document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,215 | Ek verstaan dat geen voordele toegeken sal word totdat die eerste maand se bydrae deur NIMAS ontvang is nie. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,216 | Ek verstaan dat in die geval waar een maand se bydrae nie ontvang word nie, voordele tydelik opgeskort sal word. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,217 | Ek verstaan dat ek nie geregtig is op enige terugbetaling van bedrae wat deur NIMAS van my rekening verhaal is terwyl hierdie magtiging in plek is nie, indien sodanige bedrae wetlik aan NIMAS verskuldig is. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,218 | Ek aanvaar en verstaan hiermee dat indien ek vrywilliglik my lidmaatskap beëindig, ek verantwoordelik sal wees vir enige pro-rata betalings. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,219 | Ek aanvaar om enige bankkostes gekoppel aan hierdie debietorder instruksie te betaal. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,220 | Ek aanvaar dat die party wat hierdeur gemagtig word om fondse uit my rekening te onttrek nie sy regte aan 'n derde party mag sedeer of oorgee sonder dat ek nie vooraf skriftelik toestemming daartoe gegee het nie. Ek mag ook nie sonder skriftelike toestemming van die gemagtigde party, enige van my verpligtinge kragtens hierdie kontrak/magtiging aan 'n derde party delegeer nie. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,221 | Indien ek hierdie instruksie namens 'n vennootskap/trust/geslote korporasie/openbare of publieke maatskapy teken, waarborg ek dat ek gemagtig is om namens die instansie te teken, en dat bewys van sodanige magtigting versoek mag word. Indien ek die magtiging nie onderteken namens 'n instansie nie, doen ek dit in my persoonlike kapasiteit. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,222 | Ek benoem hiermee die volgende persoon as my makelaar/tussenganger vir my NIMAS lidmaatskap. Ek verstaan dat hierdie aansoek om lidmaatskap aan NIMAS nie onderworpe is aan makelaar/tussenganger dienste nie en dat ek die reg het om hierdie dienste enige tyd te beëindig. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,223 | Ek verstaan dat die aansoeker vir my as die makelaar aangestel het, en ek bewus is dat die aansoeker hierdie dienste enige tyd kan beëindig. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,224 | Ek verklaar dat ek 'n geldige kontrak met NIMAS het, dat ek 'n geldige akkreditering met die Raad vir Mediese Skemas het en dat ek geregistreer is met die RFD volgens die FAIS-Wet ten tyde hierdie dokument geteken is. Indien ek nie voldoen aan enige van bogenoemde nie, verstaan ek dat ek geen kommissiebetalings sal ontvang en dat ek nie deur NIMAS erken sal word as 'n geldige makelaar/tussenganger nie. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,225 | Ek verklaar dat ek my kontakbesonderhede aan die aansoeker verskaf het, insluitend maar nie beperk tot my naam, fisiese adres, posadres en telefoonnommers nie. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,226 | Ek verklaar dat daar aan die aansoeker geen wesenlike wanvoorstelling van enige feite is nie. In die geval van wesenlike wanvoorstelling of onwettige optrede, onderneem ek om alle gelde wat aan my betaal is terug te betaal as gevolg van die wanvoorstelling of optrede. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,227 | Ek verklaar dat die aansoeker vertroud is met die inligting versoek in die aansoekvorm en dat alle toepaslike inligting aan die aansoeker voorsien is. Ek verklaar verder dat enige advies of hulp aan die aansoeker onpartydig en in die belang van die aansoeker is. Ek verstaan dat die Skema kommissie betaal, soos uiteengesit in die kontrak tussen myself en NIMAS. Ek verklaar dat hierdie vorm deur die hoofaansoeker geteken is. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,228 | Die betaling van kommissie is onderhewig aan 'n geldige kontrak tussen die makelaar en die Skema, sowel as geldige akkreditasie by die Raad vir Mediese Skemas. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,229 | Ons sertifiseer hiermee dat hierdie aansoeker 'n bona fide werknemer van die werkgewer is en erken ons aanspreeklikheid vir alle bedrae verskuldig aan NIMAS met betrekking tot hierdie aansoek. Ons bevestig verder dat die werknemer nie betrokke is by aktiwiteite met 'n abnormale hoë risiko vir beserings nie (bv. vlieënier, ens.). |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,230 | Ek doen hiermee aansoek om lidmaatskap van NIMAS, en onderneem om myself vertroud te maak met die Reëls van die Skema wat van tyd tot tyd sal verander,'n afskrif daarvan, asook wysigings, sal op versoek van NIMAS se kantore beskikbaar wees. Ek verklaar dat die inligting verskaf op hierdie dokument na die beste van my kennis in alle opsigte korrek en volledig is. Indien enige van die besonderhede doelbewus verkeerd of onvolledig is, stem ek in om alle voordele van NIMAS te verbeur en om alle bedrae wat deur NIMAS namens my betaal is, terug te betaal. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,231 | Ek verstaan dat, met voorafbestaande toestande, 'n toestand-spesifieke wagperiode opgelê mag word. Boonop mag 'n algemene wagperiode vir ander toestande/ prosedures opgelê word. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,232 | Ek magtig enige diensverskaffer om die mediese geskiedenis en die aard van enige behandeling wat in die verlede of huidiglik deur my of my afhanklikes ontvang is aan NIMAS bekend te maak indien die Skema dit versoek. Ek stel die Skema vry van enige verantwoordelikheid wat betref die voorsiening van vertroulike inligting wat betrekking het op my en my afhanklikes, aan 'n gekontrakteerde derde party vir enige rede wat die Skema as voldoende beskou. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,233 | Ek aanvaar dat ek ten alle tye persoonlik aanspreeklik sal wees vir alle bedrae wat NIMAS namens my uitbetaal, wat dan van my verhaal sal word kragtens die Grondwet en Reëls van NIMAS. Ek aanvaar verder my borgstelling vir bydraes betaalbaar met betrekking tot my lidmaatskap deur my werkgewer volgens my diensvoorwaardes. Ek aanvaar ook volle aanspreeklikheid vir bydraes betaalbaar waar my werkgewer nie verantwoordelikheid aanvaar het vir sodanige kondisies volgens my diensvoorwaardes nie. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,234 | Ek magtig NIMAS om enige kredietverwysings met betrekking tot hierdie aansoek te bekom, waar nodig. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,235 | Ek onderneem om NIMAS persoonlik skriftelik in kennis te stel van enige verandering in my woon- en posadres terwyl ek 'n lid is en na die beëindiging van my lidmaatskap, solank ek geld aan NIMAS verskuldig mag wees as gevolg van eise wat verwerk is na die beëindiging van my diens/lidmaatskap. Ek onderneem ook om my lidmaatskapkaart/e onmiddellik na die beëindiging van my lidmaatskap vir kansellasie terug te besorg. Indien ek enige bedrae verskuldig aan NIMAS nie betaal nie, aanvaar ek dat NIMAS my aan hul Kredietburo kan oorhandig. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,236 | Ek onderneem hiermee om binne 30 dae vir NIMAS in kennis te stel oor enige veranderinge in die stand van my gesin of hul gesondheid. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,237 | Ek gee hiermee toestemming dat alle gesprekke met die Skema opgeneem mag word vir oudit doeleindes. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,238 | Indien ek bygestaan is in die voltooiing van hierdie aansoekvorm, vrywaar ek deur my handtekening, enige sodanige persoon van enige gevolge wat uit hul bystand mag ontstaan, behalwe in die geval van kwaadwillige optrede en op voorwaarde dat indien die hulp deur 'n geakkrediteerde gesondheidsorgmakelaar voorsien is, die makelaar voldoen aan alle statutêre vereistes. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,239 | Ek, die ondergetekende, erken hiermee dat in my keuse om 'n lid van NIMAS te word en in die kies van die toepaslike voordeelopsie, dat ek uitsluitlik staatgemaak het op feitelike en objektiewe inligting wat deur die toepaslike werknemer/s van NIMAS aan my voorsien is en dat ek my eie onafhanklike keuse gemaak het om 'n lid van NIMAS te word en nie deur aanbevelings, leiding of voorstelle van enige werknemer van NIMAS beïnvloed is nie. Ek verklaar hiermee dat ek myself vertroud gemaak het met die voordele van elke opsie en dat ek my opsie keuse dienooreenkomstig uitgeoefen het. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,240 | Indien ek nie 'n privaataansoeker is nie, stem ek in dat alle bedrae wat ek aan NIMAS verskuldig is, kragtens die Reëls, deur NIMAS deur my werkgewer verhaal mag word en ek magtig hiermee my werkgewer om sodanige bedrae van my besoldiging of enige ander geldbedrae wat deur die werkgewer aan my verskuldig is, af te trek. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,241 | b aanvaar ek dat my lidmaatskap tydelik opgeskort mag word tot die eerste betaling ontvang word. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,242 | NIMAS verklaar dat lede se persoonlike besonderhede en mediese inligting (ontvang van gesondheidsorgverskaffers met uitdruklike toestemming van die lid) vertroulik gehou sal word. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,243 | Lede se persoonlike- en gesondheidsinligting sal nie gebruik word vir die doel van verwante maatskaplike besigheid, of vir handelverkopings nie. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,244 | NIMAS se inligting word op 'n beveiligde databasis gehou. Alle data word van die administrateur na die gekontrakteerde derde partye oorgedra met beveiligde FTP-tegnologie, wat die vertroulikheid van enige persoonlike- en gesondheidsinligting verseker. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,245 | NIMAS het aan sy personeel en gekontrakteerde derde partye toegang gegee tot begunstigdes se persoonlike- en gesondheidsinligting, met die doel om alle NIMAS begunstigdes se mediese toestande en gesondheid effektief te kan bestuur. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,246 | NIMAS en gekontrakteerde derde partye sal die mediese/gesondheids/diagnose/prosedure inligting gebruik vir die volgende: verwerking en onderhoud van lidmaatskapbesonderhede; terugbetaling van eise; bepaling van lid se reg aan voordele en risikobestuur praktyk. Risikobestuur praktyke sluit die volgende in: MIV/VIGS, siekte, medisyne, hospitaal en kliniese risikobestuur. |
14 | (54201091637 AM) NIMAS_Appli. FormAfr_03.05.2010.txt | 1,247 | NIMAS verseker enige aansoeker en hul begunstigdes dat alle personeel en gekontrakteerde derde partye gebind is deur vertroulikheidsooreenkomste. In die geval van 'n vertroulikheidsbreuk, neem NIMAS verantwoordelikheid en die breuk sal behandel word volgens die Skema se interne protokol. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,249 | Die winter is hier en ons het die geleentheid om na te dink, te hersien en te vernuwe. Verandering mag dalk ongemaklik wees, maar dis sonder twyfel ook propvol wonderlike geleenthede. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,250 | Een so 'n verandering is die verkiesing van die nuwe GEMS-lidtrustees. Drie verkose trustees wat die Fonds gedien het se termyn kom in Julie tot 'n einde. Ons wil graag vir mnr. Marthinus Brand, mnr. Adriaan van Wyk en me. Kgomotso Kgang bedank vir die waardevolle bydrae wat hulle gemaak het en die toewyding waarmee hulle verseker het dat die belange van alle GEMS-lede beskerm word. As stigter-trustees van 'n groot, baanbrekende mediese fonds het hulle 'n grondslagrol gespeel, nie net in GEMS se geskiedenis nie, maar ook in die geskiedenis van gesondheidsorgbefondsing binne Suid-Afrika. Ons wil ook hierdie geleentheid gebruik om vir me. Vuyelwa Vumendlini te bedank vir die rol wat sy as trustee en adjunkvoorsitter van die Raad gespeel het. Me. Vumendlini, 'n werkgewer-aangestelde trustee, verlaat die Raad om 'n nuwe pos as Senior Raadgewer by die Wêreldbank in Amerika te vul. Ons wil die nuutverkose en aangestelde trustees wat in Julie 2010 die tuig opneem hartlik verwelkom. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,251 | Nog 'n positiewe verandering is die begin van die era van ingeligte gesondheidsorg-verbruikers. Dit is ons doelwit by GEMS om te verseker dat al ons lede hierdie konsep ten volle aangryp. Ons vergeet nie waarom mense by 'n mediese fonds aansluit nie en ons doelwit is om te verseker dat ons lede ten minste ontvang waarop hulle geregtig is: toeganklike, bekostigbare gesondheidsorg van 'n hoë gehalte. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,252 | Lees asseblief ons spesiale artikel in hierdie uitgawe van Facets oor hoe belangrik dit is om met jou dokter te onderhandel. Daar is ook 'n spesiale artikel oor diabetes en 'n herinnering dat jy jou glukosevlakke kan laat toets op een van GEMS se welstand-siftingstoetsdae wat in jou departement gehou word - wees asseblief op die uitkyk hiervoor. Hierdie dae is 'n wonderlike geleentheid om beheer te neem oor jou gesondheid sonder om geld te bestee of om jou werkplek te verlaat. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,253 | Diegene wat "e-bevoeg" is sal ons Webslim-artikel geniet deur vas te stel hoe om die Friends of GEMS-diens op DotMobi te gebruik. In hierdie uitgawe is daar ook 'n artikel oor MIV/Vigs en veelvoudige middelweerstandige Tuberkulose, 'n gesondheidsorgbedreiging wat ernstig opgeneem moet word. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,254 | Dis winter, dis koud en jy het dalk al klaar griepagtige simptome, maar moenie moed verloor nie! Jy het GEMS aan jou kant om jou fiks en gesond te hou. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,255 | Volgens GEMS se aangewese diensverskaffer vir MIV/Vigs-bestuur, Aid for Aids (AfA), leef ongeveer 5,8 miljoen mense met MIV/Vigs in Suid-Afrika en Tuberkulose (TB) is die mees algemene infeksie by MIV-positiewe mense in hierdie land. Deur die siekte, die kliniese ingrypings wat toepaslik is vir behandeling én maniere om voort te gaan met antiretrovirale middels of hoogs aktiewe antiretrovirale-terapie (HAART) te verstaan, sal begunstigdes in staat wees om op 'n gesonde wyse met MIV/Vigs saam te leef. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,256 | n Persoon kan met aktiewe of onaktiewe TB besmet word. Aktiewe TB beteken die kieme vermenigvuldig en veroorsaak siekte in die liggaam. Mense met aktiewe TB kan kieme na ander mense oordra deur te hoes of te spoeg. Onaktiewe TB beteken die liggaam hou die infeksie suksesvol in bedwang. Baie mense in Suid-Afrika het onaktiewe TB na vorige blootstelling aan die bakterieë. Mense met hierdie soort TB voel goed, het geen simptome nie en kan nie die siekte na ander oordra nie. Wanneer die immuniteitstelsel in gevaar gestel word deur 'n infeksie soos MIV/Vigs, kan onaktiewe TB aktief word. MIV-besmette mense loop die risiko om nuwe TB-infeksies te ontwikkel en die onaktiewe TB te heraktiveer, wat vinnig ontwikkel en deur die hele liggaam versprei. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,257 | Algemene simptome van TB sluit in: borspyn, chroniese nat hoes en kortasem vir twee weke of langer. Hierdie tekens kom nie altyd by alle mense voor nie. Die enigste aanduiding is chroniese moegheid, erge nagsweet en onverklaarbare dramatiese gewigsverlies. TB-behandeling Spreek jou dokter: Jou dokter sal 'n volledige fisieke ondersoek en 'n speekselondersoek doen. Soms word X-strale van die borskas geneem en/of bloedtoetse gedoen om TB te diagnoseer. Sodra die diagnose bevestig is, sal drie verskillende anti-TB-medikasies toegedien word as deel van die TB-behandeling. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,258 | MDR-TB kom voor wanneer TB-kieme weerstand opbou teen ten minste twee van die gebruiklike middels waarmee eerste keer-TB behandel word. Dit beteken dat die TB-behandeling slegs gedeeltelik doeltreffend sal wees of glad nie werk nie. MDR-TB word veroorsaak deur onvoldoende of gedeeltelike behandeling weens TB-middels wat nie reg geneem is nie. Vandaar die behoefte aan DOTS - om seker te maak dat pasiënte behandel word en dat oordrag voorkom word. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,259 | MDR-TB is baie moeiliker om te behandel en behels langdurige behandeling met verskeie middels, waarvan sommige onaangename newe-effekte het. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,260 | TB-middels kan tesame met antiretrovirale middels (ARV's) toegedien word, maar gewoonlik word dokters aanbeveel om TB eerste te behandel voor daar met antiretrovirale terapie (ART) begin word. Die soort ARV's wat in die teenwoordigheid van TB begin word kan anders wees, omdat TB-middels en ARV's mekaar kan beïnvloed en die newe-effekte kan vererger. Dokters is opgelei om hierdie gevalle te hanteer. Dit is belangrik dat behandelingsdosisse gevolg word en dat die volledige kursus TB-behandeling voltooi word. Deur ARV's reg te neem en nie dosisse oor te slaan nie, kan die CD4-telling van die MIV-positiewe pasiënte verbeter en die risiko om vir 'n tweede keer met TB besmet te word, aansienlik afneem. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,261 | n Doeltreffende en volhoubare plan van aksie is om gesond te bly en positief ingestel te wees, deur te weet watter opportunistiese infeksies 'n MIV-positiewe persoon voor vatbaar is en hoe om dit te voorkom. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,262 | Skakel AfA by 0860 100 646 vir nadere besonderhede of sluit by die vertroulike MIV/Vigs-siektebeheerprogram aan. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,263 | TB is 'n VMV-toestand, en die Fonds sal vir die diagnose betaal. Jy moet egter jou TB-behandeling by staatsfasiliteite ontvang. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,264 | Kombinasie-behandeling word vir ten minste 6 maande gegee. Die aanbevole benadering vir behandeling in Suid-Afrika staan bekend as direk waargeneemde behandeling, kort kursus (DOTS). Die TB-medikasie moet presies volgens voorskrif geneem word, of dit gaan nie effektief wees nie en die TB-kieme kan weerstand daarteen opbou. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,265 | Die verhouding tussen pasiënte en gesondheidsorgverskaffers behoort op wedersydse vertroue gegrond te wees. Vir hierdie doel is daar 'n stel etiese en professionele reëls wat gesondheidsorgverskaffers moet volg. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,266 | Die Departement van Gesondheid het 'n Handves van Pasiënteregte ontwikkel wat jou, as pasiënt, van jou regte en verantwoordelikhede inlig. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,267 | Almal het die reg om volledige en noukeurige inligting rakende die aard van hul siekte, diagnostiese prosedure, voorgestelde behandeling, die risiko wat met die behandeling meegaan en die koste daaraan verbonde, te ontvang. Dit is jou reg om hierdie inligting ten volle te verstaan. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,268 | Dit is die pasiënt se verantwoordelikheid om na sy of haar eie gesondheid om te sien; om tersaaklike en noukeurige inligting aan die gesondheidsorgverskaffer oor te dra; om navraag te doen na die verwante behandelings- en/of rehabilitasiekoste en om te sorg dat betaling geskied. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,269 | Moenie bang wees om jou gesondheidsorgverskaffer soveel moontlik vrae te vra nie, om te verseker dat jy alles verstaan en tevrede is met die behandeling en koste. Dit is beide jou reg en jou verantwoordelikheid. Jy verminder toekomstige spanning en moontlike misverstande deur vrae te vra voor die behandeling begin. Vra of jou diensverskaffer Fondstariewe gaan hef, en indien nie, presies hoeveel hulle gaan hef (sien Onthou vir nadere besonderhede oor Fondstariewe). Kry 'n tweede mening as jy nie tevrede is met die antwoorde wat jy ontvang nie. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,270 | As jy ontevrede is met die diens wat jy ontvang, praat met die betrokke gesondheidsorgverskaffer. As die saak nie opgelos word nie, het jy die reg om te kla en jou klagte te laat ondersoek, ongeag of dit oor onbehoorlike gedrag en of dit oor buitensporige tariewe handel. Jy kan ook 'n klagte lê by die RGBSA (vir meeste gesondheidsorgverskaffers), die Suid-Afrikaanse Verpleegkundige Raad (as dit met individuele verpleegpersoneel verband hou), die Hospitaalvereniging van Suid-Afrika (vir privaathospitale), Raad vir Aanvullende Gesondheidsberoepe in Suid-Afrika (as dit met homeopate, maatskaplike werkers, ens. verband hou) of die kliniek-/hospitaalbestuurder van 'n openbare fasiliteit. Kontakbesonderhede vir al hierdie instellings kan by www.hpcsa.co.za gevind word. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,271 | volle sal betaal, indien jy Fondsreëls en -prosesse, asook die bepalings van die Wet op Mediese Fondse volg. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,272 | Diabetes is 'n chroniese siekte waar jou liggaam nie in staat is om suiker- of glukosevlakke te reguleer nie. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,273 | Vir siftingstoetsdoeleindes kan jy jou bloedglukosevlakke op GEMS se welstand-siftingstoetsdae, wat landwyd by verskeie staatsdepartemente gehou word, laat nagaan. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,274 | Doen navraag oor GEMS se volgende welstand-siftingstoetsdae wat by jou departement gehou word by jou menslike hulpbronne-praktisyn (HR). |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,275 | Diabete behoort hulle glukosevlakke self te monitor en hulle aptekers en/of algemene praktisyns (AP's) gereeld te raadpleeg. Jou algemene praktisyn sal jou raad gee oor hoe gereeld hierdie konsultasies en glukosetoetsing nodig is. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,276 | Jou diabetesmedikasie sal slegs vanuit die regte voordeel befonds word as jy by die GEMS-medisynebeheerprogram geregistreer is. Dit is noodsaaklik om seker te maak dat jy by hierdie program geregistreer is. Die GEMS-medisynebeheerprogram verseker dat jou medikasie strook met die mees koste-effektiewe, klinies geskikte en bewese riglyne, soos in die Fondsreëls, protokols en voorskriflyste uiteengesit. Jou dokter sal moontlik 'n motivering moet verskaf, indien voorgeskrewe medikasie buite hierdie riglyne val. As jou dokter medikasie versoek terwyl 'n meer koste-effektiewe alternatief beskikbaar is, of medikasie wat nie op die voorskriflyste is nie, sal beide jy en jou dokter in kennis gestel word dat 'n motivering benodig word. As jy kies om nie die alternatief wat aan jou gebied word te gebruik nie, of die motivering is nie suksesvol nie, sal jy in kennis gestel word en aanspreeklik wees vir 'n medebetaling. GEMS se diabetes-siektebeheerprogram vervang nie die dokter se kliniese beheer van die siekte nie. Die doelwit van hierdie program is om bykomende omvattende advies en inligting te bied om welstand te bevorder. Die program streef ook daarna om die risiko vir kort- en langtermyn komplikasies te verlaag, en pasiënte se lewensgehalte te verbeter. Die program bemagtig diabete om hulle toestand koste-effektief te beheer. Die GEMS-span sal jou rakende hierdie diens kontak sodra jy as 'n diabeet op GEMS se medisynebeheerprogram geregistreer is. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,277 | Aansoekvorms vir GEMS se medisynebeheerprogram is by www.gems.gov.za en via die Inbelsentrum (0860 00 4367) beskikbaar. Chroniese medikasie word via die Fonds se chroniese ADV (Medipost-apteek) verkry. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,278 | Die GEMS-Gesondheidslyn is 'n handige diens wat aan alle lede beskikbaar is. Dit is 'n gratis, vertroulike telefoniese gesondheidsadvies-diens vir jou gerief, wat deur ervare geregistreerde verpleegpersoneel beman word. Hierdie verpleegpersoneel verskaf onmiddellike inligting rakende jou simptome en maniere om gesond te leef met diabetes. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,279 | Onthou om voorafmagtiging te verkry voor hospitalisering wat met diabetes verband hou. Dit kan deur jou, jou dokter of die hospitaal gedoen word. Kontak ons by 0860 00 4367 vir 'n voorafmagtigingsversoek. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,280 | GEMS verstaan dat dit jou prioriteit is om jou diabetes te beheer en is daartoe verbind om jou die beste moontlike ondersteuning te bied om jou gesondheidsdoelwitte te bereik. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,281 | Wanneer jy aan die Sapphire- of Beryl-opsies behoort, moet jy gesondheidsorgverskaffers wat deel is van die GEMS-netwerk besoek. Hierdie netwerk bied jou toegang tot toegewyde gesondheidsorgverskaffers in jou omgewing. Meer as 10 000 algemene praktisyns, tandartse, oogkundiges en apteke maak nou deel uit van GEMS se Sapphire- en Beryl-netwerk. Jy vermy heffings en medebetalings, en jy ontvang gehaltesorg, wanneer jy 'n gesondheidsorgverskaffer uit die GEMS-netwerk besoek. 'n Netwerkverskaffer word maklik uitgeken deur die GEMS-netwerkkennisgewing in die spreekkamer. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,282 | Jou netwerk-AP is die ko.rdineerder van jou sorg en verwys jou vir patologie, mediese tegnologie en spesialiskonsultasies. Maak altyd seker dat jy 'n netwerk-AP gebruik om doeltreffende uitvoering van verdere gesondheidsorgdienste te verseker. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,283 | Dienste wat vrywillig van 'n verskaffer wat nie op die netwerk is nie verkry is, wanneer dit nie 'n noodgeval is nie, sal slegs tot die beskikbare voordeleperk betaal word, waarna daar geen eise betaal sal word nie. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,284 | As jou AP nie deel is van die GEMS-netwerk nie, of as daar nie 'n AP binne 10 km van jou is nie, vra asseblief jou plaaslike AP om ons te kontak sodat ons hom/haar op die verskaffersnetwerk kan registreer. Jy kan ons ook kontak by 0860 00 4367 vir bystand. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,285 | As jy 'n spesialis moet sien, sal jy eers jou netwerk-AP moet raadpleeg sodat hy/sy jou na 'n spesialis kan verwys. Jou AP sal die nodige reëlings tref, die betrokke voorafmagtiging verkry en jou 'n spesialisverwysingsvorm gee. As jy nie deur 'n AP na jou spesialis verwys is nie, sal jou spesialiskonsultasie nie betaal word nie en sal jy verantwoordelik wees vir die rekening. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,286 | By GEMS is ons doelwit om uitstekende, knap en koste-effektiewe gesondheidsorgdienste aan jou en jou gesin te verskaf. Die GEMS-netwerk help ons om dit te doen! |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,287 | Besoek ons webtuiste by www.gems.gov.za en kliek op die GEMS-netwerklogo. Gebruik Friends of GEMS se SMS-diens deur 'n SMS na 33489 te stuur met jou lidmaatskapnommer, ligging en die diensverskaffer waarna jy soek (AP, tandarts), en ons sal jou dadelik antwoord met die besonderhede van ten minste drie geskikte diensverskaffers in jou omgewing. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,288 | Hierdie diens kos R1.50 per SMS. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,289 | Die mees doeltreffende manier by verre om griep te voorkom, is om jaarliks daarteen ingeënt te word. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,290 | jou hande en moenijou neus, oë of mond raak Was gereeld e onnodig aan nie. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,291 | jou n openbare plekke te raak nie - Probeer om nie aan voorwerpe rondom isoos binne-in 'n hyser, of jou hoesende kollega se pen of rekenaarmuis, ens. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,292 | lang tye naby mense met verkoue en griep om Vermy nabye kontak en blootstelling te verminder. Die ontkiemingstyd van verkoue of griep is een tot vier dae en die aansteeklike tydperk is sewe dae of langer, maar dit is die beste om enigeen met griep vir ten minste 'n week te vermy. Een besmette persoon in 'n hyser, bus, vliegtuig of skool kan almal redelik vinnig aansteek. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,293 | Neem vitamiene A en C, of 'n betakaroteen-aanvulling om die binneste slymlaag van die asemhalingskanaal te beskerm. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,294 | Hou op rook. Mense wat rook is meer vatbaar vir griepkomplikasies. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,295 | Die PGR-databasis bevat jou mediese rekords wat op jou eisgeskiedenis gebaseer is. Jy kan nou 'n PGR via die GEMS-webtuiste versoek en die inligting met jou gesondheidsorgverskaffer deel, as jy wil. Hou in gedagte dat die rekord slegs gesondheids- en eisinligting bevat wat deur GEMS hanteer is. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,296 | Bygewerkte geskiedenis van eise. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,297 | Mediese geskiedenis, insluitende chroniese toestande en allergieë. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,298 | MIV/Vigs-inligting is nie in die PGR ingesluit nie. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,299 | Jou gesin is dalk nie almal saam wanneer 'n ramp tref nie, dus is dit belangrik om vooruit te beplan en af te spreek hoe julle mekaar gaan kontak, hoe en waar julle gaan ontmoet en wat julle gaan doen in 'n noodgeval. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,300 | Dit is belangrik dat lede hulle afhanklikes se ID-nommers aan die Fonds verskaf. Ons benodig hierdie inligting om eise korrek te betaal en om ons lede se rekords altyd volledig en op datum te hou. Stuur asseblief kopieë van jou afhanklikes se geboortesertifikate of ID-dokumente deur dit te pos aan Premium Management, Privaatsak X782, Kaapstad 8000 of deur dit na 0861004367 te faks. Jy kan ook 'n e-pos na [email protected] stuur. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,301 | n Noodgeval kan veroorsaak dat jy nie namens jouself kan praat nie. In so 'n geval benodig jy die telefoonnommer van iemand wat gebel kan word. Berg hierdie nommers as "ICE" (In Case of Emergency) op jou selfoon, want noodpersoneel sal jou ICE-nommers op jou selfoon nagaan om met iemand wat jou ken in aanraking te kom. Stel asseblief die mense wat jy as noodkontakte bygevoeg het daarvan in kennis. Maak seker dat almal in jou gesin weet dat hulle 0800 44 4367 moet skakel. Dit is GEMS se aangewese mediese nood-diensverskaffer, Netcare 911, se nommer vir mediese noodgevalle. Maak seker dat 'n selfoon, kleingeld of 'n voorafbetaalde telefoonkaart beskikbaar is vir hierdie doeleinde. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,302 | GEMS het 'n geoutomatiseerde telefoondiens vir gehalte-opnames waaraan jy kan deelneem wanneer jy die GEMS-oproepsentrum skakel. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,303 | Wanneer die agent jou oproep beantwoord, sal jy gevra word of jy aan die opname wil deelneem. Dit sal nie meer as 'n oomblik van jou tyd neem nie, maar dit sal ons baie help om 'n uitstekende diens aan jou te lewer. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,304 | Dit is jou kans om vir ons te sê as ons nie aan jou verwagtinge voldoen nie, of as jy beïndruk is met ons diens. Ons wil graag van jou hoor! |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,305 | Jou baba sal van sy of haar geboortedag af geregistreer wees as jy jou lidmaatskaprekord binne 60 dae vanaf geboorte bywerk. Dit is ook op aannemings en die ongelukkige gevalle waar pasgebore babas sterf van toepassing. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,306 | As jy jou baba na 60 dae vanaf die geboorte registreer, sal die baba slegs vanaf die eerste dag van die maand waarvoor jy aansoek gedoen het om registrasie, geregistreer wees. Enige eise voor die registrasiedatum sal nie betaal word nie. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,307 | GEMS is spesifiek geskep vir Staatsdienswerknemers. Slegs werknemers van die Staatsdiens mag aan GEMS behoort. As jy uit die staatsdiens bedank, moet asseblief nie probeer om jou GEMS-lidmaatskapkaart vir gesondheidsdienste te gebruik nie. Enige eise wat aan jou of 'n gesondheidsorgverskaffer ná jou bedanking betaal word, sal aan GEMS terugbetaal moet word. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,308 | Jou lidmaatskapkaart mag slegs deur jou en jou geregistreerde afhanklikes gebruik word. Dit is bedrog om jou lidmaatskapkaart aan enige ander persoon te gee om te gebruik. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,309 | GEMS betaal lede se eise teen die Fondstarief, wat die nasionale verwysingspryslys (NVP) se pryse óf 'n alternatiewe tarief wat die Fonds beding het, is. Die NVP-tarief vir 2010 is teen die 2009 NVP-tarief + 7,9 % bepaal. Nie alle gesondheidsorgverskaffers sal hierdie tariewe hef nie. Waar die Fonds 'n tarief met verskaffergroepe (bv. hospitale en patoloë) beding het, is die gesondheidsorgverskaffers verplig om daardie tariewe te hef. Maak seker dat jy weet wat jou gesondheidsorgverskaffer se rekeningbeleid is, want die Fonds sal slegs eise tot die Fondstariefperk betaal en die verskil sal vir jou eie rekening wees (met VMV-voordele in ag genome). |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,310 | Soos in vorige Facets-uitgawes genoem, werk GEMS daaraan om alle Fonds-dienste teen 2012 aan lede in die taal van hul keuse te verskaf. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,311 | Die volgende stap in die vertaalproses is dat jy ons in kennis stel wat jou voorkeurtaal is deur ons Kontaksentrum te skakel, 'n streekkantoor te besoek of by ons veilige lidafdeling op die GEMS-webtuiste vanaf Julie 2010 aan te teken en die kommunikasievoorkeur by te werk. |
15 | (712201041932 PM) Member newsletter Q2 afrikaans.txt | 1,312 | LW: Maak asseblief seker dat jy die volledige naam, m.a.w. Government Employees Medical Scheme, skryf as jy tjekbetalings aan GEMS maak. Banke aanvaar nie meer tjeks wat aan GEMS uitgemaak is nie. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,314 | Opening en Verwelkoming a Die Adjunk-voorsitter van die Raad van Trustees, me. Vuyelwa Vumendlini-Schalk, het die vergadering om 10:00 geopen. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,315 | c Die Voorsitter van die vergadering het bevestig dat die kworumvereiste van 30 lede ingevolge GEMS se Reël 28.1.3 nagekom is. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,316 | f 'n Videoboodskap van die Voorsitter van die Raad van Trustees, prof. Richard Levin, oor die Skema se hoogtepunte in 2008 is aan die vergadering vertoon. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.