document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
30
05111709451003.txt
2,031
Ook hier in Suid-Afrika mag ons nie die belangrikheid van taal en ons nasionale taalbeleid onderskat nie in terme van die rol wat dit speel om menseregte te bevorder.
30
05111709451003.txt
2,032
As ons mense die reg voorbehou om te werk, speel, saam te verkeer, studeer en bid in die taal van hul keuse, sal hulle altyd aan die buitekant van die gemeenskap gelaat word en nooit hul plek kon inneem in 'n demokratiese gemeenskap nie.
30
05111709451003.txt
2,033
Daarom wil ek mense aanmoedig om so veel tale as moontlik aan te leer, insluitend gebaretaal, asook Khoi en San tale, ons inheemse tale. Dit sal ons kommunikasie verbeter en ons almal sal 'n aandeel hê aan 'n Suid-Afrika wat werklik aan almal behoort.
30
05111709451003.txt
2,034
Die missie van die Departement van Kuns en Kutuur sluit in die bevordering van die taalkundige diversiteit van ons land. As 'n hulpbron, bemagtig dit alle Suid-Afrikaners om deel te neem in die land se sosiale, politieke en ekonomiese lewe.
30
05111709451003.txt
2,035
Ons departement het die Nasionale Taalbeleidraamwerk ingestel. Hierdie Raamwerk word gemik op die bevordering van die gelykwaardige gebruik van al elf tale en dit verseker regstelling vir die voorheen gemarginaliseerde inheemse tale.
30
05111709451003.txt
2,036
Die beleid teiken alle staatstrukture en openbare instellings om sodoende die bevordering van effektiewe openbare administratiewe diens te verseker deur middel van behoorlike taalbestuur.
30
05111709451003.txt
2,037
Nuwe inisiatiewe, wat in verskillende fases van finalisering is, sluit in die Telefoonvertolkingsdiens, wat deur Minister Jordan in Mei vanjaar geloods is.
30
05111709451003.txt
2,038
Hierdie diens is die eerste van sy soort in Afrika, en ek is vol hoop dat dit die gaping tussen die Suid-Afrikaanse publiek en die staat sal oorbrug.
30
05111709451003.txt
2,039
Die Hoyozela Taalbewusmaking veldtog sal lei tot uitgebreide bewusmaking van die staat se taalbeleid en die publiek se regte ten opsigte van hul taal.
30
05111709451003.txt
2,040
Die regstelling van historiese onewewigtigheid en marginalisering is belangrike prioriteite van die staat. Aleenlik deur die profiel te verhoog en die gebruik van inheemse tale te bevorder, sal ons hulle in die hoofstroom van die Suid-Afrikaanse lewe kan inbring en die waardigheid van die verskillende taalgemeenskappe herstel.
30
05111709451003.txt
2,041
Dit is dus logies om tot die gevolgtrekking te kom dat die bevordering van ons inheemse tale belangrik en kardinaal is in die proses van 'n ontwikkelende demokrasie.
30
05111709451003.txt
2,042
Ons departement het die Transformasiefonds begin om die transformasie van nuwe perspektiewe ten opsigte van navorsingswerk, bewaring, preservering, versamelings, uitstallings en opvoedkundige programme in museums te bewerkstellig, en ook om 'n hernude gewaarwording en trots in ons erfenis aan te moedig.
30
05111709451003.txt
2,043
Die befondsing sal nasionale museums die nodige hupstoot gee om gemeenskapsbetrokkenheid te verseker.
30
05111709451003.txt
2,044
Die Afrikaanse Taalmuseum is ook betrokke by die proses. Die voorstelle wat deurgestuur is vanaf die museum, was om die invloed van Afrikaans op die ander amptelike tale te ondersoek en om Afrikaans te leer aan individue wat dit as 'n 2de of 3de taal sal gebruik.
30
05111709451003.txt
2,045
Laasgenoemde projek word gedoen in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch.
30
05111709451003.txt
2,046
Ons departement en die Afrikaanse Taalmuseum is besig met die proses om hierdie voorstelle te verfyn om uiteindelik geïmplementeer te word.
30
05111709451003.txt
2,047
Erfenisdae, wanneer die nasie sy verlede en sy huidige prestasies onthou, en na die toekoms kyk.
30
05111709451003.txt
2,048
Ek was baie bly om te hoor dat hierdie instelling 'n prominente rol gespeel het in die bekendstelling van hierdie jaar se tema vir Erfenisdag, naamlik die bevordering van ons inheemse kossoorte.
30
05111709451003.txt
2,049
Dit was verblywend om te hoor dat kinders ingesluit is in hierdie tema. Ek sê dit omdat ek glo dat kinders die toekoms van hierdie land is. Om in hulle te belê is inderdaad 'n strategiese belegging.
30
05111709451003.txt
2,050
Ek wil verder ook die bestuur van hierdie instelling gelukwens. Hulle werk baie hard om ons taal en letterkundige erfenis te bewaar. Ek noem dit omdat Afrikaans 'n Afrika taal is wat sy onstaan in Afrika het. Dit is 'n erfenis wat baie bygedra het tot die ontstaan van kennis, wat op sy beurt weer gelei het tot die ontwikkeling van hierdie land.
30
05111709451003.txt
2,051
Ek wens u alles van die beste toe in julle toekomstige pogings om hierdie nasionale skat te bewaar en beskerm.
30
05111709451003.txt
2,052
Ten laaste wil ek die Afrikaanse Taalmuseum- en Monument van harte gelukwens met die herdenking van hulle 30ste bestaansjaar. Ons Ministerie en departement is beslis trots om met die museum geassosieer te word.
31
05120215151002.txt
2,054
Wat 'n wonderlike, blye geleentheid! Ek is opgewonde en ek hoop u is saam met my opgewonde oor hierdie mylpaal van die plaaswerkergemeenskap van die Wes-Kaap.
31
05120215151002.txt
2,055
Ek sê onomwonde dat die plaaswerkergemeenskap die stiefkind van die nuwe Suid-Afrika is. Die wonderlike nuwe vryheid wat 11 jaar gelede vir ons die weg moes baan na ons volkome menswaardigheid, het by die plaaswerkergemeenskap verby getrek. Die plaaswerkergemeenskap is agtergelaat as 'n groep sonder hoop wat in 'n groot mate nog vasgebind is deur die kettings van apartheid op haas elke terrein van die lewe wat insluit gesondheidsdienste, onderwys, arbeid, sosiale dienste en behuising, om 'n paar te noem. Diep bewus van die miskenning van die regte van hierdie gemeenskap op ons groot uitgestrekte platteland, het ek as Minister van Landbou in die Wes-Kaap opdrag gegeee dat ons werk moet maak om 'n daadwerklike verandering in die kwaliteit van lewe van hierdie groep mense teweeg te bring.
31
05120215151002.txt
2,056
Die Wes-Kaapse provinsiale Departement van Landbou erken die unieke behoeftes van die plaaswerkergemeenskap en het daarom 'n Subprogram: Plaaswerkeraangeleenthede geloods met die spesifieke doel om die dienste wat aan die plaaswerkergemeenskap verskaf moet word effektief te koördineer. Die bevrediging van die ontwikkelingsbehoeftes van die plaaswerkergemeenskap verg egter 'n holistiese benadering waarin die sosiale, kulturele, ekonomiese en politieke behoeftes van die gemeenskap op 'n geïngtegreerde wyse aangespreek word.
31
05120215151002.txt
2,057
My opdrag was dan ook dat enige aksie gebaseer moet word op 'n konkrete strategiese raamwerk waarin duidelike prioriteite en doelwitte uiteengesit moet word sodat ons nie verder op 'n lukrake wyse met die lewe en toekoms van plaaswerkers sal omgaan nie. Dit is vir my aangenaam om vanaand bekend te maak dat hierdie strategiese plan gister deur die kabinetskommitee goedgekeur is vir voorlegging aan die Wes-Kaapse Kabinet.
31
05120215151002.txt
2,058
Ek wil glo dat dit nou die finale stap is om 'n program daar te stel wat 'n einde sal maak aan die marginalisering, diskriminasie en manipulasie wat 'n fisiese en psigiese verknegting van die plaaswerkergemeenskap tot gevolg gehad het en wat nou deur daadwerklike ingryping herstel kan word.
31
05120215151002.txt
2,059
Dit is dan ook met die oog hierop dat my Departement onder die Subprogram Plaaswerkeraangeleenthede 'n bedrag bewillig het om spesifiek aandag te skenk aan die kulturele ontwikkeling van ons plaaswerkers.
31
05120215151002.txt
2,060
Ons het 'n bedrag van R304 000 beskikbaar gestel aan die Plaaswerkerkunste en Mediagroep (PKMG) wat moet fokus op die bewaring en uitbreiding van kultuuraktiwiteite in die plaaswerkergemeenskap om sodoende beeldende en uitvoerende kunste aan te wend vir opheffing en ontwikkelingsdoeleindes onder plaaswerkers.
31
05120215151002.txt
2,061
Die PKMG is 'n implementeringsagentskap wat in oorleg met die kantoor van die Subprogram: Plaaswerkerontwikkeling die sosiale uitdrukking van die plaaswerkersgemeenskap ontgin. Die klem val enersyds op die aanmoediging en ontwikkeling van kuns-, dans-, drama- en musiektalent om potensiaal bloot te lê. Andersyds word die kunste benut as voertuig vir inligtingsverskaffing en opheffing.
31
05120215151002.txt
2,062
Die rede vir laasgenoemde is gesetel in die lae skolastiese peile en veral die hoë vlakke van nie-geletterdheid in plaaswerkergemeenskappe. Kultuurbedrywighede word dus as 'n meganisme gebruik om sekere waardes op plase te herbevestig. 'n Vername doel van die projek is om inligting oor basiese menseregte, soos vervat in die Suid-Afrikaanse Grondwet en die Handves vir Menseregte, aan plaaswerkergemeenskappe oor te dra. Spesiale klem word gelê op kinder- en vroueregte.
31
05120215151002.txt
2,063
Kinders en vroue is veral kwesbaar en uitgelewer en misdaadstatistiek dui op 'n kommerwekkende styging in onder andere onsedelike aanranding, kindermolestering en geweld teen vroue. As gevolg hiervan is 'n groot deel van die projek gewy aan die beskerming van kinder- en vroueregte. Interaktiewe gemeenskapteater, spesifieke forumteater, poppekas en rolspel word gebruik om probleme te identifiseer en dan saam met die hele deelnemende gemeenskap te bespreek en oplossings te soek. Bewusmaking en opvoeding ten opsigte van kwessies soos alkoholmisbruik en MIV/Vigs geskied ook deur middel van die kunste.
31
05120215151002.txt
2,064
Die musiekblyspel "Kampong" wat vanaand opgevoer gaan word is 'n direkte uitvloeisel van hierdie program. Die Departement van Landbou in die Wes-Kaap het R47 000 beskikbaar gestel om Kampong op die planke te bring.
31
05120215151002.txt
2,065
Hierdie musiekblyspel wat die geesteskind van Charl Frank is, het daarin geslaag om rou onontginde talent uit die plaaswerkergemeenskap, wat nog nooit naby 'n verhoog was nie, te ontwikkel om vanaand hierdie wonderlike droom te bewaarheid. Dit is verder moontlik gemaak deur die ondersteuning van 'n groot gees soos Randall Wicomb en afgerond met die behartiging van die choreografie deur Jacoline Frank.
31
05120215151002.txt
2,066
Ek wil voorspel dat daar nog groot name uit hierdie groep na vore gaan tree soos wat Karin Kortjé die laaste klompie weke na vore getree het om haar hand namens die plaaswerkergemeenskap op te steek. In die Wes-Kaap is daar 'n poel van oor die 200 000 plaaswerkers met ongeveer 1,5 miljoen afhanklikes wat nog onontgin is.
31
05120215151002.txt
2,067
Kampong, wat tydelike woning beteken, versinnebeeld 'n groter proses: om in die gees van versoening en in lyn met die doelwitte van die groter Suid-Afrikaanse strewe te verseker dat Suid-Afrika 'n tuiste vir almal word, ook en veral vir plaaswerkergemeenskappe.
31
05120215151002.txt
2,068
Vanaand is vir my die werklike begin van die pad om aan plaaswerkers 'n nuwe dimensie van lewe te gee op dieselfde dag waarop die vrystelling van die Kaapse slawe in 1838 herdenk word.
31
05120215151002.txt
2,069
Ek wil u gelukwens met hierdie grootse poging en my dank en waardering uitspreek teenoor elke persoon en instansie wat 'n bydrae gelewer het om hiervan 'n sukses te maak. U lê hierdeur nog 'n steen in die skep van 'n tuiste vir almal in die Wes-Kaap.
32
05120508151001.txt
2,071
Ek kom so baie hier by u op Vuki dat die motor al vanself hier wil indraai as ek verby ry. Daar is 'n spreekwoord wat sê dat 'n mens eers 'n sak sout saam met iemand moet opeet voordat jy hom werklik ken. In hierdie bietjie meer as 'n jaar wat ek vir die eerste keer die mense van Vuki ontmoet het oor die probleme wat u ondervind het met die oorname van die plaas en die verkryging van produksiefinansiering om u in staat te stel om voort te gaan met die goeie werk wat u as 'n span toegewyde mense tot nou toe gelewer het, het ons 'n paar sakke sout saam opgeëet.
32
05120508151001.txt
2,072
Die lang uitgerekte proses waarmee ons hier besig was, het vir my getoon dat u die wilskrag het om bo uit te kom. Ek glo dat ons almal baie geleer het en dat elkeen van ons hier sal wegstap met die wete dat ons nou beter toegerus is om soortgelyke probleme van meet af aan op die regte manier aan te pak. Ons het uiteindelik geseëvier as gevolg van die bereidwilligheid om voortdurend terug te gaan na die tekenbord toe totdat ons die gewensde resultate verkry het.
32
05120508151001.txt
2,073
Ek wil dankie sê aan al die partye wat betrokke was in ons soeke na 'n positiewe uitslag sodat ons reg en geregtigheid kon laat geskied.
32
05120508151001.txt
2,074
Gister was die herdenking van die vrystelling van die Kaapse slawe op 1 Desember 1838. Ek wil glo dat die verkryging van die plaas Vuki ook in 'n mate vir u as die begunstigdes van hierdie projek, werklike losmaak van u verknegting oor jare is.
32
05120508151001.txt
2,075
Ons het vroëer die jaar in Junie 'n provinsiale en 'n nasionale grondberaad gehou wat beraadslaag het oor die regering se grondhervormingsprogram en die vennootskap wat nodig is om die pas van grondhervorming te versnel in 'n poging om gehoor te gee aan die strewe oor grond en die eienaarskap van grond, soos vervat in die vryheidsmanifes.
32
05120508151001.txt
2,076
In ons strewe om dit te bereik wil die Regering van die Wes-Kaap 'n tuiste vir almal in ons provinsie skep. Ons wil hê dat elkeen wat hier woon 'n gelyke kans moet hê om vooruit te gaan en vir homself te werk en sy eie rykdom op te bou.
32
05120508151001.txt
2,077
Die regering het elf jaar gelede begin om planne in werking te stel om uitvoering te bring aan die selfopgelegde taak om toe te sien dat die grond verdeel sal word tussen die wat dit besit en die wat 'n behoefte het om hulle eie grond te bewerk, maar nog nooit 'n geleentheid gehad het om dit te doen nie, en nog net vir ander moes werk en ander moes help om vooruit te gaan.
32
05120508151001.txt
2,078
Ons het dit vir onsself gesê dit is vir altyd verby dat mense op die basis van hulle velkleur die eienaars van plase mag wees en dat ons die nodige geld en ander hulp moet voorsien om dit moontlik te maak vir elke Suid-Afrikaner om die eienaar van sy of haar stukkie grond te word, om daarop te woon, of om dit te bewerk in 'n poging om 'n bestaan daaruit te maak en ook in 'n poging om hongersnood en armoede te beveg.
32
05120508151001.txt
2,079
Om te kan boer is nie 'n reg nie, dis 'n voorreg. Die besit van grond is wel 'n reg, maar wanneer ons hierdie twee, nl. boerdery en grondbesit bymekaar bring, word dit 'n onderneming wat met groot verantwoordelikheid aangepak moet word en daarom is dit vir ons in die Wes-Kaapse Departement van Landbou baie belangrik dat bemagtigingsprojekte geslaagd en volhoubaar moet wees.
32
05120508151001.txt
2,080
U, die mense van hierdie Vuki plaasprojek, het oor die afgelope aantal jare getoon dat u die wil en die verantwoordelikheid het om op u eie inisiatief 'n sukses te maak en daarom is ons by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap baie trots op u en assosieer ons graag met u en wil ons u bystaan om van hierdie projek 'n groter sukses te maak. Dit is ook dan daarom dat die Departement van Landbou aan u, R1 090 000 rand, beskikbaar gestel het om u te help in die opbou en vooruitgang van hierdie projek sodat die mense van Vuki verder bemagtig kan word.
32
05120508151001.txt
2,081
Vandag is u hier om dankie te sê en ek weet u wou graag al u implemente wat u met die geld aangekoop het ten toon stel, maar daar het blykbaar administratiewe rompslomp in die pad gekom.
32
05120508151001.txt
2,082
Ek wil ten slotte weer vir u gelukwens met die verkryging van die plaas en vir u alle sterkte toewens met u planne vorentoe. Hou aan om ons trots te maak op dit wat u doen. Hou aan om ons toe te laat om in al ons gesprekke na u te verwys as 'n voorbeeld van suksesvolle grondhervorming en 'n bevestiging dat die regering reg is om sy mense te bemagtig.
33
06051712451002.txt
2,084
Die derde siklus van skoolbeheer het in 2003 begin en in 2005 geëindig en tans staan ons op die drumpel van die vierde siklus. In die nege jaar van skoolbeheer wat nou agter die rug is moet die beklemtoon dat 'n hele paar suksesse behaal is.
33
06051712451002.txt
2,085
Onder die vele uitdagings wat sowel die regering as die Onderwysdepartment in die gesig staar, is die ongelukkige werklikheid dat ons steeds ouers het wat koud staan teenoor die onderrig en opleiding van ons kinders, en verder, dat dit gewoonlik hulle is wat skepties is oor ons programme en bedoelings. Maar ons moet dit sê: terselfdertyd is daar hoogs toegewyde ouers, en ons loof hulle daarvoor.
33
06051712451002.txt
2,086
n Bestuursplan vir die skoolbeheerliggaamverkiesing is saamgestel en aan alle skole uitgestuur. Die Department het onder andere die volgende bewusmakingsmateriaal voorberei: baniere, plakkate, en pamflette in Engels, SeTswana, IsiXhosa en Afrikaans, om ons mense te leer oor die belangrikheid van deelname in hierdie sort verkiesings, sodat hulle kan SAAM HELP bepaal watter soort toekoms ons kinders gaan hê en sodoende ook bou aan die toekoms van ons almal, die land en sy mense.
34
06080212151001.txt
2,088
Mnr Redcliffe, ouers, leerders, oud-leerders en gewese onderwysers. Dit is my voorreg en eer om uitgenooi te word om deel te hê aan Dalrose Laerskool se 25ste verjaarsdagvieringe. Dit spreek vanself dat elkeen hier baie trots op die skool is.
34
06080212151001.txt
2,089
Na my omvattende en leersame toer van die skool en terrein vanmiddag is daar geen twyfel in my gemoed dat elkeen hier net die hoogste agting vir die die skool het. Oral om my sien ek tekens van omgee en sorg. U kan waarlik trots wees op dit wat u vermag het om Dalrose die skool te maak wat dit is. Een van die dinge wat hierdie skool so spesiaal maak is juis dat julle gekies het om hierdie geleentheid te vier. Ek is seker dat hierdie samekoms dieper betekenis sal bring vir elkeen, vir elkeen wat gekoppel is aan hierdie skool en wat sal verseker dat die skool 'n spesiale leersentrum bly.
34
06080212151001.txt
2,090
Dit is nie my doel om vandag oor onderwysbeleid of oor (vervelige) gegewens en syfers te praat nie. Dit is die provinsiale LUK vir Onderwys se werk. Ek is hier om saam in die feesvieringe te deel en sommer 'n paar gedagtes te deel, gedagte oor hoe elkeen hier 'n bydrae kan lewer en verder kan bou op die stewige fondamente sodat die wat in die 50ste verjaarsdagvieringe sal deel, dieselfde trots sal weerspieël as wat ons vandag sien.
34
06080212151001.txt
2,091
Die Minister van Onderwys Naledi Pandor het in haar begrotingsrede verwys na die belangrike bydrae wat skoolbeheerrade kan lewer om prestasie, positiewe waardes en vaste beginsels in beide die skool én samelewing te bevorder. Soos u sekerlik weet is verreikende magte aan beheerrade gegee, magte wat in ons wetgewing vervat is. Dit is van uiterste belang dat beheerrade hierdie magte gebruik om te verseker dat parktyke en leeruitkomste in ooreenstemming is met die waardes en demokratiese beginsels wat ons as land leer ken het. As ek dit nie mis het nie, moes u ook onlangs verkiesings gehou het om 'n nuwe beheerraad te kies. Ek is seker dat van die nuwe of herkose lede hier teenwoordig is. Ek wil elkeen van u vandag geluk wens en terselfdertyd sterkte toewens met die gewigtige taak wat voorlê.
34
06080212151001.txt
2,092
Hoewel Minister Pandor in die kol is met die sleutelrol wat beheerrade speel, is ek seker dat sy saam sal stem dat ouers, alumni (dis nou oud-leerders) en natuurlik die leerders self net so belangrik, indien nie belangriker is nie. Waarom sê ek so Wel dikwels voel ons dat ons eintlik nie so spesiaal is nie. Baie dink dat as jy nie 'n Minister of 'celebrity' of musiekster is nie, is jou bydrae nie belangrik nie. (As jy nie voor op die verhoog staan nie, is jy nie belangrik nie.) Dit is natuurlik ver van die waarheid af. Elkeen van ons het 'n unieke bydrae te lewer en dikwels is daardie bydrae veel belangriker as die bydrae van diegene wat gereeld in die kollig is. Elkeen kán op 'n unieke manier 'n diens aan hierdie skool lewer en iets teruggee, 'n uur afstaan, help met 'n uitstappie, 'n mentor wees of selfs 'n klein (of groot) bydrae maak?
34
06080212151001.txt
2,093
Toe ons met die geboorte van ons demokrasie 'n model vir skoolbeheerrade in plek gesit het, het ons doelbewus gekies vir 'n model wat die geleentheid skep vir ouers en gemeenskap om betrokke te wees by die opvoeding van ons kinders. Ongelukkig is nie al hierdie geleenthede ten volle ongin in ons armer skole nie en is die vlak van ouerbetrokkenheid nog glad nie na wense nie.
34
06080212151001.txt
2,094
Die demokratiese model waarna ek verwys gaan in wese oor die bou van trots in ons skole. Dit is asof ons vir mekaar sê; Kyk hoe ver het ons gekom, kyk hoe het ons saam gestry teen onderdrukking, en kyk hoe het ons oorwin. Dit is iets om op trots te wees. (En al het van ons jonger leerders nie direk daaraan deel gehad nie, kan ons op ons ouers trots wees, want hulle het hulle eie lewe vir julle vryheid op die spel geplaas.) Dit is 'n trots waarop elkeen van ons kan bou. U sal saamstem dat dit hier nie 'n geval was van "teruggee" nie maar van "terugneem".
34
06080212151001.txt
2,095
Ek veronderstel dat (as ek so rondom my kyk) hier heelwat mense is wat kinders was in die 1974-78 tydvak. Julle sal weet wat ek bedoel met "terugneem". (Is dit nie ietwat ironies dat ek hier voor u staan en in Afrikaans praat terwyl die Soweto-opstand juis ook 'n opstand oor Afrikaans in skole was nie Dit lyk my ons het ook ons taal "teruggeneem" om nie meer as 'n instrument van verdrukking misbruik te word nie.) Dit was die generasie wat ons almal geleer het wat dit beteken om trots te wees op wie jy is en wat jy kan word en wat jy kan bereik. Dit is te danke aan hierdie geslag dat ons skole plekke geword het waar leerders kan leer oor demokratiese waardes, die beginsels van waardigheid, sosiale geregtigheid en natuurlik geslagsgelykheid. (Vir diegene wat nie weet wat sosiale geregtigheid beteken nie is dit dalk 'n goeie idee om 'n skooltaak daaroor te maak?
34
06080212151001.txt
2,096
Hierdie waardes en beginsels word ongelukkig nie vanself deel van ons samelewing nie, daarvoor moet ons ons moue oprol en 'n kultuur van ondersteuning en omgee met harde werk opbou. (As jong leerders van vandag dink dat die jeug van 30 jaar gelede al die werk afgehandel het, maak julle 'n groot fout. Julle het die voorreg om dit waarvoor gestry is 'n werklikheid te maak.) Deur saam te werk kan hierdie skool in 'n "burgerskaplaboratorium" omskep word waar waardes en beginsels van kleins af ingeprent word. Dit kan weer aan die volgende geslag oorgedra word.
34
06080212151001.txt
2,097
Ek wil u graag vertel van 'n belangrike inisiatief; Dit is 'n inisiatief wat begin is deur Welcome Msomi wat Mmabatho, die isiZulu weergawe van Shakespeare se Macbeth geskryf het. Welcome het 'n program geloods wat hy Ziphathe ("gryp dit") noem. Ziphathe se visie in om 'n gemeenskap te skep wat ingelig, selfversorgend en bemagtig is om ontwikkeling te dryf vir almal wat daaraan wil deelneem, jonk en oud.
34
06080212151001.txt
2,098
So wat op aarde het dit met hierdie skool te doen sal u sekerlik vra. Wel Welcome het met 'n paar innoverende idees voorendag gekom, waarvan ek enkeles met u sal deel, idees wat toepaslik is vir hierdie skool en 'n bydrae kan lewer tot die toekomstige opbou van die skool en die skep van 'n volhoubare ondersteuningsgroep vir die skool?
34
06080212151001.txt
2,099
Een van Welcome se idees gaan oor die bou van belangstelling in die skool deur te fokus op die mag van rolmodelle en en om rolmodelle nader aan die leerders te bring. Hy doen dit deur skole te help om "klaskamergallerye" te maak bestaande uit foto's van vorige leerders wat in dieselfde klas gesit het en op een of ander manier sukses behaal het. Om dit te vermag moet leerders en ouers 'n bietjie "navorsing" doen oor die geskiedenis van die skool en vorige leeders en onderwysers identifiseer wat belangrike bydraes gelewer het. Gegewe dat Uitenhage so 'n groot motorvervaardigingsindustrie het, is ek seker dat talle van die werkernemers hulle opvoeding hier begin het. Of miskien is daar 'n prominente lid in die kleinhandel of finansiële wêreld wat kon voortbou op die stewige fundament wat Dalrose help bou het. Hoeveel leerders het onderwysers geword Die lys is nimmereindigend?
34
06080212151001.txt
2,100
Al hierdie mense het die potensiaal om rolmodelle vir huidige leerders te word. Welcome se idee is dat deur die Ziphathe-netwerk fondse vir die skool ingesamel kan word. Foto's van rolmodelle word geneem en opgehang teen 'n "wall of Fame", vir almal om te sien. Hulle dra dan daagliks die boodskap oor dat harde werk sukses bring. Op hulle beurt kan hierdie helde / rolmodelle aktief by die skool betrek word.
34
06080212151001.txt
2,101
Welcome het nog 'n idee: 'n gemeenskapsnavorsingsprojek waarvan die inkomste terugvloei na die skool. Die projek versamel en verpak marknavorsingsinligting van woonbuurt (township) verbruikers. Die navorsers is leerders, werklose mense en lede van plaaslike kerke en ander organisasies. Die inligting word aangestuur na gegradueerdes wat op hulle beurt die inligting verwerk en verslae saamstel. Dit skep die geleentheid om deel te hê aan betekenisvolle ekonomiese aktiwiteite en terug te ploeg in die gemeenskap en skool.
34
06080212151001.txt
2,102
Ter afsluiting; ek wil elkeen hier graag bedank vir die hartlike en opvoedkundige tyd wat ons saam kon spandeer. Julle het julle harte oopgemaak vir my en ek kan nie genoeg dankie sê nie. Ek weet dat julle als het wat nodig is om Dalrose 'n energieke en belangrike deel van die gemeenskap te maak. Ek het inligting oor Welcome Msomi se initiatief aan mnr. Redcliff gegee en ek hoop dat dit elkeen sal inspireer, inspireer met die besef dat wat nodig is om dinge te laat gebeur binne elkeen van ons is. Meer nog, wanneer ons saamstaan, saamwerk as 'n span, as 'n gemeenskap kan niks of niemand ons keer nie.
35
06083111451003.txt
2,104
Ek wil heel aan die begin my dank uitspreek teenoor die organiseerders van die Agri-Megaweek vir die uitnodiging om hier saam met julle te wees. Hierdie byeenkoms het reeds sy merk deeglik op die Suid-Afrikaanse Landboukalender gemaak.
35
06083111451003.txt
2,105
Ek wil ook vir u dankie sê vir die rol wat u speel om nie net ons gevestigde produsente nie, maar ook opkomende boere en plaaswerkers te bemagtig met die gebeure tydens die week.
35
06083111451003.txt
2,106
Ons wil hê dat u deeglik moet begryp dat u as plaaswerker 'n belangrike rol speel in die ekonomie van die Wes-Kaap en so wil ons ook hê dat daar dienooreenkomstig na u gekyk moet word. U moet verstaan dat hoe beter dit met die ekonomie gaan, hoe beter behoort dit met u te gaan.
35
06083111451003.txt
2,107
Die Wes-Kaap lewer 'n bydrae van meer as 20% tot die totale landbouproduksie in Suid-Afrika. Die Wes-Kaap produseer tussen 55 en 60% van Suid-Afrika se totale landbou-uitvoere, en daarom is Landbou een van die sleutelareas wat 'n bydrae moet lewer tot groei en ontwikkeling in die Wes-Kaap.
35
06083111451003.txt
2,108
As ons wil hê dat die ekonomie moet sterker raak dan beteken dit dat daar 'n paar goed is wat ons moet doen om dit te bewerkstellig. Ons moet onder andere sorg dat ons meer en beter produkte lewer wat kan meeding op die markte oorsee. Ons moet sorg dat ons water oordeelkundig gebruik. Ons moet sorg dat ons voldoen aan die vereistes ten opsigte van chemiese standaarde. Ons moet toesien dat ons administrasie van hoogstaande gehalte is en ons moet die beste bestuurspraktyke op elke vlak op die plaas, toepas.
35
06083111451003.txt
2,109
Miskien besef u dit nie, maar u elkeen speel 'n baie belangrike rol in die aspekte waarna ek nou net verwys het en so speel elkeen van die ongeveer 202 949 werknemers op Wes-Kaapse plase 'n rol in die provinsie se ekonomie.
35
06083111451003.txt
2,110
Plaaswerkeraangeleenthede is een van die hoofprioriteite van die Departement Landbou in die Wes-Kaap. Om gestalte te gee hieraan het ons reeds verskeie aksies geloods. Die eerste was die vestiging van 'n Subprogram: Plaaswerkerontwikkeling met die spesifieke doel om dienste, veral sosio-ekonomies dienste, wat aan die plaaswerkergemeenskap verskaf moet word, effektief te koördineer.
35
06083111451003.txt
2,111
Om die subprogram in staat te stel om effektiewe uitvoering te gee aan die doel waarvoor dit geskep is, het ons geluister na die behoeftes wat deur die betrokkenes uitgespreek is. Ons het besluit dat daar 'n behoorlike proses van strategiese besinning moet wees wat uiteindelik uitgeloop het op 'n Strategiese Plan met duidelike doelwitte en aksieplanne wat deurgevoer moet word.
35
06083111451003.txt
2,112
Hierdie program van ons bevat prakties uitvoerbare prosesse wat werklik die kwaliteit van lewe van plaaswerker sal verbeter. Seker die mees belangrikste element van die plan is dat ons gesê het dat u as plaaswerkers van die begin af ten volle deel daarvan moet wees. Ons wil hê dat u mede-eienaarskap van u eie toekoms moet opneem. Ons wil hê dat u saam met ons moet hoop hê vir die toekoms. Die President het vroeër die jaar tydens die opening van die parlement daarna verwys toe hy gesê het dat ons nou na die eerste tien jaar van die nuwe Suid-Afrika 'n nuwe seisoen van hoop binnegaan.
35
06083111451003.txt
2,113
Wat ons in landbou in die Wes-Kaap doen, skakel in by die doelwitte van die groter Suid-Afrikaanse strewe wat al sover terug as die opstel van die Vryheidsmanifes kom, en verder vervat is in die Grondwet van die land. Omdat ons in die Wes-Kaap die regering se visie deel en glo in die kontrak wat ons met die mense gesluit het in die verkiesing, sal ons toesien dat die plaaswerkergemeenskap op elke terrein van u lewe ondersteun word.
35
06083111451003.txt
2,114
Die boodskap wat ek aan u as plaaswerkers wil oordra is dat u 'n integrale deel is van landbou en ons wil seker maak dat elke werker wat by landbou betrokke is elke moontlike kans moet kry om hom of haar te bekwaam om die beste werker te wees. 'n Goed toegeruste werker kan 'n positiewe bydrae lewer tot die aktiwiteite op die plaas.
35
06083111451003.txt
2,115
As Minister van Landbou is ek baie ernstig oor die welstand van alle plaaswerkers en die bevordering van plaaswerkers se lewensomstandighede, ook op die terrein van opleiding. Ek kan u ook die versekering gee dat die regering van die Wes-Kaap en die Departement van Landbou in sy geheel groot waarde heg aan die opleiding van werkers en ek weet ook dat die produsente van hierdie streek net soos ons wil hê dat u beter opgelei moet word. U weet dat hulle sê kennis is mag. Wanneer jy toegerus is met kennis kan jy soveel meer bydra tot die sukses van die boerdery waarby jy betrokke is. Ons wil graag opleiding nader bring aan u werkplek, daarom dat ons ook besluit het om n opleidingsentrum hier op Bredasdorp in te rig.
35
06083111451003.txt
2,116
Ek is seker dat daar van u is wat nog nie gehoor het van "Ikapa Elihlumayo" en "'n Tuiste vir almal" nie. Dit is 'n strategie wat die regering het om die lewensomstandighede van al die mense van die Wes-Kaap te verbeter Die regering het tydens die verkiesing van 2004 'n kontrak met die mense van Suid-Afrika aangegaan om op elke gebied te veg teen werkloosheid, armoede en sosiale verval sodat u lewensomstandighede kan verbeter.
35
06083111451003.txt
2,117
President Mbeki het gevra dat ons almal 'n poging moet aanwend om weg te beweeg van totale maatskaplike afhanklikheid na ekonomiese selfstandigheid. Dit beteken dat elkeen van ons moet probeer om ons beter te bekwaam sodat ons nie nodig het om van die staat afhanklik te wees nie. As ons dit doen sal ons armoede bestry, ongelykhede uitwis en sodoende die kwaliteit van lewe van al ons mense verbeter.
35
06083111451003.txt
2,118
Die regering kan nie alleen veg teen armoede en die verval wat daar onder ons mense is nie. Ons het die hulp van ons boere en ander instansies nodig om u omstandighede te verbeter en daarom is ek dankbaar vir hierdie erkenning wat die produsente ook aan u as plaaswerkers bied deur hierdie konferensie aan te bied. Dit is belangrik dat u gebruik moet maak van die geleenthede wat aan u gebied word sodat u u kwaliteit van lewe kan verbeter.
35
06083111451003.txt
2,119
Ons sien u as plaaswerkers ook as kliënte van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, net soos wat boere ons kliënte is, en daarom is ons doelwit om al die dienste, veral sosio-ekonomies en polities, wat aan plaaswerkers verskaf moet word, effektief te koördineer.
35
06083111451003.txt
2,120
Ons doel as Departement is primêr om landbou te laat groei en almal wat betrokke is, moet hulle deel bydra. Ons moet verstaan dat ons in landbou een groot familie is en dat ons mekaar nodig het. Die boer het u nodig maar u het ook die boer nodig en so het ons as regering vir u en die produsente nodig sodat ons kos op die tafel kan sit vir die mense van hierdie mooi land van ons.
35
06083111451003.txt
2,121
Dit is maklik om 'n geleentheid soos hierdie te gebruik om modder te gooi en te kla. Ek wil egter die hoop uitspreek dat u almal sal deelneem aan hierdie konferensie en dat u hiervan sal gebruik maak om 'n positiewe bydrae te lewer wat tot voordeel van uself en Landbou sal wees.
36
06090608451001.txt
2,123
Ek is dankbaar om te kan sê dat vandag se byeenkoms te danke is aan die verhouding wat daar tussen myself, en die Departement aan die een kant en die produsente en die verskillende bedryfsliggame aan die ander kant, is.
36
06090608451001.txt
2,124
Ek is deeglik bewus van die moeilike tye wat landbou op verskillende terreine ervaar, omdat ek in die bevoorregte posisie is dat daar 'n oop verhouding tussen my kantoor en u bestaan, wat ons in staat stel om op 'n gereelde basis met mekaar oor die probleme en uitdagings wat u ondervind, te kan kommunikeer. Dit gee egter ook aan my en my kollegas die geleentheid om aan u die Regering se standpunt ten opsigte van 'n groot aantal sake te stel. Gedurende my gesprekke met u het ek tot die besef gekom dat elke bedryf sy eiesoortige probleme het, maar dat daar 'n hele aantal kwessies is wat gemeenskaplik van aard is.
36
06090608451001.txt
2,125
Die regering van die Wes Kaap erken die belangrike rol wat u as produsente en landbou in sy geheel speel in die skep van groei en welvaart in die ekonomie van die provinsie. Dit is egter belangrik dat ons hierop sal voortbou en ons opnuut sal verbind tot 'n vennootskap waarin ons sal soek na metodes om die gevestigde aktiwiteite te laat groei, terwyl ons ook terselfdertyd alle nuwe toetreders tot die sektor sal omarm en akkommodeer. Meer nog, ons moet saamwerk om die doelwitte ten opsigte van swart ekonomiese bemagtiging te bereik omdat ons daarin glo, nie omdat u voel die regering dwing u om dit te doen nie. Grondhervorming en Swart Ekonomiese Bemagtiging bly van kardinale belang vir die sosiale, politieke en ekonomiese stabiliteit in Suid-Afrika en die Wes-Kaap.
36
06090608451001.txt
2,126
Ons is nederig trots op die feit dat die sukses ratio ten opsigte van bemagtigingsprojekte in die Wes-Kaap tans op 54,4% staan, terwyl die wêreldnorm op die oomblik op 19% draai. Dit is egter nie goed genoeg nie. Elke mislukking plaas ons treë agteruit, nie net ten opsigte van bemagtiging nie, maar ook ten opsigte van die groei van landbou en die bereiking van ons doelwitte ten opsigte van die Versnelde en Gedeelde Groeiinisiatief vir Suid-Afrika, AsgiSA.
36
06090608451001.txt
2,127
Die uitdaging ten opsigte van die doelwit in grondhervorming vra dat ons hiervandaan jaarliks 500 000 ha aan voorheen benadeelde persone sal oordra indien ons die doelwit van 30% teen 2014 wil bereik. Dit is 'n enorme taak as ons die huidige situasie in ag neem waar ons tot nou toe in totaal slegs 85 000 ha oorgedra het.
36
06090608451001.txt
2,128
Ons is reeds besig om saam met die Departement van Grondsake die nodige aanpassings te maak om die program te versnel en glo dat ons saam met al die ander rolspelers innoverende opsies op die tafel moet plaas om die proses te stimuleer en te versnel. Ek wil dit aan u stel dat ons dit nie alleen kan doen nie. U het reeds u bereidwilligheid verklaar, maar die tyd het gekom dat ons nou proaktief moet optree en daarom het ek reeds verlede week in samewerking met die Hoofdirekteur in die provinsiale kantoor van Grondsake, Mnr Terrence Fife, 'n forum in die lewe geroep om die nodige aksies te neem om gestalte te gee aan die nuwe implementeringsplanne. Ek wil weereens beklemtoon dat ons dit nie alleen kan doen nie. Ons wil en gaan u betrek in die proses.
36
06090608451001.txt
2,129
Ek is besorg oor die effek wat die inbring van seisoenale werkers na plase op verskeie terreine in die Wes-Kaap het. Baie van hierdie mense gaan nie terug na die provinsies waar hulle vandaan kom nie en dit plaas verdere druk op die regering ten opsigte van behuising en dienste in verskillende vorme.
36
06090608451001.txt
2,130
Programdirekteur, Ek het dit nodig geag om, soos altyd, sake aan te raak wat op die transformasie-agenda is omdat ek weet dat hierdie die sake is wat politieke implikasies het waarmee ons moet handel in belang van Landbou. Daar is egter ook ander uitdagings wat ons binne die landbou-speelveld in berekening moet bring.
36
06090608451001.txt
2,131
a die vervaardiging van veilige, gesonde sowel as omgewings- en sosiaal vriendelike landbouprodukte b die toenemende nasionale en internasionale sensitiwiteit oor die veiligheid van voedsel van dier- en plantoorsprong het addisionele eise geplaas op die lewering van standaarde wat vereis word vir uitvoersertifisering op hierdie produkte en vir verspreiding vir nasionale huishoudelike gebruik c As gevolg van die internasionale gemeenskap se sensitiwiteit oor die teenwoordigheid van chemikalieë en ander faktore wat gesien word as nadelig vir die omgewing en menslike gesondheid, moet pro-aktiewe monitering van sulke stowwe geïnisieer word en sal ons boerderypraktyke moet toepas wat ook "tracking and tracing rekords" daar sal stel wat bo verdenking is d die hantering van uitdagings deur kompetisie van sommige van ons mededingers as gevolg van subsidies en tariefplafonne en die beskerming van bestaande buitelandse markte e die skuif van kommoditeitsgedrewe produksie na die 21ste eeuse nisprodukte en -markte en die ontwikkeling en verowering van hierdie markte met landbouprodukte met 'n hoë voedingswaarde, met gepaardgaande waardetoevoeging deur middel van verwerking van die basiese produk f konstruktiewe bydrae tot die ontwikkeling van Afrika deur die nuwe vennotskap vir die ontwikkeling van Afrika, NEPAD en nuwe markte in Afrika.
36
06090608451001.txt
2,132
Ons wil graag aan die voorpunt wees om die klimaat te skep waarbinne u moet opereer sodat u met vertroue kan voort gaan om toe te sien dat landbou sy primêre taak kan vervul, naamlik om voedsel te produseer.
36
06090608451001.txt
2,133
Ek het reeds daarna verwys dat daar egter bepaalde gemeenskaplike en ook eiesoortige probleme en uitdagings is wat u in die gesig staar en waarmee u van dag tot dag moet worstel op 'n pad wat u nie alleen kan loop nie.
36
06090608451001.txt
2,134
Dit is primêr hoekom ons hier byeen is, sodat u met ons kan praat oor daardie kwessies wat u daagliks raak en die sake wat u deurlopend met my bespreek. As ek sê ons, dan bedoel ek die ander departemente, hetsy op plaaslike, provinsiale of nasionale vlak, waar wetgewing en regulasies bestaan, wat volgens u stremmend inwerk op landbou.
36
06090608451001.txt
2,135
Voorsitter, daar is heel waarskynlik nog 'n hele aantal ander sake wat u wil opper. Ek wil u uitnooi om onbevange te praat sodat ons die tipe gesprek kan voer waaraan ons binne landbou gewoond is. Dit is ons erns dat ons sal antwoorde kry, daarom dan ook die wye verskeidenheid van verteenwoordiging vanuit die Wes-Kaapse Kabinet, sowel as senior amptenare van departemente en ander instansies wat saam met ons moet soek na die oplossings sodat ons landbou ten volle kan toerus om die uitdagings van vandag en môre die hoof te bied.
37
06091214151004.txt
2,137
Die uitbreek van siektes onder diere en die gepaardgaande gevolge kan katastrofiese afmetings aanneem binne die landbousektor. Nie alleen kan dit vir boere miljoene rande se verlies aan inkomste veroorsaak nie, maar kan dit ook die verlies van duisende werksgeleenthede tot gevolg hê.