document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
69
08103115451001.txt
2,770
As Departement is ons daartoe verbind om u op alle terreine binne ons mandaat by te staan en ek wil dan ook in hierdie verband ons dienste en kennis aanbied en u uitnooi om daarvan gebruik te maak.
69
08103115451001.txt
2,771
Dit is egter so dat u dink dat u nou kan agteroor sit en dink u hoef nou nie meer hard te werk of u verder te bekwaam as individue nie.
69
08103115451001.txt
2,772
Ons glo baie sterk aan opleiding om jou lewensomstandighede te verbeter en daarom het ons vanjaar weer R308 miljoen uit ons begroting beskikbaar gestel vir Gestruktureerde Landbou-opleiding. Ek weet dat u mede-eienaars ook baie waarde heg aan opleiding en daarom moet u sorg dat u deel word van die opleidingsprogramme van die onderneming.
69
08103115451001.txt
2,773
Ek wil afsluit deur u geluk te wens met die groei van die projek en die toewyding waarmee u werk om daarvan 'n sukses te maak. Ek wil aan die mense in die nuwe projek sterkte toewens en die vertroue uitspreek dat u as 'n span sal saamwerk om seker te maak dat hierdie projek ook suksesvol sal wees en as 'n voorbeeld sal dien vir ander plase in die omgewing.
69
08103115451001.txt
2,774
Ek wil u weereens bedank vir die geleentheid en die hoop uitspreek dat u goeie tye sal belewe as bewerkers van die grond en dat u saam met ons die stryd sal stry om die draak van armoede die hoof te bied met die wonderlike geleenthede wat die goeie Regering vir ons bied om te sorg dat die Wes-Kaap 'n tuiste vir almal sal wees.
70
09021915451002.txt
2,776
Dit is my voorreg om die Gesamentlike Sitting van die Parlement van die Republiek van Suid-Afrika toe te spreek met die aanvang van hierdie laaste sessie van ons Derde Demokratiese Parlement.
70
09021915451002.txt
2,777
Ek staan met ootmoed voor die mense van Suid-Afrika vir die geleentheid wat ek gegun is om die hoogste amp in die land te beklee as gevolg van die unieke omstandighede wat ontstaan het na die besluit van die heersende regerende party om die voormalige president te herroep.
70
09021915451002.txt
2,778
My verantwoordelikheid, binne 'n kwessie van enkele maande, was om die Nasionale Uitvoerende Raad te lei in die uitvoer van die mandaat wat in die 2004-verkiesing aan die African National Congres toegeken is, en om die grondslag te lê vir die na-verkiesing-administrasie om dadelik aan die werk te spring.
70
09021915451002.txt
2,779
Dat ons in staat was om vyf maande gelede 'n gladde oorgang te hê en kontinuïteit in die regeringstelsels kon verseker is te danke aan die volwassenheid van ons grondwetlike stelsel, wat deels deur die samewerking van die lede van die Uitvoerende Raad - oud en nuut - en die vaste hand van ons openbaresektor-bestuurders weerspieël word.
70
09021915451002.txt
2,780
As ons terugkyk oor die afgelope 15 jaar wil ek graag erkenning gee aan President Nelson Mandela en President Thabo Mbeki se verbintenis en harde werk, asook die talle vroue en mans wat 'n rol gespeel het om die demokratiese staatstuig te stuur: in die Uitvoerende Raad en die Administrasie, die wetgewers op die drie regeringsvlakke en die Regsbank; gedryf deur die begeerte om die lewenskwaliteit van alle Suid-Afrikaners te verbeter.
70
09021915451002.txt
2,781
Bowenal staan ek voor u met trots en met die vertroue dat die Suid-Afrika wat ons vandag kan vier - ver verwyder van die verdeeldheid, konflik en uitsluiting van slegs 15 jaar gelede - die produk is van die harde werk en geswoeg van Suid-Afrikaanse vroue en mans uit alle vlakke van die samelewing.
70
09021915451002.txt
2,782
Hierdie Suid-Afrikaners verteenwoordig die hoop en deursettingsvermoë wat ons nasie kenmerk.
70
09021915451002.txt
2,783
In dieselfde asem wil ek ook graag Me Helen Suzman noem, 'n waarlik voortreflike Suid-Afrikaner wat die waardes van ons nuwe Parlement reeds in die ou een se kamers verteenwoordig het.
70
09021915451002.txt
2,784
Dit is hierdie en ander patriotte wat die grootste deel van die akkolade verdien as ons nou verklaar - nieteenstaande die ekonomiese storms wat aan ons deur hamer, ongeag die politieke onsekerhede wat ons gemeenskaplike bewussyn binnedring in die tyd van oorgang - dat dit goed gaan met ons nasie.
70
09021915451002.txt
2,785
Ons moet egter nie die uitdagings onderskat wat ons in die gesig staar nie. Die wêreldwye ekonomiese ineenstorting hou ernstige gevare vir ons ekonomie in wat werksverliese en die lewenskwaliteit van ons mense aanbetref.
70
09021915451002.txt
2,786
Vanselfsprekend kan die onsekerhede oor die politieke oorgang meer vrae meebring as wat daar tans antwoorde is.
70
09021915451002.txt
2,787
Gevolglik kan party van ons dalk gehipnotiseer word deur die kortstondige onweer en ons skouers krom trek teen die stormwinde van ekonomiese onstuimigheid en politieke beroering.
70
09021915451002.txt
2,788
Maar ons reis is een van hoop en volharding.
70
09021915451002.txt
2,789
Ons kan selfs sê, danksy 'n vreemde wending van die noodlot, dat baie aspekte van ons grondwetlike orde onlangs getoets is, en elkeen het die toets geslaag om 'n demokrasie te openbaar wat uitsonderlik veerkragtig is.
70
09021915451002.txt
2,790
Ons demokrasie is gesond. Dit word stadig maar seker sterker, en dit word ondersteun deur 'n Grondwet wat nêrens ter wêreld geëwenaar kan word nie.
70
09021915451002.txt
2,791
Die krag van ons politieke verbintenis tydens hierdie tyd van die verkiesingstryd - wat ons almal saamstem waardig en vredevol moet afloop - is inderdaad die beste waarborg van die volgehoue oorlewing en verdieping van ons demokrasie.
70
09021915451002.txt
2,792
Dit is Suid-Afrika se mense wat die land se vooruitgang verseker; en dit is hulle wat ons demokrasie sal verseker in die jare wat voorlê.
70
09021915451002.txt
2,793
Vergun my, Mevrou die Speaker en Voorsitter, om op hierdie noot alle stemgeregtigde Suid-Afrikaners aan te spoor om te registreer en te stem in die komende nasionale en plaaslike verkiesings sodat ons self die toekoms kan bepaal.
70
09021915451002.txt
2,794
Dit kan elke werksdag by die munisipale kantore gedoen word tot tyd en wyl die kieserslys afgesluit word. Maar ons moet ook gebruik maak van die spesiale registrasie-naweek wat deur die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (die OVK) gereël is, naamlik môre en Sondag, onderskeidelik die 7de en 8ste Februarie.
70
09021915451002.txt
2,795
Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om te sê dat ek oor die volgende paar dae samesprekings met die Verkiesingskommissie en die provinsiale premiers sal hê en die datum van die verkiesing sal aankondig.
70
09021915451002.txt
2,796
Ons is ons status as demokrasie te danke aan die mense van Suid-Afrika wat op 27 April 1994 vir die eerste keer gesamentlik hul toekoms in hul eie hande geneem het.
70
09021915451002.txt
2,797
Met daardie eenvoudige dog verreikende aksie om 'n kruisie te trek vir 'n regering vir al die mense van ons land, het ons die rug gekeer op 'n verlede wat almal ontmens het.
70
09021915451002.txt
2,798
Daarom is dit gepas om by hierdie geleentheid die 20ste herdenking te vier van die Verklaring van die OAE se ad hoc-komitee vir Suidelike Afrika ten opsigte van die vraag oor Suid-Afrika - algemeen bekend as die Harare Deklarasie.
70
09021915451002.txt
2,799
Daardie inisiatief het die grondslag gelê vir wêreldwye konsensus deur die Verenigde Nasies oor die benadering tot onderhandelinge in Suid-Afrika.
70
09021915451002.txt
2,800
In Suid-Afrika het dit ook die inhoud van die 1989 Konferensie vir 'n Demokratiese Toekoms bepaal - wat patriotte vanuit byna alle vlakke van die samelewing verenig het.
70
09021915451002.txt
2,801
Al hierdie dinge het gelei tot die onderhandelingsproses wat uitgeloop het op ons eerste demokratiese verkiesing in 1994.
70
09021915451002.txt
2,802
In hierdie opsig moet ons die oorlede president van die African National Congress, Oliver Reginald Tambo, salueer vir dit wat hy deur vastelands- en wêreldliggame geïnisieer en bekendgestel het en wat later 'n kompas vir die vreedsame oplossing van die konflik in ons land sou word.
70
09021915451002.txt
2,803
Die moedige stap om 'n raamwerk te ontwerp wat vrede en rekonsiliasie nagestreef het, in plaas van oorlog en konflik, het eens en vir altyd die skyndaeraad van 'n 100 jaar tevore herroep, naamlik die sluiting in 1909 van die Nasionale Konvensie, wat die vorming van die Unie van Suid-Afrika voorspel het.
70
09021915451002.txt
2,804
Alhoewel daardie konvensie die territoriale integriteit van Suid-Afrika soos ons dit vandag ken gedefinieer het, was dit gebaseer op rasse-onderdrukking en uitsluiting.
70
09021915451002.txt
2,805
En nou, 15 jaar na die aanvang van ons demokrasie, kan ons bevestig dat die vrees, onsekerheid en weersin wat 100 jaar gelede 'n eksklusiewe en bedrieglike vrede onder koloniale meesters geskep het, nie net ongegrond was nie, maar ook waarlik misplaas was.
70
09021915451002.txt
2,806
Daardie vrese en onsekerhede het gelei tot dekades van verset. In hierdie opsig salueer ons daardie dapper seun van ons mense, Solomon Kalushi Mahlangu, wat 30 jaar gelede ter dood veroordeel is met sy kop omhoog, in die trotse wete dat sy bloed die boom van vryheid sou voed.
70
09021915451002.txt
2,807
Solomon Mahlangu het die tradisie van vergange krygsmanne voortgesit, onder meer diegene wat onder Koning Cetshwayo geveg het en wat in 1879 die Britse weermag in Isandlwana oorwin het ter verdediging van die vryheid van die inheemse mense van ons land en die soewereiniteit van hul grond.
70
09021915451002.txt
2,808
n 130 jaar later staan ons verwonder oor die hoop en deursettingsvermoë wat daardie onversetlike harte besiel het.
70
09021915451002.txt
2,809
In opleidingsentrums het daardie selfde deursettingsvermoë massaverset aangevuur gedurende daardie koue winter ná die verbanning van die vryheidstryd en die inhegtenisneming van meeste van die senior leiers daarvan.
70
09021915451002.txt
2,810
n Groep moedige soldate het 40 jaar gelede weggebreek van NUSAS om die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (Saso) te stig.
70
09021915451002.txt
2,811
In dieselfde asem moet ons ook erkenning gee aan die oorlede Ephraim Mogale, die stigterspresident van die Kongres van Suid-Afrikaanse Studente (Cosas) en andere 30 jaar gelede.
70
09021915451002.txt
2,812
In herinnering aan hierdie studente van vervloë dae is daar 'n blywende boodskap, en die dors na vryheid en kennis is nou selfs sterker ingeboesem by ons jeug.
70
09021915451002.txt
2,813
Die boodskap van hul heldedade geld vandag nog net so duidelik as soveel jaar gelede, naamlik dat ons saam die grense van geleenthede moet verken; dat ons inderdaad, soos die Vryheidsmanifes dit stel, die "deure van geleerdheid en van kultuur" nog wyer moet oopmaak!
70
09021915451002.txt
2,814
Ons onthou hierdie organisasies en leiers om die gees van hoop en uithouvermoë te beklemtoon wat die demokratiese stryd geïnspireer het, selfs toe alles treurig gelyk het; om die verantwoordelikheid te benadruk wat op ons skouers rus, naamlik om die ideale waarvoor daar soveel opgeoffer is, te bevorder; om te weier om te swig voor terugslae en ontberinge.
70
09021915451002.txt
2,815
En dus, Mevrou die Speaker en Agbare Voorsitter, moet ons onsself afvra: hoe het ons dade die afgelope 15 jaar, sedert die geboorte van ons demokrasie, die weg gebaan vir die Suid-Afrikaanse samelewing se evolusie, en hoe het ons die saak van menslike ontwikkeling en menswaardigheid sedert die 2004 demokratiese mandaat bevorder!
70
09021915451002.txt
2,816
Vandag het ons 'n doeltreffende demokratiese stelsel, gebaseer op die beginsels van deursigtigheid en openheid, met verskeie platforms vir openbare deelname en onafhanklike instansies wat deur die Grondwet gelas is om demokrasie te ondersteun.
70
09021915451002.txt
2,817
Deur die jare het ons voortdurend die regeringstrukture verbeter. Ons het 'n stelsel van gesonde interregeringsverhoudings tussen alle sfere opgebou, en integrasie binne en tussen hulle verbeter.
70
09021915451002.txt
2,818
Die Regering kan met reg trots wees daarop dat ons die demografiese samestelling van die Staatsdiens verander het, wat feitlik in alle opsigte die karakter van ons samelewing weerspieël.
70
09021915451002.txt
2,819
Maar hoewel vroue omtrent 34% van alle senior poste in die Staatsdiens beklee, is dit minder as die teiken vir gelykheid wat ons vir onsself gestel het.
70
09021915451002.txt
2,820
In die nasionale en provinsiale wetgewers is daar aanduidings dat ons nasie hierdie jaar die 32%-vlak van vroulike verteenwoordiging sal oortref wat in 2004 bereik is, en hopelik selfs die 40% wat in die 2006 plaaslike verkiesings bereik is.
70
09021915451002.txt
2,821
Ons hoop dat al die politieke partye, terwyl hulle hul verkiesingslyste finaliseer, 'n bydrae sal maak tot hierdie edele strewe!
70
09021915451002.txt
2,822
Alhoewel sekere vooruitgang gemaak is (naamlik 0,2%), is die situasie minder indrukwekkend met betrekking tot mense met gebreke wat vir die Regering werk, gemeet teen die 2%-teiken wat ons vir onsself gestel het.
70
09021915451002.txt
2,823
In albei gevalle is die privaatsektor ver agter.
70
09021915451002.txt
2,824
Verskeie maatreëls is in plek gestel om die doeltreffendheid van die Staatsdiens te verbeter, insluitend finansiële bestuur, Thusong-dienssentrums en ander diensleweringsinisiatiewe, izimbizo en, soos tans in die Departement van Binnelandse Sake, ferm leierskap.
70
09021915451002.txt
2,825
Daar moet egter nog baie meer gedoen word om die dienskultuur en diensgerigtheid van sommige staatsdiensamptenare te verbeter, veral diegene wat direk met die publiek werk.
70
09021915451002.txt
2,826
Soos die agbare lede weet, het ons regering die geveg teen misdaad een van ons hoof-fokusareas gemaak.
70
09021915451002.txt
2,827
Dit word onder meer weerspieël deur wetgewing, reëls en regulasies vir sowel staatsamptenare as politieke ampsbekleërs, vennootskappe met die burgerlike gemeenskap en teenkorrupsie-blitslyne.
70
09021915451002.txt
2,828
Dit mag wees dat die stelsels vir die voorkoming en straf van korrupsie steeds onvoldoende is, maar uit 'n regeringstelsel-oogpunt kan ons troos vind in die feit dat meer as 70% van korrupsiesake waaroor in die media berig word, openbaar gemaak word omdat die Regering die oortreding opgetel het en inderwaarheid daarteen optree.
70
09021915451002.txt
2,829
Die privaatsektor het met dieselfde uitdagings te kampe. Op die ou einde het die uitdagings net soveel met regulering te doen as wat dit met konsekwente toepassing te doen het.
70
09021915451002.txt
2,830
Ek is seker ons almal stem saam dat die welstand van ons samelewing grootliks afhang van die vordering wat ons maak om die nasie se welvaart uit te bou en te verseker dat die voordele van ekonomiese groei deur alle mense gedeel word.
70
09021915451002.txt
2,831
Dit is algemene kennis dat Suid-Afrika, ná die ekonomiese stagnasie van die laat-1980s en vroeë-1990s, die langste tydperk van volgehoue ekonomiese groei beleef het sedert statistieke daaroor in 1940 vir die eerste keer aangeteken is.
70
09021915451002.txt
2,832
In die Eerste Dekade van Vryheid het die ekonomie jaarliks gemiddeld met 3% gegroei, en dit het verhoog tot 5% gemiddeld per jaar tussen 2004 tot 2007.
70
09021915451002.txt
2,833
Terwyl die verbruikersbloeitydperk, aangevuur deur meer werksgeleenthede, stygende inkomste en laer inflasie- en rentekoerse, in hierdie verband 'n rol gespeel het, word ons bemoedig deur die breë spektrum geleenthede vir verdere ontwikkeling in die toekoms.
70
09021915451002.txt
2,834
Dit sluit eerstens hoër beleggingskoerse in, beide deur die openbare en privaatsektor. Wat dit betref, omtrent vyf jaar gelede het ons gedraai by 16% van bruto vastekapitaalformasie as 'n persentasie van Bruto Binnelandse Produk (BBP). Die groei in beleggings was so groot dat hierdie syfer vandag 22% is, nader aan die 25% wat ons beoog het om eers in 2014 te verkry.
70
09021915451002.txt
2,835
Dit is deels die gevolg van doelbewuste programme deur die Regering om openbare infrastruktuur uit te brei.
70
09021915451002.txt
2,836
Dit is ook 'n gevolg van beleide om die klimaat vir privaatsektor-beleggings te verbeter; en om fiskale en monetêre beleid so te bestuur dat dit toegang tot dienste verbeter en die inflasielas verminder, en terselfdertyd makro-ekonomiese stabiliteit en volhoubaarheid verseker.
70
09021915451002.txt
2,837
Die fokus op mikro-ekonomiese hervorming gedurende die afgelope dekade, en veral die pogings sedert 2004 om stelselmatig die magdom versperrings in die pad van groei uit die weg te ruim, het 'n positiewe impak gehad.
70
09021915451002.txt
2,838
Dit is in hierdie konteks dat die Inisiatief vir Versnelde en Gedeelde Groei (AsgiSA) geïmplementeer word, om te verseker dat alle deurslaggewende blokkasies soos infrastruktuur-bottelnekke, geïntegreerde nywerheidsbeleid en programme, die vaardigheidstekort, gereguleerde opeenhopings en ondoeltreffendheid van regeringsdienste op 'n gefokusde en stelselmatige wyse aangespreek word.
70
09021915451002.txt
2,839
Ons ekonomie het meer toeganklik geword, en sedert 1994 het dit gelyktydig meer geïntegreerd geraak in die globale stelsel. Ons finansiële instellings is 'n kragtige voorbeeld wat ons ietwat beskut het teen die wêreldwye ekonomiese storms.
70
09021915451002.txt
2,840
Tog is hul reikwydte in ons samelewing ver onder verwagting. Ons ekonomie bly grotendeels afhanklik van mynbou en landbou vir uitvoere. Buiten die privaatsektor is daar nog nie genoeg uitbreiding van kritieke sektore nie, veral wat vervaardiging betref.
70
09021915451002.txt
2,841
Daarom is die groeikoers van uitvoere nie so hoog soos in vergelykbare lande nie. Dit is presies hierdie swakheid wat verantwoordelik is vir die groot negatiewe saldo van die Lopende Rekening, veral in die tye toe ons hoër groei beleef het.
70
09021915451002.txt
2,842
En omdat ons nie genoeg gespaar het nie, moes ons op korttermyn-kapitaalvloei staatmaak om die tekort sowel as ons beleggingsprogramme te finansier.
70
09021915451002.txt
2,843
Dit is die uitdagings wat ons land vir seker sal moet aanspreek op die pad vorentoe.
70
09021915451002.txt
2,844
Van deurslaggewende belang is die vraag: waaroor behoort ekonomiese groei eintlik te gaan Welvaart word geskep om mense se lewenskwaliteit te verbeter?
70
09021915451002.txt
2,845
Dus behoort die vraag of groei regverdig verdeel word 'n sentrale aspek van alle ekonomiese oorwegings te wees.
70
09021915451002.txt
2,846
Wat belangrik is, is dat die voordele van groei werkskepping moet insluit en moet verseker dat daar behoorlike werk is.
70
09021915451002.txt
2,847
Ons kan inderdaad met trots meld dat die ekonomie tussen 1995 en 2003 ongeveer 1,5 miljoen netto nuwe werksgeleenthede geskep het en selfs meer merkwaardig, omtrent 500 000 werksgeleenthede tussen 2004 en 2007.
70
09021915451002.txt
2,848
In die laasgenoemde tydperk is daar vir die eerste keer sedert die aanbreek van demokrasie meer werk geskep as die aantal mense wat die arbeidsmark betree het, wat die werkloosheidskoers van 31% in 2003 tot 23% in 2007 laat daal het.
70
09021915451002.txt
2,849
Natuurlik moet dit ons nie laat afsien van ons verpligting om die kwessie van die kwaliteit van hierdie werke te bevraagteken nie, insluitend die regte en voordele wat werkers geniet.
70
09021915451002.txt
2,850
Om die voordele van groei te deel sluit ook versnelde implementering van regstellende aksie in, insluitend breë swart ekonomiese bemagtiging.
70
09021915451002.txt
2,851
Dit is nie 'n strewe na 'n sogenaamde rassistiese agenda nie. In werklikheid sal 'n land wat nie die betrokkenheid van sy hele bevolking op alle vlakke van ekonomiese aktiwiteit verseker nie, definitief ver onder sy ware potensiaal presteer.
70
09021915451002.txt
2,852
Die feit dat die privaatsektor nie genoeg doen om die demografie van bestuurs- en vaardigheidsberoepe in ondernemingsontwikkeling en so meer te verander nie, maak van ons land deels 'n agtergeblewene in hoëgroei-aandele.
70
09021915451002.txt
2,853
Om in die voordele van groei te deel beteken ook dat die Staat belastinggeld doeltreffend en billik moet aanwend as 'n instrument om die las van voorsiening van openbare goedere te herverdeel én te deel.
70
09021915451002.txt
2,854
Agbare lede sal bekend wees met meeste van die data oor kwessies rakende maatskaplike dienste. Ek sal egter 'n paar voorbeelde opnoem om weereens die aard van die vooruitgang wat ons al gemaak het en die uitdagings wat ons nog in die gesig staar, uit te lig.
70
09021915451002.txt
2,855
Die Regering is pynlik bewus daarvan dat volslae armoede nog steeds te wydverspreid in ons samelewing voorkom, en die vlak van ongelykheid is te hoog.
70
09021915451002.txt
2,856
Ons het in die afgelope 15 jaar ons bes gedoen om hierdie euwel deur maatskaplike dienste uit te roei.
70
09021915451002.txt
2,857
Eerstens het geld-metrieke armoede aansienlik afgeneem sedert die eeuwisseling. Hierdie afname is grootliks te danke aan 'n dramatiese uitbreiding van besteding op maatskaplike toelae sedert 2002. Hierdie verbetering word weerspieël deur toegang tot basiese dienste - 'n vinnige afname in bate-armoede het die afname in geld-metrieke armoede voorafgegaan, Tweedens, alhoewel die afname in armoede wesenlik was, het algehele ongelykheid gedurende die 1990s vermeerder. Derdens, die dinamika onderliggend aan armoede- en ongelykheidsneigings bepaal die breë beleidsuitkyk Armoede het afgeneem sedert die oorgang, maar ongelykheid het nie verbeter nie.
70
09021915451002.txt
2,858
In huishoudings met kinders (gedefinieer as diegene 17 jaar en jonger), het die aantal huishoudings wat gemeld het dat 'n kind honger ly, tussen 2002 en 2006 dramaties verminder (van net oor 31% tot 16%). Dit gee te kenne dat die armoede-situasie opmerklik verbeter het, veral onder mense wat die hoogste graad van welsynsontneming ervaar. Die voorkoms van honger kinders het in vier jaar byna halveer.
70
09021915451002.txt
2,859
Hierdie waarnemings word inderdaad bevestig deur ons eie navorsing, wat wys dat inkomste-armoede veral in swart- en kleurling-gemeenskappe afgeneem het, deels as gevolg van laer vlakke van werkloosheid en beter toegang tot maatskaplike toelaes. Terwyl die aantal toelae-begunstigdes in 1999 2,5 miljoen was, het dit teen 2008 vermeerder tot 12,4 miljoen.
70
09021915451002.txt
2,860
Dit is grootliks te danke aan grootskaalse verbetering in toegang tot die Kindersorg-toelae, wat vermeerder het van 34 000 begunstigdes in 1999 tot 8,1 miljoen in 2008.
70
09021915451002.txt
2,861
As gedeeltelike bydraer tot die inkomste van die armes, is die teiken van een miljoen werksgeleenthede deur die Uitgebreide Openbare Werke-Program in 2008 bereik, 'n jaar vroeër as beoog in die 2004-verkiesingsmandaat. Dit het die moontlikheid om die program uit te brei en die kwaliteit daarvan te verhoog, aansienlik verbeter.
70
09021915451002.txt
2,862
Wat huishoudelike toegang tot basiese dienste aanbetref, spreek die syfers vanself. Byvoorbeeld, toegang tot drinkwater het van 62% in 1996 tot 88% in 2008 verbeter; asook tot elektrisiteit (58% tot 72%); en sanitasie (52% tot 73%).
70
09021915451002.txt
2,863
Bewyse van maatskaplike dienste kan ook gesien word in die reuse verbetering in toegang tot primêregesondheidsorggeriewe. Altesaam 95% van Suid-Afrikaners leef nou nader as vyf kilometer aan 'n gesondheidsfasiliteit, en ons is ingelig dat alle klinieke nou toegang tot drinkwater het. Immunisasiedekking vir kinders het gelykmatig verbeter tot omtrent 85%; en malaria-gevalle het dramaties afgeneem.
70
09021915451002.txt
2,864
Ons is ook bemoedig dat navorsing oor die voorkoms van MIV stabilisasie 'n effense afname in die tempo van infeksie toon.
70
09021915451002.txt
2,865
Ons antiretrovirale behandelingsprogramme is nie net die grootste ter wêreld nie, maar dit brei ook voortdurend uit, met meer as 690 000 pasiënte wat al met antiretrovirale behandeling begin het sedert die aanvang van die program.
70
09021915451002.txt
2,866
Tog het baie gesondheidsgeriewe nie altyd die nodige medisyne, geskikte aantal personeellede en 'n bestendige voorsiening van basiese dienste soos skoon lopende water en elektrisiteit nie. In sommige van hierdie geriewe is die bestuur swak en die gesindheid van personeel moet verbeter.
70
09021915451002.txt
2,867
In onderwys was daar 'n daling in die onderwyser-leerder-verhouding; amper universele toegang met betrekking tot inskrywings op laerskoolvlak, en 'n verbetering in die aantal leerlinge wat Wiskunde slaag, om 'n paar voorbeelde te noem.
70
09021915451002.txt
2,868
Terselfdertyd is baie moeite gedoen om infrastruktuur in arm gebiede te verbeter.
70
09021915451002.txt
2,869
Natuurlik weet ons dat die uitsakkoers, veral op sekondêre en tersiêre vlak, onaanvaarbaar hoog is, en dat die onderwysstelsel nog die nodige vaardighede moet voorsien wat deur die samelewing vereis word.
70
09021915451002.txt
2,870
Om aan te sluit hierby, dui neigings in prestasie, beide vir onderwys en leer, 'n kommerwekkende ooreenstemming met die sosiale verdeeldheid van die verlede.