verklaring deur lid wat die begunstigdes se finansiële afhanklikheid van die lid bevestig. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 572 | Die kind van die hooflid of die lid se eggenoot moet geregistreer wees ten einde die aangetroude kind by te voeg. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 573 | Beëdigde verklaring deur hooflid wat die begunstigdes se finansiële afhanklikheid van die lid bevestig. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 574 | Skoonouers en aangetroude grootouers mag slegs geregistreer word indien die eggenoot ook as 'n begunstigde geregistreer is. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 575 | Bewys van kindersorgtoelaag wat deur die lid of die eggenoot ontvang word. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 576 | Beëdigde verklaring (wat deur die lid en die biologiese ouer, waar van toepassing, voltooi moet word) wat die kleinkind se finansiële afhanklikheid van die lid bevestig. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 577 | Indien die kind se ouer ook as 'n afhanklike geregistreer is, word 'n verklaring slegs vir die kleinkind of agterkleinkind benodig. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 578 | Beëdigde verklaring (wat deur die lid voltooi moet word) wat die sibbe se finansiële afhanklikheid van die lid bevestig. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 579 | Die sibbe van 'n hooflid of die lid se eggenoot kan as 'n begunstigde geregistreer word. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 580 | Die eggenoot moet geregistreer wees ten einde die eggenoot se sibbes as afhanklikes by te voeg. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 581 | Beëdigde verklaring wat die broers- en/of susterskinders se finansiële afhanklikheid van die lid bevestig. Die beëdigde verklaring moet deur die lid en die sibbe, waar van toepassing, afgelê word. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 582 | Die kinders van 'n sibbe van 'n hooflid of die lid se eggenoot kan as begunstigdes geregistreer word. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 583 | Indien die kind se ouer ook as 'n afhanklike geregistreer is, hoef slegs die hooflid 'n verklaring vir die broers-/susterskind af te lê. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 584 | Het u geweet? |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 585 | Dit is baie belangrik om u pasgebore kind betyds te registreer! |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 586 | U moet binne 60 dae na u kind(ers) se geboorte 'n voltooide pasgeborene-registrasievorm en stawende dokumentasie aan die Fonds stuur. 'n Afskrif van die geboortesertifikaat moet ingesluit word. Indien u pasgebore kind se van van u s'n verskil, moet u 'n beëdigde verklaring aan die Fonds verskaf wat die rede vir die verskil uiteensit. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 587 | Bydraes vir u kind sal betaalbaar wees op die eerste dag van die maand wat volg op die maand waarin hy/sy gebore is. Indien u versuim om hom/haar betyds te registreer, sal ons ongelukkig nie in staat wees om u kind(ers) van hul geboortedatum af as afhanklikes van die Fonds te registreer nie. Dit beteken dat die hospitaaleise wat met u pasgebore kind se geboorte verband hou, nie gedek sal word nie en dat u hierdie eise self sal moet betaal. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 588 | Waarvoor betaal GEMS nie? |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 589 | o Die behandeling van mediese toestande of beserings wat deur 'n begunstigde of medeversekerde afhanklike wat nie by die Aangewese Diensverskaffer Voordeel-opsie ingesluit is nie, opgedoen word. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 590 | o Alle dienste wat nie deur 'n verwysing verkry is, vooraf gemagtig is of kragtens die Fonds se bestuurdesorg-protokols gelewer is nie. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 591 | o Gesondheidsorgdienste wat verband hou met eksperimentele, nie-bewysgegronde behandeling, of tegnologie en/of medikasie wat nie by die Raad op Gesondheidsberoepe of enige ander erkende owerheid geregistreer is nie. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 592 | o Alle snykundige prosedures of behandeling vir kosmetiese doeleindes en/of rekonstruksie-operasies, wat, sonder beperking, gesondheidsorgdienste sal insluit wat verband hou met vetsug en verwante komplikasies, geboortevlekke, otoplastie vir bakore, keloïedletsels, haarverwydering, blefaroplastiese snykunde (ooglid-operasies), neusrekonstruksie (insluitend septumplastie en/of osteotomie, en neuspunt-rekonstruksie). Die Mediese Komitee sal die alleenreg hê om te bepaal of 'n spesifieke snykundige prosedure of behandeling kosmeties van aard - en as sulks uitgesluit - is, op grond van die motivering wat voorgelê word en objektiewe kriteria. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 593 | o Misbruik, verslawing, oordosis of enige komplikasies daarvan. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 594 | Enige komplikasie wat mag spruit uit enige uitsluiting wat in die Bylaag genoem is. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 595 | o Behandeling vir onvrugbaarheid wat nie kragtens die voorgeskrewe minimum voordele voorgeskryf is nie. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 596 | o Operasies of behandelings wat nie medies aangedui word nie. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 597 | o Gesondheidsorgdienste wat benodig word tydens enige verpligte wagperiode. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 598 | o Mediese ondersoeke wat deur werkgewers vereis word. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 599 | o Nie-mediese essensiële items of behandeling. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 600 | o Behandeling vir beserings waar 'n ander party verantwoordelik is vir betaling (bv. werklui-besering- of besering-aan-diens-verslae). Die lid is egter geregtig op die normale voordele wat betaalbaar sou wees, en is verplig om die Fonds terug te betaal wanneer hy vir mediese uitgawes vergoed word. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 601 | o Tandheelkundige ekstraksies vir nie-mediese doeleindes. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 602 | o Die voorsiening van goue vulsels in gebitte. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 603 | o Die verskaffing van mediese, snykundige of ander toestelle, tensy spesifiek uitgesonder. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 604 | o Sonskermmiddels; en o Roaccutane en Retin A, of enige behandeling vir ligter vel. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 605 | Beperkings o Die maksimum voordele waarop 'n lid en sy afhanklikes in enige finansiële jaar geregtig is, is beperk, soos uiteengesit in die voordeleskedule vir daardie spesifieke jaar. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 606 | o Voordele wat verband hou met medisyne wat per voorskrif verkry is, is beperk tot een maand se voorraad vir elke sodanige voorskrif of herhaling daarvan, tensy die Raad anders besluit. |
7 | (32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt | 607 | Gestel ek moet 'n tandarts na-ure spreek? |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.