document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,619
Dit is belangrik dat lede die ID besonderhede van hulle afhanklikes aan die Fonds voorsien. Ons het die inligting nodig om seker te maak dat ons eise reg uitbetaal en dat ons lederekords volledig en op datum is. Stuur asseblief 'n afskrif van jou afhanklikes se geboortesertifikaat of ID dokument na Premiebestuur, Privaatsak X782, Kaapstad 8000 of faks dit na 0861 00 4367, of stuur 'n e-pos na [email protected].
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,620
Indien u op tydelike, vaste of roldienskontrak in die staatsdiens is, is dit belangrik dat die vereiste administrasie op datum is wanneer die kontrak hernieu word en dat dit op die betaalstelsel is.
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,621
Indien nie, word u salaris moontlik nie betaal nie en sal GEMS nie die bydraes tot die mediese fonds kan kollekteer nie. Dit kan tot gevolg hê dat u voordele gestaak word en dat eise vir u mediese onkoste nie gedek word nie.
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,622
Wanneer u kontrak hernieu word behoort die betrokke personeeldepartement te bevestig dat die betaalstelsel vir werknemers op datum is sodat u GEMS lidmaatskap sonder enige onderbreking voortgaan.
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,623
Die tydsberekening van al hierdie stappe is uiters belangrik en jy moet met 'n GEMS agent praat indien jy enige probleme ervaar.
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,624
GEMS kollekteer maandeliks bydraes deur salarisaftrekkings wat deur die werkgewersbetaalstelsel (meestal Persal) gedoen word.
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,625
Indien jou maandelikse bydraes nie opbetaal is nie (d.i. agterstallig is), kan GEMS ook die agterstallige bedrag deur middel van elektroniese salarisaftrekking doen. Aftrekkings geskied outomaties sonder dat jy enigiets hoef te doen. Maar as jou bydraes vir langer as drie maande nie inbetaal word nie, kan ons dit nie meer elektronies aftrek nie omdat die betaalstelsel dit nie toelaat nie.
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,626
Wat jou te doen staan as jy vir langer as drie maande 'n bedrag aan GEMS verskuldig is: Versoek jou personeeldepartement om handaftrekkings van jou salaris te maak om die agterstallige bydraes te betaal. Jy kan ook die GEMS Oproepsentrum by 0860 00 4367 bel en vra vir 'n 0189 brief wat jy dan na jou personeeldepartement kan neem. Die 0189 brief sal verduidelik wat gedoen moet word.
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,627
ONTHOU: Indien jou bydraes nie ten volle opbetaal is nie kan dit lei tot die opskorting van jou voordele wat weer beteken dat jou eise moontlik nie uitbetaal word nie.
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,628
100 646. Ons opgeleide voorligters is beskikbaar om jou by te staan en u oproep sal vertroulik bly.
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,629
Indien u enige bedrogpleging vermoed, kontak die GEMS noodlyn wat deur KPMG hanteer word. Moet nie huiwer om enige verdagte aktiwiteite by die noodlyn aan te meld nie, aangesien dit 'n onafhanklike, anonieme diens is. Die tolvry noodlyn is 24 uur per dag, sewe dae van die week beskikbaar. Doen die regte ding!
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,630
Skakel 0800 21 2202 (gratis).
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,631
U kan anoniem bly. Gee volle besonderhede oor die insident aan die operateur. Hierdie detail kan insluit: wie, wat, hoe, waar, wanneer en die waarde wat betrokke is.
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,632
U sal 'n verwysingsnommer ontvang. Bewaar dit, want u kan dit in die toekoms nodig kry.
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,633
Friends of GEMS, 'n diens wat jou in staat stel om per SMS 'n bekostigbare gesondheisdiens in jou voorstad op te spoor, is nou selfs beter! As daar nie so 'n diens in jou voorstad is nie sal Friends of GEMS outomaties een in 'n buurvoorstad opspoor. Plaas net die versoek en laat ons die opspoorwerk vir jou doen.
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,634
Hoe soek jy na 'n gesondheidsdiens met behulp van Friends of GEMS?
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,635
Stuur net 'n SMS na 33489 in die volgende formaat: Jou lidmaatskapnommer, beskrywing van gesondheidsdiens, voorstad en stad.
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,636
Jy sal onmiddellik 'n antwoord ontvang met inligting oor gesondheidsdienste in jou gebied.
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,637
Bel die GEMS Oproepsentrum by 0860 00 4367 of besoek die webwerf vir verdere inligting.
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,638
Van tyd tot tyd loods die Skema die een of ander aktiwiteit om van groter waarde vir sy begunstigdes te wees.
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,639
Natal. Die doel is om koste effektiewe oplossings te vind vir die hoë koste verbonde aan hospitalisasie deur doeltreffende vergoeding aan dokters vir die lewering van aanvaarbare kliniese dienste te bied.
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,640
As u enige van die spesialiste wat betrokke is by die loodsprojek gaan besoek, sal hulle jou inlig oor hulle deelname voordat hulle jou of jou begunstigdes behandel.
18
(87200914958 PM) afrikaans.txt
1,641
As jy in 'n Medi-Clinic hospitaal opgeneem word, moet u by die Skema vasstel of daar genoeg voordele beskikbaar is. Medi-Clinic het aangedui dat hulle GEMS lede mag versoek om bybetalings te doen.
19
000225355p1004.txt
1,643
Wanneer 'n persoon die geleentheid soos hierdie gegun word, is die versoeking groot om op die verlede klem te lS in plaas van die toekoms. Ons geleenthede as 'n provinsie en as 'n land, lS in die hede en die toekoms, en sal ek daarom die uitdaging aanvaar om aan die sake aandag te skenk wat ons huidiglik konfronteer en 'n paar sieninge te lug in terme van die pad vorentoe.
19
000225355p1004.txt
1,644
Toe die ANC aan bewind gekom het, is daar onmiddelik begin met die proses van rekonsiliasie en nasiebou begin.
19
000225355p1004.txt
1,645
Dit was belangrik dat ons onsself as eerstens Suid Afrikaners moes sien en nie as Swart, Blank , Kleurling en Indiers nie. Hierdie identiteite is nie noodwendig verdeeld nie. Hulle het vooruitstrewende elemente wat sekerlik deel kan vorm van ons nasiebou proses.
19
000225355p1004.txt
1,646
Die bogenoemde beteken nie dat ons ons primere identiteite moet opsS nie, maar dat ons saamstem dat te midde van ons diversiteit , ons nog steeds strewe na algemene doelstellings van 'n geen ras, geen geslag en demokratiese samelewing vir 'n beter lewe vir almal.
19
000225355p1004.txt
1,647
Die Konstitusie maak voorsiening vir die raamwerk om almal se regte te beskerm, maar op n unieke Suid-Afrikaanse manier, het Seksie 185 en 186 van ons Konstitusie voorsiening gemaak vir die daarstelling van die Kommissie van die Regte van Kulturele, Christelike en Taalwetenskaplike gemeenskappe.
19
000225355p1004.txt
1,648
Ons moet dus verseker vir n konstitionele meganisme vir die beskerming van die regte van die minderhede.
19
000225355p1004.txt
1,649
Nietemin, hierdie regte moet erken word, uitgeoefen en bevorder word in die raamwerk van 'n bre r nasionale eenheid.
19
000225355p1004.txt
1,650
Maar dit sal n fout (omgekeerde) wees sou ons die herontwerp apartheid-tipe uitsluiting modelle vir bestuur op verskeie vlakke.
19
000225355p1004.txt
1,651
Ons stem saam dat die konsepte hierbo genoem 'n belangrike basis is vir die bou en versterking van ons prestasies. Nooit ooit moet ons weer toelaat dat ons land met neigings van meerderheid/minderheid en van sosiale ongelykheid verval word nie.
19
000225355p1004.txt
1,652
Ons leuse moet wees vir gelykheid, sosiale geregtigheid en menslike waardigheid, aangesien hierdie kritiese waardes deel is van ons konstitutionele demokrasie.
19
000225355p1004.txt
1,653
Wat baie duidelik vir almal moet wees, is die feit dat ons sedert 1994 as Suid-Afrikaners, gesamentlik n konstitutionele bestel sowel as n wye reeks van beleid- en instutionele reelings ingestel het om dit te versterk.
19
000225355p1004.txt
1,654
Elkeen (en almal) is geakkommodeer en die voorwaardes is geskep vir die bou van 'n voorspoedige, geen ras en geen geslag Suid Afrika.
19
000225355p1004.txt
1,655
Nietemin, baie moet nog gedoen word in die strewe om alle materiale ongelykhede uit te wis, veral in armoede, onkunde en siektes.
19
000225355p1004.txt
1,656
Natuurlik het die land baie behaal en grootskaalse suksesse bereik in die oorgang van die apartheid era na demokrasie, maar dit sal ontydig wees om te aanvaar dat rassisme in Suid Afrika nie dood is nie.
19
000225355p1004.txt
1,657
Die strewe van die mense van Suid Afrika is gemik na die stig van n menslike en mense-verenig ingelig deur Ubuntu (Ek is omdat jy is). Ons moet ook aanvaar dat die eliminasie van armoede van lewensbelang is vir die herstel van die waardigheid van ons mense.
19
000225355p1004.txt
1,658
Dit is as gevolg van die spook van armoede en die impak op ons poging om die grense van rassisme te verskuif, dat ons almal nou moet saamstaan om 'n ekonomie te bou wat radikaal die lewens van die massas te verander wie nog steeds die bitterheid van rasse-diskriminasie en ekonomiese uitsluiting ondervind.
19
000225355p1004.txt
1,659
Rassisme lewe nog aan in Suid-Afrika en die rasseverdeling, ongelykheid en nadele van die verlede vorm nog deel van die karakter van ons gemeenskap.
19
000225355p1004.txt
1,660
Hoe kan ons dan nou handel met die uitdaging wat ons nou in die gesig staar?
19
000225355p1004.txt
1,661
In die afgelope 10 jaar het ons beweeg van die afsku van die internasionale gemeenskap na 'n blink voorbeeld van hoe om mededingende belange te beslis sonder om oor te gaan na oorlog, geweld en onderdrukking van mense.
19
000225355p1004.txt
1,662
Mpumalanga, ongelukkig, het en ondervind nog steeds insidente van rassisme wat onaanvaarbaar is in die nasionale strewe na rekonsiliasie en nasiebou.
19
000225355p1004.txt
1,663
Ons erken dat insidente van ru menslike regte, geweld soos die verf van 'n persoon met silver verf, plase ontneem, ondraaglike arbeidspraktyke ens., is maar net n paar simptome van n dieper kern.
19
000225355p1004.txt
1,664
Nietemin, dit sal net deur gesamentlike pogings en samewerking wees dat ons sal kan begin om n nuwe omgewing te vestig waarin al die strewe van ons mense bereik sal kan word.
19
000225355p1004.txt
1,665
As die Premier van Mpumalanga, het ek by 'n vorige geleentheid 'n afvaardiging van die Afrikanerbond ontmoet.
19
000225355p1004.txt
1,666
Ek was verheug om te verneem dat die Afrikanerbond nie 'n konserwatiewe agenda het wat net voorsiening maak vir die Afrikaner gemeenskap nie, maar wat ook die belange van alle Suid Afrikaners op die hart dra.
19
000225355p1004.txt
1,667
Die Mpumalanga Provinsiale Regering waardeer die sentimente van die Afrikanerbond ten opsigte van samewerking en vennootskap. Ek was besonder beindruk dat die Arikanerbond met al die vaardighede waaroor lede beskik, bereid is om te belS in ons ontwikkeling en armoedeverligtingsprogramme.
19
000225355p1004.txt
1,668
Die inwoners van ons Provinsie benodig ontwikkeling op verskeie vlakke soos byvoorbeeld mannekragontwikkeling, klein entrepreneur ontwikkeling, landbouontwikkeling, jeugontwikkeling, en so voorts.
19
000225355p1004.txt
1,669
Gelukkige jeug; en n Kultuur van demokrasie.
19
000225355p1004.txt
1,670
Een aspek wat ek graag wil beklemtoon, is dat rassisme in Suid-Afrika met wortel en tak uitgeroei moet word.
19
000225355p1004.txt
1,671
Ons kan nie en sal nie hierdie euwel toelaat om goeie verhoudings in ons provinsie te vernietig nie. Ons is gedetermineerd om die voortdurende skending van die waardigheid van veral die minderbevoorregte en weerlose mense in ons provinsie te stuit.
19
000225355p1004.txt
1,672
Ons moet hierdie monster in ons daaglikse lewe, in die werksplekke en veral op die plase uitskakel.
19
000225355p1004.txt
1,673
Die regering beskou die Afrikanergemeenskap as 'n belangrike komponent en deel van ons land en gemeenskap en is baie gemotiveerd deur die verbintenis gesluit deur die afvaardiging wat my besoek het. Dit is duidelik dat julle 'n rol wil speel in nasiebou en rekonsiliasie.
19
000225355p1004.txt
1,674
Kom ons maak die gesamentlike geveg teen rassisme ons eerste prioriteit. Ons moet besef dat ons sonder hierdie vennootskap geen vordering sal maak nie en die ontwikkelingsooreenkoms sal ondermyn.
19
000225355p1004.txt
1,675
Ten slotte, wil ek graag 'n aanhaling maak uit die gedig "Gebed om die Gebeente" deur DJ Opperman.
19
000225355p1004.txt
1,676
Dit is 'n gebed tot God deur 'n vrou wie se seun, Gideon Scheepers, 'n rebel was wat vermoor is en wie se ligaam nooit gevind is nie. 'n Pleidooi deur 'n Afrikanermoeder vir samewerking en wedersydse respek tussen alle Suid-Afrikaners.
19
000225355p1004.txt
1,677
Dat ons as een groot nasie in die gramadoelas met elke stukkie sinkplaat en met elke wiel, en wit en bruin en swart foelie agter skoon glas ewig u sonlig vang en mekaar toespieel.
19
000225355p1004.txt
1,678
Ek glo werklik dat, met die goeie voornemens en verbintenisse gesluit deur die Afrikanerbond, 'n stewige grondslag vir ontwikkeling, nasiebou en rekonsiliasie gesluit sal word.
20
000602308p1007.txt
1,680
Dit is inderdaad vir my 'n besondere voorreg om u vandag te kan besoek.
20
000602308p1007.txt
1,681
Laat my toe om van hierdie geleentheid gebruik te maak om die gemeenskap van Hectorspruit en Malelane hartlik te bedank vir u bydrae tydens die vloedramp.
20
000602308p1007.txt
1,682
Daar is min dinge wat so inspirerend is as mense wat hulle moue oprol en hulle self en die naas aan hulle te help.
20
000602308p1007.txt
1,683
My dank en die van die regering en die mense van Mpumalanga loop veral uit na die lede van ons veiligheidsmagte. Insluitende die paramediese dienste, dokters, verpleegsters en die sakelui.
20
000602308p1007.txt
1,684
Eintlik aan almal.
20
000602308p1007.txt
1,685
Meneer die voorsitter, dis vir my 'n besondere trots dat Meneer Hennie Kruger van die Malelane Sakekamer en Meneer Jan Engelbrecht van die Komatipoort Sakekamer ingestem het om lede van die Mpumalanga Vloedramp Fonds te wees. Baie dankie, broers.
20
000602308p1007.txt
1,686
Maar ons is vandag hier om gedagtes te ruil. En mekaar op hoogte van sake te hou.
20
000602308p1007.txt
1,687
En geen taak is belangriker as om ons land en ons nasie te verenig.
20
000602308p1007.txt
1,688
Elke persoon en elke gemeenskap behoort tuis en ingeslote te voel in die nuwe Suid-Afrika wat ons besig is om tesame te bou.
20
000602308p1007.txt
1,689
Elkeen van ons behoort daartoe in staat te voel om ons talente en kragte by te draf tot die heropbou en ontwikkeling van ons samelewing.
20
000602308p1007.txt
1,690
n Groot aantal Suid Afrikaners is gretig om deel te wees van hierdie opbouende proses.
20
000602308p1007.txt
1,691
Maar dis belangrik om u in te lig dat ons land en sy mense nog nie heeltemal genees het nie.
20
000602308p1007.txt
1,692
Daarvoor is die wonde wat apartheid ons almal toegedien het nog te diep - maar ons het al vêr gevorder op die pad van nasionale versoening.
20
000602308p1007.txt
1,693
Hierdie proses van genesing gaan gepaard met die uitdaging dat 'n mens verby die belange van jou eie kultuurgroep moet kyk en die groter geheel van Suid-Afrika se belange ook moet nastreef.
20
000602308p1007.txt
1,694
Die toekoms van Suid-Afrika hang tot 'n groot mate daarvan af dat 'n groter Suid-Afrikaanse bewussyn geskep kan word waar die mense van Suid-Afrika hulself nie in die eerste instansie sien as Afrikaners, of Kleurlinge, of Indiers, of Xhosas ensomeer nie; maar as Suid-Afrikaners wie se optrede gevorm word deur so 'n bewussyn. Die mate waartoe ons daarin slaag sal die sukses van ons nasiebouprogram bepaal.
20
000602308p1007.txt
1,695
U behoort bewustelik daardie een slaggat te vermy waarin meeste Suid-Afrikaners so maklik val. Naamlik om sake allereers te benader vanuit die gesigspunt van die rasse-of etniese groep waaraan hulle behoort.
20
000602308p1007.txt
1,696
Sonder om noodwendig 'n mens se wortels prys te gee, behoort ons altyd eerste die vraag te stel: wat is die beste belang van Suid-Afrika en al sy mense?
20
000602308p1007.txt
1,697
My boodskap aan u is geanker in die konteks van ons Suid-Afrikanerskap, met erkenning dat u soos alle Suid-Afrikaners ook 'n reg het tot die uitbou van u eie kultuur en taal.
20
000602308p1007.txt
1,698
Ons grootste krag en hoop vir 'n voorspoedige, regverdige en vreedsame nuwe Suid-Afrika is juis opgesluit in so 'n gees van bereidwilligheid tot saam-praat en skeppende samewerking tussen al die gemeenskappe van ons land. Ek is dankbaar vir die groeiende gesindheid van samewerking wat baie jong Afrikaners aan die dag is.
20
000602308p1007.txt
1,699
Meneer die voorsitter, nie vêr hiervandaan is 'n swart woonbuurt. Hoeveel van ons weet werklik waar hierdie woonbuurt geleë is?
20
000602308p1007.txt
1,700
Ter wille van 'n eerlike gesprek, mag ek vra of u ooit by u huishulp wat daar woonagtig is gekuier om uit te vind onder watter haglike toestand sy lewe Nora Matsebula is daar woonagtig nie uit eie keuse nie. Sy is daar woonagtig as gevolg van die vorige beskikking wat verhoed het dat sy u bure mag wees?
20
000602308p1007.txt
1,701
Die voortbestaan en die voorspoed van ons nasie vereis mans en vroue met visie en durf, persone wat nie wegskram van hul verpligtinge as Suid-Afrikaners nie.
20
000602308p1007.txt
1,702
Indien u bereid is om hierdie uitdaging met waagmoed te aanvaar, wag daar 'n blink toekoms vir die Afrikaner in ons land.
20
000602308p1007.txt
1,703
Na sulke persone wil ek my hand uitsteek in die wete dat u my onmiskenbare landgenoot is en dat ons almal saam kan bou aan 'n tuiste.
20
000602308p1007.txt
1,704
Dan kan u van my verwag om die kosbare geestesgoedere van die Afrikaner te beskerm asof dit my eie is, want ek sal verseker voel van u lojaliteit en trou aan Suid-Afrika en sy mense.
20
000602308p1007.txt
1,705
Ek besef maar net te goed dat wanneer Afrikaners oor die toekomstige rol en plek van Afrikaners praat, dit meestal te doen het met die plek en status van die Afrikaanse taal.
20
000602308p1007.txt
1,706
Ek het dit al by herhaling gesê, maar ek dink dit is goed om dit weer eens vandag te sê. Afrikaans is 'n taal van hierdie land.
20
000602308p1007.txt
1,707
As sodanig sal Afrikaans presies dieselfde beskerming -ontvang soos enige ander taal; en presies dieselfde mate van ondersteuning en bevordering as ander tale.
20
000602308p1007.txt
1,708
Die uitmuntende prestasies van Afrikaans op verskeie gebiede; is prestasies waarop die hele Suid-Afrikaanse bevolking trots kan wees.
20
000602308p1007.txt
1,709
Afrikaans is 'n taal wat uit die bodem van Suid-Afrika gegroei en ontwikkel het, gevoed deur verskeidenheid van tale en kulture in ons land, gewortel in die soeke na eie identiteit en vryheid.
20
000602308p1007.txt
1,710
Sy krag en hoop op die toekoms was nog nooit spesiale -bevoorregting nie, maar as een van die tale van Suid-Afrika wat skouer aan skouer tesame met die ander tale met respek en gelyke regte die toekoms tegemoet moet gaan.
20
000602308p1007.txt
1,711
Suid-Afrika behoort aan almal wat in hierdie pragtige land van ons woon. Slegs indien ons bereid is om eie belang ondergeskik te stel aan die groter belang van Suid-Afrika kan daar 'n toekoms vir ons almal wees - ook vir die Afrikaanse taal en kultuur.
20
000602308p1007.txt
1,712
Dit is ons almal se taak om seker te maak dat die diep wonde van apartheid genees.
20
000602308p1007.txt
1,713
Deur hande te vat en saam te werk KAN ons 'n gesonde en geïntegreerde gemeenskap opbou.
20
000602308p1007.txt
1,714
U woon in 'n pragtige deel van die provinsie.
20
000602308p1007.txt
1,715
Hierdie gebied het wonderlike toeriste- en landbou-potensiaal en indien daar werklik 'n demokratiese en verteenwoordigende plaaslike regering is wat al die mense insluit, behoort almal wat hier woon 'n goeie lewe te kan voer.
20
000602308p1007.txt
1,716
Tog moet 'n mens nie toelaat dat die natuurskoon jou verblind vir die jare-lange lyding van ons mense en die geweldige onregte wat teen u gepleeg is nie. Apartheid het ons mense bitter seer gemaak.
20
000602308p1007.txt
1,717
Ek kan die diep gekerfde lyne van pyn en stryd, armoede en honger op die gesigte van u plaasaarbieders sien.
20
000602308p1007.txt
1,718
Wanneer ek 'n plaasaarbieder groet voel ek die knoetse op sy vingers en eelte in die palms van sy hande, wat die getuienis is van jare van rugbreek werk op die lande.
20
000602308p1007.txt
1,719
Maar ook waaneer ek 'n plaasboer groet voel ek die onsekerheid. 'n Onsekerheid wat vra, Meneer Mahlangu, is my toekoms in hierdie land en in hierdie provinsie verseker?
20
000602308p1007.txt
1,720
Daar is 'n wonderlike positiewe gees onder die oorweldigende meerderhied van Suid-Afrikaners wat nou hande vat om 'n nie-rassige en demokratiese Suid-Afrika te bou.