document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
63 | 08080416451002.txt | 2,664 | So vertel hulle die storie van die ou oom wat al lank geboer het en gewoond was om op die ou manier aan te gaan en te sukkel en toe op n punt gekom het waar hy nie meer verder wou gaan nie. |
63 | 08080416451002.txt | 2,665 | Die oom het toe maar na baie jare se gesukkel besluit om op te gee en sy goed op 'n vendusie te verkoop. |
63 | 08080416451002.txt | 2,666 | Dit het alles in 1961 begin," sê die oom, "toe die geldstelsel van ponde na rande verander en my oortrokke rekening dus verdubbel het." |
63 | 08080416451002.txt | 2,667 | Ek was net besig om daaraan gewoond te raak, toe bring hulle kilogram in die plek van ponde en onse en my oes verminder met die helfte. Daarna verander hulle die reënval van duime na millimeters en ons het sedert daardie tyd nog nie weer 'n duim reën gehad nie. |
63 | 08080416451002.txt | 2,668 | Wat doen hulle toe Hulle bring 'n ding genaamd Celcius in en die temperatuur verminder met vyftig grade. Geen wonder my mielies wil sedertdien nie groei nie? |
63 | 08080416451002.txt | 2,669 | Asof dit nie genoeg was nie, verander hulle my grond boonop van morge na hektaar en my plaas verminder oornag met tien persent. |
63 | 08080416451002.txt | 2,670 | Dit is toe wat ek besluit om te verkoop. Ek het pas my plaas in die mark gesit, toe verander hulle myle na kilometer en nou is my boerdery so ver uit die dorp dat niemand daarin belangstel nie. |
63 | 08080416451002.txt | 2,671 | U sien hierdie byeenkoms is juis daarop gemik om u blootstelling te gee aan die pad van verandering wat die Departement, as instrument van die regering, ingeslaan het. Ons is hier om vir u te verduidelik en terselfdertyd te luister na die probleme waarmee u te make het, sodat ons saam met u die uitdagings die hoof kan bied en u ook bewus te maak van die hulp en ondersteuning wat ons aan u kan bied. |
63 | 08080416451002.txt | 2,672 | Ons wil tydens hierdie konferensie met u deel wat die regering se visie is ten opsigte van die vermeerdering van produksie om 'n toename van tussen 10 en 15 persent in produksie teweeg te bring. |
63 | 08080416451002.txt | 2,673 | As regering wil ons n toename sien van ten minste 10 persent in swart ondernemerskap. |
63 | 08080416451002.txt | 2,674 | Ons wil aan u toon watter ondersteuning u van die Departement kan verwag deur middel van ons verskillende programme binne die departement. |
63 | 08080416451002.txt | 2,675 | Dit is een van die Departement se doelwitte om landbouhandel en -markte met tussen 10 en 15 persent te verhoog en ons wil saam met u beraadslaag hoe om dit te bereik en hoe om u te help om deel daarvan te wees. |
63 | 08080416451002.txt | 2,676 | Ons moet teen 2014, 30 persent van landbougrond aan voorheen benadeelde gemeenskappe oordra en ons moet saam met u beraadslaag hoe om hierdie doelwit te bereik en aan u toon wat die verskillende opsies is en watter maatreëls daar in plek is om hierdie doelwitte te bereik. |
63 | 08080416451002.txt | 2,677 | Sekerlik een van die belangrikste uitkomste van hierdie konferensie moet die stigting van 'n vereniging vir nuwe boere wees, waarin u u kan saamsnoer om op 'n georganiseerde wyse op 'n gereelde grondslag met ons te beraadslaag oor sake wat spesifiek vir u van belang is. Ek wil in hierdie opsig dit baie duidelik maak dat die doel van so 'n vereniging nie is om mense nou in verskillende kategorieë te plaas of om 'n nuwe organisasie te stig wat 'n georganiseerde landbouliggaam vir nuwe boere is nie. Ons wil hê dat u by bestaande strukture sal inskakel en sodoende maksimum voordeel trek uit die kundigheid wat daar reeds binne georganiseerde landbou bestaan. |
63 | 08080416451002.txt | 2,678 | Ek is opgewonde oor die konferensie omdat dit die eerste van sy soort is waar u as nuwe boere en ander rolspelers bymekaar kom saam met die Departement sodat ons saam die uitdagings van landbou kan aanspreek. |
63 | 08080416451002.txt | 2,679 | Ons wil hê dat u onbevange moet deelneem aan die gesprekke wat hier sal plaasvind en openlik en met eerlikheid u mening sal lig ten opsigte van die kwellende vrae wat u het en ook die probleme wat u ondervind, met ons sal bespreek. |
63 | 08080416451002.txt | 2,680 | Ek wil u graag versoek om egter ook te luister na die belangrike inligting en raad wat u hier mag ontvang sodat u met verrykte kennis hier sal weggaan. Ek hoop dat u saam met ons hierdie konferensie as n nuwe en verrykend ervaring sal meemaak. |
64 | 08091814151001.txt | 2,682 | Dit is nou veertien jaar na die eerste demokratiese verkiesing en Suid-Afrika is nog steeds die skynende lig in Afrika, ten spyte van verskeie verwagtinge en persepsies dat daar geen toekoms in die land is nie. Dit is egter 'n feit dat ons nog op koers is ten opsigte van die teikens vir versnelde en gedeelde groei-inisiatief vir Suitd-Afrika (AsgiSA), waarin landbou 'n uiters belangrike rol speel. |
64 | 08091814151001.txt | 2,683 | Dit is egter ook waar dat landbou veral deur 'n baie moeilike tyd gaan ten opsigte van stygende insetkoste, gekoppel aan die hoër olieprys met sy rippelende effek, kompetisie met goedkoper ingevoerde kommoditeite en ander eksterne faktore soos droogte en op ander plekke weer vloedskade wat miljoene rande beloop. |
64 | 08091814151001.txt | 2,684 | Die vraag bly egter: Wat is die landbousektor se rol binne hierdie omgewing? |
64 | 08091814151001.txt | 2,685 | a werkskepping b vrystelling van arbeid vir die industrie c voorsiening van voedsel vir die mense d voorsiening van markte vir industriële produkte en e voorsiening van buitelandse valuta vir die land. |
64 | 08091814151001.txt | 2,686 | Dit is egter so dat die wêreld voortdurend verander en die Suid-Afrkaanse landbou is dikwels die pasaangeër in hierdie veranderende omgewing. Gevolglik is daar mettertyd bykomende rolle wat vir landbou geskep word. |
64 | 08091814151001.txt | 2,687 | Dit is van meet af aan belangrik om in gedagte te hou dat 'n toename in landbouproduksie nie deur die druk van 'n knoppie gebeur of deur 'n nuwe fabriek staan te maak nie. Meer kos kan slegs geproduseer word deur harde en volgehoue inspanning. |
64 | 08091814151001.txt | 2,688 | a Nuwe tegnologie moet ontwikkel word wat tot meer effektiewe landbouproduksie of opbrengsverhogende tegnologie aanleiding gee. |
64 | 08091814151001.txt | 2,689 | b Hierdie nuwe tegnologie moet aan boere oorgedra word en daar moet seker gemaak word dat alle boere toegang het tot die mees effektiewe landboutegnologie. |
64 | 08091814151001.txt | 2,690 | c Toepaslike ondersteunende infrastruktuur tot voedselproduksie moet daargestel word. |
64 | 08091814151001.txt | 2,691 | Met verwysing na tegnologie-ontwikkeling is die Wes-Kaapse Departement van Landbou een van die leidende skeppers van landboutegnologie in Suid-Afrika. Die tegnologie-ontwikkelingsfunksie van die departement is rondom drie navorsingsinstitute (diereproduksie, plantproduksie en hulpbrongebruik) georganiseer en meer as R54 miljoen word jaarliks op die 180 verskillende navorsingsprojekte spandeer wat op die sewe navorsingsplase uitgevoer word. Driehonderdeen-en-twintig personeellede, van wie ses spesialisnavorsers, 25 navorsers en 38 navorsingstegnici is, wy hulle lewe aan die landbousektor toe. |
64 | 08091814151001.txt | 2,692 | semi-wetenskaplike en populêre publikasies. |
64 | 08091814151001.txt | 2,693 | voordragte tydens boeredae, ens. |
64 | 08091814151001.txt | 2,694 | Die oordrag van tegnologie kan geskied deur hetsy opleiding of voorligting. Die departement, deur middel van sy opleidingsbeen Cape Institute for Agricultural Training (CIAT), speel 'n uiters aktiewe rol in die opleiding en heropleiding van boere, plaasbestuurders en plaaswerkers. Die kennis en vaardigheidsbasis van (voornemende en huidige) boere word verbreed deur opleiding wat, in sy beurt, 'n direkte impak het op die effektiwiteit van produksie. Die departement verskaf hoër opleiding aan 450 voornemende kommersiële boere en plaasbestuurders per jaar. Verder ontvang tussen 800 en 1 100 plaaswerkers vaardigheidsopleiding per jaar deur middel van kort kursusse en leerlingskappe. |
64 | 08091814151001.txt | 2,695 | As deel van die tweede been van kennisoordraging bedryf die Wes-Kaapse Departement van Landbou 'n gedesentraliseerde voorligtingsdiens in al ses distrikte van die Wes-Kaap. Die vlak van desentralisasie word geïllustreer deur die feit dat die departement tans oor 54 kantore beskik van waar 67 voorligters hul dagtaak verrig. Jaarliks word daar ongeveer R47 miljoen aan hierdie diens bestee. Die voorligtingsdiens word aktief deur die ander programme van die departement ondersteun deur middel van aktiwiteite soos boere- en inligtingsdae. |
64 | 08091814151001.txt | 2,696 | Bykomend tot die infrastruktuurelemente wat reeds genoem is, is dit die moeite werd om op rekord te plaas dat my departement jaarliks ongeveer 30 000 plant-, water- en grondmonsters ontleed. Hierdie resultate ondersteun boere om ingeligte plant- en kunsmistoedieningsbesluite te neem. |
64 | 08091814151001.txt | 2,697 | Alhoewel sekere veranderlikes wat in die landbousektor voorkom ook in sommige van die ander sektore van die ekonomie aanwesig is, is die landbousektor uniek in dié sin dat dit die enigste sektor is waar ál hierdie veranderlikes gelyktydig teenwoordig is. |
64 | 08091814151001.txt | 2,698 | a Boerdery voorsien in een van die mees basiese behoeftes van die mens, naamlik voedsel. |
64 | 08091814151001.txt | 2,699 | b Sonder voldoende voedsel in 'n gebalanseerde dieet kan die res van die ekonomie nie funksioneer nie. |
64 | 08091814151001.txt | 2,700 | c Die sektor is afhanklik van die klimaat met al die gepaardgaande risiko's. |
64 | 08091814151001.txt | 2,701 | d Die natuurlike hulpbron grond, water, klimaat bepaal die aard van die besigheid. |
64 | 08091814151001.txt | 2,702 | e Die hulpbron waarvan boerdery gebruik maak is beperk en daar is toenemende druk vanuit ander oorde om van hierdie hulpbron beskikbaar te stel vir ander gebruike. Byvoorbeeld, druk om grond beskikbaar te stel vir behuising en verstedeliking, water vir menslike en nywerheidsgebruik, ens. |
64 | 08091814151001.txt | 2,703 | f Boerdery is in wese gebaseer op biologiese prosesse. Dit beteken dat dieselfde mate van deterministiese produksie nie moontlik is as in die geval van die nywerheidsektor is nie. |
64 | 08091814151001.txt | 2,704 | g Boerdery is versprei oor groot geografiese areas wat die beheer en kontrole oor die produksieprosesse bemoeilik. |
64 | 08091814151001.txt | 2,705 | h In Suid-Afrika is landbougrond gelaai met politieke en sosiale emosie en verwagtinge. Dit is dus noodsaaklik dat grondhervorming so spoedig moontlik kan voortgaan terwyl daar terselfdertyd so min as moontlik ontwrigting in die ander funksies van landbou moet intree. |
64 | 08091814151001.txt | 2,706 | i Dit verskaf werksgeleenthede en sinvolle ekonomiese aktiwiteit vir 'n groep mense wat op weinig ander plekke in die ekonomie geakkommodeer kan word. |
64 | 08091814151001.txt | 2,707 | j Landbou is egter nie net daar vir voedselproduksie nie, maar het ook 'n rol in die generering van buitelandse valuta, ekonomiese aktiwiteit, 'n mark vir die vervaardiging sowel as vir die skepping van kapitaal wat in die sektor, maar ook in die res van die ekonomie, belê kan word. |
64 | 08091814151001.txt | 2,708 | k Die keersy van die munt is dat boerdery nie net 'n finansieel/ekonomiese rol het nie, maar ook 'n sosiale rol. Dit word dikwels gesien as 'n maatstaf of riglyn waarteen die waardes en norme in die veral stedelike samelewing gemeet word. |
64 | 08091814151001.txt | 2,709 | l Boerdery verskaf lafenis vir die mens se siel - die feit dat dit daar is, die landskap en die geleentheid om in die landelike area te ontspan verskaf 'n sekere waarde aan die landbou. |
64 | 08091814151001.txt | 2,710 | Die hele kwessie van stygende kommoditeitspryse en die impak daarvan op die landbousektor is egter 'n ander onderwerp wat my dae lank kan besig hou. Dit is so dat voedselpryse die afgelope jaar vinniger as inflasie gestyg het. So byvoorbeeld het die Verbruikersprysindeks vir voedsel (VPI-voedsel) oor die tydperk April 2007 tot April 2008 met 15,7 percent gestyg. Dít is heelwat hoër as die inflasieteiken van tussen drie en ses persent. Aangesien Suid-Afrika 'n oop ekonomiese beleid volg, is ons voedselpryse die afgeleide van internasionale voedselpryse. Dus is dit belangrik om daarop te let dat die nominale wêreldpryse van al die belangrikste voedselgroepe hul hoogste vlak in vyftig jaar bereik het en die reële pryse van hierdie voedselgroepe die hoogste in dertig jaar is. |
65 | 08092312451001.txt | 2,712 | Hiermee 'n kort agtergrondoorsig oor die 'Mini Drug Master Plan' vir plaaswerkers wat Minister Dowry Maandag amptelik onderteken en bekend gestel het. |
65 | 08092312451001.txt | 2,713 | Junie 2007 is daar 'n konferensie oor alkoholmisbruik onder plaaswerkers gehou. Hierdie konferensie was goed bygewoon deur baie organisasies en rolspelers. |
65 | 08092312451001.txt | 2,714 | Een van die uitkomste van die konferensie was dat 'n forum bestaande uit verteenwoordigers van die verskillende wynbedrywe, nie-regeringsorganisasies (NGO's) en rolspelers gestig word. Minister Dowry het hierdie forum in Junie 2007 aangekondig. Die forum het met sy werksaamhede op 22 Julie 2007 begin. |
65 | 08092312451001.txt | 2,715 | Die forum se eerste taak was om 'n 'Mini Drug Master plan' in lyn met die 'National Drug Master Plan 'te ontwikkel en op te stel. |
65 | 08092312451001.txt | 2,716 | Die forum het 'n klein taakspan aangewys wat gehelp het om die dokument te skryf en te finaliseer. |
65 | 08092312451001.txt | 2,717 | Daar is ook 'n begroting van R200 000 aan die plan gekoppel vir die huidige finansiele jaar. |
65 | 08092312451001.txt | 2,718 | Die oogmerk met die plan is om plaaswerkers wat hulp of rehablitasie teen alkoholverslawing nodig het, te help. Hierdie hulp sal in oorleg met die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling geskied. |
66 | 08092316151003.txt | 2,720 | DP en JC Goosen Boerdery (Edms) Bpk, en 'n groep van 30 werknemers van DP en JC Goosen Boerdery (Edms) Bpk wat nog nie deel van 'n swart ekonomiese bemagtigingsprojek (SEB) is nie, gaan saam die twee stukke grond verder ontwikkel. Die twee stukke grond is tans in die besit van Goosen Trust. Die totale omvang van die projek gaan ongeveer 44 hektaar (ha) wees. Daar words tans onderhandel met Departement van Omgewingsake om nog ses ha by te kry vir ontwikkeling. Die 50 ha sal bestaan uit steenvrugte, wingerd en olywe. |
66 | 08092316151003.txt | 2,721 | Om die projek van die grond af te kry het DP en JC Goosen Boerdery (Edms) Bpk reeds nege ha gevestig wat in vol produksie is en daar word nog sewe ha in 2009 aangeplant. DP en JC Goosen Boerdery (Edms) het ook al agt boorgate geboor waarvan sewe water kan voorsien en 'n dam gebou op die betrokke grond. |
66 | 08092316151003.txt | 2,722 | In die beplanning van die projek word daar ook 'n nuwe dam gebou sodat daar genoeg water sal wees om die 50 ha te besproei. Die nuwe dam sal dan deur die boorgate en bergstrome gevul word. Dit is noodsaaklik dat die dam gebou word omdat die boorgate nie genoeg water op 'n slag kan gee nie. Die dam sal dan gebruik word om al die water op te gaar en dan sal die boorde vanaf die dam besproei word. Die dam sal ook help om die besproeiingskostes te verminder, want jy kan dan van die blokke met natuurlike druk van die water besproei. Dit sal dus nie nodig wees om die water te pomp nie. |
66 | 08092316151003.txt | 2,723 | Daar word beplan ook om twee berghuise te vestig wat verhuur gaan word aan toeriste. Die huise sal gebou word met bloekomhout wat sonder enige kostes aan die projek deur DP en JC Goosen Boerdery (Edms) Bpk voorsien gaan word. |
67 | 08092611451001.txt | 2,725 | Baie dankie vir die uitnodiging om vandag saam met u te mag wees en te kon sien waarmee u besig is wanneer u gebruik maak van die voordele en hulp wat ons vanaf die Departement van Landbou se kant af vir u beskikbaar stel, om saam met kommersiële boere uitvoering te gee aan die grondhervormingsprogram van die regering. Hierdie projek van u is 'n bewys watter suksesse behaal kan word as ons doelgerig werk daaraan om u wat al ook volwaardige burgers van die land is, deel te maak van landbou en te sorg dat u ook grondbesitters word. Ek hou daarvan om op die grond by u te kom sodat ek eerstehands kan ervaar watter vooruitgang daar ten opsigte van ons mense binne landbou is. |
67 | 08092611451001.txt | 2,726 | Landbou in die Wes-Kaap speel 'n baie belangrike rol in die ekonomie van die provinsie en die land en u as plaaswerkers het reeds oor baie jare 'n groot rol gespeel om die Wes-Kaap die sterkste landbouprovinsie te maak. |
67 | 08092611451001.txt | 2,727 | Ek word aangedryf deur die wete dat daar nog so baie van ons mense is wat jare op plase bly en werk of wat oor 'n lappie grond beskik maar nie altyd die finansiële vermoë het om werklik winsgewend te boer nie. |
67 | 08092611451001.txt | 2,728 | Dit is waarskynlik ook grootliks die rede waarom my tyd as Minister van Landbou een van die verrykendste ervarings van my lewe is, ook omdat landbou my so na aan die hart lê, maar ook omdat landbou soveel fasette het wat 'n rol speel in die ontwikkeling en voortbestaan van ons mense, asook in die ekonomiese groei van die Wes-Kaap. |
67 | 08092611451001.txt | 2,729 | Die Wes-Kaapse Regering wil hê dat daar verandering in ons samelewing moet kom waar ons nie nodig het om op die staat te wag om ons maatskaplike welsyn te verbeter en ons lewensomstandighede te verbeter nie. Dit moet gebeur deur u ekonomies selfstandig te maak deur middel van projekte soos hierdie, waarvan u deel is. Dit help ook met die groei van die ekonomie en dit bring ook 'n toename in werksgeleenthede. Die belangrikste is egter die uitbreiding van eienaarskap. As ons hierin kan slaag, sal ons armoede behoorlik kan bestry en die ongelykhede van die verlede uitwis en aan u 'n beter lewe kan voorsien. |
67 | 08092611451001.txt | 2,730 | Die skepping van inkomste en werkgeleenthede is vir ons as regering 'n baie hoë prioriteit en daarom is dit nodig dat daar altyd nuwe projekte aangepak sal word waar al die mense in die omgewing baat by sal vind. |
67 | 08092611451001.txt | 2,731 | Dit is ook baie belangrik dat bestaande projekte suksesvol moet wees om volhoubaarheid in landbou te verseker. |
67 | 08092611451001.txt | 2,732 | Ek glo baie sterk daaraan dat om te kan boer nie 'n reg is nie, dis 'n voorreg. Die besit van grond is wel 'n reg wat deur die Grondwet van die land aan u gegee word, maar wanneer ons hierdie twee nl. boerdery en grondbesit bymekaar bring, word dit 'n onderneming wat met groot verantwoordelikheid aangepak moet word en daarom is dit vir ons in die Wes-Kaapse Departement van Landbou baie belangrik dat ons ook aan u die nodige ondersteuning moet bied om toe te sien dat u 'n sukses maak van u boerdery. |
67 | 08092611451001.txt | 2,733 | Hierdie projek wat u hier van stapel gestuur het, is 'n voorbeeld van wat verwag kan word wanneer produsent en werker hande vat om van die Wes-Kaap en spesifiek dan ook landbou, 'n ware tuiste vir almal te maak. |
67 | 08092611451001.txt | 2,734 | As ons wil slaag in ons doelwit om ware transformasie binne die landbousektor te weeg te bring, dan sal ons meer van hierdie tipe ontwikkelings moet hê, waarin daar op eie inisiatief voortgegaan word om hande te vat. |
67 | 08092611451001.txt | 2,735 | As departement is ons daartoe verbind om u op alle terreine binne ons mandaat by te staan en ek wil dan ook in hierdie verband ons dienste en kennis aanbied en u uitnooi om daarvan gebruik te maak. |
67 | 08092611451001.txt | 2,736 | Ek is bewus daarvan dat Denou Farming 'n bemagtigingsmaatskappy is wat in 2003 gestig is met die Goosen Boerdery Trust wat 'n 49 persent en die Den Haag Werknemers Trust wat 'n 51 persent aandeel in die onderneming het. |
67 | 08092611451001.txt | 2,737 | Dit is verblydend om te sien dat die 116 begunstigdes, waarvan 59 betrokke is op die plase te Prince Alfred Hamlet en 57 op die plase te Wolseley, ook verteenwoordigend is van beide geslagte, met 67 mans en 49 vroue. |
67 | 08092611451001.txt | 2,738 | Ek is ook baie dankbaar dat daar behalwe die gronhervorming vir volgehoue boerdery-program (LRAD) fondse van R3,6 miljoen wat beskikbaar gemaak is vir die gedeeltelike befondsing van die projek, my departement R346 000 bygedra het tot die skepping van infrastruktuur. |
67 | 08092611451001.txt | 2,739 | Ek wil aan Goosen Boerdery dankie sê dat u soveel erns maak met die deelname van u werkers aan landbou, dat u ook nou die oorblywende 30 werkers deel gaan maak van die nuwe onderneming in die Waverley/Goukyk Projek, waar u twee stukke grond Waverley en Goukyk, verder gaan ontwikkel met 50 hektaar steenvrugte, wingerd en olywe. |
67 | 08092611451001.txt | 2,740 | Dit is ook goed dat u 'n redelike hoeveelheid bevorderingsgeleenthede vir die werkers geskep het, waarvan die belangrikste een die ontwikkeling van 'n produksie-bestuurder is. Anthony Janse (Voorsitter van DHWT en Direkteur van Denou Farming) is dan ook sedert Julie 2007 as produksiebestuurder van Denou Farming aangestel. Ek verstaan dat u ook onlangs akkreditasie by die Fairtrade-handelsmerk verkry het en die eerste premie-fondse wat ontvang is, aangewend word vir sosiale en ekonomiese opheffing van die gemeenskap deur middel van 'n verskeidenheid projekte. Dit is gerusstellend om te weet dat die maatskappy se finansiële posisie geweldig verbeter het en dat die totale omset feitlik verdubbel het sedert die ontstaan van die maatskappy. |
67 | 08092611451001.txt | 2,741 | Dit is egter so dat u nie dink dat u nou kan agteroor sit en dink u hoef nou nie meer hard te werk of u verder te bekwaam as individue nie. |
67 | 08092611451001.txt | 2,742 | U moet uself verder laat oplei deur die programme wat die Departement van Landbou beskikbaar stel. |
67 | 08092611451001.txt | 2,743 | Ons glo baie sterk aan opleiding om jou lewensomstandighede te verbeter en daarom het ons vanjaar weer R30,8 miljoen uit ons begroting beskikbaar gestel vir gestruktureerde landbou-opleiding. |
67 | 08092611451001.txt | 2,744 | Ek weet dat die Goosens ook baie waarde heg aan opleiding en daarom moet u sorg dat u deel word van die opleidingsprogramme van die onderneming. |
67 | 08092611451001.txt | 2,745 | Ek wil afsluit deur u geluk te wens met die groei van die projek en die toewyding waarmee u werk om daarvan 'n sukses te maak. Ek wil aan die mense in die nuwe projek sterkte toewens en die vertroue uitspreek dat u as 'n span sal saamwerk om seker te maak dat hierdie projek ook suksesvol sal wees en as 'n voorbeeld sal dien vir ander plase in die omgewing. |
67 | 08092611451001.txt | 2,746 | Ek wil u weereens bedank vir die geleentheid en die hoop uitspreek dat u goeie tye sal belewe as bewerkers van die grond en dat u saam met ons die stryd sal stry om die draak van armoede die hoof te bied met die wonderlike geleenthede wat die goeie regering vir ons bied om te sorg dat die Wes-Kaap 'n tuiste vir almal sal wees. |
68 | 08101614451002.txt | 2,748 | Nuwe mariene bewaringsarea (MBA) sal noodsaaklike beskerming te weeg bring. |
68 | 08101614451002.txt | 2,749 | Die twintigste mariene bewaringsarea langs die Suid Afrikaanse kuslyn sal hierdie week geproklameer word deur Marthinus van Schalkwyk, Minister van Omgewingsake en Toerisme, soos vandag aangekondig. |
68 | 08101614451002.txt | 2,750 | Die nuwe Stilbaai Mariene Bewaringsarea is 'n belangrike toevoeging tot die Suid Afrikaanse netwerk van MBAs. Dit sal die nodige beskerming verleen aan verskeie mariene en getyrivier habitatte wat belangrik is vir oorbenutte visssoorte en ander inheemse spesies. Die beperkte area is gelee langs 'n beskermede landelike gebied en dit sal help om die natuurlike kuslyn teen die bedreiging van klimaatsverandering teen te werk, het Minister van Schalkwyk gesê. |
68 | 08101614451002.txt | 2,751 | Die minister se aankonding val saam met Nasionale Mariene Week wat hierdie jaar gevier sal word vanaf 13 tot 17 Oktober. Die tema vir die viering is Klimaatsveranderinge en die impak op ons oseane, kuslyne en lewens. Dit is gerig op die bewusmaking van klimaatsverandering en die impak wat dit het op ons marienebronne en die kuslyn. |
68 | 08101614451002.txt | 2,752 | Volgens Van Schalkwyk sal die nuwe Stilbaai MBA verskeie mariene habitate insluit. Dit sluit in 'n groot sanderigebaai aan die oostekant, kleinerige rotsagtige baaie aan die weste kant met die mond van die Goukourivier tussenin. |
68 | 08101614451002.txt | 2,753 | Dit is merkwaardig dat die hele Goukougetyrivier in die MBA gelee is wat beter beskerming aanbied. Te danke aan die insluiting van albei die getyrivier en die mariene areas in die MBA sal dit spesies soos kabeljou wat in altwee areas voorkom, beter beskerm. |
68 | 08101614451002.txt | 2,754 | Historiese visvyvers is ook in die MBA ingesluit en hulle is 'n voorbeeld van hoe die oorspronklike inwoners visgevang het. Die dorp van Stilbaai en sy mense is afhanklik van toegang tot die see en die getyrivier. Daar is 'n geproklameerde vissershawe wat deur kommersiele vissers en sporthengelaars gebruik word. |
68 | 08101614451002.txt | 2,755 | Van Schalkwyk het gese dat die Stilbaai MBA sal algemene beskerming aanbied teen visvang en aasversameling in ongeveer 75 persent van die Goukou getyrivier en 20 vierkante kilometers van die see area. Die marine gebiede bestaan uit twee beperkte sones, naamlik Skulpiesbaai beperkte sone in die weste en groter Geelkrans beperkte sone in die ooste. Hierdie beskerming sal lei tot die herstel van die oorbenutte visspesies, en hulle volhoubare benutting buite die beperkte sones. Inheemse spesies en hulle omgewing sal ook beskerm word in die see en getyrivier. |
68 | 08101614451002.txt | 2,756 | Die oorblywende dele van die MBA bestaan uit gekontroleerde sones waar visvang toegelaat kan word. Die gekontroleerde sone van die getyrivier strek van die mond opwaarts tot net bokant die Olive Grove dam (omtrent twee kilometers noord van die brug), waar sportvisvang sowel as aasversameling (net op die oostelike bank) toegelaat sal word. In die mariene gekontroleerde area van ongeveer 12 vierkantige kilometer wat langs die mond van die geryrivier lê sal sport visvang asook kommersiele lynvisvang toegelaat sal word, maar nie treilvisvang nie. |
68 | 08101614451002.txt | 2,757 | Die proklamering volg na verskeie konsultasies met die gemeenskappe en ander belanghebbendes oor 'n periode van meer as twee jaar. Hulle kommentaar, voorstelle en bekommernisse is gedurende die proses in aanmerking geneem, wat gelei het tot die finale sonering van die MBA. |
69 | 08103115451001.txt | 2,759 | Baie dankie vir die uitnodiging om vandag saam met u te mag wees om hierdie projek amptelik te oorhandig aan die 197 begunstigdes en ook sertifikate te oorhandig aan die van u wat opleiding ontvang het deur middel van die opleidingsprogramme wat ons as Wes-Kaapse Departement van Landbou aan mense soos u beskikbaar stel. |
69 | 08103115451001.txt | 2,760 | Hierdie projek van u is die grootste van sy soort in hierdie omgewing en gee aan u as plaas en pakstoorwerkers 'n beherende aandeel van 52% in die vrugteplaas. Dit dien ook as 'n voorbeeld van die suksesse wat ons kan behaal wanneer kommersiële boere soos me Barbara van den Bossche en mnr Charl van den Berg, bereid is om uitvoering te gee aan die grondhervormingsprogram van die regering. |
69 | 08103115451001.txt | 2,761 | Die Departement van Landbou onder die ANC regering in die Wes-Kaap spandeer op die oomblik 80% van sy jaarlikse begroting aan die bemagtiging van ons voorheen benadeelde gemeenskappe om te sorg dat ons, ons nuwe boere op die beste moontlike maniere gevestig kan kry en dat die plaaswekergemeenskap ook voordeel sal put uit die bevryding wat die nuwe demokrasie moes bring. |
69 | 08103115451001.txt | 2,762 | U weet dat ons in Landbou 'n baie groot waardering het vir die belangrike rol wat plaaswerkers speel om landbou in die provinsie aan die gang te hou en daarom doen ons op die oomblik alles in ons vermoë om die omstandighede en kwaliteit van lewe van ons plaaswerkers te verbeter, sodat u nie soos tweedeklas burgers in hierdie land moet lewe nie. Dit het tyd geword dat die nuwe Suid-Afrika ook voor u deur moet kom stilhou en by u voordeur moet inkom. |
69 | 08103115451001.txt | 2,763 | Landbou in die Wes-Kaap speel 'n baie belangrike rol in die ekonomie van die Provinsie en die land en u as plaaswerkers het reeds oor baie jare 'n groot rol gespeel om die Wes-Kaap die sterkste landbouprovinsie te maak. |
69 | 08103115451001.txt | 2,764 | As regering word ons aangedryf deur die wete dat daar nog so baie van ons mense is wat jare op plase bly en werk of wat oor 'n lappie grond beskik maar nie altyd die finansiële vermoë het om werklik winsgewend te boer nie. Ons wil hê dat u as plaaswerkers ook voordeel moet trek uit die regering se doelwit om 30% van landbougrond aan mense soos u, oor te dra. |
69 | 08103115451001.txt | 2,765 | Dit is waarskynlik ook grootliks die rede waarom my tyd as Minister van Landbou een van die verrykendste ervarings van my lewe is, ook omdat Landbou my so na aan die hart lê, maar ook omdat landbou soveel fasette het wat 'n rol speel in die ontwikkeling en voortbestaan van ons mense, asook in die ekonomiese groei van die Wes-Kaap. |
69 | 08103115451001.txt | 2,766 | Die Wes-Kaapse Regering wil hê dat daar verandering in ons samelewing moet kom waar ons nie nodig het om op die staat te wag om ons maatskaplike welsyn te verbeter en ons lewensomstandighede te verbeter nie. Dit moet gebeur deur u ekonomies selfstandig te maak deur middel van projekte soos hierdie, waarvan u deel is. Dit help ook met die groei van die ekonomie en dit bring ook 'n toename in werksgeleenthede. Die belangrikste is egter die uitbreiding van eienaarskap. As ons hierin kan slaag, sal ons armoede behoorlik kan bestry en die ongelykhede van die verlede uitwis en aan u 'n beter lewe kan voorsien. |
69 | 08103115451001.txt | 2,767 | Die skepping van inkomste- en werkgeleenthede is vir ons as regering 'n baie hoë prioriteit en daarom is dit nodig dat daar altyd nuwe projekte aangepak sal word waar al die mense in die omgewing baat by sal vind. Dit is ook baie belangrik dat bestaande projekte suksesvol moet wees om volhoubaarheid in landbou te verseker. |
69 | 08103115451001.txt | 2,768 | Ek glo baie sterk daaraan aan om te kan boer nie'n reg is nie, dis 'n voorreg. Die besit van grond is wel 'n reg wat deur die Grondwet van die land aan u gegee word, maar wanneer ons hierdie twee nl. boerdery en grondbesit bymekaar bring, word dit 'n onderneming wat met groot verantwoordelikheid aangepak moet word en daarom is dit vir ons in die Wes-Kaapse Departement van Landbou baie belangrik dat ons ook aan u die nodige ondersteuning moet bied om toe te sien dat u 'n sukses maak van u boerdery. |
69 | 08103115451001.txt | 2,769 | As ons wil slaag in ons doelwit om ware transformasie binne die landbousektor te weeg te bring, dan sal ons meer van hierdie tipe ontwikkelings moet hê, waarin daar op eie inisiatief voortgegaan word om hande te vat. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.