document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
23 | 020695009.txt | 1,824 | Die oorskot van entrepreneurs is waarskynlik aanwendbaar as ekonomiese ontwikkeling in streekverband in Suider-Afrika gelyktydig met Suid-Afrika aangepak word. |
23 | 020695009.txt | 1,825 | Suider-Afrika die potensiaal het van bronne, maar kortskiet aan kennis en ondernemers. |
23 | 020695009.txt | 1,826 | Suider-Afrika state oor die lagemeen die les geleer het dat sosialistiese ekonomiese beleid nie kos en ontwikkeling bring nie en is daarom meer krities ten aansien van staatsbeheer oor ekonomie. |
23 | 020695009.txt | 1,827 | Suider-Afrika 'n groot nood het en wonderbaarlik die moontlikheid van hulp van Afrikanerentrepreneurs verwelkom omdat volgens hulle die Afrikaner inheems is tot Afrika, die inwoners van Afrika ken en, en 'n bewese pioniersprestasie het. Die positiewe bydra van die Afrikaner geniet hier erkenning - hy word nie net met die modder van apartheid gegooi nie. |
23 | 020695009.txt | 1,828 | Die grootskaalse politieke ideologiese botsings in Suider-Afrika aan die uitsterf is - kolonialisme en Sowjet Ekspansionisme. Daarby is die vordering met konflikoplossing loop baie minder in daardie state as in Suid-Afrika. Ekonomiese ontwikkeling word 'n voertuig vir streekssamewerkings in plaas van konflikte van weleer. |
23 | 020695009.txt | 1,829 | Daar skyn 'n belangstelling by hulpverlenende instansies van die wêreld te wees om in ontwikkeling te belê veral as versekerde suksesprojecte voorgelê word wat seker bronne het, bewese markte, ondernemers wat agtergrond en goeie beher oor finansies steun. |
23 | 020695009.txt | 1,830 | Deur ontwikkeling in Suider-Afrika te stimuleer behoort die onbeheerbare toevloei van onwettige immigrante na Suid-Afrika af te weer wat verseker groot waarde inhou vir die Regering van ekonomie van die streek aan die gang te sit om as skokbreker te dien vir die rowwe pad wat Suid-Afrika nog gaan aandurf maar indien dit 'n uitvoerbare suksesstorie gemaak kan word, mag dit die uiteindelike oplossing vir talle politieke, staatkundige, ekonomiese en selfs etniese probleme wees in streeksverband. Natuurlik sal besondere aandag gegee moet word aan bemarking van die idee binne Afrikanerverband en ook internasionaal. Dit wat die ekonomie betref. |
23 | 020695009.txt | 1,831 | Kultureel kan uit die faktore ook afleidings gemaak word. Die immerstygende getalle oorwig teen ons Afrikaners maak van ons in hierdie land 'n permanente minderheidsgroep wat kultureel kwesbaar is veral as die voorgaande steuning oor die eise van ekonomiese oorlewing in ag geneem word. Die probleem is al reeds die yl verspreiding van die ekonomiese onmisbare Afrikaner entrepreneur en reeds met die binnelandse situasie is die Afrikaner se strewe na 'n Volkstaat sterk. Nou sal 'n ekonomiese rol in Suider-Afrika sake nog verder bemoeilik want groter verspreiding bring orals groter verknorsing en dus bedreiging van kultuur mee. Hier is sonder twyfel 'n konflik wat ernstige oorweging genoodsaak het want tussen die eise van die ekonomiese visie, die beperkte moontlikhede van kulturele selfbeskikking en die territoriale konsep van selfbeskikking in 'n Volkstaat moet 'n balans gevind word wat Afrikanerselfbeskikking aantreklik maak vir die nuwe Suid-Afrika, aanvaarbaar in wêreldverband en tog vir die Afrikaner kultuuroorlewing verseker. |
23 | 020695009.txt | 1,832 | Die vraag is kompleks. As ons kinders soos tans oorsee emigreer omdat hier nie ekonomiese bestaansruimte gebied word nie, is hulle vir ons volk verlore. Nog erger as baie ekonomies lewenskragtige burgers besluit om soos die Argentynse boere te verhuis na die vreemde, (en dit gebeur reeds) is dit 'n onvervangbare verlies. Eending is duidelik uit ons hele geskiedenis - die Afrikaner trek agter die lewensmoontlikhede en vrede aan en sal nie vrywillig verarm self nie vir die ideaal van 'n Volkstaat nie. Daar mag seker uitsonderings wees. Ons moet dus prioritiet aandag daaraan gee dat die arm blanke vraagstukke van die dertigerjare nie weer ontstaan nie. Ons moet vooruit beplan vir 'n ekonomies lewenskragtige volk. Geleenthede moet geskep word, maar, indien moontlik in die streeksverband in Suidelik-Afrika waar ons mense gekonsolideer is en waar ons toekoms lê as volk. |
23 | 020695009.txt | 1,833 | Verder weet die Afrikaner dat waar hy reeds sy politieke gesag afgestaan het en niks, nie eers Mnr de Klerk se vae wigte en teenwigte oor het nie, is 'n onmisbaarheid as ekonomiese entrepreneur naas konstitusionele selfbeskikking 'n alternatief wat 'n waardige volksbeeld sal verseker. Onder die huidige omstandighede is dit vir ons selfbeeld nodig sodat ons die toekoms met vertroue kan tegemoet gaan. |
23 | 020695009.txt | 1,834 | In die geval van plurale gemengede distrikte is daar sekere regeringsfunksies wat 'n direkte invloed het op die identiteit en die behoud van die besondere waardes van ultuurgemeenskappe. Sommige kultuurgemeenskappe mag verkies om kultureel te integreer, ander weer, soos ons, sou verkies om institusionele beheer te hê oro sodanige identiteitsvormende funksies. Die beginsel is dan dat die gemeeenskaplike funksies gesamentlik met die ander kultuurgemeenskappe bestuur word. Die funksies vir eie bestuur sal moet onderwys insluit want die Afrikaanse kultuur word in die kind gevorm deur kerk en skool buite gesinsverband. Daarsonder en veral waar ons soos in die huidige oorgangsproses blykbaar alle beheer oor onderwys prysgee soos skole integrasie vorder gaan die volgende geslag ons kultuur begin verloor. Die visie sluit dus in Afrikanerrade by elke gemeenskap waar nou vrywille bewaring van die kultuureie 'n behoefte is wat hierdie kultuur funksies beheer - kulturele selfregering tot in die uithoeke raak selfs Afrikalande waar ons ekonomiese visie ons neem. Kulturele koördinaise en rigtinggewing sal dan geskied by wyse van skakeling met die Volkstaat as kulturele basis - die hart wat die kultuurbloed uitpomp na gedesentraliseerde gemeenskappe. |
23 | 020695009.txt | 1,835 | Geagte Toehoorder, ek het vir u die algemene visie geskets van die beste oorlewingshoop vir die Afrikaner. Dit sluit in ekonomiese sienings en kulturele voortbestaan deur die selfbeskikkingsbeginsel vir sy tussenvermoë. Dit sou onwys wees om in hierdie kongres in te veel besonderhede te argumenteer want die Volkstaatraad se voorstelle moet bestudeer word en nog onderhandel word. Die vloeibaarheid van die huidige situasie en veral die groot aantal belanghebbendes wat in die gees van die groter demokraise geraadpleeg moet word verg 'n aanpasbare soepelheid wat van 'n politieke party dieselfde eis. |
23 | 020695009.txt | 1,836 | Daar is drie primêre doelwitte wat bereik moet word en waarvoor die VF homself beywer naamlik ekonomiese aanpassing en ontwikekling, politieke selfbeskikking in 'n Volkstaat en derdens kulturele selfbeskikking. |
23 | 020695009.txt | 1,837 | Eerstens moet ons Afrikaners rigting gegee word om ekonomies weg te swaai van vorige tradisionele werksvelde na die rol van entrepreneurs. Dit sal grootliks help om die werkskonflik wat voortspruit uit regstellende aksie te neutraliseer. Hiervoor moet saam met belangegroepe 'n deeglike studie en beplanning van stapel gestuur word. Heropleiding mag nodig wees en koördinasie met HOP beplanning sal nodig wees. |
23 | 020695009.txt | 1,838 | Die konsep om algemene ekonomiese herlewing vir Suider-Afrika af te skop deur landbou-aktiwiteite moet vinnig ontwikkel word. |
23 | 020695009.txt | 1,839 | Identifisering van landbourprojekte wat die ontplooiing van Afrikaner gemeenskappe in groeipunte wat kulturele ondersteuning soos skole sal insluit moontlik sal maak. |
23 | 020695009.txt | 1,840 | Die reël van finansiering deur donateurlande. |
23 | 020695009.txt | 1,841 | Die stigting van 'n beheerliggaam wat die Suid-Afrikaanse regering die gasheerlande, donateurinstansies en die betrokke Suid-Afrikaanse Landbou Unies sal insluit om die uitvoering te monitor en te beheer. |
23 | 020695009.txt | 1,842 | Soos die Landbouontwikkeling vorder moet entrepreneursgeleenthede in ander rigtings identifiseer word vir ontginning saam met die gasheerlande sodat almal voordeel daaruit sal put. Dink aan infrastruktuurontwikkeling, landbou verwante bedrywe en algemene besigheid en toerisme. Vanselfsprekend sal hierdie ontwikkeling op 'n gesamentlike basis plaasvind sodat die potensiaal van burgers van die gasheerlande ontwikkel word. |
23 | 020695009.txt | 1,843 | Die Vryheidsfront het die politieke fasette van die Afrika projek saam met die Landbou Unies onderneem. Die ekonomiese herstrukturering van ons Afrikaners is te groot vir die Vryheidsfront alleen en 'n liggaam soos die van Reddingsdaadbond moet waarskynlik geïnisieer word en word in die vooruitsig gestel. Dit sal ook meer algemene deelname verseker. |
23 | 020695009.txt | 1,844 | Bestudering van die Volkstaatraadverslag en skakeling met ander aprtye en organisasies om groter Afrikanerbetrokkenheid te verkry. |
23 | 020695009.txt | 1,845 | Bilaterale onderhandelings met veral die ANC maar ook ander partye en provinsiale regerings om steun te werf. |
23 | 020695009.txt | 1,846 | Konstitusionele uitvoering van die planne in die Grondwetskrywende vergadering en as vroeë aanvaarding verkry word kan die proses selfs in werking gestel word om vervroegde uitvoering te gee aan die voorstelle. |
23 | 020695009.txt | 1,847 | Geagte Kongresgangers, hierdie drie primêre doelwitte is volksake, nie partysake alleen nie. Dis ook nie sake waaroor ons net in die Parlement kan praat nie, daar moet dade volg. |
23 | 020695009.txt | 1,848 | 'n Sekondêre doelwit wat byna so belangrik soos die primêre doelwit is, is die heropbou van die Afrikaner se beeld by onsself, binne die nuwe Suid-Afrika en internasionaal. Ons beeld was geknak. Die skade wat die rewolusionêre stryd sielkundig aan ons volk aangerig het en nog steeds poog om ons af te kraak en met skuldgevoel te oorlaai, is, reg of verkeerd, verdiend of onverdiend, 'n saak wat regstelling verg. |
23 | 020695009.txt | 1,849 | Die afweer van 'n oorlog of slagting in April 1994 is tot ons krediet. Dit het vreedsame oorgang moontlik gemaak en 'n stryd wat moontlik in elk geval futiel kon gewees het, vermy. |
23 | 020695009.txt | 1,850 | Die vreedsame wyse waarop die Afrikaner sy selfbeskikkingsaak vir 'n jaar lank ondersoek het en die gehalte werk wat die Vokstaatraad gelewer het strek ons tot eer. |
23 | 020695009.txt | 1,851 | Die wyse waarop die Vryheidsfront die moeilike nuwe rol in die nuwe parlementêre kultuur gespreek het, het respek afgedwing. |
23 | 020695009.txt | 1,852 | Die bereidwilligheid van die Afrikaner om positief by ontwikkeling in Suid-Afrika 'n leidende rol te speel om 'n groot leemte te vul, het wêreldwyd 'n gunstige beeld geskep en binne Afrika groot aanvaarding bewerkstellig. Die Afrikaner begin om uit die omhulsel van apartheidshaat (reg of verkeerd maak nie saak nie) 'n nuwe beeld van waardigheid en selfs onmisbaarheid te skep. Dis 'n vorm van offensief wat 'n beter verdediging is as 'n groot lawaai en kragtige uitlatings oor 'n aanslag wat nou in felheid toeneem. Daar is plek vir die Afrikaner en natuurlik ander kultuurgroepe om 'n gewaardeerde nuttige rol met die volle behoud van os eie waarvoor ons lief is. Dit is nie 'n voorvereiste om soos die NP jou eie te verloën om meer getalle bymekaar te maak nie. Dit bring my by die laaste gedagte en dit gaan oor die skep van en behoud van die wil om te oorleef. |
23 | 020695009.txt | 1,853 | Dit is heel verstaanbaar dat die Afrikanervolk gedemoraliseerd mag wees en soos in Namibië en Zimbabwe ontrekkingssimptome toon weg van Volksnasionalisme. Soos ek reeds vir u aangetoon het is dit nie nodig nie en ook nie wenslik nie. Rigtingloosheid, verdeeldheid en die onderlinge selfmoordgeveg is hiervoor verantwoordelik. |
23 | 020695009.txt | 1,854 | Mnr de Klerk moet nie ons bereidwilligheid om van tyd tot tyd oor gemeenskaplike sake te praat verkeerd vertolk nie. Die NP het nie 'n sppor gelaat wat ons wil volg nie - behalwe om op hom jag te maak! Nou weer het die NP die Afrikaner oor sekere sake soos die Waarheidskommissie in die steek gelaat. Nee ons stel nie belang om deur 'n our uitgediende draak ingesluk te word nie. Maar ons erken dat daar 'n sekere spektrum Afrikaners nog op grondvlak is wat miskien nou ontnugter is, wat selfs nog hoop Mnr de Klerk sal die haas uit die hoed uithaal. Daardie mense moet nie vir ons volk verlore gaan nie. Ons verhouding met die NP is uit politieke volwassenheid gebore en word genoodsaak omdat daar op grondvalk 'n oplewing is van Afrikanerskap wat ondanks partyverskille vir oorlewing wil saamstaan. |
23 | 020695009.txt | 1,855 | Vir die Konserwatiewe Party wil ons sê dat ons glo dat u 'n fout gemaak het maar verwelkom u hertoetrede tot die Afrikanerpolitiek. Daar is in konserwatisme 'n groot rol om te speel in die nuwe Suid Afrika. Laat ons gesond kompeteer met mekaar want die bestaan van die twee partye is nou 'n feit en het ontstaan uit 'n sekere stel omstandighede. Van ons kant af was ons nie soos dikwels van KP kant af venynig nie. Die belang van die volk word nie daardeur gedien nie. |
23 | 020695009.txt | 1,856 | Ons verhouding met die ANC. Die VF het besluit tot deelname aan die verkiesing en aan die regering na 9 maande bilaterale samesprekings met die leiers van die ANC. Tydens hierdie samesprekings het ons op bilateral vlak probeer om wat duidelik agterweë gebly het in die Kempton Parkse konferensie reg te stel. Ons het beding oor selfbeskikking vir die Afrikaner. En ons het 'n ooreenkoms daaroor bereik wat op 23 April 1994 onderteken is. Uti hierdie onderhandelings het belangrike konstitusionele wysigings voortgespruit waarvoor ons meer geredelik steun van die ANC gekry het as van die NP. Daaruit het ook die Volkstaatraad voorgespruit, wat eersdaags hulle verslag oor 'n Afrikanervolkstaat vrystel. Hierdie raad het as statutêre liggaam sy werk gedoen en is deur die regering finansieël gedra sonder dat daar enige inmening of beïnvloeding was. Ons betreur dit dat die NP na sy mislukkings op Kempton Park hieraan nie wou deelneem nie. Ons doen 'n beroep op hulle om die verslag van die raad die oorweging te gee wat hulle eie ondersteuners van hulle verwag. Daar was mense van die KP wat deelgeneem het maar amptelik het die party dit maar weer geboikot. Ek hoop dat ook hulle nou konstruktief sal deelneem aan die oorweging van die verslag - t.w.v. die Afrikaner. Ek noem hierdie dinge omdat ons kennis moet neem van die steun wat in hierdie verband van die ANC leierskap gekom het - met meer groothartigheid en versiendheid as sekere tradisionele Afrikanerpartye. Ons het 'n ooreenkoms met die ANC oor Afrikaner selfbeskikking en dit is daarop wat ons verhouding met hulle gegrond is. Ons verhouding met hulle is ondubbelsinnig, eerlik en gegrond op wedersydse respek. Ons is oortuig daarvan dat hierdie houding die tradisionele Afrikaner karakter verteenwoordig en vra dus daarvoor nie verskoning nie. Ek dink ons het 'n konstruktiewe werkverhouding met die ANC ontwikkel omdat ons die belange van die land en ook van die Afrikanervolk stel bo die van enige politieke party. Ons sal op hierdie pad voortgaan in die toekoms en die groot meerderheid van regdenkende Afrikaners sal ons daarin steun as ons saam 'n aanvaarbare toekoms vir alle Afrikaners probeer uitwerk, en daarby die basis lê vir versoening en naasbestaan van almal in hierdie deel van die wêreld. |
23 | 020695009.txt | 1,857 | Rigtingsloosheid en planloosheid is 'n groot oorsaak van insinking en kan vererger soos die fisiese aanslag teen ons mense toeneem op ekonomiese en sielkundige gebied. Die VF het planne en u het vanaand lank daarna geluister. As enigiemand beter planne het, sê vir ons want ons is buigsaam. So nie steun ons om die planne bekend te maak en dit uit te voer. |
23 | 020695009.txt | 1,858 | Kommunikasie as VF is afhanklik van partystrukture. Sonder kommunikasie is daar 'n insinking van moreel. Partystrukture moet dus vinnig gefinaliseer word en uitgebou word sodat beter met die volk gedagtes gewissel kan word en ons algemene finansiële vermoë so uitgebou word dat beter kommunikasiemiddels bekostig kan word. |
23 | 020695009.txt | 1,859 | Geagte Kongresgangers, met hierdie aansluting van ons strategie en denke is dit vir my 'n groot genoeë om die kongres geopen te verklaar. Laat ons vryelik luister en praat sodat ons kan hoor en dan oorweeg in die besluitnemingsproses wat by ons Federale Raad sal plaasvind. |
23 | 020695009.txt | 1,860 | Net 'n paar woorde oor my posisie as Leier want soms kom ek dit teë dat die mense onseker is omdat hulle weet dat ek terughunker na my beeste toe. Dit is natuurlik so - ek is nie 'n natuurlike langtermyn beroepspolitikus nie. Maar ek het die uitdaging aanvaar nadat ek gevra was deur ons mense. Ek het 'n leeftyd van militêre oriëntasie agter my en is opgelei om nie oor te gee nie. Dit is my doel om hierdie stryd te wen omdat ons staan in die kulminasie van die Afrikanervolk se naasbestaanstryd. Ek glo die Afrikanerkultuur en die kultuur van tradisionele swart mense is versoenbaar en die oplossing lê nie in geweld nie maar in sinvolle konstitusionele reëlings en wedersydse respek. Vir baie land worstel ons teen groot oormagte vir wie ons steeds hul eie gun maar nie ten koste van ons eie nie. Hierdie oormagte gaan groter word. Natuurlik het ek my eie styl en karakter want ek glo aan takvolle medemenslikheid, opregte en eerlike politiek en 'n goeie saak wat opreg en geregtigheid gegrond is. |
23 | 020695009.txt | 1,861 | Daar is werk - laat ons dit doen. Ek dank u. |
24 | 021095008.txt | 1,863 | Die onderwys het my nog altyd na aan die hart gelê. Ek verwelkom dus die geleentheid om hier, by die aanvang van die Kongres, enkele perspektiewe met u te deel. Dit is ook heerlik om soveel ou vriende te sien. |
24 | 021095008.txt | 1,864 | Graag wens ek u geluk met die inisiatief om hierdie Kongres te reël. Dit is tydig en nodig. |
24 | 021095008.txt | 1,865 | Onderwys, soos baie ander lewensterreine, staan in die teken van diepliggende verandering. Die belange wat vanaand hier verteenwoordig is, staan voor 'n groot uitdaging. U wil op 'n sinvolle wyse deel word en help rigting gee aan hierdie proses - anders was u nie hier nie. Daarvoor is nodig deeglike beplanning, ooreenkoms oor gemeenskaplike doelwitte en dan die daarstelling van samewerkingstrukture en meganismes asook die duidelike formulering van strategië om die gestelde doelwitte te kan bereik. |
24 | 021095008.txt | 1,866 | Tot dusver het alle belangegroepe hier verteenwoordig kosbare bydraes gelewer om verandering in die onderwys redelikerwys binne die prinsipiële raamwerk van die Grondwet te hou en te verseker dat dit wat reeds opgebou is, nie onherstelbare skade ly nie. Ek hoop dat hierdie Kongres verdere stimulus sal gee aan gefundeerde en berekende optrede en aksieplanne. |
24 | 021095008.txt | 1,867 | Ek wil u ook gelukwens met die inklusiwiteit van die Kongres. Dit is 'n belangrike mylpaal dat u daarin gelsaag het om die verdelings van die verlede te oorbrug. Die feit dat hierdie 'n Afrikaanse Onderwyskongres is en dat almal vir wie Afrikaans in die onderwys belangrik is hier kragte saamsnoer, is van groot betekenis. Slegs as ons daarin slaag om - met betrekking tot taal, kultuur en onderwysbelange - uit te styg bo politieke verskille en ou verdelings op grond van kleur, kerkverband en kompetisie tussen kultuurorganisasies, slegs dan sal u die belange wat almal met mekaar deel effektief kan bevorder. |
24 | 021095008.txt | 1,868 | Ek wil graag enkele perspektiewe met u deel, nie in die gess van voorskriftelikheid nie, maar in 'n eerlike poging om 'n bydrae te lewer. |
24 | 021095008.txt | 1,869 | Ek glo dat u besprekings en beraadslagings binne die raamwerk van die heersende werklikheid hanteer moet word. Dit sout futiel wees om terug te gryp na ou bedelings of om te probeer om bedelings, wat irrelevant geword het, te laat herleef. Dis verby met die ou Suid-Afrika. Die nuwe Suid-Afrika is nou die werklikheid. |
24 | 021095008.txt | 1,870 | Duidelike beleidsraamwerke is reeds vir toekomstige onderwysontwikkeling in Suid-Afrika neergelê. In hoofsaak vind ons dit in die Grondwet se bepalings wat van onderwysbelang is en in die Witskrif oor Onderwys en Opleiding. Die HOP, wat ook in die Witskrif op 'n besondere wyse beleidsmatig vergestalt word, is eweneens van groot belang. |
24 | 021095008.txt | 1,871 | Die breë raamwerke is dus reeds deur die Regering van Nasionale Eenheid, na 'n proses van wye raadpleging, daargestel. Binne hierdie gegewe raamwerk staan u voor die uitdaging om 'n bepaalde inhoud te gee aan breë beleid, om dit te verbesonder en om dan strategië te bedink wat beleid in praktyk sal omskep. Dit is nodig, want die bestaande breë beleidsraamwerke kan verskillend vertolk word. Aansienlike verdere besinninbg en beplanning word gevra, alvorens daar werklik 'n geloofwaardige en aanvaarbare onderwysvoorsieningstelsel gevestig kan word. |
24 | 021095008.txt | 1,872 | Dit is verder 'n erkende feit dat daar meningsverskil betstaan rondom die vertolking van onderwysregte in Suid-Afrika. Daar is steeds diepliggende debat rondom die bedoeling van bepaalde artikels in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. |
24 | 021095008.txt | 1,873 | Midde in die debat staan daardie artikels wat verband hou met agterstande en regstelling, met eenheid en verskeidenheid. Ek hoef maar net te verwys na belangwekkende ondersoeke wat reeds in volle gang is - die Kommissie wat Ondersoek na Hoër Onderwys in Suid-Afrika en die Hersiening komitee wat die beheer, organisasie, finansiering en eienaarskap van skole in Suid-Afrika moet ondersoek. |
24 | 021095008.txt | 1,874 | Hierdie Kongres is 'n unieke en tydige geleentheid om 'n gemeenskaplike grondslag te vind oor hoe hierdie ondersoeke benader moet word. Daar moet weë geviond word om oortuigende, goed gefundeerde en opvoedkundige verantwoordbare insette te lewer. U moet hierdie ondersoeke benut vir kreatiewe en pro-aktiewe insette en u moet waak teen blote reaktiewe en defensiewe optrede. |
24 | 021095008.txt | 1,875 | Dit is belangrik dat daar 'n bereidwilligheid sal wees om na uiteenlopende standpunte te luister, om argumente op 'n logiese en beredeneerde wyse teen mekaar op te weeg en 'n openheid te openbaar vir nuwe insigte. Indien nodig, moet u bereid wees om frontverskuiwings in denke te maak, aan die hand van die inligting en besprekings wat tydens die Kongres na vore mag kom. Dit alles moet egter steeds getoets word aan die eise van die werklikhede van ons land en die grondbeginsels van die opvoedkunde wat universeel is. |
24 | 021095008.txt | 1,876 | U sal ook moet waak teen die soeke na kitsoplossings. Geen kongres kan kitsformules optower nie. Die kompleksiteit van die Suid-Afrikaanse samelewing, ook op onderwysgebied, vereis deeglike beplanning, oriëntering en harde werk. By 'n kongres soos hierdie kan u riglyne neerlê, 'n toekomsvisie ontwikkel en grondslae lê vir voorstelle met betrekking tot die nuwe onderwysbedeling. Dit sal egter opgevolg moet word deur spanwerk in kleiner kringe, gerig op gedetaileerde voorstelle en strategieë. |
24 | 021095008.txt | 1,877 | As ons dan vra na riglyne, uitgangspunte en gronslae vir die beplanning van 'n toekomsvisie, dan wil ek enkele gesigspunte uitlig. |
24 | 021095008.txt | 1,878 | Eerstens moet aanvaar word dat onderwys in die toekoms groter betrokkenheid en selfs opofferings van almal gaan vra - opofferings in terme van toegewings en aanpassings in belang van 'n gemeenskaplike doel; geldelike opofferings. |
24 | 021095008.txt | 1,879 | Die Staat kan nie meer alleen die verantwoordelikheid neem vir onderwysvoorsiening vir 'n immergroeiende bevolking op alle vlakke in Suid-Afrika nie. Die Regering het nie die middele daartoe nie. As senior vennoot moet hy die raamwerk verskaf en hulpbronne op 'n gegewe grondslag beskikbaar stel. Daaraan sal egter toegevoeg moet word. Onderwys moet dus 'n vennotskapsaak in Suid-Afrika word. Elke individu en elke verteenwoordigende organisasie op plaaslike, streeks- en nasionale vlak moet uit alle samelewingsverbande by die onderwysvoorsiening in Suid-Afrika betrokke raak. Dit sluit nie net onderwys en kultuur-organisasies in nie. Kerke en die privaatsektor moet by voorbeeld ook betrek word. |
24 | 021095008.txt | 1,880 | Tweedens moet onderwys gedepolitiseer word. Dit moet omskep word tot a saambindende krag. Dit durf nie 'n verdelende mag in Suid-Afrika wees nie. |
24 | 021095008.txt | 1,881 | Daarmee sê ek nie dat onderwys kultuurloos en karakterloos moet wees nie; dat onderwys 'n instrument tot gedwonge uniformiteit moet word nie. Die reg tot moedertaal onderwys, tot kultuurgebonde en religieus gefundeerde onderwys is 'n sleutelfaktor in ons soeke na stabiliteit en die effektiewe beskerming van minderhede. |
24 | 021095008.txt | 1,882 | Onderwys is seker die belangrikste instrument wat geborgenheid vir die verskillende kultuur groeperinge in die Suid-Afrikaanse samelewing kan bring; wat die toekoms vir ons kinders en vir ons mense in den brede kan ontsluit en wat hulle in staat kan stel om binne eie samelewingsverbande geborge te voel. |
24 | 021095008.txt | 1,883 | Dit mag egter nie 'n instrument word om verdeeldheid en tweespalt te saai nie. Dit moet ook die jeug opvoed om in die wyer kring van die Suid-Afrikaanse nasie hulle plek in te neem. Juis daarom het die verskillende rolspelers in die onderwys 'n uitdagende taak en moet almal wat by die onderwys betrokke is, met erkenning van die beginsel van soewereiniteit in eie kring, in 'n gees van samewerking uitreik na mekaar, brue bou, vooroordeel afbreek en versoening bevorder. |
24 | 021095008.txt | 1,884 | Derdens moet ons ontsnap aan geykte denke - moet ons nuut dink en bereid wees om onderwys meer relevant te maak. |
24 | 021095008.txt | 1,885 | Reeds in die RGN-ondersoek is dit beklemtoon dat die wêreld ons klaskamer moet word en dat onderwys en leer 'n lewenslange proses moet wees. 'n Belangrike nuwe dimensie wat in die afgelope jaar of twee sterk na vore getree het, is die feit dat daar ook 'n nouer integrering moet wees tussen onderwys en opleiding. Daar moet 'n nouer verband getrek word tussen die wêreld van die formele onderwys en die wêreld van werk. |
24 | 021095008.txt | 1,886 | Dit is natuurlike makliker gesê as gedaan. Ons durf ons egter nie laat afskrik deur die ingewikkeldheid van die probleem nie. |
24 | 021095008.txt | 1,887 | Suid-Afrika worstel met grootskaalse werkloosheid en ook gevolglike armoede. Die onderwys moet, saam met ander sektore, die sleutel verskaf tot 'n meer voorspoedige en vooruitstrewende Suid-Afrikaanse samelewing. Maksimale indiensneming en die ontwikkeling van 'n vinnig groeiende ekonomie moet sterk in die fokus van u besinning by hierdie Kongres geplaas word. |
24 | 021095008.txt | 1,888 | Opleiding in werkverband moet 'n sleutelrol in onderwys-voorsiening en opleiding in Suid-Afrika speel. Daar sal brue gebou moet word tussen die leerplek en die werkplek. Suid-Afrika is ryk aan hulpbronne, ook menslike hulpbronne. Dit moet egter ontwikkel word op so 'n wyse dat dit die potensiaal van hierdie mooi land ten volle kan ontsluit. |
24 | 021095008.txt | 1,889 | Vierdens is dit nodig dat die probleem van uitermate hoë verwagtinge op feitlik elke lewensterrein, ook ten opsigte van onderwys, effektief bestuur moet word. |
24 | 021095008.txt | 1,890 | Die vestiging van 'n nuwe staatkundige bedeling het vir baie mense in Suid-Afrika nuwe hoop ontsluit, maar ook in baie gevalle onrealistiewe verwagtinge geskep. Onvervulde verwagtinge kan lei tot ontnugtering wat maklik kan oorkook in frustrasie en destabilisering. Dit is daarom van besondere belang dat gesonde realisme vanuit hierdie Kongres saluitstraal ten opsigte van dit wat moontlik is. |
24 | 021095008.txt | 1,891 | Die Heropbou en Ontwikkelingsproses kan nie oornag plaasvind nie. Dit is maar die eerste van baie 5 jaar-planne in die nuwe Suid-Afrika. In Maleisië is hulle nou besig met hule sewende 5 jaar plan en praat hulle van Visie 2020. Suid-Afrika sal noodwendig dieselfde benadering moet ontwikkel. |
24 | 021095008.txt | 1,892 | Ons ekonomiese dravermoë is van so 'n aard, dat onderwys se aandeel uit die Skatkis, persentasiegewys gesproke, kwalik verhoog kan word. Die land se vraagstukke is van so 'n aard dat daar 'n geweldige aanspraak is op fondse uit die Staatskas. Die onderwys sal noodwendig moet meeding met ander prioriteite. |
24 | 021095008.txt | 1,893 | Die luukse en oordaad in die onderwys, wat nie regtig saakmakend is nie, sal dus opgeoffer moet word. Dit verg indringende besinning deur hierdie Kongres oor wat saakmakend is en wat nie; oor wat van blywende belang vir die onderwys is en wat nie. Onderwys sal moet versober. |
24 | 021095008.txt | 1,894 | Daar sal ook ernstig gestreef moet word na metodes om te verseker dat geld wat in die onderwys ingepomp word inderwaarheid, volgens die beginsel van hersirkulering, 'n golf-effek sal hê en nie in die stelsel "verteer" sal word nie. Dwarsdeur die wêreld is die begrip van "recycling of money" vandag algemene gebruikstaal. Suid-Afrika sal ook die punt moet bereik waar geld vir die onderwys 'n selfgenererende effek het en nie telkens in die sand verdwyn nie. Daar sal dus met nuwe oë na onderwysbeurse en opleidingsgelde gekyk moet word. Elke individu wat die vrugte van 'n goeie verdienste van sy of haar onderwys pluk, sal iets aan die onderwys moet teruggee om weer andere te help. |
24 | 021095008.txt | 1,895 | Vyfdens is dit nodig dat onderwys effektief bestuur sal word. Ek is terdeë daarvan bewus dat daar groot kommer heers oor die erodering van kundigheid op die hoër bestuursvlakke van die onderwys. Dit is enersyds so, vanweë 'n eensydige en ondeurdagte toepassing van regstellende maatreëls in bepaalde gevalle. Andersyds baar die onttrekkingsindroom wat duidelik binne die onderwys en die Staatsdiens kenbaar geword het, groot kommer. Dit is die gevolg van 'n groeiende persepsie by baie onderwysadministrateurs en emptenare dat hulle loopbaanvooruitsigte swak is omdat hulle kleur nie reg is nie. Die gevolglike verlies van kundigheid skep tans 'n groot vakuum. Die Afrikaanse Onderwyskongres moet na beide hierdie aspekte kyk en oor oplossings besin. Suid-Afrika kan nie hierdie verlies aan kundigheid bekostig nie. |
24 | 021095008.txt | 1,896 | Beide as Adjunkpresident en as politieke leier maak ek dit tans my erns om te verseker dat sogenaamde regstellende aksie nie ontaard in 'n nuwe vorm van rassediskriminasie nie. Regstelling is nodig en ek is verbind daartoe, maar dan op 'n wyse wat nie tot onreg lei nie. Suid-Afrika kan nie bekostig dat meriete, harde werk, prestasie en ervaring nie erken word nie. Balans is nodig en word tewens voorgeskryf deur ons Grondwet en Handves. Ek vra u om my hand en die van andere te sterk oor hierdie saak. |
24 | 021095008.txt | 1,897 | Ek wil afsluit deur van die partikuliere van die onderwys na die meer oorhoofse vraagstuk van die plek van minderhede in ons gemeenskap te beweeg. |
24 | 021095008.txt | 1,898 | Daar is talle voorbeelde in die geskiedenis van tragiese konflikte wat ontketen is deur die miskenning van die regte van minderhede. Op hierdie oomblik kan feitlik elke konfliksituasie in die wêreld daartoe herlei word. Dit is 'n les wat daagliks grafies en grusaam op ons TV-skerms gedemonstreer word - van Bosnië tot in Burundi. |
24 | 021095008.txt | 1,899 | In die nuwe Suid-Afrika durf ons hierdie les nie miskyk nie. Die noodsaak vir die effektiewe beskerming van minderhede het niks met apartheid of rassisme te doen nie. Dit het alles met kulturele, taal en religieuse minderhede te doen - en daarom ook met onderwys wat nie ontkoppel kan word van taal, kultuur en geloofsoortuiging nie. |
24 | 021095008.txt | 1,900 | In hierdie opsig is dit belangrik om te begryp dat demokrasie in multi-kulturele samelewings nie die simplistiese oorheersing deur die meerderheid beteken nie. Ware demokrasie vereis dat regeer word met die instemming van die wat regeer word. Dit impliseer duidelike beperkings op die reg van die meerderheid om met daardie sake in te meng, wat na regte oorgelaat behoort te word aan die self-beskikking van gemeenskappe - hetsy kultureel gedefinieer of geografies, in terme van provinsies of selfs dorpsgebiede! |
24 | 021095008.txt | 1,901 | Hierdie basiese waarhede word reeds erken in ons Grondwet. Devolusie van mag op 'n geografiese basis is stewig gevestig. |
24 | 021095008.txt | 1,902 | en om waar dit uitvoerbaar is, onderwys-instellings gebasseer op 'n gemeenskaplike kultuur, taal of godsdiens tot stand te bring, met dien verstande dat daar geen diskriminasie op grond van ras mag wees nie. |
24 | 021095008.txt | 1,903 | Die verskeidenheid van taal en kultuur moet erken en beskerm word, en omstandighede vir die bevordering daarvan moet aangemoedig word. |
24 | 021095008.txt | 1,904 | Kollektiewe selfbeskikkingsregte vir die stigting, samevoeging en instandhouding van organe van die burgerlike gemeenskap, met inbegrip van linguistiese, kulturele en godsdienstige verenigings, moet op 'n nie-diskriminerende grondslag van vrye assosiasie erken en beskerm word. |
24 | 021095008.txt | 1,905 | Die reg van die onderskeie kulturele minderhede in Suid-Afrika tot 'n hoë mate van selfbeskikking, word egter die beste weerspieël in beginsel 34 wat duidelike en spesifieke voorsiening maak vir 'n konsep van die reg op selfbeskikking deur enige gemeenskap wat 'n gemeenskaplike kutlurele en taalkerfenis deel, hetsy in 'n territoriale entiteit binne die Republiek of op enige ander erkende wyse. |
24 | 021095008.txt | 1,906 | Dit is teen hierdie agtergrond dat dit nodig is dat ons dit ons ten doel moet stel om ons talle minderhede se onsekerheid en onrustigheid by te lê. |
24 | 021095008.txt | 1,907 | Die grondwetlike bepalings in verband met taalregte moet stiptelike na letter en gees nagekom word, ook deur die SAUK. Dit moet ook neerslag vind in 'n meer gedetaileerde billike taalbeleid, wat sekerheid sal gee aan alle taalgroepe. |
24 | 021095008.txt | 1,908 | Ons onderwys moet so gestruktureer en bestuur word dat die basiese regte oor kultuurgebonde en taalgebonde onderwys ten volle verseker en moontlik gemaak word. Daar moet sterk opgetree word teen pogings om hierdie basiese reg te omseil of te ondermyn. |
24 | 021095008.txt | 1,909 | Die nuwe Grondwet moet by hernuwing en in nog duideliker terme volledig uitdrukking gee aan die beginsels oor minderheidsregte reeds daarin vervat en waarna ek verwys het. |
24 | 021095008.txt | 1,910 | Ten opsigte van al hierdie sake skep hierdie Kongres 'n geleentheid vir die onderwysgemeenskap om toe te tree; om duidelike uitsprake te doen; om standpunte te formuleer en meganismes in te stel om daardie standpunte be bevorder; om planne te beraam oor hoe die ruimte wat die Grondwet bied ten beste benut kan word. |
24 | 021095008.txt | 1,911 | Die Grondwet self het 'n kragtige meganisme geskep in die vorm van die Konstitusionele Hof. Het dit nie tyd geword vir die onderwysgemeenskap soos hier verteenwoordig - om 'n regskomitee te skep nie So 'n meganisme, wat voldoende befonds word, kan verdienstelike sake aanhangig maak by die Kosntitusionele Hof en verseker dat ondermyning van die Grondwet in die kiem gesmoor word? |
24 | 021095008.txt | 1,912 | My beklemtoning van kulturele diversiteit moet nie verkeerd verstaan word nie. Daar is twee groot werklikhede in Suid-Afrika. |
24 | 021095008.txt | 1,913 | Ons diversiteit is een werklikheid wat nooit ontken kan word nie; wat neerslag moet vind in sekuriteit en geborgenheid vir al ons kultuurgroepe. |
24 | 021095008.txt | 1,914 | Die ander, ewe belangrike realiteit is dat ons almal - ons diversiteit ten spyt - baie in gemeen het. Ons staan voor dieselfde uitdagins en bedreigings. Ons het mekaar nodig. Ons is almal lotsgebonde Suid-Afrikaners. As nasie moet ons hande vat en verseker dat diversiteit nooit weer 'n verdelende faktor sal word wat neerslag vind in bitterheid, stryd en geweld nie. Ons het daarvan oorgenoeg gehad. |
24 | 021095008.txt | 1,915 | Hierdie twee werklikhede moet met mekaar versoen word. Ons met eenvoudig 'n brug bou tussen eenheid en verskeidenheid. |
24 | 021095008.txt | 1,916 | Mag hierdie Kongres se beraadslagings 'n reuse bydrae lewer tot die oprigting van 'n onderwyspilaar waarop so 'n brug stewig kan rus. |
25 | 04022609461004.txt | 1,918 | Dankie vir die besondere eer om vandag deel te kan wees van julle konferensie. |
25 | 04022609461004.txt | 1,919 | Ek is versoek om te praat oor die 2004 Begroting. Die probleem is dat die Begroting sedert verlede Woensdag uit elke hoek ontleed is deur al wat 'n ekonoom is. Waarskynlik die beste kommentaar was dat die Begroting beide vervelig en voorspelbaar was. Dis inderdaad 'n kompliment, want elke ekonoom in openbare finansies mik vir voorspelbaarheid en vastheid van koers. Ons het dit nou bereik. |
25 | 04022609461004.txt | 1,920 | In die Suid Afrikaanse konteks, is hierdie eienskappe baie belangrik - enersyds omdat ons oor die afgelope jare hard gewerk het om meer deursigtigheid daar te stel, en andersyds, omdat ons op die drumpel van 'n verkiesing staan. |
25 | 04022609461004.txt | 1,921 | Die Begrotingsproses is nou baie duidelik en oop vir insette. Ons begroot binne 'n drie-jaar of medium termyn raamwerk, en jaarliks in Oktober gee ons 'n begrotingsvoorsmaak aan die parlement. Sodoende is alle Suid Afrikaners, deur die parlement, in staat om insette te lewer. Hierdie openheid en voorspelbaarheid stel ons ook in staat om van staatsdepartemente 'n hoër gehalte bestuur te verwag. |
25 | 04022609461004.txt | 1,922 | Met die verkiesing wat voorlê, is ons oortuig daarvan dat die ANC weer as regering sal terugkeer. Daar is dus nie die luukse van leë beloftes nie: Wat ons nou openbaar maak, hetsy in 'n manifesto of 'n begroting, sal ons self moet implementeer. |
25 | 04022609461004.txt | 1,923 | Daar is tans vele woelinge in die wêreldekonomie. Die VSA worstel met 'n dubbeletekort - op hulle begroting en hulle betalingsbalans. VSA rentekoerse is op die laagste vlak ooit en gevolglik sal die waarde van die dollar onder druk bly. |
25 | 04022609461004.txt | 1,924 | Ons grootste handelsvennote in Europe is selfs slegter daaraan toe - hierdie jaar sal die Euro ekonomie weer met minder as 1% groei. Om hierdie negatiewe druk op ons ekonomie teen te werk, steun ons ekonomiese groei deur die begrotingstekort te laat styg tot 3,1% van BNP. Dit is nie 'n roekelose fout nie - ons beweeg van die standpunt dat fiskale beleid nie alleenstaande is nie - dit moet help om groei te bevorder as die ekonomie onder druk is - en hierdie stimulerende begroting is die derde agtereenvolgende een. |
25 | 04022609461004.txt | 1,925 | Aan die belastingkant gun ons hierdie jaar slegs R4 miljard se verligting aan betalers van persoonlike belasting. Dit is heelwat minder as die R13 miljard se verligting verlede jaar, en maar 'n klein deel van die meer as R72 miljard wat ons in die laaste 6 jaar aan individue toegestaan het. Staatsinkomste is onder druk - deels weens die stand van die wêreldekonomie, en deels as gevolg van ons beleidsrigting wat tot gevolg het dat maatskappybelasting nou ver meer bydra as persoonlike belasting - gevolglik is daar meer veranderlikheid as winste laer is. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.