document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
58 | 08022110151002.txt | 2,559 | Soos wat die agbare lede weet, is sommige van hierdie inisiatiewe alreeds van stapel gestuur; maar ons is seker dat indien dit op 'n geïntegreerde en aanvullende wyse uitgevoer word, die uitwerking daarvan baie meer doeltreffend sal wees in die bekamping van misdaad. Die ministers van die Justisie, Misdaadvoorkoming en Sekuriteit Groepering sal in die verloop van volgende week hieroor en oor ander inisiatiewe uitbrei. |
58 | 08022110151002.txt | 2,560 | Ons sal ook gedurende hierdie jaar die wetsontwerpe ten opsigte van die transformasie van die Regbank verwerk, in samewerking met regters en magistrate, en die strategie ten opsigte van verskerpte grensbeheer en sekuriteit sal afgehandel word. Ons sal die Slagoffershandves in die lewe roep, veral aandag skenk aan gewoonte-oortreders, en ons sal voortgaan met die implementering van bykomende maatreëls wat voortgespruit het uit die aanbevelings van die Waarheids- en Versoeningskommissie. |
58 | 08022110151002.txt | 2,561 | Gelei deur die behoeftte om die aanslag teen georganiseerde misdaad te verskerp, asook die aanbevelings van die Khampepe Regskommissie ten opsigte van die werking en ligging van die Direktoraat vir Spesiale Operasies en deur verder oor hierdie aangeleentheid te besin, insluitend die hervorming van die strafregstelsel, sal ons teen die einde van Maart vanjaar met die Parlement samesprekings voer aangaande wetgewing en ander besluitnemingsmaatreëls om ons vermoë om misdaad te beveg, verder te verbeter. |
58 | 08022110151002.txt | 2,562 | Ons sal voortgaan om gelei te word deur die Regering se volkome verbintenis om georganiseerde misdaad te beveg en om die bestuur, doeltreffendheid en koördinering van ons wetstoepassingsagentskappe te verbeter. |
58 | 08022110151002.txt | 2,563 | Die belangrikste is dat ons sukses in die stryd teen misdaad afhang van ons almal se samewerking as wetsgehoorsame burgers, aangevuur deur die beginsels van die landswette, respek vir ons regbank en die strewe na gelyke menseregte, wat ons Grondwet ons beveel om in ons daaglikse bestaan en uitsprake na te kom. |
58 | 08022110151002.txt | 2,564 | Ons sal hierdie jaar voortgaan met ons pogings om die Regering se bedrywighede te verbeter sodat dit sy verpligtinge teenoor ons burgers kan nakom. Die gees van "Besigheid Buitengewoon" behoort van toepassing te wees op alle individue wat die voorreg geniet om staatsamptenare te wees. |
58 | 08022110151002.txt | 2,565 | Daar is eenvoudige dog dringende en kritiese prioriteite waaraan ons sal aandag skenk as deel van die algehele poging om die organisasie en kapasiteit van die Staat te verbeter. |
58 | 08022110151002.txt | 2,566 | Daar is eerstens ooreengekom dat, op alle regeringsgebiede, noodsaaklike vakatures gevul moet word binne ses maande nadat die vakature ontstaan het. Die Departement van Staatsdiens en Administrasie sal 'n moniteringstelsel opstel om die implementering van hierdie besluit te moniteer. |
58 | 08022110151002.txt | 2,567 | Tweedens behoort alle senior bestuurders hul prestasieooreenkomste teen Mei van elke jaar (en binne twee maande na die aanvang van die finansiële jaar op plaaslike regeringsvlak) by die betrokke owerhede ingedien het. Die Kantoor van die Staatsdienskommissie sal moniteringstelsels in hierdie opsig opstel. |
58 | 08022110151002.txt | 2,568 | Derdens, en met die wete dat die Departement van Binnelandse Sake elke burger se lewe raak, sal ons die implementering van die omwentelingstrategie wat deur die Kabinet goedgekeur is, verskerp. Dit sluit in die verbetering van IT-stelsels, die opleiding van personeel ten opsigte van nuwe stelsels, die uitwissing van korrupte elemente, en die bekendstelling van die nuwe ID-kaart. |
58 | 08022110151002.txt | 2,569 | Die verbetering in die prestasie van die Staatsdiens is ook afhanklik van die gehalte van die leierskap wat deur die uitvoerende en seniorbestuur verskaf word. Dit is verder baie belangrik dat die verbintenis van staatsamptenare tot hul pligte verbeter word - 'n taak wat rus op die skouers van die leiers, staatsamptenare en die werkersuniebeweging. |
58 | 08022110151002.txt | 2,570 | In hierdie opsig sal ons vanjaar in samewerking met die staatsdiensunies 'n Staatsdiens Spitsberaad hou om hierdie aangeleenthede aan te spreek sodat die gees van "Batho Pele" gestalte kan aanneem wanneer ook al 'n regeringsdiens gelewer word. |
58 | 08022110151002.txt | 2,571 | Teen die einde van hierdie jaar sal ons, in samewerking met ander maatskaplike vennote, seker maak dat die tweede Nasionale Anti-Korrupsieprogram aanvaar word, en dat die plan van aksie waarop daar ooreengekom is met besighede, geïmplementeer word. Op plaaslike regeringsvlak sal ons die eerste 150 van ons munisipaliteite behulpsaam wees met die ontwikkeling van anti-korrupsie strategieë. |
58 | 08022110151002.txt | 2,572 | Ons sal vanjaar voortgaan om pogings te verskerp om plaaslike regeringskapasiteit te versterk ooreenkomstig die Vyf-Jaar Agenda van Plaaslike-Regering Strategie. Om te verseker dat stelselmatige monitering in hierdie opsig plaasvind, het die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regering, Salga, ingestem om kwartaalikse verslae voor te lê ten opsigte van die werk wat verrig word. |
58 | 08022110151002.txt | 2,573 | Om die diens wat aan kwesbare sektore soos veterane, vroue en jonmense gelewer word nog verder te verbeter, sal ons die strukture wat opdrag gegee is om hierdie funksies te verrig, hersien en die mees gepaste reëlings bestudeer, insluitend die evaluering van regeringstrukture wat spesifiek ingestel is om op die ontwikkeling en bemagtiging van die jeug te konsentreer. |
58 | 08022110151002.txt | 2,574 | Baie van die uitdagings in ons werk wat uitgelig is, spruit voort uit ernstige tekortkominge ten opsigte van ons beplanning. Daarom, as deel van ons top-prioriteite, sal ons in die komende tydperk die prosesse afhandel wat ons in staat sal stel om die Regering se kapasiteit te verbeter om realistiese en geïntegreerde planne in werking te stel wat alle sfere van die Regering sal dek. |
58 | 08022110151002.txt | 2,575 | Die program wat ons uiteengesit het sluit in die verbintenisse wat ons land gesluit het met die leiers van die kontinent deur middel van die Afrika Portuur-oorsigsmeganisme. |
58 | 08022110151002.txt | 2,576 | Ter bevordering van die Afrika-agenda vanjaar, lê ons klem op die versterking van die Afrika-instellings, insluitend die Afrika-unie en sy ontwikkelingsprogram, Nepad. |
58 | 08022110151002.txt | 2,577 | Ons sal dit doen, aangevuur deur die gemeenskaplike strewe van die mense van die kontinent na verhoogde integrasie in hul soeke na kontinentale eenheid op alle vlakke. 'n Belangrike stap in hierdie opsig is die konsolidasie van streeksinstellings en aktiwiteite wat gemik is op die verwesenliking van streeksintegrasie. |
58 | 08022110151002.txt | 2,578 | Ons is steeds verbind tot 'n vrye handelsgebied in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, en hoop dat ons ons voorsitterskap van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) in 2008/09 kan aanwend om meer stukrag aan streeksondernemings in hierdie opsig te verleen. |
58 | 08022110151002.txt | 2,579 | Dit is ook in hierdie konteks dat ons sal voortgaan met ons bilaterale en multilaterale interaksies met ons buurlande en die Europese Unie, binne die konteks van die proses wat gelei word deur die Afrika-Unie, om te verseker dat samesprekings oor die ekonomiese vennootskapsooreenkomste so gou moontlik afgehandel word, gebaseer op die bespoediging van die ontwikkeling van ons streek. |
58 | 08022110151002.txt | 2,580 | Gedurende die afgelope jaar het ons die opdrag van SADC uitgevoer om die politieke leierskap van Zimbabwe behulpsaam te wees om 'n blywende oplossing te vind vir die politieke uitdagings wat hulle in die gesig staar. Ons is die geleentheid gebied tydens die AU-beraad in Addis Ababa om 'n omvattende verslag aan die leierskap van SADC oor hierdie aangeleentheid voor te lê. |
58 | 08022110151002.txt | 2,581 | Kortom, die partye wat betrokke was by die samesprekings het ten volle saamgestem oor alle aspekte wat verband gehou het met die aangeleenthede wat hulle moes aanspreek. Dit sluit in aangeleenthede ten opsigte van die Grondwet, sekuriteit, media en verkiesingswette, en ander aangeleenthede wat vir baie jare reeds twispunte was. Die betrokke wette in hierdie opsig is alreeds deur die Parlement goedgekeur, insluitend die nodige grondwetlike wysigings. Wat egter nog uitstaande is, is 'n prosessuele aangeleentheid ten opsigte van die tydsbeplanning en die manier waarop die nuwe Konsepgrondwet toegepas sal word. |
58 | 08022110151002.txt | 2,582 | Ons sluit dus aan by die SADC se staats- en regeringshoofde wanneer ons diegene gelukwens wat betrokke was by die Zimbabwe-samesprekings met hul prysenswaardige prestasies, en ons moedig hulle aan om saam te werk om die oorblywende prosessuele aangeleentheid op te los. Soos wat die SADC staats- en regeringshoofde ons versoek het, is ons steeds gereed om voort te gaan om die Zimbabwe-onderhandelings te fasiliteer. Terselfdertyd wens ons die mense van Zimbabwe alle sukses toe met die verkiesing wat vir 29 Maart beplan word. |
58 | 08022110151002.txt | 2,583 | Ons veelvlakkige betrekkinge met die Demokratiese Republiek van Kongo sal voortduur in ons soeke om 'n bydrae te lewer tot die pogings van die buurmense van daardie land om langdurige vrede te bewerkstellig, en om hulle herkonstruksie- en ontwikkelingsplan te implementeer. |
58 | 08022110151002.txt | 2,584 | Ons is veral bekommerd oor die sinnelose geweld en moorde in beide Kenia en Tsjad. Dit is verwikkelings wat duidelik die vooruitgang kniehalter wat ons die afgelope paar jaar gemaak het ten opsigte van die herlewing van die Afrika-kontinent. Ons doen 'n beroep op alle inwoners van Afrika om alles in ons vermoë te doen sodat ons saam 'n einde kan maak aan al hierdie negatiewe verwikkelings. |
58 | 08022110151002.txt | 2,585 | Ons sal natuurlik ook voortgaan om ons take in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad uit te voer. Van uiterse belang in hierdie opsig is die versterking van ons samewerking tussen die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad en die Vrede- en Veiligheidsraad van die Afrika-Unie. |
58 | 08022110151002.txt | 2,586 | Aangevuur deur die begeerte om die verbetering van die lewensgehalte van alle mense aan te moedig, veral in die ontwikkelende lande, sal ons daarop konsentreer om ons deelname uit te brei in die Indië-Brasilië-Suid-Afrika-forums, die nuwe Afrika-Asië Strategiese Vennootskap, die Onverbonde Beweging, die Groep van 77 en in die onderhandelings om die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SACU)-Mercusor handelsooreenkoms af te handel. |
58 | 08022110151002.txt | 2,587 | Ons sal ook voortgaan om 'n bydrae te lewer tot die verwesenliking van die doelwitte van die Kyoto-Pprotokol op Klimaatsverandering en voortdurende verbeterings in hierdie opsig, en om meer stukrag te verleen aan die onderhandelings oor die Wêreldhandelsorganisasie se Doha Ontwikkelingsrondte. |
58 | 08022110151002.txt | 2,588 | Vanjaar vier ons die 10de herdenking van die instelling van diplomatieke betrekkinge tussen Suid-Afrika en die Republiek van China. Die uitbreiding van 'n verskeidenheid betrekkinge in verskeie gebiede tussen ons regerings en mense bevestig dat die China-Suid-Afrika-Vennootskap vir Groei en Ontwikkeling 'n strategiese verhouding is met wedersydse voordele, wat net van krag tot krag kan gaan. |
58 | 08022110151002.txt | 2,589 | Aanstaande jaar sal ons die gasheer wees vir die Hersieningskonferensie om die implementering te evalueer van die besluite wat geneem is op die Wêreldkongres teen Rassisme wat in ons land gehou gehou is in 2001. Op grond van hul afkeer in die plaag van rassisme en die verwoestende gevolge wat dit inhou, vertrou ons dat die regerings en mense van die wêreld saam met ons sal werk om te verseker dat die Hersieningskonferensie sy doelwitte bereik. |
58 | 08022110151002.txt | 2,590 | Hierdie globale verantwoordelikhede, insluitend om as gasheer op te tree tydens die 2010 FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi, beklemtoon ten sterkste die vertroue wat die mensdom in ons land het as 'n strategiese rolspeler in die eerbare pogings van die mensdom. Ons moet dit egter nie as vanselfsprekend aanvaar nie. |
58 | 08022110151002.txt | 2,591 | Ek vertrou dat, onder die leierskap van die Internasionale Bemarkingsraad (IMC), Handel en Belgging Suid-Afrika (TISA), Toerisme Suid-Afrika en ander agentskappe, ons almal sal saamwerk om aan die res van die wêreld die gees van "Besigheid Buitengewoon" uit te dra, en dat ons sal voortgaan om te streef na die daarstelling van 'n gemeenskap wat omgee en omstandighede skep vir 'n wêreld wat in ons land byeen gaan kom in 2010 om Afrika se menslikheid te vier. |
58 | 08022110151002.txt | 2,592 | Na wat alles gesê is, keer ek terug na die vraag: wat is die stand van die nasie terwyl ons 2008 betree? |
58 | 08022110151002.txt | 2,593 | Wat ek wel weet en pront-uit kan sê, is: wat ook al die uitdagings van die oomblik is, ons is steeds op koers! |
58 | 08022110151002.txt | 2,594 | Ek sê dit met onwrikbare oortuiging omdat ek seker is dat Suid-Afrikaners in staat is en toegerus is om die uitdagings van die verlede die hoof te bied - om alles in ons vermoë te doen - om op die daaglikse nasionale uitdagings te reageer, insluitend dié wat betrekking het op ons ekonomie, die politieke en ekonomiese situasie in Afrika en elders in die wêreld, en om die geleenthede aan te gryp wat ons land se vooruitgang gedurende die afgelope 14 jaar gebied het. |
58 | 08022110151002.txt | 2,595 | Met almal aan boord, en daartoe verbind om ons sake op 'n buitengewone en meer doeltreffende wyse te behartig, sal ons die proses van ons herkonstruksie en ontwikkeling volhou en dit selfs na hoër vlakke neem. |
59 | 08033111151001.txt | 2,597 | Baie dankie vir die uitnodiging om die opening van hierdie meerdoelige gemeenskapsentrum te kom waarneem. Ek beskou dit as 'n besondere eer en voorreg om saam met u hierdie geleentheid mee te maak, onder andere omdat hierdie projek deel is van die proses van lewering en die skep van gesonde volwaardige gemeenskappe wat moet deel aan die voorspoed wat die regering vir al die mense wil skep. |
59 | 08033111151001.txt | 2,598 | Daar was verskeie organisasies wat 'n rol gespeel het in die totstandkoming van hierdie projek. |
59 | 08033111151001.txt | 2,599 | Ek het reeds gesê die regering van die Wes-Kaap is ernstig oor die verdere ontwikkeling van ons mense en gemeenskappe en die bewys daarvan kan ook gesien word in die betrokkenheid van die Departement van Landbou binne hierdie gemeenskap. Daar is verskeie projekte wat op hierdie stadium in en om Kranshoek wat die Kranshoek gemeenskap raak. Hierdie projekte is onder andere; Die Kranshoek Boere, Ericaville Heuningbos tee en Jakalskraal melkery. |
59 | 08033111151001.txt | 2,600 | Die Kranshoek Boereprojek bestaan uit 15 plus agt persele wat deur Kranshoek inwoners bewerk word. Die beplanning vir die opgradering van infrastruktuur en die verskaffing van meganisasie is deur Cape Agency for Sustainable Integrated Development in Rural Areas (CASIDRA) afgehandel. Die Departement van Landbou het die besigheidsplan alreeds goedgekeur. CASIDRA moet slegs die projek implementeer en die kapitale items aankoop. |
59 | 08033111151001.txt | 2,601 | omheining van die persele opgradering van besproeiingstelsels verskaffing van watertenks op persele vir veesuiping en benatting van klein groentepersele trekker ripper, grop en sleepwa kettingsaag en gereedskap. |
59 | 08033111151001.txt | 2,602 | Die Ericaville Heuningbosteeprojek is 'n Land Redistribution for Agricultural Development (LRAD) plaas waar heuningbostee geproduseer word. Die groep het aansoek gedoen vir finansiering vir die verpakkingsaanleg met toerusting. Die aansoek is in die finale stadium waar daar vir goedkeuring van die nasionale Departement van Landbou gewag word voor implementering. |
59 | 08033111151001.txt | 2,603 | Jakalskraal Gemeenskapplaas is 'n melkery wat vir baie jare deur CASIDRA bestuur is. Die plaas is reeds aan die gemeenskap oorgedra met CASIDRA wat nog steeds die plaas tegnies ondersteun. Die Departement van Landbou is behulpsaam met tegniese ondersteuning en opgradering van infrastruktuur. |
59 | 08033111151001.txt | 2,604 | Die eerste fase waarmee Departement van Landbou besig is, is om die nodige inligting te bekom en 'n volledige beplanning te doen. Hieruit kan bepaal word wat die grootste behoefte is in terme van die opgradering van infrastruktuur en verskaffing van tegniese ondersteuning. |
59 | 08033111151001.txt | 2,605 | Ten slotte wil ek 'n beroep doen op u as gemeenskap om nie net hierdie fasiliteit u eie te maak nie, maar om dit op te pas en te bewaar sodat u almal die voordeel daarvan kan benut. |
59 | 08033111151001.txt | 2,606 | Dit is dan nou vir my 'n voorreg om hierdie fasiliteit oop te verklaar. |
60 | 08033116451004.txt | 2,608 | Baie dankie vir die uitnodiging om vandag saam met u te mag wees en te kon sien waarmee u besig is wanneer u gebruik maak van die voordele en hulp wat ons vanaf die regering van die Wes-Kaap en die Dept. van Landbou se kant af vir u beskikbaar stel. Dit is altyd vir my aangenaam en besonderse voorreg om op plekke te kom waar ons praktiese uitvoering kan gee aan die bemagtigingsproses binne landbou. Ek hou daarvan om op die grond by u te kom sodat ek eerstehands kan ervaar watter vooruitgang daar ten opsigte van ons mense binne landbou is. |
60 | 08033116451004.txt | 2,609 | Wanneer ek elke dag by projekte en gemeenskappe kom of in my kantoor met vergaderings besig is word ek aangespoor deur die besef watter belangrike rol landbou binne hierdie provinsie van ons speel, en ook binne die land. |
60 | 08033116451004.txt | 2,610 | Ek word aangedryf deur die wete dat daar nog so baie van ons mense is wat jare op plase bly en werk of wat oor 'n lappie grond beskik maar nie altyd die finansiële vermoë het om werklik winsgewend te boer nie. |
60 | 08033116451004.txt | 2,611 | Dit is waarskynlik ook grootliks die rede waarom my tyd as Minister van Landbou een van die verrykendste ervarings van my lewe is, ook omdat landbou my so na aan die hart lê, maar ook omdat landbou soveel fasette het wat 'n rol speel in die ontwikkeling en voortbestaan van ons mense, asook in die ekonomiese groei van die Wes-Kaap. |
60 | 08033116451004.txt | 2,612 | Dit klink al teen hierdie tyd of ek my self herhaal wanneer ek vir mense sê daar in die Wes-Kaap twee baie belangrike begrippe is wat ons in die harte van ons mense wil ingraveer, naamlik: 'n Ikapa Elihlumayo en 'n tuiste vir almal. 'n Ikapa Elihlumayo beteken groeiende Kaap en daarmee saam beteken dit dan dat ons ook wil hê dat ons mense wat vir so baie jare swaar gekry het, ook moet groei. Ook binne die Departement van Landbou probeer ons dit 'n werklikheid maak met die hulp wat ons vanaf die regering se kant vir u wil verleen. Maar ons wil ook terselfdertyd hê dat die twee begrippe 'waardigheid, billikheid' wat die basis vorm van ons visie om aan al ons mense hoop vir die toekoms te gee by u 'n werklikheid moet wees. |
60 | 08033116451004.txt | 2,613 | Ons wil hê dat daar verandering in ons samelewing moet kom waar ons nie nodig het om op die staat te wag om ons maatskaplike welsyn te verbeter en ons lewensomstandighede te verbeter nie. Dit moet gebeur deur u ekonomiese selfstandig te maak deur middel van projekte soos hierdie, waarvan u deel is. Dit help ook met die groei van die ekonomie en dit bring ook 'n toename in werksgeleenthede. Die belangrikste is egter die uitbreiding van eienaarskap. As ons hierin kan slaag, sal ons armoede behoorlik kan bestry en die ongelykhede van die verlede sal uitwis en aan u 'n beter lewe kan voorsien. |
60 | 08033116451004.txt | 2,614 | Die skepping van inkomste- en werkgeleenthede is vir ons as regering 'n baie hoë prioriteit en daarom is dit nodig dat daar altyd nuwe projekte aangepak sal word waar al die mense in die omgewing baat by sal vind. |
60 | 08033116451004.txt | 2,615 | Ek glo baie sterk daaraan aan om te kan boer nie 'n reg is nie, dis 'n voorreg. Die besit van grond is wel 'n reg wat deur die Grondwet van die land aan u gegee word, maar wanneer ons hierdie twee nl. boerdery en grondbesit bymekaar bring, word dit 'n onderneming wat met groot verantwoordelikheid aangepak moet word en daarom is dit vir ons in die Wes-Kaapse departement van Landbou baie belangrik dat ons ook aan u die nodige ondersteuning moet bied om toe te sien dat u 'n sukses maak van u boerdery. |
60 | 08033116451004.txt | 2,616 | Waterverbruik en doeltreffende besproeiing is noodsaaklik en wat dit aan betref het ons program volhoubare hulpbron bestuur sowat R283 000 aan 'n watervoorsienings projek hier in u omgewing gespandeer en gaan ons seker oor die volgende paar jaar nog fondse bewillig om u omstandighede met betrekking tot water, te verbeter. |
60 | 08033116451004.txt | 2,617 | Volgens my inligting boer u met tamaties en skorsies om 'n inkomste te genereer. Dit is goed om te weet dat u nie sit en wag vir die plaas en die hoof boerdery om aan u 'n inkomste te verskaf nie. Ek glo dat ons na verdere maniere moet kyk om u te help deur middel van projekte soos wat ons verlede jaar op Murraysburg en ander plekke geloods het met groente tuine en hoenders. |
60 | 08033116451004.txt | 2,618 | Ek wil verder hê dat ons moet kyk na ons stelsels van waterbesparing en dit ook hier by u uitbrei. Water is skaars en ons moet altyd soek na metodes om dit te spaar. Ons kan dit egter nie alleen doen nie en ek wil 'n beroep op u doen om ons daarmee te help. Ek is dankbaar vir die inisiatief wat u hier geneem het om Omaza Trust in 2000 te registreer, nadat daar 'n behoorlike konsultasieproses plaasgevind het tussen die werkers en die plaaseienaars, Mnre Jan Louw en Truter Lutz. |
60 | 08033116451004.txt | 2,619 | Ek wil vir u sê dat een van ons belangrikste gevegte teen armoede, die opleiding van ons mense is en ek is dankbaar vir die inisiatief wat u ook op hierdie gebied geneem het en vir Mnr Gus Pickard bedank vir die rol wat hy hierin speel. Dit is goed om te hoor dat daar reeds mense is wat hulle matriek geslaag het deur middle van Adult Basic Education and Training (ABET). Dit behoort vir u 'n aansporing te wees sodat daar meer van u is wat u op hierdie wyse toerus. Ek weet ook dat u reeds verskeie kursusse op landbougebied deurloop het. Ook hier wil ek u uitnooi om gebruik te maak van die opleidingsfasiliteite van die Departement op Clanwilliam, wat spesifiek hiernatoe gebring is sodat u meer geredelik daarvan gebruik kan maak. |
60 | 08033116451004.txt | 2,620 | Hierdie projek wat u hier van stapel gestuur het, is 'n voorbeeld van wat vermag kan word wanneer produsent en werker hande vat om van die Wes-Kaap en spesifiek dan ook landbou, 'n ware tuiste vir almal te maak. |
60 | 08033116451004.txt | 2,621 | Die voorbeelde van u suksesverhaal is wyd in omvang. Ek kan nie anders om te glo dat hier ware bemagtiging plaasvind, as daar reeds twee van u as werkers is, wat eienaars van u eie trekkers is nie, of as reeds mede-aandeelhouers in 'n druiwe-oesmasjien is nie. |
60 | 08033116451004.txt | 2,622 | As ons wil slaag in ons doelwit om ware transformasie binne die landbousektor te weeg te bring, dan sal ons meer van hierdie tipe ontwikkelings moet hê, waarin daar op eie inisiatief voortgegaan word om hande te vat. |
60 | 08033116451004.txt | 2,623 | As departement is ons daartoe verbind om u op alle terreine binne ons mandaat by te staan en ek wil dan ook in hierdie verband ons dienste en kennis aanbied en u uitnooi om daarvan gebruik te maak. |
60 | 08033116451004.txt | 2,624 | Ek wil u weereens bedank vir die geleentheid en die hoop uitspreek dat u goeie tye sal belewe as bewerkers van die grond en dat u saam met ons die stryd sal stry om die draak van armoede die hoof te bied met die wonderlike geleenthede wat die goeie regering vir ons bied om te sorg dat die Wes-Kaap 'n tuiste vir almal sal wees. |
61 | 08040113451001.txt | 2,626 | Baie dankie vir die uitnodiging om vandag hier saam met u te mag wees en deel te hê aan die erkenning wat daar aan u verleen is vir die besondere prestasie wat u behaal het. |
61 | 08040113451001.txt | 2,627 | Swart Ekonomiese Bemagtiging in die Landbou (Landbou SEB) is 'n inisiatief waarna sommige met groot verwagting uitsien, terwyl ander dit met vrees, bewing en visioene van Zimbabwe ervaar. |
61 | 08040113451001.txt | 2,628 | Die regering is op die oomblik besig om die Landbou SEB handves te finaliseer wat een doel het om die ongelykhede van die verlede, binne die landbousektor uit die weg te ruim. |
61 | 08040113451001.txt | 2,629 | Daar is 'n paar baie belangrike aspekte wat ons in aanmerking moet neem. |
61 | 08040113451001.txt | 2,630 | Dit is 'n feit dat die Landbou SEB handves een doel het: om die basis van SEB te verbreed. Tot op hede is SEB slegs binne die konteks van direkte eienaarskap, bestuursverteenwoordiging en werkplekgelykheid gesien. Hierdie drie punte is nou uitgebrei met die insluiting van elemente soos onder meer ondernemingsontwikkeling sowel as landelike ontwikkeling. Verder word daar ook erken dat die ruimte vir SEB binne kleiner ondernemings beperk is. Wat bedoel ons hiermee Die resultaat hiervan is dus dat 'n blanke boer, wat uit sy of haar hart uit die regte goed vir die plaasmense en die gemeenskap doen, in die praktyk 'n hoër SEB vlak kan bereik as die 100 persent swart eienaar-buurplaas wat geen bydrae tot die lewenskwaliteit van die plaasmense en gemeenskap lewer nie. In ander woorde, die blanke boer hoef nie meer sy grond te verkoop om SEB te laat werk nie, maar die sukses daarvan is gesetel in die gesindheid waarmee almal hierdie uitdaging aanvaar? |
61 | 08040113451001.txt | 2,631 | Die fondament waarop ons in hierdie provinsie die groeiende Kaap wil bou het drie begrippe, naamlik 'n waardigheid, billikheid en welvaart. |
61 | 08040113451001.txt | 2,632 | Vir ons is die waardigheid van elke mens belangrik en u sal met my saamstem dat u betrokkenheid by hierdie projek 'n nuwe betekenis gee aan u menswaardigheid. Dit stel ook nuwe eise aan u waar u waardig teenoor mekaar moet optree en mekaar met dieselfde billikheid en opregtheid sal behandel as waarmee u al die jare behandel wou wees. Die regering wil ook sien dat u as mense wat vir jare verdruk en ontsê is van u regmatige deel, nou ten volle deel moet wees van die geleenthede wat die nuwe Suid-Afrika aan u bied. Wanneer u eers ten volle deel is, sal u dan ook die volle welvaart kan ervaar in elke aspek van u menswees. |
61 | 08040113451001.txt | 2,633 | As ons sê ons wil 'n tuiste vir almal in die Wes-Kaap skep, dan is dit noodsaaklik dat almal bewus sal wees van die uitdagings. Dit beteken dat die wat tot nou toe bevoorreg was, sal moet deel word van die visie van die regering. Dit beteken ook dat die wat tot nou toe ontsê is van sekere regte en voorregte ook 'n positiewe en verantwoordelike bydrae sal lewer om te bou aan die tuiste vir almal sodra u die geleentheid kry. |
61 | 08040113451001.txt | 2,634 | As ons dit doen sal ons armoede bestry, ongelykhede uitwis en daarmee saam, die kwaliteit van lewe van al ons mense verbeter. |
61 | 08040113451001.txt | 2,635 | Suid-Afrika het ongeveer 57 980 kommersiële plase waarvan 8 352 in die Wes-Kaap is. Hierdie plase in ons provinsie verskaf werk aan plus minus 200 000 werkers. Daar is baie van hierdie werkers wat weet hoe om te boer en sal kan wys wat in hulle steek, as hulle net die geleentheid kan kry om te boer. |
61 | 08040113451001.txt | 2,636 | As Minister van Landbou was ek die afgelope tyd by baie hoogs suksesvolle projekte waar voorheen benadeelde persone, wat vir jare op plase gewerk het, betrokke is, en nou op een of ander wyse die geleentheid gekry het om aktief tot die boerdery toe te tree. Ek was weer gister op Lutzville by so 'n projek gewees. |
61 | 08040113451001.txt | 2,637 | Daar is 'n groot verskeidenheid van modelle waarin bemagtiging van plaaswerkers besig is om plaas te vind, hetsy individueel of in goed beplande projekte saam met kommersiële boere of saam met ander opkomende boere. |
61 | 08040113451001.txt | 2,638 | Daar is wonderlike suksesverhale waarop ons in die Wes-Kaap trots kan wees, soos Trevor Abrahams naby Ceres en die Koekedouw-boere, wat al vrugte pluk vir die uitvoermark; Vuki waar die werkers 'n trust gevorm het, 'n bankrot boerdery oorgeneem het en nou reeds die buurplaas ook bestuur op die selfde beginsels as die wat van Vuki in alle opsigte 'n suksesverhaal maak. Bouwland en 'n paar ander plase wat al wyn bemark in die buiteland. Verskeie plase wat spog met wynmakers en kaasmakers wat in Boergondië opgelei is en wat reeds kampioenwyne en -kase op die mark het. So kan ek aangaan vir u een na die ander projek op noem waar daar of deur die regering, of deur privaat inisiatief, of gesamentlik, hulp verleen is aan mense wat die grond lief het en nou ook die geleentheid kry om hulle ideale te verwesenlik. |
61 | 08040113451001.txt | 2,639 | Ek is ook trots op hierdie projek wat bestaan uit mense, wat bewys het dat hulle die geleentheid aangegryp wat vir hulle geskep is. |
61 | 08040113451001.txt | 2,640 | Grondhervorming en bemagtiging deur boerdery is die voertuig wat ons in landbou moet gebruik om die lewensomstandighede van al ons mense te verbeter. Tydens die verkiesing in 2004 het die regering met u 'n kontrak aangegaan om saam met u te veg teen werkloosheid, armoede en sosiale verval. Op ons beurt het die Departement van Landbou hom daartoe verbind om ook deur ons programme van bemagtiging, opleiding en ondersteuning 'n bydrae te lewer om ons kant van die kontrak na te kom. |
61 | 08040113451001.txt | 2,641 | Hierdie projek dien werklik as 'n werkbare voorbeeld waarin plaaswerkers se kwaliteit van lewe sal verbeter en hulle die volle voordeel sal trek van mede-eienaarskap van die onderneming. Hierdie projek maak nou nie net van u as werkers mede-eienaars van grond nie, dit maak ook van u mense wat 'n nuwe visie moet hê en dit maak van u mense wat 'n nuwe hoop op die toekoms moet hê. U kry nou 'n nuwe plek in die tuiste vir almal waarna die regering van die Wes-Kaap strewe. |
61 | 08040113451001.txt | 2,642 | Ek sal my plig versuim as ek nie ook erkenning verleen aan die kommersiële boere wat hulle reeds verbind het tot die visie van die regering om saam met ons te werk om landbou in al sy fasette te transformeer nie. Daarom wil ek ook my dank uitspreek vir die pragtige inisiatief wat u hier geneem het. |
61 | 08040113451001.txt | 2,643 | In die Wes-Kaap is ons baie ernstig oor hierdie proses en daarom wil ons hê dat ons eerder met mekaar moet saamwerk om die transformasie binne landbou so glad en so vinnig as moontlik te laat geskied. |
61 | 08040113451001.txt | 2,644 | Hierdie geleentheid wat vandag hier is, is om aan u dankie te sê dat u aan die Agri-Black Economic Empowerment (Agri BEE) spoggeleentheid op 21 Februarie 2008 in die Kaap deelgeneem het en ook om erkenning te verleen aan die besondere prestasie wat u behaal het deur ons wenner te wees. Ons wil vir u dankie sê vir die toewyding waarmee u werk om van hierdie De Goree Boerdery 'n sukses te maak, terwyl u besig is om in baie opsigte die pas aan te gee oor hoe dit gedoen moet word. |
61 | 08040113451001.txt | 2,645 | Ek wil afsluit met die gedagte dat, wanneer ons mense binne landbou bemagtig, is daar een baie belangrike doel wat ons na streef en dit is dat die proses volhoubaar moet wees. Ek wil vandag 'n beroep op u doen dat u in hierdie opsig, saam met ons daardie doelwit sal nastreef. Die ondervinding het geleer dat mense ongeduldig raak oor die vordering wat gemaak word en dat daar somtyds onrealistiese verwagtinge by party deelnemers is. Moet asseblief nie dat u 'n baie belowende projek laat skipbreuk ly deur groepvorming en verdagmakery nie. |
61 | 08040113451001.txt | 2,646 | EK wil ten slotte vir u baie sterkte toewens met die doelwitte wat u vir uself gestel het. Wees verseker dat ons u vordering met belangstelling sal dophou omdat ons graag wil hê dat u ook moet help bou aan die tuiste vir almal en wil sien dat daar ook uit hierdie projek, deurlopend, nuwe toetreders tot die landbou sal kom en sodoende 'n positiewe bydrae sal lewer om te bou aan die tuiste vir almal in die Wes-Kaap. |
62 | 08050913151003.txt | 2,648 | Ek is intens bewus van die belangrike rol wat u organisasie speel om die produsent en die verbruiker bymekaar uit te bring en die gepaardgaande toewyding waarmee u dit doen. |
62 | 08050913151003.txt | 2,649 | Die proses waar lewende hawe tot bruikbare vleis omskep word, verg uiteraard hoë standaarde van voedselveiligheid en dit is duidelik uit u missieverklaring dat u dit wil bereik deur die daarstelling van gespesialiseerde opleiding en tegniese ondersteuning. Die bemagtigingsrol wat u deur middel van inligtings verspreiding speel, sorg dat u nie net abattoir eienaars se belange dien nie, maar dat dit bydra tot die hoë standaarde van veiligheid en kwaliteit wat nodig is om die Rooivleisbedryf te laat groei deur die vertroue wat dit by die verbruiker skep. |
62 | 08050913151003.txt | 2,650 | Dit is egter ook belangrik dat ons sal besef dat dit nie alleen u taak is nie, maar dat die regering ook 'n groot rol moet speel om deur ons ondersteuning, toestande te skep wat bevorderlik is vir groter groei in u bedryf. |
62 | 08050913151003.txt | 2,651 | Die Departement van Landbou in die Wes-Kaap en ekself plaas nie net 'n baie hoë premie op goeie verhouding met die bedryf nie, maar strewe daarna om sover moontlik 'n groot ondersteunende rol te speel. |
62 | 08050913151003.txt | 2,652 | Op die oomblik is die kwessie van voedselsekuriteit en hoër voedselpryse van die mees kwellende vraagstukke waarmee ons almal te kampe het. Ek glo dat dit ook 'n baie direkte impak op u bedryf het. |
62 | 08050913151003.txt | 2,653 | Hierdie is 'n uiters ernstige saak en ons sal iets hieraan moet doen. Vir analitiese doeleindes word Suid-Afrikaanse huishoudings in 10 LSM (LSM = Life Style Measure) groepe ingedeel. In LSM 1 (Die armste groep) word omtrent 70 persent van beskikbare kontant aan voedsel spandeer, terwyl in LSM 10 (die rykste groep) dit net 10 persent is. Die armste mense word dus die meeste geraak deur stygings in voedselpryse en indien dit nie versag word nie sal ons beslis ongewenste reaksie in Suid-Afrika sien. |
62 | 08050913151003.txt | 2,654 | a Die grootste fout sou wees om voedselpryse veral vir produsente op 'n laer vlak vas te pen. In hierdie stadium het ons juis die aanmoediging nodig sodat soveel as moontlik voedsel geproduseer word. Ry maar net deur die graanproduserende areas van die Wes-Kaap en sien hoe die boere oënskynlik op die gunstige prys-seine reageer. Indien ons voedselpryse vaspen stuur ons die verkeerde sein uit en kry ons nie die nodige produksie respons nie. |
62 | 08050913151003.txt | 2,655 | b Ons kan landbouproduksie stimuleer. Dit is egter nie 'n korttermyn intervensie nie, maar ons het beslis nodig om die produktiwiteit in die landbou te verhoog. Dus, navorsing, voorligting en opleiding in landbou is noodsaaklik ten einde groter hoeveelhede voedsel beskikbaar te stel. |
62 | 08050913151003.txt | 2,656 | c Ons sou direkte subsidies aan verbruikers kon betaal ten einde hulle in staat te stel om voedsel te bekom. 'n Hele aantal vrae bestaan egter rondom die bekostigbaarheid van sulke subsidies, die administratiewe koste verbonde aan geteikende subsidies, lekkasie van subsidies, bepaling van parameters en die aanwending daarvan. |
62 | 08050913151003.txt | 2,657 | Die belangrikheid van navorsing as ondersteuning vir kommersiële boere kan nooit oorbeklemtoon word nie en ek glo dat die plig van die Regering is om te sorg dat ons aan die voorpunt bly as ons markaandeel wil vergroot, ook binne u bepaalde bedryf. |
62 | 08050913151003.txt | 2,658 | Wat navorsing betref is dit belangrik om te beklemtoon dat dit langtermyn van aard is, met uitkomste gerig op die bevordering van die mededingendheid en volhoubaarheid van die landbousektor, met ander woorde op ekonomiese groei wat weer werkskepping en 'n instandhouding tot gevolg het. Inligting, soos gegenereer deur die navorsingsaktiwiteite van die Departement, vorm dan ook die hoeksteen van tegnologie-oordrag en boerdery-ondersteuningsprogramme aan die totale landbougemeenskap van die Wes-Kaap. |
62 | 08050913151003.txt | 2,659 | Ten slotte wil ek u bedank vir die baie belangrike rol wat u speel om toe te sien dat ons voldoen aan die internasionale standaarde deur middel van u strategiese doelwitte wat u vir uself gestel het en die dienste wat u lewer ten opsigte van opleiding, voedselsekuriteit, tegnies en aanverwante dienste. Die feit dat u organisasie op soveel forums, beide nasionaal en internasionaal verteenwoordig is, is 'n aanduiding van die groot waarde wat u toevoeg tot die uitbou, nie net van Landbou nie, maar die ekonomie as 'n geheel. |
62 | 08050913151003.txt | 2,660 | Voorsitter ek wil u weereens bedank vir die geleentheid en ook dan vir die voorreg om so n bietjie breër met u te praat oor sake wat ons almal raak. |
63 | 08080416451002.txt | 2,662 | Ek wil begin deur vir u baie dankie te sê dat u hierdie geleentheid kom bywoon het. Dit is 'n bewys van die erns wat u in u omdra om van landbou 'n sukses te maak en ook omdat u 'n bydrae wil lewer om saam met ons die doelwitte wat die regering gestel het, ten opsigte van bemagtiging, te bereik. |
63 | 08080416451002.txt | 2,663 | Ek wil dadelik vir u sê dat die pad wat u saam met ons ingeslaan het, nie 'n maklike pad is nie. Die uitdagings wat daar vir ons voor die deur lê is nie kinderspeletjies nie en nog minder is dit vir mense wat nie ernstig is om 'n sukses van Landbou te maak nie. Daar is baie mense wat vol moed en met baie groot verwagting wil boer maar dan skielik met die harde werklikheid van boerdery kennis maak. Daar is ook baie mense wat op 'n stadium kom waar hulle moed opgee omdat hulle nie kans sien om aan te pas by die nuwe verantwoordelikheid en veranderende omstandighede waarmee hulle te make het nie. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.