document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 809 | Ek sal GEMS minstens 48 uur voor 'n hospitaalopname wat nie 'n noodgeval is nie, verwittig. Ek aanvaar dat versuim om dit te doen, tot 'n gedeeltelike betaling deur myself sal lei. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 810 | Ek aanvaar dat die Skema/hul agente slegs eisebetalings sal maak wat na hul mening geldig en in ooreenstemming met die Skema se reëls is. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 811 | Reëls sal te alle tye van krag bly en ek aanvaar dat briewe, nuusbriewe en boekies nie die skemareëls vervang nie. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 812 | Ek stem ooreen dat alle gesprekke tussen my en die Skema of hul gekontrakteerde partye opgeneem kan word. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 813 | n Lid se persoonlike besonderhede en mediese inligting (verkry van gesondheidsorgvoorsieners met die lid se uitdruklike toestemming) sal as vertroulik beskou word. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 814 | Lid-inligting (persoonlike en gesondheidsinligting) sal nie vir verwante maatskappy-besigheidsdoeleindes gebruik word óf vir kommersiële doeleindes verkoop word nie. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 815 | Toegang word verleen aan persone binne die organisasie, en hul gekontrakteerde derde partye, tot die persoonlike en gesondheidsinligting van begunstigdes. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 816 | Die Skema en hul gekontrakteerde derde partye sal die mediese/gesondheids-/diagnose-/prosedure-inligting wat voorsien is, vir die volgende doeleindes gebruik: verwerking van aansoek om lidmaatskap, terugbetaling van eise, vasstelling van lede se geregtigheid op voordele en risikobestuurspraktyk. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 817 | Alle personeellede binne die Skema en hul gekontrakteerde derde partye word deur interne vertroulikheidsooreenkomste gebind. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 818 | Die Skema het verseker dat vertroulikheidsooreenkomste aangegaan is met alle gekontrakteerde derde partye wat toegang tot begunstigde-inligting met die oog op data-oordrag en -bestuur, skema-administrasie en bestuurde sorg-reëlings het. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 819 | In geval van 'n vertroulikheidskending aanvaar die Skema verantwoordelikheid, en die skending sal in ooreenstemming met GEMS se interne protokolle behartig word. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 820 | Skakel asseblief 0860 00 4367 as jy nie binne 7 werksdae bevestiging van jou lidmaatskap van GEMS ontvang het nie. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 821 | Moet asseblief nie hierdie gids saam met jou ingevulde aansoekvorm indien nie. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 822 | Ons het die belangrike inligting in die onderskeie afdelings van jou aansoekvorm beklemtoon om jou te help om jou aansoekvorm korrek in te vul. Lees die gids asseblief sorgvuldig deur. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 823 | Afskrif van hooflid se ID. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 824 | M2-vorm wat u aansoekvorm moet vergesel wanneer u mediese skema-besonderhede wil verander en steeds dieselfde subsidie wil ontvang. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 825 | Z583 vorms indien u wil aftree en aansoek wil doen om voortgesette lidmaatskap of indien u 'n afhanklike is wat sy/haar lidmaatskap wil voortsit na die afsterwe van die Hooflid. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 826 | Toelaagbevestigingsbrief van die Nasionale Tesourie, indien toepaslik. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 827 | Lidmaatskapsertifikaat van die vorige mediese skema met 'n einddatum. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 828 | Jou handtekening waar nodig (Afdelings H, I en J). |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 829 | AFDELING A: LIDBESONDERHEDEDit is verpligtend om alle inligting in Afdeling A, waar toepaslik, in te vul. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 830 | Jou Persal-nommer verskyn op jou salarisstrokie. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 831 | Verskaf asseblief jou Pensioennommer wat op jou korrespondensie of Pensioensertifikaat van die Nasionale Tesourie verskyn. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 832 | Dui asseblief jou huidige werkgewer se naam en organisasiekode aan. As jy 'n staatsamptenaar is, verskyn jou organisasiekode op jou salarisstrokie. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 833 | Vul asseblief die besonderhede van jou afhanklikes in Afdeling B van die Aansoekvorm in. Dit is verpligtend om die ID besonderhede van jou afhanklikes in hierdie afdeling te voltooi. Ons kan nie jou aansoek verwerk indien hierdie inligting nie voorsien word nie. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 834 | Geen ander afhanklikes as dié wat op die tabel hieronder gelys word, kom vir lidmaatskap in aanmerking nie. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 835 | Ingevulde afdeling oor afhanklike(s) op aansoekvorm. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 836 | Indien gewoontehuwelik, 'n beëdigde verklaring van die lid wat die verpligting teenoor die gade bevestig. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 837 | Indien getroud en gade se van verskil van Hooflid; 'n huweliksertifikaat. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 838 | Afskrif van wetlike verpligting om mediese ondersteuning soos ingevolge egskeidingskikking of hofbevel, indien geldig, te voorsien. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 839 | Indien getroud en gade se van verskil van Hooflid, 'n huweliksertifikaat. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 840 | Beëdigde verklaring wat finansiële afhanklikheid van die lewensmaat van die lid bevestig. Beëdigde verklaring moet deur lid, lewensmaat en getuie ingevul word. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 841 | Beëdigde verklaring wat finansiële afhanklikheid van die lewensmaat van die lid bevestig. Beëdigde verklaring moet deur lid, lewensmaat en getuie ingevul word. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 842 | Ingevulde afdeling oor afhanklike(s) op aansoekvorm. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 843 | Let wel: Indien die kind se van van dié van die lid verskil, word 'n beëdigde verklaring benodig wat die verpligting teenoor die kind bevestig en die rede vir die verskil verduidelik. Beëdigde verklaring moet deur lid ingevul word. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 844 | Kind (biologies, aangenome, stief- of pleeg-) bo die ouderdom van 21. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 845 | Let wel: Die eggenoot moet geregistreer wees om 'n stiefkind te registreer. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 846 | Indien die kind se van van dié van die lid verskil, word 'n beëdigde verklaring wat die verpligting teenoor die kind bevestig en die rede vir die verskil verduidelik, benodig. Beëdigde verklaring moet deur lid ingevul word. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 847 | Ingevulde afdeling oor afhanklike(s) op aansoekvorm. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 848 | Beëdigde verklaring deur Hooflid wat finansiële afhanklikheid van die begunstigde bevestig. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 849 | Let wel: Die kind van die hooflid of die hooflid of die eggenoot van die hooflid moet geregistreer wees om 'n stiefkind te registreer. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 850 | Beëdigde verklaring deur lid wat finansiële afhanklikheid van die begunstigdes van die lid bevestig. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 851 | Let wel: Skoonouers en skoon-grootouers mag slegs geregistreer word indien die gade ook as 'n begunstigde geregistreer is. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 852 | Kleinkind, agterkleinkind, ens. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 853 | Beëdigde verklaring wat finansiële afhanklikheid van die kleinkind van die lid bevestig. Beëdigde verklaring moet deur lid en biologiese ouer, waar toepaslik, ingevul word. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 854 | Let wel: Indien die ouer van die kind ook geregistreer is as 'n afhanklike, word 'n beëdigde verklaring slegs vir die kleinkind of agterkleinkind benodig. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 855 | Beëdigde verklaring wat finansiële afhanklikheid van die broer of suster op die hooflid bevestig. Beëdigde verklaring moet deur lid ingevul word. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 856 | Let wel: Die broer of suster van 'n hooflid of die hooflid se eggenoot kan as afhanklike geregistreer word. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 857 | Let wel: Die eggenoot moet geregistreer wees om sy/haar broers/susters by te voeg. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 858 | Ingevulde afdeling oor afhanklike(s) op aansoekvorm. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 859 | Beëdigde verklaring wat finansiële afhanklikheid van die broers- en/of susterskind(ers) van die hooflid bevestig. (Beëdigde verklaring moet deur lid en broer of suster ingevul word, waar toepaslik. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 860 | Let wel: Slegs kinders van broer/suster van hooflid of die hooflid se eggenoot mag as afhanklikes geregistreer word. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 861 | Let wel: Indien die ouer van die kind ook as 'n afhanklike geregistreer is, word 'n beëdigde verklaring slegs vir die broers- of susterskind vereis. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 862 | ID-dokumente of geboortesertifikate word vir alle afhanklikes vereis. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 863 | Let asseblief daarop dat u volwasse afhanklikes se lidmaatskap jaarliks hersien mag word. Lede moet jaarliks bewys van afhanklikheid vir alle afhanklikes ouer as 21, gestremde afhanklikes uitgesluit, voorsien. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 864 | Bovermelde beëdigde verklarings wat afgelê moet word, asook die mediese vraelys vir ongeskikte afhanklikes, is op GEMS se webtuiste by www.gems.gov.za beskikbaar, of kan verkry word deur die oproepsentrum by 0860 00 4367 te skakel. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 865 | As jy 'n beëdigde verklaring moet indien, moet jy na jou naaste polisiestasie gaan, óf na enige persoon wat as kommissaris van ede gemagtig is, om te verklaar dat die inligting wat jy aan GEMS voorsien, waar en korrek is. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 866 | Neem die vorm getitel "Evalueringsverslag deur Mediese Praktisyn (Ongeskiktheid)" na die toepaslike mediese praktisyn en versoek hom/haar om die vorm in te vul. Die konsultasie sal gedek word deur geregistreerde lede se voordeel vir algemene praktisyns. Van ongeregistreerde lede sal verwag word om die koste van hierdie konsultasie uit hul eie sak te betaal. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 867 | Maak jou keuse asseblief versigtig, aangesien jy nie in staat sal wees om jou opsie binne 'n jaar sonder die goedkeuring van die Trusteeraad te verander nie. Jou dag-tot-dag- en ander blokvoordele sal pro rata bereken word as jou intreedatum nie 1 Januarie is nie. Dit beteken dat jou voordeellimiete bereken sal word in verhouding met die lidmaatskaptydperk wat vanaf jou aansluitingsdatum vir die jaar oor is. Jy sal jou opsie aan die einde van elke jaar mag verander, met ingang vanaf die eerste dag van die volgende jaar. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 868 | Jy moet die datum waarop jy graag by GEMS wil aansluit in Afdeling D van die Aansoekvorm aandui. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 869 | Jou toelatingsdatum moet op die eerste dag van 'n maand wees. Verseker, waar moontlik, dat jou toelatingsdatum by GEMS direk op die kansellasiedatum van jou vorige mediese skema volg, aangesien 'n onderbreking in lidmaatskap jou werkgewersubsidie negatief kan beïnvloed. As geen datum aangedui word nie, sal jou registrasiedatum outomaties vir die eerste dag van die volgende maand vasgestel word sodat geen agterstallige bydraes veroorsaak word nie. As die aansluitingsdatum wat deur jou gekies is agterstallige bydraes tot gevolg het, sal dit van jou salaris of bankrekening (indien toepaslik) afgetrek word. Nuwe werknemers moet daarop let dat hul registrasiedatum nie vroeër as hul aanstellingsdatum kan wees nie. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 870 | Gepensioeneerde Aansoekers: Vul asseblief die vorms M2 en Z583 in ter bevestiging van subsidie deur die Nasionale Tesouriedepartement. Hierdie vorms is beskikbaar op GEMS se webtuiste (www.gems.gov.za) of jy kan die oproepsentrum by 0860 00 4367 skakel. Indien jy 'n afskrif van 'n brief van die Nasionale Tesourie het waarin jou subsidie bevestig word, heg dit asseblief aan die aansoekvorm, aangesien dit 'n doeltreffender registrasieproses tot gevolg sal hê. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 871 | Werkende Aansoekers: Dui asseblief jou basiese maandelikse salaris aan. As jy op middel- of senior bestuursvlak is, dui asseblief jou bruto maandelikse pakket aan. Sluit jongste salarisstrokie of aanstellingsbrief in as jy 'n nuwe werknemer is. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 872 | Heg asseblief 'n lidmaatskapsertifikaat van jou vorige mediese skema met 'n einddatum aan. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 873 | Wetgewing bepaal dat jy of jou afhanklikes nie tegelykertyd by twee mediese skemas geregistreer kan wees nie. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 874 | Kontak asseblief jou vorige mediese skema en versoek hulle om jou van 'n lidmaatskapsertifikaat met 'n einddatum as bewys van lidmaatskap te voorsien. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 875 | Let asseblief daarop dat as jou lidmaatskapserfikaat nie 'n einddatum vertoon nie, ons nie in staat sal wees om dit te gebruik nie. As jy dit nog nie gedoen het nie, onthou om 'n lidmaatskapbeëindigingsbrief om jou vorige mediese skema te kanselleer, te voltooi en te pos. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 876 | As jy nie in staat is om 'n lidmaatskapsertifikaat te verkry nie, sal ons 'n lidmaatskapbeëindigingsbrief op jou vorige mediese skema se briefhoof as bewys van bedanking aanvaar. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 877 | Dit is verpligtend om hierdie afdelings volledig te voltooi. Jou aansoekvorm sal nie verwerk word as bankbesonderhede nie voorsien word nie. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 878 | Maak asseblief seker dat jy hierdie afdelings sorvuldig deurlees voordat jy dié afdelings op jou aansoekvorm onderteken. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 879 | Let wel: jou aansoekvorm sal nie sonder jou handtekening verwerk word nie. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 880 | As jy besluit om die Sapphire- of Beryl-opsie te kies, moet jy daarop let dat dit netwerk-opsies is. Dit beteken dat jy en jou afhanklikes verplig sal wees om slegs van die gesondheidsorgverskaffers gebruik te maak wat by die GEMS-netwerk ingekontrakteer is. Jul huidige gesinsdokter/tandarts/optometris is dalk nie as 'n voorsiener van die GEMS-netwerk gelys nie. As dit die geval is, moet jy GEMS se oproepsentrum by 0860 00 4367 skakel om 'n diensverskaffer in jou omgewing te vind. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 881 | Om 'n "Friend of GEMS" in jou area te vind, kan jy 'n SMS na 33489 stuur met jou lidnommer, die diensverskafferkategorie, die voorstad en/of uitbreiding en dorp wat jy verkies. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 882 | As jy byvoorbeeld in Hillcrest, Pretoria woon en 'n Algemene Praktisyn moet besoek, moet jou SMS soos volg lyk: 1234567, GP, Hillcrest, Pretoria. Jy sal onmiddellik 'n reaksie ontvang met die besonderhede van die verskaffers, byvoorbeeld, "Dr. A Dlamini, 103 Kingsley-sentrum, Kerkstraat, 012 1234567". Die tarief vir SMS'e is R1.50 en die reaksie-SMS is daarby ingesluit. Hierdie diens is vir al die voordeelopsies beskikbaar. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 883 | As jy of enige van jou afhanklikes MIV/VIGS het, sal dit in jul belang wees om by GEMS se MIV/VIGS-bestuursprogram aan te sluit deur Aid for AIDS by 0860 100 608 te skakel. Dit is 'n vertroulike program en nóg die werkgewer nóg die Skema het toegang tot die deelnemer se inligting. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 884 | Chroniese medisyne word voorgeskryf om voortgesette toestande soos hoë bloeddruk of asma te behandel en word ononderbroke geneem. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 885 | GEMS bied omvattende voordele vir chroniese medisyne aan alle lede. Om vir jou chroniese medisyne te kwalifiseer, moet jy op die chroniese medikasieprogram registreer nadat jy kennisgewing ontvang het dat jy 'n geregistreerde lid van GEMS is. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 886 | Duur korttermynmedisyne wat ander duur behandeling, soos hospitalisering, voorkom. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 887 | As jy die Sapphire- of Beryl-opsies gekies het, sal jou GEMS-netwerkdokter, nadat hy/sy jou diagnose bevestig het, verantwoordelik vir die registrasie van jou toestand by GEMS wees, en om magtiging vir jou chroniese medikasie te verkry. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 888 | As jy eers op die program geregistreer is, sal jou gemagtigde medikasie volledig gedek wees, mits jy die medikasie via die aangewese koerierapteek (Medipost) verkry. Jou GEMS-netwerkdokter sal jou met hierdie reëlings bystaan. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 889 | Let asseblief daarop dat slegs medikasie op die Sapphire- en Beryl-medikasieformule gedek is. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 890 | As jy die Ruby-, Emerald- of Onyx-opsie gekies het, moet jy om jou chroniese medikasie aansoek doen deur 'n aansoekvorm vir chroniese medisyne van GEMS se oproepsentrum te verkry, of deur een van ons webtuiste by www.gems.gov.za af te laai. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 891 | Nadat jou dokter jou ondersoek het en die aansoekvorm ingevul het, moet jy die vorm, tesame met 'n herhalende doktersvoorskrif, na 0866 51 8009 faks vir verwerking. Jy kan dit egter ook e-pos aan [email protected]. Maak altyd seker dat jou aansoek volledig ingevul is én deur jou sowel as jou dokter onderteken is. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 892 | n Kliniese span sal vervolgens jou besonderhede hersien en, indien nodig, jou dokter kontak (hetsy telefonies of skriftelik) met die oog daarop om meer geskikte en/of minder duur medikasie te kies. Jy sal 'n SMS ontvang wat die status van jou aansoek (ontvangs en goedkeuring) aandui. Jou versoek sal ongeveer sewe werksdae neem om te verwerk. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 893 | n Afsonderlike chroniese aansoekvorm moet vir elke familielid wat chroniese medisyne benodig, ingevul word. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 894 | Hou 'n afskrif van jou ingevulde vorm vir jou eie lêers. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 895 | Heg ondersteunende toetse/spesiale ondersoeke en motiverings (soos benodig) aan om vertragings met dieverwerking van jou aansoek te voorkom. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 896 | Sodra jou aansoek goedgekeur is, sal jy 'n magtigingsbrief ontvang waarin die medisyne gelys word wat uit jou Chroniese Medisyne-voordeel betaal sal word. Die brief sal ook aandui watter medisyne op die goedgekeurde Medisynepryslys (MPL) is, asook daardie medisyne wat buiteformule-medebetalings gaan noodsaak. Alternatiewe wat nie aan 'n formule-medebetaling onderhewig is nie, is ook beskikbaar. Bespreek asseblief die moontlikheid om 'n alternatiewe produk te gebruik met jou voorskrywende dokter indien jy verkies om hierdie medebetaling te vermy. Indien die gemagtigde medisyne van die verlangde medisyne verskil, sal 'n verduidelikingsbrief by jou magtigingsbrief ingesluit word en 'n afskrif aan die voorskrywende dokter gestuur word. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 897 | As jou aansoek afgekeur word, sal jy 'n brief ontvang, terwyl 'n afskrif aan jou voorskrywende dokter gestuur sal word. Indien verdere kliniese inligting benodig word, sal jou versoek oorweeg word nadat al die tersaaklike inligting van jou dokter verkry is. Jou dokter kan 0860 100 608 om bystand skakel. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 898 | As jou chroniese medikasie op enige wyse verander, moet jy GEMS daaromtrent verwittig. Faks asseblief 'n herhaalbare doktersvoorskrif vir die nuwe medikasie na GEMS se aangewese chroniese diensverskaffer (ACDV) by 0866 51 8009. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 899 | Aflewering van medikasie n ACDV-konsultant van GEMS sal jou binne 48 uur skakel om vir die aflewering van jou medikasie te reël. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 900 | Na verwerking van jou aansoekvorm sal jy 'n SMS ontvang om die ontvangs van jou aansoek te bevestig. Jy sal op soortgelyke wyse ingelig word indien enige bykomende dokumente benodig word om die registrasie van jou aansoek te voltooi. |
8 | (415201023444 PM) Revised Application Form_Afrikaans.txt | 901 | By voltooiing van die registrasie van jou aansoekvorm, sal 'n lidmaatskapstel wat jou lidmaatskapkaarte en 'n omvattende ledegids insluit, na jou posadres gepos word. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 903 | A VOORDEELOPSIESMerk asseblief die toepaslike blokkie met 'n "X". Kies slegs een voordeelopsie op die lys hieronder. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 904 | Ons benodig bewys van inkomste (mees onlangse salarisstrokie of bankstate vir die afgelope twee maande), anders sal u maandelikse bydrae op die "R8 001 pm en meer" inkomstekategorie gebaseer word. Individuele lede (lede wat nie deel is van 'n geregistreerde werkgewergroep nie) moet vir uself en u gade/metgesel inkomstebewyse verskaf, indien u hom/haar registreer as 'n afhanklike. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 905 | Enige huidige afhanklike wat nie in hierdie aansoek ingesluit word nie se toekomstige aansoek sal onderhewig wees aan uitsluitings van voordele op voorafbestaande toestande. 'n Drie-maande algemene wagperiode sal ook van toepassing wees op die afhanklike se lidmaatskap. Verskaf asseblief bewyse van wetlike verantwoordelikheid vir gesinssorg en finansiële verantwoordelikheid van enige afhanklikes buiten u gade/metgesel en kinders. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 906 | Indien u of u afhanklikes voorheen aan 'n mediese skema behoort het, heg asseblief sertifikate van lidmaatskap aan en verskaf besonderhede hieronder. |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 907 | Het u op u vorige mediese skema aan 'n mediese spaarplan bygedra? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 908 | Is 'n boete vir laat aansluiting van u vorige mediese skema op u of enige van u begunstigdes opgelê? |
9 | (42200942018 PM) NIMAS_Appli. FormAfr_PD7023.txt | 909 | Is enige wagperiodes op u of enige van u begunstigdes opgelê toe u by u vorige mediese skema aangesluit het? |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.