document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
37 | 06091214151004.txt | 2,138 | Ons weet almal dat die voëlgriep wat in Julie 2004 op twee volstruisplase in die Oos-Kaap gevind is, gelei het tot 'n 15-maande lange verbod op die uitvoer van volstruisvleis. Hierdie verbod het 'n R700 miljoen verlies tot gevolg gehad. Sowat 4 000 werksgeleenthede is ook in die proses verloor. |
37 | 06091214151004.txt | 2,139 | Die Wes-Kaap is die hartland van die Suid-Afrikaanse volstruisbedryf met sowat 70% van die totale produksie wat hier plaasvind. Die Suid-Afrikaanse volstruisbedryf verskaf werk aan sowat 16 000 mense en verdien R1,2 miljard per jaar aan buitelandse valuta vir die land. Dit is 'n bedryf wat 90% uitvoergerig is. |
37 | 06091214151004.txt | 2,140 | Die afgelope jaar, 18 maande het ons met verskeie ander dreigende rampe te make gehad, in die vorm van Europese varkpes en Afrika perdesiekte. |
37 | 06091214151004.txt | 2,141 | Siektevoorkoming en -beheer is in 'n groot mate afhanklik van goeie voorligting aan alle boere, beide gevestigde en nuwe toetreders. Terselfdertyd is vinnige optrede wanneer daar tekens van 'n moontlike uitbraak van een of ander siekte is, van kardinale belang. |
37 | 06091214151004.txt | 2,142 | Uitvoere is egter ook afhanklik van gereelde inspeksies van uitvoerslagfasiliteite deur beamptes van Veeartsenydienste waartydens voorgeskrewe monsters by hierdie fasiliteite geneem word vir laboratoriummonitering van higiëne. Sonder hierdie aksies word vleis nie aanvaar in lande waarheen dit uitgevoer word nie. Die gereelde monitering vir belangrike siektes soos voorheen genoem dra ook by tot die aanvaarding van ons vleisprodukte in die buiteland. Om kompeterend te wees in die internasionale arena is dit noodsaaklik dat ons op die voorpunt sal bly. |
37 | 06091214151004.txt | 2,143 | Ons het hierdie jaar R25 673 miljoen vir ons Veeartsenydienste in ons begroting toegeken sodat ons hoofsaaklik vyf baie belangrike aspekte kan aanspreek, naamlik: dieresiektevoorkoming en -beheer, voortdurende monitering vir verskeie belangrike siektes, uitvoerfasilitering, veiligheid van vleisprodukte en laboratorium- diagnostiese dienste. |
37 | 06091214151004.txt | 2,144 | Goeie, goedtoegeruste laboratoriums speel 'n belangrike rol in die effektiwiteit van ons dienste aan ons kliënte en daarom het ons dan ook ons laboratoriumfasiliteite uitgebrei en is dit vir ons aangenaam om hierdie fasiliteite vandag amptelik te open. |
37 | 06091214151004.txt | 2,145 | Nuwe tegnologie het tot gevolg dat nuwe tegnieke gesien word as die norm vir sekere diagnostiese toetse. PKR (polimerase ketting reaksie) toetse word gebruik vir die identifikasie van veral virusse. Die tegniek is nie goedkoper ten opsigte van reagense en toetse nie, maar is vinnig, meer sensitief en meer spesifiek. Hierdie nuwe seksie van die laboratorium is ook bedoel om die aangrensende provinsies te bedien as deel van die drie-provinsie samewerking. Omdat die laboratoriums wat die tegniek uitvoer beperk is, word daar tans dikwels vertragings ondervind met die verkryging van resultate. Weens die delikate aard van die prosedures is dit nodig om baie spesifieke beheer te verkry oor die toegang tot die verskillende vertrekke en hiervoor is daar 'n rekenaarbeheerde stelsel in plek geplaas. Daar sal begin word met toetse vir voëlgriepvirus en daarna vir Newcastle-siekte- en Afrika perdesiektevirusse. Hierdie seksie is reeds volledig toegerus met apparaat. |
37 | 06091214151004.txt | 2,146 | Weens die vereistes van die Europese Unie (EU) vir vleis en ook om die veiligheid van dierlike produkte vir interne gebruik te verseker is dit nodig om vir residue van middels en toksiese stowwe te toets. Tans word hierdie toetse by een of twee laboratoriums gedoen en duur dit tot 12 maande voordat resultate beskikbaar word. 'n Voorlegging is reeds na die EU-verteenwoordiger om fondse te beding vir die aankoop van toerusting. Die laboratoriumruimte is nou geskep om sulke toerusting te huisves. Hierdie is weer eens 'n aksie wat deel uitmaak van die samewerking tussen die provinsies. |
37 | 06091214151004.txt | 2,147 | Vir beide PKR-werk en residu bepalings word water suiwering van 'n besondere mate benodig. Ook hiervoor is ruimte beskikbaar en is die toerusting reeds in plek. In dieselfde vertrek word toerusting vir die vriesdroog van serum en isolate gehuisves. |
37 | 06091214151004.txt | 2,148 | Monsters waarop toetse uitgevoer word, moet behou word vir 'n periode sodat dit weer kan benut word indien hertoetsing of alternatiewe toetse benodig word. Die lengte van die periode hang af van die tipe monster en die toetse wat daarop uitgevoer word. Die berging van sulke monsters vind oral in die laboratorium plaas en yskaste en vrieskaste neem spasie in wat vir ander doeleindes aangewend kan word. Derhalwe is daar 'n inloop-yskas en inloop-vrieskas in die uitbreiding ingebou vir die kort-- en mediumtermyn berging van monsters. Hierdie kan ook beskou word as mediumtermyn argiewe vir monsters. |
37 | 06091214151004.txt | 2,149 | Ons het reeds goeie vordering gemaak met die dokumentasie wat nodig sal wees vir akkreditasie van verskeie toetse. Dit is egter nodig dat die beheer hiervan gesentraliseer word met beamptes wat spesifiek hierdie saak as hul verantwoordelikheid het en hiervoor is daar nou 'n "kwaliteitkantoor" beskikbaar gemaak sodat die werk in die regte omgewing gedoen kan word. |
37 | 06091214151004.txt | 2,150 | Ek is oortuig daarvan dat hierdie verbeterings en uitbreidings wat aangebring is, ons in staat sal stel om nog beter dienste aan ons kliënte te lewer. Dit sal ons verder op die voorpunt plaas in die voorkoming en beheer van die virusse en siektes wat toenemend voorkom en 'n bedreiging inhou, nie net vir die landbousektor nie, maar ook vir die verbruikers, plaaslik sowel as internasionaal. |
37 | 06091214151004.txt | 2,151 | Ek wil aan u vreugdevolle en vrugbare ure agter u mikroskope en tussen u serummonsters toewens en die vertroue uitspreek dat u sal voortgaan om u dienste wyer as die Wes-Kaap te lewer in belang van die totale landbousektor. |
38 | 06091315151002.txt | 2,153 | Ek moet my verskoning aanbied vir die feit dat ek nie die volle program van vandag kon meemaak nie, maar ek moes op baie kort kennisgewing die Wes-Kaapse Landbou aan die Russiese president gaan bekendstel. |
38 | 06091315151002.txt | 2,154 | Die skepping van inkomste- en werkgeleenthede geniet 'n hoë prioriteit in ons strategieë, daarom is dit noodsaaklik dat daar altyd nuwe projekte soos hierdie aangepak sal word waar al die mense in die omgewing baat by sal vind. Ons het ook die hulp van ons kommersiële boere en entrepreneurs nodig om werksgeleenthede te skep. Hierdie Bemagtigingsprojek wat deur Pieter Coetzee van Assegaay Bosch Lodge aangepak is, gee aan baie van u die geleentheid om ook nou nuwe hoop op die toekoms te hê. |
38 | 06091315151002.txt | 2,155 | Die projek saam met Meadow Feeds is 'n tipiese voorbeeld van die soort visie wat ons in die provinsie nodig het, wat nie net 'n invloed op u as bemagtigdes gaan hê nie, maar ook 'n groot invloed op die hele gemeenskap tot gevolg sal hê. |
38 | 06091315151002.txt | 2,156 | Die Klein Karoo se ekonomie kry 'n ekstra dimensie by met die toetrede van die veevoermaatskappy Meadow Feeds tot die streek. |
38 | 06091315151002.txt | 2,157 | Die toekomstige werksgeleenthede wat geskep gaan word, plus die feit dat opkomende sowel as kommersiële lusernboere 'n afsetpunt vir hul produk op hul voorstoep sal hê, maak die aankoop van die Ladismith voerverwerkingsaanleg nie net ekonomies nie, maar ook polities volhoubaar. |
38 | 06091315151002.txt | 2,158 | Die twee bemagtigingsprojekte is rondom die veevoerverwerkingsaanleg gestruktureer en is in twee maatskappye gevestig, naamlik Beavercreek Farms (Pty) Ltd. en Moose Valley Farms (Pty)Ltd. Die twee maatskappye besit elf plase en beslaan tans meer as 26% van die Buffelsrivier Besproeiingskema. Die grondwaarde van hierdie twee projekte beloop R46 miljoen en is deur Assegaay Bosch Ranch vanuit eie fondse befonds. Die First Rand Groep deur die filiaal Wesbank het die implemente ter waarde van 'n verdere R7 miljoen befonds. |
38 | 06091315151002.txt | 2,159 | Met die betrokkenheid van Meadow Feeds by die veevoeraanleg, beteken dit dat die aanleg voortaan 'n baie wyer inslag op die nasionale mark sal hê en nie net vir die meng van volstruisvoer aangewend sal word soos tans die geval is nie. Daarbenewens het Meadow Feeds 'n lusern-leweringsooreenkoms van 10 jaar met Assegaay Bosh Ranch en die aandeelhouers vanuit ons voorheen benadelde gemeenskap, in wie eienaarskap van die twee Swart Ekonomiese Beamgtigings-maatskappye vestig, aangegaan. Die landbou-infrastruktuur en ekonomieë van Ladismith en Van Wyksdorp is feitlik totaal deur die groot vloed van 1981 vernietig. Veral besproeiingsgrond onder die Buffelsrivier Besproeiingskema is vernietig. |
38 | 06091315151002.txt | 2,160 | Teen die tyd dat Assegaay Bosch Ranch in 1998 landbougrond onder die Buffelsrivier begin aankoop het, was slegs sowat vyftig persent van die skema herstel. 'n Grootskaalse konstruksiepoging is aangepak en teen 2004 is een duisend driehonderd ha besproeiingsgrond hervestig en derhalwe die Buffelsrivier Besproeiingskema tot sy voormalige glorie herstel. Hierdie lande is vandag gevestig met grootmaat lusern, wingerd, olywe en 'n verskeidenheid vrugte. |
38 | 06091315151002.txt | 2,161 | Ek wil egter aan u as begunstigdes sê om te kan boer is nie 'n reg nie, dis 'n voorreg. Die besit van grond is wel 'n reg, maar wanneer ons hierdie twee, nl. boerdery en grondbesit bymekaar bring, word dit 'n onderneming wat met groot verantwoordelikheid aangepak moet word en daarom is dit vir ons in die Wes-Kaapse Departement van Landbou baie belangrik dat bemagtigingsprojekte geslaagd en volhoubaar moet wees. |
38 | 06091315151002.txt | 2,162 | Dit was vir my 'n voorreg om hierdie aandelesertifikate aan u te oorhandig en aan u alle sterkte toe te wens met u toekomstige planne. Ek wil die hoop uitspreek dat u in die toekoms van krag tot krag sal groei in u strewe om saam met die regering 'n tuiste vir al ons mense in die Wes-Kaap te skep. |
39 | 06091515451004.txt | 2,164 | Ons het verlede Dinsdag 'n beraad gehou waartydens die landbousektor met my gepraat het oor die breë algemene posisie van landbou in die provinsie. Ons het ook indringend gekyk na die ekonomiese posisie van ons produsente en hulle bydrae tot die totale ekonomiese groei in die Wes-Kaap. Ek was gister in gesprek met die premier oor die beraad self en die pad vorentoe. Ek is van mening dat hierdie simposium vandag dus op 'n baie goeie tydstip plaasvind. |
39 | 06091515451004.txt | 2,165 | Verder het President Mbeki in sy openingsrede vanjaar die landbousektor geïdentifiseer as een van die sektore wat 'n beduidende rol moet speel in die bereiking van die regering se doelwit om die ekonomie met 6% te laat groei deur middel van die Versnelde Groei- en Ontwikkelingstrategie (AsgiSA). Ek glo dat die sukses van AsgiSA gaan afhang van die mate waarin ons in staat is om innoverend te dink sodat ons die kettings kan breek wat groei belemmer. |
39 | 06091515451004.txt | 2,166 | Wat is die geskiedenis hiervan? |
39 | 06091515451004.txt | 2,167 | Graan Suid-Afrika, by monde van mnr. Niekie Mouton het in die derde kwartaal van 2005 die Departement van Landbou: Wes-Kaap genader met 'n amptelike versoek om die lewensvatbaarheid van 'n bio-etanolbedryf in die Wes-Kaap te ondersoek. |
39 | 06091515451004.txt | 2,168 | n Model is deur ons landbou-ekonoom in samewerking met die Universiteit van Minnesota en die aanlegte ontwikkel. Die model stel ons in staat om die winsgewendheid van 'n etanolaanleg met mielies of koring as grondstof, wetenskaplik te ondersoek. Dit is 'n eerste vir Suid-Afrika. |
39 | 06091515451004.txt | 2,169 | Hoewel die Wes-Kaap provinsie nie 'n genoegsame hoeveelheid plantaardige olies soos kanola produseer om 'n grootskaalse bydrae tot energieverskaffing in die vorm van biodiesel te maak nie, bied die produksie van kleingrane soos koring, gars en veral korog 'n uitstekende geleentheid vir die vestiging van 'n etanolaanleg. |
39 | 06091515451004.txt | 2,170 | Die provinsie produseer die afgelope sewe jaar 'n gemiddelde surplus van 286 000 ton koring. Die koring word tans na ander bestemmings in Suid-Afrika uitgevoer. Dus sal die koringvoorraad wat vir menslike verbruik in die Wes-Kaap bestem is, nie deur die oprigting van 'n aanleg wat jaarliks 286 000 ton inneem, geraak word nie. |
39 | 06091515451004.txt | 2,171 | n Groot aantal van ons plaaslike bevolking (insluitende mans, vrouens, kinders en afgetredenes) is direk afhanklik van 'n bestaan uit hierdie streeksurplus koring. Die resultate van die gesamentlike Koringverslag van 2005 opgestel deur die Departement van Landbou: Wes-Kaap, Universiteit van Stellenbosch, Universiteit van Pretoria en die Universiteit van die Vrystaat, het duidelik onderstreep in watter benarde finansiële toestand hierdie bedryf verkeer. |
39 | 06091515451004.txt | 2,172 | Dié surplus koring is genoeg om jaarliks 102 miljoen liter etanol te produseer. Teen 'n insluitingskoers van ses persent etanol in petroleum behoort die koringbedryf in die verwagte vraag na etanol vir die provinsie te kan voorsien. Die Wes-Kaap verbruik nagenoeg 1 739 miljoen liter petroleum jaarliks. Hierdie syfer sluit die bydrae wat gars en veral korog tot die produksie van etanol kan maak, uit. |
39 | 06091515451004.txt | 2,173 | Die navorsingsresultate toon dat daar vir elke ton B3- en B4-graad koring wat aan die beoogde aanleg gelewer kan word, 'n direkte Randwaarde van R243 per ton toegevoeg word. Die aanleg toon 'n beraamde netto waarde van R69 miljoen in die eerste jaar. Hierdie syfer kan met R25 miljoen verhoog word, indien die aanleg etanol direk aan 'n petroleumaanleg lewer. Met ander woorde, indien dit nie nodig sou wees om 'n denaturant by die etanol te voeg voor lewering nie. Teen 'n eenmalige kapitaalbelegging van R302 miljoen realiseer die belegging 'n opbrengskoers van nagenoeg 30 %. |
39 | 06091515451004.txt | 2,174 | n Eenmalige kapitaalbelegging van R302 miljoen sal 'n bate vir die Wes-Kaap tot stand bring. |
39 | 06091515451004.txt | 2,175 | Tydens konstruksie sal 150 werkgeleenthede geskep word. |
39 | 06091515451004.txt | 2,176 | Om die aanleg te bedryf sal tot 50 nuwe gespesialiseerde werksgeleenthede geskep word. |
39 | 06091515451004.txt | 2,177 | Bykomend sal die oprigting van die aanleg tussen 560 en 750 nuwe werksgeleenthede in die ekonomie aanleiding gee. |
39 | 06091515451004.txt | 2,178 | In die koringbedryf sal 7 650 individue (insluitende mans, vrouens, kinders en afgetredenes) verseker wees van groter werkstabiliteit en 'n meer sorgvrye toekoms. |
39 | 06091515451004.txt | 2,179 | Die nasionale werkloosheidsyfer van 30 persent, wat sommige ontleders reken selfs hoër mag wees, kan dus effektief deur die ontwikkeling van 'n etanol aanleg verminder word. |
39 | 06091515451004.txt | 2,180 | Nuwe geleenthede vir entrepreneurs en opkomende produsente in die veevoer- en intensiewe veebedrywe (pluimvee, varke, vleisbeeste en suiwel) mag ontstaan. Die aanleg sal ongeveer 95 000 ton hoëproteïen-veevoer (gedroogde distileergraan met oplossings) produseer. |
39 | 06091515451004.txt | 2,181 | Met die groeiende mark vir koolsuurgas (CO2), veral vir toekomstige watersuiwering, sal die 95 000 ton koolsuurgas wat geproduseer gaan word, verwelkom word. |
39 | 06091515451004.txt | 2,182 | Vir die produksie van petroleum sal die plaaslike geproduseerde etanol Suid-Afrika minder afhanklik van ingevoerde ru-olie maak. |
39 | 06091515451004.txt | 2,183 | Wêreldwye kommer oor die verwarming van ons atmosfeer (veroorsaak deur die uitlaatgasse van voertuie wat koolstofdioksied bevat) word aangespreek deur meer etanol in petroleum in te sluit. |
39 | 06091515451004.txt | 2,184 | Internasionale ooreenkomste soos onder andere die Kyoto Protokol word in 'n toenemende mate nagekom. Etanol word nie, soos die ander oktaanverrykende bymiddels in petroleum, as 'n belangrike karsinogeen in uitlaatgasse beskou nie en sal ook nie grondwater besoedel nie. |
39 | 06091515451004.txt | 2,185 | Dit is belangrik om wyer te kyk as die tradisionele losstaande aanleg wat net etanol, voergraan en koolsuurgas (CO2) produseer. Ander tipe aanlegte moet ook ondersoek word. Dit is dus van belang om die bestaande investering in silo- en maalfasiliteite in ag te neem asook die produksie van produkte soos gluten, bio-gas, surplus elektrisiteit, organiese kunsmis en ammoniak. |
39 | 06091515451004.txt | 2,186 | Verdere landbou-ekonomiese navorsing sluit die evaluering van aanlegte in wat in hul eie energiebehoeftes (elektrisiteit) voorsien. Hierdie ondersoek word tans in samewerking met 'n Kanadese konsultasiemaatskappy gedoen. Verder heers daar onsekerheid oor die invloed wat 'n biodieselaanleg met ingevoerde sojabone as grondstof, op die lewensvatbaarheid van 'n etanolaanleg, asook die Wes-Kaap se ekonomie mag hê. Dit moet in die lig gesien word dat die neweprodukte van 'n etanol- en biodieselaanleg waarskynlik in die veevoermark sal meeding. Dit mag 'n onbekende impak op die kanola- en toerismebedryf in die Overbergstreek hê. |
39 | 06091515451004.txt | 2,187 | Ek glo dat die ontwikkelende etanolbedryf dus saam met die surplus kleingrane 'n uitstekende geleentheid vir groei en stabiliteit in die Wes-Kaap se ekonomie bied en is van mening dat ons die pas sal moet versnel in ons strewe om 'n voorloper in die bedryf te word. |
39 | 06091515451004.txt | 2,188 | Ek wil vir u baie sterkte toewens met die simposium en die hoop uitspreek dat u vandag daarin gaan slaag om heelwat stene te vorm wat as boublokke sal dien vir die toekoms. |
40 | 06091910451003.txt | 2,190 | Ek het so bietjie gaan rondsoek na 'n paar aanhalings oor varke en op 'n hele paar gesegdes afgekom soos: "hy gooi sommer met die hele vark", of, "hy skree soos maer vark", of, "hy het nie al sy varkies op hok nie", of, "where the hogs are many, the wash is poor". Ek glo dat die interessantste een is 'n aanhaling van Winston Churchill toe hy gesê het: "Ek hou van varke. Honde kyk op na ons en katte kyk neer op ons, maar varke behandel ons soos gelykes". Wat hy presies daarmee bedoel het, is ek nie so seker van nie. Wat ek wel weet is dat hoewel die aanhalings hierbo nie die vleiendste stellings is nie, is daar niks wat by varkvleis kom wanneer dit op jou bord is nie. Of jy nou 'n Duitser of Chinees of Suid-Afrikaner is, daar is bitter min mense wat nie van varkvleis in een of ander vorm hou nie. Varkvleis is wêreldwyd oral ewe gewild. |
40 | 06091910451003.txt | 2,191 | U bedryf is 'n baie belangrike rolspeler in die landbousektor in die Wes-Kaap. Landbou is die hoof steunpilaar in die provinsie se ekonomie, nie net om kos op die tafel te sit nie, maar in die verskaffing van werk, binne die bedryf en die gepaardgaande waardeketting. |
40 | 06091910451003.txt | 2,192 | Die Departement van Landbou in die Wes-Kaap en ekself plaas nie net 'n baie hoë premie op 'n goeie verhouding met u bedryf nie, maar strewe daarna om sover moontlik 'n groot ondersteunende rol te speel ten einde u produksie op te stoot en ook om u te beskerm teen ongewenste siektes. |
40 | 06091910451003.txt | 2,193 | U is almal bewus van die krisisse wat ons die afgelope jaar beleef het, beide wat varkboere en die volstruisbedryf aanbetref. Die wyse waarop ons mekaar se hande kon vat, om uit een mond te praat om sodoende die regte besluit te kon neem wat tot voordeel van die bedryf is, behoort te dien as voorbeeld van wat vermag kan word as ons saamstaan om oplossings te vind vir die uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar. |
40 | 06091910451003.txt | 2,194 | In 'n poging om opkomende boere te vestig en die ongelykhede van die verlede uit te wis, is die programme van die Departement grootliks op die transformasie van die landbousektor as geheel gefokus en plaas ons baie sterk klem op die behoorlike vestiging van nuwe boere. |
40 | 06091910451003.txt | 2,195 | Die rol van kommersiële boere mag egter nooit in die proses onderskat word nie en daarom kan die belangrikheid van navorsing as ondersteuning vir kommersiële boere nooit oorbeklemtoon word nie. Ek glo dat dit die plig van die Regering is om te sorg dat ons deur navorsing aan die voorpunt bly as ons ons markaandeel wil vergroot, ook binne u bepaalde bedryf. Navorsing en die toepassing van resultate het nie net direkte invloed op die bedryf nie, maar die ontwikkeling van die waardeketting help om ook meer werksgeleenthede te skep. |
40 | 06091910451003.txt | 2,196 | Ten slotte wil ek u bedank vir die baie belangrike rol wat u speel om toe te sien dat ons voldoen aan die internasionale standaarde deur middel van u doelwitte wat u vir uself gestel het en die dienste wat u lewer ten opsigte van opleiding, voedselsekuriteit, tegniese en aanverwante dienste. Die feit dat u organisasie op soveel forums, beide nasionaal en internasionaal verteenwoordig is, is aanduiding van die groot waarde wat u toevoeg tot die uitbou, nie net van landbou nie, maar die ekonomie as geheel. Ek hoop dat hierdie jaarvergadering ook vir u suksesvol sal afloop. |
41 | 06100416451002.txt | 2,198 | Op 14 November 2003 is Landbou met sy volledige waardeketting geïdentifiseer as een van die sleutelsektore in die ontwikkeling van strategieë wat 'n bydrae moet maak in die ekonomiese groei in die Wes-Kaap. Een van die belangrikste vereistes was dat die vier sosiale vennote, nl. regering, besigheid, arbeid en burgerlike samelewing ook deel van die proses moes wees wat hierdeur die nodige erkenning verleen aan die belangrike rol wat elkeen van die vennote in die ekonomie van die Wes-Kaap speel. |
41 | 06100416451002.txt | 2,199 | Die feit dat die strategie nie minder nie as 90 aksieplanne bevat is 'n teken van die verskeidenheid van Landbou en Landboubesigheid en die uitdagings en potensiaal wat daar binne hierdie sektor opgesluit lê, beide om nuwe stukrag aan die ekonomie te verleen en die klimaat en meganismes te skep wat sal bydra tot die verbetering van die kwaliteit van lewe van ons mense. |
41 | 06100416451002.txt | 2,200 | In 'n poging om opkomende boere te vestig en die ongelykhede van die verlede uit te wis, is die programme van die Departement grootliks op die transformasie van die landbousektor as geheel gefokus en moet ons baie sterk klem plaas op die behoorlike vestiging van hierdie nuwe boere. |
41 | 06100416451002.txt | 2,201 | Die rol van kommersiële boere mag egter nooit in die proses onderskat word nie en daarom kan die belangrikheid van navorsing as ondersteuning vir kommersiële boere nooit oorbeklemtoon word nie. Ek glo dat dit die plig van die regering is om te sorg dat ons deur navorsing aan die voorpunt bly. Navorsing en die toepassing van resultate het nie net direkte invloed op die bedryf nie, maar die ontwikkeling van die waardeketting help om ook meer werksgeleenthede te skep. |
41 | 06100416451002.txt | 2,202 | Die ontwikkeling van nuwe produksiestelsels om die weidingsproduksiepotensiaal en weikapasiteit van die vleisbeesproduksie-eenheid te verhoog sonder dat addisionele grond benodig word, is dus van onskatbare waarde. |
41 | 06100416451002.txt | 2,203 | Ontledings deur die Analitiese Laboratorium vorm deel van 'n totale inligtingspakkie van die Program Tegnologie, Navorsing en Ontwikkeling, wat ook onder andere bemestingsadvies, besproeiingsadvies en patologiese en entomologiese dienste insluit. |
41 | 06100416451002.txt | 2,204 | Die analitiese laboratorium van die Departement ontleed meer as 30 000 grond-, plant- en watermonsters jaarliks en is 'n onontbeerlike diens aan boere, adviseurs en ander rolspelers. Omdat hierdie laboratorium ook 'n kritiese rol gaan speel in die strategie van die Departement om die nadelige effekte van klimaatsverandering op landbou in die Wes-Kaap te buffer, is daar vanjaar toerusting van nagenoeg R2 miljoen vervang om steeds op die voorpunt van die nuutste ontledingstegnologie te bly. |
41 | 06100416451002.txt | 2,205 | U sien dus dat hierdie program Navorsing en Ontwikkeling 'n baie belangrike rol speel binne die totale bydrae van Landbou tot die die groei en ontwikkeling van die provinsie. Ek wil afsluit deur die personeel van Outeniqua te bedank vir hulle toewyding, nie net aan landbou nie, maar ook aan die mense van hierdie streek. Ek wil verder die hoop uitspreek dat u almal baat sal vind by dit wat ons vandag hier vir u gaan aanbied, sodat u hier sal weggaan in die wete dat ons saam met u wil verseker dat landbou daarin sal slaag om sy primêre doel te dien, naamlik om kos op die tafel te sit in die tuiste vir almal in die Wes-Kaap. |
42 | 06102711151002.txt | 2,207 | Naas die begrotingspos van Landbou elke jaar, is die provinsiale plaaswerker van die jaar toekenningsaand, vir my persoonlik, een van die hoogtepunte op die kalender van landbou in die Wes-Kaap. Hierdie kompetisie wat ses jaar gelede klein begin het, in een streek, en nou sy tweede jaar op provinsiale vlak beleef, is ook besig om sy vlerke wyer te sprei na ander provinsies in die land. Ek wil almal wat by die organisasie en die borgskappe van die kompetisie betrokke is, bedank vir u toewyding om van die kompetisie 'n sukses te maak. Dit is vir my 'n teken dat landbou en die baie produsente aan u as plaaswerkers wil sê dat ons weet julle maak 'n groot bydrae tot die sukses van landbou in die Wes-Kaap. Ons wil n boodskap aan u oordra dat ons wil hê dat u vir u 'n toekoms moet sien waar u ware vennote in die landbou is. As u in die oggend opstaan moet u met 'n lied in die hart gaan werk. Die boerdery moet aan u 'n geleentheid bied om u totale menswees te kan uitleef. |
42 | 06102711151002.txt | 2,208 | Dit is ook om hierdie rede dat ons selfs internasionale ooreenkomste aangaan om plaaswerkers oorsee te neem en op te lei as wynmakers en kaasmakers. Ons het reeds 32 wynmakers en agt kaasmakers in Frankryk laat oplei en stuur volgende maand vier persone na Frankryk om ondervinding in vatmakery en die instandhouding van vate, te gaan opdoen. Ons is trots op die prestasies wat van hierdie mense al behaal het met kampioen wyne en kase. |
42 | 06102711151002.txt | 2,209 | Daar is baie mense wat namens u as plaaswerkers wil praat en wil voorgee dat hulle u omstandighede wil verander. Die feit is dat baie van daardie mense self nog nooit 'n dag se werk op 'n plaas gedoen het nie. Hulle wil nou skielik vir ons kom sê hoe ons moet maak om u lewensomstandighede te verbeter, terwyl ons reeds op 'n gestruktureerde manier saam met die plaaswerkers van hierdie provinsie die probleme geïdentifiseer het en die plan daargestel het om dit aan te spreek. Die regering van die Wes-Kaap wil saam met u en die produsente en ander welmenende organisasies werk om u lewensomstandighede te verbeter. |
42 | 06102711151002.txt | 2,210 | Die seisoen van hoop waarvan President Mbeki vroeër vanjaar gepraat het moet nie net vir u 'n droom bly nie, dit moet aan u die geleenthede bied om u lewensomstandighede te verbeter. Om ware gestalte te gee aan hierdie seisoen van hoop sal daar egter nog baie aanpassings en veranderings moet kom om dit 'n beter plek vir ons almal te maak. Dit kan net gebeur as ons bereid is om 'n rekonstruksie en ontwikkeling van ons denke en ons optrede toe te laat. Oud President Mandela praat van 'n "RDP of the soul". |
42 | 06102711151002.txt | 2,211 | Ons het nodig dat u u kinders moet lief maak vir landbou, sodat hulle hulleself kan bekwaam vir die landbou deur formele opleiding. Soos wat ons wil hê dat u gebruik moet maak van die Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding, wil ons ook hê dat plaaskinders hulle op Elsenburg moet kom toerus om hulle plek vol te staan binne landbou. |
42 | 06102711151002.txt | 2,212 | Die jong mense van vandag is nie soos ons nie. Daar word gesê dat die jeug van vandag in hul lewe tot vyf keer van beroep gaan verander. Die jongmense van vandag is leergierig, heeltyd opsoek na nuwe uitdagings. Ons moet vir hulle wys watter wonderlike uitdagings en loopbane daar in landbou is. |
42 | 06102711151002.txt | 2,213 | Daar word so maklik gedink dat as jy in 'n landbou-rigting studeer of werk dat jy die een gaan wees wat net die vrugte moet pluk of die persoon wat die trekker moet ry. Dit is belangrik en nodig dat daar persone is wat daardie werke kan doen. Dit is ook nodig dat daar persone is wat die verskillende kultivars van vrugte kan verduidelik, navorsing kan doen, die grond kan ontleed en sê hoe dit verwerk moet word, die vrugte kan bemark en so kan ek aangaan. Dus, is dit uiters belangrik dat ons jeug besef dat beroepe in landbou, net soos in baie ander industrieë, sekere vaardighede benodig. Baie beroepe in landbou is 'n wetenskap en dit gaan verder as net op die plaas werk. Daar moet veearste, landbouingenieurs en voorligters wees om die landbousektor en sy werknemers te kan ondersteun. Vir baie van u is dit nog nie te laat om gebruik te maak van die opleidingsgeleenthede wat deur die departement aangebied word nie. |
42 | 06102711151002.txt | 2,214 | Die Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding op Elsenburg is verantwoordelik vir die opleiding vir loopbane in Agritoerisme, Diereproduksie, Pomologie (studie van vrugte), Voorligting, Groenteverbouing, Agronomie, Wynkunde en Wingerdbou. |
42 | 06102711151002.txt | 2,215 | Kennis is mag. Kennis stel jou in staat om jou horisonne te verbreed. U wat aan hierdie kompetisie deelgeneem het, het getoon dat u bepaalde kennis het oor u vakgebied en u het dit duidelik gemaak dat u nog verder wil leer. Dit hoort so. U moet ideale hê. kan nooit ophou om hoër op die leer van kennis te wil klim nie. |
42 | 06102711151002.txt | 2,216 | Aan die wenners wil ek sê: Baie geluk. U moet weet dat die druk nou groot is en dat die uitdagings nou voorlê. Aan elke deelnemer, of jy gewen het of nie, wil ek sê: noudat jy op die leer van prestasie begin klim het, is daar nie ophou nie. Elke keer as jy dink jy is bo sal jy agterkom die leer het weer langer geword. So as jy bo gekom het, hou aan met klim. Jou beste prestasie nou, het jou net in posissie geplaas om die volgende uitdaging te oorkom. |
43 | 06103010151001.txt | 2,218 | Ek is ingelig dat die Nasionale Seereddingsinstituut van Suid-Afrika (NSRI) plaaswerkerkinders in die gebiede van Worcester, Mosselbaai, die Kaapse Metropool en Knysna, bewus wil maak van water en hulle wil oplei in die veilige benutting van waterbronne. Met ander woorde, hulle wil julle leer hoe om op te tree op plekke soos damme en riviere waar julle met water in aanraking kom.. |
43 | 06103010151001.txt | 2,219 | In hierdie wonderlike sonnige land van ons waar ons graag in die water wil baljaar, is dit tragies dat verdrinking die tweede hoogste rede vir sterfte as gevolg van beserings is. |
43 | 06103010151001.txt | 2,220 | Dit is veral by voorheen benadeelde en plaaswerkergemeenskappe waar die grootste risiko's voorkom en veral onder die ouderdomsgroepe van een tot vier jaar en dan weer in die groep van nege tot 14. Alkohol speel ook 'n baie groot rol by verdrinkings in Suid-Afrika. |
43 | 06103010151001.txt | 2,221 | Daar is feitlik elke dag insidente van verdrinkings of amperse verdrinkings. Daar is tot 700 vrywilligers by Sea Rescue op bystand 24/7/365 om mense en bote te hulp te snel, wat in die moeilikheid raak. |
43 | 06103010151001.txt | 2,222 | Ons sien baie hoe die Vodacom-Netcare Seereddings helikopters gedurig rondvlieg en besig is om tussen die see en damme rond te vlieg om mense te red, veral gedurende die somer. |
43 | 06103010151001.txt | 2,223 | Baie Suid-Afrikaanse jongmense en kinders word aan wateraktiwiteite blootgestel sonder dat hulle weet van die potensiële gevare van water in die see, damme, riviere, mere en reservoirs. |
43 | 06103010151001.txt | 2,224 | Daar is baie kinders wat verdrink terwyl hulle afkoel of speel op plekke waar daar water voorkom, net omdat daar geen toesig of beheer is nie, of omdat hulle nie die reëls vir die veilige gebruik van water ken nie. Baie kinders van die platteland verdrink wanneer hulle by die see kom omdat hulle nie bekend is met die toestande van die see nie. |
43 | 06103010151001.txt | 2,225 | Hierdie NSRI Water Wise projek bestaan uit 'n reeks werkswinkels wat daarop gemik is om kinders en jongmense op te voed wat met verantwoordelikheid en kennis die waterbronne kan geniet. Die werkswinkels is bedoel om basiese vaardighede oor te dra waaroor alle watergebruikers moet beskik. |
43 | 06103010151001.txt | 2,226 | Kennis van veiligheidsmaatreëls in en naby water ten opsigte van getye seestrome, windrigtings en plaaslike omstandighede. |
43 | 06103010151001.txt | 2,227 | Wat om in 'n noodgeval te doen; wie om te kontak en aksies wat geneem moet word terwyl daar op hulp gewag word. |
43 | 06103010151001.txt | 2,228 | Aksies by die omslaan van 'n boot en die toerusting wat nodig is. |
43 | 06103010151001.txt | 2,229 | Praktiese CPR opleiding. Elke kind kry n mondstuk en word aangemoedig om mond tot mond asemhaling op die pop te oefen. |
43 | 06103010151001.txt | 2,230 | Die werwing van die volgende generasie reddingswerkers en die kweek van 'n kultuur van vrywillige betrokkenheid om iets terug te gee aan die gemeenskap. |
43 | 06103010151001.txt | 2,231 | Noue samewerking met paramedici. Die werkswinkel leer van die basiese noodhulp aan pasiënte en die belangrikheid van die eerste paar minute wat krities is vir die pasiënt. |
43 | 06103010151001.txt | 2,232 | Die doel is om aan 5 000 kinders praktiese ondervinding van CPR te gee tydens die Water Wise werkswinkel. |
43 | 06103010151001.txt | 2,233 | Water Wise moet maklik toeganklik wees in die platteland en die doel is om dit deeglik bekend te stel in die Wes-Kaap oor 'n vyf jaar periode sodat die blootstelling aan die beginsels van veiligheid en CPR so wyd as moontlik sal wees. |
43 | 06103010151001.txt | 2,234 | Ek wil dankie sê aan Water Wise wat 'n nie winsgewende organisasie is en 'n vertakking van die NSRI is wat hierdie wonderlik werk gaan doen om aan julle en baie ander kinders op die platteland die beginsels van veiligheid in en om die water gaan leer. Dankie dat u bereid is om ook op hierdie manier vir ons kinders 'n geleentheid te bied vir veilige watergebruik in die Tuiste vir almal. |
44 | 06110310451001.txt | 2,236 | Vanmiddag word nog 'n hoofstuk geskryf in die proses om die ongeregtighede van die verlede uit te wis en aan mense wat vir geslagte bygedra het tot die opbou van die landbousektor in Suid-Afrika, 'n regmatige plek binne die sektor te gee. |
44 | 06110310451001.txt | 2,237 | Twaalf jaar gelede het die regering begin om planne in werking te stel wat gehoor moes gee en uitvoering moes bring aan die selfopgelegde taak om toe te sien dat die grond en rykdom verdeel sal word tussen die wat dit besit, diegene wie dit help bewerk het, die wie 'n behoefte het om grond te besit en te bewerk, maar nog nooit 'n geleentheid gehad het om dit te doen nie. |
44 | 06110310451001.txt | 2,238 | Ons het dit vir onsself ten doel gestel om vir eens en vir altyd toe te sien dat rasgebaseerde beperking op grondeienaarskap tot 'n einde sal kom deur die nodige middele en infrastruktuur te voorsien. Ons wil dit moontlik maak vir elke Suid-Afrikaner om die eienaar van sy of haar stukkie grond te word, hetsy om daarop te woon of om dit te bewerk in 'n poging om 'n bestaan daaruit te maak en ook in 'n poging om hongersnood en armoede te beveg. |
44 | 06110310451001.txt | 2,239 | Die vryheidsmanifes sê dat die staat die kleinboere sal voorsien van implemente, saad, trekkers en damme om die grond te bewaar en die werkers te ondersteun terwyl vryheid van beweging gewaarborg sal word. |
44 | 06110310451001.txt | 2,240 | Dit is vir ons belangrik dat ons 'n nuwe generasie boere moet vestig wat toegerus sal word om volhoubaar te boer in 'n poging om nog meer werksgeleenthede te skep en sodoende 'n positiewe bydrae te lewer tot die bestryding van armoede. Ons by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap het ook sekere aanpassings gemaak om suksesvol hierdie uitdagings te deel. Ons fokus baie ernstig op die voorsiening en voorligting; ondersteuning en fasilitering van opleiding van boere, met spesiale aandag aan opkomende boere in die implementering van grondhervormingsprogramme en landelike ontwikkelingsprojekte. |
44 | 06110310451001.txt | 2,241 | Ons het die afgelope jaar geweldig vordering gemaak ten opsigte van die uitbreiding van vaardigheidsopleiding aan plaaswerkers en hulpbronarm boere uit die historiese benadeelde gemeenskappe. Op hierdie manier is die regering van die Wes-Kaap saam met u besig om op 'n doelgerigte manier die ongeregtighede van die verlede uit te wis. |
44 | 06110310451001.txt | 2,242 | Vir ons is "Waardigheid, Billikheid en Welvaart" die pilare waarop IKAPA ELIHLUMAYO staan, in ons strewe om 'n tuiste vir almal in die Wes-Kaap te skep. Dit is net onder die vaandel van die ANC wat ons werklik ernstig besig is om armoede te bestry, ongelykhede uit te wis en sodoende die kwaliteit van lewe van al die mense te verbeter. |
44 | 06110310451001.txt | 2,243 | Hierdie tuiste wat die regering wil skep vir almal, beteken ook dat ons projekte, soos hierdie waarby u betrokke is, in ons gemeenskappe wil vestig om u deel te laat hê aan ekonomiese welvaart wat ons in die provinsie wil skep. Dit beteken dat u wat by hierdie projek betrokke is, op 'n waardige wyse ondersteun moet word om u regmatige plek binne die landbousektor te kan inneem. |
44 | 06110310451001.txt | 2,244 | Hierdie projek is 'n sprekende voorbeeld van wat vermag kan word wanneer kommersiële boere en werkers mekaar se hande vat vir die bereiking van die doelwitte wat die regering gestel het vir bemagtiging in die landbousektor. Dit is projekte soos hierdie wat ons sal help om die grondhervormingsdoelwit van 30% teen 2014 te behaal. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.