document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
50
06121508451001.txt
2,351
Om hierdie rede is dit belangrik dat ons met mekaar in 'n vennootskap sal tree om saam met ons maatskaplike en besigheidsvennote daarna te streef dat landbou sy volledige bydrae kan maak tot ekonomiese stabiliteit en groei en ontwikkeling wat tot voordeel moet strek van almal in die land. Ek wil vandag aan u as graduandi 'n uitnodiging rig om van meet af aan deel te wees van hierdie vennootskap. Ons het u nodig.
50
06121508451001.txt
2,352
Ek wil afsluit deur vir u te vra hoe gereed is u vir die opwindende uitdagings wat vir ons voorlê en hoe bereid is u om hierdie pad te stap. Ek wil u geluk wens met u akademiese prestasies en die positiewe resultate op u harde werk (miskien vir sommige minder hard as vir ander) en vir u alle seën toewens op u pad vorentoe.
51
07010808451001.txt
2,354
Dit is vir my 'n groot voorreg om vandag met u 'n paar gedagtes te wissel oor misdaad omdat dit in vandag se tye so maklik is om 'n slagoffer te word en daardeur net nog 'n misdaadstatistiek te word.
51
07010808451001.txt
2,355
Ons leef in 'n gemeenskap waar ons onself omring met mure en doringdraad; ons leef in 'n gemeenskap waar ons onsself toesluit agter tralies en waar die uitsig wat ons vanuit ons huise het lyk soos die van 'n tronk. Ons strate is nie meer veilig nie, ons perspektief het totaal verander omdat elke aksie wat ons doen gemeet word aan hoe veilig dit vir my en my kinders is. Daar is nie een van ons wat nie of direk of indirek die impak van misdaad op ons lewens gevoel het of 'n slagoffer was nie.
51
07010808451001.txt
2,356
Ek gee graag 'n kort oorsig oor misdaad statistieke wat in 2006 vrygestel is.
51
07010808451001.txt
2,357
Hierdie syfers is egter nie die ware prentjie nie. Die algemene verwagting is byvoorbeeld dat slegs sowat 50% van verkragtings en poging tot verkragting aangemeld word. Benewens die fisiese trauma van verkragting of 'n aanval, is een van die ergste gevolge van sulke misdade vir Suid Afrikaanse vroue die herbevestiging van die persepsie dat vroue, en spesifiek meisies, swak slagoffers en maklike teikens vir mishandeling is. Daar is bereken dat misdaad die land ongeveer R30 miljard 'n jaar kos wat 'n astronomiese bedrag is wat eerder ander belangrike prioriteite vir die land se ontwikkeling kon befonds.
51
07010808451001.txt
2,358
Terwyl dit lyk asof misdaad op straat 'n afname kan beleef is daar kommer oor die misdaad wat in ons huise afspeel agter ons hoë mure en waarvoor die gemeenskap sy oë sluit en daarmee stilswyend goedkeuring verleen.
51
07010808451001.txt
2,359
Hiervan bly kindermishandeling waarskynlik een van die mees skokkendste. Skrikwekkend is dat in 83% van hierdie gevalle ken die slagoffers die oortreders. Weer eens wys statistieke dat slegs 15 uit 100 gevalle aangemeld word. Die mishandeling van kinders word beskou as misdaad wat nie raakgesien word nie en dit lyk asof die gemeenskap sy gevoel van omgee verloor het. Daarom is hierdie inisiatief soveel te meer belangrik want dit lyk asof die gemeenskap in die geval nie sy kinders vergeet nie.
51
07010808451001.txt
2,360
Duisende vroue en kinders word aan geweld en seksuele misbruik in hul eie huise onderwerp. Dikwels is dit juis diegene wat die naaste aan hulle is wat die kinders en of vrouens mishandel en verneder.
51
07010808451001.txt
2,361
Die provinsiale regering van die Wes-Kaap sit nie op sy louere en verwag dat ander organisasies moet inspring en help om slagoffers by te staan en te ondersteun nie. Daar is veel eerder 'n interaksie tussen regeringsdepartemente, nie-regeringsorganisasies, kerkorganisasies en belangegroepe wat almal tot 'n mindere of meerdere mate inspring om die lot van slagoffers te verlig en bystand te verleen waar nodig.
51
07010808451001.txt
2,362
Dit is een van die redes waarom die Wes-Kaap en die nasionale Departement van Onderwys programme in ons skole aanbied om jong dogters toe te rus met selfverdedigingsvaardighede om terug te kan slaan. Die Slaan Misdaad Hokveldtog verminder nie net die kanse dat vrouestudente aangeval sal word nie, maar spreek ook die wanindruk aan dat vroue en meisies hulleself nie kan verdedig nie en magteloos is. Ons kinders moet geleer word dat mishandeling nie 'n norm is nie, en dat geweld die uitweg van lafaards is wat nie in die gemeenskap tuishoort nie.
51
07010808451001.txt
2,363
Die Departement van Gemeenskapsveiligheid werk saam met die Departement van Maatskaplike Dienste om vrywilligers op te lei om met die berading van verkragting slagoffers te help, en ook om polisiebeamptes in staat te stel om sulke gevalle op 'n behoorlike en sensitiewe wyse te hanteer.
51
07010808451001.txt
2,364
Voorts het die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se projek Veilige Skole 'n begroting toegewys om veiligheidskomitees by elke skool dwarsdeur die provinsie in te stel om veiligheidsplanne vir goedkeuring en inwerkingstelling voor te lê.
51
07010808451001.txt
2,365
Gemeenskapspolisiëringsforums (GPFs) het 'n groot rol te speel in die herstel van vertroue en die bou van bande tussen die gemeenskap en die polisie.
51
07010808451001.txt
2,366
Bou van vennootskappe met die SAPD.
51
07010808451001.txt
2,367
Dit alles gese is dit duidelik dat alles wat gedoen word slegs reaktiewe stappe is en dat daar 'n dieper liggende probleem in die gemeenskap teenwoordig is.
51
07010808451001.txt
2,368
n Gebrek aan respek vir menslike lewe daar is 'n afname in beheer van ouers van hul kinders daar is 'n gebrek aan gesag en gesagstrukture misdaad en korrupsie misbruik van alkohol en dwelms misbruik van vroue en kinders en ander weerlose lede van ons gemeenskap n Gebrek aan respek vir ander mense en hul eiendom n Algemene benadering van selfgesentreerdheid en 'n gebrek aan omgee vir andere.
51
07010808451001.txt
2,369
Wat egter kommerwekkend is, is dat ongeveer 3 000 jongmense per maand in die Wes-Kaap gearresteer word. 50% van ons leerders verlaat die skole vroeg wat nie help om die werkloosheid wat tans op 26,8% staan te verlig nie.
51
07010808451001.txt
2,370
Iemand het eenkeer gesê dat as 10% van mense rooi lig verontagsaam dan word dit 'n norm en word dit 'n algemene gebruik. Geen regering - op watter sfeer ookal - kan alleen die taak aanpak om mense weer op die regte pad te bring nie. Wat ons nodig het is 'n morele herlewing waartoe elke individu homself verbind Oud President Mandela het gepraat van 'n RDP van die siel.
51
07010808451001.txt
2,371
Moraliteit hou die sleutel tot 'n gesonde gesinslewe, en 'n gesonde gesinslewe is die sleutel tot soveel goed waarna ons streef, soos suksesvolle opvoeding, 'n misdaadvrye samelewing, standvastige en vredeliewende gemeenskappe - om maar 'n paar te noem. Elkeen van ons moet vandag persoonlik onderneem om 'n verskil by ons huise te maak. Ons moet ons houdings, ons waardes en ons sedes ondersoek.
51
07010808451001.txt
2,372
Daarom het die regering begin met veldtog van morele hernuwing en het ons juis in die Wes-Kaap al verskeie werkswinkels gehad oor die morele hernuwing wat so nodig is - ook in ons eie gemeenskap.
51
07010808451001.txt
2,373
Ons het 'n nuwe moraliteit nodig op elke terrein van ons lewe want ons het 'n samelewing geword wat sy oë gesluit het vir die lot van diegene rondom ons, ons het 'n samelewing geword wat die materiele jaag en nie omgee wie in die proses seerkry of benadeel word nie. Ons het samelewing geword wat hul oe sluit vir die seer van 'n kind wat mishandel word en ons het 'n samelewing geword wat diegene verwerp wat MIV/Vigs onder lede het.
51
07010808451001.txt
2,374
Ek wil graag ook in die verband waardering uitspreek teenoor die vrywilligers in die Gemeenskapspolisiëringsforums wat onvermoeid werk, saam met die SAPD, om die ideaal van 'n misdaadlose gemeenskap te vestig.
51
07010808451001.txt
2,375
Dit is inisiatiewe wat uit die gemeenskap kom wat 'n instrumentele rol kan speel in die herstel van vertroue tussen die polisie en die gemeenskap. Projekte wat in vennootskap tussen die gemeenskap en die SAPD plaasvind sal ongetwyfeld bydrae daartoe om misdaad te beperk en ons omgewings weer leefbaar en vry van kriminele aktiwiteite te maak.
52
07022610151002.txt
2,377
U dominansie in die stapelvoedselarena wat gerugsteun word deur u diep gewortelde ankers in die mielie- en koringbedrywe, as meulenaars, asook verskeie ander vertakkinge in die voedselbedryf, maak van u by uitstek 'n sleutelspeler ten opsigte van voedselsekuriteit in Suid-Afrika. Om hierdie rede is dit vir my 'n besondere eer om 'n paar gedagtes met u te mag wissel vanuit 'n landbou-oogpunt.
52
07022610151002.txt
2,378
Daar is sekere universele uitdagings waarmee die breë landbousektor sal moet deel indien ons wil verseker dat daar volgehoue groei binne die sektor is.
52
07022610151002.txt
2,379
b die vervaardiging van genoegsame veilige, gesonde sowel as omgewings- en sosiaal vriendelike landbouprodukte c die hantering van uitdagings deur kompetisie van sommige van ons mededingers as gevolg van subsidies en tariefplafonne en die beskerming van bestaande buitelandse markte d toenemende nasionale en internasionale sensitiwiteit oor die veiligheid van voedsel van dier- en plantoorsprong.
52
07022610151002.txt
2,380
e konstruktiewe bydrae tot die ontwikkeling van Afrika deur die Nuwe Vennootskap vir die Ontwikkeling van Afrika NEPAD.
52
07022610151002.txt
2,381
Dit blyk duidelik uit beide die President en die Premier van die Wes-Kaap se openingsredes van die onderskeie parlemente dat die geveg teen armoede nou die fase bereik het waar dienslewering op alle vlakke daarop ingestel moet wees om die ekonomie te laat groei sodat ons nuwe werksgeleenthede kan skep wat die katalisator moet wees om die grense van armoede te verskuif.
52
07022610151002.txt
2,382
In hierdie verband het President Mbeki reeds verlede jaar in sy openingsrede van die parlement die landbousektor geïdentifiseer as een van die sektore wat 'n beduidende rol moet speel in die bereiking van die regering se doelwit om die ekonomie met 6% te laat groei deur middel van die Versnelde en Gedeelde Groeistrategie(AsgiSA). Binne die Departement van Landbou is daar verskeie programme wat deur hulle bydraes die klimaat help skep om die grondslag vir sukses te lê. Die sukses van AsgiSA gaan afhang van die mate waarin ons in staat is om innoverend te dink sodat ons die kettings kan breek wat groei belemmer.
52
07022610151002.txt
2,383
Dit is dus duidelik dat die skepping van inkomste- en werkgeleenthede in Suid-Afrika 'n hoë prioriteit in ontwikkelingstrategieë geniet. Hoewel landbou as 'n sleutelsektor beskou word, word die volle rol van landbou in so 'n ontwikkelingstrategie egter selde goed verstaan.
52
07022610151002.txt
2,384
Omdat voedsel die oorgrote gedeelte van marginale uitgawes uitmaak onder laer-inkomstegroepe, bied boerdery die fisiese goedere om toenemende werksverskaffing, hoër looninkomste en verbeterde lewenstandaarde te verseker.
52
07022610151002.txt
2,385
Toenemende landbouproduksie genereer beide indiensneming en inkomstebinding dwarsdeur die ekonomie, wat weer op sy beurt aangewend kan word in werkverskaffingstrategiëe in industrieë en besighede.
52
07022610151002.txt
2,386
Die verhouding tussen landbouproduksie, ekonomiese groei, werkverskaffing en sosiale harmonie is duidelik: Indien 'n toename in werksgeleenthede, veral van laer-inkomstegroepe, nie saamval met gepaardgaande stygings in landbouproduksie nie, sal daar 'n ontoereikende vraag na voedsel en reële landbouproduksie en die verwante intersektorale skakeleffekte en vermenigvuldigers wees. Dit is belangrik om skepping van werksgeleenthede in verband te bring met entrepreneur-ontwikkeling, omdat dit reeds bewys is dat so 'n benadering 'n betekenisvolle bydrae lewer tot die skep van werksgeleenthede en inkomste. Deurlopende landbou-ontwikkeling is 'n voorvereiste vir hierdie bydraes. U maatskappy het myns insiens 'n baie groot rol te vervul in hierdie verband.
52
07022610151002.txt
2,387
Dit is belangrik om die uitdagings wat landbou in die gesig staar meer breedvoerig aan te spreek aangesien die sukses van die totale landbousektor gaan afhang hoe spoedig ons hierdie uitdagings aanpak.
52
07022610151002.txt
2,388
Grondhervorming en Swart Ekonomiese Bemagtiging is tans die prioriteit van die regering op landbougebied met die oog op maatskaplike, politieke en ekonomiese stabiliteit, veral omdat die pas van grondhervorming tot nou toe baie stadig was. In die Wes-Kaap is daar in die eerste 12 jaar slegs 83 000 hektaar grond aan voorheen benadeelde persone oorgedra. Met ons verskerpte poging het ons egter verlede jaar 125 000 hektaar oorgedra. Dit is egter nog ver van die 383 000 hektaar wat ons jaarliks tot 2014 sal moet oordra indien ons die 30% doelwit wil bereik. Ons moet bou op die suksesverhale en groter klem lê op mentorskap as ons daarin wil slaag om nuwe boere volhoubaar te vestig.
52
07022610151002.txt
2,389
Die veranderende omstandighede in die vraag na landbouprodukte beteken dat die prys van produkte onbepaald onder druk gaan verkeer. Die veranderende wisselkoers maak dit onmoontlik vir produsente om behoorlik te beplan, terwyl die penetrasie van tradisionele markte deur ander mededingers daagliks 'n faktor is waarmee rekening gehou moet word.
52
07022610151002.txt
2,390
Die landbousektor is een van die primêre bewakers van ons natuurlike hulpbronne en biodiversiteit. Behalwe die verantwoordelike gebruik van ons hulpbronne, word die veranderende klimaatsomstandighede 'n al hoe groterwordende faktor in die volhoubaarheid en produksievermoë van produsente. Die ontwikkeling van nuwe programme is dus van kardinale belang. Ek wil vandag tot u 'n versoek rig om saam met ons in vennootskap te gaan om ons navorsingsinisiatiewe verdere stukrag te gee.
52
07022610151002.txt
2,391
Voorsitter, ek wil afsluit deur u weer eens te bedank vir die geleentheid om met u te verkeer. Ek wil u gelukwens met u maatskappy se uitstekende resultate en die hoop uitspreek dat u u doelwitte vir die nuwe jaar sal bereik. Ek wil u egter met een laaste versoek laat, naamlik om met ons in gesprek te tree sodat ons as vennote saam kan werk om die primêre doel om landbou te beskerm naamlik om bekostigbare kos op die tafel te sit van al ons mense.
53
07042010151002.txt
2,393
Hierdie stelling is baie van toepassing op die mense op die Koebeeberg by Vanrhynsdorp. Vir baie jare gaan die boere in die area al gebuk onder 'n tekort aan drinkwater vir hulself, hul werkers en hul vee. 'n Oplossing is gevind deurdat die nasionale Departement van Landbou bereid was om te help en uiteindelik was ongeveer 50% van die befondsing deur hulle voorsien terwyl die res deur die Departement Landbou: Wes-Kaap bygedra is.
53
07042010151002.txt
2,394
Die totale kapitaalkoste van die skema is ongeveer R2 miljoen. Vier pompe voorsien deur 18 kilometer pyplyn en 21 opgaartenks nou drinkwater aan nege plase met ongeveer 200 mense in seisoentyd asook die vee op die plase. Elke plaas het 'n watermeter en sal maandeliks 'n rekening vanaf die Watergebruikersvereniging kry vir die hoeveelheid water gebruik.
53
07042010151002.txt
2,395
Die afgelope dekade is meer as 70 onsuksesvolle boorgate deur die agt grondeienaars laat boor in 'n poging om die tekort aan drinkwater op te klaar, maar ongelukkig sonder enige sukses.
53
07042010151002.txt
2,396
Dit is ook nie toevallig dat hulle nie water gekry het nie. Die geologie van die gebied is sodanig dat die waterhoudende Peninsula-formasie van die Tafelbergsandsteen by die Kobeeberg baie diep geleë is en dit dus baie diep boorgate sou benodig om tot in die waterhoudende formasies te boor. Die koste van so 'n boorgat sou waarskynlik gelykstaande wees aan die koste van die hele skema wat nou voltooi is en geen grondeienaar sal dit kan bekostig nie.
53
07042010151002.txt
2,397
Drinkwater vir mens en dier is dus vir baie jare oor groot afstande en teen groot koste en ongerief aangery, in sommige gevalle tot 50 km ver. 'n Kenmerk van die droë gebiede van ons land is dat die mense daar barmhartige Samaritane is wat bereid is om ander te help en wat hulle het, met ander te deel. So kon die mense bo-op die berg water verkry vanuit boorgate onder die berg, wat hulle self moes aanry.
53
07042010151002.txt
2,398
Die grondeienaars het die departement genader om hulp, waarna die tegniese aspekte van die die voorgestelde projek ondersoek en ontleed was. Twee oplossings was moontlik, 'n diep boorgat soos hierbo beskryf of 'n boorgat onder teen die voet van die berg en 'n pomplyn om die water aan die plase te voorsien.
53
07042010151002.txt
2,399
Laasgenoemde opsie was die beste oplossing en 'n boorgat is geboor, maar wat ongelukkig nie veel water gelewer het nie.
53
07042010151002.txt
2,400
n Barmhartige Samaritaan, in die persoon van Johan Smith, het die boorgat op sy plaas beskikbaar gestel vir die skema en die beplanning en ontwerp van die pompskema kon begin. Weens die rotsagtige gebied loop die pyplyn oor groot gedeeltes bo-op die grond, wat weer eiesoortige probleme opgelewer het. Eerstens is die ultra-violetstrale van die son skadelik vir die pype self en brande sal groot skade aan die pyplyn kan aanrig.
53
07042010151002.txt
2,401
n Oplossing vir die son se aanval op die pype is gevind deur hoëdigtheid-poli-etileen (HDPE) pype te gebruik, maar die pyplyn sal deur die grondeienaars met klippe toegepak moet word om brandskade te voorkom. 'n Groot uitdaging was wie eienaarskap vir die skema en die bedryf en instandhouding daarvan sou aanvaar. Die Vanrhynsdorp Watergebruikersvereniging het hulle bereid verklaar om die funksies te verrig en die enigste probleem wat oorgebly het was om die fondse vir die projek te bekom, makliker gesê as gedaan.
53
07042010151002.txt
2,402
Tenders is ingewin vir die voorsiening en instalering van die toerusting en pype en weens die ontoeganklikheid van die gebied, moeilike omstandighede en kort konstruksie-periode voor die einde van die finansiële jaar, is slegs drie tenders ontvang, wat heelwat hoër was as wat verwag is. Gelukkig kon die addisionele befondsing bekom word deur die herprioritisering van projekte en die kontrak toegeken word.
53
07042010151002.txt
2,403
Toe het die probleme die kontrakteur s'n geword. Bestellings kon teen einde November 2006 geplaas word vir aflewering in Januarie 2007, wat geen maklike uitdaging is nie, die hele land kom mos tot stilstand in daardie tyd. Verskaffers het hul deel gedoen en in Januarie kom konstruksie 'n aanvang neem, met eiesoortige probleme. Temperature van meer as 50° Celsius het veroorsaak dat die masjien wat die pyplasse moes doen, nie wou werk nie.
53
07042010151002.txt
2,404
Die kontrakteur, Bergland Landboudienste, het egter nie moed opgegee nie en die skema betyds voltooi en vandag kan almal die vrugte pluk van die baie werk wat oor die afgelope twee jaar ingesit is om 'n sukses van die projek te maak.
53
07042010151002.txt
2,405
Die Koebeebergskema is 'n bewys van wat vermag kan word as daar samewerking is tussen alle rolspelers en elkeen bereid is om sy deel by te dra. In dié geval was dit die grondeienaar wat sy boorgat tot beskikking van die gemeenskap gestel het, die Watergebruikersvereniging wat eienaarskap asook aanspreeklikheid vir die bedryf en instandhouding van die skema ontvang het, die samewerking tussen die nasionale en provinsiale departemente van landbou en 'n kontrakteur wat bereid was om die ekstra myl te loop om die projek betyds onder moeilike omstandighede te voltooi.
53
07042010151002.txt
2,406
n Reusebydrae tot die sukses van die projek is ook gelewer deur die plaaslike ingenieurstegnikus van die departement wat baie ure ingesit het en altyd beskikbaar was om hulp te verleen.
54
07060416151001.txt
2,408
Effektiewe Staatsbeheerde Ondernemings (SO) is van kardinale belang vir enige ontwikkelende land. Die kompleksiteit en dinamika van die globale ekonomie, krag van market en groei van globale beleggingspatrone bied uitdagings aan alle state wat die strategiese doel van ekonomiese groei nastreef. Dienooreenkomstig het ons besluit om staatsbesit in sleutel-areas van die ekonomie te steun as 'n strategiese doelwit.
54
07060416151001.txt
2,409
Die SO moet dus finansieël lewensvatbaar wees om bronne in nasionale en internasionale kapitaalmarkte te mobiliseer. Onderwyl die staat in die aanvanklike fase die SOs kan kapitaliseer en in ander spesifiek gedefinieërde omstandighede deur sy eie finansiële bates en kapitaalmarkte aanvul. Dit verg 'n sterk balansstaat en die vermoë om met private kapitaal in vennootskap te tree.
54
07060416151001.txt
2,410
Operasionele effektiwiteit is nog 'n mikpunt vir die SOs. Dít verg bestuurs-, menslike hulpbron- en tegnologiese kapasiteit wat op dieselfde vlak as 'n beste praktyk funksioneer. Saam kan die SO 'n reuse-impak op die ekonomie hê deur middel van beleggings, menslike hulpbronne en ontwikkelingsprogramme.
54
07060416151001.txt
2,411
Sover die staat die ware nut van diamante in Suid-Afrika wil steun is dit duidelik dat Alexcor die ideale voertuig is om dit reg te kry. Alexcor het egter twee bykomstige rolle om te vertolk en albei is belangrik vir ontwikkelings redes. Die eerste hiervan is 'n kommersiële voertuig wat die gemeenskap van die Richtersveld betrek by hul eie ontwikkeling. Die tweede is 'n onlangse, maar in effek, gelyksoortige objektief en dit sal die basis skep vir die rasionalisasie van Namakwaland se diamantvelde. Die onsekerheid oor grondeise het Alexcor egter in 'n baie netelige finansiëele operasionele posisie geplaas. Tyd is op 'n premie, anders sal ons geen keuse hê om seker aktiwiteite te staak en van ander ontslae te raak nie.
54
07060416151001.txt
2,412
Infraco is gestig om te verseker dat ons 'n essensiële kommunikasie-ruggraat skep. Dit is geensins meer moontlik om in die globale kennis-ekonomie van vandag te kompeteer sonder lae koste bandwydte wat ook betroubaar en oor die algemeen, beskikbaar is nie. Daar is sake-ondernemings wat 'n bestaansreg in ons ekonomie sou hê indien die koste verbonde aan bandwydte nie so hoog was nie. Suid-Afrika se ekonomiese groei bly gekortwiek deur gebrekkerige en duur bandwydte.
54
07060416151001.txt
2,413
Denel n Bedrag van R400 miljoen is verkry deur die afsetting van bates wat nie as essensieël beskou word nie. Die afsetting van Denel se oorblywende bates wat nie essensieël is nie, sal in die 2007/08 finansiële jaar geskied. Die verdere konsolidasie van Denel bly 'n sleutel-objektief en my department, Denel en die Departement van Verdediging werk ten nouste saam in dié verband. Wat verdedigingskontrakte aanbetref is 'n aantal kontrakte met plaaslike industrieë aangegaan, insluitend die Hoefyster Infanterie Gevegsvoertuig kontrak en die ontwikkeling van die vyfde generasie A-Darter missiel. Die opgradering van die Oryx word ook beplan. Die bykomstige kontrakte onder die A400M beleid skep oor die algemeen geleenthede vir die lugvaartbedryf.
54
07060416151001.txt
2,414
In terme van die toekoms sal Denel die vestiging van vervaardigingsbronne wat 'n katalisator vir die oordra van vervaardigingstegnologië en kennis kan wees, na die breë vervaardigingsektor steun.
54
07060416151001.txt
2,415
Eskom het aangekondig dat sy R150 biljoen beleggingsprogram oor die volgende vyf jaar sal plaasvind. Teen Junie vanjaar, wanneer kragstasies wat tydelik toegemaak is weer sal werk, sal Eskom 'n kapasiteit hê wat 38 00 MW sal oorskrei. Dit sal Eskom in staat stel om die kragbehoeftes van die winter hoogseisoen, wat op sowat 36 300 MW geskat word, te haal. My department sal voortgaan om die program wat energie wil uitbou te moniteer en die sekuriteit van energievoorraad se status dop te hou. Ons voer tans samesprekings met Eskom, DME en Nersa om 'n verslag saam te stel wat die stelsels monitor.
54
07060416151001.txt
2,416
Oor die volgende periode sal PBMR begin bou aan die Pilot Fuel plant by Pelindaba en vooruitgang maak met die goedkeuring vir die konstruksie van die eerste kragstasie in die Wes-Kaap.
54
07060416151001.txt
2,417
Internasionale belang sal toenemend groei en plaaslik het Sasol aangedui dat hulle samesprekinge met PBMR voer oor 'n aantal prosedures vir die aanwending van hitte. Goeie vooruitgang is gemaak om Eskom se PWR program se beplanning in lyn te bring met ons Generasie IV planne. Dit sal die lokalisering van sleuteltegnologieë uitbou om sodoende Suid-Afrika in staat te stel om mee te ding en venootskappe te stig in die nuwe era van kernkrag.
54
07060416151001.txt
2,418
Nuwe afdelings sal binne Eskom geskep word om met kernkrag te woeker en ook beter ingeneurskapasiteit en navorsingskapasiteit met die departemente van Minerale en Energie, en Wetenskap en Tegnologie en NECSA te vergemaklik. Thulani Gcabashe sal die projekspan lei wat ook met Eskom se Raad en die Departement van Openbare Ondernemings sal skakel om dié reusetaak te vermag.
54
07060416151001.txt
2,419
Die primêre fokus is nou om die befondsingsbehoeftes en die herkapitalisering van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se omdraai-strategie te finaliseer, wat SAL in staat sal stel om op sy balansstaat staat te maak. Sekere kosmetiese omskakelings van sy struktuur is egter noodsaaklik. Dit is hoofsaaklik dat die vereenvoudiging van SAL se korporatiewe struktuur, om nuwe vennote in te bring en om van nie noodsaaklike aktiwiteite ontslae te raak. Daar word reeds met die unies gekonsulteer.
54
07060416151001.txt
2,420
Alhoewel die maatskappy 'n beduidende 30% belang in houtbalke vir saagdoeleindes het, is dit slegs vir 2,5% van die bedryf se ekonomiese impak verantwoordelik, en 3.5% van werkverskaffing. Die kabinet het dit goedgekeur dat die laaste pakket van Safcol, die Komatilandwoude, van ontslae geraak moet word.
54
07060416151001.txt
2,421
In 2006/07 het die Raad van Direkteure 'n vyfjaar beleggngsplan van R64,5 biljoen van stapel gestuur. Hierdie vyfjaar rollende plan is in 2007/08 nagesien en dit beloop nou R78 biljoen. Die belegging was daarop gemik om aktiwiteite te verhoog wat yster en koolsteen aanbetref en hawens se infrastruktuur te verbeter van Durban na Johannesburg.
54
07060416151001.txt
2,422
In samewerking met die Raad is ons besig om die raamwerk vir 'n vennootskap te skep om die werking van 'n nuwe houer-vrag terminal te verseker. Die terminaal is tans onder konstruksie by die Ngqura hawe en ons sal meer detail voortaan aankondig.
54
07060416151001.txt
2,423
Die reuse groei in die globale behoefte vir kapitaalgoedere skep probleme met verskaffing. Deur middel van die Competitive Supplier Development Programme (CSDP) stel ons dit ten doel om die ontwikkeling van Suid-Afrika se vervaardigingsektor te steun.
54
07060416151001.txt
2,424
Ons moet ons voorsieningskanale veilig maak vir belangrike toerusting en die beste manier om dit reg te kry is om plaaslike kapasiteit te verseker. Dit sal egter internasionaal kompeterend moet wees in terme van koste en kwaliteit. 'n Gesamentlike poging tussen JPF, die Departement van Onderwys, Departement van Arbeid en die verband-houdende SETAs en ons SOs is reeds aan die gang en daar sal kursusse, kolleges en gegradueerdes aangedui word wat met die berdyf sal kan meeding in terme van opleiding by ons SO alvorens dieslukes in die bedryf getoets word.
54
07060416151001.txt
2,425
Die ontwikkeling van 'n pyplyn na Phalaborwa word ondersoek.
54
07060416151001.txt
2,426
Die Afrika Projek sal sekere sleutel geleenthede identifiseer op die vasteland waar die SO in Suid-Afrika met die ontwikkelingsproses kan help.
55
07103009151003.txt
2,428
Baie dankie weer eens vir die uitnodiging om vanaand hier saam met u te kan wees by 'n geleentheid wat nie net vir u nie, maar ook vir my, elke keer 'n besondere groot hoogtepunt is.
55
07103009151003.txt
2,429
Ek wil aan die begin vir almal wat betrokke was om van hierdie jaar se kompetisie en vanaand so 'n groot sukses te maak, baie dankie sê en veral vir Cerina Kruger wat 'n groot aandeel het aan beide die reël van die kompetisie en die pragtige funksie vanaand.
55
07103009151003.txt
2,430
Ek weet dat u as plaaswerkers baie ernstig oor die kompetisie is en dat u wat deelneem, trots is daarop om u spesifieke plaas te verteenwoordig. Ek weet ook dat die kompetisie elke jaar strawwer en strawwer word en dat baie van u wat deelneem, nie net hier opdaag nie, maar dat u uself deeglik voorberei met kennis van die afdeling waarin u op die plaas werk. Die beoordelaars verseker my dat u daarin geslaag het om hulle te beïndruk, nie net met u praktiese kennis van u werk nie, maar dat u ook 'n grondige kennis het van die teorie en die wetlike vereistes wat van toepassing is op u vakgebied.
55
07103009151003.txt
2,431
Ek glo dat die produsente wat hulle werkers inskryf vir die kompetisie net soveel waarde heg aan die kompetisie as u wat daaraan deelneem. Daarom wil ek seker maak dat u as werkers diep bewus sal wees van die waardering wat die produsente het vir die bydrae wat u maak om van landbou in die Wes-Kaap 'n vertoonvenster vir ander provinsies te maak. Hierdie kompetisie is nie net 'n manier om erkenning te verleen aan die werk wat u doen nie, maar dit is ook deel van die bewustheid van die produsente dat u as werkers bemagtig moet word met kennis en vaardighede om u te slyp tot trotse deelnemers aan die ekonomie van die land. Ek wil vir u en die produsente wat hulle werkers aan die kompetisie laat deelneem dankie sê.
55
07103009151003.txt
2,432
Die sukses van die kompetisie word weerspieël in die groei oor die afgelope klompie jare daarvan na die verskillende streekskompetisies wat uitloop op die provinsiale kompetisie waar die mededinging baie straf is.
55
07103009151003.txt
2,433
Baie dankie ook aan Sanlam wat die hoofborg van die kompetisie is en daardeur wys dat u werklik glo aan die ontwikkeling van menslike kapitaal binne landbou.
55
07103009151003.txt
2,434
Vir ons bly die ontwikkeling van menslike kapitaal een van die sleuteluitdagings in die ontwikkelingsprogram, nie net van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap nie, maar vir die landbousektor in sy geheel. Die geleerde mense sê die onwikkeling van menslike kapitaal onderskryf die beginsel dat hoe meer opleiding en vaardigheid die mens ontvang, hoe meer produktief raak hy en word hy in staat gestel om makliker en vinniger aan te pas by veranderende omstandighede en tegnologiese-ontwikkeling. Dit staan in skrille kontras teenoor diegene wat geen opleiding ontvang of verborge talente ontwikkel nie en gevolglik nie die nodige aanpassings en vordering kan maak nie. Dit is dan ook om hierdie rede dat ons as regering in die wes-kaap glo dat die ontwikkeling van ons menslike kapitaal 'n beduidende bydrae kan lewer tot die doelwitte van die IKapa Elihlumayo strategie.
55
07103009151003.txt
2,435
Ek wil vanaand sonder vrees vir enige teenspraak sê dat daar die afgelope paar jaar geweldig baie gedoen is om die lewe en werksomstandighede van u as plaaswerkers te verander. Wanneer 'n mens oor verandering praat, glo ek moet 'n mens by jouself begin en die vraag vra wat is my eie ingesteldheid om my eie omstandighede te verander en tweedens wat is daar in my ingesteldheid om verandering rondom my te weeg te bring.
55
07103009151003.txt
2,436
Soos wat ek van die beoordelaars verstaan is daar baie van u wat aan die kompetisie deelgeneem het wat beslis 'n behoefte het om u kennis te verbreed en u vaardighede uit te brei. Ons is daar om u te help deur middel van die groot verskeidenheid programme wat ons by die Departement se opleidingsentrums aanbied.
55
07103009151003.txt
2,437
Dit is egter nie genoeg nie. Ons wil hê dat u u kinders moet lief maak vir landbou, sodat hulle hulleself kan bekwaam vir die landbou deur formele opleiding. Daarvoor maak ons beurse beskikbaar sodat plaaskinders hulle op Elsenburg kan kom toerus om hulle plek vol te staan binne landbou.
55
07103009151003.txt
2,438
Daar word so maklik gedink dat as jy in 'n landbourigting studeer of werk dat jy die een gaan wees wat net die vrugte moet pluk of die persoon wat die trekker moet ry. Dit is belangrik en nodig dat daar persone is wat daardie werke kan doen. Dit is ook nodig dat daar persone is wat die verskillende kultivars van vrugte kan verduidelik, navorsing kan doen, die grond kan ontleed en sê hoe dit verwerk moet word, die vrugte kan bemark en so kan ek aangaan. Dus, is dit uiters belangrik dat ons jeug besef dat beroepe in landbou, net soos in baie ander industrieë, sekere vaardighede benodig. Baie beroepe in landbou is 'n wetenskap en dit gaan verder as net op die plaas werk. Daar moet veeartse, landbouingenieurs en voorligters wees om die landbousektor en sy werknemers te kan ondersteun. Vir baie van u is dit nog nie te laat om gebruik te maak van die opleidingsgeleenthede wat deur die departement aangebied word nie.
55
07103009151003.txt
2,439
Ek praat baie oor vennootskappe en die krag wat vennootskappe het om verandering te bring en omstandighede te verbeter. Ek wil weer vanaand by u as plaaswerkers 'n pleidooi lewer dat u met u werkgewer in 'n vennootskap sal gaan om as 'n span u omstandighede te verander en ook die belange van landbou en die land op hierdie manier te dien.
55
07103009151003.txt
2,440
Ek wil vanaand 'n ernstige pleidooi lewer en vir u vra om 'n oomblik stil te sit en 'n kwaliteitsbesluit te neem om deel te word van 'n span saam met die regering en die produsente en daardie organisasies wat u lewensomstandighede wil verbeter. U moet ons help om oplossings te soek vir alkoholmisbruik, familiegeweld, dwelmmisbruik, tienerswangerskap en vele ander relevante aangeleenthede wat u lewe of die van u familie raak.
55
07103009151003.txt
2,441
Ek wil afsluit deur aan wenners te sê: Baie geluk. U moet weet dat die druk nou groot is en dat die uitdagings nou voorlê. U moet waardige wenners wees. Daar is mense wat voor u hierdie kompetisie gewen het en vandag reeds voorlopers is en as voorbeelde kan dien van wat vermag kan word as jy elke dag aan jou drome en ideale werk om dit 'n werklikheid te maak. Sterkte ook vir u wat nou aan die provinsiale kompetisie gaan deelneem. Ons gaan u dophou om te sien hoeveel van die Bergrivier se mense is ook Provinsiale kampioene.
56
07111409451001.txt
2,443
Die meeste van u wat vandag hier teenwoordig is weet dat daar sekere uitdagings is waarmee ons binne die landbousektor moet deel indien ons wil verseker dat daar volgehoue groei binne die sektor is en terselfdertyd ook gehoor gee aan die regering se opdrag ten opsigte van die transformasie doelwitte.
56
07111409451001.txt
2,444
b dDie vervaardiging van genoegsame veilige, gesonde sowel as omgewings- en sosiaal vriendelike landbouprodukte.
56
07111409451001.txt
2,445
c Die hantering van uitdagings deur kompetisie van sommige van ons mededingers as gevolg van subsidies en tarief plafonne en die beskerming van bestaande buitelandse markte.
56
07111409451001.txt
2,446
d Daar is toenemende nasionale en internasionale sensitiwiteit oor die veiligheid van voedsel van dier- en plantoorsprong.
56
07111409451001.txt
2,447
e Konstruktiewe bydrae tot die ontwikkeling van Afrika deur die nuwe vennootskap vir die ontwikkeling van Afrika, Nepad.
56
07111409451001.txt
2,448
Grondhervorming en die bemagtiging van nuwe boere moet daarop ingestel wees om volhoubaarheid te verseker en nie net om groot getalle mense op grond neer te sit en dan na een of twee jaar weer te vind dat hierdie sogenaamde bemagtigdes die grond terugverkoop aan kommersiële boere nie.
56
07111409451001.txt
2,449
In ons geveg teen armoede het ons nou die fase bereik waar dienslewering op alle vlakke daarop ingestel moet wees om die ekonomie te laat groei sodat ons nuwe werksgeleenthede kan skep wat die katalisator moet wees om die grense van armoede te verskuif en daarom is dit nodig dat ons voortdurend daarna sal streef dat die landbousektor 'n konstante groei sal toon.
56
07111409451001.txt
2,450
U weet dat die landbousektor geïdentifiseer word as een van die sektore wat 'n beduidende rol moet speel in die bereiking van die regering se doelwit om die ekonomie met 6% te laat groei deur middel van die Versnelde Groei en Ontwikkelingstrategie (AsgiSA).
56
07111409451001.txt
2,451
Binne die Departement van Landbou in die Wes-Kaap is daar verskeie programme wat deur hulle bydraes die klimaat help skep om die grondslag vir sukses te lê. Die sukses van AsgiSA gaan afhang van die mate waarin ons in staat is om innoverend te dink sodat ons die kettings kan breek wat groei belemmer.
56
07111409451001.txt
2,452
Toenemende landbouproduksie sal beide indiensneming- en inkomste dwarsdeur die ekonomie genereer, wat weer op sy beurt aangewend kan word in werkverskaffingstrategiëe in industrieë en besighede.
56
07111409451001.txt
2,453
Ek wil graag weer terugkom na grondhervorming toe aangesien grondhervorming en swart ekonomiese bemagtiging tans die prioriteit van die regering op landbougebied is, veral met die oog op maatskaplike, politieke en ekonomiese stabiliteit. Die pas van grondhervorming was tot nou toe baie stadig. In die Wes-Kaap is daar in die eerste 12 jaar slegs 83 000 hektaar grond aan voorheen benadeelde persone oorgedra. Met ons verskerpte poging het ons egter verlede jaar 125 000 ha oorgedra. Dit is egter nog ver van die 383 000 hektaar wat ons jaarliks tot 2014 sal moet oordra indien ons die 30% doelwit wil bereik. Ons moet bou op die suksesverhale en die groter klem lê op mentorskap as ons daarin wil slaag om nuwe boere volhoubaar te vestig.
56
07111409451001.txt
2,454
Die veranderende omstandighede in die vraag na landbouprodukte beteken dat die prys van produkte onbepaald onder druk gaan verkeer. Die veranderende wisselkoers maak dit onmoontlik vir produsente om behoorlik te beplan, terwyl die penetrasie van tradisionele markte deur ander mededingers daagliks 'n faktor is waarmee rekening gehou moet word.
56
07111409451001.txt
2,455
Vir die Departement van Landbou in die Wes-Kaap is die beginsel van vennootskappe een van die fondamentstene in die bereiking van ons doelwitte om opkomende boere so te vestig dat hulle volhoubaar kan boer.
56
07111409451001.txt
2,456
Ek wil die Sagtevrugte Produsente Trust bedank vir sy visie en toewyding om seker te maak dat die sagtevrugtebedryf 'n voorbeeld stel wanneer dit kom by bemagtiging.