document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
20
000602308p1007.txt
1,721
Die Afrikaners het 'n lang en trotse geskiedenis van om te stry vir u vryheid.
20
000602308p1007.txt
1,722
Vandag is dit nie net Afrikaners wat vir Afrikanerregte en belange verantwoordelikheid het nie.
20
000602308p1007.txt
1,723
Ek, onder andere, het dit ook nog altyd my erns gemaak om aktief om te sien na die belange van Afrikaners, net soos van die ander groepe.
20
000602308p1007.txt
1,724
En op dieselfde wyse het Afrikaners die verpligting om hulle nie net met die belange van die Afrikaners te bemoei nie, maar aktief deel te wees van die strewe om die lewe van alle mense in die land te verbeter.
20
000602308p1007.txt
1,725
Laat my ten slotte toe om u gemeeskaap alles van die beste toe te wens vir hierdie jaar wat voor ons is.
20
000602308p1007.txt
1,726
Rassisme moet finaal vir eens en vir altyd begrawe word.
20
000602308p1007.txt
1,727
U moet in die voorste linie teen rassisme veg.
20
000602308p1007.txt
1,728
Dit is nie net u reg nie, dit is ook u plig, ter wille van u kinders wat nooit mag deurmaak wat u deurgemaak het nie.
20
000602308p1007.txt
1,729
Ek will afsluit om elkeen van julle, vanaf die kleinste tot die oudste, te verseker van my groot liefde en die van die regering vir julle.
20
000602308p1007.txt
1,730
Wanneer ons ouer mense nie meer verder kan gaan nie, sal die jongmense moet voortgaan om ons nuwe nasie te bou.
20
000602308p1007.txt
1,731
Tesame is ons almal die hoop van ons reënboog nasie.
21
000905410p1003.txt
1,733
Ek wil graag vanaand begin deur u almal te vra om op te staan en 'n minuut stilte te hou vir een van Afrikaans se grootste en geliefdste kunstenaars wat Suid-Afrika vandag 'n week gelede verloor het: Tolla van der Merwe. Tolla was werklik 'n bobaas storieverteller en grapmaker, 'n kultuurbate en volksbesit, 'n alombeminde boorling van die Wes-Kaap. Sy dood laat ''n leemte in die vermaaklikheidswSreld en in baie van ons harte agter wat nog lank gevoel sal word.
21
000905410p1003.txt
1,734
Dames en here, baie dankie vir die uitnodiging om as gasspreker by die 25-jarige vieringe van die Afrikaanse Taalmuseum op te tree. Was ek tien jaar gelede gevra of ek vieringe van die Afrikaanse Taalmuseum sou bywoon, en boonop nog 'n toespraak lewer, was die antwoord: "Nay, Nog, Never, Nie,". In ons taal beteken dit "Nooit". Maar ek het sedertdien in die politiek en die samelewing geleer dat daar niks soos "Nooit" is nie.
21
000905410p1003.txt
1,735
Ek wil vanaand so 'n bietjie afwyk van die normale toespraak en vertel van my eie geskiedenis. My voorouers het in die 17de eeu hier aangekom. Die Morkels is Afrikaners. Hulle het rugby en krieket vir Suid-Afrika gespeel. Hulle het hulle in Beaufort-Wes gevestig. My oupa se pa is daar gebore. My oupa was die eerste Perdewedren Kommissaris in die dertigerjare. Hy was 50 jaar lank ouderling in die kerk, Chris Barnard se pa voorgestel in die NG Kerk op Beaufort-Wes. Chris en Marius, en my pa en susters het saam grootgeword in dieselfde straat !
21
000905410p1003.txt
1,736
As klein seuntjie op Beaufort-Wes het ek net Afrikaans gepraat, nooit Engels nie. Ons was bruin Afrikaners. Na 1948 is ons deur wit Afrikaners onderdruk. Die Groepsgebiedewet het ons voorouers gedwing om na Kaapstad te trek. Afrikaans is beskou as die taal van die onderdrukker.
21
000905410p1003.txt
1,737
U mag vra wat my laat verander het 'n Toespraak van Tom Langley (KP) oor die reg van die Afrikaner. Ek het net na hom gepraat en gesS: Ek is ook 'n Afrikaner. Bruin, maar Afrikaner. Dit is in die Hansard opgeneem en was ook in baie nuusblaaie?
21
000905410p1003.txt
1,738
Ons onderdruktes het ons kinders na Engelse skole gestuur. Alhoewel ons as ouers in die huis Afrikaans met mekaar gepraat het, het ons Engels met ons kinders gepraat.
21
000905410p1003.txt
1,739
Om terug te keer na vanaand se vieringe Dit is 'n eer vir my om u toe te spreek as Premier van die Wes-Kaap, 'n provinsie waarvan die meeste inwoners Afrikaans praat - bykans 60 persent.
21
000905410p1003.txt
1,740
Maar daar word vandag nie net Afrikaans gepraat nie. Daar word ook baie oor Afrikaans gepraat. Reeds van die begin van die negentigerjare af is die "de jure" en "de facto" posisie van Afrikaans 'n groot besprekingspunt in veral die Afrikaanse pers. Daar is kommer omdat baie meen dat die status van Afrikaans aan die afneem is op regeringsvlak, in die regswSreld, in die onderwys, in die uitsaaiwSreld en op handels- en tegnologiese gebied. Baie Suid-Afrikaners voel sterk dat Engels besig is om die openbare %n private sektore te domineer. Miskien voel baie van u vanaand hier ook so.
21
000905410p1003.txt
1,741
Dames en here, ek dink ons stem almal saam dat dit sekerlik die plig van elke Afrikaanssprekende is om te verseker dat Afrikaans sy status behou. Maar ons, as Afrikaanse moedertaalsprekers, moet daarteen waak om nie die taal te isoleer van ander taal-omgewings nie. Op di% wyse sal ons Afrikaans op die ou end van die geleentheid ontneem om by te dra tot nasie-bou in Suid-Afrika.
21
000905410p1003.txt
1,742
Dr. Frederik Van Zyl Slabbert het gesS daar is 'n gevaar dat Afrikaans en sy sprekers die taal opnuut kan isoleer. Dit sal gebeur as die beskerming daarvan bedryf word op die vlak van een wat 'n beter Afrikaan wil wees as die ander, of 'n uitbie ry oor wie nou eintlik die beter draer van waardes is.
21
000905410p1003.txt
1,743
Een van die doelstellings van Suid-Afrika se nuwe taalbeleid is om kantlyntale (gemarginaliseerde tale) uit te brei en te moderniseer. Die Grondwet verplig ons om dit te doen. Ons is dit ook aan onsself verskuldig as lands- en wSreldburgers - ongeag ons kleur, ras of kultuuragtergrond - om die gebruik van ons tale te bevorder. So sal ons die status van die taal %n die spreker verhoog.
21
000905410p1003.txt
1,744
Dames en here, as u saam met my terugdink, is dit presies hoe die status van Afrikaans verhoog is. Met die vorige eeuwisseling was daar geen letterkunde in Afrikaans nie. Die taal was arm aan woordeskat. Toe die Afrikaners in 1948 aan die bewind gekom het, het hulle Afrikaans ontwikkel tot 'n taal wat vandag as onderrigmedium gebruik word in tersiSre instellings soos die Universiteite van Stellenbosch, Pretoria, Potchefstroom en Bloemfontein. Met di% soort toewyding is gewys wat ook vir ander taalgroepe in die toekoms vermag kan word.
21
000905410p1003.txt
1,745
Dit is veral op di% gebied wat Afrikaans 'n belangrike rol kan speel. Afrikaanssprekendes moet daarna streef om nie net die status van die taal te behou nie, maar moet ook ander kantlyntale (gemarginaliseerde tale) in die land help ontwikkel deur hulle eie ondervinding met taalgroepe te deel.
21
000905410p1003.txt
1,746
Afrikaans as geskrewe taal is vanjaar 125 jaar oud. Afrikaans as amptelike taal is 75 jaar oud. Afrikaans geniet nie meer die status, die bevoorregting, en met alle respek gesS, die gepamperlang wat dit destyds as een van net twee amptelike tale geniet het nie.
21
000905410p1003.txt
1,747
Maar is dit nie juis hierdie bietjie bedreiging wat die taal laat blom het tot wat hy vandag is nie Dames en here, daar is geen keer aan Afrikaans nie. Die taal groei welig soos goudgeel gousblomme na geil re ns in Namakwaland. Dit is 'n taal sonder brieke. Dit is 'n taal wat besig is om oor te kook. Dit floreer as advertensietaal, praattaal, grapvertel-taal, singtaal, skryftaal, webbladtaal, kunsfeestaal, noem maar op. Jongmense koop weer CD's met Afrikaanse musiek. Die Afrikaanse literatuur op die winkelrakke is van wSreldgehalte. Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees - 'n viering van Afrikaans - het vanjaar die Grahamstad-fees as die grootste kultuurfees in Suid-Afrika verbygesteek. Dit is asof Afrikaans die hartklop van Afrika begin aanvoel het en die kontinent se warm bloed ook nou deur di% taal pols. Ons beleef 'n Afrikaanse renaissance in die volle sin van die woord?
21
000905410p1003.txt
1,748
Afrikaans se waarde as reklametaal kan ook nie vandag onderskat word nie. Dit is hoofsaaklik te danke aan die koopkrag van die Afrikaanse mark. Volgens navorsing sal 32,3% van die huishoudelike uitgawes in Suid-Afrika vanjaar deur Afrikaanssprekendes wees, teenoor die 27,9% van Engelssprekendes. Afrikaanses sal ook meer as die ander taalgroepe bestee aan behuising, vervoer, versekering en vakansies.
21
000905410p1003.txt
1,749
Navorsing oor Spaans in Amerika, Vlaams in Belgi en Frans in Kanada het bewys dat die kans om 'n kli nt te lok, beter is in die moedertaal. Bemarkers wat hulle sout werd is, sal besef dat reklame in Afrikaans die hartsnare van 'n reuse verbruikersmark kan roer. Die Afrikaanse trek lankal nie meer kaalvoet oor die Drakensberg nie. Hy dra duur Italiaanse skoene en ry met 'n luukse vierwielaangedrewe voertuig die berg uit. Moet hom nie die heel tyd soos 'n tweedeklasburger behandel nie. Praat met hom in sy eie taal !
21
000905410p1003.txt
1,750
Dames en here, ons bring vandag hulde aan al die taalvaders en -moeders, die kunstenaars, organisasies, stigtings en liefhebbers van Afrikaans wat deur die jare die taal bevorder het; Maar die meeste aan die praters van die taal - die mense wat in Afrikaans bid, lag, huil, vloek, swaarkry, partytjie hou, liefhet en wiegeliedjies sing.
21
000905410p1003.txt
1,751
Ons gee erkenning aan die waardevolle rol wat die Afrikaanse Taalmuseum in die uitbou van die taal gespeel het.
21
000905410p1003.txt
1,752
Ons dink ook aan prof. Johan Combrink wat op 25 Julie verlede jaar oorlede is. Sy stem is stil, maar sy ryke taalerfenis leef voort. Sy passie vir die taal bly vir ons 'n inspirasie. Prof. Combrink was die eerste voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee wat op 14 April verlede jaar gestig is. Prof. Isabel Cilliers is intussen in sy plek as voorsitter aangestel.
21
000905410p1003.txt
1,753
Die komitee is kragtens die Wes-Kaapse Provinsiale Taalwet ingestel. Daarna is dit kragtens die Wet op die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad erken. Dit beteken dat die Taalkomitee 'n tweeledige funksie het. Dit het 'n mandaat van die provinsie om taalbedrywighede in die Wes-Kaap te monitor, te bevorder en te adviseer. Dit het ook 'n mandaat van PANSAT om as sy provinsiale subkomitee te dien.
21
000905410p1003.txt
1,754
Afrikaans is een van drie amptelike tale in die Wes-Kaap. Die ander is natuurlik Engels en Xhosa. Die Wes-Kaapse regering het vroe r vanjaar meer as R600 000 aan die Taalkomitee oorhandig om die gebruik van al drie amptelike tale te bevorder, die gelyke status van die tale te monitor en veeltaligheid aan te moedig.
21
000905410p1003.txt
1,755
Taal is 'n basiese mensereg. Die visie van die Wes-Kaapse Taalkomitee is om al die inwoners van die provinsie deur taal te bemagtig, hul menswaardigheid deur respek vir mekaar se tale te versterk, en veeltaligheid te bevorder.
21
000905410p1003.txt
1,756
Die Taalkomitee se doelwit is om die gelyke gebruik van al drie amptelike tale te monitor, en die ontwikkeling van die voorheen gemarginaliseerde tale van die Wes-Kaap te ondersteun.
21
000905410p1003.txt
1,757
Hiervoor gebruik die Taalkomitee twee uitgangspunte: die grondwetlik verskanste taalregte van al die inwoners van die Wes-Kaap, en die Batho Pele-beginsel, wat beteken "die mense eerste".
21
000905410p1003.txt
1,758
Die beginsel van veeltaligheid is belangrik wanneer regte en dienslewering in ag geneem word. Ons bevorder veeltaligheid in die Wes-Kaap met die wete dat taalverskeidenheid deel vorm van ons erfenis. Weet u dat tot 21 tale daagliks in die Wes-Kaap gepraat word Di% ryk taalverskeidenheid in die provinsie laat ruimte vir kreatiwiteit en innovasie, en verhoed 'n bleek eenvormigheid. Ons glo taalverskeidenheid is 'n hulpbron en nie 'n probleem nie. Dit is 'n intellektuele, kulturele en ekonomiese bate?
21
000905410p1003.txt
1,759
Dames en here, deur veeltaligheid te bevorder, wil ons al die mense in die Wes-Kaap aanmoedig om nie net hul eie taal met trots te praat en kontak met hul moedertaal te behou nie. Ons wil inwoners ook aanmoedig om respek te hS en verdraagsaam te wees teenoor ander se tale; om ander tale aan te leer en te gebruik, en genot daaruit te put.
21
000905410p1003.txt
1,760
Om meer doelgerig te kan werk en die groot taaluitdagings van die Wes-Kaap te kan aanpak, is die Taalkomitee in verskeie subkomitees verdeel. Die subkomitees spits hulle toe op fokusgebiede soos die onderwys, die private en openbare sektore, biblioteke, uitgewers, die media en gesondheidsorg.
21
000905410p1003.txt
1,761
Een van di% subkomitees werk op die oomblik aan 'n konseptaalbeleid vir die Wes-Kaap. Dit sluit in die opstel van 'n beleid oor die ontwikkeling van gemarginaliseerde inheemse tale in die provinsie.
21
000905410p1003.txt
1,762
Dames en here, die Taalkomitee wy hom verder daaraan toe om te verseker dat Afrikaans, saam met Engels en Xhosa, gelyke status in die Provinsiale Regering geniet. Alle provinsiale departementshoofde en die Speaker van die Wes-Kaapse Parlement is hieroor skriftelik ingelig. Daar is ook met die Direkteur-generaal van die Wes-Kaap hieroor vergader.
21
000905410p1003.txt
1,763
Een van die gebiede waar ons probleme ondervind, is Xhosa-sprekende pasi nte wat sukkel om in provinsiale hospitale en klinieke te kommunikeer. Die Taalkomitee kyk hierna.
21
000905410p1003.txt
1,764
Om veeltaligheid aktief in die Wes-Kaap te bevorder, het die Taalkomitee verlede jaar drie beurse ter waarde van R10 000 elk vir nagraadse studie by 'n Suid-Afrikaanse universiteit of technikon beskikbaar gestel. Dit was vir verdere studie in taaldiens, taal- of geletterdheidsonderrig of taalontwikkeling. Die studie moes op een of meer van die Wes-Kaap se amptelike tale fokus.
21
000905410p1003.txt
1,765
Die Taalkomitee hou ook aanstaande maand 'n reeks dinkskrums met 360 meningsvormers in die provinsie. Deelnemers aan die dinkskrums sal oor taalaangeleenthede in hul werksomgewing kan praat, en idees uitruil oor moontlike maniere om die drie amptelike tale billik te hanteer. Die dinkskrums word van 11 tot 15 September gehou en val saam met die viering van Erfenisdag.
21
000905410p1003.txt
1,766
Verder is 'n taalpraktisyn aangestel om 'n omvattende databasis saam te stel. Dit is 'n basis van alle persone, organisasies, instellings, toerusting en fasiliteite wat met taalaangeleenthede in die Wes-Kaap te doen het. Almal in die provinsie sal toegang tot di% databasis hS.
21
000905410p1003.txt
1,767
Dames en here, die Wes-Kaapse regering is ernstig oor sy taalbeloftes. Ons is veral ernstig oor die bevordering van Afrikaans. Ons erken Afrikaans as die taal wat naas Zoeloe deur meer Suid-Afrikaners verstaan word as enige ander amptelike taal. Afrikaans is 'n kaleidoskoop-taal wat in die kleure van 'n kleuterskoolkind se kryte geskryf word - soms ignoreer sy sprekers die lyne, maar ten minste gaan hulle kreatief te werk en kleur almal opgewonde in aan wat beloof om 'n meesterstuk te wees. Ek is trots om Afrikaans te praat !
22
010329345p1003.txt
1,769
Dit is vir die Provinsie van die Wes-Kaap 'n voorreg om die gasheerprovinsie te wees vir die tweede Nasionale Khoisan Oorlegplegende Konferensie in die geskiedenis van Suid-Afrika. Veral aangesien die konferensie ten tye van die Verenigde Nasies se dekade vir inheemse volkere plaasvind.
22
010329345p1003.txt
1,770
Die Konferensie is onder andere daarop gemik om die rol van die Khoisan identiteit binne die nasionale konteks van eenheid in diversiteit te definieer. Op sy beurt kan dit 'n belangrike rol in die vorming van 'n nuwe Suid-Afrikaanse nasie speel. 'n Suid-Afrikaanse nasie waar elke individu uit 'n gevoel van trots op sy of haar eie identiteit 'n unieke bydrae kan lewer tot nasiebou en versoening en deel kan hê aan die Afrika Renaissance.
22
010329345p1003.txt
1,771
Deur 'n finansiële bydrae te lewer tot die verwesenliking van hierdie konferensie, maak die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap voorsiening vir die behoeftes van die meerderheid van die inwoners van die Wes-Kaap Provinsie wat op 'n Khoisan-erfenis aanspraak kan maak.
22
010329345p1003.txt
1,772
Die Provinsiale Regering se bystand in dié verband dien ook as 'n erkenning dat die Khoisan-erfenis van die inwoners van die Wes-Kaap in die verlede gemarginaliseerd is. Om hierdie rede is dit verblydend om te sien dat soveel inwoners van die Wes-Kaap aktief by hierdie inisiatief betrokke is.
22
010329345p1003.txt
1,773
Die Provinsiale Regering is vir 'n geruime tyd al betrokke by Khoisan-aangeleenthede. Onder andere het die Wes-Kaapse Kultuurkommissie finansiële bystand verleen vir die Nau-seremonie wat verlede jaar hier in Oudtshoorn gehou is. Verder is daar ook fondse beskikbaar gestel vir die navorsing wat deur die Instituut vir Historiese Navorsing van die Universiteit van Wes-Kaapland onderneem word na die identiteit van afstammelinge van die Khoisan en slawe.
22
010329345p1003.txt
1,774
Ook die Wes-Kaapse Taalkomitee het in November verlede jaar 'n werkswinkel vir 'n bewussynsveldtog vir Khoisan-tale in die provinsie gehou. Die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap verbind homself om op hierdie wyse die bevordering, bewaring en ontwikkeling van die Khoisan-erfenis van die inwoners van die provinsie binne die bestaande wetlike raamwerk aan te moedig. Deur middel van die samewerking wat reeds bestaan tussen die Provinsiale Regering en die betrokke stamhuise, wil ons die vennootskap opbou sodat dit tot groter voordeel van die inwoners van die Wes-Kaap en van ons land sal strek.
22
010329345p1003.txt
1,775
Ek wil u dus vriendelik nooi om na afloop van die konferensie, vir my die resolusies wat ten tye van die konferensie geneem is, te laat kry. Dit is net wanneer ons van mekaar se verwagtinge en doelwitte bewus is dat ons 'n gesamentlike toekomsvisie daar kan stel en die bestaande werksverhouding tussen die betrokke stamhuise en die Provinsiale Regering uit kan brei.
22
010329345p1003.txt
1,776
Namens die Wes-Kaapse Regering wens ek u alle sterkte toe met die konferensie en kom veilig tuis.
23
020695009.txt
1,778
Die Vryheidsfront het die identiteit van 'n Volksparty - dit is gebore uit krisisomstandighede - uit die noodoomblikke van 'n volk.
23
020695009.txt
1,779
Daarom wil ek vanaand, aan die begin van hierdie eerste kongres wat rigtingsoekend sal wees praat oor die party en die volk deur die volgende bestek te behandel.
23
020695009.txt
1,780
Die krisis en die Volk.
23
020695009.txt
1,781
'n Visie, 'n hoop, 'n koers na 'n bestemming.
23
020695009.txt
1,782
Strategie in beplanning om by die bestemming aan te kom.
23
020695009.txt
1,783
Die hervestiging van die wil om te oorleef.
23
020695009.txt
1,784
Dit is nie vergesog om te sê dat toe die oomblik van waarheid van die eeu vir ons Afrikaners aangebreek het ten opsigte van die finalisering van die konstitusionele verhouding in hierdie heterogene en plurale land van ons, ons lampe sonder lampolie gevind was met ons rustig aan die slaap.
23
020695009.txt
1,785
Daar was immers genoeg waarskuwing al van 1960 af. Daar was ook genoeg gevallestudies om vanuit te leer in Afrika en die wêreld. Die halfhartige eksperiment van die driekamerparlement was basies foutief want hoe kan 'n oplossing wat die grootste bevolkingsgroep uitlaat 'n hoop op sukses hê Of was dit sulfhopnose wat toe al die dwaling van die illusie van Magsdeling as basis (of was dit 'n propagandabasis) gebruik het byna soos 'n fopspeen wat 'n valse gerustheid in aanvaarding gebring het?
23
020695009.txt
1,786
Politieke onbetrokkenheid van die volk en 'n blinde vertroue in the NP.
23
020695009.txt
1,787
Die skos toe heirdie blinde vertroue in die Afrikaner se party van die eu, eenhonderd en tagtig grade omswaai onder die vae slagspreuk van hervorming en die volk los soos 'n warm patat ter wille van die steun van groter getalle van leders af.
23
020695009.txt
1,788
Die tragedie van 'n konserwatiewe opposisie wat niks verder as kritiek geken het nie en in protes onttrek aan die enigste onderhandelingsforum waar die toekoms ook van die Afrikaner beslis was. Gekortwiek deur 'n politieke onbuigsaamheid om by die werklikhede van die Strategiese situasie aan tepas, dan finaal hom onttrek aan die politiek van die toekoms deur nie te stem nie, laat hierdie party die konserwatiewe spektrum van die Afrikaners sonder enige verteenwoordiging in die de facto regering van die land.
23
020695009.txt
1,789
Die teleurstellende vertoning van die onderhandelaars in die Wêreldhandelsentrum wat die vermoë van die aanslag onderskat het en 'n onderhandelingsproses wat skaars minder as 'n beheersde rewolusie was. 'n Konstitusie waarin Afrikaneridenteit behoue sou kon bly is onder andere ook deur die NP as 'n deurbraak besing.
23
020695009.txt
1,790
Die krisis het inderdaad die volk onseker, verdwaasd en meer verdeeld as ooit gelaat. Die byna wanhopige emosie dat die enigste oplossing in 'n geweldadige oorlog sou lê, het byna tot 'n slagting gely wat 'n slagting aan albei kante sou gewees het en nie net tot groot lewensverlies en skade sou gelei het nie, maar ook tot die finale vernietiging van enige hoop op verkryging van sekere konstitusionele voorsiening vir die Afrikaner vir die toekoms. Ons sou dan met die smet van brutale volksmoordenaars 'n veworpe spesie in die wêreld geword het.
23
020695009.txt
1,791
'n Situasie van volksdepressie en toe - toe niemand kans gesien het om as volksparty vir die Afrikanervolk weer die politieke rol te vervul nie, 'n rol in totale nuwe omstandighede, het 'n klein groepe verteenwoordigers van die Vryheidsfront die onmoontlike ongelyke geveg aangepak met 'n nuwe politieke visie en benadering.
23
020695009.txt
1,792
Toe niemand meer hoop en moed gehad het op die bereiking van di ideaal wat ons so graag voor 27 April wou bereik het op vreedsame wyse nie, toe het dieselfde groepie Vryheidsfront-verteenwoordigers gesê - Ons gee nie op nie, ons sal aanhou tot ons slagg. Ons het gesê ons is bang vir niemand nie want ons saak is reg!. Die Vryheidsfront is 'n Volksparty!
23
020695009.txt
1,793
Geagte Toehoorder, die vraag oor wie Afrikaners is en wie ons nou regtig in die VF moet verteenwoordig kom dikwels te sprake. Mnr FW de Klerk gee ongevraagde kritiek en raad wat eitnlik daarop gemik was om ons op hierdie kongres te verdeel en aan die veg te sit oor 'n oop of toe party. Maar as ons sê ons is 'n Volksparty, dan sou dit loon as ons baie goed hieroor besin en self seker wees daaroor.
23
020695009.txt
1,794
'n Volk, soos ons Afrikanervolk, moet altyd 'n duidelik onderskeibare gemeenskap wees. Daar is algemene kenmerke wat volkskap aandui soos taal, kultuur, geskiedenis en die siening daarvan en 'n baie gelangrike aanduiding is 'n samehorigheid wat saam met 'n verbondenheid aan 'n gebied lei tot die sterk motiverende krag van vaderlandsliefde. Volksnasionalisme is dus die eindresultaat wat waarde heg aan die eie in 'n volk, dit wil behou en vertroetel en dit selfs sal verdedig as dit bedreig word. Dit bepaal die strewes van ons volk.
23
020695009.txt
1,795
Let wel dat die begrip "Afrikaanssprekende gemeenskap" sekerlik 'n gemeenskap is maar veel losser is as die term Afrikanervolk omdat die volksolidariteit ontbreek veral vanweë die afwesigheid van die gemeenskaplike geskiedenis en vertolking daarvan.
23
020695009.txt
1,796
Soms is dit moedwilligheid om die bestaan van die Afrikanervolk te bevraagteken en in die meeste gevalle word dit vir party politieke voordele gedoen. Dis ook nie nodig om uit 'n register volkskap te bewys nie want assosiasie met 'n volk is altyd op 'n vrywillige basis en dit word selfs gesê dat 'n volk in 'n mate oop is as gevolg van die vrywillige assosiasie wat sonder uitsondering gebaseer is op die emosionele aanvaardign van, en inskakeling by die onderskeibare kenmerke van die volk.
23
020695009.txt
1,797
Ons het 'n taal, ons besing die taal, o moedertaal, o soetste taal jou het ek lief bo alles, en as ons taal bedreig word, kom ons in opstand want ons eie word bedreig. Verskeie taalmonumente is landwyd opgerig. 'n Taal wat al voorheen verneder en probeer vernietig was. Vanselfsprekend eis ons nie alleenreg op Afrikaans op nie en verwelkom ons bruin en swart mense se gebruik van Afrikaans en ons hoop dat hulle Afrikaans saam met ons sal verdedig soos trouens reeds gebeur.
23
020695009.txt
1,798
Ons het 'n kultuur - 'n eie kenmerkende leefwyse wat onderskeidend is van ander groepe (ook van ader Afrikaanssprekende groepe), ons godsdienssin, ons liefde vir die grond, ons kultuur van Wet en Orde, dissipline en respek, gasvryheid en ja selfs on politieke verdeeldheid kenmerk ons. Ons kultuur van meer as driehonderd jaar is sigbaar in museums en monumente en ons krygskultuur spreek uit die talle slagvelde, monumente van boereburgers, 'n ryke krygsgeskiedenis en onsterflike roem.
23
020695009.txt
1,799
Ons het ons eie geskeidenis wat ons erken en aan ons nageslag vertel. 'n Volk is sy geskiedenis. Ons bly vasgeheg aan ons verlede en voel gebonde aan 'n gelofte was ons voorouers in dae van groot benoudheid gemaak het. Ons geskiedenis lewe van sy pionierskarakter, van durf en moed, van die groot vryheidsdrang wat terugdateer na Vryburgerdae kort na volkstigting.
23
020695009.txt
1,800
Samehorigheidsgevoel beteken nie die politieke eenvormigheid 'n voorvereiste is nie. Politieke verskille is deel van 'n stelse maar die byna onvolwasse politieke oorbeheptheid van die Afrikaner het 'n oorsaak.
23
020695009.txt
1,801
Die politieke stelsel van die land is nie eie aan die Afrikaner nie. Dis geerf na die tweede Vryheidsoorlog. Samehorigheidsgevoel of nasionalisme kan met tye sluimerend wees. Sodra 'n bedreiging ontstaan, soos tans met die Afrikaner, ontvlam dit spontaan, al was daar 'n apatiese gees kort tevore. Dis volkskap!
23
020695009.txt
1,802
Ons in die Vryheidsfront, uit die volk vir die volk bied 'n politieke voertuig aan vir volksgenote wat vrywillig assosieer met ons taal, ons kultuur, ons geskiedenis en wat 'n samehorigheidsgevoel ervaar. Dit spreek dan vanself dat Mnr de Klerk se party wat nie op Afrikanerbelange ingestel is nie sy ondersteuners oor 'n wyer front sal werf en dit is sy goeie reg. Om ons party te gebruik primêr vir Afrikanerbelange is ons goeie reg. Ons lees die politieke aanduidings dat soos onderdrukkings wat in die USSR verdwyn het, gelei het tot die groei van volksnasionalisme, dieselfde hier gaan gebeur. Dit wil sê as hier hopelik nie onderdrukkings daarvan deur oorsentralisasie en toepassing van uitgediende ideologie deur die meerderheid gaan toegelaat word nie.
23
020695009.txt
1,803
Geagte Toehoorders, as ons die liefde vir eie bepleit, as ons die party bind tot bevordering van Afrikanerbelange, dan sal ons nie die fout maak deur ander groepe nie dieselfde te gun nie. Ons glo dat volksnasionalisme 'n gesonde krag is met motiveringswaarde en sal graag op federale basis met sulke groepe saamwerk om te waak teen die vernietigende krag wat onbeheersde volksnasionalismes kan ontketen as dit nie demokraties konstitusioneel voor voorsien word nie. Volksnasionalisme kan nie weggewens word nie - dit moet kosntitutsioneel ingebind en bestuur word.
23
020695009.txt
1,804
Geagte Kongresganger, u het gehoor van ons volksidentiteit. Dit is nou vir my belangrik dat ek 'n strategiese riglyn probeer neerlê waaraan hierdie kongres behoort aandag te gee.
23
020695009.txt
1,805
Dat ons moet aanvaar dat die volk nie beperk is tot een politieke party nie.
23
020695009.txt
1,806
Dat ons volwasse in ons benadering moet wees en bereid moet wees om oor volksake soos selfbeskikking om 'n tafel te sit. Dit verg groter verdraagsaamheid van almal en neutraliseer die haat teen Afrikaners wat soms by ander groepe bestaan.
23
020695009.txt
1,807
Dat ons politieke partye nie kultuurorganisasies moet probeer oorheers of probeer beheer nie en geen obstruksie mag wees op die pad na kulturele groei nie.
23
020695009.txt
1,808
Dat kultuurorganisasies nie party polities gekleurd moet raak nie en liefs in die kultuur alleen aktief moet wees.
23
020695009.txt
1,809
Hierdie party se beleid is dus duidelik. Ons beywer ons tans vir ons eie mense. Ons wil nie, in 'n poging om alles vir almal te wees, of te bereik, later sukkel om iets vir iemand te beteken nie. Die groter rol as waardige Afrikaner element in die groter landspolitiek kan so beter gedoen word deur reguit eerlike grope tot groep verhoudinge. In elke geval is die getalle oorheersing so danig dat enige politieke oorwinning oor die huidige ANC meerderheid wensdenkery is. Daar moet binne die raamwerk van selfbeskikking vir ons volkwees geskep word.
23
020695009.txt
1,810
As ons identiteit verstaan, dit is 'n gegewe tans, en die rol aanvaar soos ek in die eerste strategiese riglyn neergelê het, dan kort daar 'n nuwe visie om hoop vir en koers na 'n bestemming te gee.
23
020695009.txt
1,811
Die huidige getalle oorwig en die voorspelde groei in die nuwe Suid-Afrika is 'n verdoemende situasie soos uit die Groenskrif oor bevolkingsontwikkeling blyk. Met reeds meer as 43 miljoen mense word verwag dat oor dertig jaar dit sal verdubbel. Die politieke meerderheidssituasie blyk dus onomkeerbaar en die rewolusionêre momentum sal heel waarskynlik min ruimte vir die Afrikaner laat. Die vergelyking van die groeikoerse van bevolkingsgroepe toon duidelik dat die Afrikaner se politieke verhouding wat getalle betref drasties sal versleg. Op die koop toe stroom Afrikan na Suid-Afrika in groot getalle. Ons word bedreig deur verswelging. Vandaar dat ons eie ruimte of ruimtes moet beding op alle vlakke van regering.
23
020695009.txt
1,812
Die reënboognasie teorie, die hoop op kitsbou van 'n nuwe geintegreerde nasie bestaan reeds.
23
020695009.txt
1,813
Ekonomiese groeimoontlikhede verdof. Net om bevolkingsgroei te neutraliseer beweer Minister AB Williams dat 'n groei van 6% daarvoor nodig is. Dit is tans ongeveer 2%. Dit te midde van 'n werkloosheidssituasie van bykans 50%. Voeg hierby die val in beleggingsvertroue (hoofsaaklik vanweë onstabiliteit) wat Suid-Afrika baie laag op die wêreldlys plaas dan is dit duidelik dat ekonomiese agteruitgang vir die volgende paar jaar ons voorland is. Die wêreldtendens ens is om eerder te onttrek van Afrika.
23
020695009.txt
1,814
Hiermee saam moet regstellende aksie se uitwerking genoem word. Sonder om in te gaan in die moontlikhede dat die konstitusionele bepalings rassisme inderdaad kan bevorder moet veral twee uitwerkings daarvan in ag geneem word.
23
020695009.txt
1,815
Dit is die Afrikaner in sy tradisionele werkvelde wat die hardste getref gaan word - die staatsdiens, weermag, polisie en openbare dienste ens ens. Die volle impak van hierdie tegniek gaan nog ons volk mettertyd tref.
23
020695009.txt
1,816
Die wyse van toepassing van die tegniek gaan 'n insinking in produktiwiteit in Suid-Afrika tot gevolg hê in die openbare sektor en besigheidsektore waar meriete aanstellings plek maak vir regstellende aksie aanstellings. Daar is nie veel wat hieraan gedoen kan word nie - veral omdat dit in Kempton Park konstitusioneel vasgelê is. Die meerderheid regeer en is vry om die konstitusionele toepassings toe te pas soos dit hulle pas.
23
020695009.txt
1,817
'n Aantal afleidings kan uit bogenoemde faktore wat 'n werklikheid, 'n gegewe is, gemaak word.
23
020695009.txt
1,818
Ons volk moet weet wat kom.
23
020695009.txt
1,819
Ons moet beplanning doen en voorbereid wees.
23
020695009.txt
1,820
Die Afrikaner is onmisbaar ingeweef met die ekonomie van groter Suid-Afrika. Al sou hy wil kan hy hom nie nou losmaak daarvan sonder katastrofiese ekonomiese gevolge vir homself en vir groter Suid-Afrika nie. Ekonomiese stabiliteit is in almal se voordeel.
23
020695009.txt
1,821
Net 'n wonderwerk van 'n ekonomiese oplewing kan die situasie red.
23
020695009.txt
1,822
Groot getalle boere, staatsamptenare, polisiemanne en ander Afrikaners gaan werkloos raak en dit onmoontlik vind om werk te kry sonder om 'n beroepsaanpassing te maak weg van kripwerkies na private ondernemings.
23
020695009.txt
1,823
Die surplus bronne van entrepreneurs sal tot voordeel van onsself en tot voordeel van Suid-Afrika aangewnd moet word maar die ekonomiese groeipotensiaal binnelands gaan so 'n idee kelder. Die dreinering van breinkrag deur emigrasie is ooglopend uit ons eie volk se oogpunt asook streeksverband, onwenslik.