document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
1
(128200995402 AM) afrikaans.txt
202
Die Suid-Afrikaanse Geneeskundige en Tandheelkundige Raad (HPCSA) het onlangs gewaarsku oor 'n klomp advertensies deur mense wat beweer hulle is dokters. Wees asseblief op die uitkyk vir hierdie bedrieërs, aangesien enige eis wat ingedien word vir 'n diens wat nie deur 'n mediese praktisyn met 'n geldige registrasienommer gelewer is nie, nié deur GEMS betaal sal word nie. Beskerm jouself! Vra asseblief om die registrasienommer te sien van enige praktisyn oor wie jy twyfel.
1
(128200995402 AM) afrikaans.txt
203
Fondsmedikasiereëls is daar om jou voordele te beskerm en om te verseker dat die medikasie behoorlik voorgeskryf word en nie skadelik vir jou is nie. Hierdie reëls is nie daar om jou behandeling, medikasie of toegang tot jou voordele te weier nie. Sekere medikasie kan skadelik en verslawend wees indien dit nie behoorlik gebruik word nie. Kragtens die nuwe Fondsreëls is daar 'n beperking op die getal tablette wat oor 'n sekere tydperk geneem mag word, en sekere kombinasies van medikasie sal nie terugbetaal word nie. Hierdie reëls sal ook verseker dat medikasie wat aan jou voorgeskryf en geresepteer word, toepaslik is volgens jou ouderdom en geslag.
1
(128200995402 AM) afrikaans.txt
204
Indien jy enige navrae het, bel GEMS gerus by 0860 00 4367.
1
(128200995402 AM) afrikaans.txt
205
Wees op die uitkyk vir jou 2010-voordele-inligting wat aan die begin van November in die pos sal aankom.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
207
Boodskap van die Hoofbeampte was 'n keerpunt! Die Fonds het uitstekend gegroei en dek nou meer as 400 000 lede en 1 000 000 lewens. Ons verwag verdere groei namate meer Staatsdienswerknemers besluit om GEMS hul voorkeurfonds te maak.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
208
Hierdie uitgawe van Facets is vol belangrike inligting vir u en u familie, en sluit die volgende in: Nuus oor GEMS se aanloklike voordele- en opsiewysigings vir 2010; die nuwe 2010 GEMS-gesondheidsorg-diensverskaffernetwerk wat die huidige Prime Cure-netwerk sal vervang; handige wenke om die feesvetjies te vermy, en baie, baie meer.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
209
GEMS is verbind daartoe om gesondheidsorg binne u bereik te plaas. Ons span alles in om u en u familie toegang te gee tot die beste gesondheidsorgvoordele teen bekostigbare tariewe. Ons is bly om te kan sê dat ons tariefverhoging vir ons 2010-bydraes ten spyte van die afswaai in die ekonomie sowat 0,5% minder as 2009 s'n is. Die gemiddelde bydrae-verhoging vir 2010 is 10,8%, en boonop is daar 'n reeks hoogs aantreklike voordeelverbeterings. Let wel dat die tariewe nie bloot gestyg het nie, maar dat dit gekoppel is aan 'n beduidende verhoging in voordele.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
210
Danksy ons volgehoue fokus op die verfyning van u GEMS-ervaring, het ons die salariskerwe wat geld vir alle voordele-opsies met 10% aangepas in 2010, en sodoende verseker dat bekostigbare toegang tot alle opsies verbreed is; dit is werklik goeie nuus, aangesien baie lede moontlik sal vind dat hulle aan die begin van 2010 'afbeweeg' met die salariskerwe, wat hul GEMS-lidmaatskap selfs nog meer bekostigbaar maak.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
211
Die feesseisoen is op ons, en ek verwag dat dit 'n WONDERLIKE een gaan wees! Die weer is warm, die donderstorms knal, die ekonomie groei en ons almal het ongelooflik hard gewerk om sukses te behaal in 2009. Feesviering wat gepaard gaan met hartlikheid en vreugde is beslis nodig! Ek wens u die heel beste toe vir die nuwe jaar, en moedig u aan om lekker uitgerus en vol woema terug te keer werk toe in 2010.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
212
Laaste, maar nie die minste nie, dankie vir u volgehoue lidmaatskap van GEMS en die wonderlike voorstelle wat u in 2009 gemaak het. GEMS bestaan vir sy lede; dit is hierdie lede wat GEMS voortreflik maak!
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
213
Beroepspesifieke Bedeling (BSB) en salariskerfaanpassings ontvang, asook jaarlikse salarisverhogings wat terugwerkend tot Julie 2009 van krag gemaak is. Aangesien u GEMS-bydraes van u salaris afhang, is u maandelikse bydraes waarskynlik ook geraak.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
214
Soos u weet, het elk van GEMS se voordele-opsies inkomste-gebaseerde bydraetabelle om toegang tot die betrokke voordele-opsie deur laer inkomsteverdieners in die Staatsdiens te bevorder. Die bydrae wat vir elke opsie in elke inkomstekerf betaalbaar is, het in die 2009-lidhandboek wat lede aan die begin van die jaar ontvang het, verskyn. Indien 'n lid se salaris gedurende die jaar styg, kan hulle vind dat hulle een inkomstekerf opskuif en daarom 'n hoër bydrae moet betaal, bv. deur bevorderings, salariskerfaanpassings, jaarlikse verhogings in lewenskoste en salarisse, asook BSB's. Die salarisaanpassings het gelei tot die verhoging van mediesefonds-bydraes vir 'n aantal GEMS-lede, aangesien die aanpassings hulle in 'n hoër GEMS-inkomstekerf geplaas het.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
215
Die salariskerfaanpassing het gespruit uit die vermindering van salariskerwe van 1-16 tot 1-12. Sowat 10 500 lede is deur hierdie verandering geraak, en 'n SMS is aan daardie lede gestuur om hulle in kennis te stel van die veranderings in hul mediesefonds-bydraes.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
216
GEMS het reeds 'n gevestigde, omvattende voordelebasis waarmee dit werk; dit is nie maklik om iets wat allerweë as'n uitstekende pakket beskou word te verbeter nie. Getrou aan die Fonds se waardes van buigsaamheid en innovering, het ons maniere gevind om die voordele-aanbod verder uit te bou in 2010.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
217
Nuut: In 2010 stel GEMS die GEMS-netwerk bekend; dit sal die Prime Curenetwerk vervang wat lede die afgelope drie jaar gebruik het.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
218
Nuut: Die private hospitaal kraamvoordeel sluit nou patologie en radiologie in, onderhewig aan voorafmagtiging en 'n goedgekeurde lys dienste.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
219
Nuut: Daar word nou vereis dat Sapphire-lede hul chroniese medikasie by die Skema se Aangewese Diensverskaffer vir chroniese medikasie, Medipostapteek, kry.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
220
Nuut: Geestesgesondheidvoordele sluit nou behandeling deur sielkundiges in en is onderhewig aan Voorgeskrewe Minimum Voordele (VMV) by die Fonds se aangewese diensverskaffers.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
221
Nuut: 'n Onbeperkte voordeel vir primêre gesondheidsorg by die Fonds se aangewese diensverskaffers is deel van hierdie opsie.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
222
Nuut: In 2010 stel GEMS die GEMS-netwerk bekend; dit sal die Prime Curenetwerk vervang wat lede die afgelope drie jaar gebruik het.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
223
Nuut: Patologie en radiologie, onderhewig aan 'n goedgekeurde lys dienste en voorafmagtiging.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
224
Nuut: Binne-hospitaal-voordele is onderhewig aan voorafmagtiging en Bestuurdesorg-protokols.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
225
Nuut: Die Geestesgesondheidvoordeel sluit buite-die-hospitaal-sielkunde in, onderhewig aan algehele binne-hospitaal-limiete.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
226
Nuut: Daar word nou vereis dat Beryl-lede hul chroniese medikasie by die Skema se Aangewese Diensverskaffer vir chroniese medikasie, Medipostapteek, kry.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
227
Nuut: 'n Onbeperkte voordeel vir primêre gesondheidsorg by die Fonds se aangewese diensverskaffers is deel van hierdie opsie.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
228
beweeg het, wat gelei het tot hoër bydraes. Hierdie veranderings is terugwerkend tot Julie 2009 van krag gemaak. Meer as 41 000 lede is deur hierdie verhogings geraak. Hierdie terugwerkende inwerkingstelling het daartoe gelei dat sommige lede se mediesefonds-bydraes agterstallig geraak het.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
229
GEMS het pro-aktief met lede wat hierdeur geraak is, geskakel. Gaan asseblief u kwartaallikse bydrae-staat sorgvuldig na om ten volle te verstaan hoe die salarisaanpassings u bydraes kon geraak het.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
230
Die meeste agterstallige bydraes is reeds via Persal aangevra. Indien u geraak is, kan u van Desember 2009 bykomende aftrekkings van u salaris verwag vir agterstallige mediesefonds-bydraes. Persal maak egter slegs voorsiening vir drie maande terugwerkend se agterstallige mediesefonds-aftrekkings.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
231
Hulpbronne-praktisyn aangevra word.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
232
se agterstalligheid nie via Persal afgetrek kon word nie. GEMS sal in die loop van hierdie maand bydrae-rekonsiliasies en 0189-inwerkingstellingsbriewe na Menslike Hulpbronne-praktisyns uitstuur wat sal help om die agterstalligheidsaftrekkings in werking te stel.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
233
Skakel ons gerus by 0860 00 4367 met enige navrae.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
234
Nuut: Nie-VMV, binne-hospitaal dagtoelatings sal nie eweredig verdeel word nie. Die limiet verhoog na R10 760.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
235
Nuut: Basiese patologievoordeel sluit nou vloeistof-gebaseerde sitologiepapsmeer teen 'n fonds-onderhandelde tarief in.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
236
Nuut: Tandheelkundige dienste: buite-die-hospitaal tandheelkunde oorvleuel met binne-hospitaal tandheelkunde (R2 050 per begunstigde per jaar).
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
237
Die limiet op mediese en chirurgiese toestelle het verdubbel.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
238
Die Blokvoordeel het gestyg tot R1 070 per familie. Eise word uit hierdie voordeel betaal sodra die PMSR uitgeput is.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
239
Nuut: Nie-VMV, binne-hospitaal dagtoelatings sal nie eweredig verdeel word nie. Die limiet is verhoog na R10 760.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
240
Die Blokvoordeel het gestyg tot R2 820 per begunstigde en R5 640 per familie.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
241
Nuut: Basiese Patologievoordeel sluit nou vloeistof-gebaseerde sitologiepapsmeer teen 'n fonds-onderhandelde tarief in.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
242
Nuut: Omvattende chroniese medisyne-voorskriflys geld onder en oor limiete.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
243
Nuut: 'n Aanvullende Blokvoordeel van R7 000 per begunstigde oor twee kalenderjare is bygevoeg. Sublimiete geld. Hierdie aanvullende voordeel is beskikbaar vir die volgende: tandheelkundig (buite-die-hospitaal), optiese en verwante gesondheidsdienste en basiese radiologie.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
244
Die voordeel vir mediese en chirurgiese toestelle het verdubbel.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
245
Nuut: Nie-VMV, binne-hospitaal dagtoelatings sal nie eweredig verdeel word nie. Die limiet is verhoog na R10 760.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
246
Nuut: Basiese Patologievoordeel sluit nou vloeistof-gebaseerde sitologiepapsmeer teen 'n fonds-onderhandelde tarief in.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
247
Nuut: 'n Sublimiet van R1 150 per begunstigde vir selfmedikasie is in werking gestel.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
248
Nuut: Die optiese sublimiet vir rame is verhoog na R1 500.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
249
Die voordeel vir mediese en chirurgiese toestelle het verdubbel.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
250
Suzan Malindi, een van ons Sisonke-kompetisie se pryswenners, het 'n brief gestuur om GEMS te bedank vir haar heerlike ervaring. Sy het Kaapstad as haar bestemming gekies.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
251
Ons naweek was wonderlik! Alles was perfek! 'n Wonderwerk soos min - my ma, wat aan diabetes ly, het 'n wond gehad wat nie wou gesond word nie. Nadat GEMS dit vir haar moontlik gemaak het om die see te besoek, het dit genees! Dankie, GEMS! Die reis was so interessant; ons het baie dinge oor die pragtige Moederstad geleer.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
252
Die Berekenaar is gerieflik geplaas as 'n grafiese simbool op die tuisblad, en onderaan elke blad op die webwerf. Dit is ook beskikbaar onder die afwipkieslys getiteld "Members", indien u verkies om hierdie opsie te gebruik.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
253
Die Berekenaar stel u in staat om u maandelikse bydrae te bereken deur u die opsie te gee om een van twee profiele te kies.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
254
Bereken u bydrae deur u salaris en die getal volwasse en kinderafhanklikes in u familie te selekteer.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
255
Ons by GEMS poog om sterk verhoudings met die dokters te bou wat sorg verleen aan ons meer as 1 000 000 begunstigdes.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
256
Ons wil seker maak dat u dokter u versorging bly koördineer en u teen die beste waarde-vir-geld-tariewe behandel. Daar is baie voordele daaraan verbonde om 'n GEMS-netwerkdokter te besoek.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
257
U hoef nie enige heffings of onkoste uit u sak te betaal nie.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
258
Fondstariewe aan GEMS-lede te voorsien, en om nie vir u enige bybetalings of bykomende kostes te vra nie.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
259
Alle GEMS-netwerkdokters is bereid om profiele van hul praktyke te laat neem en, indien nodig, riglyne van hul kollegas te aanvaar (portuurleiding) om hul lewering van kostedoeltreffende sorg te verbeter.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
260
Dokters wat deur profielbepaling die hoogste status bereik, word beloon met 'n hoër konsultasiefooi wat uit risiko betaal word, teen geen bykomende fooi vir u nie.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
261
Vóór 2010 moes Sapphire- en Beryl-lede 'n Prime Cure-netwerkverskaffer besoek as hulle sorg nodig gehad het. Van 2010 af sal lede met hierdie opsies 'n dokter en gesondheidsorg-diensverskaffer op die GEMS-netwerk moet besoek. Let asseblief daarop dat Prime Cure-netwerkdokters ook lede van die GEMSnetwerk kan wees, maar dit is belangrik vir lede om dit te bevestig.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
262
Sapphire- en Beryl-lede moet daarop let dat hul dokter teen 2010 by die GEMSnetwerk moes aangesluit het. Nuwe ooreenkomste word tans deur GEMS en dokters gesluit. Maak asseblief seker dat u dokter 'n lid van die GEMS-netwerk is voordat u sy/haar dienste in 2010 gebruik.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
263
Al die nuwe inligting en kontakbesonderhede van dokters en gesondheidsorg-diensverskaffers in die GEMS-netwerk sal binnekort saam met u nuwe lidmaatskapkaart na u toe gestuur word.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
264
die Vriende van GEMS SMS-diens te gebruik.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
265
simbool in die dokter se spreekkamer te soek.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
266
Om 'n situasie te vermy waarin u nie u gesondheidsorgvoordele kan benut nie, hier is 'n eenvoudige verduideliking van die eisebetalingsproses, en vermybare foute wat kan lei tot die weiering van eise.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
267
Stap 1 Jy of jou gesondheidsorg-diensverskaffer dien 'n eis in.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
268
Stap 2 Die Eisedepartement ontvang, evalueer en keur geldige eise goed.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
269
Stap 3 'n Eisewaarskuwing-SMS word na die lid gestuur om die verwerking van die eis te bevestig. Die waarskuwing beteken nie dat die eis betaal is nie, maar dat dit tans verwerk word. As jy nie die eisewaarskuwing-SMS ontvang het nie, skakel 0860 00 4367 om hierdie diens te aktiveer.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
270
Stap 4 Na evaluering van die eis, betaal die Fonds die eis, in ooreenstemming met Fondsreëls en beskikbare voordele, uit.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
271
Stap 5 Die eis sal tydens die volgende betalinglopie uitbetaal word. GEMS het twee betalinglopies per maand.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
272
Sodra u uit die Fonds tree, kan u nie meer die voordele getree het.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
273
n lid uitgetree het nie.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
274
geniet wat vroeër aan u gebied was nie.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
275
n Deel van die eiseproses se verstaan behels dat 'n mens moet weet waar om jou eise in te dien. Maak seker dat u eis by die korrekte adres ingedien word.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
276
Alle eise kan ook gefaks word na 0861 00 4367 of per e-pos gestuur word na [email protected]. Indien u onseker is van die regte bestemming, kontak die Fonds onverwyld by 0860 00 4367.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
277
GEMS is 'n beperkte mediesefonds vir Staatsdienswerknemers - slegs Staatsdienswerknemers kan aan die Fonds behoort.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
278
hulle van wangedrag aangekla word; of hulle by 'n ander mediesefonds aansluit. Almal word volgens wet verbied om aan twee mediesefondse op 'n slag te behoort.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
279
Indien u voortgaan om u lidmaatskapkaart te gebruik nadat u uitgetree het, en die eise word betaal, sal u die bedrae moet terugbetaal van eise wat ná die uittreedatum op ons rekords val. U kan uittree deur ons te skakel by 0860 00 4367 of deur vir ons 'n uittreebrief te faks by 0861 00 4367.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
280
Wat gebeur met my chroniese medikasie-voorskrifte wanneer ek uittree by GEMS?
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
281
Medipost, by GEMS-lede afgelewer. Wanneer u uit die Staatsdiens - en dus uit GEMS - tree, moet u alternatiewe reëlings tref vir die aankoop van u medikasie.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
282
Om gewig te verloor is nie net 'n goeie idee as u in 'n kleiner paar jeans wil pas nie; dit is kritiek vir u gesondheid. Ten einde gewig te verloor, moet u 'n plan hê. Om die skaal te klop verg lewenstylveranderinge, gesonde voedselkeuses en 'n aktiewe lewenstyl!
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
283
Studies toon dat die eet van 'n heilsame ontbyt een van die positiefste dinge is wat 'n mens kan doen as jy ekstra kilo's wil verloor.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
284
Hier is nog 'n paar wenke om heeljaar, maar veral tydens die feesseisoen, fiks te bly en te keer dat u gewig optel.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
285
Verminder u rooivleisinname en eet meer hoender of vis.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
286
Rooster of bak u kos.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
287
Drink water in plaas van drankies met 'n hoë suikerinhoud. Verminder ook u alkoholverbruik.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
288
Gebruik botter en/of margarien spaarsamig.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
289
Party mense glo dat hulle moet ophou eet as hulle probeer gewig verloor, maar dit is 'n mite. Volgens studies oor gewigsverlies versnel 'n mens se metabolisme hoe meer jy eet. Een manier om metaboliese tempo te verhoog, is om meer gereeld kleiner maaltye te eet, en om gesonde peuselkos (soos neute, vrugte of groente) te eet wanneer u honger is of aan iets wil knaag.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
290
Ondergewig = 18.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
291
Normale gewig = 18.5 - 24.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
292
Oorgewig = 25 - 29.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
293
Word aktief n Goed gebalanseerde dieet wat ten minste 30-40 minute se oefening drie maal per week insluit, is 'n goeie begin. Kies enige aktiwiteit wat u geniet, solank u aan die beweeg kom.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
294
Verwys asseblief na Kwartaal 3 se Facets vir meer wenke oor 'n gesonde leefstyl en dieet! Hierdie nuusbrief is ook beskikbaar op die webwerf, www.gems.gov.za, in die taal van u keuse!
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
295
ADV's is 'n uitgesoekte groep voorkeur gesondheidsorg-verskaffers by wie GEMS-lede gesondheidsorgdienste van gehalte kan bekom. Lede wat 'n ADV gebruik, geniet omvattende dienste sonder die kopseer van bybetalings en behandelingslimiete ten opsigte van voorgeskrewe minimum voordele (VMV'e).
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
296
Deur 'n ADV te gebruik, benut u ook beter pryse wat namens u deur GEMS onderhandel is.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
297
Medipost-apteek sal met ingang van 2010 die ADV vir die voorsiening van chroniese medikasievereistes vir GEMS-lede op AL vyf opsies wees. GEMS sal slegs 100% vir chroniese medikasie-eise betaal indien die medikasie op die Fonds se medisyne-voorskriflys ('n lys van goedgekeurde chroniese medikasie) verskyn wat by u opsie pas, en mits dit onderhewig aan die Fondsreëls van die ADV verkry word.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
298
bybetaling sal geld.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
299
GEMS hef nie 'n bybetaling of administrasiefooi vir die reseptering en verwerking van voorskrifte vir medisyne nie, mits die medisyne op die Fonds se voorskriflys verskyn, binne die medisyne-pryslys (MPL) se verwysingsprys val en van die chroniese ADV verkry word. Die MPL geld slegs vir die Ruby-, Onyx- en Emerald-opsies.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
300
Lede wat aan die Sapphire- en Beryl-opsies behoort, moet kennis neem dat alle items wat nie op die GEMS-medisyne-voorskriflys val nie, geweier sal word (u sal dit self moet betaal) en dat die MPL-verwysingsprys nie geld nie. U dokter of apteker kan nagaan of die voorgeskrewe medisyne op die GEMS-medisyneformlulelys is of nie.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
301
Vir meer inligting oor ADV's en VMV'e, skakel GEMS by 0860 00 4367.
2
(224201091104 AM) Afrikaans.txt
302
Ons verstaan dat lede van GEMS wat oorsee werk, unieke behoeftes het wat toegang tot hul gesondheidsorgvoordele betref.