document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 303 | Hier is 'n paar wenke om u eise oor die afstand te bestuur. |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 304 | Om hierdie struikelblok die hoof te bied, maak seker dat u GEMS se amptelike reis-/internasionale eisvorm wat by www.gems.gov.za beskikbaar is, gebruik wanneer u eise indien. Indien u u eis op enige ander vorm indien, kan dit daartoe lei dat die Fonds onvolledige inligting ontvang. Dit kan daartoe lei dat 'n kleiner bedrag betaal word, of dat 'n eis geweier word. |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 305 | Wanneer u 'n eis uit die buiteland indien, maak asseblief seker dat u eisvorm volledig voltooi is en dat dit 'n beskrywing van die behandeling bevat. |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 306 | Verskaffertipe Algemene praktisyn, apteek, tipe spesialis, ens. |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 307 | Uiteensetting van toetse wat uitgevoer is (bv. patologie en radiologie) |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 308 | Indien bogenoemde dokumentasie in 'n vreemde taal is, maak asseblief seker dat 'n volledige Engelse vertaling aan GEMS gestuur word. |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 309 | Onthou om u eis onmiddellik aan die Suid-Afrikaanse ambassade en konsulaat te stuur vir verwerking, aangesien hulle die eis na GEMS sal verwys om verwerk te word. 'n Eis wat ouer as die verjaartydperk (vier maande) is, sal geweier word, en u departement sal nie in staat wees om die voordeel van GEMS te eis nie. |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 310 | Die gebruik van 'n reis-eisvorm (onder indien van eise uit die buiteland) geld vir eise van lede wat nie om amptelike redes in die buiteland gestasioneer is nie. Dit geld vir lede wat direk van GEMS eis vir mediese uitgawes wat aangegaan is tydens besoeke in die buiteland. |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 311 | Onthou: die sleutel om toegang tot u voordele in ander lande te kry, is om te verseker dat die korrekte eisvorm GEMS so gou moontlik bereik. |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 312 | U kan nou sekere items soos belastingsertifikate of vorms aanvra deur ons gerieflike 24-uur- telefoniese selfhelpdiens. U kan ook u voordele-opsies en kontakbesonderhede wysig. Skakel eenvoudig 0860 00 4367 en volg die stemaanwysings. |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 313 | Hoewel ons hoop dat u dit nooit nodig kry nie, is dit 'n goeie idee om voorbereid te wees op noodgevalle. |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 314 | U kan u selfoon as 'n hulpmiddel gebruik om paramedici te laat weet wie om in noodgevalle te kontak as u nie kan praat nie. Indien u selfoon nie gesluit is nie, sal hierdie beroepslui dikwels in u kontaklys soek na 'n ICE-nommer (In Case of Emergency). Dit is die nommer van iemand wat u wil hê hulle namens u moet kontak in 'n noodgeval. Indien daar meer as een nommer is, kan u die nommers onder ICE 1, ICE 2, ens. berg. U kan met ander woorde u eggenoot, u ouers, 'n huisvriend of u dokter daaronder lys, afhangende van u omstandighede. U kan ook die GEMS-noodnommer (0800 44 4367) op u selfoon berg vir maklike toegang tot mediese nooddienste wanneer u dit die meeste nodig het. |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 315 | Wanneer u 'n faks na GEMS toe stuur, maak seker dat u die regte nommer gebruik - 0861 00 4367 vir algemene fakse en eise, en 0866 51 8009 vir chroniese medikasie. |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 316 | Wag op 'n faksbevestiging, veral as u 'n openbare faks gebruik. Die faksbevestiging dien as bewys dat ons u faks ontvang het. |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 317 | Onthou asseblief om u lidnommer op alle korrespondensie met GEMS te noem - dit stel ons in staat om vinnig u regte besonderhede te kry. |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 318 | Sowat 5.7 miljoen mense lewe met MIV/VIGS. 'n Beduidende aantal daarvan is vroue, party van hulle swanger, wat die virus aan hul pasgebore babas sal oordra. Die wêreld vier Wêreldvigsdag op 1 Desember 2009. Hierdie spesiale dag word daaraan gewy om die openbare bewustheid van die MIV/VIGS-pandemie te verhoog. Hierdie jaar se tema, "Universele toegang en menseregte", plaas voorkoming en sorg op die voorgrond as 'n basiese mensereg, asook die vordering wat gemaak is om die pandemie aan te spreek; hierdie vordering moet versnel word deur 'n wêreldwye verbintenis te bevorder om die doelwit van universele toegang te bereik. |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 319 | Wat beteken finansieel afhanklik? |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 320 | n Afhanklike is finansieel afhanklik as hy/sy minder verdien uit alle inkomstebronne as die Welsynspensioen. |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 321 | Die afhanklike moet ook heeltemal van die lid afhanklik wees vir toegang tot mediese versekering en voordele. |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 322 | GEMS benut alle beskikbare tegnologie ten volle. Verskeie SMS-gebaseerde dienste, soos ons handige SMS Voordele Naslaandiens en die Vriende van GEMS soekfunksie stel u in staat om met die Skema te kommunikeer om u beskikbare voordele na te gaan of om 'n gesondheidsorg-diensverskaffer in u area te vind. |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 323 | Daar is ook 'n handige eisekennisgewingsprosedure wat u via SMS laat weet as ons 'n eis vir u of een van u afhanklikes ontvang; sodoende help ons u om tred te hou met al u eise. |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 324 | U kan die GEMS DotMobi-webwerf op u selfoon oopmaak deur eenvoudig m.gems.gov.za op u selfoon se internetblaaier in te tik. Hierdie webwerf is geskep om te verseker dat GEMS se aanlyndienste toeganklik is vir soveel as moontlik van ons lede. GEMS DotMobi plaas belangrike mediesefonds-inligting op u vingerpunte. |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 325 | Maak seker dat ons u regte selnommer het, sodat ons u in staat kan stel om hierdie dienste te gebruik. |
2 | (224201091104 AM) Afrikaans.txt | 326 | As 'n GEMS-lid, het u gratis toegang tot 'n kraamprogram wat spesifiek ontwerp is om u te voorsien van steun, voorligting en advies deur alle stadia van u swangerskap, bevalling en post-natale (nageboortelike) tydperk. |
3 | (310201010412 PM) FINAL SELECTION PACK AFRIKAANS.txt | 328 | By GEMS luister ons as ons lede praat. Ons koester ons waarde van duidelike kommunikasie en streef voortdurend daarna om te verseker dat ons voordele-opsies en dienste ons lede se behoeftes aanspreek. |
3 | (310201010412 PM) FINAL SELECTION PACK AFRIKAANS.txt | 329 | Ek is bly om die 2010-voordele aan u bekend te stel. Hierdie brosjure voorsien meer inligting oor die bekostigbare en doeltreffende gesondheidsorg waartoe u as 'n GEMS-lid in 2010 toegang kan kry. Ons moedig u aan om die opsie te kies wat die beste by u en u familie se behoeftes pas. |
3 | (310201010412 PM) FINAL SELECTION PACK AFRIKAANS.txt | 330 | was nie 'n maklike jaar nie, maar GEMS het aangehou om uit te styg. Ons het met groot opgewondenheid die mylpaal gevier dat GEMS 1 000 000 lewens dek, wat u werklik een uit 'n miljoen maak! Hierdie prestasie plaas GEMS aan die voorpunt van die mediesefonds-bedryf, met 'n voordeleaanbod wat vanself spreek. Ons is die grootste beperkte mediesefonds in die land, wat u deel maak van 'n sterk, finansieel lewenskragtige mediesefonds wat u belange op die hart dra. |
3 | (310201010412 PM) FINAL SELECTION PACK AFRIKAANS.txt | 331 | Ons voortdurende strewe na uitnemendheid getuig van ONS verbintenis teenoor u, u gesondheidsorgbehoeftes en U keuses. Ons sit ons vyf bekostigbare opsies in hierdie gids uiteen - om u te help om 'n ingeligte besluit te neem oor die voordele-opsie wat u familie se behoeftes die beste sal pas in 2010. |
3 | (310201010412 PM) FINAL SELECTION PACK AFRIKAANS.txt | 332 | Die kernvoordele wat lede in 2009 gehad het, is behou vir 2010. Ons het ook die beskikbare voordele-limiete verhoog en nuwes bygesit, soos die nuwe Blokvoordeel in die Emerald-opsie. Ons is trots daarop dat ons ten spyte van die moeilike ekonomiese omstandighede waarin ons ons bevind, steeds bekostigbare, gehalte- gesondheidsorg aan u kan bied. |
3 | (310201010412 PM) FINAL SELECTION PACK AFRIKAANS.txt | 333 | In 2010 begin bydraes by R424; ons het daarin geslaag om die gemiddelde bydrae-verhoging vir al die opsies op 10,8% te hou. Die 2010-bydraetabelle word by hierdie gids ingesluit, sodat u presies kan sien hoe die verhoging u sak raak. |
3 | (310201010412 PM) FINAL SELECTION PACK AFRIKAANS.txt | 334 | Hierdie jaar stel ons die nuwe GEMS-netwerk bekend, 'n toegewyde netwerk gesondheidsorgverskaffers wat na die gesondheidsorgbehoeftes van ons Sapphire- en Beryl-lede sal omsien. Die GEMS-netwerk sal die Prime Cure-netwerk vervang wat lede van die genoemde opsies die afgelope 3 jaar gebruik het. Meer nuus oor hierdie opwindende ontwikkeling sal aan die einde van 2009 deurgegee word. |
3 | (310201010412 PM) FINAL SELECTION PACK AFRIKAANS.txt | 335 | Ek wil u bedank vir u volgehoue steun en wens u uitstekende gesondheid in 2010 toe. Onthou dat GEMS u vennoot vir blakende gesondheid bly. |
3 | (310201010412 PM) FINAL SELECTION PACK AFRIKAANS.txt | 336 | Maak u KEUSE. |
3 | (310201010412 PM) FINAL SELECTION PACK AFRIKAANS.txt | 337 | Voordele wat ontwerp is vir u gesondheid en geluk! |
3 | (310201010412 PM) FINAL SELECTION PACK AFRIKAANS.txt | 338 | Aan die einde van elke jaar gee ons ons lede geleentheid om oor te skakel na 'n ander voordele-opsie. U moet u gesondheidsorgbehoeftes, die voordele wat elke opsie bied en die maandelikse bydrae sorgvuldig oorweeg om u keuse te maak. |
3 | (310201010412 PM) FINAL SELECTION PACK AFRIKAANS.txt | 339 | Oorweeg dit asseblief noukeurig, aangesien u slegs een keer per jaar toegelaat word om u opsie te wysig. Indien u u opsie vir 2010 wil wysig, volg asseblief die drie eenvoudige stappe hieronder. Onthou dat u "Maak u keuse"-vorm ons voor of op 30 November 2009 moet bereik. |
3 | (310201010412 PM) FINAL SELECTION PACK AFRIKAANS.txt | 340 | Hierdie gids is 'n opsomming van 'n wye verskeidenheid GEMS-aspekte. Dit is slegs vir vinnige verwysingsdoeleindes en vervang nie die reëls van die Skema nie. In die geval van 'n dispuut sal die geregistreerde reëls voorkeur geniet. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 342 | GEMS is geskep met u in gedagte. Ons is die grootste geslote mediesefonds wat ons uitsluitlik toespits op die gesondheidsorgbehoeftes van Staatsdienswerknemers. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 343 | Ons is daartoe verbindom deur 'n reeks van 5 voordele-opsies aan 'n ieder en 'n elk van ons lede en hul families toegang te gee tot bekostigbare, omvattende voordele. Vandat die eerste lid in 2006 by GEMS aangesluit het, het ons ongekende groei beleef en geen steen onaangeroer gelaat om 'n uitnemende, doeltreffende en bekostigbare mediesefonds vir alle Staatsdienswerknemers te wees nie. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 344 | Ons by GEMS verstaan die dinamika van die voortdurend veranderende gesondheidsorgbedryf; as deel van ons etos verwelkom ons dus nuwe, GEMS VOORDELE-OPSIES uitdagende eise. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 345 | Netwerke Middelslag Omvattend ingesluit word en dat niemand agterweë bly nie. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 346 | Wie kan 'n lid word? |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 347 | n Provinsiale Administrasie wat in Skedule 2 van die Staatsdienswet ge organisasies wat in Skedule 3 van die Staatsdienswet gelys word; of enige werkgewergroep wat deur die Fonds goedgekeur is. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 348 | die Suid-Afrikaanse Gehei enige departement waar die diensvoorwaardes nie GEMS-lidmaatskap moontlik maak nie. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 349 | GEMS bied bekostigbare voordele aan almal! |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 350 | Almal kan bekostig om GEMS-lede te word, want die bedrag wat u verdien, bepaal die bedrag wat u betaal om aan die Fonds te behoort. Dit beteken dat u minder vir dieselfde voordele-opsie betaal as iemand wat meer verdien. Hoeveel u betaal, hang ook van u familie se grootte, en watter een van die vyf opsies u kies, af. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 351 | n Fonds wat werklik omgee oor u behoeftes en daarop fokus - ons luister as ons lede praat! |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 352 | Uitstekende gesondheidsorgvoordele teen bekostigbare tariewe. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 353 | Absolute privaatheid - u mediese inligting word deurentyd heeltemal vertroulik gehou - selfs van u werkgewer. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 354 | Flink, doeltreffende betaling van eise elke 14 dae. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 355 | Gereelde kommunikasie met lede. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 356 | n Inbelsentrum wat u kan bystaan in enige van die amptelike Suid-Afrikaanse landstale. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 357 | Vriendelike, doeltreffende kliëntediens by ons Inbelsentrum en streekskantore. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 358 | Streekskantore dwarsdeur die land vir maklike toegang tot bystand en dienste. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 359 | Toegang tot uitgebreide mediese sorg by openbare en private geriewe. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 360 | n Siektebeheerprogram om die behandeling en kostes van chroniese siektes te bestuur. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 361 | n Aangewese diensverskaffer wat sal verseker dat u maandeliks n MIV/Vigs-beheerprogram wat u van vertroulike sorg voorsien as u dit die nodigste het. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 362 | n 24 uur- mediese nooddiens wat 'n groot gedeelte van Suid-Afrika dek. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 363 | Innoverende gesondheidsorgdienste en -programme soos 'n Kraamprogram, Welwees-toetsdae by u werkplek, en baie meer n hele mandjie vol dienste wat voortdurend groei. Ons wil dit vir u maklik maak om gesond te bly. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 364 | Wanneer u by GEMS aansluit, is u deel van 'n finansieel kragtige mediesefonds met 'n vinnig groeiende lidmaattal. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 365 | Stap 1: Kry 'n aansoekvorm - laai dit óf af van die web www.gems.gov. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 366 | Stap 2: Voltooi die vorm - maak seker dat u al die afdelings volledig voltooi en voorsien die nodige aanvullende dokumente raadpleeg: Watter dokumente moet u by u aansoek insluit? |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 367 | Stap 3: Faks, Pos of E-pos vir ons die volledige vorm en dokumente. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 368 | Watter dokumente moet u by u aansoek insluit? |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 369 | Indien u 'n GEMS-lid wil word, moet u gewaarmerkte afskrifte van sekere dokumente, soos identiteitsdokumente vir uself en u familielede, saam met u aansoekvorm verskaf. Raadpleeg ons webwerf www.gems.gov.za vir 'n volledige lys van die dokumente wat u moet indien, of skakel ons Inbelsentrum by 0860 00 4367. Dit is belangrik om daarop te let dat GEMS nie u aansoek kan verwerk as u nie al die dokumente insluit wat ons nodig het nie; daar sal 'n vertraging wees totdat al die nodige dokumente ontvang is. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 370 | GEMS strewe voortdurend daarna om die beste moontlike gesondheidsorgvoordele aan u te bied wat u sak pas. In pas hiermee het ons daarin geslaag om die styging in u maandelikse bydraes binne die perke van mediese inflasie te hou. Ons onderneming teenoor u is om aan u meer keuses te bied. Daar is 'n voordele-opsie wat nommerpas is vir u familie se gesondheidsorgbehoeftes en vir u sak! |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 371 | Die volgende is die totale maandelikse bydrae, en weerspieël nie die werkgewersubsidie nie. Indien 'n werknemer in aanmerking kom vir 'n subsidie, betaal die werkgewer 'n gedeelte van die bydrae, en die werknemer betaal die balans. Die maksimum subsidie hang van die familie se grootte af, en word beperk tot 75% van u maandelikse bydrae, 'n perk van R2 390. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 372 | Stuur 'n SMS met u Persal-nommer na 083 450 4367, en ons sal u terugskakel. |
4 | (3102010124331 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 373 | Skakel die Inbelsentrum by 0860 00 4367. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 375 | GEMS is geskep met u in gedagte. Ons is die grootste geslote mediesefonds wat ons uitsluitlik toespits op die gesondheidsorgbehoeftes van Staatsdienswerknemers. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 376 | Ons is daartoe verbindom deur 'n reeks van 5 voordele-opsies aan 'n ieder en 'n elk van ons lede en hul families toegang te gee tot bekostigbare, omvattende voordele. Vandat die eerste lid in 2006 by GEMS aangesluit het, het ons ongekende groei beleef en geen steen onaangeroer gelaat om 'n uitnemende, doeltreffende en bekostigbare mediesefonds vir alle Staatsdienswerknemers te wees nie. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 377 | Ons by GEMS verstaan die dinamika van die voortdurend veranderende gesondheidsorgbedryf; as deel van ons etos verwelkom ons dus nuwe, GEMS VOORDELE-OPSIES uitdagende eise. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 378 | Netwerke Middelslag Omvattend ingesluit word en dat niemand agterweë bly nie. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 379 | Wie kan 'n lid word? |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 380 | n Provinsiale Administrasie wat in Skedule 2 van die Staatsdienswet ge organisasies wat in Skedule 3 van die Staatsdienswet gelys word; of enige werkgewergroep wat deur die Fonds goedgekeur is. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 381 | die Suid-Afrikaanse Gehei enige departement waar die diensvoorwaardes nie GEMS-lidmaatskap moontlik maak nie. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 382 | GEMS bied bekostigbare voordele aan almal! |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 383 | Almal kan bekostig om GEMS-lede te word, want die bedrag wat u verdien, bepaal die bedrag wat u betaal om aan die Fonds te behoort. Dit beteken dat u minder vir dieselfde voordele-opsie betaal as iemand wat meer verdien. Hoeveel u betaal, hang ook van u familie se grootte, en watter een van die vyf opsies u kies, af. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 384 | n Fonds wat werklik omgee oor u behoeftes en daarop fokus - ons luister as ons lede praat! |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 385 | Uitstekende gesondheidsorgvoordele teen bekostigbare tariewe. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 386 | Absolute privaatheid - u mediese inligting word deurentyd heeltemal vertroulik gehou - selfs van u werkgewer. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 387 | Flink, doeltreffende betaling van eise elke 14 dae. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 388 | Gereelde kommunikasie met lede. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 389 | n Inbelsentrum wat u kan bystaan in enige van die amptelike Suid-Afrikaanse landstale. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 390 | Vriendelike, doeltreffende kliëntediens by ons Inbelsentrum en streekskantore. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 391 | Streekskantore dwarsdeur die land vir maklike toegang tot bystand en dienste. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 392 | Toegang tot uitgebreide mediese sorg by openbare en private geriewe. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 393 | n Siektebeheerprogram om die behandeling en kostes van chroniese siektes te bestuur. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 394 | n Aangewese diensverskaffer wat sal verseker dat u maandeliks n MIV/Vigs-beheerprogram wat u van vertroulike sorg voorsien as u dit die nodigste het. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 395 | n 24 uur- mediese nooddiens wat 'n groot gedeelte van Suid-Afrika dek. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 396 | Innoverende gesondheidsorgdienste en -programme soos 'n Kraamprogram, Welwees-toetsdae by u werkplek, en baie meer n hele mandjie vol dienste wat voortdurend groei. Ons wil dit vir u maklik maak om gesond te bly. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 397 | Wanneer u by GEMS aansluit, is u deel van 'n finansieel kragtige mediesefonds met 'n vinnig groeiende lidmaattal. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 398 | Stap 1: Kry 'n aansoekvorm - laai dit óf af van die web www.gems.gov. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 399 | Stap 2: Voltooi die vorm - maak seker dat u al die afdelings volledig voltooi en voorsien die nodige aanvullende dokumente raadpleeg: Watter dokumente moet u by u aansoek insluit? |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 400 | Stap 3: Faks, Pos of E-pos vir ons die volledige vorm en dokumente. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 401 | Watter dokumente moet u by u aansoek insluit? |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 402 | Indien u 'n GEMS-lid wil word, moet u gewaarmerkte afskrifte van sekere dokumente, soos identiteitsdokumente vir uself en u familielede, saam met u aansoekvorm verskaf. Raadpleeg ons webwerf www.gems.gov.za vir 'n volledige lys van die dokumente wat u moet indien, of skakel ons Inbelsentrum by 0860 00 4367. Dit is belangrik om daarop te let dat GEMS nie u aansoek kan verwerk as u nie al die dokumente insluit wat ons nodig het nie; daar sal 'n vertraging wees totdat al die nodige dokumente ontvang is. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 403 | GEMS strewe voortdurend daarna om die beste moontlike gesondheidsorgvoordele aan u te bied wat u sak pas. In pas hiermee het ons daarin geslaag om die styging in u maandelikse bydraes binne die perke van mediese inflasie te hou. Ons onderneming teenoor u is om aan u meer keuses te bied. Daar is 'n voordele-opsie wat nommerpas is vir u familie se gesondheidsorgbehoeftes en vir u sak! |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 404 | Die volgende is die totale maandelikse bydrae, en weerspieël nie die werkgewersubsidie nie. Indien 'n werknemer in aanmerking kom vir 'n subsidie, betaal die werkgewer 'n gedeelte van die bydrae, en die werknemer betaal die balans. Die maksimum subsidie hang van die familie se grootte af, en word beperk tot 75% van u maandelikse bydrae, 'n perk van R2 570. |
5 | (3172010120044 PM) FINAL MB AFRIKAANS.txt | 405 | Stuur 'n SMS met u Persal-nommer na 083 450 4367, en ons sal u terugskakel. |
Subsets and Splits