document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,011 | E Ek sal GEMS minstens 48 uur voor 'n hospitaalopname wat nie 'n noodgeval is nie, verwittig. Ek aanvaar dat versuim om dit te doen, tot 'n gedeeltelike betaling deur myself sal lei. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,012 | E Ek aanvaar dat die skema/hul agente slegs eisebetalings sal maak wat na hul mening geldig en in ooreenstemming met die skema se reëls is. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,013 | E reëls sal te alle tye van krag bly en ek aanvaar dat briewe, nuusbriewe en boekies nie die skemareëls vervang nie. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,014 | E Ek stem ooreen dat alle gesprekke tussen my en die skema of hul gekontrakteerde partye opgeneem kan word. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,015 | E 'n Lid se persoonlike besonderhede en mediese inligting verkry van gesondheidsorgvoorsieners met die lid se uitdruklike toestemming sal as vertroulik beskou word. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,016 | E Lid-inligting (persoonlike en gesondheidsinligting) sal nie vir verwante maatskappy-besigheidsdoeleindes gebruik word óf vir kommersiële doeleindes verkoop word nie. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,017 | E Toegang word verleen aan persone binne die organisasie, en hul gekontrakteerde derde partye, tot die persoonlike en gesondheidsinligting van begunstigdes. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,018 | E Die Skema en hul gekontrakteerde derde partye sal die mediese/gesondheids-/diagnose-/prosedure-inligting wat voorsien is, vir die volgende doeleindes gebruik: verwerking van aansoek om lidmaatskap, terugbetaling van eise, vasstelling van lede se geregtigheid op voordele en risikobestuurspraktyk. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,019 | E alle personeellede binne die skema en hul gekontrakteerde derde partye word deur interne vertroulikheidsooreenkomste gebind. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,020 | E Die skema het verseker dat vertroulikheidsooreenkomste aangegaan is met alle gekontrakteerde derde partye wat toegang tot begunstigde-inligting met die oog op data-oordrag en -bestuur, skema-administrasie en bestuurde sorg-reëlings het. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,021 | E In geval van 'n vertroulikheidskending aanvaar die Skema verantwoordelikheid, en die skending sal in ooreenstemming met GEMs se interne protokolle behartig word. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,022 | Skakel asseblief 0860 00 4367 as jy nie binne 7 werksdae bevestiging van jou lidmaatskap van GEMS ontvang het nie. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,023 | Afskrif van hooflid se ID. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,024 | M2- en Z583-vorms, indien jy 'n pensioenaris en/of voormalige staatsamptenaar is. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,025 | Toelaagbevestigingsbrief van die Nasionale Tesourie, indien toepaslik. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,026 | Lidmaatskapsertifikaat van die vorige mediese skema met 'n einddatum. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,027 | Jou handtekening waar nodig (Afdelings H, I en J). |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,028 | AFDELING A: LIDBESONDERHEDEDit is verpligtend om alle inligting in Afdeling A, waar toepaslik, in te vul. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,029 | Jou Persal-nommer verskyn op jou salarisstrokie. Pensioenarisse: Verskaf asseblief jou Pensioennommer wat op jou korrespondensie of Pensioensertifikaat van die nasionale Tesourie verskyn. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,030 | Dui asseblief jou huidige werkgewer se naam en organisasiekode aan. As jy 'n staatsamptenaar is, verskyn jou organisasiekode op jou salarisstrokie. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,031 | Vul asseblief die besonderhede van jou afhanklikes in afdeling B van die aansoekvorm in. Dit is verpligtend om die ID besonderhede van jou afhanklikes in hierdie afdeling te voltooi. Ons kan nie jou aansoek verwerk indien hierdie inligting nie voorsien word nie. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,032 | Geen ander afhanklikes as dié wat op die tabel hieronder gelys word, kom vir lidmaatskap in aanmerking nie. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,033 | Gade ingevulde afdeling oor afhanklike(s) op aansoekvorm, of Let wel: Indien gewoontehuwelik, 'n beëdigde verklaring van die lid wat die verpligting teenoor die gade bevestig. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,034 | Voormalige gade ingevulde afdeling oor afhanklike(s) op aansoekvorm, en afskrif van wetlike verpligting om mediese ondersteuning soos ingevolge egskeidingskikking te voorsien. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,035 | Beëdigde verklaring wat finansiële afhanklikheid van die lewensmaat van die lid bevestig. Beëdigde verklaring moet deur lid, lewensmaat en getuie ingevul word. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,036 | Kind (biologies, aangenome, stief- of pleeg-) met lid se van, onder die ouderdom van 21. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,037 | ingevulde afdeling oor afhanklike(s) op aansoekvorm. Let wel: Indien die kind se van van dié van die lid verskil, word 'n beëdigde verklaring benodig wat die verpligting teenoor die kind bevestig en die rede vir die verskil verduidelik. (Beëdigde verklaring moet deur lid ingevul word. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,038 | Kind (biologies, aangenome, stief- of pleeg-) bo die ouderdom van 21. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,039 | Indien kind 'n student is: Bewys van voltydse registrasie by 'n erkende tersiêre instelling en-Beëdigde verklaring deur lid wat finansiële afhanklikheid bevestig. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,040 | indien kind verstandelik of liggaamlik gestrem is: Bewys van gestremdheid van 'n mediese praktisyn (Evalueringsverslag moet -deur mediese praktisyn ingevul word), en Beëdigde verklaring deur lid wat finansiële afhanklikheid bevestig. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,041 | indien kind nóg student nóg gestrem is: Beëdigde verklaring deur lid wat finansiële afhanklikheid bevestig.-Let wel: Indien die kind se van van dié van die lid verskil, word 'n beëdigde verklaring wat die verpligting teenoor die kind bevestig en die rede vir die verskil verduidelik, benodig. Beëdigde verklaring moet deur lid ingevul word. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,042 | Ouer, Skoonouer, Grootouer, of Skoon-grootouer. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,043 | Beëdigde verklaring deur lid wat finansiële afhanklikheid van die begunstigdes van die lid bevestig. Let wel: Skoonouers en skoon-grootouers mag slegs geregistreer word indien gade ook as 'n begunstigde geregistreer is. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,044 | Beëdigde verklaring wat finansiële afhanklikheid van die kleinkind van die lid bevestig. Beëdigde verklaring moet deur lid en biologiese ouer, waar toepaslik, ingevul word. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,045 | Beëdigde verklaring wat finansiële afhanklikheid van die broer/suster van die lid bevestig. (Beëdigde verklaring moet deur lid ingevul word.) Let wel: Slegs broer/suster van hooflid kan as 'n begunstigde geregistreer word. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,046 | Beëdigde verklaring wat finansiële afhanklikheid van niggie/s en/of neef/s van die lid bevestig. (Beëdigde verklaring moet deur lid en broer/suster, waar toepaslik, ingevul word.) Let wel: Slegs kinders van broer/suster van hooflid kan as begunstigdes geregistreer word. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,047 | Let asseblief daarop dat u volwasse afhanklikes se lidmaatskap jaarliks hersien mag word. Lede moet jaarliks bewys van afhanklikheid vir alle afhanklikes ouer as 21, gestremde afhanklikes uitgesluit, voorsien. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,048 | Bovermelde beëdigde verklarings wat afgelê moet word, asook die mediese vraelys vir ongeskikte afhanklikes, is op GEMS se webtuiste by www.gems.gov.za beskikbaar, of kan verkry word deur die oproepsentrum by 0860 00 4367 te skakel. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,049 | E As jy 'n beëdigde verklaring moet indien, moet jy na jou naaste polisiestasie gaan, óf na enige persoon wat as kommissaris van ede gemagtig is, om te verklaar dat die inligting wat jy aan GEMs voorsien, waar en korrek is. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,050 | E Neem die vorm getitel "Evalueringsverslag deur Mediese Praktisyn (Ongeskiktheid)" na die toepaslike mediese praktisyn en versoek hom/haar om die vorm in te vul. Die konsultasie sal gedek word deur geregistreerde lede se voordeel vir algemene praktisyns. Van ongeregistreerde lede sal verwag word om die koste van hierdie konsultasie uit hul eie sak te betaal. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,051 | E Maak jou keuse asseblief versigtig, aangesien jy nie in staat sal wees om jou opsie binne 'n jaar sonder die goedkeuring van die Trusteeraad te verander nie. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,052 | E Jou dag-tot-dag- en ander blokvoordele sal pro rata bereken word as jou intreedatum nie 1 Januarie is nie. Dit beteken dat jou voordeellimiete bereken sal word in verhouding met die lidmaatskaptydperk wat vanaf jou aansluitingsdatum vir die jaar oor is. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,053 | E Jy sal jou opsie aan die einde van elke jaar mag verander, met ingang vanaf die eerste dag van die volgende jaar. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,054 | Jy moet die datum waarop jy graag by GEMs wil aansluit in afdeling D van die aansoekvorm aandui. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,055 | E Jou toelatingsdatum moet op die eerste dag van 'n maand wees.E Verseker, waar moontlik, dat jou toelatingsdatum by GEMs direk op die kansellasiedatum van jou vorige mediese skema volg, aangesien 'n onderbreking in lidmaatskap jou werkgewersubsidie negatief kan beïnvloed. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,056 | E as geen datum aangedui word nie, sal jou registrasiedatum outomaties vir die eerste dag van die volgende maand vasgestel word sodat geen agterstallige bydraes veroorsaak word nie. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,057 | E as die aansluitingsdatum wat deur jou gekies is agterstallige bydraes tot gevolg het, sal dit van jou salaris of bankrekening (indien toepaslik) afgetrek word. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,058 | E nuwe werknemers moet daarop let dat hul registrasiedatum nie vroeër as hul aanstellingsdatum kan wees nie. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,059 | Gepensioeneerde Aansoekers: Vul asseblief die vorms M2 en Z583 in ter bevestiging van subsidie deur die Tesouriedepartement. Indien jy 'n afskrif van 'n brief van die Nasionale Tesourie het waarin jou subsidie bevestig word, heg dit asseblief aan die aansoekvorm, aangesien dit 'n doeltreffender registrasieproses tot gevolg sal hê. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,060 | Werkende Aansoekers: Dui asseblief jou basiese maandelikse salaris aan. As jy op middel- of senior bestuursvlak is, dui asseblief jou bruto maandelikse pakket aan. Sluit jongste salarisstrokie of aanstellingsbrief in as jy 'n nuwe werknemer is. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,061 | Heg asseblief 'n lidmaatskapsertifikaat van jou vorige mediese skema met 'n einddatum aan. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,062 | E Wetgewing bepaal dat jy of jou afhanklikes nie tegelykertyd by twee mediese skemas geregistreer kan wees nie. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,063 | E Kontak asseblief jou vorige mediese skema en versoek hulle om jou van 'n lidmaatskapsertifikaat met 'n einddatum as bewys van lidmaatskap te voorsien. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,064 | E Let asseblief daarop dat as jou lidmaatskapserfikaat nie 'n einddatum vertoon nie, ons nie in staat sal wees om dit te gebruik nie. As jy dit nog nie gedoen het nie, onthou om 'n lidmaatskapbeëindigingsbrief om jou vorige mediese skema te kanselleer, te voltooi en te pos. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,065 | E As jy nie in staat is om 'n lidmaatskapsertifikaat te verkry nie, sal ons 'n lidmaatskapbeëindigingsbrief op jou vorige mediese skema se briefhoof as bewys van bedanking aanvaar. E as jy probleme ondervind om jou vorige mediese skema se aftrekking van jou salaris te beëindig, versoek asseblief jou Menslike Hulpbronne-beampte om 'n hand-beïndiging te prosesseer, aangesien GEMS nie in staat sal wees om 'n aftrekking van jou salaris daarsonder te implementeer nie. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,066 | Dit is verpligtend om hierdie afdeling volledig te voltooi. Jou aansoekvorm sal nie verwerk word as bankbesonderhede nie voorsien word nie. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,067 | Maak asseblief seker dat jy hierdie afdelings sorvuldig deurlees voordat jy dié afdelings op jou aansoekvorm onderteken. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,068 | Let wel: Jou aansoekvorm sal nie sonder jou handtekening verwerk word nie. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,069 | As jy besluit om die Sapphire- of Beryl-opsie te kies, moet jy daarop let dat dít netwerk-opsies is. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,070 | Prime Cure-netwerk ingekontrakteer is. Jul huidige gesinsdokter/tandarts is dalk nie as 'n voorsiener van die Prime Cure-netwerk gelys nie. As dit die geval is, moet jy GEMS se oproepsentrum by 0860 00 4367 skakel om 'n diensverskaffer in jou omgewing te vind. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,071 | Om 'n "Friend of GEMS" in jou area te vind, kan jy 'n SMS na 33489 stuur met jou lidnommer, die diensverskafferkategorie, die voorstad en/of uitbreiding en dorp wat jy verkies. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,072 | As jy byvoorbeeld in Hillcrest, Pretoria woon en 'n Algemene Praktisyn moet besoek, moet jou SMS soos volg lyk: 1234567, GP, Hillcrest, Pretoria. Jy sal onmiddellik 'n reaksie ontvang met die besonderhede van die verskaffers, byvoorbeeld, "Dr A Dlamini, 103 Kingsley-sentrum, Kerkstraat, 012 1234567." Die tarief vir SMSe is R1.50 en die reaksie sMs is daarby ingesluit. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,073 | As jy of enige van jou afhanklikes MIV/VIGS het, sal dit in jul belang wees om by GEMS se MIV/VIGS-bestuursprogram aan te sluit deur Hulp vir VIGS by 0860 100 608 te skakel. Dit is 'n vertroulike program en nóg die werkgewer nóg die skema het toegang tot die deelnemer se inligting. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,074 | Chroniese medisyne word voorgeskryf om voortgesette toestande soos hoë bloeddruk of asma te behandel en word ononderbroke geneem. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,075 | GEMs bied omvattende voordele vir chroniese medisyne aan alle lede. Om vir jou chroniese medisyne te kwalifiseer, moet jy op die chroniese medikasieprogram registreer nadat jy kennisgewing ontvang het dat jy 'n geregistreerde lid van GEMs is. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,076 | E Medisyne wat op 'n volgehoue grondslag gebruik word om aftakelende, chroniese siektes te behandel wat produktiwiteit en lewensgehalte aansienlik beïnvloed; en E Duur korttermynmedisyne wat ander duur behandeling, soos hospitalisering, voorkom. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,077 | As jy die Sapphire- of Beryl-opsies gekies het, sal jou Prime Cure-netwerkdokter, nadat hy/sy jou diagnose bevestig het, verantwoordelik vir die registrasie van jou toestand by GEMs wees, en om magtiging vir jou chroniese medikasie te verkry. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,078 | as jy eers op die program geregistreer is, sal jou gemagtigde medikasie volledig gedek wees, mits jy die medikasie by 'n apteek van die Prime Cure-netwerk of via die aangewese koerierapteek verkry. Jou Prime Cure-dokter sal jou met hierdie reëlings bystaan. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,079 | Let asseblief daarop dat slegs medikasie op die Sapphire- en Beryl-medikasieformule gedek is. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,080 | As jy die Ruby-, Emerald- of Onyx-opsie gekies het, moet jy om jou chroniese medikasie aansoek doen deur 'n aansoekvorm vir chroniese medisyne van GEMs se oproepsentrum te verkry, of deur een van ons webtuiste by www.gems.gov.za af te laai. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,081 | Nadat jou dokter jou ondersoek het en die aansoekvorm ingevul het, moet jy die vorm, tesame met 'n herhalende doktersvoorskrif, na 0866 51 8009 faks vir verwerking. Jy kan dit egter ook e-pos aan [email protected]. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,082 | Maak altyd seker dat jou aansoek volledig ingevul is én deur jou sowel as jou dokter onderteken is. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,083 | n Kliniese span sal vervolgens jou besonderhede hersien en, indien nodig, jou dokter kontak (hetsy telefonies of skriftelik) met die oog daarop om meer geskikte en/of minder duur medikasie te kies. Jy sal 'n SMS ontvang wat die status van jou aansoek (ontvangs en goedkeuring) aandui. Jou versoek sal ongeveer sewe werksdae neem om te verwerk. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,084 | E 'n Afsonderlike chroniese aansoekvorm moet vir elke familielid wat chroniese medisyne benodig, ingevul word.E Hou 'n afskrif van jou ingevulde vorm vir jou eie lêers.E Heg ondersteunende toetse/spesiale ondersoeke en motiverings (soos benodig) aan om vertragings met die verwerking van jou aansoek te voorkom. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,085 | Sodra jou aansoek goedgekeur is, sal jy 'n magtigingsbrief ontvang waarin die medisyne gelys word wat uit jou Chroniese Medisyne-voordeel betaal sal word. Die brief sal ook aandui watter medisyne op die goedgekeurde Medisynepryslys (MPL) is, asook daardie medisyne wat buiteformule-medebetalings gaan noodsaak. Alternatiewe wat nie aan 'n formule-medebetaling onderhewig is nie, is ook beskikbaar. Bespreek asseblief die moontlikheid om 'n alternatiewe produk te gebruik met jou voorskrywende dokter indien jy verkies om hierdie medebetaling te vermy. Indien die gemagtigde medisyne van die verlangde medisyne verskil, sal 'n verduidelikingsbrief by jou magtigingsbrief ingesluit word en 'n afskrif aan die voorskrywende dokter gestuur word. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,086 | As jou aansoek afgekeur word, sal jy 'n brief ontvang, terwyl 'n afskrif aan jou voorskrywende dokter gestuur sal word. indien verdere kliniese inligting benodig word, sal jou versoek oorweeg word nadat al die tersaaklike inligting van jou dokter verkry is. Jou dokter kan 0860 100 608 om bystand skakel. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,087 | As jou chroniese medikasie op enige wyse verander, moet jy GEMS daaromtrent verwittig. Faks asseblief 'n herhaalbare doktersvoorskrif vir die nuwe medikasie na GEMS se aangewese chroniese diensverskaffer (ACDV) by 0866 51 8009. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,088 | Aflewering van medikasie n ACDV-konsultant van GEMS sal jou binne 48 uur skakel om vir die aflewering van jou medikasie te reël. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,089 | Na verwerking van jou aansoekvorm sal jy 'n SMS ontvang om die ontvangs van jou aansoek te bevestig. Jy sal op soortgelyke wyse ingelig word indien enige bykomende dokumente benodig word om die registrasie van jou aansoek te voltooi. |
10 | (43200923151 PM) GEMS_APP(AFRIKAANS).txt | 1,090 | By voltooiing van die registrasie van jou aansoekvorm, sal 'n lidmaatskapstel wat jou lidmaatskapkaarte en 'n omvattende ledegids insluit, na jou posadres gepos word. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,092 | Die PGR-databasis bevat jou mediese rekords wat op jou eisegeskiedenis gebaseer is. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,093 | Jy kan nou 'n PGR via GEMS se webtuiste aanvra, en besluit om hierdie inligting met jou gesondheidsorgverskaffer te deel. Hou in gedagte dat hierdie rekord slegs gesondheids- en eise-inligting sal bevat wat deur GEMS aangeteken is. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,094 | Bygewerkte geskiedenis van medikasie-eise. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,095 | Mediese geskiedenis, insluitende chroniese toestande en allergieë. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,096 | Hospitalisering en geskiedenis van mediese prosedures wat ondergaan is. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,097 | Word inligting omtrent MIV in hierdie rekord ingesluit? |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,098 | Nee, inligting omtrent MIV sal nie in die PGR ingesluit word nie. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,099 | Die pasiënt se gesondheidsrekord is slegs vir die hooflid toeganklik. Dit is jou reg om te besluit met wie jy hierdie inligting wil deel. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,100 | Wat is die voordele van die Pasiënt-gesondheidsrekord? |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,101 | Dit kan help om die gehalte van jou gesondheidsorg te verbeter, aangesien jou gesondheidsorgverskaffer al die inligting byderhand sal hê wat hy/sy mag benodig. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,102 | Die gesondheidsrekord sal ook inligting bevat omtrent allergieë, wat handig sal wees om mediese foute te voorkom of te verminder. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,103 | Geen duplisering van mediese toetse nie! Alle toetse wat reeds ondergaan is, sal aangeteken word, met die gevolg dat jou voordele langer sal hou. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,104 | Hoe om toegang tot jou Pasiënt-gesondheidsrekord te verkry. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,105 | via GEMS se webtuiste by www.gems.gov.za, of deur GEMS se oproepsentrum by 0860 00 4367 te skakel. Die Pasiënt-gesondheidsrekord sal dan óf per e-pos óf per pos aan jou gestuur word. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,106 | Het jy 'n PIN vir GEMS se webtuiste? |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,107 | As jy 'n PIN het, gaan direk voort met stap 1. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,108 | As jy nie 'n PIN het nie, gaan na www.gems.gov.za, kliek op "Login" en kliek op "Register" onder "Member". Jy sal vervolgens jou lidnommer (mediese skema-nommer), jou gekose PIN en ID-nommer moet intik. As jy dit gedoen het, kliek op die "Submit"-knoppie. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,109 | Jy sal dan versoek word om 'n e-posadres in te tik as jy 'n elektroniese weergawe wil e-pos, so nie, kliek op die "Cancel"-knoppie om die uitdrukbare weergawe te sien. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,110 | Sodra jy op die "Cancel"-knoppie gekliek het, sal die uitdrukbare weergawe in 'n nuwe venster verskyn. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,111 | Om historiese Pasiënt-gesondheidsrekords te sien, kliek op "View History" om die geskiedenisblad oop te maak. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.