document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,112 | n Bladsy sal oopmaak wat die PGR in PDF-formaat bevat, asook die datum waarop dit gegenereer is. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,113 | Kliek op die "Download Letter"-knoppie om die PDF-weergawe van die gekose historiese PGR oop te maak. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,114 | Die PDF-weergawe van die PGR sal soos onderstaande voorbeeld lyk. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,115 | Jy moet 'n aktiewe lid van GEMS wees om die jongste resultate te verkry. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,116 | SLEGS hooflede kan hierdie inligting aanvra. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,117 | Lede moet 'n aktiewe aanteken-PIN hê. Dit kan op die webtuiste geskep word. |
11 | (492010114730 AM) PHR brochure_Afrikaans.txt | 1,118 | Moet asseblief nie huiwer om ons by 0860 00 4367 te skakel as jy enige hulp met die gebruik van hierdie diens benodig nie. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,120 | GEMS se geregistreerde Reëls bepaal dat die werksaamhede van die Fonds bestuur sal word deur 'n Raad bestaande uit 12 (twaalf) persone wat geskik is om Trustees te kan wees. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,121 | Die Mediese Fonds vir Staatsamptenare (GEMS) het in 2007 hul eerste verkiesing vir 'n Raad van Trustees gehou om 'n tussentydse Raad te vervang wat na behore deur die Minister van Openbare Dienste en Administrasie aangestel is kort nadat die Fonds in 2006 in werking getree het. Ses persone is direk deur hooflede vanuit hul geledere verkies, terwyl die oorblywende ses deur die Minister van Openbare Dienste en Administrasie aangestel is. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,122 | Die drie trustees wat die hoogste aantal stemme verwerf het, het 'n ampstermyn van 4 (vier) jaar. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,123 | Die oorblywende drie trustees het 'n ampstermyn van 3 (drie) jaar. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,124 | Mnr. Marthinus Brand n Trusteeverkiesing vir die drie lidtrustees moet plaasvind en in Junie 2010 afgehandel word. Die drie kandidate wat die hoogste aantal stemme in die verkiesingsproses verwerf, sal aangestel word om hul ampte vir 'n tydperk van drie jaar te beklee. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,125 | Die doel van hierdie kommunikasie is om die verkiesingsproses uiteen te sit en om Hooflede in te lig omtrent die stappe wat hulle moet doen om te kan deelneem. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,126 | Die verkiesingsproses sal deur The Elexions Agency bestuur en gemoniteer word. The Elexions Agency is 'n professionele diensverskaffer van administratiewe en bestuursdienste vir verkiesings. Hulle sal die onafhanklikheid van die proses verseker en beskerm. Die betrokkenheid van die Raad van Trustees en die Bestuur van GEMS en hul aangewese verskaffers in die verkiesingsproses sal tot 'n absolute minimum beperk word. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,127 | Dat die persone wat as trustees verkies word Hooflede van die Fonds is en lede wat hul verpligtinge gereeld nakom. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,128 | n Onafhanklike ouditfirma sal die trusteeverkiesing as bykomende voorsorg moniteer. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,129 | Aangesien die Raad van Trustees verantwoordelik is vir die behoorlike en gesonde bestuur van die Fonds in ooreenstemming met die voorwaardes van die Wet op Mediese Fondse en GEMS se Reëls, moet die persone wat tot die Raad verkies word geskikte persone wees wat in staat is om 'n vetrouensamp te beklee en te vul soos deur die Wet beoog. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,130 | Ek moedig derhalwe alle Hooflede aan om aan die verkiesingsproses deel te neem aangesien die doeltreffende bestuur van die sake van die Fonds van die krag en integriteit van die Raad afhang. Deur aan die verkiesingsproses deel te neem, lewer lede 'n bydrae tot die aanstelling van trustees met die nodige eienskappe om van GEMS 'n puik mediese fonds te maak. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,131 | Aangesien hierdie ons tweede verkiesing van trustees is, glo en vertrou ek dat lede ten volle en op 'n konstruktiewe wyse sal deelneem. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,132 | Slegs Hooflede wat vanaf 1 Februarie 2010 by die Fonds geregistreer is en aktief was, mag kandidate benoem of as kandidate staan. Geskorste lede en lede wat geregistreer maar onaktief is, is NIE verkiesbaar om deel te neem nie. Die afhanklikes van die lede kwalifiseer ook NIE om deel te neem nie. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,133 | n Hooflid (Voorsteller) is daarop geregtig om 'n ander Hooflid te benoem wat aan al die benoemingsvereistes voldoen, soos uiteengesit in die Benoemingskriteria hieronder. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,134 | Benoemings moet ingedien word deur van die amptelike Benoemingsvorm gebruik te maak wat by hierdie kommunikasie ingesluit is. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,135 | Volle name, lidmaatskapnommers, kontakbesonderhede en handtekenings van sowel die voorsteller as die benoemde MOET volledig in Afdeling 1 van die benoemingsvorm ingevul word. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,136 | Volle name, lidmaatskapnommers en handtekenings van 14 ander Hooflede wat die benoemde soos in 3(a) hierbo ondersteun, MOET volledig in Afdelings 2 en 3 van die Benoemingsvorm ingevul word. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,137 | Die kwalifiserende kandidate met betrekking tot 3(a), wat die ondersteuning van die ondersteunende lede in 3(b) hierbo geniet en wat die Benoemingsoudit geslaag het, sal deur die kiesbeampte van The Elexions Agency gekontak word om die amptelike Curriculum Vitae-voorleggingsvorm in te vul. Ingevulde Benoemingsvorms moet The Elexions Agency se kiesbeampte teen nie later nie as 17:00 op 9 April 2010 bereik. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,138 | Wie is verkiesbaar om as kandidaat in GEMS se verkiesing van lidtrustees te staan? |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,139 | GEMS se Reëls bepaal dat slegs Hooflede van GEMS wat hul verpligtinge gereeld nagekom het, kwalifiseer om vir die verkiesing te staan. 'n Hooflid wat geskors is, is dus NIE verkiesbaar nie. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,140 | Wie is NIE verkiesbaar om as kandidaat in GEMS se verkiesing van lidtrustees te staan nie? |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,141 | n Werknemer, direkteur, beampte, konsultant of kontrakteur van enige persoon wat deur die Fonds gekontrakeer is om administratiewe, bemarkings- of bestuurde gesondheidsorgdienste te bied, insluitende ingedien word en / of na enige ander adres gestuur word as die adresbesonderhede soos hierbo vermeld en / of nie volledig ingevul is nie, ONGELDIG VERKLAAR EN NIE OORWEEG SAL WORD NIE. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,142 | Sodra die benoemingsproses voltooi is, sal die kiesbeampte alle benoemings wat ontvang is, nagaan om hul geldigheid ingevolge die Fondsreëls te bepaal en alle kandidate omtrent die uitslag van die benoemingsproses verwittig. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,143 | Die lys van suksesvol benoemde kandidate sal vir 'n tydperk van vyf dae van 23 tot 28 April 2010 op GEMS se webtuiste gepubliseer word, gedurende welke tydperk Hooflede toegelaat sal word om beswaar te maak teen kandidate wat ingevolge die Fondsreëls nie kwalifiseer om Trustees te word nie. Lede kan ook 'n lys van die kandidate bekom deur 0860 999 006 te skakel, of deur 'n faks aan 0866 800 983 te stuur, of 'n e-pos na [email protected]. Slegs geskrewe besware wat deur kontroleerbare bewyse ondersteun word, sal oorweeg word. Besware moet op dieselfde wyse as die Benoemingsvorms ingedien word. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,144 | Nadat alle besware oorweeg en 'n besluit daaroor geneem is, sal die finale kandidatelys op GEMS se webtuiste gepubliseer word. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,145 | Dit moet beklemtoon word dat die benoeming van persone en die stemproses twee onafhanklike en verskillende prosesse is. Die een lei tot en vul die ander aan. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,146 | By voltooiing van die Benoemingsoudit en die bekendmaking van die finale lys van kandidate sal 'n stembrief voorberei word waarop die name van al die kandidate in alfabetiese orde, met vanne eerste, sal verskyn. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,147 | Stemming geskied by wyse van posstemme. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,148 | n Vooruitbetaalde, geadresseerde koevert. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,149 | Inligting met betrekking tot die stemfase, insluitende die stemdatums, sal in die Steminstruksie- en -proseduredokument, sowel as op GEMS se webtuiste, uiteengesit word. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,150 | Die name van die verkose trustees sal op 30 Junie 2010 op die Algemene Jaarvergadering van Lede bekendgemaak word. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,151 | Enige persoon wat die Lede wil verkies, maar wat nie self 'n Hooflid is nie; en Enige persoon wat 'n materiële verbintenis het met enige persoon wat deur die Fonds gekontrakteer is, of in die proses van 'n tender vir die Fonds is om enige administratiewe, makelaars-, bestuurde gesondheidsorg- of ander dienste te lewer, hetsy alleen of met of via 'n beheermaatskappy, filiaal, gesamentlike onderneming of medewerker. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,152 | Die Raad van Trustees het 'n belangrike verantwoordelikheid om na die Fonds se administratiewe en finansiële sake om te sien en om dit in die beste belang van die Fondslede te doen. Dit is derhalwe belangrik dat lede daarna streef om trustees te verkies wat eerlik is en oor die nodige vaardighede en ondervinding beskik om hul pligte as trustees na te kom, aangesien hulle al die lede van die Fonds verteenwoordig. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,153 | Dissipline: Om ywerig na die sake van die Fonds om te sien en om toegewyd daaraan te wees om gedrag te openbaar wat algemeen as geskik en van pas erken word. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,154 | Deursigtig: Om besluite met eerlikheid en integriteit te neem en om enige persoonlike gewin of voordeel in besluite omtrent die bestuur van die Fonds te vermy. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,155 | Onafhanklik: Om in die beste belang van die lede op te tree, om belangebotsing te vermy en besluite objektief te neem sonder om deur buitepartye gelei of beïnvloed te word. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,156 | Aanspreeklik: Om nie van verantwoordelikhede afstand te doen nie en om te verseker dat verslaggewing alle sake van die Fonds akkuraat en eerlik dek. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,157 | Verantwoordelik: Om groter sorg aan die dag te lê wanneer Fondssake behartig word as wanneer trustees hul eie sake behartig. Om die nodige vaardighede en kennis te verkry om pligte as trustees na te kom. Om die vertroulikheid van lidinligting te beskerm. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,158 | Regverdig: Om alle begunstigdes van die Fonds gelyk en onpartydig te behandel. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,159 | Maatskaplik verantwoordelik: Om ingelig en simpatiek omtrent maatskaplike aangeleenthede te wees. Om deur hoë etiese standaarde gelei te word. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,160 | Naam en Van van die BENOEMDE (SKRYF ASSEBLIEF NAAM IN BLOKLETTERS) om die pos van Trustee op die Raad van Trustees van die Mediese Fonds vir Staatsamptenare, ingevolge Reël 19 van die Fondsreëls, te beklee. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,161 | Ek, die ondergetekende, GEMS-lidmaatskapnommer verklaar AANVAARDING van benoeming om as 'n kandidaat te staan vir verkiesing tot die Raad van Trustees van die Mediese Fonds vir Staatsamptenare, ingevolge Reël 19 van die Fondsreëls. Ek verklaar voorts dat ek ingevolge die Fondsreëls nie gediskwalifiseer is om 'n Trustee te word nie. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,162 | Hierdie vorm moet op beide kante volledig ingevul word om die Kiesbeampte teen nie later as die sperdatum vir benoemings op 9 April 2010 te bereik nie. |
12 | (49201020930 PM) afrikaans nomination forms.txt | 1,163 | Hierdie vorm moet op beide kante volledig ingevul word en moet die Kiesbeampte teen nie later as die sperdatum vir benoemings op 9 April 2010 bereik nie. |
13 | (527201092929 AM) Afrikaans Maternity Programme.txt | 1,165 | ondersteuning, opvoeding en advies deur in jou lewe gebruik te maak. Die gevallebestuurder sal kontak alle stadia van jou swangerskap, bevalling en die met jou behou na jou hospitaaltoelating en die geboorte van tydperk na die geboorte te voorsien. jou baba. Die doelwit is om voortgesette advies en inligting tydens vroeë ouerskap te bied. |
13 | (527201092929 AM) Afrikaans Maternity Programme.txt | 1,166 | n GEMS-boek oor swangerskap, geboorte en vroeë ouerskap wanneer jy vir die Kraamprogram registreer. 'n Kraamsak wat in jou derde trimester aan jou gestuur sal word. Gratis toegang tot alle dienste wat deur die Kraamprogram gebied word. Inligting wat jou in staat sal stel om die voordele te verstaan wat GEMS jou tydens jou swangerskap en na die geboorte van jou baba bied. |
13 | (527201092929 AM) Afrikaans Maternity Programme.txt | 1,167 | Advies omtrent die voordele wat tydens jou bevalling deur GEMS gedek sal word, en ander alternatiewe tot jou beskikking. Toegang tot gesondheidsorginligting wat jou in staat sal stel om saam met jou vroedvrou of dokter besluite omtrent jou gesondheids- en geboortekeuses te neem. Magtiging vir jou toelating tot die hospitaal/kraamfasiliteit van jou keuse. Telefoniese advies en ondersteuning indien jy probleme tydens die eerste paar weke van ouerskap ondervind. |
13 | (527201092929 AM) Afrikaans Maternity Programme.txt | 1,168 | Om toegang tot hierdie voordele te verkry, moet jy eers vir die program registreer deur die ingeslote inskrywingsvorm in te vul en dit na 0861 00 4367 te faks, of dit aan [email protected] te e-pos. Jy kan ook die vorm na GEMS se Kraamprogram pos by Privaatsak X782, Kaapstad 8000. |
13 | (527201092929 AM) Afrikaans Maternity Programme.txt | 1,169 | LET WEL: Om die voordele te kan geniet, is dit verpligtend om vir die program in te skryf. |
13 | (527201092929 AM) Afrikaans Maternity Programme.txt | 1,170 | Om jou omtrent dinge soos jou dieet, oefening, geringe ongerief tydens swangerskap, tuisgeboorte, self-medisering en borsvoeding te adviseer. |
13 | (527201092929 AM) Afrikaans Maternity Programme.txt | 1,171 | Om jou te bemagtig oor hoe om na jouself tydens swangerskap, die bevalling en ná die geboorte om te sien. |
13 | (527201092929 AM) Afrikaans Maternity Programme.txt | 1,172 | As jou baba om enige rede tot die neonatale eenheid toegelaat word, sal die gevallebestuurder jou baba se vordering monitor deur die hospitaal te kontak. |
13 | (527201092929 AM) Afrikaans Maternity Programme.txt | 1,173 | Die gevallebestuurder sal ook daar wees om jou en jou baba tot en met die nageboortelike ondersoek te ondersteun. |
13 | (527201092929 AM) Afrikaans Maternity Programme.txt | 1,174 | Die gevallebestuurder kan jou na geskikte hulpbronne, waaronder vroedvroue, dokters, spesialiste, hospitale, geboorte-eenhede en ondersteuningsgroepe in Suid-Afrika verwys. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,176 | A VOORDEELOPSIESMerk asseblief die toepaslike blokkie met 'n "X". Kies slegs een voordeelopsie op die lys hieronder. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,177 | Enige huidige afhanklike wat nie in hierdie aansoek ingesluit word nie se toekomstige aansoek sal onderhewig wees aan uitsluitings van voordele op voorafbestaande toestande. 'n Drie-maande algemene wagperiode sal ook van toepassing wees op die afhanklike se lidmaatskap. Verskaf asseblief bewyse van wetlike verantwoordelikheid vir gesinssorg en finansiële verantwoordelikheid van enige afhanklikes buiten u gade/metgesel en kinders. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,178 | Indien u of u afhanklikes voorheen aan 'n mediese skema behoort het, heg asseblief sertifikate van lidmaatskap aan en verskaf besonderhede hieronder. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,179 | Het u op u vorige mediese skema aan 'n mediese spaarplan bygedra? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,180 | Is 'n boete vir laat aansluiting van u vorige mediese skema op u of enige van u begunstigdes opgelê? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,181 | Is enige wagperiodes op u of enige van u begunstigdes opgelê toe u by u vorige mediese skema aangesluit het? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,182 | Geen hooflid of afhanklike mag aan meer as een geregistreerde mediese skema behoort nie. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,183 | Algemene en toestandspesifieke (voorafbestaande toestande) wagperiodes sal toegepas word in ooreenstemming met die Wet op Mediese Skemas. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,184 | Verskaf asseblief lidmaatskapsertifikate van al die bogenoemde vorige mediese skemas. Indien lidmaatskapsertifikate nie aangeheg is nie, sal 'n boete van laat aansluiting en wagperiodes ingestel word in ooreenstemming met die Wet op Mediese Skemas. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,185 | Sou u na 1 Januarie van 'n jaar aansluit, sal u voordeelperke op 'n pro rata basis in die eerste jaar van lidmaatskap toegepas word. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,186 | Verskaf asseblief 'n gesertifiseerde afskrif van u of u afhanklikes se identiteitsdokument/e of paspoort/e saam met hierdie aansoek sodat NIMAS u identiteit kan bevestig asook vir oudit vereistes. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,187 | Alle afdelings hieronder moet deur die aansoeker voltooi word. Die vrae het betrekking op almal vir wie daar om lidmaatskap aansoek gedoen word. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,188 | Het u of u afhanklikes in die afgelope 12 maande mediese advies, diagnose, behandeling of sorg vir enige van die onderstaande toestande ontvang? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,189 | KARDIO VASKuLêRE STELSEL Borspyn/angina; hartaanval; hartklep gebrek; rumatiekkoors; hoë bloeddruk hipertensie; hoë cholesterol; hartgeruis; bloedomloop of sirkulatoriese probleme/versteurings; spatare; diep veneuse trombose DVT of enige ander hart- of sirkulatoriese probleme? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,190 | RESPIRATORIESE STELSEL Asma; moeilike asemhaling; brongospasma; tuberkulose TB; uithoes van bloed; emfiseem; pneumonie/ longontsteking; sistiese fibrose; phthisis; chroniese brongitis; kortasem of ander asemhalings probleme? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,191 | BLAAS EN NIERE Bloed in urine; nierversaking; polysistiese niere; nier of blaasinfeksies; nierverwydering nefrektomie; nierstene; abnormale nier of uriene toetse; urinêre inkontinensie of enige ander blaas of nier probleme? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,192 | REPRODuKTIEwE STELSEL Endometriose; infertiliteit; ovariële siste; histerektomie; abnormale menstruele bloeding; abnormale pap smeer; laserbehandeling;servikale en/of bors biopsies; bors fibro-adenose;laparoskopië;hormoon-vervangingsterapie HVT; prostaatinfeksies of chirurgie; prostaat vergroting of enige ander voortplantings probleme? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,193 | SPySVERTERING STELSEL Duodenale ulkusse; gastriese ulkusse; peptiese ulkusse; hiatus hernia diafragma breuk; kolon probleme; Crohn se siekte; ulseratiewe kolitis; galblaas probleme; lewer probleme of enige ander probleme van die spysverteringstelsel? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,194 | OOR, NEuS EN KEEL Doofheid; oorinfeksies; sinus probleme; neus chirurgie; keel chirurgie; ortodontiese behandeling; tandheelkundige chirurgie; spraak probleme; haaslip; gesplete verhemelte, slaapapnee of enige ander oor, neus of keel probleme? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,195 | OË Blindheid gedeeltelik of algeheel; oogchirurgie; lensinplanting; katarakte; gloukoom; retinitis pigmentosa; retinale loslating; visuele probleme of enige ander oog probleme? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,196 | ENDOKRIENE STELSEL Diabetes mellitus, diabetes insipidus "suiker in die bloed"; onderaktiewe skildklier; ooraktiewe skildlier; skildklierchirurgie; Cushing sindroom; Addison se siekte; pituitêre klier probleme of enige ander klier probleme? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,197 | NEuROLOGIES Epilepsie; beroerte CVO; migraine; breinbeserings; spinale koord beserings; verlamming; serebrale ver-lamming; veelvuldige sklerose MS; verstandelike vertraging; narkolepsie; motorneuron siekte; Parkinson se siekte; Alzheimer se siekte of enige ander neurologiese probleme? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,198 | TuMORE EN GROEISELS Benigne of maligne groeisels of tumore, insluitend melanoom; limfklierkanker; leukemie en borskanker of enige ander tumor, groeisels of kanker? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,199 | BLOED Bloedkwale of bloedafwykings, bv. bloedarmoede; hemofilie; stollingsfaktor gebreke; plaatjie- of enige ander bloedstollingsprobleme? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,200 | BEPLANDE TANDHEELKuNDIGE BEHANDELING Het u of enige van u afhanklikes gedurende die afgelope 12 maande enige gespesialiseerde tandheelkundige werk, insluitend ortodonsie onder algemene narkose ondergaan, of beplan u of enige van u afhanklikes om binne die volgende 12 maande enige gespesialiseerde tandheelkundige werk insluitend ortodonsie onder algemene narkose te ondergaan? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,201 | GEVAARLIKE TyDVERDRywE Beoefen u of enige van u afhanklikes 'n gevaarlike sport of beroep, bv. renjaag, brugspring, lugduik, mikroligte vlieg of enige ander gevaarlike tydverdrywe? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,202 | SwANGERSKAP Is u of enige van u afhanklikes huidiglik swanger Indien "ja", wat is die verwagte geboortedatum? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,203 | MOTORVOERTuIG- ONGELuKKE Was u of enige van u afhanklikes ooit in 'n motorvoertuigongeluk MVO betrokke dit sluit ook kleiner beserings in? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,204 | FAMILIE GESKIEDENIS Is u ouers of u broers/susters ooit behandel vir diabetes, kanker, beroerte, hartkwale of enige ander ernstige of oorerflike siekte? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,205 | HOSPITALISASIE Is u of enige van u afhanklikes gedurende die afgelope 12 maande in die hospitaal opgeneem? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,206 | BEHANDELING EN CHIRuRGIE Is u of enige van u afhanklikes bewus van, of ondervind u enige ander toestande/simptome wat dalk mediese/ tandheelkundige ondersoeke, advies of behandeling vereis? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,207 | MEDIKASIE Gebruik u of u afhanklikes huidiglik enige medikasie wat nie op die aansoekvorm verskyn nie? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,208 | PSIGIATRIE/SIELKuNDE Het u of enige van u afhanklikes behandeling ondergaan asook huidiglik vir depressie, bipolêre gemoeds-versteuring, skisofrenie, angs, paniek- of eetversteuring? |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,209 | LW: U MIV-status moet nie op hierdie vorm aangedui word nie. Skakel 0861 888 300 om by die MIV/VIGS-program aan te sluit. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,210 | Indien u versuim om mediese toestande aan te dui, sal dit lei tot die kansellasie van die gesin se NIMAS lidmaatskap, of geen voordele sal toegestaan word vir enige kostes wat verband hou met hierdie toestande nie. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,211 | Indien u "ja" op enige van die vrae op bladsy 2 en 3 geantwoord het, moet u asseblief volledige besonderhede hieronder verskaf. Die vrae het betrekking op die aansoeker en alle afhankikes. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,212 | NIMAS behou die reg voor om mediese verslae te versoek wat hierdie aansoek mag beinvloed. Die koste van hierdie mediese verslae sal deur NIMAS gedek word. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,213 | Dui asseblief u rekeningbesonderhede hieronder aan om elektroniese terugbetalings te ontvang. U kan enige tyd u besonderhede verander. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,214 | Ek magtig NIMAS hiermee om die bydraes verskuldig ten opsigte van my lidmaatskap met NIMAS uit my bankrekening by bogenoemde instansie te onttrek. Dit sal plaasvind op die eerste werksdag van en elke maand totdat ek die lidmaatskap kanselleer deur 30 dae skriftelike kennisgewing te gee, of totdat ek geen bedrae meer verskuldig is aan NIMAS deur my voorafgaande bedanking as 'n lid van NIMAS nie. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.