document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,317
g Die Voorsitter van die vergadering het die Hoofbeampte van die Skema, dr. Eugene Watson, die geleentheid gegee om aan die vergadering verslag te doen oor die bedryfsvertoning van die Skema in die tydperk onder beskouing. Dr. Watson het daarop die uitstaande kenmerke van die Skema se vertoning aan die hand van die goedgekeurde strategiese plan vir 2008 aan die vergadering geskets, asook sleutel-sakeaanwysers en tendense wat in die oorsigtydperk na vore gekom het.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,318
Die voorlegging en goedkeuring van die finansiële jaarstate vir die jaar tot 31 Desember 2008, en iii Die aanstelling van die eksterne ouditeure van die Skema vir die finansiële jaar tot 31 Desember 2009.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,319
b Die vergadering het kennis geneem dat ingevolge die Reëls van die Skema, resolusies op enige algemene jaarvergadering goedgekeur word by wyse van 'n gewone meerderheidstem van al die lede teenwoordig en verteenwoordig deur 'n gevolmagtigde.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,320
cDie Voorsitter het die vergadering ingelig dat die Skema teen die afsnydatum van 19 Junie 2009 207 geldige volmag-aanstellingsvorms van lede ontvang het. Altesame 48 volmagvorms moes weggegooi word omdat dit verkeerde of geen lidmaatskapnommers bevat het, of persone wat nie lede van die Skema is nie as gevolmagtigdes aangewys het.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,321
d Die vergadering het verder kennis geneem dat die lede van die Skema wat deur ander lede aangewys is om namens hulle te stem almal trustees en lede van die Skema se Uitvoerende Bestuurspan is. Die persone wat só aangestel is, het op 23 Junie 2009 op 'n vergadering van die Raad van Trustees aangedui hoe hulle wil stem ten opsigte van elke resolusie wat op die vergadering ter tafel gelê is.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,322
e Nadat elk van die volgende resolusies ter tafel gelê en bespreek is, het die Voorsitter die lede ingelig oor hoe die aangestelde gevolmagtigdes gestem het en die resolusies vir goedkeuring ter tafel gelê.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,323
f Goedkeuring van die Notule van die Tweede Algemene Jaarvergadering van lede gehou op 30 Junie 2008.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,324
Die Voorsitter het lede ingelig dat die Notule van die Tweede Algemene Jaarvergadering van lede wat gehou is op 30 Junie 2008 by die Boardwalk-konferensiesentrum, Port Elizabeth, ingesluit is in die Jaarverslag vir 2008 wat aan lede versprei is en die Notule vir goedkeuring ter tafel gelê.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,325
die Raad van Trustees die konsepnotule van 24 April 2009 oorweeg en die mening uitgespreek het dat dit 'n ware weerspieëling van die verrigtinge op die Skema se Tweede Algemene Jaarvergadering van lede gehou op 30 Junie 2008 was; en lede volgens die volmagvorms wat ontvang is ten gunste van die aanvaarding van die Notule van die TweedeAlgemeneJaarvergaderingvanledegehouop30Junie2008gestemhetas 'nakkurateweerspieëling van die vergadering, terwyl 1 lid buite stemming wou bly.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,326
Die Voorsitter het die notule vir goedkeuring ter tafel gelê.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,327
Die Notule van die Tweede Algemene Jaarvergadering is goedgekeur nadat mnr. Manganyi Abraham voorgestel het dat die vergadering die notule aanvaar. Die voorstel is deur mnr. Nxumalo Themba gesekondeer.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,328
Die Voorsitter van die vergadering het die Skema se finansiële jaarstate vir die jaar tot 31 Desember 2008 vir goedkeuring ter tafel gelê en die vergadering ingelig dat lede voor die vergadering van die geouditeerde verkorte finansiële state voorsien is.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,329
Die eksterne ouditeur van die Skema, mnr. Johann Strauss van die firma SizweNtsaluba VSP, is aan die teenwoordige lede voorgestel en het daarop sy eksterne onafhanklike bevestiging van die inligting verskaf aan lede in die Jaarverslag van die Raad van Trustees vir 2008 aan die vergadering voorgelê. Die eksterne ouditeur het bevestig dat die Skema 'n ongekwalifiseerde ouditverslag vir die finansiële jaar tot 31 Desember 2008 ontvang het en dat die Skema goed bestuur word.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,330
Die Voorsitter van die vergadering het die aanwesige lede ingelig dat volgens die volmagvorms wat ontvang is, 205 lede ten gunste van die goedkeuring van die Finansiële Jaarstate vir 2008 gestem het, terwyl geen lede teen die aanvaarding van die finansiële state was nie. Twee lede wou buite stemming bly.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,331
Die Voorsitter het aanbeveel dat die vergadering die Skema se Finansiële State vir die jaar tot 31 Desember 2008 aanvaar. Die resolusie is goedgekeur nadat mnr. Elliot Nyathikazi voorgestel het dat die Skema se Finansiële State vir die jaar tot 31 Desember 2008 aanvaar word en die voorstel deur me. Sibongile Nkosi gesekondeer is.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,332
i Die vergadering het kennis geneem dat SizweNtsaluba VSP met ingang van 1 Januarie 2006 deur die Skema se Tussentydse Raad van Trustees aangestel is nadat 'n formele tenderproses in 2005 gevolg is.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,333
Die vergadering het gehoor dat 'n oop tenderproses gevolg is om 'n ouditfirma vir aanstelling as eksterne ouditeure van die Skema vir die finansiële jaar tot 31 Desember 2009 te identifiseer.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,334
Die Voorsitter van die vergadering het die onafhanklike Voorsitter van die Ouditkomitee van die Skema, dr. DP van der Nest, aan die lede van die Skema voorgestel.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,335
Dr. Van der Nest het 'n oorsig van die aankoopproses wat gevolg is aan die vergadering voorgehou en die aanwesige lede ingelig dat SizweNtsaluba VSP by wyse van 'n oop en deursigtige proses vir aanstelling geïdentifiseer is.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,336
Dr. Van der Nest het aanbeveel dat die lede die aanstelling van SizweNtsaluba VSP as die Skema se eksterne ouditeur vir die finansiële jaar tot 31 Desember 2009 goedkeur.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,337
Die Voorsitter van die vergadering het die aanwesige lede ingelig dat 201 lede volgens die volmagvorms wat ontvang is, ten gunste van die goedkeuring van die resolusie rakende die aanstelling van die Skema se eksterne ouditeur vir die finansiële jaar tot 31 Desember 2009 gestem het. Twee lede het teen die aanvaarding van die resolusie gestem en 4 lede wou buite stemming bly.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,338
Die Voorsitter van die vergadering het gevra dat lede die aanstelling van SizweNtsaluba VSP om die finansiële state van die Skema vir die finansiële jaar tot 31 Desember 2009 te oudit, aanvaar, onderworpe aan die voorwaarde dat die Registrateur van Mediese Skemas die aanstelling van die ouditfirma goedkeur. Die resolusie is goedgekeur nadat mnr. Patrick Malatjie voorgestel het dat SizweNtsaluba VSP aangestel word as die Skema se eksterne ouditeur vir die finansiële jaar tot 31 Desember 2009. D
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,339
Die Mediese Skema vir Staatswerknemers (GEMS), die grootste beperkte mediese skema in die land, asook algeheel die naasgrootste mediese skema, het 2009 betree as 'n betekenisvol getransformeerde onderneming van drie jaar oud.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,340
Die Skema het in 2009 voortgegaan om te groei en ondanks hierdie voortgesette groei, die suiwer grootte van die onderneming en die uitdagings wat ontstaan het, 'n aantal betekenisvolle prestasies in 2009 behaal. Die Raad van Trustees van GEMS is trots op die vooruitgang wat die Skema gemaak het, die manier waarop die uitdagings wat in 2009 na vore gekom het bestuur is, en hoe die belange van die begunstigdes van GEMS te alle tye beskerm is.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,341
Dit is vir my aangenaam om namens die Raad van Trustees 'n oorsig te gee van die werk wat die Raad in 2009 gedoen het en die Verslag van die Raad vir die tydperk tot 31 Desember 2009 aan die lede van GEMS voor te hou.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,342
Om aan alle staatsdienswerknemers gelyke toegang tot bekostigbare en omvattende gesondheidsorgvoordele te bied.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,343
Visieverklaring n Uitnemende, volhoubare en doeltreffende mediese skema vir alle staatsdienswerknemers.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,344
Die Skema se streng korporatiewe beheerstelsel noodsaak die ontwikkeling van 'n strategiese plan vir die kort en medium termyn wat die sake van die Skema rig en stuur. GEMS se welslae kan toegeskryf word aan die sterkte van sy beheer- en bestuurstrukture, asook die nougesette strategiese beplanning wat gedoen word - gesamentlik het hierdie twee faktore verseker dat GEMS 'n rekord opgebou het van suksesvolle inwerkingstelling van sy strategiese jaarplanne en bereiking van die doelwitte wat daarin gestel is.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,345
Die Raad het sy strategiese beplanning vir 2009 gedoen bewus van die feit dat die Skema ontwikkel het tot 'n volwasse organisasie gekenmerk deur 'n gesonde bedryfsomgewing en streng finansiële bestuurstelsels. Beplanning is gedoen met die oog daarop om GEMS verder te posisioneer as 'n uitnemende, doelteffende en doelmatige mediese skema vir werknemers in die staatsdiens.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,346
Die tema van die Strategiese Plan wat deur die Raad vir 2009 goedgekeur is, was "Toegang tot uitnemende gesondheidsorg wat bekostigbaar en administratief doeltreffend is" en die plan was gemik op die handhawing en verbetering van die bedryfsaspekte van die onderneming. Terselfdertyd moes dit ook die Skema die geleentheid gee om te begin met ondersoeke na die verhoogde voorsiening vir, of bestryding van koste rakende gesondheidsorgdienste wat lede nodig gehad en ontvang het. Die plan was toegespits op die werk wat nodig was om 'n stewige grondslag te lê wat GEMS in 'n gunstige posisie plaas om sy aanbiedinge en waarde-onderneming in ooreenstemming met die verwagtinge van beide die begunstigdes van die skema en sleutelbelanghebbers soos die werkgewer te begin bring. Vir hierdie doel is die strategiese doelwit van "Inwerkingstelling van dinamiese gesondheidsorgbestuur wat die Skema se kliniese risikoprofiel sal verbeter" by die plan ingevoeg.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,347
Om GEMS doeltreffend te bemark en te posisioneer as 'n Uitnemende Mediese Skema vir alle lede en potensiële lede, en die getal werknemers sonder dekking in die staatsdiens beduidend te verminder.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,348
Om 'n gesonde beheerstelsel te handhaaf, waar rekenpligtigheid, verantwoordbare voldoening en doeltreffende belanghebberverhoudings sentraal staan.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,349
Om Skemadienste en bedryfsbeheer te handhaaf en te optimaliseer, met uitnemende diensleweringsvlakke en doeltreffende lededienste.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,350
Om oorskotte te bewerkstellig, voldoende reserwes op te bou en gesonde rekenkundige standaarde te handhaaf.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,351
Om korporatiewe skemadienste te handhaaf en te verbeter.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,352
Om risiko pro-aktief en doeltreffend te bestuur, met die oog daarop om die Skema se blootstelling aan verlies te beperk.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,353
Die Raad het kwartaal-en tussentydse vorderingsverslae van die Skema se Bestuur ontvang oor voldoening aan prestasie-aanwysers vervat in die strategiese plan vir 2009 en is tevrede dat die strategiese doelwitte teen 31 Desember 2009 gehaal is.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,354
Die Raad het die samestelling van die Komitees wat in 2009 deur die Raad ingestel is, hersien sodat die vaardighede en kundigheid van trustees en onafhanklike Komiteelede ten volle benut kon word. Die Raad se hersiening het ook oorweging van die toepaslikheid van die opdrag van die Komitees ingesluit en klein veranderinge was nodig.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,355
Trustees wat in 2009 in die Komitees gedien het, word in afdelings 7 en 8 van die Raad se Verslag aangedui. Die Raad het in sy jaarlikse Beoordeling van Raadsdoeltreffendheid bevestig dat die Komitees goed funksioneer en verslaggewing aan die Raad van 'n hoë gehalte is.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,356
Die Onafhanklike Komiteelede wat in die Skema se Oudit-, Ex Gratia-en Dispuutkomitees dien, word deur die Raad aangestel vir ampstermyne van drie jaar en die termyne van 'n paar van hierdie komiteelede het in die oorsigtydperk verstryk. Die Raad het al hierdie Komiteelede vir 'n verdere termyn van drie jaar aangestel, wat in 2012 verstryk.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,357
Trustees en onafhanklike Komiteelede het weer omvattende opleiding in korporatiewe beheer ontvang. Dit het ingesluit die vereistes van die King III-verslag oor Korporatiewe Beheer, wat "binnekort geïmplementeer moet word", asook finansiële bestuur van mediese skemas, tersaaklike wetgewing, ontwikkelings in die bedryf waaronder die beoogde Nasionale Gesondheidsversekeringstelsel en etiese korporatiewe beheer. Nege opleidingsessies is in 2009 gehou. Trustee-opleiding sal in 2010 geïmplementeer word ingevolge 'n trustee-opleidingsbeleid, wat deur die Raad vir inwerkingstelling op 1 Januarie 2010 goedgekeur is.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,358
Die Skema se jaarlikse Beoordeling van Raadsdoeltreffendheid is in September en Oktober 2009 gedoen. Die Raad het 'n selfbeoordelingsmodel met die hulp van 'n onafhanklike ouditfirma toegepas en die bevinding was dat die Raad en die Komitees van die Raad goed vertoon het.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,359
Ooreenkomstig die geregistreerde reëls van GEMS sal die dienstermyne van 50% van die trustees in die huidige Raad van Trustees in Julie 2010 ten einde loop. 'n Nuwe Raad sal saamgestel word om op 21 Julie 2010 diens te aanvaar. Vir hierdie doel sal die hooflede van die Skema drie nuwe trustees verkies, terwyl die Minister vir die Staatsdiens en Administrasie ook nuwe trustees sal aanstel om 50% van die Raad vol te maak.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,360
Die verkiesing van Lidverkose Trustees moet per stembrief en in ooreenstemming met 'n prosedure uiteengesit in hierdie reëls plaasvind.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,361
Moet sertifiseer dat daardie persone wat as Lidtrustees verkies is, inderwaarheid waardige Lede is.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,362
As die Raad ná oorweging van die verslag van die onafhanklike persoon of liggaam tevrede is dat die verkiesing in ooreenstemming met die prosedure deur die Raad bepaal plaasgevind het en dit 'n vrye en regverdige verkiesing was, moet die Hoofbeampte die verkose Lede skriftelik in kennis stel van hul verkiesing en die datum, tyd en plek van die volgende vergadering van die Raad. Hulle moet ook uitgenooi word om die vergadering by te woon.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,363
Die Raad moedig die hooflede van die Skema aan om deel te neem aan die 2010-verkiesingsproses met inagneming daarvan dat die Raad van Trustees die belangrike verantwoordelikheid het om na die Skema se administratiewe en finansiële sake om te sien en dit te doen in die beste belang van die lede. Dit is daarom belangrik dat lede daarna streef om trustees met integriteit te verkies, en wat toepaslike vaardighede en ondervinding het om die pligte van 'n Trustee uit te voer.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,364
Die Skema se prestasies word in meer besonderhede in die Hoofbeampte se Bedryfsverslag bespreek. Uitdagings en nuwe werk wat nie voorsien is toe strategiese beplanning vir 2009 gedoen is nie, het in die loop van 2009 na vore gekom. Die Raad van Trustees en die bestuur het hierdie uitdagings deurtastend aangepak en verseker dat die Skema deurgaans daarop toegespits gebly het om die Skema se missie en visie na te streef sonder dat die Skema se waardeverklarings in gevaar gestel word. Van hierdie uitdagings en nuwe werk het ingesluit die oorplasing van MEDCOR se sake na GEMS, die inwerkingstelling van terugwerkende salarisverhogings vir werknemers in die staatsdiens met 'n uitwerking op ledebydraes en skuld, en 'n heroorweging deur die Raad op Mediese Skemas van GEMS se reëls rakende wie lidmaatskap kan verkry.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,365
Gesprekke tussen die Skema en sleutel-belanghebbers het uitgeloop op 'n besluit deur die Raad om toe te stem tot die oordrag van die sake van MEDCOR na GEMS ingevolge artikel 63 van die Wet op Mediese Skemas, 1998.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,366
Die sakebedrywighede van MEDCOR is met ingang van 1 Januarie 2010 na GEMS oorgedra ingevolge 'n Memorandum van Verstandhouding gesluit tussen die twee skemas.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,367
Die indiensnemingskontrakte van drie MEDCOR-werknemers is na GEMS oorgedra, terwyl twee senior werknemers van MEDCOR skeidingspakkette ontvang het.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,368
MEDCOR is met ingang van 21 Januarie 2010 as mediese skema deur die Raad op Mediese Skemas gederegistreer en die ontbinding van die bedrywighede van MEDCOR is op 30 April 2010 afgehandel.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,369
Ooreenkomstig die beleid van mediese bystandsubsidie van toepassing op die staatsdiens, ingesluit die Departement van Korrektiewe Dienste, kon die lede van MEDCOR op 'n vrywillige grondslag by GEMS aansluit. Namens die Raad van Trustees, wil ek die gewese lede van MEDCOR wat by GEMS aangesluit het, welkom heet.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,370
Die Skema se geregistreerde bydraetabel is op inkomste gegrond en lede betaal maandeliks bydraes ooreenkomstig hul maandelikse inkomste. 'n Salarisverhoging in die loop van 'n jaar kan meebring dat 'n lid 'n groter bydrae betaal, maar dieselfde voordele-opsie behou omdat hy kwalifiseer vir 'n hoër-inkomstegroepering.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,371
GEMS-ledehetin2009salarisblok-aanpassings(die16salarisvlakkeistot12verminder),jaarlikselewenskoste-salarisverhogings sowel as Beroepspesifieke Bedelings (BSB's) ervaar. Hierdie veranderinge is terugwerkend van krag gemaak, wat beteken het dat daardie lede wat hoër bydraes moes betaal ook bydraeskuld bygekry het.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,372
Hoewel die Skema die inkomsteblokke met ingang van 1 Januarie 2009 pro-aktief by die bydraeblokke aangepas het om die uitwerking van die 2009-salarisverhogings in die staatsdiens te temper, het die salarisse van GEMS-lede vanweë die BSB's en salarisblokaanpassings betekenisvoller verander as wat verwag is. Die Raad het ontevredenheid onder lede en belanghebbers wat hieruit gespruit het, gemonitor en ook die meganismes tot beskikking van die Skema oorweeg om hierdie onbedoelde gevolge van die inkomstegegronde premies op GEMS-lede en die Skema se skuldbestuurspraktyke te temper.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,373
Werk sal in 2010 gedoen word om inkomsteblokke só aan te pas dat voorkom word dat 'n beduidende persentasie lede deur salarisaanpassings geraak word en om 'n gelykmatige verspreiding van salarisvlakke en lede in elke inkomsteblok te verseker. 'n Reëlverandering sal ook bedink word om die invordering van terugwerkende uitstaande bydraes voortspruitend uit salarisaanpassings te voorkom.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,374
GEMS is geregistreer as 'n mediese skema met beperkte ledetoelating en die verkryging van lidmaatskap word bepaal deur die geregistreerde reëls van die Skema. Ingevolge die huidige reëls kan werknemers van nasionale en provinsiale departemente en regeringsafdelings genoem in artikel 7 van die Staatsdienswet, 1994, soos gewysig, en werknemers van entiteite wat deur die Raad van Trustees as deelnemende werkgewers erken word, lidmaatskap verkry.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,375
Die Raad van Mediese Skemas het vereis dat die Reëls gewysig word sodat die Raad van Trustees nie meer na goeddunke entiteite in die openbare sektor buite die bestek van die Staatsdienswet kan insluit nie. 'n Reëlverandering is deur die Skema ingedien, maar die Raad se voorstel was dat die sfeer van GEMS se ledetoelating vergroot word.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,376
Dit is die Raad se verantwoordelikheid om te verseker dat die belange van lede beskerm word ingevolge artikel 57 (a) van die Wet op Mediese Skemas, en dat hulle volle en doeltreffende toegang het tot die voordele waarop hulle as lede van GEMS geregtig is.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,377
Ooreenkomstig die Raad se verantwoordelikheid en die Skema se missie om aan alle staatsdienswerknemers gelyke toegang tot bekostigbare en omvattende gesondheidsorgvoordele te bied, is 'n aantal stappe geneem om toegang en lede se ervaring van dienslewering te verbeter.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,378
Die Raad het goedkeuring gegee vir die geleidelike vertaling van al die Skema-en lede-kommunikasiestukke in al 11 amptelike tale. Die projek het in 2009 begin en sal oor drie jaar tot 2012 strek.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,379
Die Skema het die gebruik van sake-antwoordkoeverte met betrekking tot ledekommunikasie waar reaksie van lede vereis word, ingevoer.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,380
Die GEMS-kraamprogram is ingestel om te verseker dat verwagtende moeders sorg van hoë gehalte gedurende swangerskap ontvang en om die risiko van moontlike komplikasies te help verminder.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,381
n SMS-voordelenavraagdiens waar lede kan vasstel watter voordele aan hulle en hul geregistreerde afhanklikes beskikbaar is, is vir alle voordele-opsies ingestel.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,382
Alle bestaande instapsentrums vir lede is opgeknap en party het na nuwe en beter persele geskuif. 'n Tweede instapsentrum is in elke provinsie geopen om dit vir lede makliker te maak om "aangesig-tot-aangesig"-diens te ontvang.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,383
Kwartaallikse bydraestate is ingestel om lede te help om premies by te hou.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,384
Verlengde diensure is vir die oproep-en instapsentrums vir lede ingestel, waaronder dienste op Saterdae.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,385
Die Raad van Trustees het in die oorsigtydperk koersvas en pligsgetrou gewerk. Altesame 33 Raads-en Komiteevergaderings is gehou en geen vergadering moes in die tydperk onder beskouing herskeduleer word weens die gebrek aan 'n kworum nie. Raads-en Komiteevergaderings is op 'n produktiewe en doeltreffende wyse gelei wat die Raad in staat gestel het om alle belangrike kwessies binne sy invloedsfeer te hanteer. Die trustees se onwrikbare toewyding aan die begunstigdes van die Skema het 'n kenmerk van hierdie Raad gebly en ek wil die trustees bedank vir hul bydrae tot nog 'n suksesvolle jaar vir die Skema.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,386
Ek wil ook my waardering uitspreek teenoor me. Vuyelwa Vumendlini-Schalk, die Adjunk-voorsitter van die Raad, vir haar bydrae tot die doeltreffende funksionering van die Raad.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,387
Dr. DP van der Nest, die onafhanklike Voorsitter van die GEMS-ouditkomitee, het die vergaderings van die Raad in 'n nie-amptelike hoedanigheid bygewoon en ek wil hom ook bedank vir sy bydrae om te verseker dat die Skema se beheeromgewing voldoende en doeltreffend gebly het.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,388
Daarby wil ek mnr. Velile Mbethe, dr. Tertius Geldenhuys en dr. Eugene Watson bedank vir hul voorsitterskap van die Raadskomitees vir onderskeidelik Korporatiewe Beheer en Risiko, Bedryf en Ex Gratia-aangeleenthede in die jaar onder beskouing.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,389
Die onafhanklike Komiteelede deur die Raad aangestel om op die Skema se Oudit-, Ex Gratia-en Dispuutkomitee te dien, het weer wesenlik bygedra tot die welslae behaal deur die Skema in 2009 en namens die Raad wil ek die lede bedank vir hul waardevolle bydraes en die kundigheid wat hulle tot beskikking van die Raad en Skemabestuur gestel het.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,390
Namens die Raad wil ek my hartlikste dank betuig teenoor dr. Eugene Watson, Hoofbeampte van GEMS. Die Hoofbeampte het nogmaals voldoen aan die Raad se verwagtinge en die vertroue in hom gestel en het die Raad deurgaans beïndruk met sy toewyding en entoesiasme vir GEMS. Die Hoofbeampte het die goedgekeurde Strategiese Plan vir 2009 suksesvol toegepas en verseker dat die sakebedrywighede van die skema doeltreffend en glad loop.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,391
Die Raad is verheug oor die resultate behaal deur die Skema se Uitvoerende Bestuur en personeelkomponent onder die bekwame leierskap van die Hoofbeampte.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,392
Die Raad sal die leisels op 21 Julie 2010 aan 'n nuwe Raad van Trustees oorgee en is vol vertroue dat die nodige grondslag gelê is vir die Skema om sy prestasies verder uit te bou.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,393
In 2009 het die Skema die behoefte raakgesien om sy nastrewing van uitnemendheid van bloot bedryfsbeheer en versekeringsaspekte van die onderneming uit te brei na gesondheidsdienste - wat toevallig dieselfde area is waarvoor 90% van die Skema se geld toegewys word - en hoe die Wet op Mediese Skemas die onderneming van 'n mediese skema definieer. Die Strategiese Plan vir 2009 wat deur die Raad van Trustees aanvaar is, vereis dat die Skema bou op bestaande suksesse en strewe na welslae in die gesondheidsorg-arena deur vernuwing, deeglike ontledings, nougesette beplanning en dinamiese gesondheidsrisikobestuur.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,394
Die tema vir 2009, "Toegang tot uitnemende gesondheidsorg wat bekostigbaar en administratief doeltreffend is", was gemik op die handhawing en verbetering van die bedryfsaspekte van die onderneming. Terselfdertyd moes dit ook die Skema die geleentheid gee om te begin met ondersoeke na die verhoogde voorsiening vir, of bestryding van koste rakende gesondheidsorgdienste wat lede nodig gehad en ontvang het. GEMS het begin werk aan 'n verandering van die manier waarop dit optimale toegang tot gesondheidsorgdienste aan lede verskaf. Die werk wat in 2009 gedoen is, bied 'n stewige grondslag vir verdere werk in hierdie verband.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,395
Die jaarlikse strategiese plan gee uitvoering aan die Raad se verantwoordelikhede deurdat dit die werksaamhede van die Hoofbeampte en bestuur rig, beheermaatstawwe verskaf waarteen prestasie gemonitor kan word en verseker dat die sake van die Skema doeltreffend en glad loop. Voorts stel die strategiese plan die Raad in staat om alle aspekte van die sakebedrywighede van die Skema te beoordeel en te verseker dat die onderneming nie net doeltreffend nie, maar ook volhoubaar bedryf word.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,396
As die Hoofbeampte is ek die rekenpligtige beampte van die Skema en is dit my verantwoordelikheid om te verseker dat die Skema se bedryfsplanne ingestel is op die doeltreffende en behoorlike uitvoering van die strategiese plan wat die Raad goedgekeur het, en verder, dat gereelde geskeduleerde verslaggewing rakende die prestasie-aanwysers in die plan plaasvind.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,397
Gedurende die oorsigjaar is die Raad voorsien van kwartaallikse en ad hoc-vorderingsverslae van werk gedoen rakende die prestasie-aanwysers in die Strategiese Plan. 'n Finale verslag is op 10 Desember 2009 aan die Raad voorgelê, waarin bevestig is dat 96% van die prestasie-aanwysers in die praktyk bereik is.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,398
Die Strategiese Plan het gedien as die allesomvattende riglyn vir die bestuur in die finansiële jaar 2009. Op hierdie grondslag dien ek hierdie verslag met betrekking tot die Strategiese Plan in. Aanvullende inligting oor sleutel-sakeaanwysers, tendense en statistiek word in die Raad van Trustees se Verslag op bladsye 23 tot 50 van hierdie verslag verskaf.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,399
Om GEMS doeltreffend te bemark en te posisioneer as 'n Uitnemende Mediese Skema vir alle lede en potensiële lede, en die getal werknemers sonder dekking in die staatsdiens beduidend te verminder.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,400
Die ledetal het op 31 Desember 2009 op 409,804 gestaan, wat groei van meer as 100,000 hooflede in 2009 beteken. Dit verteenwoordig jaar-op-jaar-groei van 36% vergeleke met die aantal hooflede van 300,536 op 31 Desember 2008. Meer as 150,000 werknemers op die salarisvlak 1 - 5 het teen 31 Desember 2009 by GEMS aangesluit.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,401
Die suksesvolle inwerkingstelling van die Sisonke-projek het behels dat vier bemarking-SMS'e kwartaalliks aan ongedekte werknemers op salarisskale 1 - 5 gestuur is en drie suksesvolle radioveldtogte in die jaar onderneem is.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,402
Die teikengehore van hierdie veldtogte het goed gereageer en die Skema sal in 2010 voortgaan met hierdie suksesvolle veldtogte.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,403
Heelwat meer as 1,320 aanbiedings en uitstallings is gedurende die jaar gehou. Belangrik is dat wedersydse verhoudinge tussen die Skema en Staatsdepartemente versterk is deur die ondersteuning van meer as 250 gesondheid- en welstandsdae.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,404
Die Skema se strategie om met verskaffers te skakel is versterk deur die ontwikkeling en instelling van 'n Nuusbrief vir Gesondheidsorgverskaffers, wat elke kwartaal na meer as 28,000 gesondheidsorgverskaffers versprei is. Altesame 594 nuusbriewe vir personeelpraktisyns is ook elke kwartaal versprei. Verskeie artikels is ook kwartaalliks in vakbondpublikasies, gesondheidsorgpublikasies, departementele nuusbriewe en nuusbriewe van die staatspensioenfonds (GEPF) geplaas.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,405
n Driejaarplan vir die geleidelike vertaling van Skemastukke het in 2009 begin en alle bemarking- en kommunikasiedokumente, insluitende die Reëls van die Skema, sal in alle amptelike tale vertaal word. In 2009 is nuusbriewe aan lede vertaal en op die GEMS-webtuiste beskikbaar gestel.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,406
Die GEMS-kraamprogram is op 1 Mei 2009 bekendgestel en het ten doel om lede van die Skema vrye toegang tot ondersteuning, opvoeding en raad deur al die fases van swangerskap, bedgebondenheid en die nageboorte-tydperk te bied. Voordele en dienste wanneer by die program aangesluit word, sluit 'n GEMS-boek in oor swangerskap, geboorte en die eerste fase van ouerskap; asook 'n kraamsak; inligting vir lede oor beskikbare voordele; 'n gesondheidsorgplan en voortgesette telefoniese raad en ondersteuning.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,407
Meer as 10,000 gesondheidsorgverskaffers het vir die Friends of GEMS-program geregistreer en die Skema het die program se welslae aktief gemonitor deur te kyk na die lede wat suksesvol die kontakbesonderhede verkry het van gesondheidsorgverskaffers wie se tariewe ooreenstem met dié waarvolgens die Skema uitbetaal.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,408
Ledekommunikasie in die tydperk van 1 Januarie 2009 tot 31 Desember 2009 het die verspreiding van verskeie informatiewe nuusbriewe ingesluit, waaronder kwartaallikse nuusbriewe sowel as ad hoc-nuusbriewe om lede aan nuwe dienste bekend te stel. Meer as 340,000 eksemplare van 2008 se Jaarverslag is gemaak en teen 29 Mei 2009 aan lede versprei. Die Skema is trots op die manier waarop aan lede verslag gedoen word.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,409
Die Skema se tweede peiling oor ledetevredenheid is in die vierde kwartaal van 2009 gedoen met die finale bevinding en ontleding wat op 10 Desember 2009 aan die Raad van Trustees voorgelê is. Die peiling se bevinding is dat 77.6% van die lede tevrede is met die Skema se dienste en dat die Skema se waarde-onderneming strook met lede se behoeftes.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,410
Om 'n gesonde stelsel van korporatiewe beheer, gebou op verantwoordbaarheid, voldoening aan wetsvereistes en doeltreffende belanghebberverhoudinge te handhaaf.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,411
Doeltreffende sekretariaatdienste is in die oorsigtydperk aan die Raad van Trustees en die Komitees van die Raad gelewer ooreenkomstig die Skema se goedgekeurde Beleid rakende Korporatiewe Beheer. Maatreëls wat in die beleid vervat is, verseker dat die beheerstrukture van die Skema optimaal funksioneer.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,412
Waar trustees en komiteelede in vorige jare deurentyd opleiding ontvang het, is 'n formele trustee-opleidingsbeleid in 2009 opgestel om te verseker dat trustee-ontwikkeling en oriëntering ooreenkomstig 'n geformaliseerde program geskied. Verwagte veranderinge aan die Raad van Trustees in die tydperk tot einde Desember 2010 vereis dat groter klem op intrede-opleiding vir nuwe trustees geplaas word.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,413
Die Skema se stelsel van korporatiewe beheer is verder verbeter deur die instelling van gesondheidskontrolering vir trustees en werknemers. Die doelstelling van die kontroleringsprosedure is om te bevestig dat trustees, onafhanklike komiteelede en werknemers gesond en geskik is om 'n pos te beklee.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,414
Die derde Algemene Jaarvergadering van Lede van GEMS is op 30 Junie 2009 te Nelspruit, Mpumalanga, gehou. Daar was 91 lede teenwoordig by die AJV en al die resolusies wat ter tafel gelê is, is aanvaar.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,415
Om die Skema se dienste en bedryfsbeheer te handhaaf en te optimaliseer met uitnemende diensleweringsvlakke en doeltreffende lededienste n Eersteklasbestuurstrategie is uit 'n interne hersieningsproses gebore om kwessies rondom debiet- en kredietsaldo's, PERSAL-voorleggings, pensioentrekkerlede, skorsing van lede en wagtende aansoeke uit te sorteer. Hierdie hersiening het 'n algehele afname van 50% in klagtes van geassosieerde lede meegebring.
16
(7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt
1,416
Die vertoning van diensverskaffers is aktief bestuur en doeltreffend verbeter om uitdagings wat geïdentifiseer is, te hanteer. Vertoning is aktief teen kontraktuele verpligtinge gemeet en verslag daaroor gedoen na aanleiding van planne en strategieë.