document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
71
09030516451001.txt
2,972
Ons skep dis hier 'n unieke geleentheid vir verskeie rolspelers binne landbou om deel te hê aan die bemagtigings prosesse van die regering.
71
09030516451001.txt
2,973
Die projek het op 6 September 2007 sy eerste beeste van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap ontvang. Ons het 30 Jersey stoetbeeste vir die projek aangekoop van die Outeniqua-kudde van die departement.
71
09030516451001.txt
2,974
Ek noem graag vir u wat die departement se direkte en indirekte bydrae tot die projek beloop.
71
09030516451001.txt
2,975
Die koste van die eerste 30 koeie was R2 535 elk wat n totaal van R76 050 beloop.
71
09030516451001.txt
2,976
Ons het nou nog n verdere 40 koeie geskenk.
71
09030516451001.txt
2,977
Die koste van die melkstal is R920 000 en die melkmasjien kos R160 000.
71
09030516451001.txt
2,978
Die besproeiingstoerusting wat reeds geïnstalleer is beloop tot op datum R400 000.
71
09030516451001.txt
2,979
Program direkteur, ek wil afsluit deur vir u te sê dat hierdie projek die Elim-gemeenskap volwaardig deel maak van landbou. Hierdie is n geleentheid wat deur die regering geskep word om aan u te sê dat ons ernstig is om die ongelykhede van die verlede uit te wis. Ons wil hê dat u volwaardige deelnemers aan die ekonomie van die land moet wees en dat u werklik moet voel soos ware landbouers wat deel is van die groter landboufamilie van die Wes-Kaap.
71
09030516451001.txt
2,980
Ek wil my dank aan al die rolspelers betuig vir die toewyding aan die projek, nie omdat u gedwing voel nie, maar omdat u glo dat dit die regte ding is om te doen deur ook aan ander die geleentheid te bied wat vir baie jare van hulle ontneem is. Ek wil u alle voorspoed toewens en vir u die versekering gee dat ons u vordering met belangstelling sal dophou.
72
09062512251001.txt
2,982
President Zuma se besluit om grondsake en landbou te skei, het positiewe en negatiewe reaksies uitgelok. Net so het die president se aankondiging van sy kabinet, en spesifiek die landbouministers, positiewe en negatiewe reaksies uitgelok. Die media se kommentaar daarop het gewissel van verbasing tot skok maar ook groot lof. Kommentators was dit egter eens dat die President met die skeiding van die departemente van grondsake en landbou, asook met sy keuse van Ministers 'n besliste boodskap aan die landbousektor maar ook aan die hele Suid-Afrika wou stuur.
72
09062512251001.txt
2,983
Ek sien hierdie boodskap van die President as dat hy besef hoe belangrik 'n suksesvolle landboubousektor vir die toekoms van Suid-Afrika is, en dat ons oor politieke en ander grense heen genoeg met mekaar in gemeen het om saam hieraan te kan werk omdat die krisis in die landbousektor so ernstig is.
72
09062512251001.txt
2,984
Dat die landbousektor voor vele probleme staan en dat die toekoms groot eise aan ons almal hier teenwoordig gaan stel, is nie te betwyfel nie. Ek het die aanstelling as adjunk-minister na deeglike oorweging aanvaar wetende van die groot eise wat dit gaan stel asook die risiko's wat so 'n besluit inhou.
72
09062512251001.txt
2,985
Johan van Wyk, oud-joernalis, maak my besluit nie makliker nie as hy in 12 Junie se Landbouweekblad 'n humoristiese artikel oor al die oud-ministers van landbou skryf. Daarin skryf hy hoe landbou-ministers in Suid-Afrika glad nie lank hou nie -- volgens sy syfers het Suid-Afrika die afgelope 100 jaar reeds meer as 30 landbou-ministers gehad -- en toon hy aan hoe hulle baie gou ongewild raak.
72
09062512251001.txt
2,986
As van voedselsekuriteit in die Suid-Afrikaanse konteks gepraat word, is dit dikwels nie soseer 'n tekort aan voedsel nie, maar eerder die voedselpryse wat die probleem is. Voedsel word so duur dat selfs basiese voedselsoorte ver buite bereik van 'n groot deel van die bevolking is.
72
09062512251001.txt
2,987
Die vraag is waarom die prys van voedsel op die winkelrakke steeds duurder word, terwyl sommige landboukommoditetispryse daal?
72
09062512251001.txt
2,988
Een voorbeeld: Volgens statistiek van die Nasionale Landboubemarkingsraad het die prys van koring van April 2008 tot April 2009 met 36% gedaal. In hierdie tyd het die Safex-prys vir koring van R3 962 per ton tot R2 526 per ton gedaal.
72
09062512251001.txt
2,989
Terwyl koring se prys met 36% gedaal het, het bruinbrood se prys in dieselfde tyd met 22% gestyg. Hoe verklaar 'n mens dit?
72
09062512251001.txt
2,990
Volgens dr Andre Jooste, senior bestuurder van die Nasionale Landboubemarkingsraad, is die groot les wat almal hieruit moet leer, dat daar 'n verband is tussen voedselsekuriteit en die winsgewendheid van landbou. As koring winsgewend verbou kan word, sal boere dit plant en so verseker dat daar genoeg kos bekostigbaar geproduseer word. Die omgekeerde is natuurlik ook waar.
72
09062512251001.txt
2,991
Die Departement van Landbou, die kommersiële boere en die opkomende boere is van die belangrikste rolspelers om van landbou in Suid-Afrika 'n sukses te maak en voedselsekuriteit te waarborg. Die groot uitdaging in die volgende paar jaar gaan wees om die regte balans te kry tussen hierdie rolspelers.
72
09062512251001.txt
2,992
In hierdie opsig is kommersiële boere net so deel van die oplossing as die opkomende boere. Te dikwels word kommersiële boere as die probleem en nie as deel van die oplossing gesien nie. Verantwoordelike vennootskappe tussen kommersiële- en opkomende boere kan baie van die huidige probleme aanspreek. Verantwoordelike vennootskappe behels egter begrip vir die verwagtinge van opkomende boere aan die een kant maar ook begrip vir die probleme en onsekerhede van kommersiële boere aan die ander kant.
72
09062512251001.txt
2,993
n Kommersiële boer keer my onlangs voor en kritiseer my dat ek net praat van opkomende en kommersiële boere. Volgens hom is daar naas kommersiële- en opkomende boere ook nog 'n derde groep boere naamlik "ondergaande kommersiële boere"!
72
09062512251001.txt
2,994
Van die probleme en onsekerhede van boere waarvoor daar ook begrip moet wees is onder andere verhoogde insetkostes en lae winsgewendheid; ondoeltreffende steunstelsels; volhoubare hulpbronbestuur en veral veiligheid en sekuriteit.
72
09062512251001.txt
2,995
Hoewel almal in Suid-Afrika met misdaad te kampe het, het landelike misdaad 'n skokkende statistiek geword. Misdaad op plase bly 'n ernstige probleem. Onlangs het ons byvoorbeeld die ongelukkige voorval by Bultfontein gehad waar na bewering polisiereserviste by so 'n plaasaanval betrokke was. Die kernprobleem bly die veiligheidsvakuum wat ontstaan het na die afskaffing van die kommando's. Daarom is die veiligheid- en sekuriteitsforum, tussen die landbou-unies en die polisie, waarna in die hersiene landboustrategie plan verwys word, belangrik.
72
09062512251001.txt
2,996
Die uitnodiging van die President van die Republiek van die Kongo aan Suid-Afrikaanse boere om daar te kom boer, sê ook iets van hoe Afrika die belangrikheid van Suid-Afrikaanse boere sien. Die regering van die Republiek van die Kongo is bereid om kosteloos vir Suid Afrikaanse kommersiële boere eksklusiewe gebruiksreg oor plase vir 99-jaar termyne te gee. Boonop kry boere 'n vyf-jaar belastingvakansie, en word hulle vrygestel van invoerbelasting op alle landbou-insette en -toerusting. Winste en beleggings kan ter enige tyd weer uit die land uitgeneem word. Die regering van die Kongo het staatsplase in die vrugbare Niarri-Vallei, wat gesamentlik meer as 135 000 ha groot is, uitsluitlik vir Suid Afrikaanse boere geoormerk, en 'n verdere 10 miljoen hektaar kan ook beskikbaar gestel word.
72
09062512251001.txt
2,997
Om 'n Suid-Afrikaanse boer wat winsgewend boer te verloor, vind ek altyd 'n groot jammerte en 'n verlies vir Suid-Afrika. Ons moet dit voorkom. Tog moet die Suid-Afrikaanse bevolking en die regering kennis neem van die waarde wat Afrika-regerings aan hierdie boere heg in hulle pogings om Suid-Afrikaanse boere na ander Afrikalande te lok.
72
09062512251001.txt
2,998
President Zuma glo dat ten opsigte van landbou ons oor politieke grense heen genoeg met mekaar in gemeen het om saam die uitdagings van die landbousektor te kan aanpak. Hierdie uitdaging het hy aan ons almal hier teenwoordig gestel. Die toekoms sal leer tot watter mate ons, in belang van almal in Suid-Afrika, hierdie uitdagings aanvaar en suksesvol aangepak het.
73
09102114551001.txt
3,000
Baie dankie dat ek, as die Provinsiale Minister vir Gemeenskapsveiligheid vanaand by die gedenkdiens vir Nadine Jantjies, 'n kind uit die gemeenskap, 'n kort woord kan lewer.
73
09102114551001.txt
3,001
Ek doen dit met gemengde gevoelens - intense hartseer én groot kommer. Veral gesien teen die gewetenlose wyse waarop haar jong lewe beeïndig is.
73
09102114551001.txt
3,002
Ek wil weereens my Departement se innige meegevoel aan die ouers en familie van Nadine oordra. Mag die Hemelse Vader u deur hierdie routyd dra en u net omring sal wees met baie liefde en omgee van geliefdes.
73
09102114551001.txt
3,003
Nadine was maar vir sewe jaar op aarde, maar is sy nie 'n regverdige kans gegee om haar potensiaal uit te leef nie.
73
09102114551001.txt
3,004
Sy moes vanaand knus in haar ouerhuis gesit het en die tyd met haar ouers en susters gedeel het.
73
09102114551001.txt
3,005
Die gemeenskap van Wesbank en Delft, asook die provinsie, het uitverloor op 'n kans om 'n unieke bydrae van hierdie meisie te kon ontvang.
73
09102114551001.txt
3,006
Dié geweldsmisdaad teen haar is nog vars in ons geheue en herinner ons weer dat gemeenskappe nié gerus kan slaap nie.
73
09102114551001.txt
3,007
Die aanslag op ons kinders is fel en altyd teenwoordig.
73
09102114551001.txt
3,008
Die groot bekommernis is egter dat hierdie doodsaanslae veral kom vanuit die spesifieke woning waarin die slagoffer gebly het.
73
09102114551001.txt
3,009
Dat die familie-hande wat die kind moet oppas, ingespan word om geweldsmisdade te pleeg.
73
09102114551001.txt
3,010
Die vraag moet weereens gevra word: Met wie kan ons ons kinders nog deesdae vertrou?
73
09102114551001.txt
3,011
Mammas kan met reg nou vra: Kan ek my kind met my broer, neef, pa en selfs oupa en ja, selfs my man, vertrou?
73
09102114551001.txt
3,012
Wat het ook geword van die manne wat hul en ander se huise moet beskerm?
73
09102114551001.txt
3,013
Waar is die mans, dat hul huise kwesbaar gelaat word vir die wolwe in die gemeenskap?
73
09102114551001.txt
3,014
Ek en die Wes-Kaapse Premier, mev. Helen Zille, is baie bekommerd oor die feit dat kinders hull lewe op so 'n jong ouderdom, op so 'n wyse moet inboet.
73
09102114551001.txt
3,015
Net verlede Vrydag het die geagte Premier, mev. Zille, tydens haar toespraak in die parlement, oorlog verklaar teen misdaad en veral misdaad teen kinders.
73
09102114551001.txt
3,016
Een van haar planne is om so gou moontlik 'n Kommissaris vir die Beskerming van Kinders aan te stel.
73
09102114551001.txt
3,017
Eerskomende Vrydag lewer ek die Gemeenskapsveiligheid Departement se begrotingsrede, waarin ek planne sal aandui oor hoé ons gemeenskappe in die Provinsie veiliger wil maak.
73
09102114551001.txt
3,018
Ook hoe u, as gemeenskapslede, deur u betrokkenheid, 'n betekenisvolle en kritieke rol kan speel om gemeenskappe veiliger te maak.
73
09102114551001.txt
3,019
Ek wil daarom die Wesbank- en Delft-gemeenskap vra om nie na dié voorval terug te deins nie.
73
09102114551001.txt
3,020
Werk saam met jul gemeenskapsleiers, die polisie en die Departement van Gemeenskapsveiligheid.
73
09102114551001.txt
3,021
Laat ons hande neem en op 'n georganiseerde wyse die baie uitdagings, om misdaad te bekamp, aanvat.
73
09102114551001.txt
3,022
Laat die dood van Nadine Jantjies nie verniet wees nie.
74
09102908351001.txt
3,024
Die Wes-Kaapse munisipaliteite lewer oor die algemeen baie goeie diens in vergelyking met die res van die land. Só sê mnr. Anton Bredell, minister van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning.
74
09102908351001.txt
3,025
Kaapstad is as die nommer-een metropolitaanse gebied aangewys met 'n punt van 73,4%, terwyl Johannesburg met 70,8% die tweede plek behaal het. Die navorsing in verband met die 231 plaaslike munisipaliteite, 46 distriksmunisipaliteite en ses metropolitaanse munisipaliteite is deur Empowerdex gedoen.
74
09102908351001.txt
3,026
Volgens die 2001-sensus het 116 258 huishoudings in die Wes-Kaap nie oor basiese sanitasie beskik nie. Die Gemeenskapsopname van 2007 het aangedui dat laasgenoemde syfer tot 93 084 huishoudings gedaal het en volgens die Departement van Waterwese en Bosbou se opname in 2009 is die situasie tans dat 86 759 huishoudings nie toegang tot sanitasie het nie, dus 'n wesenlike verbetering. Die syfers vir toegang tot elektrisiteit en vuillisverwydering toon dieselfde tendens, wat net weer eens daarop dui dat die Wes-Kaap se plaaslike regerings heel goed doen in vergelyking met die res van die land.
74
09102908351001.txt
3,027
Ten spyte van al die positiewe syfers meen Bredell egter dat daar steeds ruimte vir verbetering is. Hy erken dat die meeste burgemeesters en munisipale bestuurders ook hiervan bewus is. "Die uitdagings van plaaslike rade is geweldig groot en ons sal in die opleiding van ons mense moet belê sodat kundigheid teruggebring kan word. Voorts moet politieke inmengery in besluitneming ook gestaak word," het Bredell gesê. Hy meen die boodskap van die president op 20 Oktober was baie positief en die verdere gesprekke op 21 en 22 Oktober het redelik goed verloop. "'n Mens kan jou met baie van die idees wat geopper is, vereenselwig. Dis egter die uitvoering daarvan wat sukses waarborg."
74
09102908351001.txt
3,028
Bredell meen indien mens jou afvra hoekom daar munisipaliteite - ten spyte van die leemtes in die huidige stelsel - suksesvol is, daar na die volgende gedagtes gekyk moet word: Suksesvolle munisipaliteite het kundigheid teruggebring en/of behou; hulle het 'n stabiele politieke omgewing geskep; hulle het korrupsie aangespreek en beperk; en hulle het 'n doeltreffende kredietbeheerstelsel daargestel.
74
09102908351001.txt
3,029
Enige nuwe stelsel is gedoem indien bogenoemde gedagtes nie in berekening gebring word nie. Ons fokus moet in die eerste plek op die opleiding van personeel, die bestryding van korrupsie en politieke volwassenheid gefokus wees. Ek spreek graag my dank uit teenoor alle burgemeesters, munisipale bestuurders, raadslede en amptenare wat dienaars van hul gemeenskappe is, het Bredell gesê.
75
09111216151002.txt
3,031
Die Gautengse Provinsiale Regering het hom verbind tot die bevordering van gehalte-onderwys en om vaardighede te lewer. Om dit te doen moet ons seker maak dat elke leerder goed doen en ons instellings verlaat met die nodige kennis, vaardighede en kwalifikasies wat hul die beste kans van sukses in hul volwasse lewens kan gee.
75
09111216151002.txt
3,032
Vanaf Januarie 2010 sal die regering begin om al die onderwysers in graad 1 - 3 met die standaard lesplanne vir geletterdheid en gesyferdheid te voorsien. Later in die jaar sal leerders in hierdie grade werkboeke kry om hul te help met geletterdheid en gesyferdheid.
75
09111216151002.txt
3,033
Dit is die begin van 'n nuwe ondersteuningsprogram vir primêre skole wat daarop gemik is om seker te maak alle kinders slaag wiskunde en Engels teen die tyd dat hulle graad 7 verlaat. Om skoolhoofde, onderwysers en ouers te help om te weet hoe goed hul leerders vaar, sal alle kinders jaarliks getoets word in geletterdheid en gesyferdheid in graad 3 en graad 6.
75
09111216151002.txt
3,034
Hierdie toetse sal ook die Departement van Onderwys, skoolhoofde en die skoolbeheerliggaam help om programme te implementeer om swak presterende skole te verbeter.
75
09111216151002.txt
3,035
te luister na hoe jou kind lees vir 10 minute eenvoudige somme met jou kind te doen vir 10 minute jou kind help oefen om te skryf vir 10 minute seker te maak dat jou kind betyds op skool is en homself/haarself goed gedra.
75
09111216151002.txt
3,036
Dit is ook belangrik vir ouers om skoolvergaderings by te woon en jou kind se onderwyser een keer 'n kwartaal te ontmoet en jou kind se vordering te bespreek.
75
09111216151002.txt
3,037
President Jacob Zuma het 'n beroep op almal van ons gedoen om die onderwys 'n prioriteit te maak vir almal. Hy het ook 'n beroep op skoolhoofde, ouers, onderwysers en leerders gedoen om wat hy noem die nie-onderhandelbare vir onderwyste respekteer en te implementeer: "Onderwysers moet betyds in die klas wees om les te gee met die korrekte handboek en geen mishandeling van leerders nie; leerders moet betyds in die klas wees om te leer, respekvol wees teenoor hul onderwysers en teenoor mekaar en hul huiswerk doen," sê President Jacob Zuma.
76
10020113351001.txt
3,039
Dames en here, dit is 'n voorrreg en 'n plesier om vannaand by u te kan wees. Landbou is weereens, of moet ek sê, alweer, of, soos gewoonlik in ongekarteerde terrein. Die faktore wat ons sektor beïnvloed daag telkens in nuwe verhoudings met mekaar op, en sorg dat 'n boer nooit gerus kan raak in Suid Afrika nie.
76
10020113351001.txt
3,040
Op die oomblik is daar verseker 'n wêreldwye voedseltekort op die horison. Ons eet meer as wat ons produseer, maar tog word dit nog nie in kommoditeitspryse weerspieël nie. Uitvoerders word gestraf deur die sterk Rand en swak vraag vanuit oorsese markte. Klimaatsverandering is besig om 'n realiteit te raak vir ons hier in die Wes-Kaap, en volgens alle aanduidings is ons die Provinsie wat die meeste geaffekteer gaan word in die land. En dan is daar nog 'n nuwe regering in die Wes-Kaap asook 'n nuwe nasionale Minister van Landbou.
76
10020113351001.txt
3,041
U kan dus tereg vannaand die vraag vrae: Waarheen nou?
76
10020113351001.txt
3,042
Dames en here, niemand ken u onderskeie industrieë beter as uself nie, so ek gaan my nie daaroor uitlaat nie. Laat my egter toe om 'n paar opmerkings te maak oor landbou vanuit my perspektief as Minister van Landbou in die Wes-Kaap. Ek hoop dat ek daarmee moontlike vrae wat u mag hê sal beantwoord.
76
10020113351001.txt
3,043
Na die onlangse verkiesings het die politieke landskap in Suid Afrika interessante veranderings ondergaan. Direk op u van toepassing is die nuwe regering in die Wes-Kaap en ook die nuwe nasionale Minister van Landbou, Tina Joemat-Pettersson.
76
10020113351001.txt
3,044
Ek en die Nasionale Minister is besig om 'n baie goeie verhouding op te bou. Ons is die enigste Afrikaanssprekendes by die MinMEC vergaderings. Sy het 'n landbou agtergrond en verstaan kommersiële landbou. Sy werk hard en verwag vinnige resultate van haar amptenare. Laasgenoemde kan dalk 'n probleem wees, maar dit lyk asof sy ook onder hulle begin inklim as daar nie gewerk word nie.
76
10020113351001.txt
3,045
Ek en Minister Joemat-Pettersson is tans in gesprek oor die moontlike herinstelling van die destydse Kredietraad. U kan self dink watter groot kopskuif dit binne ANC geledere moet wees, aangesien dit grondhervorming soos ons dit tans ken heeltemal op sy kop draai. Voornemende boere sal met behulp van die Kredietraad geld by die regering kan leen teen basies geen rente nie, maar dit moet terugbetaal word. Produksielenings kan met dieselfde beginsel bekom word.
76
10020113351001.txt
3,046
In hoe 'n mate hierdie tipe van denke by Lethuli Huis afgaan sal mens nog moet sien, maar ek kan met die Minister se denke vereenselwig.
76
10020113351001.txt
3,047
In die Wes-Kaap is daar nou ook 'n nuwe regering met Hellen Zille as Premier. U sal die moddergooiery aan die begin van ons termyn onthou t.o.v geslag en die manlike kabinet. Wat mense nie weet nie, is dat terwyl hierdie geveg in die media gewoed het, was die Premier saam met President Zuma by 'n bosberaad. Hulle praat met mekaar, en hy vra haar opinie oor sake. Sy uitlatings oor onderwys in sy intreerede was byvoorbeeld gegrond op ons Premier se opmerkings aan hom.
76
10020113351001.txt
3,048
En hier in die Wes-Kaap sal haar manlike kabinet hul vingers stomp werk vir haar. En ons doen dit. Sy het 'n ongelooflike talent om tegelykertyd aan groot sake en klein detail aandag te gee.
76
10020113351001.txt
3,049
Verlede week het die Premier met die munisipale bestuurders en burgemeesters van die Wes-Kaap vergader. 'n Raadslid noem toe dat daar 'n opdrag van die nasionale Minister van Plaaslike Regering gekom het om 'n anti-korupsie veldtog te "launch". Dit moet dan sorg dat korrupsie in munisipaliteite teen 2014 uitgeroei is.
76
10020113351001.txt
3,050
Die Premier was nie ingenoeë hiermee nie, en voer toe aan dat daar gans te veel "launches" is, en dat dit net 'n verskoning vir 'n partytjie is. Sy sê dat in die Wes-Kaap doen ons eerder eers die werk, en dan hou ons 'n partytjie in 2014 as die korrupsie uitgeroei is. Die Raadslid byt vas en wys die brief met die instruksie dat die veldtog "gelaunch" moet word. "Goed" sê die Premier. "Ek launch die Wes-Kaap se anti-korrupsie veldtog nou. Dit is nou gelaunch".
76
10020113351001.txt
3,051
Ek dink dat hierdie voorval skets 'n goeie opsomming van wat tans in die Wes-Kaap aan die gebeur is. Daar word gefokus op werk en dienslewering en nie beeldpoets nie.
76
10020113351001.txt
3,052
Die Premier verwag van haar Ministers om saam met mekaar te werk en duld nie Departemente wat nie met mekaar wil skakel nie. Dit is van belang vir landbou, aangesien kwessies soos arbeid en behuising altyd voor die deur van Landbou gegooi word, maar die relevante departemente, soos behuising, (Arbeid slegs Nasionaal) raak nie betrokke nie. Hierdie stand van sake sal verander in die toekoms.
76
10020113351001.txt
3,053
Departement van Landbou.
76
10020113351001.txt
3,054
U sou in die pers gesien het dat daar verskeie hoë profiel koppe, ook Departementshoofde, gerol het met die nuwe regering se oorname in die Wes-Kaap. Gelukkig was dit nie die geval by die Departement van Landbou nie. Ek vertrou my Departementshoof, Joyene Isaacs, ten volle. Ek het haar immers agt jaar gelede in haar huidige pos aangestel. Sy bestuur haar departement uiters professioneel, en haar amptenare hou hulle uit die politiek en doen hul werk.
76
10020113351001.txt
3,055
Daar gaan 'n klemverskuiwing kom by die fokusareas van die Departement oor die volgende vyf jaar, deurdat ons meer aandag aan landbou gaan gee en minder aan politiek. Dit is moontlik omdat Helen Zille my toelaat om op landbou te fokus. Dit is 'n luukse wat my voorganger, Cobus Dowry nie altyd gehad het nie.
76
10020113351001.txt
3,056
Die eerste klem verskuiwing wat ek wil noem, is dat ons beslis meer aandag aan navorsing en tegnologie gaan gee. Die huidige begroting maak slegs 16% van die totaal voorsiening hiervoor. Dit sal meer raak in die volgende paar jaar. Ek dink dat grondhervorming en sosiale sake die fokus weg van landbou geneem het die laaste ruk, en ek wil dit regstel.
76
10020113351001.txt
3,057
Maar: Ondersteuning van ons nuwe boere bly egter van kritieke belang. Ek wil nou sien dat die nuwe boere wat reeds gevestig is gehelp moet word om te ontwikkel tot kommersiële produsente. Mense kan vir altyd nuwe boere bly nie. Ons sal ook kyk na projekte wat kronies sukkel, en dan harde besluite neem. Miskien is daar gevalle waar iemand anders nou 'n kans moet kry.
76
10020113351001.txt
3,058
Ons begroting is onder druk, so ons gaan vir eers poog om dit wat ons reeds doen, beter te doen. So gaan ons ernstig kyk na die kwaliteit van ons voorligtingsdienste. Ons voorligters word ook eersdaags met nuwe tegnologie toegerus wat ons in staat sal stel om hulle beter te bestuur.
76
10020113351001.txt
3,059
Klimaatsverandering gaan baie aandag geniet. U weet ons provinsie is water arm, en die gewasse wat ons verbou is uiters sensitief ten opsigte van klimaat. Ek dink aan vrugtebome en hul koue behoeftes, en u weet watter impak die weer op die kwaliteit van 'n wyn oesjaar kan hê. Die departement is reeds besig met navorsing oor die effektiewe gebruik van besproeiingswater asook verbouiingstegnieke, soos geen-bewerking, waar grondvog bewaar word.
76
10020113351001.txt
3,060
Ons het pas ons Human Capital Development Strategy bekend gemaak. Dit fokus op samewerking tussen die Departement en alle ander rolspelers in die landbou sektor om menslike kapitaal op te bou. Dit fokus ook op die Departement se personeel, want beter opgeleide amptenare sal ook beter diens aan u lewer.
76
10020113351001.txt
3,061
Ek soek dringend studente vanuit minderbevoorregte gemeenskappe met wiskunde en wetenskap om in landbou te studeer. Ons het beurse en ek waarborg vir suksesvolle studente werk in die Departement. Ons benodig landbou-ingenieurs, ekonome en veeartse. Daar sal beslis aandag gegee moet word om talentvolle jongmense te oortuig dat landbou 'n goeie loopbaangeleenheid kan wees.
76
10020113351001.txt
3,062
Dames en here, ek weet daar word altyd baie gekla oor die slegte beeld wat landbou het en hoe onregverdig die pers ons hanteer. Die probleem is meestal daai een vrot appel wat dit vir ons almal moeilik maak. Roofdierbeheer is tans 'n sensitiewe kwessie. So moet nou nie met dooie jakkalse agter aan jou bakkie se tralies dorp toe ry nie.
76
10020113351001.txt
3,063
Net so is arbeidskontrakteurs besig om 'n politieke speelbal te raak. Ek wil u vra om u kontrakteur versigtig te kies. Daar is reeds verskeie inisiatiewe om die bedryf te reguleer, maar gebruik asseblief gesonde oordeel en bly weg van kontrakteurs wat ons bedryf in 'n slegte lig kan plaas.
76
10020113351001.txt
3,064
So gepraat oor die beeld van landbou: Ek was ongelooflik trots met ons begrotingsrede, waar boere en plaaswerkers na uitgenooi was, toe die opposisie my beskuldig dat daar net boere in die gallery sit. Ek kon toe vir die Huis regwys, en aandui dat daar verskeie arbeiders ook sit, onder andere die huidige Plaaswerker van die Jaar, wat oppad Frankryk toe is vir 'n wingerd en wyn opleidingskurses. Boere en werkers lyk nie noodwendig anders nie, en dit is iets positiefs wat tans aan die gebeur is.
76
10020113351001.txt
3,065
Landelike ontwikkeling is nog 'n fokus wat baie aandag gaan geniet. Ons gaan eersdaags 'n senior Landelike Ontwikkelingspos skep, wat nou saam met my Ministerie en Departement gaan werk om te kyk hoe ons die platteland weer lewensvatbaar kan maak. Ons het reeds twee moontlike areas, Matzikamma of Oudtshoorn Munisipaliteite, geïdentifiseer waar werkskeppingsprojekte geloods kan word. Ons wil voor die einde van die jaar die eerste landelike ontwikkelings projek bekend maak.
76
10020113351001.txt
3,066
Ek sluit af: U kan 'n regering in die wes-Kaap vir die volgende 5 jaar verwag wat nie gaan inmeng waar dinge goed werk nie. U boer, en ons gaan probeer om dienslewering op te skerp en te verbeter waar moontlik. Praat asseblief met my as u probleme het en dan kyk ons of ons dit saam kan oplos. Ek dank u.
77
10020113551001.txt
3,068
Dankie vir die geleentheid om vanaand met u te kan praat. Dit is altyd lekker om by boere uit te kom, en landbou is ook naby aan my hart. Dit is ook 'n voorreg vir my om hier voor u te kan staan.
77
10020113551001.txt
3,069
Vriende, ek wonder of u besef hoe belangrik die werk wat u doen werklik is. Ons leef in 'n tyd waar die wêreld meer voedsel verbruik as wat dit produseer. Politici kan praat en ekonome kan voorspel en kerkleiers kan paai, maar as daar nie kos is nie, en mense raak honger, dan raak daardie mense onrustig...
77
10020113551001.txt
3,070
U sorg vir voedsel sekuriteit in ons land deur die werk wat u verrig, en daarvoor sê ek vir u baie dankie.
77
10020113551001.txt
3,071
Ek is opgewonde omdat u deelneem aan hierdie kompetisie. Dit sê vir my dat u strewe na 'n beter lewe vir u en u families.
77
10020113551001.txt
3,072
EK is opgewonde omdat u die tipe mense is wat gaan floreer in die Wes-Kaap se Ope Geleentheid Samelewing.
77
10020113551001.txt
3,073
Wat bedoel ek met 'n Ope Geleentheid Samelewing Dit is 'n samelewing waar 'n man of vrou so ver kan vorder in die lewe as wat hulle bereid is om daarvoor te werk en waar niemand 'n plafon op jou potensiaal plaas nie?
77
10020113551001.txt
3,074
Die nuwe regering in die Wes-Kaap glo dat elke inwoner die vryheid moet hê om homself op te werk in die lewe. Jy gaan staan of val op jou eie meriete, en nie op die van jou konneksies nie.
77
10020113551001.txt
3,075
Maar met hierdie vryheid kom ook verantwoordelikheid. Hier dink ek aan jong meisies wat kinders kry voor hulle skool klaarmaak. Dit staan jou vry om dit te doen, maar jy vernietig al jou toekoms geleenthede, en ook die van die kind, aangesien jy nog nie reg is om vir 'n baba te sorg nie.
77
10020113551001.txt
3,076
Ek dink aan die manne wat babas maak, maar dan nie die verantwoordelikheid van vaderskap wil aanvaar nie. Manne wat nie onderhoud betaal vir hul eie kinders nie.
77
10020113551001.txt
3,077
En ek dink aan die manne en vroue wat hul hard verdiende loon uitmors en nie verantwoordelik bestuur nie.