document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
608
U word toegelaat om in 'n noodgeval een besoek per jaar by u naaste tandarts af te lê as 'n GEMS-netwerktandarts nie beskikbaar is nie (bv. na-ure, vir 'n toestand wat ernstig genoeg is dat u onmiddellik tandheelkundige behandeling benodig). Hierdie voordeel dek slegs noodtandetrekkery, en pyn- en sepsisbehandeling.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
609
Gestel ek benodig gespesialiseerde tandheelkunde?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
610
Die tandheelkunde-voordeel op die Beryl-opsie is van 1 Januarie 2010 af verbeter, en sluit dekking vir kunsgebitte in, met 'n limiet van R4 400 per begunstigde oor 'n 24-maande-tydperk. Slegs een stel tande per familie word in 'n 24 maande voordelesiklus toegelaat. Hierdie voordeel geld nie vir lede op die Sapphire-opsie nie.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
611
Op watter akute medikasie is ek geregtig?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
612
Akute medikasie wat deur u GEMS-netwerktandarts voorgeskryf is, is onbeperk en ten volle gedek, mits dit op die goedgekeurde GEMS-medisynelys (medisyne-voorskriflys) verskyn.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
613
Kan ek enige optometris besoek, en wat is die voordele?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
614
U kan enige optometris in die GEMS-netwerk besoek. Op die Sapphire-opsie: Daar is 'n voordeel van een oogtoets per begunstigde per jaar. Brille is beperk tot een bril per begunstigde, slegs by 'n netwerkverskaffer, en beperk tot R2 750 per familie elke 24 maande. Op die Beryl-opsie: Daar is 'n voordeel van een oogtoets per begunstigde per jaar. Brille is beperk tot een bril, of vier bokse weggooibare kontaklense, of een paar harde/permanente lense ter waarde van R930 per begunstigde, slegs by 'n netwerkverskaffer. Die voordeel is elke 24 maande beskikbaar.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
615
Kan ek direk na 'n spesialis gaan sonder om deur my dokter verwys te word?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
616
U moet eers 'n algemene praktisyn (AP) in die GEMS-netwerk raadpleeg, en dan na 'n spesialis verwys word. Die AP moet GEMS by 0860 00 4367 skakel om toestemming en 'n voorafmagtigingsnommer te kry voor u die spesialis besoek. Die spesialis sal die voorafmagtigingsnommer benodig om sy/haar rekening te laat vereffen. Indien u nie die regte prosedure volg nie, sal u die spesialis se rekening moet betaal. Op die Sapphire-opsie: Daar is geen private spesialis-voordeel nie, behalwe vir die voorgeboortelike spesialis-voordeel, en toestande wat verband hou met Voorgeskrewe Minimum Voordele (VMV'e), waar van toepassing. Indien 'n spesialis u wil hospitaliseer, sal u na 'n openbare (staats-) hospitaal verwys word. Op die Beryl-opsie: Daar is 'n buite-die-hospitaal-spesialisvoordeel van drie konsultasies per begunstigde per jaar, en tot en met vyf konsultasies per familie per jaar. Daar is 'n oorkoepelende finansiële limiet van R1 455.30 per begunstigde en R2 182.95 per familie per jaar.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
617
Medisyne word in drie kategorieë gedeel, naamlik Akute, Chroniese en Selfmedikasie.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
618
Akute medikasie: medisyne wat vir 'n tydelike siekte of toestand voorgeskryf word, of om simptome te verlig.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
619
Kan ek enige medikasie kry wat ek wil hê, en waar kan ek dit kry?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
620
Slegs medikasie op die goedgekeurde medisynelys (GEMS medisyne-voorskriflys) is onbeperk en gedek teen 100% van die enkel- aanbevole prys, plus die gereguleerde professionele resepteringsfooi. Indien u medikasie soek wat nie op die medisyne-voorskriflys is nie, sal u self daarvoor moet betaal. U kan akute medisyne by 'n resepterende GEMS-dokter ('n dokter wat gemagtig is om medisyne te verskaf) of by 'n GEMS-netwerkapteek kry.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
621
Wat moet ek doen as 'n spesialis vir my 'n medikasievoorskrif wil gee as ek op die Beryl-opsie is?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
622
U kan die medisyne by 'n GEMS-netwerkapteek kry, mits die medikasie op die GEMS-medisyne-voorskryflys verskyn. Die spesialis kan GEMS kontak by 0860 00 4367 om uit te vind of die medikasie wat nodig is om u toestand te behandel op die voorskriflys verskyn, of die spesialis kan die voorskriflys op die GEMS-webwerf raadpleeg by www.gems.gov.za. So nie, kan die Spesialis u Netwerk-AP kontak om die voorskriflys te bevestig. Onthou asseblief dat u spesialisbesoek deur die GEMS-netwerk se gesondheidsorg-diensverskaffer gemagtig moet word.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
623
GEMS bied spesifieke sorgprogramme aan sy lede om die beheer van verskeie chroniese siektes en toestande te steun.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
624
Geregistreerde Verpleegsters bied advies en voorligting aan lede wat vir die Sorgprogramme geïdentifiseer is, en steun die dokter-pasiënt-verhouding. Lede wat vir die programme geregistreer is, is beter ingelig oor hul toestand, is meer selfversekerd, en kan hul siekte beter bestuur. Dit lei tot beter lewensgehalte.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
625
Hoe weet u of u in aanmerking kom om by 'n Siektebeheerprogram aan te sluit?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
626
Indien u as 'n potensiële kandidaat geïdentifiseer is, sal 'n siektebeheer-verpleegster u kontak en u nooi om by die program aan te sluit. Dit sal telefonies of per e-pos gedoen word.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
627
Chroniese medikasie-program Wat is chroniese medikasie?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
628
Baie duur korttermynmedikasie wat ander duur behandeling soos hospitalisasie sal voorkom.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
629
Hoe laat ek my chroniese medikasie goedkeur?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
630
Skakel GEMS by 0860 00 4367 en vra vir 'n chroniese medikasie aansoekvorm of laai een af by www.gems.gov.za.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
631
Elke lid van u familie wat chroniese medikasie benodig, moet 'n aparte aansoekvorm invul. U hoef hierdie aansoekvorm slegs een keer vir elke familielid in te vul.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
632
Die netwerkdokter wat u behandel moet die vorm voltooi. Vorms deur dokters wat nie deel is van die netwerk nie, sal nie verwerk word nie.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
633
n Afsonderlike vorm moet voltooi word vir elke lid van u familie wat chroniese medikasie benodig. U hoef hierdie aansoekvorm slegs een keer vir elke familielid in te vul.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
634
Verseker dat u aansoek volledig is en deur u en u dokter geteken is.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
635
Faks die voltooide vorm en herhaalbare doktersvoorskrif na 0866 51 8009 vir oorweging.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
636
Indien u aansoek heeltemal of gedeeltelik goedgekeur is, sal u 'n Medisyne-toegangskaart kry wat die medisynes lys waarvoor betaling uit u chroniese medikasie-voordeel goedgekeur is.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
637
Indien die goedgekeurde medikasie verskil van die medikasie wat versoek is, sal 'n brief aan u Medisyne-toegangskaart geheg word, en 'n afskrif sal ook na u dokter wat dit voorgeskryf het, gestuur word.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
638
Indien 'n aansoek om chroniese magtiging van 'n item/items afgekeur word, sal u en u dokter ook 'n brief ontvang waarin die besluit gemotiveer word.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
639
Voorskrifte moet elke 6 maande hernu word en gefaks word na 0866 51 8009.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
640
Hoe kry ek my goedgekeurde chroniese medikasie?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
641
Die handgeskrewe, herhaalbare voorskrif deur u netwerkdokter vir die medisyne wat op die Medisyne-toegangskaart gelys word, moet na die GEMS Chroniese Medisyne Aangewese Diensverskaffer (ADV), Medipost, by 0866 51 8009 gefaks word. Onthou om u mediesefonds-nommer en kontakbesonderhede te verskaf.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
642
Die ADV sal u dan kontak om die afleweringsdatum en die afleweringsadres te finaliseer. Hulle sal ook verseker dat u elke maand u chroniese medikasie ontvang sonder dat u hulle hoef te kontak.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
643
Indien daar 'n wysiging is aan u medikasie, gee asseblief die ADV genoegsaam kennis (een week of meer) voor u volgende afleweringsdatum.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
644
Betaal GEMS vir alle chroniese medikasie wat deur dokters voorgeskryf word?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
645
GEMS sal vir chroniese medikasie betaal wat volgens die medisyne-voorskriflys voorgeskryf word. Die medisyne-voorskriflys is 'n lys kostedoeltreffende medisyne wat die dokter se behandeling van spesifieke mediese toestande rig. Medisyne-voorskriflyste word voortdurend deur mediese spesialiste nagegaan en bygewerk om te verseker dat dit strook met die jongste behandelingsriglyne.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
646
Daarby kwalifiseer slegs siektes wat in die Chroniese Siekte-lys (CSL) genoem word, vir chroniese medisyne. Die Chroniese Siekte-lys (CSL) is 'n wetlik gepromulgeerde lys met spesifieke chroniese toestande waarvoor 'n verpligte minimum behandelingsvlak bestaan (sien hieronder).
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
647
Hoe groot is my beskikbare chroniese medikasie-voordeel?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
648
Sien die volledige voordeleskedule op bladsy 17 vir nader besonderhede of skakel die Fonds by 0860 00 4367.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
649
Watter toestande word onder die chroniese voordeel gedek?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
650
GEMS het "Aid for AIDS" (AfA) aangestel om die MIV/VIGS-siektebeheerprogram vir GEMS-lede te bestuur. Indien u of een van u familielede MIV/VIGS onder lede het, kan registrasie by die MIV-siektebeheerprogram u die steun bied wat u nodig het om vir 'n lang tyd 'n gesonde, produktiewe lewe te lei.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
651
Sal my inligting vertroulik hanteer word?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
652
Die program word deur 'n span gesondheidsorgdeskundiges geadministreer en word apart van ander fondsprogramme en die werkgewer bestuur. AfA het sy eie vertroulike telefoon, faks en privaatsak-posgeriewe. Indien u MIV-positief is en besluit om by die program aan te sluit, word geen moeite ontsien om vertroulikheid te handhaaf nie.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
653
Kan ek enige optometris besoek?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
654
U kan slegs 'n optometris besoek wat deel is van die GEMSoptometrienetwerk.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
655
Watter voordele is beskikbaar?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
656
Die voordeel bestaan uit een oogtoets deur 'n optometris per jaar, en een paar enkelvisie- of bifokale deursigtige plastieklense per begunstigde elke 24 maande.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
657
Slegs deursigtige, enkelvisie- en bifokale plastieklense word gedek. 'n Keur van rame is beskikbaar waaruit lede kan kies. Indien u 'n duurder raam wil hê, sal u die verskil moet betaal. Op die Sapphire-opsie: Daar is geen voordeel vir kontaklense nie. Op die Beryl-opsie: Die voordeel vir kontaklense is beperk tot een paar permanente of harde lense, of vier bokse geselekteerde weggooibare kontaklense, beperk tot R930 per begunstigde elke 24 maande. Indien u die kontaklens-voordeel benut, kwalifiseer u nie vir die brilvoordeel ook nie. Die voordeel kan slegs deur die Optometrienetwerkverskaffer bekom word.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
658
Plat (zero vergroting) lense vir albei oë sal NIE deur die Fonds gedek word nie. Sonbrille en oorganglense word ook nie deur die Fonds gedek nie.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
659
GEMS het die tandheelkunde-voordeel ontwerp om deur die GEMS-tandartsnetwerk kostedoeltreffende, gehalte-tandheelkunde te verseker vir sy lede wat gesteld is op hul tande.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
660
Gestel ek benodig tandheelkundige behandeling onder algemene narkose?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
661
U benodig voorafmagtiging vir alle prosedures wat algemene narkose of bewussynsverdowing vereis. Voordat u hierdie tipe behandeling ondergaan, moet u GEMS-netwerktandarts 'n motivering verskaf waarin die mediese noodsaaklikheid van algemene narkose of verdowing verduidelik word. Alle opnames vir begunstigdes ouer as 8 jaar moet deur die behandelende tandarts gemotiveer word.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
662
Maak asseblief seker dat u ten minste 48 uur voor behandeling magtiging vir hospitalisasie bekom, tensy dit 'n noodgeval is.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
663
As 'n swanger lid van GEMS, geniet u toegang tot die GEMS-kraamprogram. Hierdie program is spesifiek ontwerp om u te voorsien van steun, voorligting en advies deur alle stadia van u swangerskap, bevalling en post-natale (nageboortelike) tydperk.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
664
Die Kraamprogram word gelei deur ervare, geregistreerde verpleegsusters met bykomende kwalifikasies in verloskunde. Hierdie gevallebestuurders sal u bystaan met registrasie vir die Kraamprogram en kan gekontak word vir raad en inligting.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
665
Ons moedig u aan om hierdie wonderlike voordeel tydens hierdie spesiale tyd te benut. Die gevallebestuurder sal ná u opname in die hospitaal en die geboorte van u baba kontak behou met u om volgehoue raad en inligting in die vroeë fases van ouerskap te voorsien.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
666
Die Kraamprogram word gelei deur ervare, geregistreerde verpleegsusters met bykomende kwalifikasies in verloskunde. Die gevallebestuurders sal u bystaan met registrasie vir die Kraamprogram en kan gekontak word vir raad; hulle sal ook ná u opname in die hospitaal en die geboorte van u baba met u kontak hou.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
667
Ná registrasie vir die Program sal u 'n GEMS-boek oor swangerskap, geboorte en vroeë ouerskap ontvang.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
668
Tydens u derde trimester sal u 'n kraamgeskenkpak ontvang.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
669
Gratis toegang tot alle dienste wat deur die Program gebied word.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
670
Inligting wat u in staat sal stel om die voordele te verstaan wat GEMS tydens u swangerskap en na die geboorte van u kind bied.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
671
U ontvang 'n Sorgplan om u dokter te lei ten opsigte van gepaste behandeling wat nodig is vir die duur van u swangerskap.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
672
Raad oor die voordele wat tydens u bevalling deur GEMS gedek sal word, en ander alternatiewe wat voorsien word.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
673
Toegang tot inligting oor gesondheidsorg wat u in staat sal stel om saam met u vroedvrou of dokter deel te neem aan besluite oor u gesondheid en geboortekeuses.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
674
Magtiging vir u toelating tot die hospitaal/geboortekliniek van u keuse.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
675
Telefoniese raad en steun indien u probleme ondervind tydens die eerste paar weke van ouerskap.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
676
U moet die Inskrywingsvorm voltooi wat by www.gems.gov.za afgelaai kan word of wat telefonies aangevra kan word by 0860 00 4367. U kan ook 'n omvattende brosjure op die webwerf lees deur op die Kraamprogram-ikoon te kliek.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
677
Faks asseblief 'n voltooide registrasievorm na 0861 00 4367 of e-pos dit na [email protected]. So nie, kan u die vorm pos na die GEMS-kraamprogram, Privaatsak X782, Kaapstad 8000.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
678
Hospitalisasiebeheer verseker dat u gepaste gehaltesorg ontvang terwyl u in die hospitaal is. Die voorafmagtigingsproses verseker die mediese noodsaaklikheid en gepastheid van die beplande ingryping vóór toelating tot die hospitaal.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
679
U moet 'n Voorafmagtigingsnommer (VAM) by GEMS kry deur 0860 00 4367 te kontak.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
680
Sekere medisynes en prosedures word as nuwe tegnologie beskou, wat beteken dat langtermynresultate en positiewe uitslae nog nie nagevors is nie, of as nie-gedekte items beskou word. Hierdie sake behoort te alle tye voor toelating met u bespreek te word, maar word soms nagelaat. In so 'n geval, kan GEMS bykomende inligting en motivering vereis, en selfs dan kan sodanige proses nog nie vir befondsing gedek word nie. Bespreek asseblief al u opsies met u behandelingverskaffer en neem ingeligte besluite oor u en u geliefdes se sorg.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
681
Wanneer moet ek vir 'n VAM aansoek doen?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
682
Indien u beplan om in die hospitaal opgeneem te word (buitepasiënt of binnepasiënt) of om vir 'n skandering te gaan, laat weet ons asseblief ten minste 48 uur voordat u hospitaal toe gaan.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
683
Wat gebeur in 'n noodgeval as ek nie vir 'n VAM kan aansoek doen nie?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
684
Indien u vir noodbehandeling moet gaan, of oor 'n naweek, op 'n openbare vakansiedag of snags in die hospitaal opgeneem moet word, moet u of 'n familielid die Fonds op die eerste werkdag ná die insident skakel.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
685
Wat gebeur indien ek nie om 'n VAM aansoek doen nie?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
686
Indien u versuim om voorafmagtiging vir 'n beplande gebeurtenis te kry, of om magtiging te kry op die eerste werksdag ná 'n noodgeval, sal u aanspreeklik wees vir 'n boete van R1 000. Indien u noodgeval na ure plaasvind, moet u op die eerste werksdag ná die insident 'n voorafmagtigingsnommer kry.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
687
Hoe doen ek na-ure aansoek om VAM?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
688
Die selfdiensgerief is ná gewone sake-ure tot lede se beskikking. Die normale proses kan vir voorafmagtigings gevolg word, tot by die punt waar die oproep na 'n agent deurgeskakel word. In plaas daarvan om deurgeskakel te word, sal die inbeller gevra word vir 'n terugbelnommer (wat ingevoer moet word) en sy/haar naam (wat opgeneem sal word).
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
689
n Boodskap wat aandui dat die inbeller die volgende werksdag teruggebel sal word, sal gespeel word voor die oproep beëindig word.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
690
Is u 'n diensverskaffer?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
691
Gerief se praktykkode (Praktykkode van die fasiliteit, bv. hospitaal, radiologie-eenheid, kliniek, ens.) o Indien u nie oor dié inligting beskik nie, sê net "Ek het dit nie"
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
692
Behandelingsverskaffer se praktykkode (Praktykkode van die verskaffer, bv. dokter, radioloog, ens.)
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
693
Watter inligting moet ek gereed hou as ek vir VAM aansoek doen?
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
694
Vra u dokter vir 'n volledige beskrywing van: . die rede vir opname in die hospitaal of rede vir die skandering; . die verwante mediese diagnose; en.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
695
die beplande prosedure, asook die tariefkodes wat die dokter van plan is om te gebruik.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
696
Slegs prosedures wat ingevolge die reëls van die Fonds gedek word, sal gedek word.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
697
Onthou om die korrespondensie te lees wat die VAM bevestig, asook die vrywarings wat daarby ingesluit word.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
698
Indien u dokter of hospitaal die voorafmagtiging namens u kry, sal hulle die Fonds se amptelike kennisgewing telefonies, via e-pos, faks, pos of SMS kry. U sal ook dieselfde magtiging ontvang. Dit is belangrik dat u die bepalings en voorwaardes sorgvuldig bestudeer.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
699
In die geval van 'n noodbesoek aan die Fonds se Aangewese Diensverskaffer-hospitale, sal die Fonds 100% van die behandelingskoste betaal indien dit 'n Voorgeskrewe Minimum Voordeel is. Indien u egter besluit om nie na die Aangewese Diensverskaffer te gaan nie, sal daar 'n bybetaling wees.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
700
Deur die fonds op die hoogte te hou van u kontakbesonderhede (selfoonnommers, pos- en e-posadresse) sal u ook op die hoogte gehou word van sekere tersaaklike inligting, te wete die magtigingsnommer en - in die geval van e-pos- en posadresse - volledige vrywarings ten opsigte van voordele vir elke magtiging.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
701
Nooddienste Die Fonds voorsien onbeperkte mediese noodbystand aan GEMS-lede.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
702
Oorplasing van 'n pasiënt as mediese ingryping nodig is.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
703
Skakel 0800 44 4367 om die GEMS-nooddiensverskaffer, Netcare 911, te kontak.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
704
Verstrek u naam en die telefoonnommer waarvanaf u bel.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
705
Verstrek 'n kort beskrywing van wat gebeur het en hoe ernstig die situasie is.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
706
Verstrek die adres of ligging van die insident, sodat paramedici daar kan kom.
7
(32201090302 AM) SB Afrikaans with benefit schedule.txt
707
Moenie die foon neersit voordat die persoon aan die ander kant afgelui het nie.