document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,417 | Koppelmeganismes vir eise is ontwikkel en toegepas om doeltreffende indiening, monitering en bestuur van eise in die openbare gesondheidsektor te verseker. Algeheel was meer as 99% van eisverwerkings deur die Skema in 2009 korrek. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,418 | n Handleiding vir die verwerking en terugbetaling van eise verwant aan Voorgeskrewe Minimum-voordele (VMV's) is onwikkel. Dit het die suksesvolle inwerkingstelling van 'n geoutomatiseerde VMV-oplossing tot gevolg gehad, wat toegepas word in ooreenstemming met Aanhegsel G van die Skema se Reëls en die bepalings van die Wet op Mediese Skemas. Die VMV-handleiding is deur die Skema opgestel om te verseker dat die vereistes gestipuleer in die Raad op Mediese Skemas se Omsendbrief 37 van 2009 nagekom word. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,419 | Al die Skema se kontrakte met verskaffers is hersien. Bestaande kontrakte is behou en kontrakte vir nuwe dienste vir die voorsiening van Gesondheid- en Welstandstoetse, 'n Kraamprogram en Kommunikasiedienste is suksesvol in werking gestel. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,420 | Die Diensvlakooreenkoms-oudit vir 2009 is deur die Skema se interne ouditeur gedoen en die Skema se bestuur van kontrakte, sowel as die diensleweringsomgewing, is as bevredigend aangeslaan. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,421 | In 2009 het GEMS voortgegaan om te verseker dat sy databestuursproses in stand gehou en alle data veilig en suksesvol gerugsteun is. Alle REF-opgawes was akkuraat en is betyds by die Raad op Mediese Skemas ingedien. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,422 | Die proses om MEDCOR se sake na GEMS oor te dra, is geïnisieer. 'n Oorname-handleiding en Ontbindingsprojekplan is opgestel en het die grondslag gevorm van die MEDCOR-implementeringsplan. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,423 | Die opname van die werknemers van die Raad op Mediese Skemas, die Nasionale Instituut vir Hoër Onderwys van Mpumalanga (NIHO) en die Raad op Hoër Onderwys (RHO) is gefinaliseer en die werknemers van hierdie entiteite is by die Skema geregistreer. Die Skema se Bedrogbestuursbeleid is in werking gestel en die Skema se Bedrogforum het toesig oor die werk gehou, met ondersoekondersteuning van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE). |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,424 | GEMS se model vir bydraes en voordele vir 2010 is op 25 September 2009 aan die Raad op Mediese Skemas voorgelê en is teen 31 Desember 2009 suksesvol met betrekking tot alle diensverskaffers in werking gestel. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,425 | Die Skema het R8.9 miljard in bydraes ingesamel en R7.9 miljard aan eise uitbetaal, wat 'n bruto gesondheidsorgoorskot van R774 miljoen vir die jaar tot gevolg gehad het. Kostes buite die gesondheidsorgsfeer is streng bestuur en verteenwoordig 7.19% van bruto bydrae-inkomste. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,426 | Bringing health within your reach lewensvatbaarheidstudie te doen, 'n uiteensettingsdokument en 'n implementeringsplan op te stel en die take rondom die implementering van die oordrag te bestuur. Die lewensvatbaarheidstudie het bevestig dat die transaksie lewensvatbaar is en gebiede wat kommer wek, uitgelig. Die uiteensettingsdokument is aan die Raad op Mediese Skemas voorgelê ingevolge Artikel 63 van die Wet op Mediese Skemas. Die Reëlingskomitee onder voorsitterskap van Damaria Pholosi het in die praktyk toesig oor die werk van die Transaksie-adviseur en die totale oordragplan gehou. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,427 | Die Skema het die beleggingstrategie in die loop van die jaar hersien en die voortgesette toepassing van die strategie in die res van die jaar bevestig. Die Skema het fondse in vaste deposito's en daggeldrekeninge by vyf finansiële instellings belê. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,428 | Optimale beleggingsopbrengste is behaal op die fondse wat in hierdie instellings belê is. Beleggingsinkomste as 'n persentasie van bydrae-inkomste het op 31 Desember 2009 op 0.90% gestaan. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,429 | Die vertoning van beleggingsopbrengste is maandeliks gemonitor deur die maandelikse bestuursrekeninge en daar is formeel daaroor verslag gedoen in 'n kwartaallikse verslag oor beleggingsprestasie. Vir hierdie doel het die Skema 'n kwartaallikse maatstafverslag opgestel oor die resultate van die beleggingstrategie wat toegepas is. Hierdie verslae het bevestig dat die opbrengste wat behaal is baie met die mark ooreenstem. Selfs gedurende die ekonomiese resessie van 2009 het die Skema daarin geslaag om fondse versigtig te belê en optimale opbrengste te verseker. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,430 | n Beduidende volume werk is in 2009 gedoen om finansiële beheer en stelsels te optimaliseer sodat gebiede geïdentifiseer kan word waar opknapping nodig is. 'n Streng ouditplan, bestaande uit interne en eksterne ouditwerk, is in die loop van die jaar onder toesig van die Ouditkomitee uitgevoer. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,431 | Die verkryging van 'n ongekwalifiseerde ouditverslag in ons vierde jaar van bedryf dien as bevestiging van die mate waartoe die bestuur en Raad pligsgetrou gewerk het om die Skema se bates en die belange van lede te beskerm. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,432 | Die Strategiese Plan vir 2009 het wegbeweeg van 'n stelsel gegrond op versekeringsdekking na een waar individuele lede toegang tot toepaslike gesondheidsorgdienste het, met voldoende "wigte en teenwigte". Die werk wat die grondslag lê vir die verskuiwing weg van 'n versekeringsgegronde stelsel is gedoen onder die strategiese doelwit om dinamiese gesondheidsorgbestuur in te stel wat die Skema se kliniese risikoprofiel sal verbeter. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,433 | Die Raad het 'n verkrygingsplan vir 2009 goedgekeur wat die Skema se bestuurdesorgdienste volgens dissipline gehanteer het - waar bestuurdesorgdienste voorheen volgens voordele-opsie toegedeel is. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,434 | MIV-Siektebestuursdienste aan begunstigdes op alle geregistreerde voordele-opsies van GEMS. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,435 | Voorkeurverskaffers is op 31 Julie 2009 deur die Raad van Trustees geïdentifiseer en die kontrakteringsproses is teen Oktober 2009 gefinaliseer. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,436 | As gevolg van die herstrukturering van bestuurdesorgdienste is kapitasiereëlings vir 2010 opgeskort en gesondheidsorg-risikobestuur van al die Skema se voordele-opsies, insluitende Beryl en Sapphire, na die Skema se bestuurdesorgverskaffer oorgedra. Werk is gedoen om die nuwe GEMS-netwerk vir Beryl- en Sapphire-begunstigdes en die spesiale tariewe vir implementering in 2010, te ontwikkel en te vestig. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,437 | Bringing health within your reach die verskaffers op die Friends of GEMS-netwerk in. Lede wat geraak word het teen 31 Desember 2009 omvattende inligting ontvang om die gewysigde dienste aan hulle bekend te stel. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,438 | Die Skema se voordele vir 2010 en gesondheidsorgbegrotings vir die bestuurdesorg-organisasies deur die Skema gekontrakteer, is opgestel op grond van streng aktuariële en finansiële ontledings. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,439 | Aansporings vir die haal van bestuurdesorg-prestasieteikens vir die Beryl- en Sapphire-opsies is in die Skema se bestuurdesorg-kontrakte vir 2010 opgeneem. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,440 | Werk om alternatiewe terugbetalingsreëlings te tref, het begin met die bekendstelling en implementering van 'n loodsprojek tussen die Skema en KZN se Netwerk van Spesialiste. Die doelwit van die loodsprojek is om die moontlike vermindering van gesondheidsorgkostes wat kan spruit uit 'n samewerkingsinisiatief tussen die Skema en 'n netwerk van gesondheidsorgverskaffers te bepaal en te meet. Hospitaalgroepe is ook betrek rakende alternatiewe terugbetalingsreëlings vir dienste gelewer. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,441 | n Ontwerp-projek vir die ontwikkeling van individuele risikoprofiele vir GEMS se begunstigdes is geskep en in werking gestel. Dit sal gebruik word om vernuwende voordele-modelle op te stel, gemik op die bevordering van toegang tot gesondheidsorgdienste op medium termyn vir GEMS se begunstigdes. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,442 | Administrasie oorgedra ter ondersteuning van die ontwikkeling van gesondheid- en welstandsprogramme in die werkplek. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,443 | Risikobestuur is ingebou in alle aspekte van die Skema se sake en alle bedryfsplanne sluit risikobestuur as 'n sleutel-prestasiegebied in. In ooreenstemming met die Skema se goedgekeurde Risikobestuursbeleid het die Skema se jaarlikse risikobestuursiklus in Februarie 2009 begin met die deurvoer van 'n assesering van strategiese risiko deur die Skemabestuur om strategiese risiko's wat die Skema in die gesig staar, te identifiseer. Die Skema se register van strategiese risiko is bygewerk op grond van hierdie werk en alle interne ouditwerk is in verband gebring met geïdentifiseerde prioriteitsrisiko's. 'n Saamgestelde versekeringsplan wat toon dat alle geïdentifiseerde risiko's gedek was deur verantwoordelike partye, is met die nodige versekering aan die Raad van Trustees voorgelê. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,444 | Benewens die strategiese risiko's is bedryfsrisiko's pro-aktief geïdentifiseer en risiko-verminderingsmaatreëls opgestel vir inwerkingstelling in die tydperk onder beskouing. Alle risiko-bepaling en -verminderingstrategieë is deur die Raad goedgekeur en deur die Ouditkomitee oorweeg. Die Hoofbeampte het die Raad van kwartaallikse vorderingsverslae voorsien rakende die implementering van die goedgekeurde risikoverminderingsmaatreëls en nakoming van die Skema se risikobestuursbeleid is in Desember 2009 bevestig. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,445 | Die Skema se Risikobestuursbeleid is verder hersien om die korrekte verwysings na die King III-verslag oor Korporatiewe Beheer in te sluit. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,446 | GEMS se Verkrygingsplan vir 2009 is op 26 Maart 2009 deur die Raad van Trustees goedgekeur en dienste is in 2009 dienooreenkomstig verkry. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,447 | Die Skema se Aanbodketting-bestuursbeleid is nagekom en die maatreëls rondom etiese korporatiewe beheer, wat in 2008 ingestel is, is ook in die tydperk onder beskouing toegepas. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,448 | Die Appèlraad van die Raad op Mediese Skemas het in September 2008 teen GEMS beslis met betrekking tot die voorlegging van 'n pediater se eis om Modifiseringskode 0019 en die Raad het GEMS se betaling van hierdie eise vanaf November 2008 goedgekeur omdat die Kode ook ingesluit is in die 2009-konsep van Nasionale Gesondheid se Verwysingspryslys (NHRPL). Die finale 2009-NHRPL het egter nie die terugbetaling van pediater-eise teen Modifiseringskode 0019 ingesluit nie en GEMS het regdeur 2009 hierdie eise uitbetaal. Hierdie saak het tot die Raad se aandag gekom en gevolglik is goedgekeur dat GEMS sou voortgaan om Modifiseringskode 0019 uit te betaal as dit deur pediaters geëis word. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,449 | Die Raad van Trustees het dit voorheen goedgekeur dat GEMS die Departement van Internasionale Verhoudinge en Samewerking moet help om 'n internasionale voordele-opsie te ontwikkel vir werknemers wat in die buiteland uitgeplaas is. Aanvanklike beplanning, aktuariële werk en oorlegpleging met die Raad op Mediese Skemas is onderneem, maar die proses het gestol omdat toepaslike data vanaf die Departement en die mediese skemas waar die werknemers tans geregistreer is, ingewag is. GEMS bly verbind daartoe om die proses vorentoe te neem. Die data is uiteindelik ontvang en werk is in die laaste deel van 2009 hervat. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,450 | Die maandelikse sukseskoers van lede wat die Friends of GEMS-diens gebruik, het onder 50% gebly. Verskeie stappe is deur die bestuur gedoen om die sukseskoers te verbeter, insluitend die verspreiding van 'n spesifieke "hoe om"-brosjure aan lede. Met die bekendstelling en voortgesette verspreiding van herhaalde boodskappe word verwag dat die sukseskoers mettertyd sal verbeter. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,451 | Die Skema se reserweverhouding het nie aan die vereistes van Regulasie 29 van die Wet op Mediese Skemas voldoen nie. Die Skema het in die oorsigtydperk beduidende groei in ledetal ondervind en dit het die Skema se reserwevlakke en solvensieverhouding verswak. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,452 | Gesondheid se Verwysingspryslys (die tariewe wat deur die Skema gebruik word om eisterugbetalings te bepaal) en verhogings by die Enkel-uitgangsprys (EUP) vir medikasie gedurende die oorsigtydperk, wat reserwes met 0.89% laat afneem het. Verder is die eise ontvang, wat in 2009 hoër as verwagting was, toegeskryf aan verskeie epidemies (soos griep, varkgriep en RSV-lugweginfeksie) en 'n toename in die aantal kiesprosedures wat in hospitale gedoen is. Die solvensieverhouding van 11.08% op 31 Desember 2009 is onder die vlak van 11.93% goedgekeur deur die Registrateur in 2007, wat gevolg het op die goedkeuring van die sakeplan wat deur die Skema aan die Raad op Mediese Skemas voorgelê is. Die Skema het dadelik aan die Raad op Mediese Skemas verslag gedoen ingevolge Artikel 29 van die Wet op Mediese Skemas. Wat belangrik is, is dat die werklike opgehoopte fondse met ongeveer 36% van R732 miljoen tot R986 miljoen gestyg het, maar dit was nie genoeg om by te hou by die styging van 59% in die jaarlikse bydrae-inkomste nie. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,453 | Die Onyx-opsie is die enigste voordele-opsie wat 'n tekort vir die oorsigjaar verklaar het en nie daarin geslaag het om aan die bepalings van artikel 33 van die Wet op Mediese Skemas te voldoen nie. Die verliese by hierdie opsie is verwant aan die groot aantal eise, chroniese siektes en toelatingskoers van begunstigdes op hierdie opsie, sowel as die feit dat meer as 20% van begunstigdes op hierdie opsie pensioentrekkers is (drie maal hoër as die persentasie pensioentrekkers vir die fonds as geheel). Die waarde en frekwensie van eise het vooruitskattings oorskry, beide wat nuwe en bestaande Onyx-lede betref. Die voordele en bydraes is egter in 2008 vir 2009 gewysig om die eise-situasie te verbeter en die spektrum van lidmaatskap van die opsie te verbreed. Die Registrateur het die sakeplan van die opsie om op medium termyn selfvoorsienend te word, goedgekeur en geskeduleerde verslaggewing is gedoen. Belangrik is dat die Onyx-opsie as 'n voordele-opsie vir 2010 geregistreer is ná die voorlegging van die sakeplan vir 2010. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,454 | ie derde dag van die om te alle tye hul deel te lewer, word ten seerste waardeer. Vergun my ook om waardering uit te spreek vir die werk van die Uitvoerende lid: Finansies, Karyna Pierce, vir die verkryging van 'n ongekwalifiseerde ouditverslag, die Uitvoerende lid: Korporatiewe Beheer en Belanghebbersverhoudinge, Jeannie Combrink, vir 'n doeltreffende AJV, die Uitvoerende lid: Kommunikasie en Ledesake, Liziwe Konyana, vir die verhoogde bemarkingsteenwoordigheid van GEMS en die Uitvoerende lid: Kontrakte en Bedryf, Bella Mfenyana, vir 'n gesonde kontrakomgewing. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,455 | Ek wil al die personeellede bedank en gelukwens met hul voortgesette groei en ontwikkeling. 'n Spesiale dankie moet gaan aan die lede van die Reëlingskomitee, naamlik Damaria Pholosi (Voorsitter), Charles Irumba en Nokukhanya Zwane, wat die MEDCOR-transaksie bykomend tot hul normale pligte suksesvol bestuur het. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,456 | Ek wil David Makgalo ook bedank vir die inwerkingstelling van GEMS se Personeelopleidingsprogram regdeur die Staatsdiens in die tweede kwartaal van 2009. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,457 | Ek wil hierdie geleentheid gebruik om die werknemers van die diensverskaffers wat deur die Skema gekontrakteer is om dienste te lewer, te bedank. Hierdie werknemers het verskeie uitdagings gedurende die oorsigtydperk oorkom, maar het deurgaans hul verbintenis tot die begunstigdes van die Skema getoon. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,458 | Ek wil die Minister hartlik bedank dat die Skema in staat gestel is om te gedy en vir sy gewig agter Skema-geleenthede en prosesse. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,459 | Die Waarnemende Registrateur van Mediese Skemas, mnr. Craig Burton-Durham, en sy span wat op 'n gereelde basis met GEMS skakel, se leiding is van onskatbare waarde en die kundigheid wat aan die Skema beskikbaar gestel word wanneer nodig, word opreg waardeer. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,460 | Die voormalige Registrateur van Mediese Skemas, mnr. Patrick Masobe, sowel as die voormalige waarnemende Registrateur van Mediese Skemas, mnr. Patrick Matshidze, word ook bedank vir hul leiding en ondersteuning aan GEMS gedurende die tydperk onder beskouing. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,461 | Laastens moet 'n spesiale woord van dank gaan aan my pragtige vrou en kinders, wat my toegelaat het om na my pligte as Hoofbeampte om te sien, van wat steeds die staat se uitstekende mediese skema is. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,462 | Die Raad van Trustees lê hiermee hul jaarverslag vir die jaar tot 31 Desember 2009 voor. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,463 | Die Mediese Skema vir Staatswerknemers (GEMS) is 'n mediese skema sonder winsbejag met beperkte toegang geregistreer ingevolge die Wet op Mediese Skemas, 131 van 1998 (die Wet), soos gewysig. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,464 | Die spaarplanverpligting verteenwoordig spaarplanbydraes, wat die depositokomponent is van die versekeringskontrakte wat tussen die lede en die Skema gesluit is, minus die eise wat deur die Skema namens sy lede uit die spaarverpligtinge betaal is. Die depositokomponent is ontbondel omdat die Skema die depositokomponent apart kan meet en sy rekenkundige beleid nie andersins vereis dat alle verpligtinge en regte wat uit die depositokomponent voortspruit, erken word nie. Die versekeringskomponent van die lede se totale maandelikse bydraes word erken ooreenkomstig IFRS 4 (Internasionale Standaard vir Finansiële Verslagdoening). |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,465 | Die spaarplanverpligting, naamlik die depositokomponent, word erken in ooreenstemming met IAS 39 (Internasionale Rekenkundige Standaard) en word teen koste bepaal omdat dit 'n vraagkenmerk het. Spaarplanbydraes word op 'n ophopingsgrondslag gekrediteer en onttrekkings op 'n kontantgrondslag gehanteer, m.a.w. geen voorsiening word gemaak vir uitstaande eise teen die jaareinde nie. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,466 | Die ooreenkomste voldoen aan die reëls van die Skema en is in ooreenstemming met trusteevereistes. Die duur van die hernieude ooreenkoms is een jaar, wat van 1 Januarie 2009 van krag is en op 31 Desember 2009 verval. Die Skema het die reg om die ooreenkomste te beëindig met 'n kennisgewing van 90 dae. Die Skema het die risiko-oordragreëling vir die Sapphire-en Beryl-opsies gedurende die jaar onder beskouing hersien en hierdie strukture in 2010 verander. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,467 | Wat voorafmagtiging vir hospitale en noodreddingsdienste betref, word tariewe bereken op grond van die getal geregistreerde lede vir die maand (geskorste lede uitgesluit). Geen rente is op die uitstaande balans van toepassing nie en dit is binne 7 dae betaalbaar. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,468 | Die Health Monitor Company is vroeg in 2010 as die Skema-aktuaris aangestel en het die finale IBNR-syfer (eise opgeloop, maar nog nie ingedien nie) soos op 31 Desember 2009 aan die Skema verskaf. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,469 | Die Skema het in 2009 in vaste deposito's vir tydperke van nie meer as ses weke nie en daggeldrekeninge belê. Die beleggingstrategie word jaarliks deur die Raad van Trustees hersien met inagneming van voldoening aan die Wet, die risiko's en opbrengste van die verskillende beleggingsinstrumente en die oorskot van geld beskikbaar. In 2009 het die Skema voortgegaan met sy beleggingstrategie om oorskotgeld in laerisiko korttermyn-rentedraende instrumente te belê. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,470 | Die Skema se beleggingsbedrywighede het dit aan 'n verskeidenheid van finansiële risiko's blootgestel, ingesluit die uitwerking van rentekoersverskuiwings. Die Skema se algemene risikobestuursprogram is toegespits op die onvoorspelbaarheid van die finansiële markte en probeer die potensiële negatiewe uitwerking op die finansiële vertoning van die Skema se beleggings tot die minimum beperk sodat verpligtinge teenoor lede nagekom kan word. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,471 | Risikobestuur en beleggingsbesluite word deur die Skema se Uitvoerende Bestuur, onder leiding van en volgens beleid bepaal deur die Raad van Trustees, behartig. Die Uitvoerende Bestuur verskaf geskrewe beginsels vir algemene risikobestuur, asook geskrewe beleid wat spesifieke areas dek soos rentekoersrisiko, kredietrisiko, die gebruik van afgeleide finansiële instrumente en hoe oorskotlikiditeit belê kan word. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,472 | Belangrike sakestatistiek en prestasieparameters word in hierdie afdeling van die Raad se Verslag gegee om die omvang van groei in die sake van die Skema, dienste gelewer en hoe die onderneming tans vertoon, te illustreer. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,473 | Die tabel hieronder gee 'n ontleding van die manier waarop die Skema se gelde toegewys word aan gesondheidsorgdienste en dienste wat nie gesondheidsorg behels nie. Daarby verskaf die vergelyking van hierdie parameters begrip van die mate waarin die Skema gegroei het en sy grootte benut om ekonomiese skaalbesparings tot voordeel van die lede te verkry. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,474 | Die groei in ledetal regdeur 2009 het gelei tot die aansluiting van 109,000 nuwe lede gedurende die jaar. Die groter ledetal het 'n toename in die aantal en verskeidenheid eise wat ontvang, verwerk en uitbetaal is, veroorsaak. Die Skema het altesame 47 miljoen eise in 2009 geskik (teenoor 32 miljoen in 2008). |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,475 | Die toename in voordele-uitgawes van April tot September van elke jaar is seisoensverwant (naamlik wintermaande). Die Skema ondervind gewoonlik 'n eisbetalingsiklus van 4 weke, maar die stygings gedurende die maande Julie en Augustus is weens eisvoorkomssiklusse met langer verwerkingstydsduur, naamlik eissiklusse van 5 weke. Die verhouding van eise wat in Desember 2009 ondervind is, was 72.06% vergeleke met 41% in Desember 2008. Hierdie groter bedrywigheid kan toegeskryf word daaraan dat Desember meer diensdae (34 dae) het as November (28 dae). Diensverskaffers was ook gouer met die indiening van hul eise vir Desember, met meer as 60% van eise wat in Desember geskik is wat betrekking op dienste gelewer in daardie maand gehad het. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,476 | Soos getoon in die tabel hieronder, het die Skema hom toegespits op die uitbreiding van Aangewese Diensverskaffernetwerke (ADV) om redelike toegang tot sorg vir lede te verseker deur geoplanne te gebruik om lede by ADV-netwerke te laat inskakel. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,477 | Die bevordering van toegang tot die ADV-netwerk vir lede van die Sapphire-en Beryl-opsies is nie net beperk deur die numeriese groei in die netwerk se ledetal nie, maar ook die ligging van elke netwerkverskaffer teenoor die van die lede se huise en werkplekke. Meer as 90% van lede op die Sapphire-en Beryl-opsies bly en werk binne 10 km van 'n netwerkverskaffer. 'n Geoplan van netwerkdekking relatief tot lidmaatskap word hieronder gegee. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,478 | Die grafiek hieronder som die groei in ledetal en gesinsgrootte van GEMS van Januarie 2009 tot 31 Desember 2009 op. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,479 | Die Skema se lidmaatskap het in die lopende jaar met gemiddeld 36% van 300,536 (824,738 begunstigdes) hooflede einde 2008 tot 409,304 (1,147,897 begunstigdes) einde 2009 gegroei. Alle opsies het in 2009 positiewe groei getoon. Soos in 2008 het die Emerald-opsie in nominale terme (277,121 begunstigdes, of 46% vergeleke met 2008) die vinnigste gegroei. Die Beryl-opsie het die kleinste nominale groei (3,314 begunstigdes) ondervind. Die grafiek hieronder illustreer die lidmaatskapspreiding volgens opsies soos op 31 Desember 2009. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,480 | Die Emerald-opsie bly die grootste voordele-opsie (76.6% van hooflede), terwyl die Beryl-opsie steeds die Skema se kleinste voordele-opsie is (2.8% van hooflede). Die Sapphire-opsie het die hoogste persentasiegroei per lid per maand vergeleke met die res behaal. Hierdie opsie het hierdie hoë groeikoers in vyf agtereenvolgende maande tot Desember behaal, wat die welslae van die Skema se teikengerigte bemarkinginisiatiewe oor die betrokke maande bevestig. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,481 | Die groei in begunstigdes per voordele-opsie in 2009 word hieronder aangegee. Die Beryl-en Onyx-opsies toon maandelikse groeikoerse van minder as 1%. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,482 | Die Onyx-opsie het steeds die oudste lede met begunstigdes gemiddeld 36.0 jaar oud, terwyl die Ruby-opsie die jongste lede het met begunstigdes gemiddeld 26.3 jaar oud. Die gemiddelde ouderdom van GEMS-begunstigdes is 27.1 jaar. Die proporsie van begunstigdes ouer as 65 het van 2.34% in Desember 2008 tot 2.46% in Desember 2009 toegeneem. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,483 | Die gemiddelde gesinsgrootte van lede van GEMS was 2.75 in 2008. Die Sapphire-en Emerald-opsies het die grootste gemiddelde gesinsgroottes (onderskeidelik 3.41 en 2.81). Die grafiek hieronder illustreer die afhanklike-verhouding (aanduiding van gesinsgroottes). |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,484 | Alle GEMS-opsies weerspieël 'n hoër persentasie vroulike begunstigdes teenoor manlikes. Die Sapphire-en Beryl-opsies was egter die enigste opsies wat 'n groter persentasie manlike as vroulike hooflede gehad het. Die Skema het in 2009 56.6% vroulike begunstigdes gehad (56.4% in 2008). Die oorheersing van vroulike begunstigdes is te verwagte gegewe die groot aantal vroue wat in die gesondheid-en onderwyssektor werk. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,485 | Van die Sapphire-en Beryl-opsies het Beryl die grootste persentasie laerinkomsteverdieners (minder as R3,000) terwyl die Onyx-en Emerald-opsies die hoogste persentasie hooflede het wat meer as R6,000 per maand verdien. In die algemeen verdien 31,3% van GEMS-lede minder as R6,000 per maand (pensioentrekkers ingesluit). |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,486 | Die Onyx-opsie weerspieël steeds teen 15.0% 'n betekenisvol hoër pensioentrekkerverhouding as die res van die opsies soos Sapphire (1.2%), Beryl (4.0%), Ruby (1.9%) en Emerald (2.2%). Die werklike aantal begunstigdes ouer as 65 het stelselmatig in hierdie tydperk gestyg (van 20,090 in Desember 2008 tot 28,299 in Desember 2009). Die pensioentrekkerlede op die Skema word geïdentifiseer deur 'n pensioenaanwyser te gebruik, sowel as bevestiging van die status van voortgaande lede. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,487 | Die jaar 2009 het 'n toename in dekking van kwalifiserende werknemers nasionaal getoon. Die Wes-Kaap, Vrystaat en Noord-Kaap het die hoogste syfers van werknemers wat dekking het. Die grafiek hieronder toon dat die Oos-Kaap die hoogste persentasietoename in lede (53.64%) gehad het, gevolg deur Mpumalanga (39.76%) en dan die Vrystaat (38.08%). |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,488 | Die uitbetaling van eise verteenwoordig 'n groot deel van die werk wat GEMS doen. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,489 | Die Skema het gedurende 2009 redelik goed vertoon en meer bydraes ingesamel as wat aan eise en uitgawes vir al die opsies behalwe Onyx bestee is. Die volgende tabel som die vertoning van die onderskeie GEMS-opsies in 2009 op. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,490 | Algeheel was die totale in-hospitaaleise ongeveer 6.23% laer as waarvoor begroot is. Die kategorieë vir in-hospitaaleise wat die grootste persentasie-afwyking van die begroting ondervind het, naamlik laer as verwagte eise, was MIV/VIGS, kaak-en-gesig en kraamvoordele. In nominale syfers was die afwyking van die begroting vir kaak-en-gesigseise en MIV/VIGS egter marginaal (naamlik 'n afwyking van minder as R0.20 per lid per maand van die begroting). |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,491 | Die kategorieë binne-hospitaaleise wat die grootste persentasie-afwykings van die begroting ondervind het, naamlik hoër as verwagte eise, was borsverkleinings, interne en eksterne prosteses, orgaanoorplantings en nierdialise. In nominale syfers was die grootste afwyking vir in-hospitaaleise van die begroting vir algemene hospitalisasie, naamlik R57.59 per lid per maand minder as wat verwag is, wat die primêre rede was vir die laer as verwagte in-hospitaaleise vir 2009. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,492 | Die grootste nominale afwyking van die begroting vir buite-hospitaaleise was vir buite-hospitaalspesialiste, akuut en selfmedikasie, MIV/VIGS en gespesialiseerde tandheelkunde. Hierdie eise was in wese die hoofredes vir die afwyking van die begroting ondervind in buite-hospitaaleise in 2009. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,493 | Die Beryl-en Sapphire-opsies is netwerkopsies waar GEMS die eisrisiko na die Aangewese Diensverskaffer (Prime Cure) oorgeplaas het in ruil vir die beperking van sorg aan netwerkverskaffers alleenlik. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,494 | Die Skema het gedurende die jaar begin met 'n veldtog om gebruikmaking van voorkomende sorg by lede op die Beryl-en Sapphire-opsies te bevorder. Die inligtingsveldtog het tot 'n beter begrip van die voordele en benutting van die opsie gelei. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,495 | Dieselfde geld vir die Sapphire-opsie waar ADV-benutting in 2009 bokant 97% was. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,496 | Die koste-per-lewe-styging in toelatings van 16.6% hang saam met normale tariefverhogings en die verandering in die tydsduur van toelatings, soos in die grafiek hieronder aangedui. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,497 | EUP-en NHRPL-prysverhogings wat in die jaar toegestaan is, was hoër as wat voorsien is in 2009 se begroting en prysvooruitskattings. Dit het die reserweverhouding met 0. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,498 | Die veroudering van die lidmaatskapprofiel word duideliker. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,499 | Die Skema het egter bly groei en voldoende maatreëls is ingestel om te verseker dat die vereiste reserwes in toekomstige jare gehandhaaf en 25% teen 2011 gehaal sal word. Die groei in opgehoopte fondse van R723 miljoen tot R986 miljoen is noemenswaardig. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,500 | Bewegings in reserwes word in die Verklaring van Veranderinge in Fondse en Reserwes uiteengesit. Daar was geen ongewone bewegings wat die Trustees meen onder die aandag van lede van die Skema gebring behoort te word nie. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,501 | Ingevolge Reël 13.2 van GEMS se Skemareëls en Artikel 26 van die Wet op Mediese Skemas is ledebydraes maandeliks agterstallig betaalbaar en teen nie later nie as die derde dag van elke maand. In die tydperk onder beskouing het sekere werkgewergroepe bydraes namens lede ná die derde dag van die maand oorbetaal. Die Skemabestuur het met die betrokke werkgewergroepe geskakel om die redes vir die laat betaling van bydraes vas te stel en die uitwerking van hierdie praktyk op die lede van die Skema uit te wys. Die Ouditeur-generaal is gevolglik oor die laatbetalende werkgewergroepe ingelig. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,502 | Die grondslag vir berekenings en die bewegings in die voorsiening vir uitstaande eise word in Nota 8 van die finansiële jaarstate uiteengesit. Daar was geen ongewone bewegings wat die Trustees meen onder die aandag van lede van die Skema gebring behoort te word nie. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,503 | Die Health Monitor Company is vroeg in 2010 as die Skema se aktuarisse aangestel en het die IBNR-voorsiening (eise verwag, maar nog nie ingedien nie) soos op 31 Desember 2009 aan die Skema gelewer. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,504 | Die Skema het geen beleggings in werkgewers wat deelneem aan die Skema nie. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,505 | Die Ouditkomitee ontvang sy mandaat van die Raad van Trustees in die vorm van geskrewe opdragte rakende sy lidmaatskap, magte en pligte. Die Komitee bestaan uit ses lede, waarvan twee lede van die Raad van Trustees is. Die meerderheid van lede, insluitende die Voorsitter, is nie Beamptes van die Skema of enige van sy diensverskaffers nie. Een onafhanklike lid was voorheen 'n trustee. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,506 | Die Hoofbeampte, die Uitvoerende Lid vir Finansies van die Skema, die Finansiële Bestuurder van die Administrateur, die Skema se Interne Ouditeure en die Eksterne Ouditeure, woon op uitnodiging Komiteevergaderings by en het onbelemmerde toegang tot die Voorsitter van die Ouditkomitee. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,507 | Dr. DP van der Nest (Voorsitter) |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,508 | Ingevolge die bepalings van die Wet, is die primêre verantwoordelikheid van die Ouditkomitee om die Raad van Trustees by te staan in die uitvoering van hul pligte met betrekking tot die Skema se rekenkundige beleid, interne beheerstelsels, finansiële verslaggewing en risikobestuurspraktyke. Die Ouditkomitee het hul verantwoordelikhede in 2009 ooreenkomstig die Ouditkomitee se Handves nagekom. Die Eksterne Ouditeure en Interne Ouditeure doen formeel aan die Komitee verslag oor kritieke bevindings wat in oudits uitgelig word. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,509 | Die Komitees hieronder gelys ontvang hul mandate van die Raad van Trustees in die vorm van geskrewe opdragte rakende hul lidmaatskap, magte en pligte. Hierdie Komitees kom ten minste kwartaalliks byeen en soos aangedui in die jaarbeplanner wat vir elke jaar goedgekeur word. Komiteevergaderings word bygewoon deur Trustees, Skema-bestuurders en ander kundiges wat nie lede van daardie komitees is nie, in 'n raadgewende hoedanigheid. Die tabelle op bladsye 49 en 50 dui die bywoningsyfer van die onderskeie Komitees aan. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,510 | Dr. T Geldenhuys (Voorsitter en Trustee) |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,511 | Die primêre verantwoordelikheid van die Komitee is om oor die goedkeuring van Ex Gratia-betalings aan lede van die Skema te besin, te beslis en verslag te doen. Die Komitee het die mandaat om Ex Gratia-betalings goed te keur slegs waar die toestand en die weerhouding van terapie lewensbedreigend is; die behandeling beter lewensgehalte vir die aansoeker tot gevolg sal hê; die behandeling klinies toepaslik is en gegrond op internasionaal aanvaarde bewysgegronde behandelingsriglyne en protokol; of die aansoeker die onvermoë bewys het om die behandeling op enige ander manier te finansier. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,512 | Dr. E Watson (Voorsitter en Hoofbeampte) |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,513 | Die primêre verantwoordelikheid van die Komitee is om enige dispuut wat deur die Hoofbeampte na die Dispuutkomitee vir uitspraak verwys word, onafhanklik te oorweeg en daaroor te sit, asook om die Raad van Trustees oor die hantering van dispute in die algemeen te adviseer. |
16 | (7302010105026 AM) GEMS AR09-10_Afrikaans.txt | 1,514 | Geen dispute is in 2009 deur die Komitee ontvang nie. |
17 | (762010100622 AM) 1495 Final Gems Birthing Options_AFR.txt | 1,516 | Om 'n baba te kry, beloof om een van die bevredigendste dog stres-volste gebeurtenisse van jou lewe te wees. Aan die een kant sien jy daarna uit om jou langverwagte bondeltjie vreugde na nege maande te verwelkom. Aan die ander kant moet jy ook probeer verseker dat jou kind se oorgang van jou liggaam na die buitewêreld met so min trauma as moontlik geskied. |
17 | (762010100622 AM) 1495 Final Gems Birthing Options_AFR.txt | 1,517 | As jy egter van al jou opsies bewus is en jou gesondheidsorg-diens-verskaffer gereeld raadpleeg, kan jy die regte besluite vir jou en jou baba neem. Jou algemene gesondheid en welsyn, asook dié van jou ongebore baba, sal die bepalende faktore wees om die omvang van die keuses tot jou beskikking te bepaal. Maak seker dat jy verstaan wat gaan gebeur en wat die voor- en nadele van jou keuses is. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.